Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Hospitale SA style
Hospitale SA style [boodskap #117959] Vr, 27 Junie 2008 07:56
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hospitaal laat nie besoekers dán toe nie
Jun 26 2008 08:35:46:853PM - (SA)

Antoinette Pienaar

Die Johannesburgse Algemene Hospitaal gaan van Maandag af geen
besoekers soggens of saans op die perseel toelaat nie.

Om veiligheidsredes is besoekure slegs tussen 15:00 en 17:00 en daar
sal geen uitsonderings wees nie, het mnr. Sagie Pillay, hoof van die
hospitaal, gister gesê.

Dit kom ná 'n reeks voorvalle waarin dokters, verpleegsters, pasiënte
en besoekers die afgelope maande in staats- en private hospitale oor
die land aangeval of beroof is. In een van die jongste voorvalle is
werknemers by Sunninghill- private hospitaal in Sandton vandeesmaand
deur rowers aangehou en beroof.

“Ons gaan effektief ons hospitaal snags sluit,” het Pillay gesê.

Mnr. Jack Bloom van die DA het gister gesê die besoekure smiddae is
uiters ongerieflik vir mense wat werk en steeds hul geliefdes wil
besoek.

Pillay sê hy het geen keuse nie.

“My personeel word bedreig en ek sal nie toelaat dat hulle groener
weivelde gaan soek net omdat hulle onveilig voel nie. Misdaad is besig
om ons van ons gewone vryhede te ontneem, maar ons het nie 'n keuse as
om die veiligheid van ons personeel en pasiënte voorop te stel nie.”

Die hospitaal bestee R1,3 miljoen per maand aan 'n tender om die
veiligheid op te knap. Daar is reeds draagbare metaalverklikkers en
veiligheidsbeamptes op vierwielmotorfietse. Binnekort kom kameras,
skandeerders wat vingerafdrukke lees, en beter beligting op die
perseel. Die plan is ook om slegs twee besoekers per pasiënt op die
perseel toe te laat.

Toegangskaarte sal aan elke besoeker uitgereik word. Volgens Pillay
het pasiënte in 'n opname getoon smiddae pas hulle. Ander misdade die
afgelope twee jaar by hospitale:

Op 5 Mei is me. René Burger (20), suster van die rugbyspeler Schalk
Burger, by die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap ontvoer en verkrag.

'n Dokter was op 23 Maart die derde slagoffer van 'n gewapende rooftog
in een van die Johannesburgse hospitaal se hysbakke. Enkele weke
tevore was dit 'n dokter en 'n pasiënt.

In November verlede jaar is 'n man in sy bed doodgeskiet in die Chris
Hani Baragwanath-hospitaal.

Kort daarna is 'n swanger verpleegster by 'n toonbank in die
Pretoriase Akademiese Hospitaal glo hardhandig rondgeruk.

In Oktober verlede jaar het 'n afgedankte drywer glo vier senior
amptenare by die Seshego-hospitaal buite Polokwane in Limpopo
doodgeskiet.

Kort daarna is 'n verpleegster in die Oos-Kaap deur ses mans beroof en
aangerand.

Vroeg verlede jaar het 'n mediese student beweer sy is by Baragwanath
verkrag.
Vorige onderwerp: Vir die hoes
Volgende onderwerp: swine flu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:28:20 MGT 2024