Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laaste Sin 'n Lag Werd
Laaste Sin 'n Lag Werd [boodskap #117858] Di, 24 Junie 2008 13:01
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Virginia Keppler se laaste sin (BMW) het my laat glimlag.
Daar was mos 'n klompie jare gelede 'n plakker agter op
sommige motors wat iets was soos:
'Moet nie steel nie. Dit is reeds gesteel'

Pta-diewe vasgetrek toe hulle buit wegdra
Jun 23 2008 09:02:12:463PM - (SA)

Virginia Keppler

Twee diewe wat gisteroggend by die Doxa Deo-skool in Faerie Glen, in
die ooste van Pretoria, ingebreek en rekenaars en radio's gesteel het,
is gearresteer terwyl hulle op pad was om hul buit in bosse naby die
skool te gaan versteek.

Die diewe het gesteelde radio's in hul besit gehad toe lede van die
Boschkop-polisie hulle in Atterburyrylaan opgemerk en gearresteer het.

Konst. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê die diewe,
onderskeidelik 19 en 24 jaar oud, was op pad om die radio's by die res
van die gesteelde rekenaars te gaan versteek.

Die rekenaars was in swart plastieksakke toegedraai.

Shibambo het gesê konsst. Tebogo Nkgadima en Doctor Baloyi het
gisteroggend net ná 09:00 'n klag ontvang dat vir die derde keer by
die skool ingebreek is.

"Die konstabels het na die skool gegaan waar lede van die
Ubunto-sekuriteit 'n beskrywing van die diewe aan die polisie gegee
het. Hulle het toe in Atterburyrylaan in die rigting van Hans
Strijdomweg gery toe hulle die diewe langs die pad opgemerk het."

Shibambo het gesê die diewe is oorspronklik van Nelspruit.

Hulle het doodstil op die grond met hul hande agter hul rüe vasgebind
gesit terwyl die polisie die gesteelde radio's en rekenaars uit die
bosse langs Atterburyrylaan, sowat 300 m van die skool af, uitgedra
het.

Volgens hom is die afgelope week drie keer by die skool ingebreek.

"Vingerafdrukke van die diewe en dié wat vroeër by die skool gekry is
met die eerste twee inbrake, sal nou vergelyk word om te kyk of dit
nie dieselfde mans is nie," het Shibambo bygevoeg.

Die polisie het eergisteroggend ook 'n dief gevang nadat hy by twee
huise in Queenswood en Villieria ingebreek en met 'n gesteelde BMW
probeer vlug het.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2345735,00. html
Vorige onderwerp: Re: Tsvangirai is in veiligheid gebracht in de Nederlandse Ambassade
Volgende onderwerp: Warm Vetkoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:51:43 MGT 2024