Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bitter woedendes veg teen Osama
Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117767] So, 22 Junie 2008 08:53 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Lig in die tonnel.
Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
ondersteun. So, daar's hoop:-)

(Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
vise-presidentskap aangebied is?

Dallax
(Dave se weergawe van Pollux)
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117768 is 'n antwoord op boodskap #117767] So, 22 Junie 2008 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave

> Lig in die tonnel.

Ek wou net weer vir Dave Hanskakie uitkryt
oor die aanhoudende Engelse poste op die
Afrikaanse nuusgroep, toe begin jy skielik
pos in Afrikaans. Veels geluk. Ek kan jou
verseker dat seker minder as een persent
van mense op hierdie nuusgroep ooit jou
Engelse poste lees, meestal omdat dit vir
hulle ou nuus is, en heelwaarskynlik ook
omdat hulle weet jou poste is gewoonlik
uit voorspelbare bronne. Ek dink jy het 'n
beter kans dat mense op jou Afrikaanse
rubriek-formaat poste sal antwoord. Ek
sal.

Gloudina
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117769 is 'n antwoord op boodskap #117767] So, 22 Junie 2008 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
> vise-presidentskap aangebied is?

Ek twyfel of Hilary-mense vir John McCain sal
stem. Die gevaar is dat hulle van die stembus
sal wegbly.
Vir sover 'n Kanadees nou sy predileksie
oor Amerikaners se verkiesing kan uitspreek- -
ek het nogal gehoop dat sy die kandidaat sou
wees met Obama as vise-president. Maar nou
het dinge anders uitgedraai. Hy versamel blykbaar
geld soos water in, terwyl haar bydraes opdroog.
En geld is al wat tel.
John McCain het homself uitgenooi om
die verlede week in Kanada te kom deurbring.
Hy wil dit baie duidelik maak dat hy vierkantig
agter NAFTA ( North American Free Trade
Agreement) staan. Daar was 'n hoe-ha oor
NAFTA 'n ruk gelede, toe Obama en Hillary
albei verkondig het dat, as hulle president word,
hulle die terme van NAFTA sal hersien. Die
hoe-ha het gekom toe dit uitgekom het dat
iemand uit Obama se kamp Kanadese diplomate
gebel het en gesê het Kanada hoef nie te vrees nie.
Dis sommer net verkiesings-gepraat om hulle
meer populêr te maak in die Upper Mid-West.
Die grap is natuurlik dat Kanada glad nie
rede het om "te vrees" nie. As enige Amerikaanse
president NAFTA wil hersien, dan sal hulle fyn
moet oppas. Op die oomblik het Kanada hom
verbind om al die olie, wat die VSA uit Kanada
wil aankoop, aan hulle te verkoop. As NAFTA
hersien word, kan Kanada maklik weier om weer
hierdie ding te onderneem, want die hele wêreld
is agter Kanada se olie. Dan sal dit die VSA
wees wat met die gebakte pere sit.

Gloudina
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117771 is 'n antwoord op boodskap #117768] So, 22 Junie 2008 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
die 'somme gedoen' het?

Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse poste
lees < gegrond?

Jan van Perth

"Hessie" wrote in message
news:ef5ebc0a-74cd-444b-b09b-a53a2b105919@i76g2000hsf.google groups.com...
> Dave
>
>> Lig in die tonnel.
>
> Ek wou net weer vir Dave Hanskakie uitkryt
> oor die aanhoudende Engelse poste op die
> Afrikaanse nuusgroep, toe begin jy skielik
> pos in Afrikaans. Veels geluk. Ek kan jou
> verseker dat seker minder as een persent
> van mense op hierdie nuusgroep ooit jou
> Engelse poste lees, meestal omdat dit vir
> hulle ou nuus is, en heelwaarskynlik ook
> omdat hulle weet jou poste is gewoonlik
> uit voorspelbare bronne. Ek dink jy het 'n
> beter kans dat mense op jou Afrikaanse
> rubriek-formaat poste sal antwoord. Ek
> sal.
>
> Gloudina
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117772 is 'n antwoord op boodskap #117768] So, 22 Junie 2008 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Jun 2008 06:57:44 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave
>
>> Lig in die tonnel.
>
> Ek wou net weer vir Dave Hanskakie uitkryt
> oor die aanhoudende Engelse poste op die
> Afrikaanse nuusgroep, toe begin jy skielik
> pos in Afrikaans. Veels geluk.

Ek lees vandag die Afrikaanse Sondagpaper.

Ek kan jou
> verseker dat seker minder as een persent
> van mense op hierdie nuusgroep ooit jou
> Engelse poste lees, meestal omdat dit vir
> hulle ou nuus is, en heelwaarskynlik ook
> omdat hulle weet jou poste is gewoonlik
> uit voorspelbare bronne. Ek dink jy het 'n
> beter kans dat mense op jou Afrikaanse
> rubriek-formaat poste sal antwoord. Ek
> sal.

