Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert.....
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11456] Vr, 21 November 1997 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Nov 1997 17:35:17 GMT, "Stephanus Schoeman" <s_sch...@hotmail.com> wrote:
<< Verder kan ek net so 'n
> Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. >>

Ek vermoed dis n wêreldwye "trend" wat seker maak deel van die global
village ding is.
My kinders se beste vriendjie op die oomblik is n Kanadees wie se
ouers hier werk. Sy gaan nou hier skool saam met hulle.
Verlede jaar was een van hulle vriendinne n Italianer wie se pa hier
op kontrak gewerk het. Hulle kom aanstaande jaar terug vir nog n jaar.
Hulle is Italianers in SA.
Hulle link ook met die Internet op huis toe om op hoogte te bly.
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11499 is 'n antwoord op boodskap #11456] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Stephanus Schoeman wrote in article
>> Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
>> die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
>> SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
>> ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
>> Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
>> swakker Afrikaans sal praat nie.

Stephanus

Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met jou
kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. Vra maar
vir Gloudina.

Cheers
Lou
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11500 is 'n antwoord op boodskap #11456] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 24 Nov 1997 13:07:10 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

> Die belangrike aspek is dit: elkeen wat hier bly moet saamleef met die
> gevolge van sy dade hier. Elkeen wat in die buiteland is het gekies om nie
> saam te leef nie met die gevolge van sy dade hier - hetsy in die verelede of
> in die hede.
>
> Dit plaas 'n groot verantwoordelikheid op mense wat uit die buiteland sake
> hier be-invloed of probeer be-invloed, op watter manier ookal, en doelbewus
> of onbewus. Hulle mag nie vergeet nie, dat hulle dade wat sake hier mag
> beinvloed vir hulle bloot gevolgloos is - die van ons wat hier is moet
> daarmee saamleef.

Leendert, met die stem ek saam, en sal verder gaan. Ek dink dat ons
wie ons lewe nou in die buiteland nou maak geen moreele reg het om in
'n Suid Afrikaanse verkiesing deel te neem het nie. Ons betaal nie
belasting nie ens. maar meer belangrik, ons dra nie die gevolge van
ons aksies nie. Dit het my verskriklik vies gemaak tydens die laaste
verkiesing toe rye mense in Trafalger Square en in Nieeu Zeeland (
insluitend die eerste false een!) gestem het oor iets wat hulle nie
sou raak nie.

Maar ons het nog 'n reg, moreel ook, om 'n mening te he oor wat in
Suid Afrika aangaan en om dit in forums soos die te uiter, al stem ek
nie met die sentiment saam nie.

Vriendelike Groete

Colin
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11514 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Lou wrote in article ...

> Nico Snyman wrote:
>>
>>
>>> Dit is die verskil
>>
>> diaspora het 'n verantwoodelikheid
>
> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>
> Cheers
> Lou

Sies Lou,

Jy kan nie almal in die kategorie van Gloudina plaas nie.

Party van die Afrikaners in die verstrooiing het wel nog goeie bedoelings en
wil nie net afbrekend wees nie.

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11515 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> Dit is die verskil
> tussen mense wat hier is en mense in die buiteland. Mense wat hier is se
> uitsprake moet noodwendig rekening hou met die moontlikheid dat hulle self
> onderhewig is aan die gevolge wat dit mag meebring.
>
> Ek vra bloot dat mense uit die buiteland hierdie verskil in berekening sal
> bring. Vir sover hulle dit nie doen nie kan ek, jy en ander daarop wys en
> hulle op die vingers tik. Maar ons kan nie noodwendige die gevolge van die
> uitsprake omkeer of ongedaan maak nie.
>
Hiermee moet ek saamstem. Alhoewel dit verfrissend is om die standpunte te
hoor van mense wat buite die sisteem staan, en dus nie ondehewig aan die
sisteem is nie, is dit soms moeilik om te onderskei of stellings wat deur
diesulkes gemaak word wel gemaak word om 'n positiewe inset te lewer, en of
dit net suur druiwe is. Ons wat die versoeking weerstaan het om erens anders
'n Utopia te gaan soek, kan maklik opmerkings van mense van *buite* af as
kwetsend sien, al is dit nie so bedoel nie. Dus dink ek die diaspora het 'n
verantwoordelikheid om hulle woorde versigtig te kies, en ook die manier wat
hulle betrokke is by veranderinge in die Nuwe! Beter! Suid-Afrika. Sommige
goed bedoelde dade mag dalk net die teenoorgestelde uitwerking he.
Nico
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11516 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

> Liewe Colin,
>
> Jy en Leendert is baie begaan dat Suid Afrikaners
> in die verstrooiing (diaspora) nie die gevolge van hulle
> dade hoef te dra wanneer hulle inmeng met ons
> binnelanders se sake nie.
>
> Ek stem nie met julle saam nie. Hulle dra wel die
> gevolge van hulle dade NA DIE AARD VAN HULLE DADE.
> Kom ons neem Gloudina en Leendert as voorbeeld.
> (Ek het hulle voorheen as voorbeeld gebruik waarop sy
> my geweldig verkwalik het, maar Leendert nie.) Meeste
> kere wat sy iets SKRYF wat Leendert nie aanstaan nie,
> SKRYF Leendert terug om haar tot verantwoording te roep.
> Wat ons egter moet raaksien, en dit is hoekem ek hulle
> twee as voorbeeld neem, is dat sonder INMENGING en
> VERANTWOORDELIKHEID niks hiervan moontlik is nie.
>

Ek wonder hoekom, in At se o"e, Leendert altyd
die krediet gegee word en ek so subtiel afgeransel
word. Ek dink jy moet in jou eie boesem kyk, At,
en sien hoekom jy dink Leendert is so suiwer van
intensie en ek is so verkeerd, meeste van die tyd,
in die dinge wat ek sê. Watter maatstawwe gebruik
jy?
Ek voel dat ek, op die stadium toe dit nog vir
my moontlik was, IN SUID-AFRIKA my geidentiseer het
met die 80% van die bevolking wat deur apartheid
gemarginaliseer is, deur onder hulle te werk en te
bly. Daarom het ek nou nog wortels in daardie 80%
van die bevolking wat nou, goddank, ook hulle plek
in die son gekry het. Kan Leendert, en selfs jy, At
dieselfde sê?

