Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opheffing 2
Opheffing 2 [boodskap #115435] Vr, 09 November 2007 08:08 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Almal wat deelgeneem het aan die gesprek oor "Opheffing"

Waardering vir Suidwester wat die gesprek geopen het en sy waarnemings. Ook
vir ander deelnemers se waarnemings.

Moet ongelukkig vriendelik, ten minste gedeeltelik, van julle verskil.

Die waarneming dat net wit mense hulle aan armes steur en hulle probeer
ophef, is, soos die waarneming dat net swartes vir misdaad verantwoordelik
is, nie waar nie. Ek gaan my nie op statistiese gegewens beroep nie waaroor
nie een van ons beskik nie. Feit is dat die mense wat weet, sê die
hoveelheid misdadigers is pro rata direk proporsioneel tot elke groep se
verteenwordiging in die totale bevolking. Netso is die persepsie dat net
wittes die slagoffers van misdaad word, van alle waarheid ontbloot - swartes
self loop die grootste gevaar en wittes in werklikheid die minste.

Ek verwag dat almal op my gaan spring oor hierdie stellings. Hulle kom nie
uit my mond nie, maar wel uit die mond van dieselfde persoon waar ek aan my
kennis kom oor wat hulle in NY gedoen het om misdaad onder bedwang te bring.

Waarom het wittes dan die persepsie dat swartes meer misdadig is as
wittes? - en dat wittes die meeste slagoffers het? Wel as swartes pro rata
net soveel misdadigers oplewer as wittes, gaan daar sowat 10 swart
misdadigers vir elke witte wees, nie waar nie? Dink bietjie wat gebeur
elke keer wat mens 'n nuwe motor koop? - hoe jy skielik bewus word van al
die ander op die pad dieselfde as jou soort en model - terwyl jy hulle
vantevore nie raakgesien het nie. As mens eenmaal op iets gefokus raak, dan
begin jy ongelukkig met oogklappe aankyk. Dieselfde gebeur met ons
persepsie oor die hoeveelheid misdadigers en slagoffers van misdaad.

Oor die welsynwerk. Ek het myself al vantevore duidelik daaroor uitgelaat
dat ek baie werk in die townships doen om vir die armstes 'n beter lewe te
help bou - presies wat is my saak. Op hierdie oomblik is daar honderde NRO
wat deur swartes gestig is, met regeringshulp en eie inisiatief
opheffingswerk onder die armes doen! - ook onder die wittes wat in die
plakkerskampe beland het. Die tradisionele wit NRO wat nie swart geword het
nie, is besig om te kwyn. Daar is bitter min wit mense wat nog bereid is om
as vrywilligers op die strukture van die NRO te dien en te help (Hoeveel van
julle is betrokke?) - dis swartes wat bereid is dit te doen. Gaan stap maar
deur die provinsiale hospital (ek kyk 'n slag verby die vuil en
mislukkings), vra uit en julle sal verbaas staan oor hoeveel vrywilligers
daar werk wat uit die plakkerskampe kom - geen inkomste daaruit kry nie! -
ter wille van die diens wat gelewer moet word aan ander en natuurlik ook om
hulle CVs te verbeter en moontlik 'n pos los te slaan. Hoeveel wittes is
bereid om vrywilligerwerk te doen? Die hele DOTS TB strategie berus op die
werk van vrywilligers wat uit die armste gemeenskappe kom.
Re: Opheffing 2 [boodskap #115437 is 'n antwoord op boodskap #115435] Vr, 09 November 2007 10:41 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:v4Kdnfen749eiKnanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Hi Almal wat deelgeneem het aan die gesprek oor "Opheffing"
>
> Waardering vir Suidwester wat die gesprek geopen het en sy waarnemings.
> Ook vir ander deelnemers se waarnemings.
>
> Moet ongelukkig vriendelik, ten minste gedeeltelik, van julle verskil.
>
> Die waarneming dat net wit mense hulle aan armes steur en hulle probeer
> ophef, is, soos die waarneming dat net swartes vir misdaad verantwoordelik
> is, nie waar nie. Ek gaan my nie op statistiese gegewens beroep nie
> waaroor nie een van ons beskik nie. Feit is dat die mense wat weet, sê
> die hoveelheid misdadigers is pro rata direk proporsioneel tot elke groep
> se verteenwordiging in die totale bevolking. Netso is die persepsie dat
> net wittes die slagoffers van misdaad word, van alle waarheid ontbloot -
> swartes self loop die grootste gevaar en wittes in werklikheid die minste.
----Die mense wat weet, is wie? Dalk kan hulle so gaaf wees om vir ons 'n
voorbeeld te gee van 'n geval waar blankes 'opgehef' is deur swart mense?
Net so sal ek ook graag wil weet wat is die statistieke van wit
plaasmoordenaars teenoor swart plaasmoordenaars? As jy die statistieke
volg dan moet daar sulke mense wees!

