Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kleinmond
Kleinmond [boodskap #11572 is 'n antwoord op boodskap #11573] Do, 27 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Ian van Niekerk  is tans af-lyn  Ian van Niekerk
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
As hier enige iemand van Kleinmond is mail my asseblief

Dankie

Kobus
Re: Kleinmond [boodskap #11573 is 'n antwoord op boodskap #11575] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , "Kobus Venter" writes:
> As hier enige iemand van Kleinmond is mail my asseblief
>
> Dankie
>
> Kobus
>
>
Ons het 'n erf op Bettysbaai. Gaan nog eendag daar bou. So 'n witgekalkte
vissershuisie, daar onder die berg.

Groete.
Re:Kleinmond [boodskap #11575 is 'n antwoord op boodskap #11573] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Ons het 'n erf op Bettysbaai. Gaan nog eendag daar bou. So 'n >witgekalkte

> vissershuisie, daar onder die berg.
>
> Groete.
Het die vuur van 'n rukkie gelede oor jou erf gegaan?

Ons het ook 'n erf in die omgewing gehad maar dit was een van die drome wat
ons verkoop het en met die geld het ons 'n hengse heining om ons erf in
Somerset-Wes gebou met elektroniese hekke de lot. Dis vir my lekker om nou
uit te kyk sonder diefwering en ons het geen heining of hek!

Maar ai, Bettysbaai, Pearly Beach, ens bly mooi en ons het die naweek na
pragtige skuifies van goeie tye daar gekyk. Kyk, dat SA mooi is, kan ons
maar nie weg redeneer nie.

Groete
Riana
Re: Kleinmond [boodskap #11592 is 'n antwoord op boodskap #11573] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Steyn  is tans af-lyn  Johan Steyn
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek is redelik nuut in die Kaap en het 2 jaar gelede begin werk in
Rondebosch. Kaapstad is baie beknop - 67% van die Wes Kaapse bevolking
woon in die Kaapse metropolitaanse gebied - en vir iemand van Zimbabwe
oorspronklik raak dit met tye klaustrofobies. Eiendom in Kaapstad is ook
baie duur en vir 'n jongmens om van scratch af te begin is bykans
onmoontlik.

Ek het toe begin rondkyk buite Kaapstad en in April het ek 'n pragtige
erf in Betties Baai gekoop, al die Rooikrans laat uitkap, en more gaan
ek soontoe met 'n graaf om 'n klomp Wit Melkhout bome te plant. Ek hou
baie van die oop ruimte, die groen berg, die mere, strand, ens en ek
gaan my droom huis eendag daar bou tussen die melkhout bome.

Hopenlik kry ek dit reg om eendag van rekenaar sagteware ontwikkeling
vanaf Betties Baai te doen...

Johan Steyn.
Re: Kleinmond [boodskap #11601 is 'n antwoord op boodskap #11573] Sa, 29 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
> in April het ek 'n pragtige
> erf in Betties Baai gekoop, al die Rooikrans laat uitkap, en more gaan
> ek soontoe met 'n graaf om 'n klomp Wit Melkhout bome te plant. Ek hou
> baie van die oop ruimte, die groen berg, die mere, strand, ens en ek
> gaan my droom huis eendag daar bou tussen die melkhout bome.

Ons was in April laas by ons Kleinmond huis in 3de Laan.. dis met groot
verlange wat mens veral hierdie tyd van die jaar terugdink aan vorige
jare se Desember vakansies in Kleinmond. Op die oomblik is dit A-level
eksamens, GCSE's en voluit skoolgaan vir ons kinders hier in Engeland.

Kyk gerus na ons Kleinmond, Betties Baai, en Skiereiland fotos by
http:\\www.sale.demon.co.uk ... pikkewyne, bobbejane by die Kleinmond
vullisgate, en bo-op Sir Lowrey's Pas, die natuurtuin by Betties Baai...
Houtbaai se 'skuide' en robbe, sonsondergang by die V&A Waterfront,
ensovoorts.

Groete, en geniet julle seevakansie, die wat so gelukkig is om daar te
kan wees hierdie Desember!

Rana
Vorige onderwerp: Ope brief aan At.
Volgende onderwerp: IRC Servers / Chat Rooms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:11:46 MGT 2024