Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Lyfstraf
Lyfstraf [boodskap #115698] Vr, 28 Desember 2007 17:39 na volgende boodskap
Schalk...  is tans af-lyn  Schalk...
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie Kersfees kuier die hele familie in die bosveld, en een aand
laat begin die ou manne gesels oor skooldae en lyfstraf. Ek besef toe
dat ALMAL altyd 'n lyfstraf-storie het, of hulle nou vir dit of teen
dit is. En elkeen wil die vorige oortref my sy ervaring met een of
ander wandaad of onderwyser wat seerder as die ander geslaan het. Ek
slaan toe my laptop en USB-modem op, doen 'n soektog om te sien of
iemand anders al agtergekom het dat Afrikaner-mans blykbaar almal 'n
lyfstraf storie op solder het, en wragtig: www.sesvandiebestes.blogspot.com

Sommer net my verveelde bydrae vir die aand. Geseende Kersfees en
voorspoedige nuwe jaar vir almal!
Re: Lyfstraf [boodskap #115699 is 'n antwoord op boodskap #115698] Sa, 29 Desember 2007 05:54 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Schalk" wrote in message
news:481c9701-d4ce-4ab6-ad31-9c74c586c63e@s12g2000prg.google groups.com...
> Hierdie Kersfees kuier die hele familie in die bosveld, en een aand
> laat begin die ou manne gesels oor skooldae en lyfstraf. Ek besef toe
> dat ALMAL altyd 'n lyfstraf-storie het, of hulle nou vir dit of teen
> dit is. En elkeen wil die vorige oortref my sy ervaring met een of
> ander wandaad of onderwyser wat seerder as die ander geslaan het. Ek
> slaan toe my laptop en USB-modem op, doen 'n soektog om te sien of
> iemand anders al agtergekom het dat Afrikaner-mans blykbaar almal 'n
> lyfstraf storie op solder het, en wragtig:
> www.sesvandiebestes.blogspot.com
>
> Sommer net my verveelde bydrae vir die aand. Geseende Kersfees en
> voorspoedige nuwe jaar vir almal!
----Mmm. Mag jy 'n meneer van 'n 2008 hê! Wat is lyfstraf in essensie?
Eerstens is dit swaarkry en tweedens 'n straf vir iets wat jy gedoen het wat
'n oortreding van die norme was. Nou, niemand wil bekend wees as 'n soet
seuntjie of dogtertjie nie, so die bewys dat jy ook stout kon wees om 'n
moerse pak slae op die lyf te loop, gaan 'n ver pad om jou status te
bevestig. Die pak slae self is in die storie oordra veel erger as wat dit
was.
Dit alles dien egter 'n doel. Iemand word 'n pak slae gegee juis om
die boodskap van opvoeding oor te dra en hom 'n verwysingspunt te gee om die
rede vir die slae te onthou. Vir dieselfde rede kry iemand byvoorbeeld 'n
swaar boete vir 'n spoedoortreding...juis sodat hy in die toekoms op die pad
kan onthou wat voorheen met hom gebeur het en hoe swaar dit was om die
bedrag te betaal.
Nou sal jy my vra, maar hoekom 'n kind 'n pak slae gee? Omdat 'n kind
nie eie goed het wat hy moet opgee as straf nie. Alles wat hy het kom van
die ouer af.
Vorige onderwerp: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie?
Volgende onderwerp: Kovsies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:12:13 MGT 2024