Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #115678] Ma, 17 Desember 2007 14:31 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

hie innie land van misdadigheid, elektrieklose eskom en slaggate wag ons met
opgehoude asems soos die israeliete van ouds vir moses om vannie berg af te
kom mettie kliptafels.

antie weet seker lat die aas-en-steel vir hille 'n nuwe hoofseun moet kies
hie by die unniewersityt van turfloop naby tsanien.en lat daai hoofseun van
hille oor twee jaar ons land se hoofseun gaan word. hille het gister op
soenedag begint met die ytverkiesing antie ma' dit smaak my ons is trug by
bloedrivier soos dit da' gan. dis nie 'n blye voorytsig nie my antie want of
hille nou die ingelsman met die pyp of die zoeloe met die misjiengeweer
kies, ons turfloop gaan sit.

my pa sê hy sallie warrie oor oom tafel-en-bedjie nie want in sy jare het hy
genoeg van hom gesien om te weet hy betekin niks vir ons nie. ok nie vir sy
eie mense nie sê my pa. antie weet mos hoe slim my pa is, nou gee hy innie
aande narkose hie by letaba hospitaal om oom tafeltjie se mense te help. my
pa sê dis sy beskye bydrae ommie droewige land te laat werk, ma' die
aas-en-steel bring nie hille kant nie antie.

net laasweek moes hy 'n antie gaan narkose wat 'n babakie moet kry want die
babakie is in nood sê my pa. en toe hille die arme kind ythaal toe is hy
klaar dood vannie nood antie. ma my pa sê oom taboe moet pa staan vir daai
dooie kind want die sister by die kliniek het die mirrag tweeuur al gebel
vir 'n amboelans om die antie te kom oplaai, ma' die amboelans het haar eers
halfvyf by die hospitaal gaan aflaai toe dit te laat is. en daai kliniek is
twee kiloemeter vannie hospitaal af. my pa sê as die antie self gestap het
was sy beter af as met om taboe se amboelans. ma' oom taboe faaier die
minister van gesondheidsleer wat sê die hospitale maak babakies dood.

so nou lykit my gaan dit oom jakop zoem-vannie-bysteek wees wat nie mitriek
het nie antie. en dit gaan 'n gemors afgee want my pa sê laas toe oom
pietmitriek die land se hoofseun was en vir oom frikkie de klerk lyer vannie
nasionale party laat maak het het oom piet vinnig agter gekom jy kannie
sonner die party rigeer nie. en wat gaan ons maak as die
president-in-wagting innie tronk gegooi word vir kourupsie vra my pa.

ma' die laaste ding wat ons nodig het antie is 'n president-for-life soos om
robber moegapie van simbabwie sê my pa. my pa sê hy't genoeg in sy ryse deur
afrika gesien wat 'n president-for-life met 'n land aanvang. so dan maar
eerder 'n president-in-jail.

antie sal bly wees om te hoor lat my pa nou weer so effentjies begin drink
het vanlat die springbokke die wêreldbeker gewen het. ma' dit help nie ek
praat met antie oor sport nie want antie laaik meer van sports. van die het
ons deesdae darrim ok genoeg.

koebaai my antie

hennerietjie (dit sallie moses wees wat vannie berg af kom nie antie, net
klippe)
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #115679 is 'n antwoord op boodskap #115678] Di, 18 Desember 2007 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"hennerietjie" skryf

> antie weet seker lat die aas-en-steel vir hille 'n nuwe hoofseun moet kies
> hie by die unniewersityt van turfloop naby tsanien.
> my pa sê hy sallie warrie oor oom tafel-en-bedjie nie want in sy jare het hy
> genoeg van hom gesien om te weet hy betekin niks vir ons nie

Ag, my dierbare Hennerietjie, dat jy nou weer op
die toneel verskyn het my hart baie bly gemaak.
Dit het my laat vergeet van die groot storm wat
omtrent helfte van Noord-Amerika getref het en
vir ons 36 cm sneeu gegee het hier in Ottawa.
Ja, jong. Jy moet vir jou pa sê hy moet die
ding daar by Turfloop in perspektief sien. Die
ANC is besig om in twee te split, en dis 'n goeie
ding. Aan die eenkant is daar die mense soos
Thabo wat die land wil regeer soos Margaret
Thatcher Engeland regeer het. Aan die anderkant
is daar mense soos ons New Democratic Party
wat die vakbonde verteenwoordig en die regering
wil dwing om baie geld op die armes en die werkers
te spandeer, selfs al is die geld nie altyd daar nie.
Jy weet, die restaurant wat jou pa se naam
dra, het toegemaak daar oorkant die rivier. Hulle
het gesê hulle maak nie meer genoeg geld sedert
die Federale Regering begin het om op te check
hoeveel geld daar aan etes bestee word wat deur
die belastingbetalers gedek word nie.
Ek sien uit na jou volgende briefie. Vertel
vir my wat daar by Turfloop aangaan. Mens kan
nie altyd vir Beeld glo nie.

