Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verskuilde krag/vloekwoorde
Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11617] Ma, 01 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek staan toe vanoggend weer in die ry by die Hyperama en wag my beurt af by
die kasregister. Die swart dame by die kasregister was in 'n vurige gesprek
betrokke met die sakkie pakker, so tussen die oplui aktiwiteit deur.

Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
gebruik.

Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.

"Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.

Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.

Alwyn
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11654 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
narrie narstens wrote in article
...
> "Alwyn Nel" wrote:
>
> oee, my spelling word gekritiseer. kom ek haal dan maar aan uit JOU
> glimmende prosa:
>
Verkeerd. Ek het nooit jou spelling gekritiseer nie. Ek sal ook nooit nie,
want ons almal glip so nou en dan op die keyboard. Boonop maak die nuwe
Afrikaanse spelreels voorsiening vir die geskrewe Afrikaanse taal soos die
mense dit wil skryf. Wie de hel worrie nou oor twee erre of twee esse in 'n
woord soos "interisante" ? Los die onnodige kak uit en skryf soos jy praat.
Wat anders kan dit beteken? Maar! Volgens die beste van my wete begin
mens immers 'n sin met 'n hoofletter. En jy spel 'n naam en 'n van met 'n
hoofletter. Daardie reel staan nog.

>> jy is seker maar redelik verveeld as die oorsprong van gonna en jissis
> vir jou 'n tydverdryf is. so, doen jy dit met musiek op die
> agtergrond, koop jy snacks om te eet terwyl jy dit doen, behoort jy
> aan 'n soort klub of wat?

Jy het duidelik nie gelees wat ek geskryf het nie. Sienende blind. Ja, ek
behoort aan 'n klub. Die soort wat Afikaans (met 'n hoofletter) lief het en
dit praat. Soos die meeste van die mense wat aan hierdie NG behoort. Ek
hou inderdaad van musiek, en ja: ek luister daarna terwyl ek skryf. Snacks
is boring. Dis net kompulsiewe eters (soos jy waarskynlik) wat daarin
endulge. Verder het ek gese dat ek ALLE woorde se oorsprong navors, nie net
die wat twyfelagtig blyk te wees nie.
>
>> Wat sou jy beskryf as 'n belangrike issue?
> Die onverdraagsaamheid van veral Afrikaanssprekende Christene en die
> skade wat dit al die geloof en die land aangedoen het. Byvoorbeeld..
>
Jy is bekommerd oor die houding van Christene? Hoooooo... iets kolp nie!

>>> het jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te
wys?
>
>> Ja. Soos "goeie môre" en "totsiens." Of "jy het my te veel/te min
>> kleingeld gegee." Wat sou jy voorstel moet ek nog vir haar sê? "Doen jyself
>> jou make-up of het jy 'n beutician"? of "jy het darem pragtige krul hare.
>> Van Ma of van Pa geërf"?
> Eerder dit as 'moet asseblief nie so vloek nie'. Of vra haar of sy
> weet wat gisteraand in Egoli gebeur het.
>
Jy kyk na Egoli? Kom nou. I mean really. Regtig? Ha ha ha hahahahhaha!!!!!
En jy wil hê ek moet jou ernstig opneem? Gmffff!!!!
>
>> Ek het gistraant
> fokit ou maat - al weer 'n spelfout. gisteraand met 'n d.
>
Sê wie? Smaak my jy bly so bietjie agter die tyd. ..........Ou maat.
Alwyn
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11655 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nik Smithur Warrensson  is tans af-lyn  Nik Smithur Warrensson
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
fok, maar mense wat hulself as morele regters vir die mensdom aanstel
pis my af. is dit nou die belangrikste issue waaroor jy kon praat? het
jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te wys?
of is dit sover jou kommunikasie met jou swart mede-suid-afrikaner
strek?
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11656 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Nel" writes: ui aktiwiteit deur.
>
> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
> gebruik.
>
> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>
> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>
> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>
> Alwyn

Nou hoekom begin jy nie jou sendingwerk
by al die baie witmense wat hierdie
uitdrukkings gebruik nie. Dis tog die
Afrikaanssprekendes wat hierdie woorde
op Suid-Afrikaanse bodem laat ontstaan
het (meestal woorde wat oorspronklik
van Europa af kom.) So, as jy nou net
vir witmense teregwys, dan kan dit mos
nie as rassisties gesien word nie,Daar,
is dit nou nie goeie advies nie?

