Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou?
Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117310] Ma, 19 Mei 2008 08:40 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Onlangs is 'n jongman kort voor sy troue vir 'n eenvoudige beweerde
verkeersoortreding in Pietersburg aangekeer en vir die nag saam met 'n klomp
geweldsmisdadigers vir die nag toegesluit waar hy herhaaldelik verkrag is.

Niks ongewoon in SA deesdae nie.

Gister se Rapport vertel van J Arthur Brown, die ex-Fidentia grootbaas wat
weer in hegtenis geneem is terwyl hy op reeds op borg van R1m uit is -
blykbaar is die Skerpioene vies omdat sy vrou hulle net ontglip en Australië
toe is! - en toe is Brown deur mede-gevangenis aangerand en seksueel
mishandel.

Vanoggend se Daily Dispatch vertel dat hy volgens sy regsverteenwoordiger op
"die mees verenderende wyse" agter in 'n oorvol vangwa verkrag is.

Stel jou dit voor - agter in 'n vangwa aangerand en verkrag!!!! En die
Polisie hoor en sien niks?

Brown word beskuldig dat hy miljoene verduister het, maar ek het nog altyd
verstaan dat iemand onskuldig is totdat sy skuld bewys word - dat daar te
alle tye rekening gehou moet word met die moontlikheid dat iemand dalk
werklik onskuldig kan wees. Brown weier blykbaar om soos sy eertydse
Finansiële bestuurder 'n pleitooreenkoms aan te gaan en hou vol dat hy
onskuldig is. Na meer as 'n jaar is hy nog op geen klagte verhoor en/of
skuldig bevind nie. Ek het ook nog altyd verstaan dat 'n beskuldigde /
selfs veroordeelde misdadiger regte het en een van daardie regte is die reg
op beskerming.

Verlede Sondag se Rapport het vertel dat die eertydse grootbase van Saambou
Bank onskuldig bevind is - na baie jare se hofstryd en nadat een meer as R4m
moes opdok aan regskoste - sy wildsplaas - alles moes verkoop. Nie bedrog,
diefstal of roekelose bestuur het Saambou laat val nie, maar 'n
onverantwoorde(like) koerantberig!!!.

Is 'n aangehoudene wat nog deur geen hof skuldig bevind is nie, nou nie eens
meer agter in 'n vangwa veilig nie?

Waarom word witboordjie misdadigers / of beweerde witboordjiemisdadigers
hoegenaamd saam met geweldsmisdadigers in dieselfde tronk/sel/vangwa
aangehou?
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117314 is 'n antwoord op boodskap #117310] Ma, 19 Mei 2008 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 May 2008 10:40:47 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Is 'n aangehoudene wat nog deur geen hof skuldig bevind is nie, nou nie eens
> meer agter in 'n vangwa veilig nie?
>
> Waarom word witboordjie misdadigers / of beweerde witboordjiemisdadigers
> hoegenaamd saam met geweldsmisdadigers in dieselfde tronk/sel/vangwa
> aangehou?

Dit is baie verstaanbaar dat Australië weier om aan Suid Afrika uit te
lewer, omdat 'tronke in Suid Afrika 'n onmenslike straf beteken' (of
iets in dier voege is wat gesê is).
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117316 is 'n antwoord op boodskap #117310] Ma, 19 Mei 2008 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 19 May, 10:40, "Torreke" wrote:
> Is 'n aangehoudene wat nog deur geen hof skuldig bevind is nie, nou nie eens
> meer agter in 'n vangwa veilig nie?
> Waarom word witboordjie misdadigers / of beweerde witboordjiemisdadigers
> hoegenaamd saam met geweldsmisdadigers in dieselfde tronk/sel/vangwa
> aangehou?

Wat van 'n ou wat "na bewering" 'n geweldsmisdaad gepleeg het?
Jy sê self "dat iemand onskuldig is totdat sy skuld bewys word" en ek
stem volkome daarmee saam.
Ander vraag vir Dave - Sou jy die ou wat "na bewering" 'n witboordjie
misdaad gepleeg het aanspreek as "meneer"? Of maak dit 'n verskil as
hy 'n das dra wat by sy boeie pas?

Let wel - Ek keur glad nie geweld teen enigiemand goed nie. Selfs nie
eers nadat die beweerde misdadiger skuldig bevind is nie. Mens kan
baie maklik toelaat dat jou hart jou verstand voorsê maar dit is 'n
baie gladde kurwe. Geweld is NOOIT 'n antwoord nie. En ja ek besef
daar is situasies wanneer self-verdediging ter sprake kom maar dit is
hoekom dit self-verdediging genoem word en nie wedersydse aanranding
nie.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117319 is 'n antwoord op boodskap #117316] Ma, 19 Mei 2008 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" <wrote

> On 19 May, 10:40, "Torreke" <torr...@hotmail.co.uk> wrote:
> Is 'n aangehoudene wat nog deur geen hof skuldig bevind is nie, nou nie eens
> meer agter in 'n vangwa veilig nie?
> Waarom word witboordjie misdadigers / of beweerde witboordjiemisdadigers
> hoegenaamd saam met geweldsmisdadigers in dieselfde tronk/sel/vangwa
> aangehou?

Wat van 'n ou wat "na bewering" 'n geweldsmisdaad gepleeg het?
Jy sê self "dat iemand onskuldig is totdat sy skuld bewys word" en ek
stem volkome daarmee saam.

Dit is natuurlik 'n ope vraag of iemand wat nog nie deur 'n hof skuldig
bevind is nie, hoegenaamd aangehou behoort te word in 'n tronk waar
veroordeeldes aangehou word.

Ander vraag vir Dave - Sou jy die ou wat "na bewering" 'n witboordjie
misdaad gepleeg het aanspreek as "meneer"? Of maak dit 'n verskil as
hy 'n das dra wat by sy boeie pas?

So lank as wat hy nie skuldig bevind is nie, is en bly hy "meneer" - so dink
ek.

Let wel - Ek keur glad nie geweld teen enigiemand goed nie. Selfs nie
eers nadat die beweerde misdadiger skuldig bevind is nie. Mens kan
baie maklik toelaat dat jou hart jou verstand voorsê maar dit is 'n
baie gladde kurwe. Geweld is NOOIT 'n antwoord nie. En ja ek besef
daar is situasies wanneer self-verdediging ter sprake kom maar dit is
hoekom dit self-verdediging genoem word en nie wedersydse aanranding
nie.

