Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarvoor berei hulle voor?
Waarvoor berei hulle voor? [boodskap #115196] Sa, 20 Oktober 2007 09:36
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet nie of hier in die omgewing 'n rugbywedstryd gespeel gaan word
of wat aangaan nie, maar Durban is in rep en roer met rugby slogans
en rugby logos en rygbytekens orals. Tente word opgeslaan en
luidsprekers word geinstalleer.

Vanoggend met die oggendstap, het ek vir iemand wat 'n tent opslaan
langs die casino, (een van vele) met luidsprekers en Groot Skerm TV,
gevra waarvoor hulle voorberei. Hy het bevestig dat dit 'for the
rugby' is. Toe ek vra wie gaan speel, was sy mompeling alles behalwe
vleiend. Ek wou toe nie verder uitvra nie.

Het een van julle dalk iets van rugby of so iets in 'n koerant gesien?
Vorige onderwerp: Steeds oor Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Dis hoe dit was, die Steve Hofmeyr storie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:48:01 MGT 2024