Dit klink asof jou voorgeslagte nie uit Soweto is soos geraai nie,
maar dat jy eintlik Sigeneuries is. (Hier roep ons hulle sommer
Gypsies) Daai vrouens met die mooi groot oorbelle en (cheap)
krale, en ronde kristalbal.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117773 is 'n antwoord op boodskap #117769] So, 22 Junie 2008 16:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Jun 2008 07:16:59 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
>> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
>> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
>> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
>> vise-presidentskap aangebied is?
>
> Ek twyfel of Hilary-mense vir John McCain sal
> stem. Die gevaar is dat hulle van die stembus
> sal wegbly.

Die Sunday Paper hier by ons sê, onder die titel 'Woedendes veg teen
Osama'
Volgens vandag se Rapport (ek kon nie die berig op Internet opspoor
nie) ondersteun 'woedende vrouens' McCain.

> Vir sover 'n Kanadees nou sy predileksie
> oor Amerikaners se verkiesing kan uitspreek- -
> ek het nogal gehoop dat sy die kandidaat sou
> wees met Obama as vise-president. Maar nou
> het dinge anders uitgedraai. Hy versamel blykbaar
> geld soos water in, terwyl haar bydraes opdroog.
> En geld is al wat tel.

*Hy (ver)samel blykbaar geld soos water in,...

Die obamas in SA ook. Ek hoop hy doen dit meer eerlik.

'n Vroulike fotograaf en 'photo editor' in Miami met wie ek al heelwat
jare korrespondeer en fotografiese inligting uitruil, noem hom ook
'osama' en sê dat Amerika nou op dieselfde pad is as SA.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117776 is 'n antwoord op boodskap #117771] Ma, 23 Junie 2008 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" < wrote

> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
> die 'somme gedoen' het?
>
> Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
> minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse
> poste lees < gegrond?
>
> Jan van Perth
>

Ek is bereid om daarop te wed dat sy jou nie jou vraag sal beantwoord
nie!!!!
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117779 is 'n antwoord op boodskap #117776] Ma, 23 Junie 2008 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:T_qdndqrduyiyMLVnZ2dnUVZ8hydnZ2d@saix.net...
>
> "Daniel le Roux" < wrote
>
>> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
>> die 'somme gedoen' het?

Ek het die somme gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n 99% kans
is dat die Antie jou nie sal kan / wil antwoord nie
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117780 is 'n antwoord op boodskap #117767] Ma, 23 Junie 2008 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote
>
>
> Lig in die tonnel.
> Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
> ondersteun. So, daar's hoop:-)
>
> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
> vise-presidentskap aangebied is?
>
> Dallax
> (Dave se weergawe van Pollux)
>

Daar's 'n intersaante berig in vandag se DD.

Daarvolgens loop McCain op hierdie stadium met 48% teen 47% voor. Maar wat
op stemdag baie moontlik die deurslag kan gee is dat sowat 60% respondente
gesê het McCain is 'n "veiliger" keuse as Obama. Sowat 'n derde van wit
respondente het erken dat ras wel vir hulle 'n rol speel.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117782 is 'n antwoord op boodskap #117780] Ma, 23 Junie 2008 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2008 11:43:26 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" < wrote


>> Lig in die tonnel.
>> Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
>> ondersteun. So, daar's hoop:-)

>> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
>> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
>> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
>> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
>> vise-presidentskap aangebied is?

>> Dallax
>> (Dave se weergawe van Pollux)

>

> Daar's 'n intersaante berig in vandag se DD.
>
> Daarvolgens loop McCain op hierdie stadium met 48% teen 47% voor. Maar wat
> op stemdag baie moontlik die deurslag kan gee is dat sowat 60% respondente
> gesê het McCain is 'n "veiliger" keuse as Obama. Sowat 'n derde van wit
> respondente het erken dat ras wel vir hulle 'n rol speel.

Baie interessant. Ek gaan dit lees.
Tog vreend dat hy (McCain) by ons lokale poniekoerante geen
mediadekking kry nie. Dit word op 'n manier geskryf asof die wedstryd
slegs tussen Hillary en Obama was. En volgens wat jy hier sê, word ons
mislei. Vele artikels het vertel van die piolitieke stryd tussen hulle
sonder om self net McCain se naam te noem.

Ek hoop McCain wen. Nie net omdat hy wit is nie, maar ook omdat hy
meer konserwatief is. Ouer, meer ervare, en hy hang opsigtelik 'n meer
konserwatiewe denkrigting aan.

Dan is daar ook die kiesers wat hulself die vraag afvra, wat sou
gebeur met die Amerikaanse politiek as Obama, wat (blykbaar) voorheen
'n moslem was en toe die Christelike geloof aangeneem het, weer moslem
word.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117791 is 'n antwoord op boodskap #117771] Ma, 23 Junie 2008 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" skryf

> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
> die 'somme gedoen' het?
>
> Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
> minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse poste
> lees  < gegrond?

Ja, mens moet versigtig wees om in persentasies
te praat. Ek moes seker liewer gesê het dat net
een uit elke honderd mense Dave se Engelse
poste lees. Maar nou sê ek dat "minder as een
persent" sy poste lees. Dit beteken dat minder
as een persoon uit elke honderd sy poste lees:
bietjie grillerig, 'n afkop man met net een arm
en sy been net onder die knie afgesit.

