Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eliot as antwoord op Blake
Eliot as antwoord op Blake [boodskap #115615] Wo, 05 Desember 2007 09:13 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
... en die klaarblyklike klem op emosie as rigtinggewer vir Blake.

-----------------------------------------

"Because one has only learnt to get the better of words
For the thing one no longer has to say, or the way in which
One is no longer disposed to say it. And so each venture
Is a new beginning, a raid on the inarticulate,
With shabby equipment always deteriorating
In the general mess of imprecision of feeling,
Undisciplined squads of emotion. And what there is to conquer
By strength and submission, has already been discovered
Once or twice, or several times, by men whom one cannot hope
To emulate - but there is no competition -
There is only the fight to recover what has been lost
And found and lost again and again: and now, under conditions
That seem unpropitious."

T.S. Eliot in Burnt Norton
Re: Eliot as antwoord op Blake [boodskap #115639 is 'n antwoord op boodskap #115615] Do, 06 Desember 2007 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

And what there is to conquer
> By strength and submission, has already been discovered
> Once or twice, or several times, by men whom one cannot hope
> To emulate - but there is no competition -
> There is only the fight to recover what has been lost
> And found and lost again and again: and now, under conditions
> That seem unpropitious."

Die moeilikheid met T.S. Eliot is dat hy basies
'n pessimis is en nie baie braaf nie. Hy besef
what there is to conquer by strength and submission
has already been discovered. So waarom celebrate
hy nie dié toestand van sake nie, waarom is hy
so pessimisties oor die lewe. Een van Blake
se belangrikste werke ( beide digwerk en visueel)
is die Book of Job. Blake dink diep oor die lot
van Job en waar hy aanvanklik verkeerd dink en
doen. Uiteindelik besluit hy dat dit is wanneer
Job en sy familie die musiekinstrumente wat
hulle opgehang het, weer begin gebruik tot lof
van die Skepper, dat hulle hul hoogste funksie
vervul. Sien in Opperman dieselfde gedagtegang
in "Paddas."

Gloudina
Re: Eliot as antwoord op Blake [boodskap #115641 is 'n antwoord op boodskap #115639] Vr, 07 Desember 2007 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Dec 2007 15:36:27 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Ferdi skryf
>
> And what there is to conquer
>> By strength and submission, has already been discovered
>> Once or twice, or several times, by men whom one cannot hope
>> To emulate - but there is no competition -
>> There is only the fight to recover what has been lost
>> And found and lost again and again: and now, under conditions
>> That seem unpropitious."
>
> Die moeilikheid met T.S. Eliot is dat hy basies
> 'n pessimis is en nie baie braaf nie. Hy besef
> what there is to conquer by strength and submission
> has already been discovered. So waarom celebrate
> hy nie dié toestand van sake nie, waarom is hy
> so pessimisties oor die lewe. Een van Blake
> se belangrikste werke ( beide digwerk en visueel)
> is die Book of Job. Blake dink diep oor die lot
> van Job en waar hy aanvanklik verkeerd dink en
> doen. Uiteindelik besluit hy dat dit is wanneer
> Job en sy familie die musiekinstrumente wat
> hulle opgehang het, weer begin gebruik tot lof
> van die Skepper, dat hulle hul hoogste funksie
> vervul. Sien in Opperman dieselfde gedagtegang
> in "Paddas."
>
> Gloudina

Blake dink oor wat hy hom voorstel Job en sy familie waarskynlik sou
wees as hulle sou ingepas het by hoe hy (Blake) die wêreld graag wil
sien.

Daar is 'n verskil tussen dit en Eliot wat wat die wêreld van die
eerste helfte van die 20ste eeu vol in die gesig kyk. Twee
wêreld-oorloë, gaskampe, massa-moorde, diktators, ongebreidelde magsug
en gierigheid en so aan.

Enigiemand wat al in die werklike lewe in situasies was waar mense
doodgaan, vertrap word en so aan is 'n pessimis en nie baie braaf nie.

