Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 4
Gloudina 4 [boodskap #115234] Ma, 29 Oktober 2007 11:40 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is 'n nuwe vraag, maar dit volg logies uit ons vorige gesprekke oor
die ANC se gewapende opstand.

Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?
Re: Gloudina 4 [boodskap #115236 is 'n antwoord op boodskap #115234] Ma, 29 Oktober 2007 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 29 Oct 2007 13:40:10 +0200, "Torreke" wrote:

> Hierdie is 'n nuwe vraag, maar dit volg logies uit ons vorige gesprekke oor
> die ANC se gewapende opstand.
>
> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?

Ag tog...
Gloudina 1,2,3,& 4... en jy't nog nie eens die een van die Indiane
gevra nie! Daar stuur jy die antie terug na haar dogter met 'n nuwe
thanksgiving. Dié keer thank sy haar dat sy nie Internet het nie.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115237 is 'n antwoord op boodskap #115236] Ma, 29 Oktober 2007 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Ag tog...[/color]

Klink of jy meegevoel met haar het, of jou ook moeg maak...

> Gloudina 1,2,3,& 4... en jy't nog nie eens die een van die Indiane
> gevra nie! Daar stuur jy die antie terug na haar dogter met 'n nuwe
> thanksgiving. Dié keer thank sy haar dat sy nie Internet het nie.
>

Gits, ek het van die Indiane een vergeet. Goeie een daardie. Dankie dat jy
my herinner het. Moet onthou om hom weer te vra.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115245 is 'n antwoord op boodskap #115237] Ma, 29 Oktober 2007 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 29 Oct 2007 14:33:09 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Gits, ek het van die Indiane een vergeet. Goeie een daardie. Dankie dat jy
> my herinner het. Moet onthou om hom weer te vra.

sorrie antie...:-)
(Hierdie smile wys hoe jammer ek is:-)
Re: Gloudina 4 [boodskap #115263 is 'n antwoord op boodskap #115234] Di, 30 Oktober 2007 02:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?

So jy noem Dietrich Bonh?ffer 'n terroris?

Gloudina
Re: Gloudina 4 [boodskap #115272 is 'n antwoord op boodskap #115263] Di, 30 Oktober 2007 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < skryf

>> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
>> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
>> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?

> So jy noem Dietrich Bonhöffer 'n terroris?

> Gloudina

Weer vermy jy die vraag. Ek het nie 'n woord oor Bonhöffer gesê nie. Ek
het jou gevra om my een teks in die Bybel te noem wat mens die reg gee om
die wapen teen jou regering op te neem.

Kan jy so 'n teks noem?
Re: Gloudina 4 [boodskap #115273 is 'n antwoord op boodskap #115272] Di, 30 Oktober 2007 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 30 Oct 2007 08:59:55 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Hessie" < skryf
>
>>> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
>>> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
>>> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?
>
>> So jy noem Dietrich Bonhöffer 'n terroris?
>
>> Gloudina
>
> Weer vermy jy die vraag. Ek het nie 'n woord oor Bonhöffer gesê nie. Ek
> het jou gevra om my een teks in die Bybel te noem wat mens die reg gee om
> die wapen teen jou regering op te neem.
>
> Kan jy so 'n teks noem?
>
>

Miskien, Torreke, moet jy ook in ag neem dat sy nie die Bybel glo nie.
Blykbaar beteken die woord "Bybel' vir haar 'Bergpredikasie' en niks
meer nie. Daarom betwyfel ek of dit wat jy vra vir haar enige gewig
dra.

Let ook op hoe sy *weer* my vraag oor Seretse Khama systap.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115276 is 'n antwoord op boodskap #115234] Di, 30 Oktober 2007 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 29 okt, 12:40, "Torreke" wrote:
> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?

Verstaan ek die vraag reg? ... Julius Caesar moes maar duskant die
rivier gebly het, Ghandi moes maar liewer op sy voorstoep bly sit het,
ook maar goed die Duitsers het nie in opstand teen hul regering van
die dag gekom nie en die Zimbabwiers het ook geen reg om enigsins in
opstand te kom teen hul uitmuntende regering nie....want daardie reg
word nerens in die bybel voorgesrkyf nie!!
Re: Gloudina 4 [boodskap #115277 is 'n antwoord op boodskap #115276] Di, 30 Oktober 2007 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" < wrote
>> Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
>> Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
>> implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?
>
> Verstaan ek die vraag reg? ... Julius Caesar moes maar duskant die
> rivier gebly het, Ghandi moes maar liewer op sy voorstoep bly sit het,
> ook maar goed die Duitsers het nie in opstand teen hul regering van
> die dag gekom nie en die Zimbabwiers het ook geen reg om enigsins in
> opstand te kom teen hul uitmuntende regering nie....want daardie reg
> word nerens in die bybel voorgesrkyf nie!!
>

Jy vermy ook die vraag. Klaarblyklik ken jy no so 'n teks nie.

