Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reën in die voorwinter
Reën in die voorwinter [boodskap #1148] Do, 10 Julie 2003 19:35 na volgende boodskap
Penkop van Swellendam  is tans af-lyn  Penkop van Swellendam
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Reën in die voorwinter

Vier mure teen die Suidewind -
my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskuur.

My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor -
blink breek my ploeg die middelvoor ...
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1149 is 'n antwoord op boodskap #1148] Do, 10 Julie 2003 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jul 2003 15:43:05 -0400, Katryn <Siumpeerts@liamtoh.moc> wrote:
>> Penkop van Swellendam <"@rogers.com> wrote:
>
>Sheesh, DD. Jy soek mos nou vir moeilikheid?
>
>:-))
>

LOL... en wéét ek dit nié!!!:-)))

DD
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1154 is 'n antwoord op boodskap #1148] Do, 10 Julie 2003 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Moet ons 'n Gloudina lookalike wedstryd gaan organiseer?????????

GrRico
"Penkop van Swellendam"
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1157 is 'n antwoord op boodskap #1148] Do, 10 Julie 2003 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:0fhrgvcea7gi53anhab3l5nc6ocebkn5t4@4ax.com...
> Speedy Gonzales wrote:
>
>>> Sheesh, DD. Jy soek mos nou vir moeilikheid?
>
>> LOL... en wéét ek dit nié!!!:-)))
>
> :-)))))))))))

Sheesh van my ook af. Ek het selfs vir 'n oomblik gewonder....
Katryn, ek wil jou opinie oor iets vra en dan sal ek nie weer daarna verwys
nie. Is haar probleem met vrouens? Dit het my voorgekom asof sy mans op
hulle opinies en so aan takseer, maar as dit by vrouens kom is daar van die
uitset 'n probleem. Dit lyk partykeer asof sy tyd het vir Elaine, maar ek is
nie seker nie.

Lorinda
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1189 is 'n antwoord op boodskap #1148] Vr, 11 Julie 2003 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:jjsrgv0uiujmlith8v3qaab1m3hjfab6ev@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
> Ek is heeltemal geneig om met jou saam te stem. Lorinda. Volgens wat
> jy op die groep al gesê het, klink dit asof jy baie langer op die NG
> gekuier het as ek. Maar vandat ek daar begin deelneem het amper 3
> jaar gelede, het sy my beskuldig van alles en nog wat.

Ek wil nie die verkeerde idee gee nie, ek was nie aanhoudend op die groep
nie. Ek het gese 5 jaar gelede, maar toe ek weer daaroor dink besef ek dis
meer iets soos 6 jaar... Ek het die groep toe gereeld gelees vir omtrent 'n
jaar. Toe verhuis ek Engeland toe van Griekeland af, en het om een of ander
rede toe nie weer na die groep gekyk tot 'n paar maande gelede nie.


> Die ergste van
> al die beledigings en beskuldigings was dat sy ander probeer oortuig
> het dat ek 'n man was.

!!!! Praat van eienaardig.

Lorinda
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1193 is 'n antwoord op boodskap #1189] Sa, 12 Julie 2003 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jul 2003 08:33:19 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "Katryn" wrote in message
> news:jjsrgv0uiujmlith8v3qaab1m3hjfab6ev@4ax.com...
>
>> Die ergste van
>> al die beledigings en beskuldigings was dat sy ander probeer oortuig
>> het dat ek 'n man was.

> gestreepte muis

Jy Katryn, dit as 'n belediging geag het? Om van manwees beskuldig te
word? As jy dit ooit weer sê, vertel ek vir Lorrette hoe jy, op die
stadium toe jy nog 'n vreeslike(r) raaisel (as nou) was, vir Gloudina
gesê het dat jy transseksueel is. (Onthou jy dit?)


DD
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1194 is 'n antwoord op boodskap #1148] Sa, 12 Julie 2003 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jul 2003 19:24:29 -0400, Katryn wrote:

> "Lorinda" wrote:
>
>> Sheesh van my ook af. Ek het selfs vir 'n oomblik gewonder....
>
> Ek verdomp OOK!! (Skies vir die lelike woord) :-)


Dankie tòg, al die moeite was nie verniet nie:-)))))))))))))))))

DD
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1195 is 'n antwoord op boodskap #1148] Sa, 12 Julie 2003 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jul 2003 16:08:50 -0400, Katryn wrote:


> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
> vriendelik met mekaar wees.
Dankie vir dié (é) kompliment, Danielle:-)
Ek verdien dit nie werklik nie, en jy het my natuurlik nou
twee hempsknope gekos...