Stem volmondig saam
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117320 is 'n antwoord op boodskap #117314] Ma, 19 Mei 2008 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

> Dit is baie verstaanbaar dat Australië weier om aan Suid Afrika uit te
> lewer, omdat 'tronke in Suid Afrika 'n onmenslike straf beteken' (of
> iets in dier voege is wat gesê is).
>

Die aanval op Brown bewys dit, né?

Ek dink daarmee het die kanse dat sy vrou uitgelewer sal word, sou SA
daarvoor vra, baie skraler geword.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117321 is 'n antwoord op boodskap #117316] Ma, 19 Mei 2008 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Jottie
> Ander vraag vir Dave - Sou jy die ou wat "na bewering" 'n witboordjie
> misdaad gepleeg het aanspreek as "meneer"? Of maak dit 'n verskil as
> hy 'n das dra wat by sy boeie pas?
>

Jottie, iemand wat ek goed geken het, daar was een huis tussen ons s'n
en die van sy suster waar hy gewoon het na hy uit die tronk ontslaan
is, het 'n bank beroof. Dit was voor werksdiskriminasie, maw toe
bankrowers nog blank was.

Hy het my in detail van die roof vertel, onder meer dat James, een van
my snoekervriende die getaway kar bestuur het, maar dat James
staatsgetuie gedraai het. Dit het ek nooit geweet tot hy my vertel het
nie.

Anyway, Frans, die bankrower wat toegesluit was, het aan my vertel dat
die vuurwapen wat hy gebruik het om die bankpersoneel en kliënte aan
te hou, nie gelaai was nie. Geen rede vir hom om vir my te lieg
daaroor nie, want hy het reeds sy straf uitgedienf. Dit kon niks
verander nie.

Vir my is hy steeds 'n meneer. Nie soseer omdat hy betrap is en sy
starf uitgedien het nie, maar omdat dit werklik 'n witboordjiemisdaad
was.

Hy het aan my vertel hoe bevrees die bankbestuurder van die destydse
Trustbank was toe die pistool op hom gerig was, en dat hy innerlik
gelag het omdat die pistool leeg was. En toe die bankbestuurder 'n
grootbek polisieverklaring gedoen het, het hy (in die hof) hom
uitgelag.

Die lang storie was net vir agtergrond. Wat, Jottie, is werklik die
verskil tussen my, wat heelwat meer as slegs enkele kere 'n program
wat ek veronderstel is om te koop, van Internet aflaai en dit kraak,
en Frans wat 'n bank beroof het?

My redenasie is dat daar nie een minder is na ek dit afgelaai het nie,
én ek sou dit buitendien nie gekoop het nie, sò, niemand het geld
verloor nie. Frans se redenasie was (heelwaarskynlik) dat geen kliënte
geld sou verloor nie, want die bank sou uitbetaal wees deur die
versekering. En wie se geld is in die versekering? Myne en joune en
die bank s'n en ... Frans s'n.

Frans het op niemand se kop kookwater gegooi nie. Hy het niemand se
vingers afgesny nie en niemand geskiet nie. Hy het niemand gemartel
nie en hulle slegs skrik gemaak. Hy is steeds 'n meneer.

Die eerste man in die land wat bergtog gekry het terwyl hy ter dood
veroordeel was, is nie 'n meneer nie. Ek kan nie sy naam onthou nie
maar ons het mekaar ook geken, en ek het in sy huis saam met hom 'n
drankie gedrink terwyl hy op borgtog was. En hy was toe ter dood
veroordeel, maar dit is later versag na tronkstraf. Hy is geen meneer
nie, want hy het van agter sy voertuig 'n Portugees doodgeskiet terwyl
hy en sy vriende besig was met 'n gewapende rooftog.

Tony Yengeni het dronk bestuur en almal weet dit, maar hy is nie
skuldig bevind nie omdat die korupte polisie bewyse vernietig het, (of
verkeerd gehanteer het). Hy is iemand wat duidelik skuldig is maar nie
skuldig bewys is nie, onthou.

As 'n vrou in die hof staan en na 'n moordenaar wys, en sê dat hy haar
man of die kind op haar skoot geskiet het, en die vuurwapen en
gesteelde eiendom is in sy besit gevind, en sy medepligtiges erken, IS
HY 'N MENEER AS EN OMDAT HY ONSKULDIG PLEIT???!!!???
Dit is 'n vraag, let wel.

Iemand is onlangs na sowat 20 jaar in die tronk vrygelaat omdat hy na
bewering onskuldig toegesluit was en DNS fasiliteite nie toe bestaan
het nie. Dit kan ons mos as rede gebruik om hulle selfs in die tronk
te vereer.

Is die uitgekende en bewysde moordenaar geregtig op respek tot hy
skuldig bevind word?

Jy sê:
> Let wel - Ek keur glad nie geweld teen enigiemand goed nie. Selfs nie
> eers nadat die beweerde misdadiger skuldig bevind is nie. Mens kan
> baie maklik toelaat dat jou hart jou verstand voorsê maar dit is 'n
> baie gladde kurwe. Geweld is NOOIT 'n antwoord nie. En ja ek besef
> daar is situasies wanneer self-verdediging ter sprake kom maar dit is
> hoekom dit self-verdediging genoem word en nie wedersydse aanranding
> nie.

Eerstens, hoe kan iemand steeds 'n 'beweerde(!)' misdadiger wees as hy
skuldig bevind is(?) en tweedens maak jou woorde dit baie opsigtelik
dat jy *klaarblyklik 'n teenstander van die doodstraf is. En as dit
die geval is, sal 'n gesprek tussen ons oor misdaad in 'n
doodloopstraat eindig.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117324 is 'n antwoord op boodskap #117321] Ma, 19 Mei 2008 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 19 May, 17:51, Dave wrote:
> Hy het aan my vertel hoe bevrees die bankbestuurder van die destydse
> Trustbank was toe die pistool op hom gerig was, en dat hy innerlik
> gelag het omdat die pistool leeg was. En toe die bankbestuurder 'n
> grootbek polisieverklaring gedoen het, het hy (in die hof) hom
> uitgelag.

Verbeel jou hierdie prentjie... en ek is seker jy het hierdie een
gesien kom...
Piet hou jou vrou of dogter aan met 'n mes teen haar keel en vra vir
geld. Sy het nie geld nie maar bied juweliersware, die tv en 'n spul
gesteelde sagteware aan as alternatief. Na 'n lang gedreig dat hy haar
keelaf gaan sny, neem Piet die goedere en laat spaander sonder om haar
fisies seer te maak.
Jy kan alles wat gesteel is van jou versekering eis en Piet het al die
tyd innerlik gelag want hy het geweet hy sal dit nooit oor sy hart kry
om 'n ander mens dood te maak nie.