Gloudina
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11657 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
narrie narstens skryf:

> fok, maar mense wat hulself as morele regters vir die mensdom aanstel
> pis my af. is dit nou die belangrikste issue waaroor jy kon praat? het
> jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te wys?
> of is dit sover jou kommunikasie met jou swart mede-suid-afrikaner
> strek?
Liewe Narrie,

Wat daarvan as mense blootweg oor die morele
aspekte van die lewe praat. Sit dit jou ook af?

Waarom gebruik mense kragwoorde? Of mag ons
nie meer sulke vrae vra nie? Is dit nie 'n soort
moraliteit om te eis dat sekere dinge nie meer
bespreek mag word nie and dat ander dinge
(soos kragwoorde) sonder bespreking gese of
geskryf kan word.

'n Moraliteit sonder samehang is immoreel.

Beste wense
At de Lange
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11658 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nik Smithur Warrensson  is tans af-lyn  Nik Smithur Warrensson
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Alwyn Nel" wrote:

> Is dit nou Narrie die nar wat nie weet dat daar hoofletters in Afrikaans
> bestaan nie?
oee, my spelling word gekritiseer. kom ek haal dan maar aan uit JOU
glimmende prosa:

Om
> die oorsprong van woorde na te vors is vir baie van ons 'n interrisante
> tydverdryf.
interessante, seker. interessante, ou grote.
jy is seker maar redelik verveeld as die oorsprong van gonna en jissis
vir jou 'n tydverdryf is. so, doen jy dit met musiek op die
agtergrond, koop jy snacks om te eet terwyl jy dit doen, behoort jy
aan 'n soort klub of wat?

> Wat sou jy beskryf as 'n belangrike issue?
Die onverdraagsaamheid van veral Afrikaanssprekende Christene en die
skade wat dit al die geloof en die land aangedoen het. Byvoorbeeld..

>> het jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te wys?

> Ja. Soos "goeie môre" en "totsiens." Of "jy het my te veel/te min
> kleingeld gegee." Wat sou jy voorstel moet ek nog vir haar sê? "Doen jyself
> jou make-up of het jy 'n beutician"? of "jy het darem pragtige krul hare.
> Van Ma of van Pa geërf"?
Eerder dit as 'moet asseblief nie so vloek nie'. Of vra haar of sy
weet wat gisteraand in Egoli gebeur het.

> Ek het gistraant
fokit ou maat - al weer 'n spelfout. gisteraand met 'n d.

vir omtrent twee ure met 'n persoon gepraat wat mens
> histories as 'n "kleurling" kon beskryf.
Baie geluk.
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11659 is 'n antwoord op boodskap #11617] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
narrie narstens wrote in article
...
>
> fok, maar mense wat hulself as morele regters vir die mensdom aanstel
> pis my af. is dit nou die belangrikste issue waaroor jy kon praat? het
> jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te wys?
> of is dit sover jou kommunikasie met jou swart mede-suid-afrikaner
> strek?
>
Is dit nou Narrie die nar wat nie weet dat daar hoofletters in Afrikaans
bestaan nie? En so min van homself dink om nie eers sy eie naam met 'n
hoofletter te skryf nie.

Ek het myself beslis nie aangestel as 'n sedebewaker of 'n morele regter
nie. Ek maak ook nie daarop aanspraak om 'n engeltjie te wees nie.
(Allermins!) Ek gebruik netnie die naam van die Here ydelik nie, en as
mense dit doen dan grief dit my. Dit is soos my ma my grootgemaak het.

As jy die idee gekry het dat ek links en regs loop en mense teregwys, het
jy die bal totaal en al misgeslaan. Ek is defenitief nie 'n Bible puncher
of 'n Jesus freak nie. Ek het bloot met die gedagte gespeel of sy besef wat
sy sê, en wat haar reaksie sou wees indien ek haar daarop sou wysmaak. Om
die oorsprong van woorde na te vors is vir baie van ons 'n interrisante
tydverdryf. Ek het bloot die oorsprong van die woorde "hene" en "gonna"
verduidelik en dit beteken nie dat ek dit nie gebruik nie. Jissis is wel
nie deel van my woordeskat nie. Ek neem aan dit is deel van joune. Gonna
sal nie deel van jou woordeskat wees nie, jy sal eerder fok gebruik.

