Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuus Lou
Skuus Lou [boodskap #11593] Vr, 28 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Lou

Ek vra om verskoning - Gloudina is reg - ek het geen reg gehad om jou te
vra hoekom jy in SA bly nie. Die feit dat haar reaksie heftig was in
vergelyking met joune (wat nie geklink het of jy jou ernstig vir my
vervies het nie) laat my wonder of sy beseg dat die gaan-of-bly 'n baie
algemene gesprekspunt in SA geword het.

Ek is uit my hart bly oor elke gekwalifiseerde persoon wat bly en probeer
om dinge te verbeter. Mag julle daarin slaag en mag julle veilig wees.

Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11602 is 'n antwoord op boodskap #11593] Sa, 29 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Stephanus Schoeman" writes: > Lou
>
> Ek vra om verskoning - Gloudina is reg - ek het geen reg gehad om jou te
> vra hoekom jy in SA bly nie.

laat my wonder of sy besef dat die gaan-of-bly 'n baie
> algemene gesprekspunt in SA geword het.

> Riana

Natuurlik besef ek dat gaan-of-bly
'n algemene gesprekspunt in SA is.
'n Kamermaat uit my studentedae se
hele familie is nou al in Noord-
Amerika (twee het gearriveer hierdie
jaar in Kanada) en die pa en ma kom
seker volgende jaar. Wat my altyd
verbaas is wie skedaddel en wie wil
bly. Die ouens wat skedaddel is mense
wat so twintig jaar gelede hulle land
tog so lief gehad het en hulle lewens
daarvoor sou afgel^e het. Nou wonder
ek: is sulke mense nou 'n aanwins
vir Kanada?

Gloudina
Re: Skuus Lou [boodskap #11604 is 'n antwoord op boodskap #11593] So, 30 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 29 Nov 1997 20:00:41 GMT, wrote:
>
>
> Natuurlik besef ek dat gaan-of-bly
> 'n algemene gesprekspunt in SA is.
> 'n Kamermaat uit my studentedae se
> hele familie is nou al in Noord-
> Amerika (twee het gearriveer hierdie
> jaar in Kanada) en die pa en ma kom
> seker volgende jaar. Wat my altyd
> verbaas is wie skedaddel en wie wil
> bly. Die ouens wat skedaddel is mense
> wat so twintig jaar gelede hulle land
> tog so lief gehad het en hulle lewens
> daarvoor sou afgel^e het. Nou wonder
> ek: is sulke mense nou 'n aanwins
> vir Kanada?
>
> Gloudina

Die mense wat 'n aanwins vir 'n land is, is seker die wie hulle koppe
neer sit en werk en 'n niche vir hulself skep in die samelewing sonder
om 'n las op die belastingbetaaler te wees nie. As 'n emmigrant myself
word ek vies om te sien hoe mense hier aankom en verwag om deur die
staat uitgehelp te word.
Wat jy impliseer in jou pos is dat mense wie patrioties gevoelens
teenoor Suid Afrika gehad het, nie 'n aanwins aan 'n ander land sal
wees nie. Dit maak mos nie saak wat hulle polieike neigings in SA was
nie, as hulle nie die wette van die nuwe land gehoorsaam is als mos
reg.
Mense wat "verkeerde" politieke neigings wat 'n bydrae lewer is mos
beter as mense met die "regte" neigings wat 'n las is. Of hoe?

Vriendelike Groete

Colin
Re: Skuus Lou [boodskap #11625 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Stephanus Schoeman wrote:
>
> Lou
>
> Ek vra om verskoning - Gloudina is reg - ek het geen reg gehad om jou te
> vra hoekom jy in SA bly nie. Die feit dat haar reaksie heftig was in
> vergelyking met joune (wat nie geklink het of jy jou ernstig vir my
> vervies het nie) laat my wonder of sy beseg dat die gaan-of-bly 'n baie
> algemene gesprekspunt in SA geword het.
>
> Ek is uit my hart bly oor elke gekwalifiseerde persoon wat bly en probeer
> om dinge te verbeter. Mag julle daarin slaag en mag julle veilig wees.
>
> Riana

Geen probleem - as my dinge dalk anders geloop het - was ek ook nou 'On
the outside looking in'.

Ek bly hier omdat dit huidiglik vir my die beste plek is om te bly - dit
is 'n besluit wat jy maak - en jy moet vorentoe kyk en die beste maak
van jou omstandighede, om te loop en om te kyk - is om in 'n soutpilaar
te verander en vas te steek. Dit is hoofsaaklik selfsugtig maar ek sal
ons natuur mis as ek moet gaan, en ons mense en ons taal en biltong en
koeksisters en melktert en skaapvleis oppie kole ens.

Die feit dat julle nog so op die groep boer is maar vir my net 'n teken
dat dinge nie so goed gaan daar in anner mans land as wat julle ons
graag wil laat glo nie. As dinge ideaal was sou julle aangepas en
geabsorbeer gewees het - maar julle probeer steeds 'n wortel hier
geplant hou. Soos die spul wat altyd maar in die ou SA gebly het met die
Engelse of Hollandse paspoort net reg vir as die popo die waaier slaan
-wat van Engeland as Home gepraat het. Nou trap ek seker op 'n paar tone
:D en praat maklik maar as jy gaan moet jy dit voluit doen - anders meot
jy bly en die bese van 'n slegte saak maak.

Cheers
Lou
Re: Skuus Lou [boodskap #11626 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:
> AM de Lange wrote in article ...
>
>> Terloops, die woord "skedaddel" is interessant. Ek
>> ken die woord ook, maar weet nie waar ek dit die
>> meeste gehoor het nie. My gewone woordeboeke
>> ken die woord ook nie.
>
> "Skedaddle" v.i. (sl.) run away, retreat hastily. (The Little Oxford
> Dictionary, sv. "skedaddle")
>
> Jy sal dit ook kry in Kritzinger & Steyn.

Liewe Leendert,

Jy is reg en ek is verkeerd. Jy is oplettend hoor.

Ek het, toe ek die woord opgesoek het, gaan soek na
"scedaddle". Ek het gedink Gloudina het die "sc"
verafrikaans na "sk". Ek sien dit kom van die Griekse
"skedannymi" wat verstrooi beteken. Nou hoef ons nie
meer net die woord "diaspora" te gebruik nie.

Beste wense
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11627 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net skryf:

> Wat my altyd
> verbaas is wie skedaddel en wie wil
> bly. Die ouens wat skedaddel is mense
> wat so twintig jaar gelede hulle land
> tog so lief gehad het en hulle lewens
> daarvoor sou afgel^e het. Nou wonder
> ek: is sulke mense nou 'n aanwins
> vir Kanada?

Liewe Gloudina,

Ek wonder party dae of jy n tydbesef het.

Dink bietjie aan die mense van twintig jaar gelede.
Baie van die ou mense is nie meer vandag met
ons nie. Baie van die mense met jong kinders is
vandag oupas en oumas. Baie van die kinders is
vandag self pappas en mammas.

Die meeste van die mense wat vandag "skedaddel",
was 20 jaar gelede jonger as 21 jaar. Hulle
"skedaddel" omdat hulle nie 'n toekoms in Suid
Afrika vir hulle kinders kan sien nie. Hulle kon in
elk geval 21 jaar gelede weens hulle ouderdom
nie 'n toekoms sien nie. As hulle jou verbaas, is dit
omdat jy nie die erns van die huidige toestand verstaan
nie.

