Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meer oor Neil Turok
Meer oor Neil Turok [boodskap #117431] Ma, 26 Mei 2008 12:29 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
SA fisikus los Brittanje oor geld nie vloei
25 Mei 2008 09:15:05:820PM - (SA)

Anesca Smith

Londen. Prof. Neil Turok, 'n Suid-Afrikaner wat as topfisikus in
Brittanje werk, gaan groener weivelde in Kanada soek oor hy glo moeg
is vir Brittanje se swak finansiering van die wetenskap.

Turok, seun van die Kaapse ANC-LP prof. Ben Turok, is hoogleraar in
wiskundige fisika aan die Universiteit van Cambridge.

Turok sr. het gister gesê hy is baie trots op sy seun en dat die skuif
na Kanada slegs tydelik is. Hy sal daar as direkteur van die Perimeter-
instituut in Ontario werk.

Turok jr. het 'n groot rol gespeel in die onlangse besoek van die
wêreldberoemde teoretiese fisikus Stephen Hawking aan Suid-Afrika en
is ook voorsitter van die Afrika-instituut vir wiskundige wetenskappe
(Aims). Hy en Hawking is kollegas en ook groot vriende.

In 'n onderhoud met The Sunday Times het Turok hom uitgespreek teen
die Britse regering se swak bestuur en finansiering van wetenskap.

"Oor die jare het dit toenemend duidelik geword dat Britse politici
bitter min verstaan oor hoe wetenskap werk en die waarde wat dit vir
die land inhou," het hy gesê.

Turok was 'n professor in fisika aan die Universiteit van Princeton in
die VSA voordat hy 11 jaar gelede na Cambridge gelok is.

Hy probeer reeds jare lank sonder sukses om finansiering van 20
miljoen pond (sowat R300 miljoen) te kry vir die skep van 'n
internasionale instituut vir gevorderde fisika wat hy na Hawking wou
noem. Nou het hy handdoek ingegooi om dié droom te verwesenlik.

Turok is medeskrywer van Endless Universe en wenner van die 2008
internasionale TED-prys vir sy rol as "kosmoloog en opvoedkundige
aktivis".
Re: Meer oor Neil Turok [boodskap #117434 is 'n antwoord op boodskap #117431] Ma, 26 Mei 2008 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 May 2008 05:29:28 -0700 (PDT), Hessie wrote:

>
> Turok, seun van die Kaapse ANC-LP prof. Ben Turok, is hoogleraar in
> wiskundige fisika aan die Universiteit van Cambridge.
>

Dit is nie uniek nie. Meer kere in die lewe het ek al gesien dat mense
met twyfelagtige statusse en stink loopbane se kinders as geleerde
mense ontwikkel.
Re: Meer oor Neil Turok [boodskap #117437 is 'n antwoord op boodskap #117434] Ma, 26 Mei 2008 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

>> Turok, seun van die Kaapse ANC-LP prof. Ben Turok

> Dit is nie uniek nie. Meer kere in die lewe het ek al gesien dat mense
> met twyfelagtige statusse en stink loopbane se kinders as geleerde
> mense ontwikkel.

Sien, ou Dave oop-en-toe, dis hoekom jy op
hierdie nuusgroep as 'n ou liggewigmannetjie
sit en kekkel oor alles en nog wat om aandag
te trek. Neil Turok se pa was 'n professor
voordat hy deel van die struggle geword het
en aan die wenkant gewees het, anders as
jy. Neil Turok se pa en ma was albei as
parlementslede verkies in 1994. Maar nee,
jy, ou Dave-oop-en-toe, vertel vir ons Neil
Turok se pa het 'n stink loopbaan.

Gloudina
Re: Meer oor Neil Turok [boodskap #117438 is 'n antwoord op boodskap #117437] Ma, 26 Mei 2008 14:14 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 May 2008 07:05:26 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>>> Turok, seun van die Kaapse ANC-LP prof. Ben Turok
>
>> Dit is nie uniek nie. Meer kere in die lewe het ek al gesien dat mense
>> met twyfelagtige statusse en stink loopbane se kinders as geleerde
>> mense ontwikkel.
>
> Sien, ou Dave oop-en-toe, dis hoekom jy op
> hierdie nuusgroep as 'n ou liggewigmannetjie
> sit en kekkel oor alles en nog wat om aandag
> te trek. Neil Turok se pa was 'n professor
> voordat hy deel van die struggle geword het
> en aan die wenkant gewees het, anders as
> jy. Neil Turok se pa en ma was albei as
> parlementslede verkies in 1994. Maar nee,
> jy, ou Dave-oop-en-toe, vertel vir ons Neil
> Turok se pa het 'n stink loopbaan.
>
> Gloudina

Is jy ook liggewig, Gloudina?
Hoe werk daai biskop dieet?
BTW, as jy sou dink dat die
anc aan die wenkant is, moet
jy weer dink. Probleem is net
dat hulle die hele land na die
verloorkant toe oorgeneuk
het.
Vorige onderwerp: Vanaf 'Litnet' ge-copy
Volgende onderwerp: Wallpapers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:28:51 MGT 2024