Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuus Lou
Re: Skuus Lou [boodskap #11709 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

> Die deursnee-Afrikaner is, volgens my waarneming, van die katterigste mense
> te wêreld.

Ag wat, hang so bietjie rond hier in usenet (kyk bv die alt.therapy
besprekings) en jy sal sien ons is glad nie die springbokke van
katterigheid nie.

Wat Afrikaners wel die beste in die wereld doen is kla.

Wel, miskien haal die Russe ons in. Maar hulle het 'n onregverdige
chemiese hulpmiddel: vodka.

Andries
Re: Skuus Lou [boodskap #11710 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote:

> In , writes:
>> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
>>
>>
>>> Verteenwoordigende demokrasie is onmoontlik in 'n multi-
>>> kulturele staat.
>>>
>>> Hjalmar
>>
>>
> Multikultureel? Ek hoor onlangs oor die nuus dat Kanadese met
> 'n moedertaal anders as Engels of Frans is maar 4% van die
> bevolking van Kanada waarvan die grootste deel Chinese is. Dit
> wil sê bietjie oor 'n miljoen mense het 'n moedertaal anders as
> Engels of Frans. Dus is die Kanadese bevolking besonder
> homogeen sou ek sê.

Ek laaik nogal daai "engels of frans". Twee tale, een kultuur, of
hoe? Of is dit die wit velle wat hulle in gemeen het?

Andries

> Groete
> Stef
Re: Skuus Lou [boodskap #11711 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Dec 1997 20:46:01 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

te na aan die waarheid kom. 'n Mens raak mettertyd bewus van al hierdie[/color]
> sensortegnieke van die linksgesindes.>>

Watter pot kak.

Met ander woorde ET en die regtervleuel van die PAC in full cry is
eintlik maar net mense "wat besig om 'n argument teen 'n
kommunis/linksgesinde te wen."
Re: Skuus Lou [boodskap #11712 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Koos kla:

>> Die "rassis!" skelwoord. . .

> Met ander woorde ET en die regtervleuel van die PAC in full cry
> is eintlik maar net mense "wat besig om 'n argument teen 'n
> kommunis/linksgesinde te wen."

Wel, as die linksgesindes wêreldwyd meer spaarsaam met hulle
taal en hulle kragwoorde was, sou dit nie nou so flou en
afgewater gewees het nie.

Glo my, om my 'n rassis te noem en om ET 'n rassis te noem, is
'n hemelsbre"e verskil. As ek met ET saamgestem het, dan sou
nie die geval gewees het nie.

Om elkeen wat van jou verskil 'n rassis of 'n nazi te noem,
help nie juis met die uitbreiding van kennis nie. Om 'n
spreker dood te skreeu wys net hoe bang jy vir sy standpunt
is. Hierdie medium, die internet, steek vir die sensuur-
aanhangers (meesal linksgesindes) dwars in die krop.

Kragwoorde be"indruk my nie. Ek was innie aaarmie.

Hjalmar
________
Re: Skuus Lou [boodskap #11713 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) wrote:

> Verteenwoordigende demokrasie is onmoontlik in 'n multi-
> kulturele staat.

Hmmmm... en jy woon waar?

Andries
Re: Skuus Lou [boodskap #11714 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico Snyman wrote in message ...
> Dit is ongelukkig baie waar. Ek is self +/- 14:00 op 'n Maandag
> vroeer hierdie jaar daar beroof (iemand by die dieretuin ontmoet).
> En ek glo nie ek lyk eers na 'n toeris nie. Die ergste van alles was
> dat:
>
>
>> Hulle voel nie veiliger met 'n lid van die polisie in die
>> omgewing nie omdat die polisie anderpad kyk wanneer
>> daar geroof word.
>
>
> twee konstabels aan dieselfde kant van die pad alles gesien het
> wat gebeur het, maar na die tyd vir my gese het hulle dog ek en
> die twee ander mans "gesels net", dit nadat hulle my hardhandig
> rondgestamp en met 'n mes gedreig het.
>
> Gelukkig is dinge ('n klein bietjie) beter hier in Kaapstad, as jy sorg
> dat jy van die vlaktes af bly. Maar so dink ek is daar maar in enige
> groot stad wereldwyd areas waaruit jy moet bly.

In my ondervinding sluit die "areas waaruit jy moet bly" gewoonlik nie die
gebiede in waar die banke en bouverenigings hul hoofkantore het, mediese
spesialiste hul spreekkamers hou, die munisipale kantore waar mense
lisensies moet koop en rekenings betaal, en die standsbiblioteek in nie.