Gloudina
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11517 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Colin skryf:

> "Leendert van Oostrum" skryf:
>
>> Die belangrike aspek is dit: elkeen wat hier bly moet saamleef met die
>> gevolge van sy dade hier. Elkeen wat in die buiteland is het gekies om nie
>> saam te leef nie met die gevolge van sy dade hier - hetsy in die verelede of
>> in die hede.
>
> Leendert, met die stem ek saam, en sal verder gaan. Ek dink dat ons
> wie ons lewe nou in die buiteland nou maak geen moreele reg het om in
> 'n Suid Afrikaanse verkiesing deel te neem het nie. Ons betaal nie
> belasting nie ens. maar meer belangrik, ons dra nie die gevolge van
> ons aksies nie.
>
> Maar ons het nog 'n reg, moreel ook, om 'n mening te he oor wat in
> Suid Afrika aangaan en om dit in forums soos die te uiter, al stem ek
> nie met die sentiment saam nie.

Liewe Colin,

Jy en Leendert is baie begaan dat Suid Afrikaners
in die verstrooiing (diaspora) nie die gevolge van hulle
dade hoef te dra wanneer hulle inmeng met ons
binnelanders se sake nie.

Ek stem nie met julle saam nie. Hulle dra wel die
gevolge van hulle dade NA DIE AARD VAN HULLE DADE.
Kom ons neem Gloudina en Leendert as voorbeeld.
(Ek het hulle voorheen as voorbeeld gebruik waarop sy
my geweldig verkwalik het, maar Leendert nie.) Meeste
kere wat sy iets SKRYF wat Leendert nie aanstaan nie,
SKRYF Leendert terug om haar tot verantwoording te roep.
Wat ons egter moet raaksien, en dit is hoekem ek hulle
twee as voorbeeld neem, is dat sonder INMENGING en
VERANTWOORDELIKHEID niks hiervan moontlik is nie.

Ons moet in mekaar se sake inmeng. Om mekaar soos
melaatses te behandel, sal niks oplewer nie. Maar ons
moet dit ook verantwoordelik doen. Dit beteken dat ons
die ingeboude organisasie moet kan bevraagteken en
dit wat goed is kan respekteer. Natuurlik verskil ons van
mekaar oor wat goed is. Eerlike verskille is na my mening
belangriker as om 'n gewaande eenstemmigheid te he oor
wat goed is.

Ek persoonlik dink dat die verstrooides by verre nie
genoeg aan hierdie nuusgroep deelneem nie. Ek sou
graag wou sien dat elkeen van die verstrooides wat
aan die nuusgroep deelneem, minstens drie keer per
week self sal skryf. Dit maak nie saak waaroor nie,
solank hulle net skryf.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11518 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Liewe Colin,
>
> Jy en Leendert is baie begaan dat Suid Afrikaners
> in die verstrooiing (diaspora) nie die gevolge van hulle
> dade hoef te dra wanneer hulle inmeng met ons
> binnelanders se sake nie.
>
> Ek stem nie met julle saam nie. Hulle dra wel die
> gevolge van hulle dade NA DIE AARD VAN HULLE DADE.
> Kom ons neem Gloudina en Leendert as voorbeeld.
> (Ek het hulle voorheen as voorbeeld gebruik waarop sy
> my geweldig verkwalik het, maar Leendert nie.) Meeste
> kere wat sy iets SKRYF wat Leendert nie aanstaan nie,
> SKRYF Leendert terug om haar tot verantwoording te roep.
> Wat ons egter moet raaksien, en dit is hoekem ek hulle
> twee as voorbeeld neem, is dat sonder INMENGING en
> VERANTWOORDELIKHEID niks hiervan moontlik is nie.

At, dit is nie heeltemal waar nie. Toe ek verlede Kersfees vir die eerste
keer na 'n lang tyd op hierdie nuusgroep kom loer het, het Gloudina en Koos
die veld vir hulself gehad.

Hulle was besig om aanhoudend en sonder teenspraak barbaarsheid te
verkondig. Die barbaarsheid wat Gloudina voorstaan, dat kinders nou verkrag
mag word omdat Biko in die verlede papgeslaan is. Vir Kanada en vir
Australië, vir Nederland en Portugal verkondig sy dit nie - net vir
Suid-Afrika.

Vir sover sy in sulke argumente steun verleen aan haar medebarbare hier,
help sy om toestemming te verleen vir die voortsetting van barbaarsheid. Op
dieselfde wyse as wat 'n minister van justisie moorde op boere aanmoedig
deur te verklaar dat dit die regmatige gevolg is van 'n apartheidsverlede.
Die minister, nie 'n boer nie, se uitsprake is vir hom gevolgloos vir sover
dit wel tot verdere moorde ly, ongeag hoeveel mense hom in die openbaar en
in die media teregwys.

Ongeag hoeveel teenspraak Gloudina trek met haar uitsprake, dra sy nie die
gevolge vir so ver hulle mense aanmoedig om barbaarsheid te pleeg of goed te
praat nie. Ook nie vir sover sy mense wat hulle vir geregtigheid be-ywer
ontmodig nie.

Daarmee wil ek nie beweer dat Gloudina die mond gesnoer moet word nie.
Inteendeel. Maar sy moet gemaan word dat wat sy doen ten minste so immoreel
is as die imoraliteit van die verlede wat sy verfoei. En agter die skerm van
morele meerderwaardigheid wat sy voorhou, moet haar uitsprkae gesien word
vir die imoraliteit wat dit is.

