Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Data oor krag-krisis
Data oor krag-krisis [boodskap #116112] Wo, 30 Januarie 2008 10:45 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Albei uit Beeld van vanoggend:

-------------------------

Defekte kos Eskom in 2 dae 15,7% kragvermoë
30/01/2008 01:41 - (SA)

Jan de Lange
Defekte in elektrisiteitsturbines het die afgelope twee dae 'n verlies
van 6 185 MW of 15,7% van Eskom se totale opwekkingsvermoë veroorsaak.

Sulke defekte het in dié tyd by 11 van Eskom se 13
steenkoolkragsentrales ontstaan volgens vertroulike daaglikse verslae
oor toestande by kragsentrales wat Sake24 te siene gekry het.

Die verslae is 'n kommerwekkende aanduiding van die ouderdom van
kragsentrales, swak instandhoudingswerk en 'n tekort aan onderdele.

Turbines wat gebreek en heeltemal gaan staan het, het eergister 'n
verlies van 4 235 MW op die netwerk veroorsaak en gister 3 491 MW.
Turbines wat nie volgens hul vermoë krag opwek nie, hoofsaaklik weens
steenkoolprobleme, het nog 2 694 MW laat verlore gaan.

Dis uit die verslae duidelik dat die Arnot-kragsentrale by Middelburg
en die Duvha-kragsentrale naby Witbank feitlik geen steenkool het nie
of met nat steenkool gevoer word.

'n Turbine by Matla, wat 575 MW opwek, is reeds in Desember in 'n
brand beskadig en sal tot laat in Februarie buite werking wees.

Gister was agt turbines buite werking.

Die defekte in die reusagtige masjiene is stoomlekkasies by Hendrina
en Camden en verstopte asdeure by Majuba naby Standerton. Nog 'n
eenheid by Majuba is weens oonddruk-probleme tot stilstand gebring en
'n kortsluiting het by Kriel ontstaan nadat 'n transformator gebreek
het.

Dis meestal defekte wat aan instandhoudingsprobleme toegeskryf kan
word.

Nog twee turbines by Majuba, een van die land se twee grootste
kragsentrales, werk onder hul vermoë as gevolg van ander tegniese
probleme.

Mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof van Eskom, het gister in antwoord
op vrae hieroor gesê Eskom is ná die elektrisiteitskrisis van die
afgelope twee weke deur die regering opdrag gegee “om die
instandhoudingswerk baie ernstig te doen”. “Ons sal meer op
instandhouding fokus, want die toerusting is oud en word nou harder
gedryf as voorheen. Dié gebreke strook met die gebruikstendens dat ons
die toerusting harder laat werk,” het hy gesê.

Turbines met 'n opwekkingsvermoë van nog 3 715 MW werk nie omdat
beplande instandhoudingswerk, inspeksies en opgraderingswerk daaraan
gedoen word.

Dit beteken dat Eskom op die oomblik sonder 25,2% van sy
opwekkingsvermoë moet klaarkom.

Voordat tien jaar gelede met intensiewe herstrukturering by Eskom
begin is, het elke kragsentrale genoeg onderdele op die perseel gehou
om minstens een volledige eenheid bestaande uit 'n stoomketel en 'n
opwekkingsturbine heeltemal te kon herbou. Die stoorkamers met die
onderdele is egter tot niet gemaak.

Die instandhoudingspersoneel is meestal afgedank en die funksie van
onderhoud is heeltemal gesentraliseer. Instandhouding word sedertdien
deur Rutek, 'n tegniese filiaal van Eskom in Pretoria, en twee Duitse
maatskappye behartig.

Die lewering van steenkool is in die naweek indringend ondersoek deur
'n taakgroep bestaande uit Eskom-verteenwoordigers en
steenkoolprodusente.

“Daar is probleme met die lewering van steenkool, die gehalte van die
steenkool wat gelewer word en die hantering daarvan, want dit blyk die
steenkool word nat,” het Maroga gesê.