Gloudina
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117793 is 'n antwoord op boodskap #117791] Ma, 23 Junie 2008 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2008 05:05:16 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> "Daniel le Roux" skryf
>
>> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
>> die 'somme gedoen' het?

>> Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
>> minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse poste
>> lees  < gegrond?
>
> Ja, mens moet versigtig wees om in persentasies
> te praat. Ek moes seker liewer gesê het dat net
> een uit elke honderd mense Dave se Engelse
> poste lees. Maar nou sê ek dat "minder as een
> persent" sy poste lees. Dit beteken dat minder
> as een persoon uit elke honderd sy poste lees:
> bietjie grillerig, 'n afkop man met net een arm
> en sy been net onder die knie afgesit.
>
> Gloudina

Ek het dit onmiddelik opgelet. Jy sê dat sowat 1/25ste mens dit lees.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117794 is 'n antwoord op boodskap #117776] Ma, 23 Junie 2008 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Ek is bereid om daarop te wed dat sy jou nie jou vraag sal beantwoord
> nie!!!!

Ag, Torreke, jy breek my hart. Hier begin Dave
nou 'n string oor die Amerikaanse politiek, en
wat doen jy - jy praat oor my. Ek moet vir jou
weereens aanmaan. Gaan sien 'n sielkundige.
Jy vertoon ernstige kompulsiewe gedrag.

Tant Hessie van Port Nolloth
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117801 is 'n antwoord op boodskap #117794] Ma, 23 Junie 2008 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 23, 2:11 pm, Hessie wrote:
> "Torreke"  skryf
>
>> Ek is bereid om daarop te wed dat sy jou nie jou vraag sal beantwoord
>> nie!!!!
>
>          Ag, Torreke, jy breek my hart. Hier begin Dave
>          nou 'n string oor die Amerikaanse politiek, en
>          wat doen jy - jy praat oor my. Ek moet vir jou
>          weereens aanmaan. Gaan sien 'n sielkundige.
>          Jy vertoon ernstige kompulsiewe gedrag.
>
>           Tant  Hessie van Port Nolloth

> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
> die 'somme gedoen' het?

> Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
> minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse
> poste lees < gegrond?


> Jan van Perth
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117802 is 'n antwoord op boodskap #117791] Ma, 23 Junie 2008 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 23, 2:05 pm, Hessie wrote:
>  "Daniel le Roux" skryf
>
>> antie, indien jy van persentasies gebruil wil maak, dan aanvaar ek dat jy
>> die 'somme gedoen' het?
>
>> Waarop is jou stelling dat jy "seker is" >Ek kan jou verseker dat seker
>> minder as een persent van mense op hierdie nuusgroep ooit jou Engelse poste
>> lees  < gegrond?
>
>           Ja, mens moet versigtig wees om in persentasies
>           te praat. Ek moes seker liewer gesê het dat net
>           een uit elke honderd mense Dave se Engelse
>           poste lees. Maar nou sê ek dat "minder as een
>           persent" sy poste lees. Dit beteken dat minder
>           as een persoon uit elke honderd sy poste  lees:
>           bietjie grillerig, 'n afkop man met net een arm
>           en sy been net onder die knie afgesit.
>
>           Gloudina

Daniel, soos ek jou verseker het: Sy sal jou nie antwoord nie. Sy
omseil jou vraag en dink dat almal te stupid is om dit raak te sien.
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117811 is 'n antwoord op boodskap #117802] Ma, 23 Junie 2008 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Daniel, soos ek jou verseker het: Sy sal jou nie antwoord nie. Sy
omseil jou vraag en dink dat almal te stupid is om dit raak te sien.

Net om myself duidelik te maak.
Nou wil sy dit na 1 uit 100 verander.
Maar dit is en bly stelling wat nie die mees basiese toets kan deurstaan
nie.
1) Het Ta' Hessie enige data van hoeveel mense die nuusgroep besoek? Antw:
Nee!!!
2) Het Ta' Hessie enige data waarmee sy kan aantoon hoeveel persone Dave se
plasings lees? Antw: Nee!!!

Sy het nie jou vraag beantwoord nie,
en sy sal hom nie beantwoord nie,
want sy kan hom nie beantwoord nie.

Want sy het 'n "sweeping statement" gemaak,
maar dit erken?
NOOIT!
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117829 is 'n antwoord op boodskap #117769] Ma, 23 Junie 2008 16:20 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Jun 2008 07:16:59 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Hy versamel blykbaar geld soos water in, terwyl haar bydraes opdroog.

> Gloudina
>

Jy neuk ons mooi taal op erger as wat
die Argentiniërs kan dink om te doen.

Mens samel geld in en kan nie geld in versamel nie.
Vorige onderwerp: Terug van my kursus
Volgende onderwerp: Re: Tsvangirai is in veiligheid gebracht in de Nederlandse Ambassade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:21:56 MGT 2024