Ek het dan ook nie gepleit dat buitelanders hulle nie moet "inmeng" nie. My
woorde was baie duidelik - vir sover hule wel inmeng, moet hulle dit met
verantwoordelikheid doen, juis omdat hulle nooit daarvoor verantwoording sal
moet doen deur self die gevolge daarvan te dra nie. Dit is die verskil
tussen mense wat hier is en mense in die buiteland. Mense wat hier is se
uitsprake moet noodwendig rekening hou met die moontlikheid dat hulle self
onderhewig is aan die gevolge wat dit mag meebring.

Ek vra bloot dat mense uit die buiteland hierdie verskil in berekening sal
bring. Vir sover hulle dit nie doen nie kan ek, jy en ander daarop wys en
hulle op die vingers tik. Maar ons kan nie noodwendige die gevolge van die
uitsprake omkeer of ongedaan maak nie.

[...]

>
> Ek persoonlik dink dat die verstrooides by verre nie
> genoeg aan hierdie nuusgroep deelneem nie. Ek sou
> graag wou sien dat elkeen van die verstrooides wat
> aan die nuusgroep deelneem, minstens drie keer per
> week self sal skryf. Dit maak nie saak waaroor nie,
> solank hulle net skryf.

Hiermee stem ek heelhartig saam. Ons het nou meer as ooit perspektiewe nodig
van mense wat buite die situasie staan.

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11519 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nico Snyman wrote:
>
>
>> Dit is die verskil
>
> diaspora het 'n verantwoodelikheid

Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)

Cheers
Lou
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11520 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Beste At

Ek dink ek verstaan die aard van jou boodskap. Maar die kern van wat
ek se is dat mense in die buiteland nie moet inmeng met goed wat 'n
verskil kan maak nie want hulle dra nie die prys wat miskien betaal
moet word vir hulle aksies nie. Een van daardie aksies is stem. 'n
Ander een wat ek aan kan dink is geld gee aan 'n politieke beweging in
SA. Leendert het so 'n rukkie terug 'n stuk gepos wat Robert Johnson
aanhaal oor die linkses in Golders Green & Hampstead in London. Die is
van die eerstes in die Diaspora en hulle sit nou hier in London en
glimlag oor hoe goed dit in SA gaan. Maar hulle lewe nie in gevaar
nie. Met ander woorde hulle aksies deurdat hulle steun aan die ANC
onder andere gegee het word nie deur hulle gevoel nie, in die gemors
wat tans in Suid Afrika heed.
My mening is dat ek nie soos hulle wil wees nie en sal enige iemand
afraai om so 'n standpunt in te neem al stem hulle saam met my
polities.
Ek self het altyd in die goeie tradisie van Engelse Suid Afrikaaners
vir die PFP en toe die DP gestem, toe ek in 'n wyk gewoon het waar
hulle gestaan het. Ek moet egter erken dat ek skuldig voel dat ek in
1995 gestem het, oordat ek toe geweet het dat ek binnekort Engeland
toe sou kom. Maar ek troos myself met die gedagte dat ek nog 'n jaar
of so die gevolge van my aksies gedra het (as die paar DP lede in die
volksraad as 'n gevolg gevat kan word). Die DP was in elke geval te
vol mense wt vir die DP gestem het maar gebid het dat die NP in bly.
Dit het al vit baie benoude oomblikke gemaak - my skoonpa is sterk KP
en ek het al vir 'n braai by die Boerestaaters in Lanseria gegaan saam
hom. Jy kan dink hoe stil ek gebly het voor ek getroud was.

Ek voel anders as dit by 'n mening kom. 'n Mening kan aan iemand gegee
word sonder enige hesitation en ek voel ek mag enige mening gee op die
NG sonder dat ek my beginsels teegaan. Mense soos Gloudina en Koos mag
se wat hulle wil en die "exchange of ideas" kan net goed wees. Waar
anders kan ons in die Diaspora sien hoe ander dink oor wat aangaan?
Hoe anders sou ons die lekker stories gehoor het oor "Herfs en
Halloween" en die trippie New York toe en natuurlik die menings
verskille wat tussen Leendert en Koos plaasgevind het.

Hier in Engeland begin dit nou weer kouer word. Ons het 'n Indian
Summer gehad (weet iemand waarvan kom die terme?) maar nou kom die
koue uit Scandanavia in en die wind word skraler by die dag. Een ding
wat egter waar is : Die gras is letterlik groener op die kant van die
draad.

Beste Wense

Colin
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11534 is 'n antwoord op boodskap #11456] Wo, 26 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Colin skryf:

> Beste At

> Ek dink ek verstaan die aard van jou boodskap. Maar die kern van wat
> ek se is dat mense in die buiteland nie moet inmeng met goed wat 'n
> verskil kan maak nie want hulle dra nie die prys wat miskien betaal
> moet word vir hulle aksies nie.

Liewe Colin,

Ek verstaan die kern van jou boodskap. Dit kom baie
ooreen met die kern van Leendert se boodskap. Twintig
of meer jaar gelede sou ek volmondig met julle
saamgestem het - hou julle neus uit ons sake.

Maar vandag dink ek anders. Dink net wat sou gebeur
het as die wereld na 1948 sy neus so diep in ons sake
gesteek het dat Apartheid voor 1952 tot 'n einde gekom
het. Ongelukkig is dit 'n dagdroom. Daarom gebruik ek
dit nie as rede vir my pleidooi nie.

Ons probleem is veel eerder die eensydigheid van die
inmenging, of nog erger, geen inmenging nie. Eensydige
inmenging veroorsaak 'n skewe optrede. Geen inmenging
lei nie tot optrede nie. Wat ons kort, is 'n gebalanseerde
optrede wat berus op ryke inmengings. Ons vrees inmenging
omdat ons weet dat dit veranderings gaan meebring. Ons
vrees dus eintlik veranderings! Veranderings as sulks, of
skewe veranderings? Ek dink dit is eerder laasgenoemde.

As ek praat van ryke inmengings, dan bedoel ek goed
bedoelde inmengings, selfs al sou dit op wanindruk berus
en misplaas geskied. Ek bedoel nie sleg bedoelde inmengings
nie. Dit sal ons in elk geval kry.