> My redenasie is dat daar nie een minder is na ek dit afgelaai het nie,
> én ek sou dit buitendien nie gekoop het nie, sò, niemand het geld
> verloor nie. Frans se redenasie was (heelwaarskynlik) dat geen kliënte
> geld sou verloor nie, want die bank sou uitbetaal wees deur die
> versekering. En wie se geld is in die versekering? Myne en joune en
> die bank s'n en ... Frans s'n.
>
> Frans het op niemand se kop kookwater gegooi nie. Hy het niemand se
> vingers afgesny nie en niemand geskiet nie. Hy het niemand gemartel
> nie en hulle slegs skrik gemaak. Hy is steeds 'n meneer.

Is Piet ook nogsteeds 'n meneer?

> Is die uitgekende en bewysde moordenaar geregtig op respek tot hy
> skuldig bevind word?
Die bewys en skuldigbevinding volg gewoonlik op mekaar so ek verstaan
ook nie regtig die vraag nie. Maar sover dit oor die "meneer" kwessie
gaan het ek geen probleem waar en hoe dit gebruik word nie. Dit was
bloot omdat jy al vorige kere die "meneer" kwessie opgebring het dat
ek die vraag aan jou gestel het.

>
> Jy sê:
>
>> Let wel - Ek keur glad nie geweld teen enigiemand goed nie. Selfs nie
>> eers nadat die beweerde misdadiger skuldig bevind is nie.
> Eerstens, hoe kan iemand steeds 'n 'beweerde(!)' misdadiger wees as hy
> skuldig bevind is(?)

Dit is nie moontlik nie - Let op die woord "nadat". Sorry vir die
misverstand - ek kon dit beter gestel het.

> en tweedens maak jou woorde dit baie opsigtelik
> dat jy *klaarblyklik 'n teenstander van die doodstraf is. En as dit
> die geval is, sal 'n gesprek tussen ons oor misdaad in 'n
> doodloopstraat eindig.

Ek erken dit is maklik vir my om sonder emosie so 'n standpunt in te
neem. En ek sal waarskynlik ook 'n ander deuntjie sing as ek self deur
so situasie van geweld getref word. Ek sal maar moet wag en kyk hoe ek
reageer daarop.
Maar goed dan - kom ons verskil oor hierdie punt.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117326 is 'n antwoord op boodskap #117324] Ma, 19 Mei 2008 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 May 2008 12:18:00 -0700 (PDT), Jottie
wrote:

> On 19 May, 17:51, Dave wrote:
>> Hy het aan my vertel hoe bevrees die bankbestuurder van die destydse
>> Trustbank was toe die pistool op hom gerig was, en dat hy innerlik
>> gelag het omdat die pistool leeg was. En toe die bankbestuurder 'n
>> grootbek polisieverklaring gedoen het, het hy (in die hof) hom
>> uitgelag.
>
> Verbeel jou hierdie prentjie... en ek is seker jy het hierdie een
> gesien kom...
> Piet hou jou vrou of dogter aan met 'n mes teen haar keel en vra vir
> geld. Sy het nie geld nie maar bied juweliersware, die tv en 'n spul
> gesteelde sagteware aan as alternatief. Na 'n lang gedreig dat hy haar
> keelaf gaan sny, neem Piet die goedere en laat spaander sonder om haar
> fisies seer te maak.
> Jy kan alles wat gesteel is van jou versekering eis en Piet het al die
> tyd innerlik gelag want hy het geweet hy sal dit nooit oor sy hart kry
> om 'n ander mens dood te maak nie.
>
>> My redenasie is dat daar nie een minder is na ek dit afgelaai het nie,
>> én ek sou dit buitendien nie gekoop het nie, sò, niemand het geld
>> verloor nie. Frans se redenasie was (heelwaarskynlik) dat geen kliënte
>> geld sou verloor nie, want die bank sou uitbetaal wees deur die
>> versekering. En wie se geld is in die versekering? Myne en joune en
>> die bank s'n en ... Frans s'n.

>> Frans het op niemand se kop kookwater gegooi nie. Hy het niemand se
>> vingers afgesny nie en niemand geskiet nie. Hy het niemand gemartel
>> nie en hulle slegs skrik gemaak. Hy is steeds 'n meneer.
>
> Is Piet ook nogsteeds 'n meneer?
>

Nee, beslis nie. Want jy her vergeet om dit 'n rubbermes te maak.
Ek het nie gesê dat Frans nooit iemand sal doodmaak nie. (Nie dat hy
sal nie:-)
Ek het gesê dat geen doodmaak wapens deel van die tools was nie.
En 'n mes is enige tyd net so gevaarlik soos 'n gelaaide pistool.

>> Is die uitgekende en bewysde moordenaar geregtig op respek tot hy
>> skuldig bevind word?
> Die bewys en skuldigbevinding volg gewoonlik op mekaar so ek verstaan
> ook nie regtig die vraag nie. Maar sover dit oor die "meneer" kwessie
> gaan het ek geen probleem waar en hoe dit gebruik word nie. Dit was
> bloot omdat jy al vorige kere die "meneer" kwessie opgebring het dat
> ek die vraag aan jou gestel het.
>

Dit gaan nie opsigself (net) oor die woord 'meneer' nie.
Dit gaan oor die versigtige manier van praat wat hulle noodsaak om van
die gemors met respek te praat. Jy sou ook opgelet het dat ek op die
belaglikhede gedui het van stellings soos 'en na bewering het die
verdagte het hom toe geskiet' Daar was enkele dae gelede twee
rooftogte op slaghuise hier. Die polisie het die verdagtes gejaag, en
die verdagtes het toe op die polisie geskiet uit hul motor. Die
verdagtes is toe van die pad gedwing en gearresteer.

Soms word daar selfs blatant gesê dat die verdagte toe die huiseienaar
geskiet het. Dit is lagwekkend want die huiseienaar is nie na bewering
geskiet nie en dit is ook nie na bewering die verdagte wat dit gedoen
het nie.

Baie jare gelede het 'n koerant, op 'n voorbladberig van 'aids'
gepraat. Toe die redakteur daarop gewys is dat die Afrikaanse woord
daarvoor 'vigs' is, het hy die belaglikheid kwytgeraak dat die woord
'aids' gebruik is omdat dit die meer bekende woord in algemene
taalgebruik is. Maar dat hulle dit van toe af sou regstel.


