Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gelofte
Gelofte [boodskap #11864] Di, 16 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hier volg die gelofte soos afgelê deur die Voortrekkers :

"Vier jou feesdae, o Juda; betaal jou geloftes" Nahum 1:15

Gelofte (Afrikaans)
=======================
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as n dankdag
soos n sabbat sal deurbring,
en dat ons n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.

Gelofte (Nederlands)
===========================
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Meer inligting:
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/gelofte.htm
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/jpgafr.htm

--
Johan Grobler

------------------------------------------------------------ ---------------

Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
julle ander hieroor?

Riana
Re: Re:Gelofte [boodskap #11886 is 'n antwoord op boodskap #11864] So, 21 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Diedeleff  is tans af-lyn  Jan Diedeleff
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Beskaafd?
Die VSA beskaafd?
Die enigste nasie wat ooit 'n atoombom op sy medemens gebruik het beskaafd?
Die land wat aanhou landmyne maak en verkoop beskaafd?
Die land wat elke rede soek en kry vir oorlog beskaafd?
Die land wat waar die inheemse bevolking uitgeroei is beskaafd?
Die enigste land wat homself die reg toe-eien om "weapons of
mass destruction" te maak beskaafd?
Die land wat Biologiese wapens maak (maar Hoessein daarvan
beskuldig) beskaafd?

> Riana, Hier in Amerika het ons dit maar net so laat verbygaan. Ek het net
> so een keer geloer na die groengeraamde portret wat ek by my Ouma ge-erf
> het van Bloedrivier en in my stilligheid die ander geswets en bedank
> daarvoor dat ek nou in 'n meer beskaafde land sit!
>
> Johan
>
>> Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
>> 'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
>> met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
>> gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
>> julle ander hieroor?
>>
>> Riana
>>
Re: Re:Gelofte [boodskap #11887 is 'n antwoord op boodskap #11864] So, 21 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Riana, Hier in Amerika het ons dit maar net so laat verbygaan. Ek het net
so een keer geloer na die groengeraamde portret wat ek by my Ouma ge-erf
het van Bloedrivier en in my stilligheid die ander geswets en bedank
daarvoor dat ek nou in 'n meer beskaafde land sit!

Johan

> Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
> 'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
> met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
> gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
> julle ander hieroor?
>
> Riana
>
Re: Re:Gelofte [boodskap #11896 is 'n antwoord op boodskap #11864] Ma, 22 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit het waarskynlik hier te doen met hoe JY daaroor voel, as jy jou nie as
deel van die nalatenskap van daardie groepie Voortrekkers sien nie, moenie
die Gelofte gestand doen ni, jy gaan net jou gewete verkrag. Aan die ander
hand, so ver ek kon vasstel was geen van ons familie betrokke in daardie
trek nie, dog voel ek dat ek deel is van die Gelofte, so ook die
aangetroude helfte van die familie (hulle het veel later uit die Oos-Kaap
gekom). Ek sien die grootste deel van die Gelofte daarin dat Bloedrivier
eerder 'n oorwinning van die Goeie bo die Bose was (en, nee ek bedoel nie
daarmee dat anderskleuriges ipso facto Boos is nie, en blankes altyd Goed
is nie!). Ek as Christen moet dus uit dankbaarheid vir my (persoonlike)
verlossing (en ons as nasie se verlossing/redding op daardie dag) sorg dat
die gebeure van daardie dag bly voortleef, en dat die Goeie Boodskap van
die Evangelie bly uitgedra word.

Dries Venter

Johan wrote in article
...
> Riana, Hier in Amerika het ons dit maar net so laat verbygaan. Ek het net
> so een keer geloer na die groengeraamde portret wat ek by my Ouma ge-erf
> het van Bloedrivier en in my stilligheid die ander geswets en bedank
> daarvoor dat ek nou in 'n meer beskaafde land sit!
>
> Johan
>
>> Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
>> 'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
>> met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
>> gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
>> julle ander hieroor?
>>
>> Riana
>>
>
Re: Re:Gelofte [boodskap #11904 is 'n antwoord op boodskap #11864] Di, 23 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
>
> Is 16 Desember vandag nog 'n publieke
> vakansiedag in SA? En wat word dit nou
> genoem?
>
> Gloudina

Ja, 16 Desember is nog 'n publieke vakansiedag
en word nou Versoeningsdag genoem. Afrikaners
(die wat wil) mag nog Geloftedag vier, en die Zulus
vier ook die dag - ek het net vergeet wat hulle dit
noem. Daar word egter beroepe (bv deur die
Afrikaanse kerke) gedoen dat dit in die gees van
ware versoening gedoen word en dat dit nie soos
dikwels in die verlede verpolitiseer word nie.

Johanna Rykheer
Re: Re:Gelofte [boodskap #11918 is 'n antwoord op boodskap #11864] Wo, 24 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Is 16 Desember vandag nog 'n publieke
> vakansiedag in SA? En wat word dit nou
> genoem?
>
> Gloudina

16 Desember is wel nog 'n publieke vakansiedag
in SA - dit word nou Versoeningsdag genoem.
Afrikaners (die wat wil) mag nog Geloftedag vier,
en die Zulus Shakadag - daar word darem net
'n beroep op hulle gedoen om dit in die gees van
versoening te doen en nie te verpolitiseer soos
in die verlede dikwels die geval was nie.

Johanna Rykheer
Re: Re:Gelofte [boodskap #11919 is 'n antwoord op boodskap #11864] Wo, 24 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
>
> Is 16 Desember vandag nog 'n publieke
> vakansiedag in SA? En wat word dit nou
> genoem?
>
> Gloudina

16 Desember is wel nog 'n publieke vakansiedag in
SA - dit word nou Versoeningsdag genoem.
Afrikaners (die wat wil) kan nog Geloftedag vier,
en Zulus Shakadag. Hulle word net gevra om dit
in die gees van versoening te doen, en nie te
verpolitiseer soos dikwels in die verlede nie.

Johanna Rykheer
Re: Re:Gelofte [boodskap #11920 is 'n antwoord op boodskap #11864] Wo, 24 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Is 16 Desember vandag nog 'n publieke
> vakansiedag in SA? En wat word dit nou
> genoem?
>
> Gloudina

16 Desember is wel nog 'n publieke vakansiedag
in SA, maar word nou Versoeningsdag genoem.
Afrikaners (die wat wil) kan nog Geloftedag ook
vier, en die Zulus kan hulle dag (ek dink dit heet
Shaka-dag) ook vier, maar op almal word 'n
beroep gedoen om dit in die gees van
versoening te doen en nie te verpolitiseer
soos dit so dikwels in die verlede gedoen is
nie.

Johanna Rykheer
Re: Re:Gelofte [boodskap #11941 is 'n antwoord op boodskap #11864] Sa, 27 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lyk my ou Jan Diedeleff het Amerifobie!

Jan, gaan lees in 'n woordeboek die definisie van beskaafd!

Jan Diedeleff wrote in article
...
> Beskaafd?
> Die VSA beskaafd?
Vorige onderwerp: looking for help....
Volgende onderwerp: Afrikaanse sites over Tweede Wereldoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 04:38:55 MGT 2024