Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidlanders Media Berig
Suidlanders Media Berig [boodskap #113163] Do, 22 Februarie 2007 07:49 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
More almal

Ek sit in 'n Internet Kafee om hierdie verklaring uit te reik.

Ons standpunt:
Daar is baie onsekerheid oor Mandela se toestand. Ons het verneem dat sekere
radiostasies meld dat hy reeds dood is, terwyl ander stasies se dat hy in
Mozambiek vakansie hou en rus...

Ek het enkele oomblike voor ek hier kom tik het, van my laaste betroubare
bronne verneem dat hy reeds oorlede is. Dit bly egter u keuse of u my glo of
nie. Die media sal dit later bekendmaak. Ek wil ook se dat ek nie hierdie
storie van net een persoon af kry nie, en dat die mense wat dit aan my
bekendmaak, nie Tant Sannie en Oom Pietie is nie. Hulle is mense wat naby
aan hom is, of mense wat in sy kringe beweeg en wat nodig het om te weet.

U het gevra vir inligting, hier is wat ons het:
Ons weermag is op 24 uur bystand geplaas gisteroggend ongeveer 11uur.
Weermaglede wat op vakansie was, is teruggeroep.
Weermaglede wat vakansie geskeduleer het vir hierdie tyd, se verlof is
gekanseleer.
Zelda le Grange, wat nou skielik se dat hy in Mozambiek is, is van die
naweek af verbied om hom te sien omdat sy "toestand" dit nie toelaat nie.
Dit kom uit die mond van haar familielede.
Mandela het Vrydagaand 'n beroerte gehad en is naastenby 9pm Sondagaand
oorlede.
Zelda verlaat ook NOOIT Mandela se sy nie, hoekom is hy in Mozambiek en sy
in SA?
Hoekom is daar teenstrydige nuusberigte oor die verskillende radio stasies?

U wonder almal wie ons bronne is, en ek kan dit weens sekuriteitsredes nie
aan u bekend maak nie. Ek kan egter se, dat ons finale bevestiging gekom het
van 'n dokter wat in die mediese span was wat hom behandel het.

Ek het ook reeds gisteroggend verneem van hierdie situasie, en was nie
bereid om iets te se, totdat ons 100% seker is nie.

Ons raad:
Kry binne die volgende 5 dae u kos, brandstof en tente gereed.
Heilbron sal oop wees vir mense wat uit die stede ontruim, 4 uur nadat dit
op die SAUK uitgesaai is.
Ek se u vroegtydig, maar vra dat ontruiming na Heilbron eers geskied nadat
dit op die nuus bekend gemaak is.
Moet ook nie nou panniekerig raak nie. Wees rustig en dink nugter, mens kan
dit nie doen as jy in 'n fase van paniek is nie. Daar wprd van jou niks
moeilik of onwettig verwag nie. Beperk jou SLEGS tot ontruiming, en
oorlewing. Daardeur stel jy nie jouself of enigiemand anders bloot nie.

Ons missie:
Suidlanders is slegs daar om ons volk te beskerm sover dit menslik vir ons
moontlik is, gesien in die lig van die komende bedreiging. Ons het daarom
fasiliteite geskep waarby u kan inval wanneer die nood druk.

ALLE AKSIES BLY 100% VRYWILLIG. ALLE AKSIES BLY U EIE KEUSE. U ONTRUIM
WANNEER U WIL.

Wat van die weermag?
Die weermag word tans gebruik en gereedgemaak om die hooggeplaasdes van
ander lande te vergesel op die paaie. Hulle is nie nou vir ons 'n bedreiging
nie.

Disinformasie
Daar gaan nou baie disinformasie wees. Die regering kan nie bekostig dat die
nuus oor sy dood uitlek nie, omdat hulle :
1. Begrafnisreelings moet tref
2. Dit massa-histerie kan veroorsaak
3. reeds ontken het dat hy in die hospitaal is

Indien hulle nou hulle storie verander, sal dit vir hulle chaos veroorsaak
en sal mense hulle nie by leunaars skaar nie, maar by ons wat die waarheid
praat. Daarom sal hulle (en ons eie mense wat as agente vir hulle werk), ons
diskrediteer en julle probeer bangmaak sodat ons geloofwaardigheid skade
lei.
Ook sal julle sien dat hierdie storie nou baie vinnig gaan begin uitlek.
Daar is te veel mense by die begrafnisreelings en dies meer betrokke en
hulle gaan dit nie vir weke en weke kan stilhou nie.

