Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Landbou & veeteelt » Boere is goed vir hul werkers
Boere is goed vir hul werkers [boodskap #119605] Vr, 16 April 2010 15:26
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Boere is goed vir hul werkers

deur Antoinette Nel
2010-04-14 21:22

Deesdae is daar voortdurende verwysings in die media na die sogenaamde
“swak” verhouding tussen plaaswerkers en boere. Boere word beskuldig
van onbillike arbeidspraktyke en nog veel meer. Steur invloedryke
mense hulle ooit aan wat die werklike omstandighede is? Ek noem ’n
paar feite.

Eerstens die werkers: Hulle kry huisvesting, krag en water verniet. En
anders as hul familie op baie plattelandse dorpe, waar daar dikwels
vir dae nie kraanwater is nie, het hulle altyd toegang tot goeie,
skoon water. Hulle kry kos en klere en die minimum loon en in baie
gevalle meer as die minimum loon. Hulle het ook ander voorregte:
menigmaal neem die boer self ’n werker of sy siek kind dokter of
hospitaal toe. ’n Plaas is ook ’n besigheid nes ’n fabriek. Ek wil nog
sien watter fabriekeienaar self met ’n siek werker dokter toe sal ry,
maar boere doen dit en op eie koste.

Wat die boere betref: Ek twyfel of enigeen wat nie die plaasopset ken
nie, ’n idee het van die benarde veiligheidsituasie van die
plaasmense. Die kommandostelsel is afgeskaf. Baie boere moes
noodgedwonge hul wapens ingee weens die nuwe wapenwet (dít is weer ’n
ander storie).

Boere word getart. Daar is snags dreigoproepe: “Ons weet waar julle
bly. Ons kom julle doodmaak.”

Om ’n boerdery te bedryf moet ’n mens buite wees en die oomblik wat
die boer uit sy huis uitgaan, is hy ’n teiken.

Stadsmense sal dit tog nie duld as daar skielik ’n klomp vreemdes in
hul erf rondhang nie, maar as vreemdelinge op ’n boer se plaas (sy eie
private eiendom) rondloop om moeilikheid te maak en die boer sou selfs
net ’n waarskuwingskoot afvuur, word hy summier in hegtenis geneem.

’n Boer wat onlangs deur militante vreemdes lastig geval is, het sy
wapen op hulle gerig om hulle te verwilder – let wel: Hy het nie
geskiet nie. Hulle het padgegee, maar toe die boer sy oë uitvee, was
die polisie daar om hom in hegtenis te neem en het hulle sy wapens
gekonfiskeer, omdat hy ’n wapen op iemand gerig het.

Meestal is daar ’n goeie verhouding tussen ’n boer en sy werkers en
die aanvallers is vreemdelinge. Maar nou was daar ’n vlaag van
opstokery en aanhitsing van werkers tot geweld. Dié arme mense is
verward en verskeur tussen lojaliteit teenoor die werkgewer en vrees
vir dié wat hulle intimideer.

As ons almal ons gesindheid teenoor die boere kan verander en raaksien
die goeie wat hulle doen, kan die onrus op die platteland gestuit
word. Daar word liedere gesing en verwyte rondgeslinger dat boere
verkragters en moordenaars is. Ek ken nie so iemand nie. Maar as daar
’n enkele boer is wat hom aan ’n erge misdaad skuldig maak, sleep hom
voor die hof en straf hom. Verstaan asseblief dat boere vredeliewende
mense is wat probeer om, ongeag baie moeilike omstandighede, vir ons
kos te produseer.

Antoinette Nel

hille...@vodamail.co.za

Oorsprong:Volksblad

( http://tinyurl.com/y6ocgd7 )
Vorige onderwerp: Regering sal landbou nie help met kragpryse
Volgende onderwerp: VL en boere vergader ná plaasmoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:41:36 MGT 2024