Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ben Schoeman
Ben Schoeman [boodskap #115129] Do, 11 Oktober 2007 13:02 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Medisyne word vir jare en jare eers op rotte en muise getoets voordat dit op
'n klein groepie vrywillige mense getoets word.

Nuwe sagteware word nie op die live rekenaar system gelaai voordat dit nie
behoorlik in 'n toets omgewing geëvalueer is nie

So kan enige persoon hier dalk aan my verduidelik hoekom hulle die Ben
Schoeman - Die BESIGSTE highway in Afrika gebruik vir hulle toetse. Eers was
dit die baan vir meer as een persoon in die motor, nou is dit die "ramp
metering"

Ek sou dink dat logika sal dikteer dat jy so stelsel eers naby Bloemfontein
sal gaan toets, en indien jy 'n positiewe uitwerking sien, dit in Gauteng
sal implementeer, maar nee.

Enige ander persoon op die NG wat in dieselfde bootjie as ek is om elke dag
tussen PTA en Centurion te ry, en net so gatvol is vir die storie soos ek ?
Re: Ben Schoeman [boodskap #115132 is 'n antwoord op boodskap #115129] Do, 11 Oktober 2007 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 15:02:19 +0200, "Riaan" wrote:

Eers was
> dit die baan vir meer as een persoon in die motor, nou is dit die "ramp
> metering"

Hulle kan ramp metering doen soos hulle lus het, maar dit gaan fokkol
help as mense hulle nie aan verkeersligte steur nie en Suid-Afrikaners
steur hulle nie aan verkeersligte nie want daar is niemand om hulle te
vang nie.
Re: Ben Schoeman [boodskap #115135 is 'n antwoord op boodskap #115129] Do, 11 Oktober 2007 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 15:02:19 +0200, "Riaan" wrote:

> Medisyne word vir jare en jare eers op rotte en muise getoets voordat dit op
> 'n klein groepie vrywillige mense getoets word.
>
>
>
> Nuwe sagteware word nie op die live rekenaar system gelaai voordat dit nie
> behoorlik in 'n toets omgewing geëvalueer is nie
>
>
>
> So kan enige persoon hier dalk aan my verduidelik hoekom hulle die Ben
> Schoeman - Die BESIGSTE highway in Afrika gebruik vir hulle toetse. Eers was
> dit die baan vir meer as een persoon in die motor, nou is dit die "ramp
> metering"
>
>
>
> Ek sou dink dat logika sal dikteer dat jy so stelsel eers naby Bloemfontein
> sal gaan toets, en indien jy 'n positiewe uitwerking sien, dit in Gauteng
> sal implementeer, maar nee.
>
>
>
> Enige ander persoon op die NG wat in dieselfde bootjie as ek is om elke dag
> tussen PTA en Centurion te ry, en net so gatvol is vir die storie soos ek ?
>

Wat is 'ramp metering'?

En kan iemand beboet word wat alleen in die baan vir meer mense ry?
Ek dink nie dat dit oortreding van enige bestaande wet is nie, as as
sulks kan kaartjies nie daarvoor uitgereik word nie(?).

En Riaan, toetse word op snaakse plekke gedoen.
Oom Ben van Johannesburg het vir sy seun gesê dat hy hom Woensdag
oggend om 10 uur op die hawe sal kry, en intussen moet Gert (sy seun),
vir hom plek bespreek na 'n New York en sommer 'n kaartjie vir sy kar
ook op die skip kry.

Sy "Nee Pa, Pa kan bus ry" is afgemaak met 'n "dink jy ek gaan in 'n
tou vir 'n bus staan?" En sy "Pa kan taxi ry" is met 'n ietwat
ongemakliker antwoord begroet.

"Maar Pa, Pa moet onthou, die mense ry daar aan die regterkant van die
pad!"
"Ou Seun, ek kry jou Woensdagoggend op die hawe en kaartjies vir my
kar en myself moet reg wees."

Woensdagoggend het Oom Ben heel bedeesd die kar se sleutels vir Gert
gegee en gevra dat hy die kar terugneem.

"Maar Pa, ons het so daaroor gestry! Pa wou nie na my luister nie. Nou
het ek betaal vir 'n kaartjie vir Pa se kar, en nou gaan die kar nie
meer saam nie?"

"Ja ou Seun, ek het daaraan gedink dat jy gesê het dat die mense in
Amerika aan die regterkant van die pad ry, en toe oefen ek hier van
Kimberley af. En daar was byna kak!"
Re: Ben Schoeman [boodskap #115137 is 'n antwoord op boodskap #115129] Do, 11 Oktober 2007 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" So kan enige persoon hier dalk aan my verduidelik hoekom hulle die Ben[/color]
> Schoeman - Die BESIGSTE highway in Afrika gebruik vir hulle toetse. Eers
> was dit die baan vir meer as een persoon in die motor, nou is dit die
> "ramp metering"
>
>

Wat op aarde is "ramp metering"?