Ons planne verander onder geen omstandighede nie. Ons aksies is 100% wettig.
Ons is versigtig met die uitlatings wat ons maak teenoor almal hier omdat
ons onsself en ook vir julle wil beskerm. As ons dit nie gedoen het nie, sou
ons nou in C-Max gesit het, en niemand wil leiers volg wat:

1. Hulleself nie uit moeilikheid kon hou nie en
2. Verdeeldheid bring dmv kinderlike gevegte of disinformasie nie.

Ons probeer dus om die beste te doen vir almal van ons...

Kan u ons vertrou?
As u my nie ken nie, kan ek nie verwag van u om my te vertrou nie. Ek kan
nie verwag dat u ONS vertrou nie... maar wat ek dan van u verwag, is dat u
uit die stede beweeg (WANNEER DIT OOR DIE NUUS KOM DAT HY DOOD IS), en dat u
self 'n veilige plattelandse gebied identifiseer om vir 'n week of twee te
"rus" of te "kamp".

Soos die situasie ontvou, sal u sien wat ons doen, sal u sien vir wie ons
staan, en DAN, kan u besluit of u ons vertrou of nie. Maar om in die stede
te bly (Witwatersrand gebied), is selfmoord... ek staan daai gedagte TEN
STERKSTE tee.

Eensgesindheid
Ek vra dat u nou vergeet van klein geskille. Ons het nie meer tyd nie. Die
uurglas het offisieel nou uitgehardloop. Ek vra dat mense nou nie meer hier
gesels nie, en eerder hulle tyd spandeer om die laaste paar voorbereidings
te tref. Julle kan altyd weer terugkom as julle alles gedoen het wat julle
moet, en lekker gesels, maar dis nie nou die tyd nie.

Hierdie is dus 'n laat fase noodroep en ek bid dat soveel mense moontlik sal
gehoor gee. Moet u nie steur aan snedige aanmerkings nie, moet u nie steur
aan kritiek nie, moet u nie steur aan bangmaak stories oor arrestasies nie.
En Heilbron Spar se vergaderplek VERANDER NIE.

Bedanking
Dankie aan almal wat reeds voorberei het. Dankie vir die eposte en jammer
dat ek nie almal kon antwoord nie. Ek het 1 000 ongeleeste poste waarby ek
ongelukkig nie sal kan uitkom nie.

Ek wil ook nou se, dat ek offisieel reeds onttrek het en dat daar goeie
mense regoor die land is wat hulle plase beskikbaar stel indien daar
moeilikheid in die JHB area kom.

Dus, indien u bereid is om ons te vertrou, gaan na die Heilbron SPAR nadat
sy dood op die SAUK aangekondig is.

Groete uit die platteland
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113164 is 'n antwoord op boodskap #113163] Do, 22 Februarie 2007 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Heilbron, nè.

Soe. Weet jy hoe lank vat dit met 'n baaisiekel?
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113166 is 'n antwoord op boodskap #113164] Do, 22 Februarie 2007 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" wrote in message
news:1172130801.518577.211520@a75g2000cwd.googlegroups.com.. .
> Heilbron, ne.
>
> Soe. Weet jy hoe lank vat dit met 'n baaisiekel?