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #115681 is 'n antwoord op boodskap #115678] Di, 18 Desember 2007 08:58 Na vorige boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
hello hennerietjie,

Sommer baie lekker om weer van jou te hoor! Jy laat my sommer terugverlang
na die dae toe ek in Pietersburg gewoon het.... toe dit nog Pietersburg was.
So by the way, ken jy, of weet jy van George en Ina Malherbe wat in Tzaneen
woon? Hulle was beide makelaars gewees by FNB, en ons was goeie vrinne
gewees. Intussen het ek kontak met hulle verloor.

'seblief skryf gou weer vir die antie.

Groete en al daai dinge,

Jan van Perth.

"hennerietjie" skryf in boodskap news:v_SdnU4D464MG_vaRVnytAA@saix.net...
> hellou my antie,
>
> hie innie land van misdadigheid, elektrieklose eskom en slaggate wag ons
> met
> opgehoude asems soos die israeliete van ouds vir moses om vannie berg af
> te
> kom mettie kliptafels.
>
> antie weet seker lat die aas-en-steel vir hille 'n nuwe hoofseun moet kies
> hie by die unniewersityt van turfloop naby tsanien.en lat daai hoofseun
> van
> hille oor twee jaar ons land se hoofseun gaan word. hille het gister op
> soenedag begint met die ytverkiesing antie ma' dit smaak my ons is trug by
> bloedrivier soos dit da' gan. dis nie 'n blye voorytsig nie my antie want
> of
> hille nou die ingelsman met die pyp of die zoeloe met die misjiengeweer
> kies, ons turfloop gaan sit.
>
> my pa sê hy sallie warrie oor oom tafel-en-bedjie nie want in sy jare het
> hy
> genoeg van hom gesien om te weet hy betekin niks vir ons nie. ok nie vir
> sy
> eie mense nie sê my pa. antie weet mos hoe slim my pa is, nou gee hy innie
> aande narkose hie by letaba hospitaal om oom tafeltjie se mense te help.
> my
> pa sê dis sy beskye bydrae ommie droewige land te laat werk, ma' die
> aas-en-steel bring nie hille kant nie antie.
>
> net laasweek moes hy 'n antie gaan narkose wat 'n babakie moet kry want
> die
> babakie is in nood sê my pa. en toe hille die arme kind ythaal toe is hy
> klaar dood vannie nood antie. ma my pa sê oom taboe moet pa staan vir daai
> dooie kind want die sister by die kliniek het die mirrag tweeuur al gebel
> vir 'n amboelans om die antie te kom oplaai, ma' die amboelans het haar
> eers
> halfvyf by die hospitaal gaan aflaai toe dit te laat is. en daai kliniek
> is
> twee kiloemeter vannie hospitaal af. my pa sê as die antie self gestap het
> was sy beter af as met om taboe se amboelans. ma' oom taboe faaier die
> minister van gesondheidsleer wat sê die hospitale maak babakies dood.
>
> so nou lykit my gaan dit oom jakop zoem-vannie-bysteek wees wat nie
> mitriek
> het nie antie. en dit gaan 'n gemors afgee want my pa sê laas toe oom
> pietmitriek die land se hoofseun was en vir oom frikkie de klerk lyer
> vannie
> nasionale party laat maak het het oom piet vinnig agter gekom jy kannie
> sonner die party rigeer nie. en wat gaan ons maak as die
> president-in-wagting innie tronk gegooi word vir kourupsie vra my pa.
>
> ma' die laaste ding wat ons nodig het antie is 'n president-for-life soos
> om
> robber moegapie van simbabwie sê my pa. my pa sê hy't genoeg in sy ryse
> deur
> afrika gesien wat 'n president-for-life met 'n land aanvang. so dan maar
> eerder 'n president-in-jail.
>
> antie sal bly wees om te hoor lat my pa nou weer so effentjies begin drink
> het vanlat die springbokke die wêreldbeker gewen het. ma' dit help nie ek
> praat met antie oor sport nie want antie laaik meer van sports. van die
> het
> ons deesdae darrim ok genoeg.
>
> koebaai my antie
>
> hennerietjie (dit sallie moses wees wat vannie berg af kom nie antie, net
> klippe)
>
Vorige onderwerp: Torreke
Volgende onderwerp: wensen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:12:04 MGT 2024