Die toestand in die land is ernstig - veel ernstiger as
wat jy klaarblyklik vermoed. En die mense word al
hoe meer los kannonne. Selfs Mandela (so berig Rapport)
beweer glo in geslote vergaderings dat die plaaslike
misdaad en die gebrek aan buitelandse beleggings
deur voorstanders van Apartheid georganiseer word
om die land so tot 'n val te bring.

Terloops, die woord "skedaddel" is interessant. Ek
ken die woord ook, maar weet nie waar ek dit die
meeste gehoor het nie. My gewone woordeboeke
ken die woord ook nie.

Beste wense
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11628 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Die toestand in die land is ernstig - veel ernstiger as
> wat jy klaarblyklik vermoed. En die mense word al
> hoe meer los kannonne.

Yep. Witmense, gewone besigheidslui, wat diewe of motorkapers gevang het,
het al by twee geleenthede (waarvan ek verneem het) die verdagtes
doodgemartel. Onder die Nasionale regering had ons Vlakplaas. Onder die ANC
regering is die hele land 'n Vlakplaas.

> Selfs Mandela (so berig Rapport)
> beweer glo in geslote vergaderings dat die plaaslike
> misdaad en die gebrek aan buitelandse beleggings
> deur voorstanders van Apartheid georganiseer word
> om die land so tot 'n val te bring.

O ja! Wat nie 'n "legacy of apartheid" is nie, is reaksionêre elemente wat
die ANC regering wil laat faal. Nooit sal die ANC skuldig wees aan
doodgewone onbekwaamheid nie. Van 'n kwaadwillige regering is daar natuurlik
nie eens sprake nie.

'n Mens het altyd gedink die chaos en verval wat so lank al deur die regse
pers voorspel word is blote suur druiwe. Dit begin al meer lyk na politieke
en sosiale realisme. Nou hou 'n mens jou hart vas dat hul voorspellings van
rebellie en gewapende opstand wel niks meer is as suur druiwe nie. 'n Eeu
gelede was gewapende strafkommando's teen swartes 'n gereelde ding. In die
Vrystaat, Natal en Oos-Kaap gebeur nou dinge wat al baie dieselfde lyk
wanneer boere mobiliseer na nog 'n moord.

'n Mens het gedink die "africa pessimism" van die Weste is oordrewe, en dat
SA 'n uitsondering sou wees op die reël van chaotiese regering in Afrika.
Nou berig die Sunday Times van swart matriekulante in oorwegend wit skole
wat verklaar dat "dit beter was onder apartheid". Mense wat grootgeword het
in die "ungovernable" townships van die 80's voel nou minder veilig as toe.

Ek dink die tyd is naby dat mense terugverlang na 'n tyd toe dit net in
tronke was dat mense papgeslaan is. Dit sal seker die laaste "legacy of
apartheid" wees.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11629 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Terloops, die woord "skedaddel" is interessant. Ek
> ken die woord ook, maar weet nie waar ek dit die
> meeste gehoor het nie. My gewone woordeboeke
> ken die woord ook nie.

"Skedaddle" v.i. (sl.) run away, retreat hastily. (The Little Oxford
Dictionary, sv. "skedaddle")

Jy sal dit ook kry in Kritzinger & Steyn.

Groete, Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11630 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Natuurlik besef ek dat gaan-of-bly
> 'n algemene gesprekspunt in SA is.
> 'n Kamermaat uit my studentedae se
> hele familie is nou al in Noord-
> Amerika (twee het gearriveer hierdie
> jaar in Kanada) en die pa en ma kom
> seker volgende jaar. Wat my altyd
> verbaas is wie skedaddel en wie wil
> bly.

Yep. Dit het my nog altyd verbaas. Maar deesdae verbaas dit my minder.

> Die ouens wat skedaddel is mense
> wat so twintig jaar gelede hulle land
> tog so lief gehad het en hulle lewens
> daarvoor sou afgel^e het. Nou wonder
> ek: is sulke mense nou 'n aanwins
> vir Kanada?

Inderdaad. Dit is opmerklik dat heelwat van die mense wat verkas, mense is
wat nie kans sien vir die kultuurkloof tussen hulle en Afrika nie -
rassiste, met ander woorde. Maar hierdie soort is nie almal uitgesproke
"regses", soos jy beweer nie (heelwat van hulle is wel "regses"). Baie van
hulle het tevore luide anti-apartheidsgeluide gemaak.

Maar 'n groot aantal is mense wat bloot nie meer werk kan kry nie - ouens
met twee of drie grade wat al drie jaar of langer by die huis sit terwyl
vroulief die brood verdien.

Een kenmerk van die rassiste is, natuurlik, hul onvermoë om in nuanses te
dink - hulle neig om kategoriese stellings te maak presies net soos joune
hierbo waar jy sê "Die ouens Die ouens wat skedaddel is mense wat so
twintig jaar gelede hulle land tog so lief gehad het en hulle lewens
daarvoor sou afgel^e het."

Waar dit Kanada aangaan: Daardie land is natuurlik nie onbekend nie, as een
wat verloopte Nazis en soortgelykes huisves nie. Het al 'n hooggeregshofsaak
of wat gehad as gevolg daarvan, en lyk of dit tans die hoofkwartier is van
die historiese revisionisme - die spulletjie wat die historiese geldigheid
van die holocaust bevraagteken. En dan natuurlik, al daai 'Ollanners. Die
Ollanners wat Nazi-medewerkers was, en na die oorlog nie hul gemeenskap in
die oë kon kyk nie.

Nee wat, Gloudina, Kanada kan dit vat - soos jou geval illustreer.

Leendert
Re: Skuus Lou [boodskap #11637 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes: > Stephanus Schoeman wrote:

> Die feit dat julle nog so op die groep boer is maar vir my net 'n teken
> dat dinge nie so goed gaan daar in anner mans land as wat julle ons
> graag wil laat glo nie. As dinge ideaal was sou julle aangepas en
> geabsorbeer gewees het - maar julle probeer steeds 'n wortel hier
> geplant hou.
> Lou

Lou, jy is horende doof. Ek probeer
vir jou oor en oor verduidelik dat
dit nie maneskyn en rose in Kanada is
nie. Volgens vriende van my suster wat
na NZ vertrek het en nou weer terugkom,
is dit, vir hulle, ook nie maneskyn en
rose daar nie. Ons Afrikaners in ander
lande hou wortels geplant in SA omdat
dit ook aan ons behoort. Ons sal altyd
'n deel daaraan h^e.

Gloudina
Re: Skuus Lou [boodskap #11638 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article
...
>>
>> "Skedaddle" v.i. (sl.) run away, retreat hastily. (The Little Oxford
>> Dictionary, sv. "skedaddle")
>>
>> Jy sal dit ook kry in Kritzinger & Steyn.
>
> Liewe Leendert,
>
> Jy is reg en ek is verkeerd. Jy is oplettend hoor.
> Beste wense
> At de Lange
>
Mmmm... het die woord jare der jare laas gehoor. Die nuwe geslag ken dit
gladnie. gee ons dalk nou hier ouderdomme weg? :-)

So van dit gepraat. Waar is die jong klomp op die NG? Is hierdie NG net vir
'n uitgelese klompie "old timers?"