>> Jy sê:

>>> Let wel - Ek keur glad nie geweld teen enigiemand goed nie. Selfs nie
>>> eers nadat die beweerde misdadiger skuldig bevind is nie.
>> Eerstens, hoe kan iemand steeds 'n 'beweerde(!)' misdadiger wees as hy
>> skuldig bevind is(?)
>
> Dit is nie moontlik nie - Let op die woord "nadat". Sorry vir die
> misverstand - ek kon dit beter gestel het.
>
>> en tweedens maak jou woorde dit baie opsigtelik
>> dat jy *klaarblyklik 'n teenstander van die doodstraf is. En as dit
>> die geval is, sal 'n gesprek tussen ons oor misdaad in 'n
>> doodloopstraat eindig.
>
> Ek erken dit is maklik vir my om sonder emosie so 'n standpunt in te
> neem. En ek sal waarskynlik ook 'n ander deuntjie sing as ek self deur
> so situasie van geweld getref word. Ek sal maar moet wag en kyk hoe ek
> reageer daarop.
> Maar goed dan - kom ons verskil oor hierdie punt.

Ek is gelukkig nooit deur hulle in so 'n situasie gedompel nie. Maar
ek ken mense wat deur swartes vermoor is.

Die naaste wat ek aan geweld gekom het, was 'n alleenrit waartydens
kapers my motor probeer kaap het. Die kapers was blank, en die lokaas
om my te laat stilhou was was twee blanke meisies met 'n klein
kindjie, 'n stilstaande motor, en elfuur die nag. Buite in die oopte.
Met mans wat agter die motor geskuil het. Mekaar bietjie rondgestamp,
bloed het gevloei maar niks om oor huistoe te skryf nie (myne was
slegs 'n vuishou wat ek deur 'n venster gekry het toe ek stil gehou
het om te help) en dit was dit. Ek het met my kar daar weggery.

Maar soos jy sê, ons kan saamstem om te verskil daaroor.

Nee, kom ek vra jou daaroor.
Moet 'n inbreker wat 'n vrou se vingers afsny met 'n snoeisker om haar
ringe te kry, teen geweld beskerm word?
Moet inbrekers wat 'n huiseienaar se voete met kookwater verbrand teen
geweld beskerm word? Moet 'n moordenaar wat 'n vyfjarige dogterjie op
haar ma se skoot doodskiet teen geweld beskerm word?

Word wakker, Jottie.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117328 is 'n antwoord op boodskap #117326] Ma, 19 Mei 2008 23:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 19 May, 22:45, Dave wrote:
>> Is Piet ook nogsteeds 'n meneer?
> Nee, beslis nie. Want jy her vergeet om dit 'n rubbermes te maak.
> Ek het nie gesê dat Frans nooit iemand sal doodmaak nie. (Nie dat hy
> sal nie:-)
> Ek het gesê dat geen doodmaak wapens deel van die tools was nie.
> En 'n mes is enige tyd net so gevaarlik soos 'n gelaaide pistool.

Afgesien van die feit dat jy bereid is om die woord te vat van 'n
voormalige bankrower dat die rewolwer nooit gelaai was nie, en min
verkeerd sien in sy veroordeelde misdaad, sien ek nie enige verskil in
die 2 stories nie.
Maar ok maak dit dan 'n ongelaaide pistool as dit die prentjie sal
verander. Is Piet nou 'n meneer?
Onthou die trauma waardeur daardie aangehoudene gaan - jou vrou of jou
dogter!

> Dit gaan nie opsigself (net) oor die woord 'meneer' nie.
> Dit gaan oor die versigtige manier van praat wat hulle noodsaak om van
> die gemors met respek te praat.

Presies daaroor gaan dit. Verslaggewers moet ook hulle eie agterente
uit die tronk probeer hou en dit is net reg om nie 'n mens te oordeel
voor hy nie skuldig bevind is nie. Dit gaan natuurlik ook daaroor dat
die aangeklaagde nie enige kans kan kry om valse aantygings in sy guns
te verdraai tydens sy verdediging nie.

> Die naaste wat ek aan geweld gekom het, was 'n alleenrit waartydens
> kapers my motor probeer kaap het.

Dave, jy het bankrowers en moordenaars as persoonlike kenisse - ek sou
dink jy kon baie maklik nog twee pelle daar langs die pad gemaak
het. ;-)

> Moet 'n inbreker wat 'n vrou se vingers afsny met 'n snoeisker om haar
> ringe te kry, teen geweld beskerm word?
> Moet inbrekers wat 'n huiseienaar se voete met kookwater verbrand teen
> geweld beskerm word? Moet 'n moordenaar wat 'n vyfjarige dogterjie op
> haar ma se skoot doodskiet teen geweld beskerm word?

Ek sien dit gaan nie meer oor die versekeringsbaas nie maar oor die
beskerming van 'n geweldsmisdadiger teen geweld.
My antwoord is nogtans - Absoluut! Anders maak dit sy oppassers
geensins beter mense as die misdadiger self nie. Ek weet dit gebeur
wel soos in die oorspronklike pos aangedui is maar keur jy dit
inderdaad goed dat die wagte wel die rug draai as 'n misdadiger (enige
soort) aangeval word deur ander aangehoudenes? Indien wel, lewe jy nog
in die middeleeue

> Word wakker, Jottie.
ditto
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117330 is 'n antwoord op boodskap #117328] Di, 20 Mei 2008 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> Afgesien van die feit dat jy bereid is om die woord te vat van 'n
> voormalige bankrower dat die rewolwer nooit gelaai was nie, en min
> verkeerd sien in sy veroordeelde misdaad, sien ek nie enige verskil in
> die 2 stories nie.
> Maar ok maak dit dan 'n ongelaaide pistool as dit die prentjie sal
> verander. Is Piet nou 'n meneer?
> Onthou die trauma waardeur daardie aangehoudene gaan - jou vrou of jou
> dogter!
>

As so iets sou gebeur het, moes die scrap toegesluit word en die
sleutel weggegooi word. En aanspreekvorm moet 'scrêp' wees.
Nie meneer scrap nie, maar stryt 'scrap'.
Jou eie woode was:
>>> Ek erken dit is maklik vir my om sonder emosie so 'n standpunt in te
>>> neem. En ek sal waarskynlik ook 'n ander deuntjie sing as ek self deur
>>> so situasie van geweld getref word. Ek sal maar moet wag en kyk hoe ek
>>> reageer daarop.
>>> Maar goed dan - kom ons verskil oor hierdie punt.

