Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............
Aan GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............ [boodskap #11470 is 'n antwoord op boodskap #11471] So, 23 November 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
"griet" se skrywe
"Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd"
is tipies van baie ander hier:

Dat mense in die buiteland maar liewer hul bek moet hou (dis nou die
wat krities is), want hul weet nie wat aangaan nie ens.
(hul sit en kyk mos net CNN....).
Foeitog, dat hulle nou so "skrikwekkend" min weet!

Griet, jy openbaar 'n regte ou laertrek mentaliteit:
Dis dieselfde ou storie uit die dae van die Totale Aanslag: Die hele
buitewereld is verkeerd en "verstaan" nie, net die wat in SA bly
(en Nasionaal stem) weet mos wat aangaan en kan daaraan bou...

Jou denke is nog steeds vasgevang in 'n oudmodiese NP-afrikaner-laer.
Dis die wat jy skryf dat die verandering in die "Afrikaner
binnekring" kamma so belangrik was. Ja, ons moet tog net kennis neem
dat die eintlike helde die jonger NP leiers van destyds was. En, jy skryf
hulle het nie eers erkenning gekry nie... Foeitog.

Ek dink jy moet 'n slag kennis neem van die rol wat sanksies, swart
vakbonde en hul industriele mag, buitelandse druk en "onluste" gespeel het.
Die NP het eenvoudig ingegee, nie omdat hulle wou nie, omdat hul geen
keuse gehad het nie. Die NP was nie in beheer van verandering of die
tempo daarvan nie. Jou "binnekring" storie is tipies van 'n
egoistiese afrikaner sentiment wat die NP en sekere van sy leiers die
eer wil gee, en 'n sentrale rol in die veranderingsproses.

Die wat eer verdien was die BUITE die laer, soos Beyers Naude.
Digene binne die laer verdien 'n skop onder die gat!.
Die Arikaner-NP het altyd die wat kritiek uitgespreek het uitgeskop
en laer getrek. Op dieselfde manier wil jy nou sekere mense op die
nuusgroep marginaliseer. Pogings tot verandering vanuit die binnekring
het bloot verandering vertraag, want dit het mense 'n valse hoop gegee.

Jy skryf van die "groot groep Afrikaners "wat in die waarheidskommissie
bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede..". Soos wie nogal ?
Pik, FW, PW, Vlok..??? Die lafaards, soos Vlok wat lieg dat dit maar
net 'n ou "misverstandjie" was dat die polisie gedink het woorde soos
"elimineer" en "permanent uit die weg ruim" beteken doodmaak en nie
arresteer nie ?

En ek is nou al regtig GATVOL oor mense wat die plaas van AFRIKAANSE
gedigte op 'n nuusgroep vir AFRIKAANS kritiseer. As jy niks beter kan
doen nie, hou jou mond. As jy nie van die keuse hou nie, plaas jou eie!

Ek dink daar is baie mense in SA wat kamma 'n toekoms wil bou,
maar wat so vasgeknel is in hul denke dat dit hul goed sal doen om weg te
gaan en 'n bietjie perspektief te kry. Moenie 'n toekoms bou voordat jy
nie die verlede onder die knie het nie.

Voorspoedige reis!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Aan GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............ [boodskap #11471 is 'n antwoord op boodskap #11470] So, 23 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Nov 1997 07:41:38 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

egoistiese afrikaner sentiment wat die NP en sekere van sy leiers die[/color]
> eer wil gee, en 'n sentrale rol in die veranderingsproses.>>

My stuiwer in die armbeurs (eerder die rykmansbeurs gesien die waarde
van die Australiese dollar :) ):
Dit is ongetwyfeld waar dat daar druk van binne in Afrikaner-geledere
was. Soos ek dit ervaar het was dit eerder (volgens my) n funksie van
n geslag wat in die beginstadium van die global village grootgeword
het as enigiets anders.
Hoe kon jy die Beatles en die Stones geluister het, Catcher in the Rye
gelees het, na Joan Baez geluister het ..... en die kak oor apartheid
en Oom Vorster weet beter geglo het?

Daar was - soos ek dit ervaar het - raging fights in Afrikaanse
gesinne oor die goed. Met die Afrikaanse jeug so diep in die laer dat
hulle nie kon uitreik na liberalisme soos die Engelse jeug kon nie.