Koot dan sal jy maar 'n tandem moet aanskaf en laat die vrou solank begin
trap.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113167 is 'n antwoord op boodskap #113164] Do, 22 Februarie 2007 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
O Ja

Net voordat iemand hier dink dit is ek wat alles geskryf het. NEE dit was
nie ek nie. Dit is bloot 'n stuk wat ek van die net af ge-copy en paste het.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113168 is 'n antwoord op boodskap #113167] Do, 22 Februarie 2007 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Feb 2007 11:38:43 +0200, "Riaan" wrote:

> O Ja
>
> Net voordat iemand hier dink dit is ek wat alles geskryf het. NEE dit was
> nie ek nie. Dit is bloot 'n stuk wat ek van die net af ge-copy en paste het.
>
>

LOL... dit is duidelik, Riaan.
Heelwaarskynlik slegs iemand wat 'n storie wil versprei,
(of Heilbron Spar wil adverteer:-) want sy skryfwyse is
ietwat soos 'n skoolseun wat vir die res van die bende
skryf.
Tog is dit natuurlik ook nie onmoontlik nie. Dit is net baie
amateuragtig geskryf, lees as vb. die 2de paragraaf.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113207 is 'n antwoord op boodskap #113168] So, 25 Februarie 2007 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hekt...  is tans af-lyn  hekt...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
On Feb 22, 12:02 pm, Dave wrote:
> On Thu, 22 Feb 2007 11:38:43 +0200, "Riaan" wrote:
>> O Ja
>
>> Net voordat iemand hier dink dit is ek wat alles geskryf het. NEE dit was
>> nie ek nie. Dit is bloot 'n stuk wat ek van die net af ge-copy en paste het.
>
> LOL... dit is duidelik, Riaan.
> Heelwaarskynlik slegs iemand wat 'n storie wil versprei,
> (of Heilbron Spar wil adverteer:-) want sy skryfwyse is
> ietwat soos 'n skoolseun wat vir die res van die bende
> skryf.

Dit is deur 'n vroumens geskryf. Sy het egter meer talent as meeste
NASPERS joernaliste.

> Tog is dit natuurlik ook nie onmoontlik nie. Dit is net baie
> amateuragtig geskryf, lees as vb. die 2de paragraaf.

Daar was meer as een van hierdie in omloop. Miskien was van die
boodskappe ernstig. Maar baie van die boodskappe lyk vir my maar na
disinformasie van die ander kant. Ek vat 'n raai. Die intelligensie
dienste is bewus van Gustav Muller en die DVDs wat hy begin het.
Moontlik hou hulle hom ook met inligting aan 'n lyntjie. Daardie
inligting versprei dan ook in sy netwerk. Agente van die "dienste"
klim op die bus en versprei ook boodskappe. Voila, nou het jy 'n
paniek aan die gang. Haal uit 'n lewendige Madiba en jy het hom
gediskrediteer. Maar ek stel voor die mense moet maar na die DVDs gaan
kyk en besluit of dit wat Gustav Muller meriete het of nie.
____________________
Radio Pretoria Nuuskommentaar: Woensdag 21 Februarie 2007
Wees gereed
Radio Pretoria is oor die laaste paar dae kwalik geneem, omdat die
radiostasie nie wou meedoen aan die verspreiding van gerugte oor die
siekte of selfs die dood van die oud ANC-leier, Nelson Mandela nie.
Ons wil by hierdie geleentheid, baie hard en duidelik sê dat Radio
Pretoria nie sal deelneem aan die spiraal van panieksaaiende gerugte
nie.

Indien dit wel bevestig word dat mnr Mandela siek of dood is, sal
Radio Pretoria egter nie huiwer om dit uit te saai nie. Dit sal soos
elke normale nuusgebeurtenis hanteer word.

Die rede waarom die gerugte oor mnr Mandela so vinnig versprei, is
natuurlik omdat die stories wat vertel word oor 'n sogenaamde "Nag van
die lang messe" stadigaan 'n houvas begin kry het in die blanke
gemeenskap. Te oordeel aan die duisende e-posse en selfoonboodskappe
wat die wêreld vol vlieg, het die stories waarskynlik ook al in die
swart gemeenskap inslag gevind. Veral nadat die media openlik daaroor
begin praat en radiostasies inbelprogramme begin hou het.