My vrou en dogters het baie van hul boeke en CD's by die stadsbiblioteek
uitgeneem (die enigste tak wat CD's en videos aanhou, en die grootste keuse
van boeke). Nou is dit net te gevaarlik.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11715 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> Was die deursnee
> Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
> lank uit die land uit?

Die deursnee-Afrikaner is, volgens my waarneming, van die katterigste mense
te wêreld.

Ek dink dit het daarmee te doen dat die "deursnee-Afrikaner" geen of weinig
respek het vir ander mense Jy kom dit gou agter as jy hoor hoe "regses",
byvoorbeeld, van swartmense praat. Maar as jy hoor hoe hulle praat van
"liberales" (iets waarvoor ek in daardie kringe uitgeskel word die oomblik
as ek my bek oopmaak - glo dit as jy wil), of selfs van regses uit 'n ander
kamp, dan kom jy agter dat die rassekwessie bloot insidenteel is. Hulle het
geen respek vir swartmense nie, nie soseer omdat die mense swart is nie,
maar eenvoudig omdat hulle self niemand respekteer wat nie op elke punt met
hulle saamstem nie.

En nee, Gloudina, dit is nie 'n nuwe kwaal nie, en nie beperk tot "regses"
nie. Jy is self volkome daarmee besmet, soos jou bydraes op hierdie poslys
deurentyd toon - jou jongste episteel aan At in besonder.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11716 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

> Swak regerings kom in alle kleure.

Jawohl

> Die een wat ons nou het is ten minste so swak as die vorige.

Aber nein! Wat ons gehad het is 'n regering wat met alle mag en
geweld die land opgefok het. Al wat ons nou het is 'n opgefokte land
- en 'n regering wat ten minste in die regte rigting probeer gaan.

OK daar is probleme - die houding wat ons deesdae in die binnekringe
van die toekomstige ANC leierskap sien is kommerwekkend. MAAR anders
as in die vorige 40 jaar is daar 'n eenvoudige meganisme waarmee (so
kan ons ten minste hoop) hulle ergste hubris in die bek geruk kan
word: Repeat after me: the vote. En soos die onlangse manewales in
Gauteng se leierskapverkiesings vir ons mooi gewys het kan daai
leierskap nie so maklikl wegkom met ondemokratiese en outoritere
optrede soos van tevore nie. En waar vryheid heers, waar debat kan
heers is daar meer van 'n kans dat beleid in 'n sinvolle rigting kan
verander. Maar dan het jy 'n vlymskerp swaard nodig, en nie 'n stomp
byl (dis kak, daai's kak nie).

> Die enigste ding wat erger is, is om van rassisme beskuldig te word as jy

Ag ek word gereeld van rassisme beskuldig; wat is so bad daaraan.

Feit is, ek IS rassisties. Jy is rassisties. Al wat 'n witmens in
hierdie land is, is rassisties. As iemand jou op iets wys wat hulle
se rassisties is, dink versigtig of die hoed jou pas. As hy nie pas
nie, maak hulle dit opeet.

Andries
Re: Skuus Lou [boodskap #11717 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Dec 1997 09:09:06 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

daarop wys dat die regering swak is. >>[/color]

Nie as jy nie eers weet wie in die regering is en wat die etnisiteit
van die kabinet is nie.
Dan lyk dit wel gevaarlik baie na rassisme. Van daai dyed in the wool
soort.
Die soort wat skuil agter allerhande duiwehokke.
Re: Skuus Lou [boodskap #11718 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Andries sanik:

Key Bored wrote in message ...

> En op watter manier woons ons nou in 'n geknelde land? Is dit nou so
> kak om swartmense aan bewind te he? Al wat ek nie meer kan vat nie is
> die gesanik van wit Suid-Afrikaners.
>
> Andries

Swak regerings kom in alle kleure.

Die een wat ons nou het is ten minste so swak as die vorige.

En dis inderdaad kak om 'n swak regering aan bewind te hê.

Die enigste ding wat erger is, is om van rassisme beskuldig te word as jy
daarop wys dat die regering swak is. Soos Regter Goldstone in die ondersoek
na Nstebesa uitgewys het - _dit_ is rassisme.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11719 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

>
> Jy sê jy het getrek toe SA nog relatief
> beskaaf was. Op daardie tydstip was daar
> 'n laegraadse burgeroorlog in die land,
> veroorsaak deur die feit dat die nie-blanke
> meerderheid geen ander manier kon sien om
> onder die juk van die blanke minderheid uit
> te kom nie.

