Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 2
Gloudina 2 [boodskap #115231] Ma, 29 Oktober 2007 09:39 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, hier's nog 'n obeantwoorde vraag.

"Hessie" < wrote

> en die manier
> waarop Torreke nog die ou bestel probeer
> regverdig.

1) Waar het ek die ou bestel regverdig?

2) Ek het gewoon jou daarop gewys dat ek lankal op die ng op rekord is dat
ek gesê het dat ek geen fout met die tuislandgedagte kan vind nie - Dan sou
daar ook fout wees met die bestaan van Lesotho en Swaziland! - maar baie
groot fout met die paternalistiese wyse waarop die wittes alleen daaroor wou
besluit - en al die kleinlikhede waarmee apartheid gepaard gegaan het. - ek
het dit 'n misdaad teen GOD genoem! - baie sterker gestel as bloot 'n
misdaad teen die mensdom!

3) Ek het jou daarop gewys dat die ANC die tuislandgedagte verwerp en
geweier het om daaraan deel te neem omdat hulle met die SAKP en die
Sowjet-Unie hand om die lyf gestaan het en 'n Marxisties-Leninistiese
eenpartystaat tot stand wou bring. Dit het vir hulle nie gegaan oor
apartheid nie - apartheid was net 'n baie gerieflike stok! - dit het vir
hulle gegaag oor MAG!!!

(Terloops, Mbeki en Zuma se huidige stryd om MAG, kan maar gerus vir 'n
slag teen daardie agtergrond beoordeel word!!! - want dis waar dit
oorspronklik vandaan kom!!!)

4) Ek het jou genooi om my verkeerd te bewys. Jy het nie, WANT JY KAN NIE!

5) Nou maak jy bostaande stelling so in die wind na Ferdi toe, klaarblyklik
in die hoop dat jy hierin onderstenuning van hom gaan kry. Hy kan jou gerus
ondersteun, as hy sou wou, maar dan gaan hy ook voor my uitdaging te staan
kom:

*** Bewys my verkeerd?!?!?! ****
Re: Gloudina 2 [boodskap #115242 is 'n antwoord op boodskap #115231] Ma, 29 Oktober 2007 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Gloudina, hier's nog 'n obeantwoorde vraag.
> (Terloops, Mbeki en Zuma se huidige stryd om MAG, kan maar gerus vir 'n
> slag teen daardie agtergrond beoordeel word!!! - want dis waar dit
> oorspronklik vandaan kom!!!)
>
> 4) Ek het jou genooi om my verkeerd te bewys. Jy het nie, WANT JY KAN NIE!

Waar is die vraag hierin. Wat moet ek verkeerd
bewys? Dat Mbeki en Zuma se styd nie oor mag
gaan nie? Waar het ek ooit gesê dat dit nie oor mag
gaan nie. Waar het ek ooit my uitgespreek teen
die sogenaamde stryd tussen Mbeki en Zuma?
Jy deklameer en deklameer en dan verklaar jy
dat ek jou nie geantwoord het nie. Watter vraag
het jy gevra?

Gloudina
Re: Gloudina 2 [boodskap #115248 is 'n antwoord op boodskap #115242] Ma, 29 Oktober 2007 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Gloudina 2 [boodskap #115249 is 'n antwoord op boodskap #115242] Ma, 29 Oktober 2007 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
Watter vraag het jy gevra?

Gloudina

3) Ek het jou daarop gewys dat die ANC die tuislandgedagte verwerp en
geweier het om daaraan deel te neem omdat hulle met die SAKP en die
Sowjet-Unie hand om die lyf gestaan het en 'n Marxisties-Leninistiese
eenpartystaat tot stand wou bring. Dit het vir hulle nie gegaan oor
apartheid nie - apartheid was net 'n baie gerieflike stok! - dit het vir
hulle gegaag oor MAG!!!

*** Bewys my verkeerd?!?!?! ****
Re: Gloudina 2 [boodskap #115256 is 'n antwoord op boodskap #115248] Ma, 29 Oktober 2007 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> 1) Waar het ek die ou bestel regverdig?

Gaan lees weer. Jy het die sisteem van tuislande
regverdig. Nouja, enigiemand is welkom om so 'n
sisteem te regverdig. Maar in SA het die apartheids-
vadere hierdie sisteem ingebring sodat hulle kon
verdeel en heers. Hulle het dit ingebring, teen die
wense van die bevolking wat die meeste geaffekteer
is, en het dit moontlik gemaak om duisende en
duisende mense uit die stede te ontwortel en hulle
na die kaal haai vlakte terug te stuur. Onthou maar
die storie van Poppie Nongena.

Gloudina
Re: Gloudina 2 [boodskap #115257 is 'n antwoord op boodskap #115249] Ma, 29 Oktober 2007 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

Ek het jou daarop gewys dat die ANC die tuislandgedagte verwerp en
> geweier het om daaraan deel te neem omdat hulle met die SAKP en die
> Sowjet-Unie hand om die lyf gestaan het en 'n Marxisties-Leninistiese
> eenpartystaat tot stand wou bring. Dit het vir hulle nie gegaan oor
> apartheid nie - apartheid was net 'n baie gerieflike stok! - dit het vir
> hulle gegaag oor MAG!!!

O, so jy leef nou op die oomblik in 'n Marxis-Lenin
eenpartystaat, waar al die industrieë genasionaliseer
is? Slaan my dood met 'n veer . Laaste keer toe ek gekyk
het, was die SA regering besig om 'n neo-konserwatiewe
fiskale beleid te voer a la Margaret Thatcher.