> Dit gaan nie opsigself (net) oor die woord 'meneer' nie.
>> Dit gaan oor die versigtige manier van praat wat hulle noodsaak om van
>> die gemors met respek te praat.
>
> Presies daaroor gaan dit. Verslaggewers moet ook hulle eie agterente
> uit die tronk probeer hou en dit is net reg om nie 'n mens te oordeel
> voor hy nie skuldig bevind is nie. Dit gaan natuurlik ook daaroor dat
> die aangeklaagde nie enige kans kan kry om valse aantygings in sy guns
> te verdraai tydens sy verdediging nie.
>
Maar ek het daarop gewys dat hulle dit steeds kan doen sonder om
moordenaars verdagtes te noem. Ons het 'n lieflike taal wat heel
buigbaar is.
Ek het as voorbeeld 'n spesifieke sin geneem en net die woorde
verander sodat die verslaggewer steeds uit die tronk bly en hulle nie
net verdagtes hoef te noem nie.

>> Die naaste wat ek aan geweld gekom het, was 'n alleenrit waartydens
>> kapers my motor probeer kaap het.
>
> Dave, jy het bankrowers en moordenaars as persoonlike kenisse - ek sou
> dink jy kon baie maklik nog twee pelle daar langs die pad gemaak
> het. ;-)
>
Hulle was meer as slegs twee, Jottie, maar by die oorspronklike
voorstelling was slegs twee sigbaar:-)
Ek is so bly ek het nie in vennootskap met hulle gegaan nie!
Een van die meisies, die een wat my gekònnèk het terwyl ek met haar
gepraat het, is 'n paar dae later vir 'n kaping op die
Potchefstroompad, waar sy aan een die ou saam met haar gesê het om die
omie wat vir hulle stil gehou het, dood te maak. Die omie is toe met
'n mes gesteek, en 'n swarte wat langs die pad geloop het, het nader
gehardloop en geskree "los die oubaas uit!" Die omie het dit oorleef,
en hulle is later gearresteer. Sy was 'n model in Johannesburg.

>> Moet 'n inbreker wat 'n vrou se vingers afsny met 'n snoeisker om haar
>> ringe te kry, teen geweld beskerm word?
>> Moet inbrekers wat 'n huiseienaar se voete met kookwater verbrand teen
>> geweld beskerm word? Moet 'n moordenaar wat 'n vyfjarige dogterjie op
>> haar ma se skoot doodskiet teen geweld beskerm word?
>
> Ek sien dit gaan nie meer oor die versekeringsbaas nie maar oor die
> beskerming van 'n geweldsmisdadiger teen geweld.
> My antwoord is nogtans - Absoluut! Anders maak dit sy oppassers
> geensins beter mense as die misdadiger self nie. Ek weet dit gebeur
> wel soos in die oorspronklike pos aangedui is maar keur jy dit
> inderdaad goed dat die wagte wel die rug draai as 'n misdadiger (enige
> soort) aangeval word deur ander aangehoudenes? Indien wel, lewe jy nog
> in die middeleeue
>
Die moordenaars van Baba Jordan het in 'n hof getuig dat, toe hulle in
'n sel geboender is, die tronkbewaarder aan die ander gevangenes gesê
het: "Hier is die moordenaars van 'n baba." Hulle is 'n rukkie later
in 'n hospitaal opgeneem, vanwaar hulle beskerming teen die ander
gevangenis gevra het. 'n Paar maande oue baba het geen beskerming teen
hulle gehad nie. Ek het gelag toe ek dit gelees het.

Jottie, Kom ons kyk hoeveel ander op die nuusgroep ondersteun jou
en jou beskermingswense vir folteraars.

>> Word wakker, Jottie.
> ditto
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117331 is 'n antwoord op boodskap #117330] Di, 20 Mei 2008 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 May, 09:27, Dave wrote:
Laat ek opsom:
Volgens jou:
1. As 'n ou met 'n ongelaaide revolwer 'n bank beroof is dit ok en
daar is ook niks mee fout nie want niemand ly eintlik enige skade nie.
2. As dieselfde ou met dieselfde revolwer jou vrou beroof dan is hy
"stryt scrap". (Lees oorspronklike storie vir details)
As ek 'n verkeerde afleiding gemaak het vra ek byvoorbaat
omverskoning. Ek probeer jou logika verstaan so help asseblief

> Die moordenaars van Baba Jordan het in 'n hof getuig dat, toe hulle in
> 'n sel geboender is, die tronkbewaarder aan die ander gevangenes gesê
> het: "Hier is die moordenaars van 'n baba." Hulle is 'n rukkie later
> in 'n hospitaal opgeneem, vanwaar hulle beskerming teen die ander
> gevangenis gevra het. 'n Paar maande oue baba het geen beskerming teen
> hulle gehad nie. Ek het gelag toe ek dit gelees het.

Ek sou dit op daardie stadium seker self komies gevind het. Dit is 'n
natuurlike emosionele reaksie. Dit beteken nie ek keur dit goed nie.
Ek hoef net vir 'n oomblik aan die gevolge daarvan te dink om te besef
dit is verkeerd.

Jy het nogsteeds nie die vraag beantwoord nie. Afgesien van 'n
onmiddellike emosionele reaksie as jy sulke nuus lees, keur jy dit
inderdaad goed dat die wagte wel die rug draai as 'n misdadiger (enige
soort) aangeval word deur ander aangehoudenes?

> Jottie, Kom ons kyk hoeveel ander op die nuusgroep ondersteun jou
> en jou beskermingswense vir folteraars.

Terloops, Torreke het alreeds sy mening gegee.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117337 is 'n antwoord op boodskap #117331] Di, 20 Mei 2008 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 May 2008 01:08:06 -0700 (PDT), Jottie
wrote:

> On 20 May, 09:27, Dave wrote:
> Laat ek opsom:
> Volgens jou:
> 1. As 'n ou met 'n ongelaaide revolwer 'n bank beroof is dit ok en
> daar is ook niks mee fout nie want niemand ly eintlik enige skade nie.
> 2. As dieselfde ou met dieselfde revolwer jou vrou beroof dan is hy
> "stryt scrap". (Lees oorspronklike storie vir details)
> As ek 'n verkeerde afleiding gemaak het vra ek byvoorbaat
> omverskoning. Ek probeer jou logika verstaan so help asseblief
>

Jy het my nie verkeerd gelees nie en ook nie verkeerd verstaan nie.
Jy het net nagelaat om my volgende paragraaf by te voeg. Dit lees so:

***
Jou eie woode was:
>>> Ek erken dit is maklik vir my om sonder emosie so 'n standpunt in te
>>> neem. En ek sal waarskynlik ook 'n ander deuntjie sing as ek self deur
>>> so situasie van geweld getref word. Ek sal maar moet wag en kyk hoe ek
>>> reageer daarop.
>>> Maar goed dan - kom ons verskil oor hierdie punt.
***
>
> Terloops, Torreke het alreeds sy mening gegee.