------------------------------

Rubriek deur die ekonoom Mike Schüssler

26%-kragdonkerte 'n riller
30/01/2008 02:44 - (SA)

Baie mense verstaan nie die kragkrisis, wat 'n lang aanloop het, nie.
Terwyl die sondaars gesoek word, bly die feite oor die hoeveelheid
elektrisiteit waarsonder Suid-Afrikaners moet klaarkom en die duur van
dié ernstige krisis duister.

Kragonderbrekings het gewissel van 10% in die week van 14 Januarie tot
sowat 26% verlede Maandag. Die krisis is nie bloot die gevolg van 'n
gebrek aan belegging aan die aanbodkant nie, maar swak instandhouding
en steenkooltekorte het ook 'n beduidende impak.

Sommige van die heersende tekorte behoort binne die volgende paar
maande opgelos te word en al kan die land sonder veel ontwrigting op
'n 10%-kragtekort oorleef, sal 'n tekort van 26% katastrofies vir die
ekonomie wees.

'n Verdere probleem is dat die voortgesette groei in kragtoevoer
beperk sal wees en dit beteken dat ekonomiese groei daarom ook aan
bande gelê gaan word.

Elektrisiteitsvoorsiening en groei

Elektrisiteitsvoorsiening en ekonomiese groei is gekoppel. In die
moderne ekonomie is elektrisiteit die lewensbloed van die formele
sektor se ekonomiese bedrywighede – baie maatskappye kan nie
daarsonder klaarkom nie. Wanneer elektrisiteitsvoorsiening
onbetroubaar is, moet maatskappye ander planne beraam om hul goedere
of dienste te lewer. Sommige maatskappye kan dié skuif maak sonder
veel ontwrigting, maar ander se hande is afgekap, want só 'n
verandering sal nóg elektrisiteit verg.

Suid-Afrika – soos die meegaande tabel verduidelik – het
kragdoeltreffender per eenheid groei in bruto binnelandse produk (BBP)
geword namate die land wegbeweeg het van die mynbou en swaar
nywerhede. Sedert 2000 het Suid-Afrika se elektrisiteitsverbruik met
net 0,8 eenhede per eenheid BBP-groei gegroei . In die 1960's was dit
sowat 1,5 eenhede per eenheid BBP-groei.

Sommige sektore, soos die mynbou, het nou 'n groter behoefte aan
elektrisiteit, al het mynboubedrywighede die afgelope 8 jaar met sowat
1% gedaal. Kraggebruik deur die mynbousektor het sedert 1996 met
altesame 4% toegeneem, volgens Eskom se jaarverslae. Die meegaande
grafieke toon dat die mynbou aanvanklik 19% van Eskom se verkope
verteenwoordig het, maar dat dit verlede jaar afgeneem het tot 15%.
Die tweede tabel hierbo toon groei op 'n jaargrondslag van 0,4% sedert
1996.

Vervoersektor verbruik minder

Die vervoersektor se aandeel van kraggebruik het gekrimp deels omdat
wegbeweeg is van spoorvervoer, wat deur elektrisiteit aangedryf word,
na padvervoer, wat deur diesel aangedryf word.

Die grootste groei was in die kommersiële kategorie omdat sommige
ondernemings wegbeweeg het van munisipaliteite om hul krag só
goedkoper te bekom. Kragvoorsiening aan die kommersiële sektor het met
25% gegroei.

Die naasvinnigste groei was in die internasionale kategorie wat met
10,7% per jaar toegeneem het. Elektrisiteitsvoorsiening aan die
buiteland het sy aandeel van die totaal verdubbel van 3% tot 6% en
veral sedert 2000 het verkope-groei in dié kategorie versnel.
Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van elektrisiteit volgens syfers
wat maandeliks deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) uitgereik word.

