Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baantjies vir Boeties 2
Baantjies vir Boeties 2 [boodskap #118022] Ma, 30 Junie 2008 15:12 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Na die verkiesing van 1948 was daar geen twyfel
daaraan dat enigiemand wat enigsins in aanmerking
wou kom vir magsposisies, aan die Broederbond moes
behoort nie. Aan die begin het die ding nog ietwat gewerk
soos dit seker be-oog is, want daar was heelwat
Smelters in magsposisies en ook Engelse wat nie aan
die Broederbond behoort het nie, en dit het tyd geneem
om van hulle ontslae te raak. Die studente by die
Universiteit van Stellenbosch was bewus van die
stryd onder die professore tussen die wat Broederbonders
was en dié wat teen die Broederbonders was. ( Almal
van hulle was Afrikaners, maar nie almal Broederbonders
nie. Die stryd het meestal gegaan oor wie bevorder sou
word en wie nuut aangestel sou word. Maar daar was
ook duidelik gevegte oor wat in die sillabus van sekere
Geskiedenis-vakke aangebied sou word.)
Die grap het eers begin in die jare daarna,
toe die tweede geslag van Broederbond-bevoordeeldes
met die mag in hulle hande gesit het. Toe was daar
kompetisie ( onder mense wat aan die Broederbond
behoort) om te sien watter poste jy kan kry deur
"iemand te ken." So het ek gesien dat by die
vorige Adams College, wat nou Amanzimtoti
Training and High School geheet het, die man wat
eintlik die hoof moes word (nadat die vorige hoof,
deur almal gesien as aangestel omdat hy die
Verwoerd-kinders gebabysit het, die pos verlaat
het vir 'n aanstelling aan 'n Universiteit) oor die
hoof gesien is en die 29 jarige Jaap Strydom
aangestel is, bloot omdat sy vrou die dogter was
van iemand hoër op in die Departement van
Bantoe-Onderwys. Ek kan nou nog die kyk in
die oë van die vrou van Bonus Willemse sien,
toe sy hoor dat haar man, met baie jare van
onderwys in swart skole, en baie meer akademiese
kwalifikasies as Jaap Strydon, oor die hoof gesien
is.
'n Ander geval van wat met jou gebeur het,
selfs al was jy lid van die Broederbond maar jy
het nie die "regte" mense geken nie, het ek eers
hier in Kanada 'n paar jaar gelede uitgevind. Dis
toe 'n besoeker ons vertel dat sy en haar man
na hulle in Stellenbosch klaargemaak het, na
die Transkei gegaan het en in swart skole begin
skoolhou het. ( Sy was die dogter van 'n witman
wat nog voor 1948 aangestel is om die swartes
van die Transkei in die wit parlement te verteen-
woordig, en hulle het seker aangeneem dat haar
pa se stand die pad vir hulle maklik sou maak.)
Sy het egter bitter vertel hoe hulle altyd in
kleinerige skole aangestel is, en nooit, as hulle
aansoek doen, in die groter skole in die groter
dorpe plek kon kry nie. Want hierdie posisies is
altyd volgemaak deur vriende van die persoon
aan die hoof van die Transkeise Skoolsisteem,
gewoonlik mense uit Transvaal, wat vantevore
in blanke skole was en nou aansoek gedoen
het vir vise-prinsipale en prinsipale.
Ek neem aan, sover baantjies vir boeties
ook in die huidige SA sisteem woed, mens
dieselfde verskynsel sou kry. Maar dit was
veral giftig in die apartheidsjare, toe die mag
en die magsposisies hoofsaaklik in die hande
van omtrent drie miljoen Afrikaners beland het.

Gloudina
Re: Baantjies vir Boeties 2 [boodskap #118027 is 'n antwoord op boodskap #118022] Di, 01 Julie 2008 10:39 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c386935b-0a47-4c81-9d51-8b523d2df060@k37g2000hsf.google groups.com...

> Verwoerd-kinders gebabysit het

Vegter van die Afrikaanse taal - Vlieg in jou moer in !
Vorige onderwerp: Uhuru
Volgende onderwerp: Oor die goeie ou dae toe hulle geweet het hoe om in die state te veg.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 17:42:50 MGT 2024