Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Susanna Smit
Susanna Smit [boodskap #118090] Vr, 04 Julie 2008 10:13
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
SUSANNA SMIT

Gedurende die Groot Trek was daar ‘n insident
wat trots vertel word deur vroue: toe die mans in
die Groot Trek die Drakensbergreeks teengekom
het, en gewonder het of hulle dit sal kan oorsteek,
toe het die vrouens gesê dat hulle die waens uitme-
kaar sou maak, en stuk-stuk kaalvoet oor die berge
sou dra. Blykbaar was hierdie die woorde van
Susanna Smit, vrou van Erasmus Smit, wat die trek
van Piet Retief vergesel het as predikant. Erasmus
Smit, gebore in ‘n Amsterdamse weeshuis, was in
diens van ‘n Nederlandse Sendinggenootskap toe hy
op 35 jaar trou met Susanna, suster van Gerrit Maritz.
Susanna was toe nog net 13 jaar oud. Hy was egter
maar ‘n swakkerd, en het van die een plek na die ander
geswerf, meestal as onderwyser op die grens, en was
bekend as iemand wat hom dikwels met alkohol te
buite gegaan het.
Toe die Groot Trek begin in die derde dekade van
die neëntiende eeu, word Erasmus en Susanna deel van
die trek van Piet Retief. Na die trek deur die latere Vry-
staat en oor die Drakensberge, na die moord op Piet
Retief en sy geselskap deur Dingaan se impi’s, het die
Trekkers uiteindelik by die huidige Pietermaritzburg
uitgekom. Susanna was die leier van die vroumense.
Toe die Britte die Republiek Natalia wou annekseer
en Sir Henry Cloete daarheen stuur, is hy ure lank deur
‘n klomp woedende vroue in sy raadsaal vasgekeer,
waar Susanna die woord gevoer het. Die Grahamstown
Journal rapporteer hierdie insident as volg: “... to the
kind expostulations of her husband - “Stil vrouw, stil
toch een weinig, stil myn kind, stil” - the virago vocife-
rated: “ you wretch, shall I be still while you stand there
silent... so that I must wear the breeches?”
Hierdie insident is nie aangeteken nie in die dagboek
wat Susanna Smit gehou het, en wat nou in die Natalse
argief bewaar word. Ook in hulle lewe verder was alles
nie rustig nie. Omdat Erasmus nie ‘n geordende predikant
van die Nederduits Gereformeerde Kerk was nie, het baie
van die Voortrekkers verkies om die dienste te gebruik
van Daniel Lindley, ‘n Amerikaanse sendeling wat toe
werksaam was in Natal. Erasmus se lewe as Trekker-
predikant het dan ook in 1841 tot einde gekom, tot die
verontwaardiging van Susanna.
Sy het voortgegaan om haar dagboek te hou, maar
sy vra op een stadium: “.. voor wie is het, wie sal het
leezen?” Het sy maar vooruit geweet dat haar dagboek
na een en ‘n half eeu nog sou bestaan en bestudeer word.
Vorige onderwerp: Stigting van die NG
Volgende onderwerp: Die antie se gedraal.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 10:39:42 MGT 2024