Hy het nie, want ons praat van geweldsmoordenaars en hy praat van
Brown wat geen geweldenaar (ten opsigte van mense) is nie. Maar, as
Torreke jou ondersteun, dit is dit. Ek het gesê, en dit is belangrik,
dat ek geen simpatie het met geweldenaars wat geweld ervaar nie.

Die gesprek is reeds in 'n doodloopstraat want jy het simpatie met die
moordenaars van babas, en ek het geen simpatie met hulle nie. Punt.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117338 is 'n antwoord op boodskap #117337] Di, 20 Mei 2008 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 May, 14:02, Dave wrote:
> Jy het my nie verkeerd gelees nie en ook nie verkeerd verstaan nie.
> Jy het net nagelaat om my volgende paragraaf by te voeg. Dit lees so:

Dankie - ek verstaan nou wat jy bedoel.

> Die gesprek is reeds in 'n doodloopstraat want jy het simpatie met die
> moordenaars van babas, en ek het geen simpatie met hulle nie. Punt.

Ek het geensins gesê ek simpatiseer met hulle nie. Is daar enige
manier wat ek dit vir jou duideliker kan maak?
En jy het nog nie gesê of jy dit goedkeur nie.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117340 is 'n antwoord op boodskap #117338] Di, 20 Mei 2008 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 May 2008 05:21:14 -0700 (PDT), Jottie
wrote:

> On 20 May, 14:02, Dave wrote:
>> Jy het my nie verkeerd gelees nie en ook nie verkeerd verstaan nie.
>> Jy het net nagelaat om my volgende paragraaf by te voeg. Dit lees so:
>
> Dankie - ek verstaan nou wat jy bedoel.
>
>> Die gesprek is reeds in 'n doodloopstraat want jy het simpatie met die
>> moordenaars van babas, en ek het geen simpatie met hulle nie. Punt.
>
> Ek het geensins gesê ek simpatiseer met hulle nie. Is daar enige
> manier wat ek dit vir jou duideliker kan maak?
> En jy het nog nie gesê of jy dit goedkeur nie.

Okay Jottie, dan verstaan ek wat jy bedoel.
Jy het geen simpatie met hulle nie maar jy sou wil hê dat hulle teen
geweld beskerm moet word. Of verstaan ek nie reg nie:-)

Natuurlik gun ek jou die reg om te voel soos jy voel.
Gun my ook die reg om dit onverstaanbaar te vind.

Die brief wat Riaan gepos het en wat gerig is aan André Brink, (ek het
net Ferdi se herhaling daarvan gesien maar nie die oorspronklike van
Riaan nie, nou wonder ek of daar pos is wat ek nie kry nie) sê op 'n
luimige manier baie. En dit is van toepassing op ons gesprek.

Soos ek gesê het, dit is jou reg om so te voel
en myne om van jou te verskil:-)
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117346 is 'n antwoord op boodskap #117330] Wo, 21 Mei 2008 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Die moordenaars van Baba Jordan het in 'n hof getuig dat, toe hulle in[/color]
> 'n sel geboender is, die tronkbewaarder aan die ander gevangenes gesê
> het: "Hier is die moordenaars van 'n baba." Hulle is 'n rukkie later
> in 'n hospitaal opgeneem, vanwaar hulle beskerming teen die ander
> gevangenis gevra het. 'n Paar maande oue baba het geen beskerming teen
> hulle gehad nie. Ek het gelag toe ek dit gelees het.
>

My inligting is dat die landdros beveel het dat Arthur Brown geneem moet
word na 'n plek vir verhoorafwagtende gevangenis. Toe hulle met die trap
afgaan uit die hofsaal uit, het die Skerpioene die instruksie aan die
polisie gewysig: Vat hom Polsmoor toe.

My jonger suster wat saammet 'n aantal oud-polisievroue by a baie bekende
Afrikaans-/Afrikanervriendelike instelling werk, sê dat die eks polisievroue
vertel dat dit staande gebruik is om vir die ander gevangenis te sê: Sien
hierdie ou bietjie reg, en dat die polisie/bewaarders anderpad kyk.

Hoe anders is dit moontlik dat Arthur Brown agter in 'n polisievangwa
aangerand en verkrag kon word?
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117349 is 'n antwoord op boodskap #117346] Wo, 21 Mei 2008 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 08:10:19 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"
>> Die moordenaars van Baba Jordan het in 'n hof getuig dat, toe hulle in
>> 'n sel geboender is, die tronkbewaarder aan die ander gevangenes gesê
>> het: "Hier is die moordenaars van 'n baba." Hulle is 'n rukkie later
>> in 'n hospitaal opgeneem, vanwaar hulle beskerming teen die ander
>> gevangenis gevra het. 'n Paar maande oue baba het geen beskerming teen
>> hulle gehad nie. Ek het gelag toe ek dit gelees het.

>
> My inligting is dat die landdros beveel het dat Arthur Brown geneem moet
> word na 'n plek vir verhoorafwagtende gevangenis. Toe hulle met die trap
> afgaan uit die hofsaal uit, het die Skerpioene die instruksie aan die
> polisie gewysig: Vat hom Polsmoor toe.
>
> My jonger suster wat saammet 'n aantal oud-polisievroue by a baie bekende
> Afrikaans-/Afrikanervriendelike instelling werk, sê dat die eks polisievroue
> vertel dat dit staande gebruik is om vir die ander gevangenis te sê: Sien
> hierdie ou bietjie reg, en dat die polisie/bewaarders anderpad kyk.
>
> Hoe anders is dit moontlik dat Arthur Brown agter in 'n polisievangwa
> aangerand en verkrag kon word?

En volgens my inligting word die landros blatant geblameer.
Ek lees heelwat koerante en weet nie waarin ek dit gelees het nie.
Ek het sopas die nuutste Rapport en Daily News deurgekyk en sien dit
nie daarin nie. Dit kon ook in Beeld gewees het.