In elk geval het jy nie goed gelees nie. Ek het nie die woorde "opstand
teen" gebruik nie, maar "die wapen opneem teen" - groot verskil!!!
Re: Gloudina 4 [boodskap #115289 is 'n antwoord op boodskap #115277] Di, 30 Oktober 2007 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> "Jottie" < wrote

> Jy vermy ook die vraag. Klaarblyklik ken jy no so 'n teks nie.
>
> In elk geval het jy nie goed gelees nie. Ek het nie die woorde "opstand
> teen" gebruik nie, maar "die wapen opneem teen" - groot verskil!!!

Siedaar. Torreke in al sy argumentatiewe glorie.
Jy redeneer nie. Dis 'n magspel wat jy probeer
handhaaf. Maar niemand is beindruk daardeur nie.

Gloudina
Re: Gloudina 4 [boodskap #115294 is 'n antwoord op boodskap #115289] Di, 30 Oktober 2007 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

>
> Siedaar. Torreke in al sy argumentatiewe glorie.
> Jy redeneer nie. Dis 'n magspel wat jy probeer
> handhaaf. Maar niemand is beindruk daardeur nie.
>

Ta' Hessie, jy's in die hoek met my vraag oor 'n enkele teks wat jou die reg
gee om die wapen teen jou regering op te neem. Nou beskuldig jy my dat ek
'n magspeletjie speel - om die aandag weg te trek van jou dilemma.

Ek het nêrens gesê of geimpliseer dat mens jou nie teen jou regering se
wandade en magsvergrype mag verset (in opstand kom) nie, maar God het
daarvoor aan die onderdane 'n wapen gegee wat magtiger is as die swaard wat
Hy aan die staat gegee het - die pen/tong! Jy mag en moet teen die sondes
van die staat getuig! - maar die wapen opneem? - wys my waar gee God jou
daardie reg?
Re: Gloudina 4 [boodskap #115295 is 'n antwoord op boodskap #115277] Di, 30 Oktober 2007 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Oct 30, 9:10 am, "Torreke" wrote:
> Jy vermy ook die vraag. Klaarblyklik ken jy no so 'n teks nie.
>
> In elk geval het jy nie goed gelees nie. Ek het nie die woorde "opstand
> teen" gebruik nie, maar "die wapen opneem teen" - groot verskil!!!

Eerstens, die vraag was nie aan my gestel nie en ek het in elkgeval
nie 'n clue of dit daar staan of nie so vertel maar. Ek sal jou glo
tot iemand anders die teendeel kan bewys. Dit beteken nie ek sal met
die antwoord saamstem nie maar slegs dat ek glo jou antwoord is reg.
Tweedens, ek het probeer om jou vraag te verstaan en het inderdaad 'n
antwoord gekry wat my tot die volgende slotsom laat kom: Jy kan basies
enigiets wat nie letterlik (of by implikasie) in die bybel staan nie
as verkeerd sien en dit bevraagteken met "Noem my net een vers in die
bybel wat mens die reg gee of by implikasie die reg gee...."
On second thought, moenie worry om te respond nie, dis tog 'n kak
vraag en 'n selfs kakker redenasie en niemand gaan vir niemand hier
oortuig nie.
Sorry as ek iemand se tyd vermors het.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115296 is 'n antwoord op boodskap #115295] Di, 30 Oktober 2007 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 30 Oct 2007 11:21:40 -0700, Jottie wrote:

> On Oct 30, 9:10 am, "Torreke" wrote:
>> Jy vermy ook die vraag. Klaarblyklik ken jy no so 'n teks nie.

