Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Fifa
Fifa [boodskap #115517] So, 25 November 2007 18:18 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Julle moet sien hoe is Durban se strand gedos.
Polisiemanne en polisievroue wandel op die strande en in die strate in
groepe. Hulle is in motors te sien om byna elke hoek en draai. Vanmôre
met die oggendstap het ons gesien hoe 'n groep van drie polisielede op
motorfietse 'n slaper op die strand wakker maak en hom sy gesig laat
was. Mobiele aanklagkantore (ja, meervoud) is op die strande
geparkeer.

Op die hoofstrand is 'n dorp van tente opgerig vir die Fifa besoekers
wat vandag die loting vir sokker wêreldbeker gedoen het.

Rapport se hoofberig:
Jy kan nie jou neus by die hotel uitsteek nie of 'n veiligheidswag of
polisieman vra jou waarheen jy gaan. Hier is oral polisiemanne en
helikopters.

"Dit laat jou wonder of dit alles nog volgende week hier sal wees
wanneer ons weg is," het 'n Italiaanse joernalis gesê.

Die naweek is 'n Oostenrykse toeris op 'n golfbaan vir sy beursie en
selfoon doodgeskiet. Danny Jordaan, uitvoerende hoof van die plaaslike
reëlings kommitee sê dat hy bewus is van die moord op die Oostenryker
(Staler) maar dat Staler nie vir die Fifa-trekking in die stad was
nie. Sou dit nou die moord minder belangrik maak vir hom?

Volgens vanaand se nuus is ten minste twee van die Fifa mense hul
aktetasse kwyt.
Re: Fifa [boodskap #115522 is 'n antwoord op boodskap #115517] Ma, 26 November 2007 11:28 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Nov 2007 20:18:50 +0200, Dave wrote:

> Julle moet sien hoe is Durban se strand gedos.
> Polisiemanne en polisievroue wandel op die strande en in die strate in
> groepe. Hulle is in motors te sien om byna elke hoek en draai. Vanmôre
> met die oggendstap het ons gesien hoe 'n groep van drie polisielede op
> motorfietse 'n slaper op die strand wakker maak en hom sy gesig laat
> was. Mobiele aanklagkantore (ja, meervoud) is op die strande
> geparkeer.

Die 2010 worst case scenario: Kombi met Duitsers, lekker gekletter na
die oorwinning op Ellispark, kamera's vol foto's draai regs in
Troyville in plaas van links na Bedfordview en dis 11 uur
Saterdagaand. Die strate is natuurlik, soos gewoonlik, donker want die
straatligte of werk nie of is nie helder genoeg om die sypaadjie te
bereik nie (vra my, ek woon daar). Hulle raak verdwaal en daar in
Selby se omgewing stop hulle by 'n paar ouens op die sypaadjie om die
pad te vra.
Vorige onderwerp: Rugby / Krieket
Volgende onderwerp: Slide weg van Bokke....?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:30:18 MGT 2024