As iemand ooit so 'n nag beplan het, het die roekelose verspreiding
van gerugte waarskynlik in sy hand gespeel. Daarby is ons in die Boere-
Afrikaner-gemeenskap ook bekend met die fyn tegniek van agente om
mense by sogenaamde beplanningsvergaderings te betrek, net om hulle
later met 'n klag van sameswering vir hoogverraad te konfronteer. Wees
dus maar versigtig vir enige vergadering, veral met onbekendes, waar
daar sprake is van offensiewe optrede. Defensiewe optredes, of dan
selfverdediging, is egter elkeen se plig.

Die feit is dat hier elke dag in Suid-Afrika meer as 50 mense vermoor
word. Dit is 'n baie lang nag van die messe! Dit hou nou al langer as
'n dekade aan. Die verskil is net, dat die vyand nie in die straat
afhardloop met messe nie. O nee, die bendes wat snags rondsluip is tot
die tande toe met vuurwapens gewapen. Hulle roof, martel en moor sover
as wat hulle gaan.

Dit is elke ordentlike mens in hierdie land se plig om elke nag en dag
gereed te wees vir 'n aanval. Dit is in elk geval noodsaaklik om saam
met jou naaste bure of mense wat jy vertrou 'n noodplan gereed te hê.
Dit is van lewensbelang om deel te neem aan 'n behoorlike
kommunikasiestelsel, hetsy deur middel van tweerigtingradio's,
noodseine of 'n selfoonstelsel. Ter wille van jou oorlewing moet jy
gaan vir lesse in selfverdediging en huis-en-haard beveiliging.

Daarby is dit ook noodsaaklik om nie toe te gee aan regeringsdruk om
jou wapens vrywillig af te staan nie.

Ter wille van volgehoue dienslewering is dit nodig om saam in
gemeenskapsrade byeen te kom en te sorg vir krag- en watervoorsiening
vir noodgevalle.

Al hierdie dinge bepleit Radio Pretoria al die laaste dertien jaar
sonder ophou. Moet asseblief nie wag vir 'n ou man om dood te gaan
voor u paraat begin raak nie. Ons is reeds midde in 'n orgie van
georganiseerde geweld en toenemende diensverswakking. Raak betrokke,
of neem die leiding in u omgewing en sorg dat die buurt elke nag
gereed is vir die sluipende verskrikking. Dit is lankal tyd dat ons
weer ons huise en ons strate terugneem, sodat ons kinders in
veiligheid kan grootword.

Maar om paniek te saai deur die verspreiding van gerugte, sodat van
ons mense dalk onverantwoordelik optree, is nie die manier om die ding
te doen nie. Dit is nie hoe Radio Pretoria dit doen nie.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113208 is 'n antwoord op boodskap #113207] So, 25 Februarie 2007 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
NIA se Wolf-Wolf Speletjie

Hier is wat JW12 daarvan dink op KletsKerk (5e Pos van bo) :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=2383&start=15
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113209 is 'n antwoord op boodskap #113208] So, 25 Februarie 2007 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Feb 2007 11:27:32 -0800, "Jim Again..." wrote:

> NIA se Wolf-Wolf Speletjie
>
>
> Hier is wat JW12 daarvan dink op KletsKerk (5e Pos van bo) :
>
> http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=2383&start=15

Maar woorom Jim, dink jy dat ons nou sal moeite doen om na daardie gek
se snert te gaan kyk? Jy moet jou ook maar op 'n afstand hou hoor,
meng jou met die semels dan vreet die varke jou. So, gaan soek vir jou
beter speelmaatjies as hy.