Heeltemal waar. Maar, soos gewoonlik , net gedeeltelik waar.

> Wel, as dinge daar onhoudbaar word, sal ek optree
> soos ek goeddink. Ek het verlede week aan my suster
> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
> sy graag wil wees.

Die sleutel lê in die laaste vyf woorde hierbo. Dit lyk nie asof baie
Pretorianers uit 'n bepaalde stratum van die samelewing veel buite Menlyn
Sentrum en die Carousel "wil" beweeg nie.

'n Gesin wat Saterdag 'n seminaar van my bygewoon het moes ma by die huis
los om dit op te pas. Twee Sondae gelede is bure se huis totaal en al
vernietig terwyl die gesin in die kerk was - niks geestell nie, alles
verpletter. "Huis" is 400 meter van die naaste huise van Mamelodi. Ma is 'n
dosent by die Malmelodi tegniese kollege. Pa is een van die middlejarige
witmans wat 'n pakket gekry het. Hy bedryf nou 'n winkeltjie op die plot, en
onderrig sy kinders tuis. (Drie dogters, oudste 12.)

Die gesin het nooddrils wat hulle instel wanneer hulle aangeval word.
Verlede Woensdag het dit hulle lewe gered toe iemand die voordeur begin
afbreek terwyl hulle TV kyk.

> Ons vriendin
> wat ons onlangs besoek het, en wie se man in enige
> Universiteit werk kan kry weens sy kundigheid, sê
> dat hulle geen plan het om uit SA te trek nie, want
> die land is te interessant vir haar op die oomblik.
> So daar is nou die opinie van iemand wat daar bly,
> en met wie ek kort gelede gepraat het. 'n Afrikaner,
> oorspronklik van die Noordweste.

Ek stem saam. Dit is een van die interessantste plekke in die wêreld om te
bly - as jy 'n opsie het, soos jou vriendin, en soos sy op kort kennisgewing
kan besluit daar is ander interessanter plekke.

As jy nie in die posisie is om "in enige universiteit" werk te kry weens jou
kundigheid nie - as jy weens ouderdom onwelkom is in ander lande, of omdat
jou kundighede in ander lande minder skaars is as in SA, raak dit minder
interessant.

Jou bronne is miskien minder divers as wat jy dink, Gloudina.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11735 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
nos...@nospam.za (Key Bored) writes: > ro...@physics.utoronto.ca wrote:

>> Multikultureel? Ek hoor onlangs oor die nuus dat Kanadese met
>> 'n moedertaal anders as Engels of Frans is maar 4% van die
>> bevolking van Kanada waarvan die grootste deel Chinese is. Dit
>> wil sê bietjie oor 'n miljoen mense het 'n moedertaal anders as
>> Engels of Frans. Dus is die Kanadese bevolking besonder
>> homogeen sou ek sê.
>
> Ek laaik nogal daai "engels of frans". Twee tale, een kultuur, of
> hoe? Of is dit die wit velle wat hulle in gemeen het?
>
> Andries


Ja, Andries. Jy slaan die spyker op die kop.
Lees vir "Engels en Frans" is gelyk aan "homogeen"
die wit immigrant se mening dat hy nog veilig
is, na 'n sogenaamde wit land geimmigreer het.
Die koerante het onlangs egter gerapporteer dat
hierdie jaar die Kanadese bevolking vir die
eerste keer 51 persent van ander lande as Engeland
of Frankryk af vandaan kom. Stef bly in een van
die mees kosmopolitiese stede in die wereld.

Gloudina
>

>
Re: Skuus Lou [boodskap #11736 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On 8 Dec 1997 20:46:01 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
> Gerber) wrote:
>
> > te na aan die waarheid kom. 'n Mens raak mettertyd bewus van al hierdie
>> sensortegnieke van die linksgesindes.>>
>
> Watter pot kak.
>
> Met ander woorde ET en die regtervleuel van die PAC in full cry is
> eintlik maar net mense "wat besig om 'n argument teen 'n
> kommunis/linksgesinde te wen."

Wat hy eintlik wou sê is dit is die ANC se definisie van 'n rassis en
kan net so goed op die PAC en ou ET toegepas word. So as hulle die
argument verloor of hulle het opgefok dan skree hulle rassisme as
enigiemand van hulle vreskil of op hulel foute wys.

Verstaan jy nou?

Lou
Re: Skuus Lou [boodskap #11737 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>> Swak regerings kom in alle kleure.
>
> Jawohl
>
>> Die een wat ons nou het is ten minste so swak as die vorige.
>
> Aber nein! Wat ons gehad het is 'n regering wat met alle mag en
> geweld die land opgefok het.