Huishoudelike kraggebruikers is die kategorie wat die derde vinnigste
gegroei het met 6,7% per jaar die afgelope 11 jaar. Dit is vanweë die
sukses met die voorsiening van krag aan armer gebiede en die snelle
bouwerk deur die private sektor én die staat. Dié groei loop ook ten
nouste saam met huishoudelike be­steding aan duursame en semi-duursame
goedere.

Al lyk dit of huishoudelike besteding en kragvoorsiening gekoppel is,
het dit die afgelope jare geblyk dat huishoudelike be­steding vinniger
gegroei het as kragvoorsiening. Die voorsieningsprobleme kan deels
teruggelei word na die tekorte in die Wes-Kaap laat in 2005 en vroeg
in 2006. Volgens die SSA het die Wes-Kaapse ekonomie steeds in 2006
met 5,9% gegroei ten spyte van die kragtekort.

Die kragvoorsiening wat nie beskikbaar is nie – nou tussen 10% en soms
selfs 26% – is veel hoër as die 2% tot 5% destyds in die Wes-Kaap.

Die prys van krag per kategorie

Een van die vreemdste aspekte van dié krisis is dat die minister van
openbare ondernemings ons vertel dat Suid-Afrika 'n netto invoerder
van elektrisiteit is, terwyl die land volgens die SSA 'n netto
uitvoerder daarvan is.

'n Nadere ondersoek ontbloot dalk die rede vir die minister se
verduideliking. Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van krag omdat ons
dit aan ander lande verkoop teen veel goedkoper as aan ons eie
burgers.

In Eskom se jaarverslae sedert 1996 is die prys per kilowatt-uur van
ons internasionale verkope deurlopend laer as die gemiddelde vir
Suid-Afrikaanse verbruikers. Selfs die goedkoopste elektrisiteit wat
Eskom aan Suid-Afrika se groot nywerhede verkoop, is meer as 'n derde
duurder as die prys wat ons buurlande daarvoor betaal (kyk na die
tabel hieronder).

Dit kom prakties neer op 'n subsidie aan ons buurlande, waardeur hulle
goedkoper krag kry as wat aan Suid-Afrika se groot kragkopers gelewer
word.

Verder is die jaarlikse prysverhoging aan huishoudelike gebruikers die
afgelope 11 jaar sowat 7,2% en is dit dus ver bo die inflasieteiken.

Die prys van uitgevoerde krag is met net 4,6% per jaar verhoog, terwyl
die totale jaarlikse prysverhoging vir kragkopers in die algemeen net
4,4% was. Huishoudelike kraggebruikers – wat reeds die meeste betaal –
se prysverhogings is ook die strafste. Groter inflasiedruk word dus op
Suid-Afrikaanse huishoudings geplaas as op ons buurlande.

Dit is seker ook nie die einde daarvan nie, want Eskom beplan
gemiddelde prysverhogings van byna 20% per jaar.

Die vraag is nou of Eskom ook die prys van uitgevoerde elektrisiteit
soveel gaan verhoog en of Suid-Afrikaners sal aanhou om die koste van
die uitbreidings – wat ook tot die buurlande se voordeel strek – te
dra.

Op inflasie sal die impak van 'n 20%-toename in kragpryse regstreeks
sowat 0,8 persentasiepunt wees. Dit sal die VPIX jare lank buite die
teikenband hou en die onregstreekse uitwerking kan dié 0,8
persentasiepunt selfs verdubbel.