Gloudina
Re: Gloudina 2 [boodskap #115259 is 'n antwoord op boodskap #115256] Ma, 29 Oktober 2007 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 29 Oct 2007 14:18:04 -0000, Hessie wrote:

> Maar in SA het die apartheids-
> vadere hierdie sisteem ingebring sodat hulle kon
> verdeel en heers.

> Gloudina
>

Ek het jou voorheen vertel van Seretse Khama, van wie jy blykbaar nog
nie gehoor het nie, want jy het dit gesystap. Hy was die president van
die destydse Bechuanaland Protectorate, huidig genoem Botswana.

Khama was met Ruth Williams, 'n Engelse vrou getroud. Die Britse
regering het 'n ondersoek gelas na sy vermoëns en hom as geskik bevind
om Bechuanaland (Betsjoeanaland) te regeer. Die bevinding is egter
geignoreer en as gevolg van sy huwelik hom in 1951 vir 30 jaar uit
Bechuanaland verban.
Onthou dat dit 'n Britse Protektoraat was. Die Konserwatiewe regering
van Britanje het toe later die 30 jaar permanent gemaak.

Die 'apartheidsvadere' was toe wyer gestasioneer as wat jy sou raai,
né. Toe julle uit Soweto gevlug het, na julle die soldate in die
Kaspirs Afrikaans hoor praat het, en Afrikaans toe verraai het, het
julle gevlug na die land wat Khama as gevolg van sy huwelik met 'n wit
vrou, uit sy land verban het. En Afrikaans verraai vir hulle taal.

Maar julle het geluister na die taal van die soldate in die Kaspirs,
en die taal wat die soldate by die heinings van die konsentrasiekampe
gepraat het, het julle toe jul eie gemaak. Dìt op sig self, maak enige
redenasies van jou lagwekkend.
Re: Gloudina 2 [boodskap #115270 is 'n antwoord op boodskap #115257] Di, 30 Oktober 2007 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" geweier het om daaraan deel te neem omdat hulle met die SAKP en die[/color]
> Sowjet-Unie hand om die lyf gestaan het en 'n Marxisties-Leninistiese
> eenpartystaat tot stand wou bring. Dit het vir hulle nie gegaan oor
> apartheid nie - apartheid was net 'n baie gerieflike stok! - dit het vir
> hulle gegaag oor MAG!!!

O, so jy leef nou op die oomblik in 'n Marxis-Lenin
eenpartystaat, waar al die industrieë genasionaliseer
is? Slaan my dood met 'n veer . Laaste keer toe ek gekyk
het, was die SA regering besig om 'n neo-konserwatiewe
fiskale beleid te voer a la Margaret Thatcher.

Gloudina

Bied die feit dat SA nie 'n Marxisties-Lenistiese eenpartystaat geword het
nie, enige bewys dat dit nie die oogmerk van die ANC was nie?

Het jy vergeet dat die Berlynse muur en die Sowjet-Unie intussen geval het
en die Koue Oorlog tot 'n einde gekom het?
Re: Gloudina 2 [boodskap #115278 is 'n antwoord op boodskap #115256] Di, 30 Oktober 2007 08:46 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

>
>> 1) Waar het ek die ou bestel regverdig?
>
> Gaan lees weer. Jy het die sisteem van tuislande
> regverdig.

1) Nee, jy moet weer lees. Ek het nie gepraat van "sisteem van tuislande"
nie, maar "tuislandgedagte" - groot verskil!!!!
Ek het gesê "dat ek geen fout met die tuislandgedagte kan vind nie" - met
ander woorde met die filosofie om aan elke volk sy eie grondgebied te gee
waar hy homself kan regeer. Ek het verwys na die Europese volkstate. Kan
jy enige fout met dié basiese filosofie vind?

2) Ek het dit duidelik gemaak dat daar baie groot fout is met HOE hierdie
basiese filosofie toegepas was!!!

3) Om die basiese filosofie van 'n eie land en eie regering vir elke volk
te regverdig, is iets heel anders as om "die ou bestel" te regverdig.

> Nouja, enigiemand is welkom om so 'n
> sisteem te regverdig. Maar in SA het die apartheids-
> vadere hierdie sisteem ingebring sodat hulle kon
> verdeel en heers.

ANC propaganda! - oor die motiewe daarvoor!!!
FW sal tot vandag toe vir jou sê dat die bedoeling nie was om te verdruk
nie, maar om aan elkeen die vryheid te gee wat ons so moeisaam vir onsself
verwerf het - dat ons in die toepassing van hierdie strewe totaal ontspoor
het!!!

Die gedagte van 'n eie Afrikaner volkstaat wat langs en onafhanklik van die
swart volke en hulle politieke entiteite bestaan, gaan terug tot by die
Groot Trek - gaan lees gerus die Retief traktaat.
Die kwessie oor swart stemreg gaan terug tot by en voor die AB - die vraag
oor hoe die swartes volle politieke mag gegee kan word sonder om die
swaarverdiende eie vryheid prys te gee. Die tuislandgedagte het na die
ideale oplossing gelyk - om aan ander te gee wat ons vir onsself gevra het.

> Hulle het dit ingebring, teen die
> wense van die bevolking wat die meeste geaffekteer
> is, en het dit moontlik gemaak om duisende en
> duisende mense uit die stede te ontwortel en hulle
> na die kaal haai vlakte terug te stuur. Onthou maar
> die storie van Poppie Nongena.
>
> Gloudina

Spaar my die emosionele retoriek. As jy weer gaan lees wat ek gesê het, sal
jy sien dat ek volmondig daaroor saamstem.
Vorige onderwerp: Gloudina 6
Volgende onderwerp: Gloudina 7
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:38:28 MGT 2024