Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Petroldief vasgetrek
Petroldief vasgetrek [boodskap #117908] Wo, 25 Junie 2008 19:29 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Waarom Ferdi, is hierdie man nie die beweerde petroldief nie?
Waarom word hy blatant 'n dief genoem en waarom sê julle
nie dat hy na bewering petrol gesteel het nie.
Waarom is dit nie 'n verdagte nie maar 'n dief wat gearresteer is?
Bietjie verder in die berig is hy sommer Pereira-Luis
en nie meneer nie. Waarom?
Al het hy skuld erken kan daar steeds 'n pleit van onskuld aangeteken
word. Waarom is hy nie die beweerde verdagte wat glo petrol gesteel
het nie?

Petroldief vasgetrek
Jun 24 2008 09:42:21:963PM - (SA)

Mnr. Carlos Pereira-Luis staan gister by sy wit Corsa by sy huis in
Danville, Pretoria. Hy het die motor na bewering gebruik om brandstof
mee te steel. Foto: Cornél van Heerden

Verwante Berigte
# Steel dié keer R1 500 se brandstof
# 'Petroldief' hét al toegeslaan
# Weg sonder om R2 500 se petrol te betaal
Virginia Keppler

Die berugte petroldief is vas – danksy Beeld en sy lesers se
speurwerk.

Mnr. Carlos Pereira-Luis van Danville in die weste van Pretoria is
gistermiddag by sy werkplek in dié stad deur speurders van die polisie
se hoofkantoor aangekeer.

Hy het na bewering sedert Julie verlede jaar duisende rande se
brandstof by verskeie vulstasies in die Pretoria-omgewing gesteel deur
sy motor en verskeie kanne vol te maak voordat hy weggejaag het.

Tydens sy inhegtenisneming het 'n kollega vertel hy het die oggend –
nadat hy die foto van die petroldief gisteroggend in Beeld gesien het
– met Pereira-Luis gespot en gesê: “Hierdie man lyk net soos jy. Wil
jy nie ook my kar gaan volmaak nie?” Beeld het op drie geleenthede
kringtelevisiebeelde geplaas van die petroldief by verskillende
vulstasies.

Sy inhegtenisneming het gekom nadat 'n leser Pereira-Luis op een van
die foto's herken het. Hy het die koerant gebel met Pereira-Luis se
naam.

Beeld en 'n ander leser het dié inligting gisteroggend begin opvolg en
op sy werkadres en telefoonnommer afgekom.

Dié inligting is aan insp. Susan du Preez van die
Garsfontein-polisiekantoor gegee wat dit op haar beurt aan die hoof
van die Pretoria-polisie se speurdienste deurgegee het.

'n Beeld-span het intussen na Pereira-Luis se werkplek in
Voortrekkersweg waar hy deeltyds werk, gegaan om hom te probeer
uitken.

In 'n stadium het Pereira-Luis selfs die Beeld-span gevra of hy hulle
kan help. Hy het daarna in 'n voertuig geklim en gery.

Dir. Derick van Wyk, supt. Jan Stassen, mnr. Nico Koegelenberg en
supt. Fires Jansen van Vuuren het op die toneel opgedaag waar die
Beeld-span hulle oor die jongste verwikkelinge ingelig het.

Daarna het die speurders Pereira-Luis se werkgewer ondervra. Hy het
gesê Pereira-Luis het onderdele gaan koop en hy sou binnekort terug
wees.

Ná sowat twee uur se wag het hy om 15:33 opgedaag.

Die speurders het hom in hegtenis geneem.

Pereira-Luis het aanvanklik die bewerings teen hom ontken, maar later
op pad na sy huis erken hy het brandstof by verskeie plekke in onder
meer Waterkloofrif, Groenkloof, Skurweberg (naby Pelindaba, wes van
Pretoria) en selfs in Midrand gesteel.

Pereira-Luis het aan Beeld gesê: “Ek het dit gedoen om vir
werkonderhoude te gaan en om my kinders skool toe te neem. Ek het
geweet dit is 'n kwessie van tyd voordat ek gevang word.

“Vanoggend toe ek Beeld sien, het ek die rooi mus en die T-hemp wat ek
(in gister se koerant) aangehad het, weggegooi,” het hy gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op die wit Corsa wat hy na bewering
tydens die diefstal gebruik het.

Hy word by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria aangehou.

“Dié sukses is Beeld s'n. Ons het net die arrestasie kom doen. Die
polisie se aandeel is net 10% en julle s'n is 90%. Julle is 'n span
goeie speurders,” het Van Wyk gesê.

Hy het 'n beroep gedoen op vulstasies wat ook onder Pereira-Luis
deurgeloop het, om dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2346352,00. html
Re: Petroldief vasgetrek [boodskap #117909 is 'n antwoord op boodskap #117908] Wo, 25 Junie 2008 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Waarom Ferdi, is hierdie man nie die beweerde petroldief nie?
> Waarom word hy blatant 'n dief genoem

Dave, man, kan jy nie verstaan nie. Dis omdat
hy wit is. En omdat hy wit is, en net swart
mense misdade in SA pleeg, moet ons tot
die gevolgtrekking kom DAT HY NIE BESTAAN
NIE. Dus is dit nie nodig om hom Meneer te
noem nie.

Gloudina
Re: Petroldief vasgetrek [boodskap #117987 is 'n antwoord op boodskap #117909] Vr, 27 Junie 2008 17:22 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Jun 2008 14:47:28 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Waarom Ferdi, is hierdie man nie die beweerde petroldief nie?
>> Waarom word hy blatant 'n dief genoem
>
> Dave, man, kan jy nie verstaan nie. Dis omdat
> hy wit is. En omdat hy wit is, en net swart
> mense misdade in SA pleeg, moet ons tot
> die gevolgtrekking kom DAT HY NIE BESTAAN
> NIE. Dus is dit nie nodig om hom Meneer te
> noem nie.
>
> Gloudina

Toe die Porra petrol steel, het hy die petroljoggie 'n fooitjie van R8
gegee. Toe die swartes petrol steel in Soweto, het hulle die
petroljoggie doodgeskiet.

Jy Gloudina, is die eenvoudigste vertraagheid wat mens aan kan dink.
Jy is nie net simpell nie, jy is ook deel van die swartes se moordtog
want jy verleen goedkeuring daaraan.
Vorige onderwerp: Dis darem lekker lieg
Volgende onderwerp: 'n Villanelle van Johan Lodewyk Marais
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:52:34 MGT 2024