Alwyn

Alwyn
Re: Skuus Lou [boodskap #11639 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:
> Liewe Gloudina,

Selfs Mandela (so berig Rapport)
> beweer glo in geslote vergaderings dat die plaaslike
> misdaad en die gebrek aan buitelandse beleggings
> deur voorstanders van Apartheid georganiseer word
> om die land so tot 'n val te bring.

> Beste wense
> At de Lange

So, daar het jy dit. 'n Mens hoef net
lank genoeg te wag, dan sien jy die
natuur van die bees. At lees, en glo,
vir Rapport.

Gloudina
>
Re: Skuus Lou [boodskap #11640 is 'n antwoord op boodskap #11593] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die feit dat julle nog so op die groep boer is maar vir my net 'n teken
dat dinge nie so goed gaan daar in anner mans land as wat julle ons
graag wil laat glo nie. As dinge ideaal was sou julle aangepas en
geabsorbeer gewees het - maar julle probeer steeds 'n wortel hier
geplant hou. Soos die spul wat altyd maar in die ou SA gebly het met die
Engelse of Hollandse paspoort net reg vir as die popo die waaier slaan
-wat van Engeland as Home gepraat het. Nou trap ek seker op 'n paar tone
:D en praat maklik maar as jy gaan moet jy dit voluit doen - anders meot
jy bly en die bese van 'n slegte saak maak.

Cheers
Lou

Lou

Ek sal altyd 'n Suid-Afrikaner bly. Met tyd sal ek 'n Nieu-Seelandse
Suid-Afrikaner word. Al begin skree ek ook vir die All Blacks (??!!?) bly
SA my geboortegrond en terwyl ek soveel familie en geliefdes daar het, sal
die afsny nie dadelik finaal kan wees nie. En alhoewel ek die NZ ng lees,
is baie dinge nog vir my te nuut en voel ek nog te onervare om gereeld
kommentaar te lewer. Met tyd sal die skuif van belangstelling in die een
land na die ander kom. Ek besef selfs dat ek binnekort (en veral na die
volgende verkiesing) nie eers meer 'n groot deel van die SA politici se
name sal ken nie. En dis goed en reg so.

Of dit so goed is as wat wie ookal jou wil laat glo: alles het mos maar te
doen met wat vir jou as mens belangrik is. En al erken ek maklik dat daar
baie dinge is wat ek mis (veral van die Noord-Weste en Namibie) is geluk en
tevredenheid mos nou eintlik hoe 'n mens binne jou voel, en nie uitsluitlik
waar jy jou bevind nie. Maar as ek veral na die South-African ng kyk, is ek
diep dankbaar ek is nie meer in Afrika nie.

Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11645 is 'n antwoord op boodskap #11593] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Mmmm... het die woord jare der jare laas gehoor. Die nuwe >geslag ken dit
> gladnie. gee ons dalk nou hier ouderdomme weg? :-)

> So van dit gepraat. Waar is die jong klomp op die NG? Is hierdie >NG net vir
> 'n uitgelese klompie "old timers?"

> Alwyn

Nou Alwyn, wat laat jou dink ons almal is oud? Jy begeef jouself mos nou op
gevaarlike terrein.

Nee eintlik dink ek jy is reg en sal self baie graag van die jonger geslag
wil hoor. Want dit is mos nou binnekort hulle wat met die gebakte pere gaan
sit. (Nou wat ek daaraan dink: wie bak nog pere en hoe doen 'n mens dit -
is dit lekker? Hier aan die anderkant van die wêreld het ek mos nou leer
bobotie maak wat skrik vir niks, en het selfs al twee keer koeksisters
gebak!)

Van ouderdomme gepraat: sal nogal snaaks wees om op 'n dag hier op die
nuusgroep 'n foto van elkeen te sien. Wonder wie sal die grootste skrik?
Leendert, is dit jy iewers op die net? Ek het omtrent geniet om 'n gesig by
die boodskappe te kry. Maar nou het ons seker almal 'n prentjie in ons kop
van hoe ons mekaar sien. Sal dit nou nie interessant wees om mekaar te
vertel hoe ons dink elkeen lyk nie?!

Dis laat ek moet gaan slaap en op hou nonsense praat.

Wees gegroet
Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11646 is 'n antwoord op boodskap #11593] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> So van dit gepraat. Waar is die jong klomp op die NG? Is hierdie NG net vir
> 'n uitgelese klompie "old timers?"
>
> Alwyn
>
Sommige van ons hier rond is darem jonk genoeg om nie in die ou SA te kon
stem vir die regering nie, maar wel oud genoeg om in die referendum te kon
stem vir verandering :)

Nico
Re: Skuus Lou [boodskap #11647 is 'n antwoord op boodskap #11593] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf in antwoord op wat ek geskryf het:

> Selfs Mandela (so berig Rapport)
>> beweer glo in geslote vergaderings dat die plaaslike
>> misdaad en die gebrek aan buitelandse beleggings
>> deur voorstanders van Apartheid georganiseer word
>> om die land so tot 'n val te bring.

> So, daar het jy dit. 'n Mens hoef net
> lank genoeg te wag, dan sien jy die
> natuur van die bees. At lees, en glo,
> vir Rapport.

Wat jy skryf en wat Rapport skryf, maak 'n klein
bietjie uit van die baie wat ek lees. 'n Mens moet
ongelukkig baie tussen die kaf na korrels soek.

Gloudina, jy dig baie dinge aan mense toe wat nie
so is nie. Baie van ons op die NG wonder hoekom?
'n Paar mense het al reeds moontlike redes geopper.

Hier is dalk nog een. Jy is al so lank oorsee dat jy
skynbaar selfs Afrikaans nie meer begryp nie. As ek
skryf: "...(so berig Rapport) beweer glo ...", beteken
dit dat Rapport die bewering gemaak het dat .....
Dis net soos die bewering wat jy gemaak het dat ek
vir Rapport glo.

'n Bewering ("proposition") is 'n sin wat of waar of vals
is. 'n Bewering kan nooit waar en vals wees nie. Die
waarheid van 'n bewering kan nooit deur die bewering
self vasgestel word nie. Dit kan net op twee maniere
vasgestel word. Die een manier is om die bewering (of
sy teegestelde) logies af te beredeneer vanuit grond=
waarhede en redenasie reels. Jy het nog nooit so iets
op die NG gedoen nie. Die ander manier is om die bewering
empiries (feitelik) te toets. Dit het jy ook nog nooit op
die NG gedoen nie.

Aan die ander kant, om drogredenasies saam te flans,
is maklik. Dit is een van die groot tydverdrywe in die
NSA.

