Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Groente Kerrie
Groente Kerrie [boodskap #12] So, 20 Mei 2018 08:43
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Bestanddele:
1 teelepel kerriepoeier (soos wat julle laaik)
1 teelepel botter
8 klein uie, in kwarte gesny
1.5 teelepels koekmeel
1.75 koppies water
3 eetlepels tamatiepasta ( ek vat sommer tamatiesous)
0.5 teelepel gemaalde koljanderkorrels
Knippie borrie
200 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 g groenbone, skoon
150 g klein worteltjies, geskil
100 g ertjies
(pakkie klein mielies) is nie in resep, maar was vir my lekker...
1 koppie klapperroom (coconut milk)
Sout en peper

Metode:

Verhit botter in pan en soteer ui tot sag en effens verbruin.

Roer die meel by en voeg die water stadig by; meng goed om klonte te
voorkom.

Meng die oorblywende bestanddele by (behalwe klappermelk en koljander)
en laat prut met deksel op tot groente sag is.

Verwyder van plaat en roer klappermelk en koljander by.

Hoop dis lekker!!!
1.5 beteken 1 en 'n half - kan nie half teken tik nie...
Probeer van daai klein jong boontjies kry - hulle is heerlik.
Vorige onderwerp: Gevlude eiers
Volgende onderwerp: Groente Tert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:25:26 MGT 2024