Ek onthou net 'n sinsnede wat begin het met iets soos:
'En nou het dieselfde landros wat met sy vorige verskyning...'
en dan gaan dit voort om daarop te dui dat die landros nie beskerming
wou toelaat nie en dit wel nou doen. Ek onthou ook vaagweg dat Brown
nie in die geval in die hof was nie, maar slegs deur sy
regsverteenwoordiger verteenwoordig was. En ek onthou dat die
strekking van die woorde van die beriggewer die landros beskuldig het.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117354 is 'n antwoord op boodskap #117349] Wo, 21 Mei 2008 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote
>
> En volgens my inligting word die landros blatant geblameer.
> Ek lees heelwat koerante en weet nie waarin ek dit gelees het nie.
> Ek het sopas die nuutste Rapport en Daily News deurgekyk en sien dit
> nie daarin nie. Dit kon ook in Beeld gewees het.
>
> Ek onthou net 'n sinsnede wat begin het met iets soos:
> 'En nou het dieselfde landros wat met sy vorige verskyning...'
> en dan gaan dit voort om daarop te dui dat die landros nie beskerming
> wou toelaat nie en dit wel nou doen. Ek onthou ook vaagweg dat Brown
> nie in die geval in die hof was nie, maar slegs deur sy
> regsverteenwoordiger verteenwoordig was. En ek onthou dat die
> strekking van die woorde van die beriggewer die landros beskuldig het.
>

Ek verstaan dat hy met sy hande bokant sy kop aan die bed se katel vasgeboei
is - so dat dit feitlik onmoontlik is om om te draai! - dit terwyl 'n
gewapende polisieman permanent langs die bed sit.

Hy het nog nooit 'n poging aangewend om te vlug nie! - en het nog nooit
geweldadig opgetree nie. Hom boei is een ding, maar op dié manier?
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117355 is 'n antwoord op boodskap #117354] Wo, 21 Mei 2008 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 11:02:28 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" < wrote

>> En volgens my inligting word die landros blatant geblameer.
>> Ek lees heelwat koerante en weet nie waarin ek dit gelees het nie.
>> Ek het sopas die nuutste Rapport en Daily News deurgekyk en sien dit
>> nie daarin nie. Dit kon ook in Beeld gewees het.

>> Ek onthou net 'n sinsnede wat begin het met iets soos:
>> 'En nou het dieselfde landros wat met sy vorige verskyning...'
>> en dan gaan dit voort om daarop te dui dat die landros nie beskerming
>> wou toelaat nie en dit wel nou doen. Ek onthou ook vaagweg dat Brown
>> nie in die geval in die hof was nie, maar slegs deur sy
>> regsverteenwoordiger verteenwoordig was. En ek onthou dat die
>> strekking van die woorde van die beriggewer die landros beskuldig het.

>
> Ek verstaan dat hy met sy hande bokant sy kop aan die bed se katel vasgeboei
> is - so dat dit feitlik onmoontlik is om om te draai! - dit terwyl 'n
> gewapende polisieman permanent langs die bed sit.
>
> Hy het nog nooit 'n poging aangewend om te vlug nie! - en het nog nooit
> geweldadig opgetree nie. Hom boei is een ding, maar op dié manier?

Sjoe! Ek hoop dat dit nie werklik so is nie.
Dit sou mos nie net belaglik wees nie, maar ook foltering.

Ek draai, in my slaap, seker naby aan minuutliks. Ten minste elke paar
minute. En ek kan nie op my rug slaap nie, want ek val as ek op my rug
aan die slaap raak. (Slegs mense met die ervaring sal weet waarvan ek
praat)

Om geforseer te word om so gevange gehou te word, is onmenslik.
Jy sou in die Rapport gesien het dat Aus sedert 2005 weier om aan
Suid Afrika uit te lewer omdat tronkstraf in Suid Afrika onmenslik
is.

Hier is iets om aan te dink.
Ek dink die laaste tyd aan die mense wat sê dat die Oostenryker
wat sy dogter en hul kinders vir 24 jaar gevange gehou het in 'n
kelder. En aan die mense wat sê dat hy 'n wrede monster is.
En aan die voëltjie wat langs die spreker op 'n kas staan terwyl hy
die Oostenryker 'n monster noem.
In 'n hokkie wat die voëltjie sedert geboorte nie toegelaat het om
die vlerke wat die skepper hom gegee het, vir selfs een sekonde
te gebruik nie.

Miskien moes ek dit 'n ander tema gemaak het, maar dit pas hier.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117358 is 'n antwoord op boodskap #117355] Wo, 21 Mei 2008 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
> Sjoe! Ek hoop dat dit nie werklik so is nie.
> Dit sou mos nie net belaglik wees nie, maar ook foltering.

Kom ons vra vir Ferdi om een van sy kollegas by Die Burger te stuur om self
te gaan kyk - en sommer Brown se twee broers en stiefpa daaroor uit te vra.

Hy kan hulle sommer ook vra wie betaal vir Brown se behandeling? - want dis
beslis nie die staat nie!!!

>
> Ek draai, in my slaap, seker naby aan minuutliks. Ten minste elke paar
> minute. En ek kan nie op my rug slaap nie, want ek val as ek op my rug
> aan die slaap raak. (Slegs mense met die ervaring sal weet waarvan ek
> praat)

Ek ook. As jy al 'n ribbebeen gebreek het, sal jy weet presies watse
ongemak dit vir 6 weke veroorsaak omdat jy net op di egesonde sy en miskien
op jou rug kan lê.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117360 is 'n antwoord op boodskap #117358] Wo, 21 Mei 2008 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 12:48:17 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"

>> Sjoe! Ek hoop dat dit nie werklik so is nie.
>> Dit sou mos nie net belaglik wees nie, maar ook foltering.
>
> Kom ons vra vir Ferdi om een van sy kollegas by Die Burger te stuur om self
> te gaan kyk - en sommer Brown se twee broers en stiefpa daaroor uit te vra.
>
> Hy kan hulle sommer ook vra wie betaal vir Brown se behandeling? - want dis
> beslis nie die staat nie!!!
>

>> Ek draai, in my slaap, seker naby aan minuutliks. Ten minste elke paar
>> minute. En ek kan nie op my rug slaap nie, want ek val as ek op my rug
>> aan die slaap raak. (Slegs mense met die ervaring sal weet waarvan ek
>> praat)
>
> Ek ook. As jy al 'n ribbebeen gebreek het, sal jy weet presies watse
> ongemak dit vir 6 weke veroorsaak omdat jy net op di egesonde sy en miskien
> op jou rug kan lê.

Ek glo jou:-)
Weet jy waarvan ek praat wanneer ek sê dat ek val as ek op my rug aan
die slaap raak? Ek val in 'n bodemlose put, en die spoed verdubbel by
die sekonde. Die wind fluit by my ore verby, en ek val en val. En is
wakker soos nou en skop en skop om daaruit te kom, want ek weet dat as
ek 'n liggaamsdeel beweeg sal ek wakker word. Uiteindelik slaag ek dan
om te beweeg en wakker te word. Ek sal my ribbebene oppas:-)))
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117361 is 'n antwoord op boodskap #117360] Wo, 21 Mei 2008 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 13:28:33 +0200, Dave wrote:

> On Wed, 21 May 2008 12:48:17 +0200, "Torreke"
> wrote:
>

>> "Dave"
>>> Sjoe! Ek hoop dat dit nie werklik so is nie.
>>> Dit sou mos nie net belaglik wees nie, maar ook foltering.