> is dit nou die belangrikste issue waaroor jy kon praat?

Wat sou jy beskryf as 'n belangrike issue? Ek is onder die indruk dat mens
Carte Blanche op die nuusgroep het, en enige onderwerp kan bespreek. Of
moet ons nou eers jou mening kry of 'n onderwerp belangrik genoeg is om aan
te roer? Ek het al gesug oor die ewige politiek wat knaend hier opduik,
maar nognie durf waag om enige persoon daaroor aan te val nie. Snaaks
genoeg, ek kan nie dink aan 'n onderwerp wat JY al aangeroer het nie.

> het jy al ooit iets anders vir 'n kassiere gese as om haar tereg te wys?

Ja. Soos "goeie môre" en "totsiens." Of "jy het my te veel/te min
kleingeld gegee." Wat sou jy voorstel moet ek nog vir haar sê? "Doen jyself
jou make-up of het jy 'n beutician"? of "jy het darem pragtige krul hare.
Van Ma of van Pa geërf"?

> of is dit sover jou kommunikasie met jou swart mede-suid-afrikaner
> strek

Ek het gistraant vir omtrent twee ure met 'n persoon gepraat wat mens
histories as 'n "kleurling" kon beskryf. Hy was baie donker van vel en ek
het aanvanklik gedink hy is swart, totdat hy na die swartes verwys het as
"houtkoppe." Ek het amper van die kroegstoel afgeval.

Tevrede?

Alwyn
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11671 is 'n antwoord op boodskap #11617] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 12/4/97 12:17PM, in message , "AM
de Lange" wrote:

>
> Wat daarvan as mense blootweg oor die morele
> aspekte van die lewe praat. Sit dit jou ook af?
>
So van moraliteit gepraat ...

Laat dink my aan die kwessie van prostitusie. Eers was dit teen die wet. Toe
word dit "decriminalize". Nou word dit "legalize". Volgende? Een van die dae
maak hulle dit dalk verpligtend!

Groete
V.
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15616 is 'n antwoord op boodskap #11617] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
ag my magistraat man, as sy nie flippen weet wat die verdekselse
vloekwoord beteken nie, wil sy mos nie vloek nie. so hoekom wil jy
haar nou aanspreek? en as iemand wil vloek is dit mos sy of haar saak.
hoekom dink mense altyd hulle kan die morele regters van ander mense
wees, of dat hulle 'n plig het om ander mense te laat konformeer aan
hul waardestelsel? dit maak my kwaad. nee, ek lieg. sommer befok.
"Alwyn Nel" wrote:

> Ek staan toe vanoggend weer in die ry by die Hyperama en wag my beurt af by
> die kasregister. Die swart dame by die kasregister was in 'n vurige gesprek
> betrokke met die sakkie pakker, so tussen die oplui aktiwiteit deur.

> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
> gebruik.

> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.

> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.

> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.

> Alwyn
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15617 is 'n antwoord op boodskap #11617] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
ag my magistraat man, hoekom moet mense altyd hulself as morele
regters oor ander aanstel? los die vrou in vrede man, en gaan stik
self in jou sedelike hovaardigheid.
brynie...@mindless.com (Atlas`) wrote:

> On 1 Dec 1997 18:22:35 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>>
>> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
>> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
>> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
>> gebruik.
>>
>> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
>> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
>> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
>> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>>
>> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
>> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
>> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>>
>> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
>> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
>> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>>
>> Alwyn

> As sy regtig nie besef dat die woorde wat sy gebruik eintlik verband
> hou met iets anders nie, dan is dit mos in die eerste plek tegnies
> gesproke nie vloekwoorde nie... 'n Vloekwoord word mos met opset
> ge-uiter. Of "hene" regtigwaar na God verwys hang seker van die
> individu af. My punt is net dat indien EK dit nie so sien en gebruik
> nie, kan dit onmoontlik nie as vloekwoorde of verkeerd gesien word
> nie. Dis alles relatief en gebaseer op opinie.

> Ek is egter seker dat die vrou by die kasregister tog weet waarna
> "jissis" verwys.