Beste wense
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11648 is 'n antwoord op boodskap #11593] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Lou writes: > Stephanus Schoeman wrote:
>
>> Die feit dat julle nog so op die groep boer is maar vir my net 'n teken
>> dat dinge nie so goed gaan daar in anner mans land as wat julle ons
>> graag wil laat glo nie. As dinge ideaal was sou julle aangepas en
>> geabsorbeer gewees het - maar julle probeer steeds 'n wortel hier
>> geplant hou.
>> Lou
>
>
> Lou, jy is horende doof. Ek probeer
> vir jou oor en oor verduidelik dat
> dit nie maneskyn en rose in Kanada is
> nie. Volgens vriende van my suster wat
> na NZ vertrek het en nou weer terugkom,
> is dit, vir hulle, ook nie maneskyn en
> rose daar nie. Ons Afrikaners in ander
> lande hou wortels geplant in SA omdat
> dit ook aan ons behoort. Ons sal altyd
> 'n deel daaraan h^e.
>
> Gloudina

Laat ek dit herfraseer dan. Ek was seker verkeerd met my 'as dinge
ideaal was' storie. Ek sê maar net as jy besluit om te emmigreer, dan
moet jy die nuwe land as jou eie aanvaar. Die agtertoe kykery help
niks. Die feit bly - as jy besluit om te gaan - kyk vorentoe - maak die
beste van die nuwe land - om soos die Iraeliete oor die vleispotte van
egipte te bly mor. Julle het die besluit geneem om te gaan, besluit nou
waar julle eerste prioriteite le^.

Terwyl dit nou so sleg gaan in Kana(a"n)da. Interesante paar brokkies
nuus wat ek gister en vanmore so op pad in 'n halfuur op die radio
gehoor het om jou te vertel oor hoe 'goed' dit by ons gaan:
- 65 moorde per dag. ( af met 10% - die regering glo dinge kom reg)
- 100 aangemelde verkragtings net in die wes kaap vir die laaste vier
dae!(47 op vrouens/kinders jonger as 18 jaar!)
wol uitvoere met 50% gedaal die afgelope paar jaar (kan nie presiese
jare onthou maar glo hoofsaaklik as gevolg van vee diefstalle - seker 'n
derde mag Ausies iewers doenig)
13 aanvalle waarin plaasboere vermoor is in september (alreeds twee
aanvalle - 3 moorde die maand)
70% van gewapende roof sake land nooit in die hof
40% van moord sake land nooit in 'n hof. (Ek bevraagteken die een -
klink bietjie laag)

en laastens net vir jou:
die TRC sirkus het besluit om 37 ANC leiers 'n 'blanket' amnestie toe te
ken omdat hulle kollektiewe verantwoordelikheid vir onregte aanvaar het.
(dis nou ten spyte van wat die TRC charter wat daar is om versoening en
reconcilliation te bevorder vir spesifieke misdade. Sou die spul
vlakplasers, die moordenaars van die cradock vier se sondes vergewe
gewees het as FW maar net gesê het ja ons is skuldig?)

So praat oor SA en tjommel oor die Makro prentjie van 'n Utopia. Maar
ons wat die mikro vlak moet leef elke dag - ons weet van beter.

Cheers
Lou
Re: Skuus Lou [boodskap #11649 is 'n antwoord op boodskap #11593] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
> lo...@hotmail.ding.com:

>> Gloudina:

>> Lou, jy is horende doof. Ek probeer
>> vir jou oor en oor verduidelik dat dit
>> nie maneskyn en rose in Kanada is nie.

> Laat ek dit herfraseer dan. Ek was seker verkeerd met my 'as dinge
> ideaal was' storie. Ek sê maar net as jy besluit om te emmigreer, dan
> moet jy die nuwe land as jou eie aanvaar. Die agtertoe kykery help
> niks. Die feit bly - as jy besluit om te gaan - kyk vorentoe - maak die
> beste van die nuwe land - om soos die Iraeliete oor die vleispotte van
> egipte te bly mor. Julle het die besluit geneem om te gaan, besluit nou
> waar julle eerste prioriteite le^.

Ek woon nou al meer as sestien jare lank in Alberta ('n Kanadese kolonie).
Daar was nie 'n enkele dag in daardie tyd dat ek spyt was dat ek getrek
het nie. Ek het getrek toe Suid-Afrika nog relatief beskaafd was (1981),
maar ek was ook in 'n posisie om die hedendaagse verval te voorsien. Vir
sekere mense was my houding en mening niks beter as verraad nie.

Sien, ek was een van die minder-gegoede blankes. Daar was nie veel om
te verloor deur te trek nie. Die "braaivleis, sunny skies en chevrolet"
leefwyse was nie vir my beskore nie. My toegang tot die junior raport-
ryers en die Broederbond was versper, want ek was nie 'n boetie vir wie
'n baantjie voorberei is nie.

Dit was nie politiek (direk) nie. Ek het geen haat teenoor enige groep
of persone gedra nie. Dit was bloot 'n [persoonlike] soektog na die
beste geleenthede in my lewe. Die feit dat ek byna elke jaar vir drie
maande lank my tyd in die "operasionele" gebied moes gaan mors, het ook
nie juis gehelp om my daar te hou nie.

Daarenteen is Gloudina blykbaar een van die talle "when-we's" wat 'n
mens hier raakloop. My (en die meeste Kanadese se) houding is: As dit
dan so wonderlik daar is, en dit so wreed hier is, val dan in die pad
voordat dit vol duwweltjies groei. Daar is nou maar eenmaal 'n tipe
mens wat, waar hy ookal gaan, kla. Geen plek is goed genoeg nie. Hulle
bly ook nie lank genoeg stil om te besef wat die gemene faktor is nie.

Hoekom lees ek hier ? Ek het nog baie familie en vriende in die
geknelde land. Ek sal altyd 'n Afrikaner wees, afgesien van my
burgerskap en my ander belange. Afrikaans is my moedertaal. Daai
is dinge wat niemand van my kan afneem nie, al wil hulle dit hoe
graag aan my ontken.

Ek kla nie. Ek bly in 'n wonderlike land - selfs al is dit nie die
paradys nie, en selfs al word dit soms snotvrieskoud. Ek woon in die
wonderlikste streek ter wereld; wanneer dinge daar onhoudbaar word,
sal ek graag jou Afrikanerstem hier wil hoor.

Hjalmar Gerber
_______________
Re:Skuus Lou [boodskap #11661 is 'n antwoord op boodskap #11593] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Sien, ek was een van die minder-gegoede blankes. Daar was nie veel om
te verloor deur te trek nie. Die "braaivleis, sunny skies en chevrolet"
leefwyse was nie vir my beskore nie. My toegang tot die junior raport-
ryers en die Broederbond was versper, want ek was nie 'n boetie vir wie
'n baantjie voorberei is nie.

Dit was nie politiek (direk) nie. Ek het geen haat teenoor enige groep
of persone gedra nie. Dit was bloot 'n [persoonlike] soektog na die
beste geleenthede in my lewe. Die feit dat ek byna elke jaar vir drie
maande lank my tyd in die "operasionele" gebied moes gaan mors, het ook
nie juis gehelp om my daar te hou nie.

Daarenteen is Gloudina blykbaar een van die talle "when-we's" wat 'n
mens hier raakloop. My (en die meeste Kanadese se) houding is: As dit
dan so wonderlik daar is, en dit so wreed hier is, val dan in die pad
voordat dit vol duwweltjies groei. Daar is nou maar eenmaal 'n tipe
mens wat, waar hy ookal gaan, kla. Geen plek is goed genoeg nie. Hulle
bly ook nie lank genoeg stil om te besef wat die gemene faktor is nie.

Hoekom lees ek hier ? Ek het nog baie familie en vriende in die
geknelde land. Ek sal altyd 'n Afrikaner wees, afgesien van my
burgerskap en my ander belange. Afrikaans is my moedertaal. Daai
is dinge wat niemand van my kan afneem nie, al wil hulle dit hoe
graag aan my ontken.