>> Kom ons vra vir Ferdi om een van sy kollegas by Die Burger te stuur om self
>> te gaan kyk - en sommer Brown se twee broers en stiefpa daaroor uit te vra.

>> Hy kan hulle sommer ook vra wie betaal vir Brown se behandeling? - want dis
>> beslis nie die staat nie!!!

>
>>> Ek draai, in my slaap, seker naby aan minuutliks. Ten minste elke paar
>>> minute. En ek kan nie op my rug slaap nie, want ek val as ek op my rug
>>> aan die slaap raak. (Slegs mense met die ervaring sal weet waarvan ek
>>> praat)

>> Ek ook. As jy al 'n ribbebeen gebreek het, sal jy weet presies watse
>> ongemak dit vir 6 weke veroorsaak omdat jy net op di egesonde sy en miskien
>> op jou rug kan lê.
>
>
> Ek glo jou:-)
> Weet jy waarvan ek praat wanneer ek sê dat ek val as ek op my rug aan
> die slaap raak? Ek val in 'n bodemlose put, en die spoed verdubbel by
> die sekonde. Die wind fluit by my ore verby, en ek val en val. En is
> wakker soos nou en skop en skop om daaruit te kom, want ek weet dat as
> ek 'n liggaamsdeel beweeg sal ek wakker word. Uiteindelik slaag ek dan
> om te beweeg en wakker te word. Ek sal my ribbebene oppas:-)))

Korreksie.. ek val nie in 'n bodemlose put nie, maar val deur die
ruimte. Dis nie 'n put nie, maar tussen die sterre.
Is daar enigeen hier wat dieselfde ervaring het?

Ek het nog net eenmaal iemand ontmoet wat vir my gesê het dat sy nie
op haar rug kan slaap nie, want sy val. Presies dit. Sy was 'n kliënt
van my en ons het nie veel meer daaroor gepraat nie, as my antwoord
toe ek gesê het dat ek presies weet waarvan sy praat.

Heelwaarskynlik is dit veel meer mense se ervaring maar nie iets wat
deel is van die normale daaglikse gesprek nie.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117362 is 'n antwoord op boodskap #117355] Wo, 21 Mei 2008 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> En aan die voëltjie wat langs die spreker op 'n kas staan terwyl hy
> die Oostenryker 'n monster noem.
> In 'n hokkie wat die voëltjie sedert geboorte nie toegelaat het om
> die vlerke wat die skepper hom gegee het, vir selfs een sekonde
> te gebruik nie.
>
> Miskien moes ek dit 'n ander tema gemaak het, maar dit pas hier

Hoor, hoor, Dave. Dis 'n skreiende skande hoe diere
soos slawe aangehou word. Een van die dae gaan ek
voor een van hierdie winkels in ons mall staan en uitroep
dat dié winkel 'n slawehandelaarswinkel is. Die arme
klein hondjies en katjies wat in klein spasies vertoon
word sodat mense hulle kan koop, gaan die verstand
te bowe.

Gloudina
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117365 is 'n antwoord op boodskap #117362] Wo, 21 Mei 2008 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 05:04:18 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> En aan die voëltjie wat langs die spreker op 'n kas staan terwyl hy
>> die Oostenryker 'n monster noem.
>> In 'n hokkie wat die voëltjie sedert geboorte nie toegelaat het om
>> die vlerke wat die skepper hom gegee het, vir selfs een sekonde
>> te gebruik nie.

>> Miskien moes ek dit 'n ander tema gemaak het, maar dit pas hier
>
> Hoor, hoor, Dave. Dis 'n skreiende skande hoe diere
> soos slawe aangehou word. Een van die dae gaan ek
> voor een van hierdie winkels in ons mall staan en uitroep
> dat dié winkel 'n slawehandelaarswinkel is. Die arme
> klein hondjies en katjies wat in klein spasies vertoon
> word sodat mense hulle kan koop, gaan die verstand
> te bowe.
>
> Gloudina

Ek is nie verbaas dat jy saamstem nie, Gloudina.
Ek weet egter nie of enige iemand wat so iets nie nie
self kan uitfigure nie, geraak sal wees deur dit te lees.
Mr. Jeckyll en Mr. Hyde is geen mite nie.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117374 is 'n antwoord op boodskap #117362] Do, 22 Mei 2008 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f19bed02-757b-4195-9537-5c020cc1f194@c58g2000hsc.google groups.com...

Hoor, hoor, Dave. Dis 'n skreiende skande hoe diere
soos slawe aangehou word. Een van die dae gaan ek
voor een van hierdie winkels in ons mall staan en uitroep
dat dié winkel 'n slawehandelaarswinkel is. Die arme
klein hondjies en katjies wat in klein spasies vertoon
word sodat mense hulle kan koop, gaan die verstand
te bowe.

Gloudina

Asseblief moet dit nie doen nie ... Hulle gaan aan jou aksent agterkom jy is
van Suid Afrika af en dan lees ons volgende week in die koerant van die mal
Suid-Afrikaanse vrou wat haar wangerdra het in Kanada.
Re: Waarom word geweldsmisdadigers en ander gevangenis saam aangehou? [boodskap #117376 is 'n antwoord op boodskap #117374] Do, 22 Mei 2008 07:17 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 09:00:01 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Hessie" wrote in message
> news:f19bed02-757b-4195-9537-5c020cc1f194@c58g2000hsc.google groups.com...
>
> Hoor, hoor, Dave. Dis 'n skreiende skande hoe diere
> soos slawe aangehou word. Een van die dae gaan ek
> voor een van hierdie winkels in ons mall staan en uitroep
> dat dié winkel 'n slawehandelaarswinkel is. Die arme
> klein hondjies en katjies wat in klein spasies vertoon
> word sodat mense hulle kan koop, gaan die verstand
> te bowe.
>
> Gloudina
>
> Asseblief moet dit nie doen nie ... Hulle gaan aan jou aksent agterkom jy is
> van Suid Afrika af en dan lees ons volgende week in die koerant van die mal
> Suid-Afrikaanse vrou wat haar wangerdra het in Kanada.
>

xenofobia?
Vorige onderwerp: Spesiaal vir Ferdi en die Pienk Beeld!
Volgende onderwerp: Die Army
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:03:43 MGT 2024