>
> Ek sou dink dat logika sal dikteer dat jy so stelsel eers naby
> Bloemfontein sal gaan toets, en indien jy 'n positiewe uitwerking sien,
> dit in Gauteng sal implementeer, maar nee.
>

Dink jy daar is nog logika in enigiets wat in hierdie land gebeur?
Is dit logies om 'n hoof van vervolgingsgesag te skors omdat hy lasbriewe
teen die polisiekommisaris bekom het?
Is dit logies om die polisiehoof teen wie 'n landdros en 'n regter sulke
lasbriewe uitgereik het, nie te skors hangende die afhandeling van die
ondersoek teen hom nie?
Is dit logies om 'n adjunk-minister wat die vrot in die
gesondheidsdepartement aan die kaak stel te skors en haar hoof wat
verantwoordelik is vir die vrot, wat 'n bewese kleptomaniak en alkoholis is,
doodluiters te laat voortgaan?

En dan soek jy na logika op die pad!
Dave en Torreke [boodskap #115140 is 'n antwoord op boodskap #115135] Vr, 12 Oktober 2007 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wat is 'ramp metering'?

Dit is 'n verkeerslig min of meer in die middel van 'n oprit na die highway
toe. Die siklus is vir +- 10 sekondes rooi, en 2 sekondes groen. En daar is
ook 'n kamera om jou af te neem ingeval jy sou wou oor ry. Die idee is om
die mense "stelselmatig" by die highway te laat aansluit maar dit veroorsaak
enorme gemors vir die ouens wat nou in lang toue moet wag om op die highway
te kan kom.

> En kan iemand beboet word wat alleen in die baan vir meer mense ry?

Hulle het van die mense beboet.

> Ek dink nie dat dit oortreding van enige bestaande wet is nie, as as
> sulks kan kaartjies nie daarvoor uitgereik word nie(?).

Stem hier saam, ek het nogal gehoop iemand vat dit na die hof toe

> En Riaan, toetse word op snaakse plekke gedoen.

Ja ... Maar nou befok hulle vir argumenst onthalwe 2 miljoen mense per dag,
waar as hulle dit in die Vrystaat gaan toets het net 10 000 ouens beinvloed
het.
Re: Dave en Torreke [boodskap #115145 is 'n antwoord op boodskap #115140] Vr, 12 Oktober 2007 08:05 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Riaan wrote:

>> Wat is 'ramp metering'?
>
> Dit is 'n verkeerslig min of meer in die middel van 'n oprit na die highway
> toe. Die siklus is vir +- 10 sekondes rooi, en 2 sekondes groen. En daar is
> ook 'n kamera om jou af te neem ingeval jy sou wou oor ry. Die idee is om
> die mense "stelselmatig" by die highway te laat aansluit maar dit veroorsaak
> enorme gemors vir die ouens wat nou in lang toue moet wag om op die highway
> te kan kom.
>

Dìt wat jy hier beskryf is mos 'n geweldige vermorsing van brandstof.
Ek dink so stilhou en wegtrek spuit miskien sommer 'n eetlepel petrol
vir die wegtrek, en nou praat ek nie van 'n perd met twee sleepwaens
nie.

>> En kan iemand beboet word wat alleen in die baan vir meer mense ry?
>
> Hulle het van die mense beboet.
>
>> Ek dink nie dat dit oortreding van enige bestaande wet is nie, as as
>> sulks kan kaartjies nie daarvoor uitgereik word nie(?).
>
> Stem hier saam, ek het nogal gehoop iemand vat dit na die hof toe
>
Dit kan 'n heel interessante debat met die wetstoepassers afgee
vir iemand wat kan bekostig om die dag op 'n hofsaak te spandeer.
Selfs die wet op veiligheidsgordels is debateerbaar omdat mense
nie staatseiendom is nie. (maar na 'n motorongeluk wat my
vir 3 weke bewustelose toestand gehad het, ry ek nerens sonder 'n
gordel nie:-)

Dit het niks met *verkeerswette te doen nie, maar nou sommer so
terloops - ek het 'n paar weke gelede R3800 gekry vir 10 'Jumbo' fotos
wat ek geneem het, en toe die foto's terug gekry.

Sal op 'n ander plek (thread) daarvan vertel.

>> En Riaan, toetse word op snaakse plekke gedoen.
>
> Ja ... Maar nou befok hulle vir argumenst onthalwe 2 miljoen mense per dag,
> waar as hulle dit in die Vrystaat gaan toets het net 10 000 ouens beinvloed
> het.
>
Of in Oos Londen, want daar is buitendien soveel spoedboggels
dat dit nie soveel verkil behoort te maak nie:-)
Vorige onderwerp: Spoedwalle
Volgende onderwerp: Wat sal Gloudina hiervan sê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:56:14 MGT 2024