> Ek self het altyd in die goeie tradisie van Engelse Suid Afrikaaners
> vir die PFP en toe die DP gestem, toe ek in 'n wyk gewoon het waar
> hulle gestaan het. Ek moet egter erken dat ek skuldig voel dat ek in
> 1995 gestem het, oordat ek toe geweet het dat ek binnekort Engeland
> toe sou kom. Maar ek troos myself met die gedagte dat ek nog 'n jaar
> of so die gevolge van my aksies gedra het (as die paar DP lede in die
> volksraad as 'n gevolg gevat kan word). Die DP was in elke geval te
> vol mense wt vir die DP gestem het maar gebid het dat die NP in bly.
> Dit het al vit baie benoude oomblikke gemaak - my skoonpa is sterk KP
> en ek het al vir 'n braai by die Boerestaaters in Lanseria gegaan saam
> hom. Jy kan dink hoe stil ek gebly het voor ek getroud was.

Niemand sal vir die geleidelike agteruitgang van
hulle land stem nie. Baie sal egter bedrieg word
deur mooipraaitjies.

Sedert 1995 het die land oorwegend agteruitgegaan.
Meeste stadsrade het bankrot geword. Gesondheid=
dienste is in 'n krisis. Paaie wat nog tientalle jare met
instandhouding kon gehou het, verbrokkel. Misdaad
het die grootste bedryf in die land geword. Openbare
onderwys staan op die kniee - net die uitklophou kort
nog. Meeste nywerhede wurg om te bestaan. Bankrot=
skappe styg steeds. - En dag vir dag moet ons hoor
hoe die regering verskoon moet word omdat dit alles
die nalatenskap van Apartheid is.

Wanneer 'n mens in die argiewe rondkrap oor wat geskryf
is tussen 1930 en 1950, is dit juis hierdie dinge wat baie
witmense bekommer het. Hulle wou so 'n toestand
vermy. Hulle het gedink dat hulle dit op hulle eie sou kon
doen. Daarom het hulle Apartheid gesteun, direk of indirek.

Die ANC en sy bondgenote redeneer tans ook dat hulle
soveel stemme trek dat hulle ook die land op hulle eie sal
kan red. Elke witmens wat nie soos hulle dink nie, word as
'n rassis uitgekryt. Elke witmens wat nie bereid is om alles
prys te gee vir regstellende aksie en heropbou nie, is 'n
ondersteuner van apartheid.

Vandag word witmense as kriminele beskou omdat hulle tydens
die apartheidjare vir wit partye gestem het. Verder word mense
(wit, bruin en swart) as kriminele beskou omdat hulle nie vir die
ANC en sy bondgenote stem nie. Dis niks anders as tydens die
apartheidjare nie - toe is mense as kriminele beskou as hulle
nie vir wit partye gestem het nie.

> Ek voel anders as dit by 'n mening kom. 'n Mening kan aan iemand gegee
> word sonder enige hesitation en ek voel ek mag enige mening gee op die
> NG sonder dat ek my beginsels teegaan. Mense soos Gloudina en Koos mag
> se wat hulle wil en die "exchange of ideas" kan net goed wees. Waar
> anders kan ons in die Diaspora sien hoe ander dink oor wat aangaan?
> Hoe anders sou ons die lekker stories gehoor het oor "Herfs en
> Halloween" en die trippie New York toe en natuurlik die menings
> verskille wat tussen Leendert en Koos plaasgevind het.

Ek stem in 'n seker mate met jou saam. Dit gaan vir my egter
oor iets meer, naamlik dialoog (skryf-lees en praat-luister).
Dit gaan nie oor geld nie. Geld wat stom is kan nie regmaak
wat krom is nie - daar is geen beter plek in die wereld om hierdie
naakte waarheid te sien as in Afrika nie. Omdat dit oor dialoog
gaan, het ons julle verstrooides baie nodig. Skryf en praat oor
die hele wereld. Maak mense van oor die hele wereld wakker
vir die gemors waarin ons besig is om te beland. Skryf en praat
met soveel mense as moontlik in Suid Afrika. Doen julle deel
met dialoog. Dit maak nie saak watter mening julle het nie, of
dit die Viras aan die een kant of Kose aan die ander kant sal
plesier of nie, solank dit goed bedoel is. Ons het almal nodig,
die Gloudinas, die Galjoens, die Rianas - die motreen en die
hael, solank dit uiteindelik net water is.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11535 is 'n antwoord op boodskap #11534] Wo, 26 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 26 Nov 1997 08:40:36 GMT, "AM de Lange" wrote:

> Ons probleem is veel eerder die eensydigheid van die
> inmenging, of nog erger, geen inmenging nie. Eensydige
> inmenging veroorsaak 'n skewe optrede. Geen inmenging
> lei nie tot optrede nie. Wat ons kort, is 'n gebalanseerde
> optrede wat berus op ryke inmengings. Ons vrees inmenging
> omdat ons weet dat dit veranderings gaan meebring. Ons
> vrees dus eintlik veranderings! Veranderings as sulks, of
> skewe veranderings? Ek dink dit is eerder laasgenoemde.
>
> As ek praat van ryke inmengings, dan bedoel ek goed
> bedoelde inmengings, selfs al sou dit op wanindruk berus
> en misplaas geskied. Ek bedoel nie sleg bedoelde inmengings
> nie. Dit sal ons in elk geval kry.

Beste At

Ek voel dat enige inmenging deur enige iemand goedbedoel of nie, nog
inmenging is. Onthou ook dat as iemand inmeng hulle seker van mening
is dat die inmenging goed bedoel is. Ek was baie versigtig om 'n
onderskuit te maak tussen "active" inmenging en "passive" inmenging.
(Verskoon die woorde, die Afrikaans ontgaan my).
Verdere inmenging van buite in die verlede was natuurlik die periode
van sanksies, wat meer armmoede onder swartes in Suid Afrika
veroorsaak het as die ergste El Nino. Snaaks, hier dink mense dit het
gewerk, volgens my het dit nie Apartheid met een dag verkort nie. Dit
staan saam met die bewering dat die Kubane Cuito gewen het as een van
die groot myths van die ANC regering.
Met sulke slegte voorbeelde wil ek glad nie betrokke raak met
inmenging van die active soort, goed bedoel of nie. Suid Afrika en die
mense wat daar bly moet die beste doen om die probleme van die land op
te los, sonder inmenging goed of sleg van buite af. Ek het my besluit
geneem om te waai van die moord, die affirmative action, die betaal
vir ander se krag en water en die injustice en hier opgeeindig. Ek
moet nou hier stem; dit was my keuse. Mense soos ek moet nie inmeng in
Suid Afrika nie.