> Groete

> Atlas`
> ============================================
> Please remove NOSPAM in front of @ to reply
> Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15618 is 'n antwoord op boodskap #11617] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
fok maar mense wat hulself as morele regters oor ander aanstel werk op
my senuwees. los die vrou uit man, en gaan stik eerder in jou eie
sedelike hovaardigheid as dit jou plesier gee.
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15619 is 'n antwoord op boodskap #11617] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
fok maar mense wat hulself as morele regters oor ander aanstel werk op
my senuwees. gaan stik in jou eie sedelike hovaardigheid en los die
arme vrou uit, man.
brynie...@mindless.com (Atlas`) wrote:

> On 1 Dec 1997 18:22:35 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>>
>> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
>> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
>> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
>> gebruik.
>>
>> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
>> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
>> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
>> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>>
>> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
>> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
>> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>>
>> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
>> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
>> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>>
>> Alwyn

> As sy regtig nie besef dat die woorde wat sy gebruik eintlik verband
> hou met iets anders nie, dan is dit mos in die eerste plek tegnies
> gesproke nie vloekwoorde nie... 'n Vloekwoord word mos met opset
> ge-uiter. Of "hene" regtigwaar na God verwys hang seker van die
> individu af. My punt is net dat indien EK dit nie so sien en gebruik
> nie, kan dit onmoontlik nie as vloekwoorde of verkeerd gesien word
> nie. Dis alles relatief en gebaseer op opinie.

> Ek is egter seker dat die vrou by die kasregister tog weet waarna
> "jissis" verwys.

> Groete

> Atlas`
> ============================================
> Please remove NOSPAM in front of @ to reply
> Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Vir EKKE RE: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15683 is 'n antwoord op boodskap #11617] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SAKKIE COETZEE  is tans af-lyn  SAKKIE COETZEE
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
ekke wrote in article ...
> fok maar mense wat hulself as morele regters oor ander aanstel werk op
> my senuwees. los die vrou uit man, en gaan stik eerder in jou eie
> sedelike hovaardigheid as dit jou plesier gee.
>
>
Duidelik stuur Ekke af op die N.S.A. se vryheid van spraak ens. ens. en
graag sal ek 'n intellegente gesprek wil voer oor die onderwerp, maar
siende dat EKKE duidelik net half toegerus is vir 'n intellegente woorde
wisseling, hou ek maar my opinie vir myself en my tienderjarige kinders weg
van invloede soos die.

Sakkie
Vir EKKE...Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15706 is 'n antwoord op boodskap #11617] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SAKKIE COETZEE  is tans af-lyn  SAKKIE COETZEE
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
ekke wrote in article ...
> fok maar mense wat hulself as morele regters oor ander aanstel werk op
> my senuwees. los die vrou uit man, en gaan stik eerder in jou eie
> sedelike hovaardigheid as dit jou plesier gee.
>
>
Duidelik stuur Ekke af op die N.S.A. se vryheid van spraak ens. ens. en
graag sal ek 'n intellegente gesprek wil voer oor die onderwerp, maar
siende dat EKKE duidelik net half toegerus is vir 'n intellegente woorde
wisseling, hou ek maar my opinie vir myself en my tienderjarige kinders weg
van invloede soos die.

Sakkie
Re: Vir EKKE RE: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #15751 is 'n antwoord op boodskap #15683] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
EK STEM SAAM MET JOU.

SAKKIE COETZEE wrote in message
...
> ekke wrote in article ...
>> fok maar mense wat hulself as morele regters oor ander aanstel werk op
>> my senuwees. los die vrou uit man, en gaan stik eerder in jou eie
>> sedelike hovaardigheid as dit jou plesier gee.
>>
>>
> Duidelik stuur Ekke af op die N.S.A. se vryheid van spraak ens. ens. en
> graag sal ek 'n intellegente gesprek wil voer oor die onderwerp, maar
> siende dat EKKE duidelik net half toegerus is vir 'n intellegente woorde
> wisseling, hou ek maar my opinie vir myself en my tienderjarige kinders weg
> van invloede soos die.
>
> Sakkie
>
Vorige onderwerp: Ginger Spice girl
Volgende onderwerp: "ZA" of "SA"?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 22:25:01 MGT 2024