) Schüssler is 'n ekonoom van T-Sec en ­Sake24 se Ekonoom van die Jaar
in 2005.
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116114 is 'n antwoord op boodskap #116112] Wo, 30 Januarie 2008 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" < wrote

> Dit kom prakties neer op 'n subsidie aan ons buurlande, waardeur hulle
> goedkoper krag kry as wat aan Suid-Afrika se groot kragkopers gelewer
> word.
>
> Verder is die jaarlikse prysverhoging aan huishoudelike gebruikers die
> afgelope 11 jaar sowat 7,2% en is dit dus ver bo die inflasieteiken.
>
> Die prys van uitgevoerde krag is met net 4,6% per jaar verhoog, terwyl
> die totale jaarlikse prysverhoging vir kragkopers in die algemeen net
> 4,4% was. Huishoudelike kraggebruikers - wat reeds die meeste betaal -
> se prysverhogings is ook die strafste. Groter inflasiedruk word dus op
> Suid-Afrikaanse huishoudings geplaas as op ons buurlande.
>
> Dit is seker ook nie die einde daarvan nie, want Eskom beplan
> gemiddelde prysverhogings van byna 20% per jaar.
>
> Die vraag is nou of Eskom ook die prys van uitgevoerde elektrisiteit
> soveel gaan verhoog en of Suid-Afrikaners sal aanhou om die koste van
> die uitbreidings - wat ook tot die buurlande se voordeel strek - te
> dra.
>
> Op inflasie sal die impak van 'n 20%-toename in kragpryse regstreeks
> sowat 0,8 persentasiepunt wees. Dit sal die VPIX jare lank buite die
> teikenband hou en die onregstreekse uitwerking kan dié 0,8
> persentasiepunt selfs verdubbel.
>
> ) Schüssler is 'n ekonoom van T-Sec en ­Sake24 se Ekonoom van die Jaar
> in 2005.

Dus: die gewone SA huishoudelike kraggebruikers betaal vir o.a. Bob Mugabe
se boggerops!
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116120 is 'n antwoord op boodskap #116114] Wo, 30 Januarie 2008 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:GaWdnU4M-ZWQxj3anZ2dnUVZ8tmhnZ2d@saix.net...
>
> "Ferdi" < wrote
>
>> Dit kom prakties neer op 'n subsidie aan ons buurlande, waardeur hulle
>> goedkoper krag kry as wat aan Suid-Afrika se groot kragkopers gelewer
>> word.

----Jy moet net een ding onthou, Eskom is die ene wat die bemarking gedoen
het in die 'ou' dae en wat gereken het dit het die kapasiteit om die hele
Suider-Afrika van krag te voorsien. Namibië het geval vir die grappie en
'n kraglyn is gebou SA toe sodat die twee lande gekoppel kan raak. Dis mos
vir ons 'n maklike situasie. Hoekom moet albei lande miljarde uitgee op
kragstasies as SA dit alles kan doen? Ek meen, julle het iets soos
50miljoen siele teenoor ons 2 miljoentjies. Verder is dit uitstekende
besigheid vir Escom.
Ongelukkig ot ekom die nuwe manne aan bewind, regstellende aksie floreer
en die mense met die ervaring om die hele Escom-sisteem aan die werk te hou,
is nie meer daar nie. Die mense wat hulle vervang het, is duidelik
'clueless' en nou val die hele spul plat. Ons sisteem saam met julle
s'n....maar darem nie heeltemal nie, ons het nie alles vernietig en net op
SA staatgemaak nie en kan heel vinnig en met afskaling van mynerasies se
24-uur krag, kan ons deurkom sonder veel drama, MAAR Escom is nie so angstig
om Nam geheel af te sluit nie, want dis een van sy beste kontant inkomstes!
Dink net, ons regerin gbetaal van regering oorhoofs na Escom toe, terwyl
hoeveel van julle miljoene mense betaal nie eers vir hulle krag nie? Dit
maak nogal ekonomiese sin op so 'n aweregse manier!
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116125 is 'n antwoord op boodskap #116120] Wo, 30 Januarie 2008 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Jan, 14:59, "Suidwester" wrote:
> Dink net, ons regerin gbetaal van regering oorhoofs na Escom toe, terwyl
> hoeveel van julle miljoene mense betaal nie eers vir hulle krag nie? Dit
> maak nogal ekonomiese sin op so 'n aweregse manier!