Ek kla nie. Ek bly in 'n wonderlike land - selfs al is dit nie die
paradys nie, en selfs al word dit soms snotvrieskoud. Ek woon in die
wonderlikste streek ter wereld; wanneer dinge daar onhoudbaar word,
sal ek graag jou Afrikanerstem hier wil hoor.

Hjalmar Gerber
_______________

Beste Hjalmar

Jou skrywe verbly my hart. Jy weet waarvan jy praat.

Ek vervies my so bloedig as enige iemand beweer dat hierdie ng
net geniet (nou nie dat mens dit elke dag geniet nie) mag word
deur Suid-Afrikaners wat nog binne Suid-Afrika is. Waar jy jou op
aarde begewe, bepaal voorwaar nie wie en wat jy is nie.

Groete
Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11662 is 'n antwoord op boodskap #11593] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) wrote:

> Ek woon nou al meer as sestien jare lank in Alberta ('n Kanadese kolonie).
> Daar was nie 'n enkele dag in daardie tyd dat ek spyt was dat ek getrek
> het nie. Ek het getrek toe Suid-Afrika nog relatief beskaafd was (1981),
> maar ek was ook in 'n posisie om die hedendaagse verval te voorsien. Vir
> sekere mense was my houding en mening niks beter as verraad nie.

Sy my nou, net mooi hoe was SA 'n beskaafde land in 1981? As I recall
het die spul skurke wat toe in bewind was die land teen daardie
stadium vir meer as dertig jaar opgeneek.

En op watter manier woons ons nou in 'n geknelde land? Is dit nou so
kak om swartmense aan bewind te he? Al wat ek nie meer kan vat nie is
die gesanik van wit Suid-Afrikaners.

Andries
Re: Skuus Lou [boodskap #11663 is 'n antwoord op boodskap #11593] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

> Gloudina, jy dig baie dinge aan mense toe wat nie
> so is nie. Baie van ons op die NG wonder hoekom?
> 'n Paar mense het al reeds moontlike redes geopper.

Dieselfde kan gesê word van jou. Verskeie
mense het al dieselfde besware oor jou
standpunte geopper. Dis alleen in jou kop
dat jy die vreeslike skoon hande, baie intellektuele
denker is.
>
> Hier is dalk nog een. Jy is al so lank oorsee dat jy
> skynbaar selfs Afrikaans nie meer begryp nie. As ek
> skryf: "...(so berig Rapport) beweer glo ...", beteken
> dit dat Rapport die bewering gemaak het dat .....
> Dis net soos die bewering wat jy gemaak het dat ek
> vir Rapport glo.

So, moet ek verstaan dat jy nie vir Rapport
glo nie? Hoekom dan vir hulle aanhaal? Is
daar nie baie meer gebalanseerde bronne
om aan te haal nie?

>
> Aan die ander kant, om drogredenasies saam te flans,
> is maklik. Dit is een van die groot tydverdrywe in die
> NSA.

Pas dus op dat jy nie self daaraan skuldig is
nie. Ek vind dit amper meer afstootlik as iemand
hom voorstel as iemand wat so gebalanseerd dink
en redeneer, maar darem maar altyd bereid is om
vir ander uit te skel, as jy van hulle verskil.
Dit is vir my 'n openbaring hoeveel (regse)
Afrikaners op hierdie nuusgroep dit nodig vind
om bytende opmerkings te maak oor mense se
voorkoms, herkoms ensovoorts. Was die deursnee
Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
lank uit die land uit?

Gloudina
Re: Re:Skuus Lou [boodskap #11664 is 'n antwoord op boodskap #11661] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Riana skryf:

> Beste Hjalmar
>
> Jou skrywe verbly my hart. Jy weet waarvan jy praat.
>
> Ek vervies my so bloedig as enige iemand beweer dat hierdie ng
> net geniet (nou nie dat mens dit elke dag geniet nie) mag word
> deur Suid-Afrikaners wat nog binne Suid-Afrika is. Waar jy jou op
> aarde begewe, bepaal voorwaar nie wie en wat jy is nie.

Liewe Riana,

Jou woorde lê baie van ons hier in Suid Afrika na
aan die hart.

Ons kan ons nooit losmaak van ons verlede nie, al
kan ons die verlede nooit weer beleef nie.

Ons het nogal behoefte aan julle geskryf vanuit die
"ver land" (soos my klein dogter sou sê). Dis interessant
dat die mense wat die meeste bygedra het tot die
gemors waarin ons ons nou bevind, tjoepstil is. Geen
boe of ba word van hulle gehoor nie. Soos die mense
op die web sê, hulle "lurk" nou kliphard.

Beste wense
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11675 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Dit is vir my 'n openbaring hoeveel (regse)
> Afrikaners op hierdie nuusgroep dit nodig vind
> om bytende opmerkings te maak oor mense se
> voorkoms, herkoms ensovoorts. Was die deursnee
> Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
> lank uit die land uit?
>
> Gloudina

Voorkoms? Iemand ooit iets oor jou voorkoms op die nuusgroep gesê?

Jy looi At laat sy oe" traan en dan vra jy uit oor katterigheid?

O ja, verduidelik vir my die begrip regse Afrikaner?

Cheers
LOU
Re: Skuus Lou [boodskap #11676 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

>
> Deur wie is die volgende geskryf?
>
> "Dis alleen in jou kop dat jy die vreeslike skoon
> hande, baie intellektuele denker is."
>
> "Ek vind dit amper meer afstootlik as iemand
> hom voorstel as iemand wat so gebalanseerd dink
> en redeneer, maar darem maar altyd bereid is om
> vir ander uit te skel, as jy van hulle verskil."
>
> Waarom moet bo aangehaaldes nie beskou word as
>
> "bytende opmerkings te maak oor mense se
> voorkoms, herkoms ensovoorts."

Maak ek enige opmerking oor jou voorkoms
of herkoms?

Die ooreenkoms tussen jou en die
> "Moeder van die nasie" is merkwaardig.

> At de Lange

Sien jy At, wat ek bedoel. Jy bewys deur
jou eie woorde dat jy nie 'n beredeneerde
intellektuele persoon is nie. Jy gebruik
emosie om mee te redeneer. Gebruik jou
Rede om mee te dink, jou emosies om mee te
voel.

Gloudina
Re: Skuus Lou [boodskap #11677 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina:

> Ek is dood-
> tevrede hier, maar dis nie alles maneskyn en
> rose nie, anders hoekom kla jy dan omtrent
> aanmekaar oor die politiek van Kanada?

Ek is 'n belastingbetaler. Ek kan kla, want ek verkies
dat my belasting in my tuisstreek aangewend word, i.p.v.
om deur "Disneyland on the Rideau" op allerlei stront
uitgemors te word.

Ek kla nie oor die streek waar ek bly nie. Ek kla oor
die feit dat ons deur 'n koloniale moondheid (Ontario)
oorheers word - en dat "Kanadese" belange eintlik
maar net Ontario (en in 'n mindere mate) Quebec se
belange is. Die res van die land kan maar gaan kak
wat hulle aanbetref. Miskien moet hulle ophou om
daardie besoedelde meerwater te drink. Dit tas hulle
breintjies aan.

Bewys: Wie het vir Sheila Copps gestem ? - en hier
sal Gloudina goed weet waarvan ek praat.