Beste Wense

Colin
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11536 is 'n antwoord op boodskap #11534] Wo, 26 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Colin skryf:
>
>> Beste At
>
>> Ek dink ek verstaan die aard van jou boodskap. Maar die kern van wat
>> ek se is dat mense in die buiteland nie moet inmeng met goed wat 'n
>> verskil kan maak nie want hulle dra nie die prys wat miskien betaal
>> moet word vir hulle aksies nie.
>
> Liewe Colin,
>
> Ek verstaan die kern van jou boodskap. Dit kom baie
> ooreen met die kern van Leendert se boodskap. Twintig
> of meer jaar gelede sou ek volmondig met julle
> saamgestem het - hou julle neus uit ons sake.

Beste At,

Wees asseblief so vriendelik om na te gaan wat ek geskryf het.

Wat jy hierbo sê is nie wat ek geskryf het nie.

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11553 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Sies Lou,
>
> Jy kan nie almal in die kategorie van Gloudina plaas nie.
>
> Party van die Afrikaners in die verstrooiing het wel nog goeie bedoelings en
> wil nie net afbrekend wees nie.
>
> Groete, Leendert

Leendert, ek dink jy moet nou ophou
met jou neurotiese geneul oor my.
Besef jy dat jy in omtrent elke pos
van jou my naam inbring, of dit nou
enigiets te doen het met iets wat
ek gesê het of nie. Dis 'n soort
van emosionele en deklamatoriese
masturbasie waarmee jy besig is,
en ek voel besmet daardeur. En
onthou net altyd, ek HET GOEIE
bedoelings, teenoor AL die mense
wat in SA bly. Maar waar ek snert
en dubbelgesigte sien, sal ek dit
uitwys, sodat jou soort nie vir
julself kan paradeer as die nuwe
geslag wat die lig gesien het nie.
Onthou, mense kan deur jou sien.
Ek vra jou nou beleef om my naam
uit te los. Ek van my kant sal
onderneem om geen repliek te lewer
op wat jy sê nie.

Gloudina
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11554 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>>
>> Sies Lou,
>>
>> Jy kan nie almal in die kategorie van Gloudina plaas nie.
>>
>> Party van die Afrikaners in die verstrooiing het wel nog goeie bedoelings en
>> wil nie net afbrekend wees nie.
>>
>> Groete, Leendert
>
>
> Leendert, ek dink jy moet nou ophou
> met jou neurotiese geneul oor my.
> Besef jy dat jy in omtrent elke pos
> van jou my naam inbring, of dit nou
> enigiets te doen het met iets wat
> ek gesê het of nie.
> Dis 'n soort
> van emosionele en deklamatoriese
> masturbasie waarmee jy besig is,
> en ek voel besmet daardeur.

Gloudina, as jy dinge kwytraak wat die essensie van boosheid behels moet jy
nie kla as jy 'n simbool van die bose word nie.

Winnie met haar matches kla oor dieselfde ding. As jy, soos sy, jou uitgee
vir 'n pinup girl, die Madonna van gruwels, moet jy ook aanvaar dat matrose,
vragmotorbestuurders en motor mechs jou beeld sal vertoon - en alles wat met
die status van 'n pinup girl saamgaan.

> En
> onthou net altyd, ek HET GOEIE
> bedoelings, teenoor AL die mense
> wat in SA bly.

As dit so was, sou mens verwag om dit in jou uitsprake te sien.

> Maar waar ek snert
> en dubbelgesigte sien, sal ek dit
> uitwys, sodat jou soort nie vir
> julself kan paradeer as die nuwe
> geslag wat die lig gesien het nie.
> Onthou, mense kan deur jou sien.

Ek hoop dit is waar dat mense deur my kan sien. Dit behoort dan ook vir
mense duidelik te wees dat ek hoegenaamd nie tel onder "die nuwe geslag wat
die lig gesien het" nie. Dis nou waar dit mense aangaan.

Ek aanvaar ook dat dit met die saad van satan anders gesteld sal wees.

> Ek vra jou nou beleef om my naam
> uit te los. Ek van my kant sal
> onderneem om geen repliek te lewer
> op wat jy sê nie.

Ek sal jou versoek respekteer. Soos in die verlede sal ek nie jou naam
gebruik waar dit nie verband hou met die onderwerp nie. Maar ek sal ook die
gebruik daarvan beperk in gevalle waar dit wel verband hou.

Ek koppel dit egter nie aan enige voorwaardes nie. Jy is welkom om repliek
te lewer as jy die drang voel.

Waaroor ek wel dankbaar sou wees, is as jy in jou uitsprake bewys lewer van
die goeie bedoelings wat jy teenoor al die mense van Suid-Afrika het, soos
jy beweer

Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11555 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>
>> Sies Lou,
>>
>> Jy kan nie almal in die kategorie van Gloudina plaas nie.
>>
>> Party van die Afrikaners in die verstrooiing het wel nog goeie bedoelings en
>> wil nie net afbrekend wees nie.
>>
>> Groete, Leendert
>
> Leendert, ek dink jy moet nou ophou
> met jou neurotiese geneul oor my.
> Besef jy dat jy in omtrent elke pos
> van jou my naam inbring, of dit nou
> enigiets te doen het met iets wat
> ek gesê het of nie. Dis 'n soort
> van emosionele en deklamatoriese
> masturbasie waarmee jy besig is,
> en ek voel besmet daardeur. En
> onthou net altyd, ek HET GOEIE
> bedoelings, teenoor AL die mense
> wat in SA bly.