Die Namibiese regering is ook nie so kak soos baie Suidwesters soms
beweer nie né?
Ten minste is hulle goeie bure. Mens kan dit nie van sommige van die
ander bure sê ne.
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116126 is 'n antwoord op boodskap #116125] Wo, 30 Januarie 2008 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi het uit Beeld aangehaal...

"Baie mense verstaan nie die kragkrisis, wat 'n lang aanloop het,
nie. Terwyl die sondaars gesoek word, bly die feite oor die hoe-
veelheid elektrisiteit waarsonder Suid-Afrikaners moet klaarkom
en die duur van dié ernstige krisis duister."

Die "sondaars gesoek word"...? ...gesoek...?!

Daar is absoluut niks "duister" (behalwe vir die ligte wat af is...)
rakende die "feite" (...die ware oorsake) van die kragtekort nie...

Die werklike rede daaragter kan egter maklik en akkuraat met
een woord opgesom word :

"KAFFERS"


Jim
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116128 is 'n antwoord op boodskap #116112] Wo, 30 Januarie 2008 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek verstaan die onderbrekings is as gevolg van i skroef wat los is of was.

Is daar i skroef los in i kragstasie of in die kabinet...?

Aartsbiskop van Kantelberg.
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116129 is 'n antwoord op boodskap #116125] Do, 31 Januarie 2008 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:87a6a360-090e-4985-8744-2854eb47f42a@c23g2000hsa.google groups.com...
On 30 Jan, 14:59, "Suidwester" wrote:
> Dink net, ons regerin gbetaal van regering oorhoofs na Escom toe, terwyl
> hoeveel van julle miljoene mense betaal nie eers vir hulle krag nie? Dit
> maak nogal ekonomiese sin op so 'n aweregse manier!

Die Namibiese regering is ook nie so kak soos baie Suidwesters soms
beweer nie nê?
----Geandiglik is ons mensegetalle te klein dat dit nog moontlik is om met
moord weg te kom agv swak bestuur.

Ten minste is hulle goeie bure. Mens kan dit nie van sommige van die
ander bure sê ne.
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116131 is 'n antwoord op boodskap #116126] Do, 31 Januarie 2008 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." < wrote

Die werklike rede daaragter kan egter maklik en akkuraat met
een woord opgesom word :

"KAFFERS"

Jy's reg wanneer jy sê dat dit met een woord opgesom kan word, maar verkeerd
oor die woord wat jy meen die verklaring bied. Die een woord wat die
oorsaak vir ons kragprobleme beskryf, is: ONBEVOEGDHEID!

Maar ONBEVOEGDHEID het niks met kleur uit te waai nie!!!!

Jy's byvoorbeeld totaal onbevoeg om die Bybel uit te lê en jou gesaghebbend
oor menslike genealogie uit te laat - daarom praat jy 'n VET klomp snert oor
sg. adamiese mense en submense - twak wat jy aan anders mense as die
waarheid probeer verkoop! - en waarmee jy mense probeer verlei om hulle af
te keer van die waarheid en hulle te wend tot fabels!

Daar is baie wittes wat onbevoeg is vir die posisies waarin hulle hulle
steeds in hierdie land bevind, netsoos daar onbevoegde swartes is in
posisies waarin hulle nooit aangestel moes gewees het nie. Daar was ook
baie onbevoegde wittes in die ou bedeling wat 'n job gekry het, net omdat
hulle velle wit was, NP gestem en/of aan die broederbond behoort het - soos
daar nou swartes is wat die job kry net omdat hulle swart is, aan die ANC
behoort en sg gestruggle het. Daar was ook onbevoegde wit ministers in
wit kabinette, soos daar nou onbevoegde swart ministers in die ANC kabinet
is.