Ek raai hy het die tipe goet gepos wat hy gewoonlik hier pos en jy wil
nie alleen vir hom lag nie. Nee man, ek het al na sy vieslike tale
geluister en hou my by beter geselsskap. Bly jy ook maar weg van hom.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113212 is 'n antwoord op boodskap #113209] Ma, 26 Februarie 2007 00:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 25, 10:20 pm, Dave wrote:
> On 25 Feb 2007 11:27:32 -0800, "Jim Again..." wrote:
>
>> NIA se Wolf-Wolf Speletjie
>
>> Hier is wat JW12 daarvan dink op KletsKerk (5e Pos van bo) :
>
>> http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=2383&start=15
>
> Maar woorom Jim, dink jy dat ons nou sal moeite doen om na daardie gek
> se snert te gaan kyk? Jy moet jou ook maar op 'n afstand hou hoor,
> meng jou met die semels dan vreet die varke jou. So, gaan soek vir jou
> beter speelmaatjies as hy.
>
> Ek raai hy het die tipe goet gepos wat hy gewoonlik hier pos en jy wil
> nie alleen vir hom lag nie. Nee man, ek het al na sy vieslike tale
> geluister en hou my by beter geselsskap. Bly jy ook maar weg van hom.

------------------------------------------------------------ -----------------------------------------------

Aaaaaag buzz-off, Dave-dosie van Durbs

Druk maar daardie naïewe skynheiligheid van jou diep
in jou gat op! Jy amuseer en impress niemand nie.

Duidelik is jy hier die gek wat moet poog om jou brein
en jou kolon op 'n afstand van mekaar te hou.

Dit is nou die tweede keer dat jy in jou panty kak oor
JW12 se skrywes, sonder dat jy die kapasiteit het om
sinvolle repliek te lewer, want kragwoordjies keer jou,
ha ha! - Dit maak van jóú die gek en die sot. Duidelik
is jy sensitief en liggeraak, én liberaal, nê? ...om nie
eers van "incompetent" te praat nie.

Jy is beide dié bemoeisieke semel én die dom vark wat
boonop sukkel om te spel. Wie de hel is jy dat jy enige
iemand hier gaan voorskryf wat hulle moet lees of wat
hulle nie moet lees nie. Voertzek man!

Gebruik jou "ignore poster" toolbar en hou jy eerder
net vêr verby!

Moet asb nie weer op my poste reageer nie, asshole!!
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113218 is 'n antwoord op boodskap #113163] Ma, 26 Februarie 2007 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Feb 2007 09:49:45 +0200, "Riaan" wrote:
> Ek se u vroegtydig, maar vra dat ontruiming na Heilbron eers geskied nadat
> dit op die nuus bekend gemaak is.

Dit tickle my nou al die hele naweek. So 2 miljoen mense wat voor die
Spar op Heilbron saamdrom...

Dink jy die ou gaan genoeg Coke in sy yskaste hê?
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113219 is 'n antwoord op boodskap #113218] Ma, 26 Februarie 2007 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
> On Thu, 22 Feb 2007 09:49:45 +0200, "Riaan" wrote:
>
> geskied nadat
>> dit op die nuus bekend gemaak is.
>
>
> Dit tickle my nou al die hele naweek. So 2 miljoen mense wat voor die
> Spar op Heilbron saamdrom...
>
> Dinkl jy die ou gaan genoeg Coke in sy yskaste he?