Hjalmar
________
Re: Skuus Lou [boodskap #11678 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
>> . Ek het verlede week aan my suster
>> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
>> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
>> sy graag wil wees.
>
>> Dit het uiters onveilig vir enige witmens geword om te loop
> in die gebied wat begrens word deur die volgende strate:
> Andries (wes)
> Du Toit (oos)
> Boom (noord)
> Vermeulen suid).

Dit is ongelukkig baie waar. Ek is self +/- 14:00 op 'n Maandag
vroeer hierdie jaar daar beroof (iemand by die dieretuin ontmoet).
En ek glo nie ek lyk eers na 'n toeris nie. Die ergste van alles was
dat:

> Hulle voel nie veiliger met 'n lid van die polisie in die
> omgewing nie omdat die polisie anderpad kyk wanneer
> daar geroof word.

twee konstabels aan dieselfde kant van die pad alles gesien het
wat gebeur het, maar na die tyd vir my gese het hulle dog ek en
die twee ander mans "gesels net", dit nadat hulle my hardhandig
rondgestamp en met 'n mes gedreig het.

Gelukkig is dinge ('n klein bietjie) beter hier in Kaapstad, as jy sorg
dat jy van die vlaktes af bly. Maar so dink ek is daar maar in enige
groot stad wereldwyd areas waaruit jy moet bly. Die dinge wat jy
kan oorkom en die frekwensie is dalk net 'n bietjie hoog in SA.

nico
Re: Skuus Lou [boodskap #11679 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net skryf:

>> Gloudina, jy dig baie dinge aan mense toe wat nie
>> so is nie. Baie van ons op die NG wonder hoekom?
>> 'n Paar mense het al reeds moontlike redes geopper.
>
> Dieselfde kan gesê word van jou. Verskeie
> mense het al dieselfde besware oor jou
> standpunte geopper. Dis alleen in jou kop
> dat jy die vreeslike skoon hande, baie intellektuele
> denker is.

Aha, jy wil dus, om jou definisie van 'n paar maande
gelede te gebruik, Afrikaanse tennis speel.

(Vir die wat nuut op die NG is. Afrikaanse tennis behels
twee mense wat mekaar oor en weer verguis. Die wenner
is die een wat die meeste afgebreek het. Foute (soos bal
teen net of buite baan) word begaan wanneer 'n speler juis
'n gespek volgens beskaafde norme voer.)

Ek het toe reguit vir jou geskryf dat ek nie belang stel
nie. Ek stel nog steeds nie belang nie.

>> Hier is dalk nog een. Jy is al so lank oorsee dat jy
>> skynbaar selfs Afrikaans nie meer begryp nie. As ek
>> skryf: "...(so berig Rapport) beweer glo ...", beteken
>> dit dat Rapport die bewering gemaak het dat .....
>> Dis net soos die bewering wat jy gemaak het dat ek
>> vir Rapport glo.
>
> So, moet ek verstaan dat jy nie vir Rapport
> glo nie? Hoekom dan vir hulle aanhaal? Is
> daar nie baie meer gebalanseerde bronne
> om aan te haal nie?

Asseblief, lys hierdie bronne en gee redes waarom hulle
meer gebalanseerd is.

>> Aan die ander kant, om drogredenasies saam te flans,
>> is maklik. Dit is een van die groot tydverdrywe in die
>> NSA.
>
>
> Pas dus op dat jy nie self daaraan skuldig is
> nie. Ek vind dit amper meer afstootlik as iemand
> hom voorstel as iemand wat so gebalanseerd dink
> en redeneer, maar darem maar altyd bereid is om
> vir ander uit te skel, as jy van hulle verskil.

Ek het geskryf dat ek van jou verskil en ek het my redes
gegee. Jy vind dit afstootlik en noem dit 'n geskellery.
Dit is duidelik dat ons paradigmas (uitkyke) verskil. Jy
verwag dat ek met jou moet saamspeel wanneer jy
Afrikaanse tennis speel. Vergeet dit.

> Dit is vir my 'n openbaring hoeveel (regse)
> Afrikaners op hierdie nuusgroep dit nodig vind
> om bytende opmerkings te maak oor mense se
> voorkoms, herkoms ensovoorts. Was die deursnee
> Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
> lank uit die land uit?

Deur wie is die volgende geskryf?

"Dis alleen in jou kop dat jy die vreeslike skoon
hande, baie intellektuele denker is."

"Ek vind dit amper meer afstootlik as iemand
hom voorstel as iemand wat so gebalanseerd dink
en redeneer, maar darem maar altyd bereid is om
vir ander uit te skel, as jy van hulle verskil."

Waarom moet bo aangehaaldes nie beskou word as

"bytende opmerkings te maak oor mense se
voorkoms, herkoms ensovoorts."

Om watter rede is 'n mens minder katterig as jy uit
Suid Afrika padgee?

Laat ek so 'n slag in die modder vroetel net om vir jou
te wys dat ek kan. Die ooreenkoms tussen jou en die
"Moeder van die nasie" is merkwaardig.

Beste wense
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11680 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
wrote:

> Jy sê jy het getrek toe SA nog relatief
> beskaaf was. Op daardie tydstip was daar
> 'n laegraadse burgeroorlog in die land,
> veroorsaak deur die feit dat die nie-blanke
> meerderheid geen ander manier kon sien om
> onder die juk van die blanke minderheid uit
> te kom nie.As jy SA in 1981 as beskaaf beskryf,
> skryf jy van herinneringe in die wit beskermde
> en verdedigde laer.

[Sug] Suffel beter as wat ek dit kon stel ... 8-)

> Wel, as dinge daar onhoudbaar word, sal ek optree
> soos ek goeddink. Ek het verlede week aan my suster
> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
> sy graag wil wees.

Wel, hang af waar jy "wil wees", maar dis my ervaring ook.

A
Re: Skuus Lou [boodskap #11681 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>

> Ek woon nou al meer as sestien jare lank in Alberta ('n Kanadese kolonie).
> Daar was nie 'n enkele dag in daardie tyd dat ek spyt was dat ek getrek
> het nie. Ek het getrek toe Suid-Afrika nog relatief beskaafd was (1981),
> maar ek was ook in 'n posisie om die hedendaagse verval te voorsien. Vir
> sekere mense was my houding en mening niks beter as verraad nie.

Jy sê jy het getrek toe SA nog relatief
beskaaf was. Op daardie tydstip was daar
'n laegraadse burgeroorlog in die land,
veroorsaak deur die feit dat die nie-blanke
meerderheid geen ander manier kon sien om
onder die juk van die blanke minderheid uit
te kom nie.As jy SA in 1981 as beskaaf beskryf,
skryf jy van herinneringe in die wit beskermde
en verdedigde laer.
>
> Sien, ek was een van die minder-gegoede blankes. Daar was nie veel om
> te verloor deur te trek nie. Die "braaivleis, sunny skies en chevrolet"
> leefwyse was nie vir my beskore nie. My toegang tot die junior raport-
> ryers en die Broederbond was versper, want ek was nie 'n boetie vir wie
> 'n baantjie voorberei is nie.

Goed vir jou.
>
> Dit was nie politiek (direk) nie. Ek het geen haat teenoor enige groep
> of persone gedra nie. Dit was bloot 'n [persoonlike] soektog na die
> beste geleenthede in my lewe. Die feit dat ek byna elke jaar vir drie
> maande lank my tyd in die "operasionele" gebied moes gaan mors, het ook
> nie juis gehelp om my daar te hou nie.