SA het ook onder die wit regering flaters met die aankoop/verkoop van
wapentuig gemaak, soos toe die NP kabinet besluit het om van al ons tenks
ontslae te raak en later met groot moeite en teen baie groot koste tenks by
Israel te koop gekry het. Daar was ook baie vrae gevra oor waarom die
militêre akademie by Saldanha gebou is en nie in die Kaap nie, terwyl dit
aan die US gekoppel is? - en die suggesties van geld mense wat persoonlik en
obehoorlik daarby gebaat het, het in my army dae dik rondgeloop.

Elke land en elke regering het sy kwota onbevoegde en korrupte leiers. Het
jy vergeet hoe onbevoeg Pres. Burgers van die ou ZAR was en hoe hy toegelaat
het dat die Britte sonder slag of stoot Pretoria binnery, die Union Jack hys
en Tvl annekseer? - die gebeure wat tot die 1e Vryheidsoorlog gelei het.
Onthou jy die spektakel wat Richard Nixon en Jimmy Carter van die
Amerikaanse presidentskap gemaak het? - die huidige George Bush is nie beter
nie, of hoe? Onthou jy hoe min respek wit Rhodesiërs en Suid-Afrikaners vir
Harold Wilson gehad het?
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116138 is 'n antwoord op boodskap #116128] Do, 31 Januarie 2008 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Tor het geskryf...

"Maar ONBEVOEGDHEID het niks met kleur uit te waai nie!!!!"

Ja, nie altyd of noodwendig nie. Maar die feit is dat die meer-
derheid naturelle relatief onintelligent en primitief is. Daarom
is die meerderheid van hulle relatief heelwat meer onbevoeg
as die deursnit blanke persoon. Ek praat mos nie van uitson-
derings nie - want statistiek word NIE deur uitsonderings be-
paal nie.

So, as daar sg "baie wittes" is wat onbevoeg is - dan is daar
statisties HEELWAT MEER naturelle wat heelwat meer onbe-
voeg is.

Selfs 'n sg "onbevoegde witte" het steeds meer potensiaal
as die deursnit naturel.

EKSDOM moes eenvoudig nooit enige wittes laat gaan het
nie - dan het hulle tans NIE met hierdie probleme gesit nie.

Jim
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116152 is 'n antwoord op boodskap #116138] Vr, 01 Februarie 2008 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." < wrote in
>
> "Maar ONBEVOEGDHEID het niks met kleur uit te waai nie!!!!"
>
> Ja, nie altyd of noodwendig nie. Maar die feit is dat die meer-
> derheid naturelle relatief onintelligent en primitief is. Daarom
> is die meerderheid van hulle relatief heelwat meer onbevoeg
> as die deursnit blanke persoon. Ek praat mos nie van uitson-
> derings nie - want statistiek word NIE deur uitsonderings be-
> paal nie.
>
> So, as daar sg "baie wittes" is wat onbevoeg is - dan is daar
> statisties HEELWAT MEER naturelle wat heelwat meer onbe-
> voeg is.

Jy het gewoon geen objektiewe statistiese gegewens om jou stellings te staaf
nie!