Jammer ek kon nie daar wees nie. Die slaghuis se wors was uitverkoop.
Ek het maar voor ons plaaslike Spar gaan staan. Twee tannies het vir
my geld gegee.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #113483 is 'n antwoord op boodskap #113163] Vr, 09 Maart 2007 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
english...  is tans af-lyn  english...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Junior Lid
On Feb 21, 11:49 pm, "Riaan" wrote:
> More almal
>
> Ek sit in 'n Internet Kafee om hierdie verklaring uit te reik.
>
> Ons standpunt:
> Daar is baie onsekerheid oor Mandela se toestand. Ons het verneem dat sekere
> radiostasies meld dat hy reeds dood is, terwyl ander stasies se dat hy in
> Mozambiek vakansie hou en rus...
>
> Ek het enkele oomblike voor ek hier kom tik het, van my laaste betroubare
> bronne verneem dat hy reeds oorlede is. Dit bly egter u keuse of u my glo of
> nie. Die media sal dit later bekendmaak. Ek wil ook se dat ek nie hierdie
> storie van net een persoon af kry nie, en dat die mense wat dit aan my
> bekendmaak, nie Tant Sannie en Oom Pietie is nie. Hulle is mense wat naby
> aan hom is, of mense wat in sy kringe beweeg en wat nodig het om te weet.
>
> U het gevra vir inligting, hier is wat ons het:
> Ons weermag is op 24 uur bystand geplaas gisteroggend ongeveer 11uur.
> Weermaglede wat op vakansie was, is teruggeroep.
> Weermaglede wat vakansie geskeduleer het vir hierdie tyd, se verlof is
> gekanseleer.
> Zelda le Grange, wat nou skielik se dat hy in Mozambiek is, is van die
> naweek af verbied om hom te sien omdat sy "toestand" dit nie toelaat nie.
> Dit kom uit die mond van haar familielede.
> Mandela het Vrydagaand 'n beroerte gehad en is naastenby 9pm Sondagaand
> oorlede.
> Zelda verlaat ook NOOIT Mandela se sy nie, hoekom is hy in Mozambiek en sy
> in SA?
> Hoekom is daar teenstrydige nuusberigte oor die verskillende radio stasies?
>
> U wonder almal wie ons bronne is, en ek kan dit weens sekuriteitsredes nie
> aan u bekend maak nie. Ek kan egter se, dat ons finale bevestiging gekom het
> van 'n dokter wat in die mediese span was wat hom behandel het.
>
> Ek het ook reeds gisteroggend verneem van hierdie situasie, en was nie
> bereid om iets te se, totdat ons 100% seker is nie.
>
> Ons raad:
> Kry binne die volgende 5 dae u kos, brandstof en tente gereed.
> Heilbron sal oop wees vir mense wat uit die stede ontruim, 4 uur nadat dit
> op die SAUK uitgesaai is.
> Ek se u vroegtydig, maar vra dat ontruiming na Heilbron eers geskied nadat
> dit op die nuus bekend gemaak is.
> Moet ook nie nou panniekerig raak nie. Wees rustig en dink nugter, mens kan
> dit nie doen as jy in 'n fase van paniek is nie. Daar wprd van jou niks
> moeilik of onwettig verwag nie. Beperk jou SLEGS tot ontruiming, en
> oorlewing. Daardeur stel jy nie jouself of enigiemand anders bloot nie.
>
> Ons missie:Suidlandersis slegs daar om ons volk te beskerm sover dit menslik vir ons
> moontlik is, gesien in die lig van die komende bedreiging. Ons het daarom
> fasiliteite geskep waarby u kan inval wanneer die nood druk.
>
> ALLE AKSIES BLY 100% VRYWILLIG. ALLE AKSIES BLY U EIE KEUSE. U ONTRUIM
> WANNEER U WIL.
>
> Wat van die weermag?
> Die weermag word tans gebruik en gereedgemaak om die hooggeplaasdes van
> ander lande te vergesel op die paaie. Hulle is nie nou vir ons 'n bedreiging
> nie.
>
> Disinformasie
> Daar gaan nou baie disinformasie wees. Die regering kan nie bekostig dat die
> nuus oor sy dood uitlek nie, omdat hulle :
> 1. Begrafnisreelings moet tref
> 2. Dit massa-histerie kan veroorsaak
> 3. reeds ontken het dat hy in die hospitaal is
>
> Indien hulle nou hulle storie verander, sal dit vir hulle chaos veroorsaak
> en sal mense hulle nie by leunaars skaar nie, maar by ons wat die waarheid
> praat. Daarom sal hulle (en ons eie mense wat as agente vir hulle werk), ons
> diskrediteer en julle probeer bangmaak sodat ons geloofwaardigheid skade
> lei.
> Ook sal julle sien dat hierdie storie nou baie vinnig gaan begin uitlek.
> Daar is te veel mense by die begrafnisreelings en dies meer betrokke en
> hulle gaan dit nie vir weke en weke kan stilhou nie.
>
> Ons planne verander onder geen omstandighede nie. Ons aksies is 100% wettig.
> Ons is versigtig met die uitlatings wat ons maak teenoor almal hier omdat
> ons onsself en ook vir julle wil beskerm. As ons dit nie gedoen het nie, sou
> ons nou in C-Max gesit het, en niemand wil leiers volg wat:
>
> 1. Hulleself nie uit moeilikheid kon hou nie en
> 2. Verdeeldheid bring dmv kinderlike gevegte of disinformasie nie.
>
> Ons probeer dus om die beste te doen vir almal van ons...
>
> Kan u ons vertrou?
> As u my nie ken nie, kan ek nie verwag van u om my te vertrou nie. Ek kan
> nie verwag dat u ONS vertrou nie... maar wat ek dan van u verwag, is dat u
> uit die stede beweeg (WANNEER DIT OOR DIE NUUS KOM DAT HY DOOD IS), en dat u
> self 'n veilige plattelandse gebied identifiseer om vir 'n week of twee te
> "rus" of te "kamp".
>
> Soos die situasie ontvou, sal u sien wat ons doen, sal u sien vir wie ons
> staan, en DAN, kan u besluit of u ons vertrou of nie. Maar om in die stede
> te bly (Witwatersrand gebied), is selfmoord... ek staan daai gedagte TEN
> STERKSTE tee.
>
> Eensgesindheid
> Ek vra dat u nou vergeet van klein geskille. Ons het nie meer tyd nie. Die
> uurglas het offisieel nou uitgehardloop. Ek vra dat mense nou nie meer hier
> gesels nie, en eerder hulle tyd spandeer om die laaste paar voorbereidings
> te tref. Julle kan altyd weer terugkom as julle alles gedoen het wat julle
> moet, en lekker gesels, maar dis nie nou die tyd nie.
>
> Hierdie is dus 'n laat fase noodroep en ek bid dat soveel mense moontlik sal
> gehoor gee. Moet u nie steur aan snedige aanmerkings nie, moet u nie steur
> aan kritiek nie, moet u nie steur aan bangmaak stories oor arrestasies nie.
> En Heilbron Spar se vergaderplek VERANDER NIE.
>
> Bedanking
> Dankie aan almal wat reeds voorberei het. Dankie vir die eposte en jammer
> dat ek nie almal kon antwoord nie. Ek het 1 000 ongeleeste poste waarby ek
> ongelukkig nie sal kan uitkom nie.
>
> Ek wil ook nou se, dat ek offisieel reeds onttrek het en dat daar goeie
> mense regoor die land is wat hulle plase beskikbaar stel indien daar
> moeilikheid in die JHB area kom.
>
> Dus, indien u bereid is om ons te vertrou, gaan na die Heilbron SPAR nadat
> sy dood op die SAUK aangekondig is.
>
> Groete uit die platteland