Ek verkies iemand wat met die fisieke werklikheid deel as iemand wat
in feetjies glo en die feetjies sy verwysingspunt maak.
Re: Eliot as antwoord op Blake [boodskap #115643 is 'n antwoord op boodskap #115641] Vr, 07 Desember 2007 23:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Daar is 'n verskil tussen dit en Eliot wat wat die wêreld van die
> eerste helfte van die 20ste eeu vol in die gesig kyk. Twee
> wêreld-oorloë, gaskampe, massa-moorde, diktators, ongebreidelde magsug
> en gierigheid en so aan.
>
> Enigiemand wat al in die werklike lewe in situasies was waar mense
> doodgaan, vertrap word en so aan is 'n pessimis en nie baie braaf nie.
>
> Ek verkies iemand wat met die fisieke werklikheid deel as iemand wat
> in feetjies glo en die feetjies sy verwysingspunt maak.- Hide quoted text -

Ek dink nie dis 'n goeie idee om te probeer besluit
wie van Eliot of Blake die "beste" of "die grootste"
is nie. Of wat hulle sê die "waarste" is nie. Niemand
twyfel dat Eliot een van die beste digters van die
twintigste eeu is nie. Maar hulle provinsies is
verskillend. Eliot beskryf wat die Buddhis "dukkha"
noem. Blake is 'n siener, 'n profeet. Hy wys
daarop dat "sukkha" wel moontlik is. Dat die
mens groter is as die som van sy ondermaanse
omstandighede.
Ek kan jou egter verseker dat Eliot se
statuur in die afgelope paar dekades effens
gedaal het, en dat daar nou 'n letterkundige
industrie rondom die studie van Blake is.
Sy oorspronklike illustrasies van sy werk
haal nou miljoene. Selfs die faksimilieë van
sy werk wat in die twintigste eeu vervaardig
is, se pryse styg astronomies.

Gloudina
Re: Eliot as antwoord op Blake [boodskap #115644 is 'n antwoord op boodskap #115643] Sa, 08 Desember 2007 14:54 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Dec 2007 15:26:00 -0800 (PST), Hessie wrote:

Ek dink nie dis 'n goeie idee om te probeer besluit
> wie van Eliot of Blake die "beste" of "die grootste"
> is nie. Of wat hulle sê die "waarste" is nie.

Inderdaad. Maar hier is jou kritiek op Eliot: "Die moeilikheid met
T.S. Eliot is dat hy basies 'n pessimis is en nie baie braaf nie."

Niemand
> twyfel dat Eliot een van die beste digters van die
> twintigste eeu is nie. Maar hulle provinsies is
> verskillend. Eliot beskryf wat die Buddhis "dukkha"
> noem. Blake is 'n siener, 'n profeet. Hy wys
> daarop dat "sukkha" wel moontlik is. Dat die
> mens groter is as die som van sy ondermaanse
> omstandighede.
> Ek kan jou egter verseker dat Eliot se
> statuur in die afgelope paar dekades effens
> gedaal het, en dat daar nou 'n letterkundige
> industrie rondom die studie van Blake is.
> Sy oorspronklike illustrasies van sy werk
> haal nou miljoene. Selfs die faksimilieë van
> sy werk wat in die twintigste eeu vervaardig
> is, se pryse styg astronomies.

So, wat sê jy nou? Blake se manuskripte is duurder daarom is hy 'n
groter digter???

Ek het Eliot aangehaal as 'n counter vir die Blake wat jy aangehaal
het. Waarmee ons moet werk is wat hulle sê. Die inhoud.

Blake maak statements vanuit sy emosionele verbeelding en die enigste
verwysingsraamwerk wat daar is om geloofwaardigheid van wat hy sê te
toets, is, wel, sy eie verbeelding. Sy konklusies dien as argumente
vir hulself. Onlogies closed circuits.

En alles op emosie gegrond. As jy reg voel oor goed is dit waar. Wel,
Mussolini het altyd baie reg gevoel oor dinge. Ek sê - soos Eliot na
verwys - dat daar wel 'n eksterne wereld buite ons emosies is. Dat
daar wel iets soos objektiwiteit is en dat ons - soos Eliot sê -
"hints and guesses" daarna het.
En dat wat ons weet bitter breekbaar is en berus op oordrag na 'n
volgende geslag. Geheue is wat ons het en die ratte van geheue is
logieka en instruksie.
Vorige onderwerp: Persvryheid en onverdraagsaamheid
Volgende onderwerp: aids !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:23:58 MGT 2024