En ek waarborg jou: In my kantore werk 'n hele paar swartes, mans en
vrouens, wat jou binne 'n paar minute intellektueel tot die poepol sal
verneder wat jy in werklikheid is. Intelligente swartes is nie geplant nie,
hulle is gesaai!!! En oor 'n dekade of twee, wanneer die geslag wat nou
opgroei in beter omstandighede as hulle ouers, beter voeding vandat hulle in
die wêreld kom, beter stimulasie omdat hulle ook nou kleuterskole kan
bywoon, beter skoolonderrig, sal jy sien hoeveel meer is daar wat jou ore
aansit.
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116159 is 'n antwoord op boodskap #116152] Vr, 01 Februarie 2008 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 1, 2:53 pm, "Torreke" wrote:
> "Jim Again..." < wrote in
>
>
>
>> "Maar ONBEVOEGDHEID het niks met kleur uit te waai nie!!!!"
>
>> Ja, nie altyd of noodwendig nie. Maar die feit is dat die meer-
>> derheid naturelle relatief onintelligent en primitief is. Daarom
>> is die meerderheid van hulle relatief heelwat meer onbevoeg
>> as die deursnit blanke persoon. Ek praat mos nie van uitson-
>> derings nie - want statistiek word NIE deur uitsonderings be-
>> paal nie.
>
>> So, as daar sg "baie wittes" is wat onbevoeg is - dan is daar
>> statisties HEELWAT MEER naturelle wat heelwat meer onbe-
>> voeg is.
>
> Jy het gewoon geen objektiewe statistiese gegewens om jou stellings te staaf
> nie!
>
> En ek waarborg jou: In my kantore werk 'n hele paar swartes, mans en
> vrouens, wat jou binne 'n paar minute intellektueel tot die poepol sal
> verneder wat jy in werklikheid is.  Intelligente swartes is nie geplant nie,
> hulle is gesaai!!!  En oor 'n dekade of twee, wanneer die geslag wat nou
> opgroei in beter omstandighede as hulle ouers, beter voeding vandat hulle in
> die wêreld kom, beter stimulasie omdat hulle ook nou kleuterskole kan
> bywoon, beter skoolonderrig, sal jy sien hoeveel meer is daar wat jou ore
> aansit.

Haaaaaah haaaaa haaaaa haaaa haaaa...!!
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116163 is 'n antwoord op boodskap #116159] Sa, 02 Februarie 2008 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." [/color]
> Jy het gewoon geen objektiewe statistiese gegewens om jou stellings te
> staaf
> nie!
>
> En ek waarborg jou: In my kantore werk 'n hele paar swartes, mans en
> vrouens, wat jou binne 'n paar minute intellektueel tot die poepol sal
> verneder wat jy in werklikheid is. Intelligente swartes is nie geplant
> nie,
> hulle is gesaai!!! En oor 'n dekade of twee, wanneer die geslag wat nou
> opgroei in beter omstandighede as hulle ouers, beter voeding vandat hulle
> in
> die wêreld kom, beter stimulasie omdat hulle ook nou kleuterskole kan
> bywoon, beter skoolonderrig, sal jy sien hoeveel meer is daar wat jou ore
> aansit.

Haaaaaah haaaaa haaaaa haaaa haaaa...!!

Duidelik waarom jy kamtig lag. Jy het nie 'n antwoord nie!!!
Re: Data oor krag-krisis [boodskap #116165 is 'n antwoord op boodskap #116138] Sa, 02 Februarie 2008 06:13 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." wrote in message
news:2f7b1164-fcf4-45ef-b9de-5cbd6edf0dc2@i29g2000prf.google groups.com...
> Tor het geskryf...
>
> "Maar ONBEVOEGDHEID het niks met kleur uit te waai nie!!!!"
>
> Ja, nie altyd of noodwendig nie. Maar die feit is dat die meer-
> derheid naturelle relatief onintelligent en primitief is. Daarom
> is die meerderheid van hulle relatief heelwat meer onbevoeg
> as die deursnit blanke persoon. Ek praat mos nie van uitson-
> derings nie - want statistiek word NIE deur uitsonderings be-
> paal nie.
>
> So, as daar sg "baie wittes" is wat onbevoeg is - dan is daar
> statisties HEELWAT MEER naturelle wat heelwat meer onbe-
> voeg is.
-----Dis mos eintlik logies, is dit nie? Statisties is daar mos amper 'n
8:1 verhoding tussen swart en wit? Maar wat jy sê, en hoe jy dit sê, moet
jou onrustig stem. Jy is deel van die onbevoegdes.
Vorige onderwerp: Roelf Meyer oor transformasie
Volgende onderwerp: Barbare met strykysters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:00:53 MGT 2024