Dit alles is waar. Maar dit was n klein onderdeeltjie van wat
apartheid teen die einde 80 laat crash het.
Die groot kanonne was die vakbonde, die UDF as n groter geheel, die
"liberale" kerke en ekonomiese sanksies gedryf deur die ANC in die
buiteland. Waarskynlik in daardie volgorde.
Dan het die PFP en sulke ouens ook nog n groter rol as ons wroeginge
gespeel.
Die sg. armed struggle is waarskynlik op die vlak van die wroeg in die
hart van die Afrikanerdom.

>>

Yep.
Re: Aan GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............ [boodskap #11505 is 'n antwoord op boodskap #11471] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ozemail.com.au skryf:

> Griet, jy openbaar 'n regte ou laertrek mentaliteit:
> Dis dieselfde ou storie uit die dae van die Totale Aanslag: Die hele
> buitewereld is verkeerd en "verstaan" nie, net die wat in SA bly
> (en Nasionaal stem) weet mos wat aangaan en kan daaraan bou...

Liewe Galjoen,

Ek skryf met gemengde gevoelens. Miskien is dit omdat
jy self sake meng.

Sonder ervaring kan ons nie begryp nie. As 'n mens nie die
lewe in die RSA ervaar het nie, kan 'n mens nie die RSA
begryp nie.

Maar 'n mens kan ook sommige dele van jou ervaring
onderskat en ander dele weer oorskat. Dit gebeur
wanneer 'n mens uitsluitend (eksklusief, laer-trek) dink.

'n Mens dink nie sommer vanself uitsluitend (laer-trek)
nie. Dit gebeur wanneer 'n mens 'n kultuur van VAT in
plaas van NEEM ervaar. Oor die jare (eeue) heen het
'n oorweldigende kultuur van VAT in Suid Afrika ontwikkel.
Dit bly steeds voortwoeker, selfs met 'n nuwe grondwet
en 'n nuwe regering. Daarom geniet uitsluitende denke
steeds voorrang.

> Jou denke is nog steeds vasgevang in 'n oudmodiese NP-afrikaner-laer.
> Dis die wat jy skryf dat die verandering in die "Afrikaner
> binnekring" kamma so belangrik was.

> Die wat eer verdien was die BUITE die laer, soos Beyers Naude.
> Digene binne die laer verdien 'n skop onder die gat!.
> Die Arikaner-NP het altyd die wat kritiek uitgespreek het uitgeskop
> en laer getrek. Op dieselfde manier wil jy nou sekere mense op die
> nuusgroep marginaliseer. Pogings tot verandering vanuit die binnekring
> het bloot verandering vertraag, want dit het mense 'n valse hoop gegee.

Galjoen, jy doen nou aan Griet presies wat jy haar oor
berispe. Sy het die BINNEkant verdedig en jy verdedig
nou die BUITEkant. Dit is net sulke uitsluitende
(marginaliseerde) denke.

> Jy skryf van die "groot groep Afrikaners "wat in die waarheidskommissie
> bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede..". Soos wie nogal ?
> Pik, FW, PW, Vlok..??? Die lafaards, soos Vlok wat lieg dat dit maar
> net 'n ou "misverstandjie" was dat die polisie gedink het woorde soos
> "elimineer" en "permanent uit die weg ruim" beteken doodmaak en nie
> arresteer nie ?

Ek wil amper met jou saamstem oor die WVK, maar jy
skryf te min. Ek stem met jou saam oor Vlok.

PW? Vandat ek my politieke verstand gekry het, kon
ek hom nie verdra nie. En nou, na soveel jare, moet ek
vir hom respek kry. Hy onderneem reguit dat hy enige
skriftelike vrae van die WVK skriftelik sal beantwoord.
Maar steeds wil hulle hom dagvaar om in die openbaar
deel te neem aan wat Breyten Breytenbach nog die
beste beskryf het: "lieg-en-bieg" sirkus. Die ou Krokkedil
weet alte goed hoe hulle te werk gaan!

> Ek dink daar is baie mense in SA wat kamma 'n toekoms wil bou,
> maar wat so vasgeknel is in hul denke dat dit hul goed sal doen om weg te

> gaan en 'n bietjie perspektief te kry. Moenie 'n toekoms bou voordat jy
> nie die verlede onder die knie het nie.