> Waarom het wittes dan die persepsie dat swartes meer misdadig is as
> wittes? - en dat wittes die meeste slagoffers het? Wel as swartes pro
> rata net soveel misdadigers oplewer as wittes, gaan daar sowat 10 swart
> misdadigers vir elke witte wees, nie waar nie? Dink bietjie wat gebeur
> elke keer wat mens 'n nuwe motor koop? - hoe jy skielik bewus word van al
> die ander op die pad dieselfde as jou soort en model - terwyl jy hulle
> vantevore nie raakgesien het nie. As mens eenmaal op iets gefokus raak,
> dan begin jy ongelukkig met oogklappe aankyk. Dieselfde gebeur met ons
> persepsie oor die hoeveelheid misdadigers en slagoffers van misdaad.
---OK. Wat is die verhouding tussen swart en wit by julle? Is die
getalle halsmisdade proporsioneel?
>
> Oor die welsynwerk. Ek het myself al vantevore duidelik daaroor uitgelaat
> dat ek baie werk in die townships doen om vir die armstes 'n beter lewe te
> help bou - presies wat is my saak. Op hierdie oomblik is daar honderde
> NRO wat deur swartes gestig is, met regeringshulp en eie inisiatief
> opheffingswerk onder die armes doen! - ook onder die wittes wat in die
> plakkerskampe beland het. Die tradisionele wit NRO wat nie swart geword
> het nie, is besig om te kwyn. Daar is bitter min wit mense wat nog bereid
> is om as vrywilligers op die strukture van die NRO te dien en te help
> (Hoeveel van julle is betrokke?) - dis swartes wat bereid is dit te doen.
> Gaan stap maar deur die provinsiale hospital (ek kyk 'n slag verby die
> vuil en mislukkings), vra uit en julle sal verbaas staan oor hoeveel
> vrywilligers daar werk wat uit die plakkerskampe kom - geen inkomste
> daaruit kry nie! - ter wille van die diens wat gelewer moet word aan ander
> en natuurlik ook om hulle CVs te verbeter en moontlik 'n pos los te slaan.
> Hoeveel wittes is bereid om vrywilligerwerk te doen? Die hele DOTS TB
> strategie berus op die werk van vrywilligers wat uit die armste
> gemeenskappe kom.
------Hier is baie argumente en redes voor. Hoekom sal jy gaan welsynwerk
doen en jouself 'n slagoffer van misdaad maak? Oor die swart welsyn vir
wit mense in plakkerskampe het ek nie 'n probleem nie en ek is bereid om dit
te glo. Maar wat van wit mense wat in die gewone dorp woon wat vrek arm is
en van welsyn af lewe? Onthou net ons praat nie van betaalde werkers nie.
Hoeveel swart inisiatiewe is daar onder arm blankes? 'n ander ding wat jy
moet onthou, is dat mense uit plakkerskampe is bereid om te werk bloot vir
kos.
Ek neem aan jy is bewus van die toestande van die staatshospitale
vandag? Met jou belastingbetalersgeld wat daarop veronderstel is om vir
jou redelike gesondheidsdienste te lewer? Wat is fout met swart mense dat
hulle bereid is om plekke soos hospitale te laat vuil word soos varkhokke?
Dit vat net 'n mop met seep en water en so bietjie moeite, dan is jy al ver
voor. Weet jy van Steve Hofmeyr en sy mense wat in Pretoria 'n hospitaal
gaan was het? Dit was toe nie so 'n groot job nie want toe die hospitaal
hoor dat hy mense bring vir skoonmaak, toe is hulle skielik fluks en doen
dit grootliks self.
Vorige onderwerp: Opheffing, wie vir wie?
Volgende onderwerp: Die (beter en/of) nuwe (Mev. en) President P & T Leon om te verhoog ? Die einde van Orde Boerevolk en/of HNP om te verhoog ? Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 01:08:39 MGT 2024