Hi,

Are there any Suidlanders in the south of Natal?
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116596 is 'n antwoord op boodskap #113167] Wo, 12 Maart 2008 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Feb 2007 11:38:43 +0200, "Riaan" wrote:

> O Ja
>
> Net voordat iemand hier dink dit is ek wat alles geskryf het. NEE dit was
> nie ek nie. Dit is bloot 'n stuk wat ek van die net af ge-copy en paste het.
>
>

Riaan, dis deur `n mal vrou geskryf met die Naam van Tania du Preez.
Sy het op Stormfront en Boere - "Hoerevryheid" onder verskeie Name
gepos waarvan die bekendste een Racheltjie de Beer was.

Ek het destyds `n stuk geskryf, "Die liewe Tania is oppad tronk toe"
of so iets en wat het toe einde laasjaar gebeur.
Haar Man word gearresteer vir die besit van `n onwettige vuurwapen en
hulle is nog besig om op hul webwerf vir hom te bedel vir sy borg toe
word haar Leier Gustav Muller ook toegesluit vir presies dieselfde
klagte maar het eenklagte bygekry, BEDROG.....

Proesnis
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116597 is 'n antwoord op boodskap #113218] Wo, 12 Maart 2008 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Daar het toe net een opgedaag, nog `n dom blond wat haar werk net so
by `n Apteek gelos en gery het.
Sy het later haar werk deur die Hof teruggekry aangesien sy gedros
het.