Jy was dus onbereid om aan die wit kant in die
burgeroorlog te veg. Ook as 'n patsy vir
Amerikaanse mag op die grense van Angola. Goed
vir jou.
>
> Daarenteen is Gloudina blykbaar een van die talle "when-we's" wat 'n
> mens hier raakloop. My (en die meeste Kanadese se) houding is: As dit
> dan so wonderlik daar is, en dit so wreed hier is, val dan in die pad
> voordat dit vol duwweltjies groei. Daar is nou maar eenmaal 'n tipe
> mens wat, waar hy ookal gaan, kla. Geen plek is goed genoeg nie. Hulle
> bly ook nie lank genoeg stil om te besef wat die gemene faktor is nie.

Ek dink jy moet nie oordeel oor hoe goed
of slegte Kanadese burger ek is nie. Ek is
al baie langer in Kanada as jy. Ek is dood-
tevrede hier, maar dis nie alles maneskyn en
rose nie, anders hoekom kla jy dan omtrent
aanmekaar oor die politiek van Kanada?
>
> Hoekom lees ek hier ? Ek het nog baie familie en vriende in die
> geknelde land. Ek sal altyd 'n Afrikaner wees, afgesien van my
> burgerskap en my ander belange. Afrikaans is my moedertaal. Daai
> is dinge wat niemand van my kan afneem nie, al wil hulle dit hoe
> graag aan my ontken.
>
> Ek kla nie. Ek bly in 'n wonderlike land - selfs al is dit nie die
> paradys nie, en selfs al word dit soms snotvrieskoud. Ek woon in die
> wonderlikste streek ter wereld; wanneer dinge daar onhoudbaar word,
> sal ek graag jou Afrikanerstem hier wil hoor.

Wel, as dinge daar onhoudbaar word, sal ek optree
soos ek goeddink. Ek het verlede week aan my suster
in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
sy graag wil wees. Die laaste keer wat ons bekommerd
was oor ons familie was in die sewentigerjare, toe
ons hoor dat die Kubane na Angola gaan. Toe het ons
aktief beplan om my ma na Kanada te bring. Op die
oomblik het ons geen sulke planne nie. Ons vriendin
wat ons onlangs besoek het, en wie se man in enige
Universiteit werk kan kry weens sy kundigheid, sê
dat hulle geen plan het om uit SA te trek nie, want
die land is te interessant vir haar op die oomblik.
So daar is nou die opinie van iemand wat daar bly,
en met wie ek kort gelede gepraat het. 'n Afrikaner,
oorspronklik van die Noordweste.

Gloudina
>
> Hjalmar Gerber
> _______________
>
Re: Skuus Lou [boodskap #11682 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net skryf:

> Wel, as dinge daar onhoudbaar word, sal ek optree
> soos ek goeddink. Ek het verlede week aan my suster
> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
> sy graag wil wees.

Hier is 'n belangrike waarskuwing. Die inligting wat
Gloudina hierbo verstrek is foutief. As jy dit nie wil
glo nie, kom toets dit proefondervindelik uit.

Dit het uiters onveilig vir enige witmens geword om te loop
in die gebied wat begrens word deur die volgende strate:
Andries (wes)
Du Toit (oos)
Boom (noord)
Vermeulen suid).
Dit behels die grootste deel (twaalf blokke) van die
noord-oostelike kwart van die middestad. Nie tientalle
nie, maar honderde witmens toeriste (buitelands sowel
as binnelanders wat nie bekend is met Pretoria nie)
word maandeliks geweldadig beroof in hierdie gebied.

Witmense wat wel in hierdie gebied moet werk, maak
seker dat hulle geen juwele soos ringe of horlosies aan
hulle dra nie, niks (handsak of snuistersak) saam met
hulle dra nie en veral nie soos 'n toeris lyk nie. Verder
loop hulle altyd in groepe van ten minste drie saam.
Hulle voel nie veiliger met 'n lid van die polisie in die
omgewing nie omdat die polisie anderpad kyk wanneer
daar geroof word.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Skuus Lou [boodskap #11683 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Dit is vir my 'n openbaring hoeveel (regse)
> Afrikaners op hierdie nuusgroep dit nodig vind
> om bytende opmerkings te maak oor mense se
> voorkoms, herkoms ensovoorts. Was die deursnee
> Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
> lank uit die land uit?
>
> Gloudina

Gloudina

Hoe is dit vir jou so maklik om te bepaal wie almal regs is. Of is almal
wat nie met jou saam stem nie, regs. Dan is ons 'n helse regse groep hier.

Wat die katterigheid aangetref, ek dink nie dit het iets met die Afrikaner
of met jou land uit te doen nie. Dis maar 'n nare karakter einskap waaraan
mense van alle taalgroepe kan lei. En wees versigtig - jy ken die deel van
die splinter en die balk in die oog.

Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11684 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Hjalmar...@UAlberta.CA:
>> Ek het getrek toe Suid-Afrika nog relatief beskaafd was (1981),
^^^^^^^^
TV, nos...@nospam.za kraai:

> Sy my nou, net mooi hoe was SA 'n beskaafde land in 1981? As I recall
> het die spul skurke wat toe in bewind was die land teen daardie
> stadium vir meer as dertig jaar opgeneek.

Duh! Dries, miskien moet jy remedi"ele leeslesse gaan neem.
Ek het gesê dat dit "RELATIEF" was - dus nie absoluut nie,
en dus in vergelyking met 'n tydbestek anders as 1981. Ja
daar was destyds 'n spul skurke aan bewind.

Hoekom dink jy het ek getrek ? Ek het ook besef dat die een spul
skurke deur 'n groter spul skurke vervang sou word - en dusver
blyk dit dat my vermoede heel goed gegrond was.

> Is dit nou so kak om swartmense aan bewind te he?

Dis nie die velkleur nie; dis die resultaat.

Verteenwoordigende demokrasie is onmoontlik in 'n multi-
kulturele staat.

Hjalmar
________
Re: Skuus Lou [boodskap #11685 is 'n antwoord op boodskap #11593] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

>>
>> Dit was nie politiek (direk) nie. Ek het geen haat teenoor enige groep
>> of persone gedra nie. Dit was bloot 'n [persoonlike] soektog na die
>> beste geleenthede in my lewe. Die feit dat ek byna elke jaar vir drie
>> maande lank my tyd in die "operasionele" gebied moes gaan mors, het ook
>> nie juis gehelp om my daar te hou nie.
>
> Jy was dus onbereid om aan die wit kant in die
> burgeroorlog te veg. Ook as 'n patsy vir
> Amerikaanse mag op die grense van Angola. Goed
> vir jou.

Umm - waar lees jy dit?

>>
> Ek het verlede week aan my suster
> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
> sy graag wil wees.

Wanneer laas was sy in Johannesburg se middestad? Wanneer laas het sy
vrou alleen 'n papwiel op die hoofweg (sê maar die N1) gehad? Ek is
elke keer bekommerd as my vrou alleen iewers heen moet ry. Klim sy
lekker gerus in haar kar op die parkeer terrein by enige winkelsentrum
as daar onbekendes rondstaan? Sal sy by haar hek inry as sy iemand
onbekends daar opmerk? Dra sy haar juwele as sy in Pretoria se middestad
rondstap? Steek sy haar handsak onder die sitplek weg as sy iewers heen
ry? Gebruik sy openbare vervoer? Het sy 'n mediese fonds wat kan betaal
as sy skielik mediese sorg nodig het?