Papslaan van wit seuns in die tronke - noem jy dit goeie bedoelings. Die
hemele behoed ons van jou slegte bedoelings.

Lou
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11556 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Besef jy dat jy in omtrent elke pos
> van jou my naam inbring,

Ag, ja . Wat is nou in 'n naam, as 'n persoon nie die moed het om 'n werklike
mens agter die naam te wees nie? Onthou jy, Leendert, toe Johnny vir haar
gevra het of sy die Gloudina is wat hy op skool geken het? Sy't gewyer om dit
te erken of te ontken. Sy's maar net _'n_ Gloudina. Nie _die_ Gloudina nie,
so waarom bekommer sy haar oor 'n naam, wonder ek. Sy skuil agter woorde op 'n
skerm, en is skaam om geken te wees.

> Maar waar ek snert
> en dubbelgesigte sien, sal ek dit
> uitwys,

Luister nou net. Hier praat een van die Gloudinas wat vir ons gesê het ons
moet nie dink sy bedoel alles wat sy skryf nie; sy doen dit dikwels net om 'n
reaksie uit te lok, omdat sy die voortbestaan van die groep op haar harte dra.
Ek dink H-J sal daardie juweeltjie onthou.
>

> en ek voel besmet daardeur ...

> Ek vra jou nou beleef om my naam
> uit te los.

A Rose, by any other name, would smell as sweet.
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11564 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 27 Nov 1997 15:03:02 GMT, "AM de Lange" wrote:

> Colin (in alle liefde en met groot dankbaarheid geskryf), jou
> bydraes op die nussgorep was inmenging. Jy weerspreek
> jouself mos nou. Moet tog asseblief net nie ophou so
> inmeng om jouself van weerspreking te vrywwar nie.

Beste At,

Ek klasifiseer inmenging op die net as passive dus weerspreek ek nie
myself nie. Jammer as ek nie myself duidelik gemaak het nie. :-)
Stel maar jouself gerus ek sal inmeng op so 'n manier as dit dit goed
dink.

Vriendelike Groete

Colin
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11565 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/25/97 10:33PM, in message , "Leendert van
Oostrum" wrote:

>
>
>
>
> Party van die Afrikaners in die verstrooiing het wel nog goeie bedoelings en
> wil nie net afbrekend wees nie.
>
> Groete, Leendert
>
Ek stem saam Leendert, maar ek dink ook daar's 'n gevaar dat mense wat
buitelands woon sommige menings kan vorm sonder 'n akkurate prent van wat
huidiglik hier gebeur nie. Sommiges, soos Riana besef dit. Ander, soos
Gloudina, dink hulle weet alles maar is klaarblyklik onder diep wanindrukke.

Hulle mag dalk CNN optel, nuusberigte ontvang, en van agtergeblewenes hoor,
maar jy sien self dat deesdae die walglikste misdade skaars genoem word in
koerante, en heeltemaal deur die beeldmedia misgekyk word. Al tel mense die
berigte op, is dit iets anders om te "weet" daarvan, as om dit self te "voel"
en betrokke te raak.

En al ontvang mens inligting van familielede en vriende - ek weet uit eie
ervaring, dat mens maar meestal op 'n persoonlike vlak praat en skryf, oor
persoonlike dinge, en ek wil ook nie vir my familie oorsee alles vertel wat
hier aan die gang is nie, omdat ek weet hulle sou bekommerd raak oor ons (wat
ek nie aan hulle wil doen nie) en aanhou vir my sê ek moet hulle gaan "join"
('n druk wat ek nie op myself wil laat plaas nie).

Ek weet my Afrikaans skryf vanaand is heel flou, en vra verskoning. (Ek is baie
moeg, vergewe asb., maar ek dink julle sal verstaan wat ek probeer sê.)

[Leendert, het jy die pos ontvang wat ek omtrent 'n week terug privaat aan jou
gestuur het?]

{At, jy't iets gepos wat ek nooit ontvang het nie - net deur iemand anders se
kwotasie gesien . Dit gaan oor "Vira, jy't die verkeerde ding gedoen om te bly,
jy moes liewer ook gegaan het," ens. As jy dit nog het, sou jy dit asb weer
pos? )

Groete aan almal,
Vira.
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11566 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

>> So 'n bietjie skinder:
>> Ek sien ou Koos dink dat ons twee aan die dans is.
>
> Jy het seker al gesien hoe "dans" 'n sektretarisvoël op 'n geelslang?
>
> Die vloer is joune :-)

Gelukkig dans ons altwee skynbaar.

Maar jou metafoor dans net die sekretarisvoel.

Ek wonder oor die geelslang.

Pasop vir spoeg.

Beste wense
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11567 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

>> Ek verstaan die kern van jou boodskap. Dit kom baie
>> ooreen met die kern van Leendert se boodskap. Twintig
>> of meer jaar gelede sou ek volmondig met julle
>> saamgestem het - hou julle neus uit ons sake.

> Wees asseblief so vriendelik om na te gaan wat ek geskryf het.
>
> Wat jy hierbo sê is nie wat ek geskryf het nie.

Liewe Leendert,

Ek is jammer. Ek het verys na die deel van jou boodskap
waarop Colin gereageer het.

Natuurlik het jy ook ander dinge geskryf. In 'n ander stuk
skryf jy:
> Ek het dan ook nie gepleit dat buitelanders hulle nie moet "inmeng" nie. My
> woorde was baie duidelik - vir sover hule wel inmeng, moet hulle dit met
> verantwoordelikheid doen, juis omdat hulle nooit daarvoor verantwoording sal
> moet doen deur self die gevolge daarvan te dra nie. Dit is die verskil
> tussen mense wat hier is en mense in die buiteland. Mense wat hier is se
> uitsprake moet noodwendig rekening hou met die moontlikheid dat hulle self
> onderhewig is aan die gevolge wat dit mag meebring.