Ek kon ongelukkig nie daar uitkom nie, my motortjie wou dit nie oor
die berg maak met my 200 Liter drom parrifien in die kattebak
nie......

On Mon, 26 Feb 2007 10:01:55 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Thu, 22 Feb 2007 09:49:45 +0200, "Riaan" wrote:
>
> geskied nadat
>> dit op die nuus bekend gemaak is.
>
>
> Dit tickle my nou al die hele naweek. So 2 miljoen mense wat voor die
> Spar op Heilbron saamdrom...
>
> Dinkl jy die ou gaan genoeg Coke in sy yskaste he?
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116598 is 'n antwoord op boodskap #116597] Wo, 12 Maart 2008 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 12 Mar 2008 15:57:51 +0200, Frikkie Potgieter wrote:
> Riaan, dis deur `n mal vrou geskryf met die Naam van Tania du Preez.
> Sy het op Stormfront en Boere - "Hoerevryheid" onder verskeie Name
> gepos waarvan die bekendste een Racheltjie de Beer was.
>
> Ek het destyds `n stuk geskryf, "Die liewe Tania is oppad tronk toe"
> of so iets en wat het toe einde laasjaar gebeur.
> Haar Man word gearresteer vir die besit van `n onwettige vuurwapen en
> hulle is nog besig om op hul webwerf vir hom te bedel vir sy borg toe
> word haar Leier Gustav Muller ook toegesluit vir presies dieselfde
> klagte maar het eenklagte bygekry, BEDROG.....
>
> Proesnis

>> > geskied nadat
>>> dit op die nuus bekend gemaak is.
>>

>> Dit tickle my nou al die hele naweek. So 2 miljoen mense wat voor die
>> Spar op Heilbron saamdrom...

>> Dinkl jy die ou gaan genoeg Coke in sy yskaste he?

Maar jy is mos effe vertraag - ietwat meer as 'n jaar.
Glad nie goeie reklame nie.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116600 is 'n antwoord op boodskap #116598] Wo, 12 Maart 2008 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gaan nie oor reklame nie, ek kom lees nie elke dag hier nie en as ek
kom dan antwoord ek.

On Wed, 12 Mar 2008 16:08:52 +0200, Dave wrote:

> Maar jy is mos effe vertraag - ietwat meer as 'n jaar.
> Glad nie goeie reklame nie.
>
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116601 is 'n antwoord op boodskap #116600] Wo, 12 Maart 2008 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 12 Mar 2008 17:39:51 +0200, Frikkie Potgieter
wrote:

> Gaan nie oor reklame nie, ek kom lees nie elke dag hier nie en as ek
> kom dan antwoord ek.
>
>
> On Wed, 12 Mar 2008 16:08:52 +0200, Dave wrote:
>
>
>> Maar jy is mos effe vertraag - ietwat meer as 'n jaar.
>> Glad nie goeie reklame nie.



antwoord op iets wat meer as 'n jaar gelede geskryf is?
Iets wat Riaan 22 Feb 2007 geskryf het?
Wel niks verhoed jou nie natuurlik.
Top posters redeneer seker maar so.
Re: Suidlanders Media Berig [boodskap #116614 is 'n antwoord op boodskap #116601] Do, 13 Maart 2008 05:56 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:vgvft39v7u17s0t1hicgaapfn8jvqmfj4e@4ax.com...
> On Wed, 12 Mar 2008 17:39:51 +0200, Frikkie Potgieter
> wrote:

> antwoord op iets wat meer as 'n jaar gelede geskryf is?
> Iets wat Riaan 22 Feb 2007 geskryf het?
> Wel niks verhoed jou nie natuurlik.
> Top posters redeneer seker maar so.

Ek sien my naam in hierdie gesprek, maar ek het nie 'n idee wat aangaan nie.
Wat het ek te se gehad in Feb 2007 Frikkie
Vorige onderwerp: City storm damage
Volgende onderwerp: Versoek aan Sielkundige(s), Gloudina, Ferdi Greyling, Lou, ens. ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 20:03:51 MGT 2024