Die 'waar sy graag wil wees' stukkie sluit natuurlik alles uit soos in
'n kontrak se fynskrif.
Re: Skuus Lou [boodskap #11688 is 'n antwoord op boodskap #11593] Sa, 06 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

>> Ek het verlede week aan my suster
>> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
>> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
>> sy graag wil wees.
>
> Hier is 'n belangrike waarskuwing. Die inligting wat
> Gloudina hierbo verstrek is foutief.

> Alles van die beste
> At de Lange

Sien, hier het ons nou vir jou in operasionele
modaal, At. Jy vertel vir almal dat wat my suster
aan my sê verkeerd is. Sy het gesê dat sy vry
rondbeweeg WAAR SY GRAAG WIL WEES. Hoe hoevaardig
kan 'n mens wees om vir almal te sê my suster lieg.
Buitendien, At, die dele wat jy aandui, was maar
altyd, selfs in die lekker ou laer, bietjie
problematies, was dit nie?

Gloudina
Re: Skuus Lou [boodskap #11689 is 'n antwoord op boodskap #11593] Sa, 06 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >

> Verteenwoordigende demokrasie is onmoontlik in 'n multi-
> kulturele staat.
>
> Hjalmar

So wat soek jy hier in Kanada, die multi-
kulturele staat par excellence, met volledige
verteenwoordigende demokrasie.

Gloudina
Re: Skuus Lou [boodskap #11690 is 'n antwoord op boodskap #11593] Sa, 06 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
> Ek is 'n belastingbetaler. Ek kan kla, want ek verkies
> dat my belasting in my tuisstreek aangewend word, i.p.v.
> om deur "Disneyland on the Rideau" op allerlei stront
> uitgemors te word.
>
> Ek kla nie oor die streek waar ek bly nie. Ek kla oor
> die feit dat ons deur 'n koloniale moondheid (Ontario)
> oorheers word - en dat "Kanadese" belange eintlik
> maar net Ontario (en in 'n mindere mate) Quebec se
> belange is.
>
> Hjalmar


Ai, Hjalmar, dit pynig my as ek sulke
minderwaardigheidsgevoelens in 'n persoon
sien. As dit nie so lagwekkend is dat iemand
Alberta sien as 'n "kolonie" van Ontario
nie.
Ek wil jou egter daaraan herinner: net soos
Quebec baie groter is (en bewoon word deur talle
First Nations) is Alberta ook 'n provinsie van
talle First Nations met hulle eie regte en agenda.
So wat julle klompie (meestal wit, meestal immigrante
in Kanada in) in die paar wit enklaves van Edmonton,
Calgary, Lethbridge ens. kwytraak, is soveel asem
mors. Jy lewe in 'n cloud-cuckooland west of the
Rockies. Dis jou First Nations provinsiale kompatriotte
wat sal determineer wat met Kanata se integriteit
gebeur. Hoekom trek jy nie na Montana of Idaho toe
nie. Ek dink jou politieke opinies sal daar meer
verwelkom word as in Kanada.

Gloudina
Re:Skuus lou [boodskap #11694 is 'n antwoord op boodskap #11593] So, 07 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
"AM de Lange" writes:

>> Ek het verlede week aan my suster
>> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
>> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
>> sy graag wil wees.
>
> Hier is 'n belangrike waarskuwing. Die inligting wat
> Gloudina hierbo verstrek is foutief.

> Alles van die beste
> At de Lange

Sien, hier het ons nou vir jou in operasionele
modaal, At. Jy vertel vir almal dat wat my suster
aan my sê verkeerd is. Sy het gesê dat sy vry
rondbeweeg WAAR SY GRAAG WIL WEES. Hoe hoevaardig
kan 'n mens wees om vir almal te sê my suster lieg.
Buitendien, At, die dele wat jy aandui, was maar
altyd, selfs in die lekker ou laer, bietjie
problematies, was dit nie?

Gloudina
------------------------------------------------------------ --
Is daar nie dalk 'n baie groot klemverskil tussen problematies en
lewensgevaarlik nie? Gloudina, wanneer laas was jou suster in die dele
waarna At verwys? Of is dit dele waar sy verkies om nie graag te wil wees
nie?

My ma bly in Somerset-Wes en haar lewe draai tussen haar blyplek in 'n
relatief veilige woongebied, die supermark, die kerk en die ACVV. Sy glo
dis veilig in SA. Vir haar hoop ek dit is.

Oral in die wêreld, veral in groot stede is daar minder veilige plekke.
Christchurch het dalk ook sulke plekke maar ek het nog nie van hulle gehoor
of gesien nie. Hier het hulle op die koerant se voorblad aangedui waar
bendehuise is. Maar nou kon ek nog nooit uitvind of die bendes hier nou die
soort bendes is wat op die Kaapse vlakte was nie.

'n Mens kan seker oral in die wêreld iets oorkom as dit jou tyd is. As dit
hier in NZ met my gebeur sal ek sekerlik die nasionale nuus haal, die
skuldige se kans om gevang en vervolg te word is ook heelwat beter as in
SA. Weereens - dood is seker dood en gevaarlik is gevaarlik - tog is daar
'n klemsverskil.

Riana
Re: Skuus Lou [boodskap #11696 is 'n antwoord op boodskap #11593] So, 07 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , writes:
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
>
>
>> Verteenwoordigende demokrasie is onmoontlik in 'n multi-
>> kulturele staat.
>>
>> Hjalmar
>
>
> So wat soek jy hier in Kanada, die multi-
> kulturele staat par excellence, met volledige
> verteenwoordigende demokrasie.
>
> Gloudina

Multikultureel? Ek hoor onlangs oor die nuus dat Kanadese met
'n moedertaal anders as Engels of Frans is maar 4% van die
bevolking van Kanada waarvan die grootste deel Chinese is. Dit
wil sê bietjie oor 'n miljoen mense het 'n moedertaal anders as
Engels of Frans. Dus is die Kanadese bevolking besonder
homogeen sou ek sê.

Groete
Stef
Re: Skuus Lou [boodskap #11707 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leendert skryf. . .

> Die enigste ding wat erger is, is om van rassisme beskuldig te word as jy
> daarop wys dat die regering swak is. Soos Regter Goldstone in die ondersoek
> na Nstebesa uitgewys het - _dit_ is rassisme.

Die ware definisie van 'n rassis:

. . . iemand wat besig om 'n argument teen 'n kommunis/linksgesinde te wen.

Die "rassis!" skelwoord is net 'n poging om jou mond te snoer wanneer jy
te na aan die waarheid kom. 'n Mens raak mettertyd bewus van al hierdie
sensortegnieke van die linksgesindes.

Hjalmar
________
Re: Skuus Lou [boodskap #11708 is 'n antwoord op boodskap #11593] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Dec 1997 16:59:56 GMT, nos...@nospam.za (Key Bored) wrote:

>

En die grondwet.

En die grondwetlike hof.

Twee goed waarvoor die vorige regering skytbang was en bereid was om
enigiets te doen om te vermy. En gedoen het.
Vorige onderwerp: Afrikaans op die ng
Volgende onderwerp: 'n Goeie Afrikaanse woord vir...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:29:02 MGT 2024