>> In elk geval het jy nie goed gelees nie. Ek het nie die woorde "opstand
>> teen" gebruik nie, maar "die wapen opneem teen" - groot verskil!!!
>
> Eerstens, die vraag was nie aan my gestel nie en ek het in elkgeval
> nie 'n clue of dit daar staan of nie so vertel maar. Ek sal jou glo
> tot iemand anders die teendeel kan bewys. Dit beteken nie ek sal met
> die antwoord saamstem nie maar slegs dat ek glo jou antwoord is reg.
> Tweedens, ek het probeer om jou vraag te verstaan en het inderdaad 'n
> antwoord gekry wat my tot die volgende slotsom laat kom: Jy kan basies
> enigiets wat nie letterlik (of by implikasie) in die bybel staan nie
> as verkeerd sien en dit bevraagteken met "Noem my net een vers in die
> bybel wat mens die reg gee of by implikasie die reg gee...."
> On second thought, moenie worry om te respond nie, dis tog 'n kak
> vraag en 'n selfs kakker redenasie en niemand gaan vir niemand hier
> oortuig nie.
> Sorry as ek iemand se tyd vermors het.

Jy gaan verbaas wees, maar ek vind, wat jy hier sê, interessant.
Maar die interessante deel is toe nie waar jy dit graag sou wou hê
nie, maar in twee ander dele van wat jy sê.

Eerstens erken jy dat die vraag nie aan jou gevra is nie, en dat jy
nie 'n clue het wat daar staan nie, maar jy het jouself oopgestel vir
'n redenasie.

Dan kom die nòg interessanter aspek, en dit is dat jy, voor jy die
brief pos, besluit dat wat jy sê nie antwoordwaardig is nie, want jy
beskou dit as 'n kak redenasie. En tog pos jy dit.

Somtyds dink ek dat ek sielkunde moes swot want ek wonder dikwels hoe
mense se koppe werk en waarom hulle redeneer soos hulle redeneer, en
wat (indien) hulle daardeur probeer bereik.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115297 is 'n antwoord op boodskap #115296] Di, 30 Oktober 2007 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Oct 30, 8:27 pm, Dave wrote:
> Somtyds dink ek dat ek sielkunde moes swot want ek wonder dikwels hoe
> mense se koppe werk en waarom hulle redeneer soos hulle redeneer, en
> wat (indien) hulle daardeur probeer bereik.- Hide quoted text -
>
Die rede hoekom ek tog maar gepos het was om omverskoning te vra...
"Sorry as ek iemand se tyd vermors het."
Maar nou is ek bly dat ek nie jou of my tyd vermors het nie maar jou
laat nadink het oor jou keuse van loopbaan. Ek hoop regtig dit was vir
jou 'n deurslaggewende gebeurtenis en dat jy die lewe vorentoe nou
vanuit 'n ander lig kan beskou. Dit gee my 'n warm gevoel om die hart
om te dink ek kon 'n bydrae lewer.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115298 is 'n antwoord op boodskap #115297] Wo, 31 Oktober 2007 05:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1193779611.243925.51100@y42g2000hsy.googlegroups.com...

> Die rede hoekom ek tog maar gepos het was om omverskoning te vra...
> "Sorry as ek iemand se tyd vermors het."

Vandat jy nou die dag by die groep ingeskakel het, het jy nog net so 3 of 4
plasings gemaak, en dit is heeltemal te min om jou op te som in terme van
Godsdiens, politiek, sosiale voor en afkeure ens.

Kan ek jou vra om ons meer van jouself te verel.

Groete

Riaan
Re: Gloudina 4 [boodskap #115302 is 'n antwoord op boodskap #115297] Wo, 31 Oktober 2007 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 30 Oct 2007 14:26:51 -0700, Jottie wrote:

> On Oct 30, 8:27 pm, Dave wrote:
>> Somtyds dink ek dat ek sielkunde moes swot want ek wonder dikwels hoe
>> mense se koppe werk en waarom hulle redeneer soos hulle redeneer, en
>> wat (indien) hulle daardeur probeer bereik.- Hide quoted text -

> Die rede hoekom ek tog maar gepos het was om omverskoning te vra...
> "Sorry as ek iemand se tyd vermors het."
> Maar nou is ek bly dat ek nie jou of my tyd vermors het nie maar jou
> laat nadink het oor jou keuse van loopbaan. Ek hoop regtig dit was vir
> jou 'n deurslaggewende gebeurtenis en dat jy die lewe vorentoe nou
> vanuit 'n ander lig kan beskou. Dit gee my 'n warm gevoel om die hart
> om te dink ek kon 'n bydrae lewer.