Ek is volkome eens met wat jy geskryf het.
Suid Afrikaners in die verstrooiing behoort met
verantwoordelikheid in te meng.

Ek sal wil byvoeg dat verantwoordelikheid nie 'n
ingebore eienskap is nie. Dit is iets wat ontluik.
In hoe verre dit saam met "goeie bedoeling" ontluik,
is ek nog nie seker nie.

So 'n bietjie skinder:
Ek sien ou Koos dink dat ons twee aan die dans is.

Op 'n ander plek het hy sy mond lelik verby gepraat.
Hy skryf mos toe aan jou:

> As jy na online koerante en so meer verwys, die volgende:

> Antwoorde kan baie makliker as tevore verander, geredigeer of
> geignoreer word.

> Dit lyk of jy nie juis n werkende kennis van koerante of in papier of
> in digitale vorm het nie.

Die joernaliste gaan nie baie daarvan hou nie.

Gelukkig verstaan ek nou beter wanneer hy my skrywes
nie ignoreer nie. Hy "verander" of "redigeer" hulle! Het jy
dit ook agtergekom?

Beste wense
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11568 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> So 'n bietjie skinder:
> Ek sien ou Koos dink dat ons twee aan die dans is.

Jy het seker al gesien hoe "dans" 'n sektretarisvoël op 'n geelslang?

Die vloer is joune :-)

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11569 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Colin skryf:

Liewe Colin,

> Ek voel dat enige inmenging deur enige iemand goedbedoel of nie, nog
> inmenging is. Onthou ook dat as iemand inmeng hulle seker van mening
> is dat die inmenging goed bedoel is. Ek was baie versigtig om 'n
> onderskuit te maak tussen "active" inmenging en "passive" inmenging.
> (Verskoon die woorde, die Afrikaans ontgaan my).

Ek is nogal verwonderd. Is daar iets soos "passive"
inmenging moontlik? Ek dra kennis van C Argyris (1993)
se boek "Knowledge for Action" waarin hy bepleit dat
aksies nie dwingend ("coercive") moet wees nie. Daarmee
stem ek volmondig saam.

As 'n mens met gesprek/geskrif inmeng, is dit nie basies
vry van dwang nie. Ek kan iemand uitskel of ophemel, maar
as die persoon nie self gemotiveer is om optree nie, sal
niks gebeur nie.

Is dit nie wat so aangrypend van Internet is nie - niemand
kan my deur Internet dwing hoe ek moet optree nie. Is dit
nie dalk 'n voorbeeld vir jou "passive" inmenging nie?

> Ek moet nou hier stem; dit was my keuse. Mense
> soos ek moet nie inmeng in Suid Afrika nie.

Colin (in alle liefde en met groot dankbaarheid geskryf), jou
bydraes op die nussgorep was inmenging. Jy weerspreek
jouself mos nou. Moet tog asseblief net nie ophou so
inmeng om jouself van weerspreking te vrywwar nie.

Beste wense
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11570 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> So 'n bietjie skinder:
> Ek sien ou Koos dink dat ons twee aan die dans is.
>
> Op 'n ander plek het hy sy mond lelik verby gepraat.
> Hy skryf mos toe aan jou:
>
>> As jy na online koerante en so meer verwys, die volgende:
>
>> Antwoorde kan baie makliker as tevore verander, geredigeer of
>> geignoreer word.

> Die joernaliste gaan nie baie daarvan hou nie.

Inderdaad! 'n Openbare erkenning dat verandering, redigering en ignorering
wel "tevore" plaasgevind het, en in elektroniese koerante nog makliker is.

Nou weet ek hoekom koerante subredakteurs het - om te kyk dat verslaggewers
nie hul voet in die koerant se mond sit nie.

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11571 is 'n antwoord op boodskap #11456] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ons het 'n Indian
Howzit Colin

> Ons het 'n Indian
> Summer gehad (weet iemand waarvan kom die terme?)

Ek onthou so vaagweg iets wat ek lank terug gelees het, dat die term totstand
gekom het uit 'n ander term, nl. "Indian Giver", wat beteken iemand wat iets
gee en dan weer wegneem.

'n "Indian Summer" sou dus een wees wat net kortliks aan jul gegee is, en dan
weer teruggaan na waar hy eintlik hoort.

Groete
V.
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11589 is 'n antwoord op boodskap #11456] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Colin skryf:

>> Colin (in alle liefde en met groot dankbaarheid geskryf), jou
>> bydraes op die nussgroep was inmenging. Jy weerspreek
>> jouself mos nou. Moet tog asseblief net nie ophou so
>> inmeng om jouself van weerspreking te vrywaar nie.
>
> Ek klasifiseer inmenging op die net as passive dus weerspreek ek nie
> myself nie. Jammer as ek nie myself duidelik gemaak het nie. :-)
> Stel maar jouself gerus ek sal inmeng op so 'n manier as dit dit goed
> dink.

Liewe Colin,

Maar dan stem ons mos saam. Wat jy wil doen
is presies wat ek wil he.

Beste wense
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11590 is 'n antwoord op boodskap #11456] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes:

> Papslaan van wit seuns in die tronke - noem jy dit goeie bedoelings. Die
> hemele behoed ons van jou slegte bedoelings.
>
> Lou

Is jy, ou Lou, ook nou een van die bende wat
my probeer met klippe doodgooi. Net omdat ek
gesê het dat ek nie glo dat die huidige regering
tot dusver aan die soort misdade skuldig is as die
vorige nie. Ek het gesê dat ek nog nie hoor van wit
seuns wat in tronke papgeslaan word omdat hulle
"verkeerde" politieke oortuigings het nie. Wanneer
soiets plaasvind, kan jy verseker wees dat ek
daarteen sal objekteer, en my familie sal aanraai
om die land te verlaat. Ek dink jy en jou pals
het nou genoeg gif gesuig uit een sin wat verdraai
en verdraai word, net om vir julle die kans te
gee om orgasmies ander aan te val en vir julself
te regverdig. Goodbaai, ou Lou. Daar is niemand
so blind as hy wat nie wil sien nie.

