Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Hy hoor eers gille, toe ’n skoot
Hy hoor eers gille, toe ’n skoot [boodskap #119328] Di, 23 Februarie 2010 20:18
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-23 01:13

Wolfram Zweckler

‘Ek het net gehoor hoe skree Brendan: ‘Get off me, get off me’, en toe
klap die skoot.”

So het mnr. Garth O’Friel van Alberton gister vertel nadat rowers
gister omstreeks 06:00 by sy huis in New Redruth ingebreek en sowel sy
16-jarige seun (Brendan) as sy verloofde in die bors geskiet het.

“Ek het net sy gille uit sy kamer gehoor en toe hoor ek die skoot. Toe
ek in die gang afhardloop, het een van hulle (die rowers) op my
geskiet, maar dit was mis. Voordat ek die deur van ons slaapkamer weer
kon toekry, het een van die skote my verloofde in die bors getref.

“Die rowers het daarna gevlug,” het O’Friel vertel.

Hulle het die noodknoppie gedruk.

Die veiligheidsmaatskappy en die polisie was kort ná mekaar by die
huis.

O’Friel is intussen weer na sy seun se kamer waar hy in sy bed gelê
het.

“Jy hoop en bid maar die kind gaan lewe. Jy dink aan so baie goed. Ek
het hom in die kar gelaai en na die Unie-hospitaal (in Alberton)
gejaag. Dis gelukkig net ’n paar straatblokke ver.”

Me. Bernadine le Roux (30), O’Friel se verloofde, is per ambulans na
die hospitaal geneem.

Sy en Brendan het noodoperasies ondergaan en albei word in die
waakeenheid behandel.

“Brendan is ernstig, maar buite gevaar en steeds onder verdowing.
Bernadine is onder die omstandighede orraait,” het O’Friel gesê.

Volgens van die bure en lede van die buurtwag het die twee rowers in
’n wit Opel Monza gevlug. Al wat gesteel is, is die gesin se platskerm-
TV.

Kapt. Makana Rahulu, polisiewoordvoerder, het bevestig dat hulle nog
na die twee rowers soek.

In nog ’n skietvoorval is ’n veiligheidswag van Builders Warehouse in
Boksburg eergisteroggend omstreeks 10:00 in die been geskiet toe
transitorowers toegeslaan het terwyl die Coin-veiligheidsmaatskappy
geld kom haal het. Niemand anders is in die rooftog beseer nie, het
kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, gister gesê.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/8ea41b5f2 676415593f8a450a3923350/23-02-2010-01-13/Hy_hoor_eers_gille, _toe_%E2%80%99n_skoot
Vorige onderwerp: Bejaarde vrou (80) oorleef mesaanval in Sedgefield
Volgende onderwerp: Munisipaliteite en Eskom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:27:12 MGT 2024