Ek sal vanmidag met my pa daaroor praat. Dit is defnitief wat ek gaan
doen wanneer ek die skool verlaat. En ek gaan geld maak uit hierdie
einste nuusgroep - maar nie net hier nie want ek wil darem 'n praktyk
groter as 3 hê!
Re: Gloudina 4 [boodskap #115315 is 'n antwoord op boodskap #115298] Wo, 31 Oktober 2007 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 31 okt, 06:05, "Riaan" wrote:
> Vandat jy nou die dag by die groep ingeskakel het, het jy nog net so 3 of 4
> plasings gemaak, en dit is heeltemal te min om jou op te som in terme van
> Godsdiens, politiek, sosiale voor en afkeure ens.
> Kan ek jou vra om ons meer van jouself te verel.

Ek glo nie daarin om iemand te oordeel aan wat hy in die verlede
gedoen of op 'n nuusgroep geplaas het nie. As jy 'n lemoen oor die
buurman se heining gepluk ("gesteel") het toe jy 13 was gaan ek jou
nie verewig as 'n dief uitkryt nie. Wat saak maak is nou, en nou smaak
dit my ek is 'n potensiele klient vir Dave ;-)
Mense verander en hulle opinies verander ook soos nuwe feite aan die
lig kom. Dinge wat ek gister verag het, doen ek self vandag en
andersom.
Ek wil ook nie my hele verlede of huidige situasie hier uitlap nie
want ek hou van my privaatheid en ons weet almal die internet
eerbiedig niemand se privaatheid nie. Indien ek 'n plasing maak, voel
vry om dit op meriete te oorweeg en my te oordeel daarvolgens en slegs
daarvolgens. Ek sal wel laat weet as ek nie daarmee saamstem nie en ek
belowe ek sal myself verdedig met rede, of saamstem, of ek sal 'n
toegewing maak.
Ek loer graag in op hierdie nuusgroep en alhoewel jy reg is oor my
relatief geringe plasings, is ek redelik op hoogte met wie die
gereelde bydraers is op die groep.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115317 is 'n antwoord op boodskap #115315] Do, 01 November 2007 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 31 Oct 2007 15:29:54 -0700, Jottie wrote:

> On 31 okt, 06:05, "Riaan" wrote:
>> Vandat jy nou die dag by die groep ingeskakel het, het jy nog net so 3 of 4
>> plasings gemaak, en dit is heeltemal te min om jou op te som in terme van
>> Godsdiens, politiek, sosiale voor en afkeure ens.
>> Kan ek jou vra om ons meer van jouself te verel.
>
> Ek glo nie daarin om iemand te oordeel aan wat hy in die verlede
> gedoen of op 'n nuusgroep geplaas het nie. As jy 'n lemoen oor die
> buurman se heining gepluk ("gesteel") het toe jy 13 was gaan ek jou
> nie verewig as 'n dief uitkryt nie. Wat saak maak is nou, en nou smaak
> dit my ek is 'n potensiele klient vir Dave ;-)
> Mense verander en hulle opinies verander ook soos nuwe feite aan die
> lig kom. Dinge wat ek gister verag het, doen ek self vandag en
> andersom.
> Ek wil ook nie my hele verlede of huidige situasie hier uitlap nie
> want ek hou van my privaatheid en ons weet almal die internet
> eerbiedig niemand se privaatheid nie. Indien ek 'n plasing maak, voel
> vry om dit op meriete te oorweeg en my te oordeel daarvolgens en slegs
> daarvolgens. Ek sal wel laat weet as ek nie daarmee saamstem nie en ek
> belowe ek sal myself verdedig met rede, of saamstem, of ek sal 'n
> toegewing maak.
> Ek loer graag in op hierdie nuusgroep en alhoewel jy reg is oor my
> relatief geringe plasings, is ek redelik op hoogte met wie die
> gereelde bydraers is op die groep.

Dit grens aan bieg. Indien ek met die eerste konsultasie my vermoede
bevestig dat Jottie die vuilbek is wat deur ons almal gekillfile is
in die onlangse verlede, sal professionele etiek nie genoeg wees
om te keer dat ek dit in die kwartaalikse nuusbrief publiseer nie.
Inteendeel, dit sal voorblad haal.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115323 is 'n antwoord op boodskap #115315] Do, 01 November 2007 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1193869794.894191.233110@d55g2000hsg.googlegroups.com.. .
> On 31 okt, 06:05, "Riaan" wrote:

> Ek glo nie daarin om iemand te oordeel aan wat hy in die verlede
> gedoen of op 'n nuusgroep geplaas het nie. As jy 'n lemoen oor die
> buurman se heining gepluk ("gesteel") het toe jy 13 was gaan ek jou
> nie verewig as 'n dief uitkryt nie. Wat saak maak is nou, en nou smaak
> dit my ek is 'n potensiele klient vir Dave ;-)
> Mense verander en hulle opinies verander ook soos nuwe feite aan die
> lig kom. Dinge wat ek gister verag het, doen ek self vandag en
> andersom.
> Ek wil ook nie my hele verlede of huidige situasie hier uitlap nie
> want ek hou van my privaatheid en ons weet almal die internet
> eerbiedig niemand se privaatheid nie. Indien ek 'n plasing maak, voel
> vry om dit op meriete te oorweeg en my te oordeel daarvolgens en slegs
> daarvolgens. Ek sal wel laat weet as ek nie daarmee saamstem nie en ek
> belowe ek sal myself verdedig met rede, of saamstem, of ek sal 'n
> toegewing maak.
> Ek loer graag in op hierdie nuusgroep en alhoewel jy reg is oor my
> relatief geringe plasings, is ek redelik op hoogte met wie die
> gereelde bydraers is op die groep.

Voel jy skuldig oor iets ??
Re: Gloudina 4 [boodskap #115325 is 'n antwoord op boodskap #115323] Do, 01 November 2007 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 1, 9:15 am, "Riaan" wrote:
> Voel jy skuldig oor iets ??- Hide quoted text -
>
Nee Riaan. Ek voel nie skuldig oor enigiets nie. Ek beskerm net my
privaatheid so ver ek kan en ek hoop jy kan dit respekteer. Indien
nie, is dit jou probleem so voel vry om dan maar saam met Dave te
spekuleer.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115327 is 'n antwoord op boodskap #115317] Do, 01 November 2007 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 1, 7:55 am, Dave wrote:
> Dit grens aan bieg. Indien ek met die eerste konsultasie my vermoede
> bevestig dat Jottie die vuilbek is wat deur ons almal gekillfile is
> in die onlangse verlede, sal professionele etiek nie genoeg wees
> om te keer dat ek dit in die kwartaalikse nuusbrief publiseer nie.
> Inteendeel, dit sal voorblad haal.- Hide quoted text -
>
Ai Dave, ek het nogal voorheen die indruk gekry dat jy redelik
rekenaar-savvy is en darem behoort te weet hoe om vas te stel waar 'n
boodskap vandaan gepos is. Alhoewel ek nie weet van watter vuilbek jy
praat nie (baie relatiewe begrip), behoort dit nie te moeilik vir jou
te wees om 'n paar posting te vergelyk nie of hoe? Maar probeer dit
doen voor jy enige verdere vermoedens publiseer asseblief.
Laat weet gerus as jy hulp nodig het. Ek help graag.
Re: Gloudina 4 [boodskap #115332 is 'n antwoord op boodskap #115327] Do, 01 November 2007 11:45 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 01 Nov 2007 02:45:22 -0700, Jottie wrote:

> On Nov 1, 7:55 am, Dave wrote:
>> Dit grens aan bieg. Indien ek met die eerste konsultasie my vermoede
>> bevestig dat Jottie die vuilbek is wat deur ons almal gekillfile is
>> in die onlangse verlede, sal professionele etiek nie genoeg wees
>> om te keer dat ek dit in die kwartaalikse nuusbrief publiseer nie.
>> Inteendeel, dit sal voorblad haal.- Hide quoted text -

> Ai Dave, ek het nogal voorheen die indruk gekry dat jy redelik
> rekenaar-savvy is en darem behoort te weet hoe om vas te stel waar 'n
> boodskap vandaan gepos is. Alhoewel ek nie weet van watter vuilbek jy
> praat nie (baie relatiewe begrip), behoort dit nie te moeilik vir jou
> te wees om 'n paar posting te vergelyk nie of hoe? Maar probeer dit
> doen voor jy enige verdere vermoedens publiseer asseblief.
> Laat weet gerus as jy hulp nodig het. Ek help graag.
>

'whois' is nie eens weggesteek nie, Jottie, maar lê sommer op my
desktop.
Dit is egter nie veel werd wanneer iemand 'n anomserver/poster wat
deur sowat 3 proxies beweeg eer die bestemming bereik word, gebruik
nie. En dit is wat die ou van wie ek praat gebruik het om ons mee te
pes.
Vorige onderwerp: Voorspelling - Baie Pret vorentoe
Volgende onderwerp: nuwe persoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:46:54 MGT 2024