En 'n buiteparlementêre opposisie wat met groot kundigheid, geduld, en 'n
wonderlike respek vir menseregte almaardeur daaraan gwerk het om die land op
te bou soos ons nou sien, nie waar nie?

> Al wat ons nou het is 'n opgefokte land
> - en 'n regering wat ten minste in die regte rigting probeer gaan.

1) Opgefok, inderdaad - ek let op dat baie lede van die huidge regering nou
amnestie vra vir "opfok" -aksies - sanksies en so meer(en sommer deur die
bank amnestie toegestaan word, sonder verdere vrae).

2) Wat is, volgens jou, die "regte rigting"? (Enige rigting waarin die
regering gaan?)

3) Is daar enige ander rigtings waarin die regering ook gaan? - benewens
nou die "regte" een?

>
> OK daar is probleme - die houding wat ons deesdae in die binnekringe
> van die toekomstige ANC leierskap sien is kommerwekkend. MAAR anders
> as in die vorige 40 jaar is daar 'n eenvoudige meganisme waarmee (so
> kan ons ten minste hoop) hulle ergste hubris in die bek geruk kan
> word: Repeat after me: the vote.

Soos ek gister op gewys het - "the vote" van agt hiënas en twee skape wat
stem oor die spyskaart vir aandete.

> En soos die onlangse manewales in
> Gauteng se leierskapverkiesings vir ons mooi gewys het kan daai
> leierskap nie so maklikl wegkom met ondemokratiese en outoritere
> optrede soos van tevore nie.

Jy beweer dus dat hierdie regering ("daai leierskap" oftewel "die
toekomstige ANC leierskap") tevore maklik weggekom het met ondemokratiese en
outoritêre optrede?

> En waar vryheid heers, waar debat kan
> heers is daar meer van 'n kans dat beleid in 'n sinvolle rigting kan
> verander. Maar dan het jy 'n vlymskerp swaard nodig, en nie 'n stomp
> byl (dis kak, daai's kak nie).

Dink jy ons samelewing is toegerus met 'n vlymskerp swaard? - of met 'n
stomp byl (gedagtig nou aan "daai leierskap" waarna jy hierbo verwys).

>> Die enigste ding wat erger is, is om van rassisme beskuldig te word as jy
>
> Ag ek word gereeld van rassisme beskuldig; wat is so bad daaraan.
>
> Feit is, ek IS rassisties. Jy is rassisties. Al wat 'n witmens in
> hierdie land is, is rassisties

Net witmense?

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11738 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> My vrou en dogters het baie van hul boeke en CD's by die stadsbiblioteek
> uitgeneem (die enigste tak wat CD's en videos aanhou, en die grootste keuse
> van boeke). Nou is dit net te gevaarlik.
>
> Leendert
>
> Hallo Leendert

Presies dieselfde het met my gebeur. Op 'n Saterday oggend in Februarie
hierdie jaar, is ek biblioteek toe, ook vir CD's ens., en my vriend is om die
hoek om solank bank toe te gaan. Hy is erg aangerand, terwyl mense links en
regs verbygestroom het. Niemand wil betrokke raak nie.

Ek gaan nie meer na die hoofbiblioteek toe nie.

Terwyl ek daar was, het ek opgemerk dat daar vir die eerste keer versoeke
opgeplak is, in die dames kleedkamer, dat daar tog nie hare gewas mag word of
gebad word in die handwasbakke nie. Daar is 'n geweldige tekort aan nuwe
boeke, en die begroting is kwaai gesny. Daar's mense wat aan die toonbanke sit
wat skaars kan lees of skryf - hulle kan nie 'n boek vir jou opspoor nie, omdat
hulle die eenvoudigste woord nie kan spel nie. Hulle sit maar daar, terwyl 'n
paar ander al die werk moet doen.

Ek het op 'n stadium gedroom van die dag wanneer biblioteeksboeke vrylik
beskikbaar sou wees, vir alle mense van alle rasse. Die teenoorgestelde het
toe gebeur.

Groete
V.
Re: Skuus Lou [boodskap #11806 is 'n antwoord op boodskap #11593] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Dec 1997 09:58:19 +0200, Lou wrote:
Re: Skuus Lou [boodskap #12000 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 05 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 09 Dec 1997 09:58:19 +0200, Lou wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Afrikaans op die ng
Volgende onderwerp: 'n Goeie Afrikaanse woord vir...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:03:37 MGT 2024