Gloudina
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11591 is 'n antwoord op boodskap #11456] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V

> Ek stem saam Leendert, maar ek dink ook daar's 'n gevaar dat mense wat
> buitelands woon sommige menings kan vorm sonder 'n akkurate prent van wat

> huidiglik hier gebeur nie. Sommiges, soos Riana besef dit. Ander, soos
> Gloudina, dink hulle weet alles maar is klaarblyklik onder diep
wanindrukke.

Liewe Vira,

Jy is reg dat dit 'n gevaar is. Maar ek beskou dit as
'n noodsaaklike gevaar. Ons het dardie gevaar nodig
om tot helderheid te kom.

Of wil jy stry?

> Ek weet my Afrikaans skryf vanaand is heel flou, en vra verskoning. (Ek is baie
> moeg, vergewe asb., maar ek dink julle sal verstaan wat ek probeer sê.)

Verskoning se voet!!

> {At, jy't iets gepos wat ek nooit ontvang het nie - net deur iemand anders se
> kwotasie gesien . Dit gaan oor "Vira, jy't die verkeerde ding gedoen om te bly,
> jy moes liewer ook gegaan het," ens. As jy dit nog het, sou jy dit asb weer
> pos? )

Nee, ek het dit nie meer nie. Ek het jou nie
aangeval nie. Ek was eintlik satiries besig
met 'n ander doel wat niks met jou te maak
het nie.

Of wil jy nie he ek moet jou so misbruik nie?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11599 is 'n antwoord op boodskap #11456] Sa, 29 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Is jy, ou Lou, ook nou een van die bende wat
> my probeer met klippe doodgooi. Net omdat ek
> gesê het dat ek nie glo dat die huidige regering
> tot dusver aan die soort misdade skuldig is as die
> vorige nie. Ek het gesê dat ek nog nie hoor van wit
> seuns wat in tronke papgeslaan word omdat hulle
> "verkeerde" politieke oortuigings het nie. Wanneer
> soiets plaasvind, kan jy verseker wees dat ek
> daarteen sal objekteer, en my familie sal aanraai
> om die land te verlaat.

Teen daardie tyd, Gloatina, is hulle reeds papgeslaan. Buite die tronke.
Terwyl jy en Madiba jongste soccer team goedkeurend toekyk en die moord
aanblaas met julle haatspraak.

> Ek dink jy en jou pals
> het nou genoeg gif gesuig uit een sin wat verdraai
> en verdraai word, net om vir julle die kans te
> gee om orgasmies ander aan te val en vir julself
> te regverdig.

Verbasend hoeveel gif jy in een sin kan pak, nie waar nie?

Maar dan, jy kry genoeg oefening.

> Goodbaai, ou Lou. Daar is niemand
> so blind as hy wat nie wil sien nie.

_You_ said it!

Leendert
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11600 is 'n antwoord op boodskap #11456] Sa, 29 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
> Of wil jy nie he ek moet jou so misbruik nie?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>
ooooo Attie, misbruik my tog! asseblief!!!

Soos jy deur my 'willens en wetens poste' sien, sal ek net floreer onder sulke
omstandighede!

So No Te !! ;)
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11619 is 'n antwoord op boodskap #11456] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V skryf:

>> Of wil jy nie he ek moet jou so misbruik nie?
>>
>> Alles van die beste
>> At de Lange
>>
> ooooo Attie, misbruik my tog! asseblief!!!
>
> Soos jy deur my 'willens en wetens poste' sien, sal ek net floreer onder sulke
> omstandighede!
>
> So No Te !! ;)

Liewe Vira,

Dankie vir die uitnodiging om jou te misbruik.

Ek het 'n afskrif daarvan gemaak sodat jy nie
later kan kop uittrek nie.

Jy laat my baie aan my kinders dink - almal
reeds oor 21. Toe hulle nog kinders was, het
ek altyd probeer om hulle kreatiwiteit te bevorder.
Noudat ek groot is, wonder ek of dit so goed
is. Byvoorbeeld, hulle kry dikwels baie seer as
hulle 'n kreatiewe standpunt inneem. Hulle laat
hulle ook willens en wetens misbruik as daar
iets kreatiefs van kan kom. Agterna beskou hulle
dit as skoolgeld. Pa was reg, maar hulle wou
skoolgeld betaal. Is dit nie vreeslik nie. Dis
hoekom ek nou aan jou dink.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11672 is 'n antwoord op boodskap #11456] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
>> Stephanus Schoeman wrote in article
>>> Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
>>> die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
>>> SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
>>> ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
>>> Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
>>> swakker Afrikaans sal praat nie.
>
> Stephanus
>
> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met jou
> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. Vra maar
> vir Gloudina.
>
> Cheers
> Lou

!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
> There is a growing number of people here in AZ who have relocated from South
> Africa. A friend of mine has had the idea of providing some services to the
> Afrikaaners among these recent emigres in Afrikaans, but he cannot locate any
> coursework to teach Afrikaans, or for that matter, even an Afrikaans-English
> dictionary published in SA.
>
> Do you know where one may be obtained?
>
> Thanks in advance;
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11732 is 'n antwoord op boodskap #11456] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
>> Stephanus Schoeman wrote in article
>>> Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
>>> die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
>>> SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
>>> ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
>>> Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
>>> swakker Afrikaans sal praat nie.
>
> Stephanus
>
> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met jou
> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. Vra maar
> vir Gloudina.
>
> Cheers
> Lou

!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!
> There is a growing number of people here in AZ who have relocated
> from South Africa. A friend of mine has had the idea of providing
> some services to the Afrikaaners among these recent emigres in
> Afrikaans, but he cannot locate any coursework to teach Afrikaans,
> or for that matter, even an Afrikaans-English dictionary published
> in SA.
>
> Do you know where one may be obtained?
>
> Thanks in advance;
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Vorige onderwerp: Re: Wat nou, Koos?
Volgende onderwerp: Re:Gloudina, Leendert, Lou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:33:26 MGT 2024