> En soos jy natuurlik ook kon agterkom was arme Speedy/DD gereeld in
> die sop met haar, en was elke nuwe persoon wat daar probeer deelneem
> het, onmiddellik 'n "du plessis" genoem. Waar hy die geduld vandaan
> gehaal het om homself nie te probeer verdedig het nie, sal ek ook
> nooit kan verstaan nie. :-)
>
Vroeg in my lewe geleer om nie deur 'n muur te probeer loop nie,
maar eerder om dit:-)

ns.
Ook is dit die rede waarom DD nou spaans geword het,
maar as jy oplet sal jy sien dat ek na my eie nasionaliteit
verlang:-)))

DD
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1197 is 'n antwoord op boodskap #1193] So, 13 Julie 2003 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales skryf in boodskap news:...
> Jy Katryn, dit as 'n belediging geag het? Om van manwees beskuldig te
> word? As jy dit ooit weer sê, vertel ek vir Lorrette hoe jy, op die
> stadium toe jy nog 'n vreeslike(r) raaisel (as nou) was, vir Gloudina
> gesê het dat jy transseksueel is. (Onthou jy dit?)
>
>
> DD


LOL. Ek is seker sy het 'n goeie rede gehad (of dalk was sy net vies,
wat ook goeie rede is..:-).
DD, moenie my naam verander nie, ek is nie'n Lorrette nie (tensy jy
natuurlik van iemand anders praat). My identiteit is set in stone (om
my nek...:-)

Lorinda
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1198 is 'n antwoord op boodskap #1195] So, 13 Julie 2003 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> My fout, jammer. Ek het jou heeltemal verkeerd verstaan. Maar nou
> giggel ek nog harder, want ek wens ek kon 'n vlieg op die muur wees om
> jou reaksies te kon sien toe jy haar boodskappe aan jou lees. Ek
> onthou hoe ek gevoel het, en hoe totaal uit die veld geslaan ek was,
> en dis seker net logies om te dink dat jy dieselfde sou gevoel het.
> Dit het my 'n hele ruk geneem om te probeer uitvind wie ek dan nou
> eintlik veronderstel was om te wees. Daar was 'n hele paar kandidate,
> van 'n Ierse crossdresser (haai, nou wonder ek of dit dalk JY was wat
> die Ierse crossdresser op die groep was, wat haar/hulle so opgestook
> het? )

LOL. Nee, dit was nie ek nie (is dit deesdae nog moontlik vir 'n vrou
om 'n cross dresser te wees?). Maar vertel asseblief, dit klink
interessant. Van my reaksie gepraat, dit het my tyd geneem om agter te
kom dat sy dit nie werklik glo nie, en dit maar net 'n taktiek is om
almal van wie sy nie hou nie du plessis te noem. Dis nog meer snaaks
omdat sy eintlik van du plessis hou:-))Wel meer as van ons in elk
geval.


> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
> vriendelik met mekaar wees.

Dit was dieselfde met my. Dat DD met my kon vriende wees het my baie
hoop gegee vir die samelewing:-). Definitief sy persoonlikheid...:-)

Lorinda
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1204 is 'n antwoord op boodskap #1148] So, 13 Julie 2003 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jul 2003 09:10:28 -0400, Katryn wrote:

> Speedy Gonzales wrote:
>
>> ns.
>> Ook is dit die rede waarom DD nou spaans geword het,
>> maar as jy oplet sal jy sien dat ek na my eie nasionaliteit
>> verlang:-)))
>
> Ek verstaan. Maar Speedy het nogal op my gegroei - ek laaaik
> dit! :-)
>
> Speedy, jy moet meer vriende gaan soek vir hierdie NG. Ons is bietjie
> min op die oomblik? En nou is Rico en Andries *EN* Lorinda ook sommer
> tjoepstil.
>
> Ek het gebad julle ouens - RERIG!!
> :-))
>

So pas het jy my van nasionaliteit laat verander, Katryn:-)))

Speedy
- the fastest mouse in all Mexico
Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1205 is 'n antwoord op boodskap #1198] So, 13 Julie 2003 18:25 Na vorige boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Jul 2003 08:08:09 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Katryn wrote:
>> My fout, jammer. Ek het jou heeltemal verkeerd verstaan. Maar nou
>> giggel ek nog harder, want ek wens ek kon 'n vlieg op die muur wees om
>> jou reaksies te kon sien toe jy haar boodskappe aan jou lees. Ek
>> onthou hoe ek gevoel het, en hoe totaal uit die veld geslaan ek was,
>> en dis seker net logies om te dink dat jy dieselfde sou gevoel het.
>> Dit het my 'n hele ruk geneem om te probeer uitvind wie ek dan nou
>> eintlik veronderstel was om te wees. Daar was 'n hele paar kandidate,
>> van 'n Ierse crossdresser (haai, nou wonder ek of dit dalk JY was wat
>> die Ierse crossdresser op die groep was, wat haar/hulle so opgestook
>> het? )
>
> LOL. Nee, dit was nie ek nie (is dit deesdae nog moontlik vir 'n vrou
> om 'n cross dresser te wees?). Maar vertel asseblief, dit klink
> interessant. Van my reaksie gepraat, dit het my tyd geneem om agter te
> kom dat sy dit nie werklik glo nie, en dit maar net 'n taktiek is om
> almal van wie sy nie hou nie du plessis te noem. Dis nog meer snaaks
> omdat sy eintlik van du plessis hou:-))Wel meer as van ons in elk
> geval.
>
>
>> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
>> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
>> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
>> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
>> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
>> vriendelik met mekaar wees.
>
> Dit was dieselfde met my. Dat DD met my kon vriende wees het my baie
> hoop gegee vir die samelewing:-). Definitief sy persoonlikheid...:-)
>
> Lorinda

Kan ek hierdie skrywe raam en
teen my kantoormuur hang?

Sjoe, skielik laaik ek myself!
Ek's eintlik orraait hé! Dink
julle nie ook so nie!!!

(Dink ek moet my 'n merc gaan skaak!)
Vorige onderwerp: Re: Lorette?
Volgende onderwerp: Lorrette
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 06:00:56 MGT 2024