Galjoen, om te skryf dat baie mense in SA "kamma" 'n
toekoms wil bou, dien die toekoms niks goed nie. As
iemand iets spesifiek vir die toekoms doen, is daardie
persoon besig om 'n blommetjie te vertroetel vir 'n
wonderlike ruiker. Wie is ons om te sê dat die blommetjie
nie inpas by die res nie, dat dit stink, steek of te gou
verlep? Griet het tog geskryf:
"Verskoon maar die onervarenheid hier.
Hou daarvan om te lees en nie deel te neem nie,
weens onkunde aan die een kant, en weens
amusasies aan die ander kant."

Met jou laaste sin "Moenie 'n toekoms bou voordat jy
nie die verlede onder die knie het nie." is ek roerend eens.

Dit laat my aan genls JBM Herzog en JC Smuts dink. Ek
is die laaste paar maande besig om elkeen se lewe deur
te werk. Wat my veral tref is dat hulle saam in die Tweede
Vryheidsoorlog geveg het, saam die Vrede van Vereniging
bedink het, en toe polities uit mekaar gedryf het.

Maar in die laaste twee jaar van hulle lewe, Herzog (1941-42)
en Smuts (1949-50), was hulle uitermatig bekommerd oor
waarheen die NP die land sou neem. Van Smuts sou 'n mens
dit nog kon verwag het, polities gesproke, omdat die VP en NP
mekaar teen gestaan het. Maar van Herzog wat bykans 25
jaar leier van die pary was, is dit sorgwekkend.

Hulle gedagtes die laaste twee jaar het byna soos hulle
gedagtes veertig jaar vantevore tydens die Tweede
Vryheidsoorlog grootliks ooreen gestem. Wat hulle so
geweldig bekommer het, is dat Afrikaners uitsluitend
(eksklusief, laer-trek) begin dink het - presies dit waarteen
jy waarsku. Albei het gewonder hoe dit moontlik was dat
so iets kon gebeur. In hulle gryse lewensjare het hulle
naarstiglik boeke bestudeer om die antwoord te probeer
vind. In die jare wat hulle eintlik moes gerus het, het
hierdie probleem steeds al hulle tyd in beslag geneem.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Van GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............ [boodskap #11521 is 'n antwoord op boodskap #11470] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Haai Ferdi en Galjoen,

Ja, hoe hard 'n mens ookal probeer, die laertrek mentalitiet slaan maar
oral deur, ne.
Maar nee, hierdie keer het julle dit mis. Hierdie sewentiger student is
deur die veiligheidspolisie ondervra, na 'n openbare studente debat waarin
die onskuldige opmerking in 1972 ( let wel ) gemaak is, dat die tuislande
beloof om die fout van die eeu blyk te wees,so ook die apartheidssisteem
wat te veel ruimte vir misbruik laat..
Ook is Griet en gesin letterlik onterf, weens die liberale denke.
Griet en gesin is ook uit die NG- gemeente verban weens ons aandrang op 'n
uitnodiging aan die sending lidmate om ons kerk by te woon, is uit die VLV
verban omdat ek nie "Griet skryf 'n Sprokie" en " Susters van Eva" anders
as briljant wou beskryf in resensies nie, is gevra om 'n familie saamtrek
te verlaat omdat ons nie langer meer in die familie welkom is nie,ens.

So dankie Galjoen, vir jou geduld. Maar deel van die binnekring was ons
verseker nie vir lank nie. Wat egter belangrik is, is dat daar baie van ons
soort was, wat van binne af begin kap het aan die skansmure om deur te kan
breek na die vryheid van denke,en baie van die prominente leiers wat nou
deur die verligtes sommer net weg gegooi word, het dieselfde kastyding
verduur.

En dankie, maar nee dankie, moenie kransies of kaartjies van bemoediging
stuur nie, en los maar die medaljes ook, dis nie waaroor hierdie skrywe
gaan nie : - )

Interessante waarneming: Die NP is toe met die hand in die koekieblik
gevang, en moes toe die pak gaan vat in die WVK. Maar ironies, was juis die
NP in die tagtigerjare uitgeskel op grondvlak dat "hulle" nie genoeg doen
om die toestande in die land te beheer nie. Sissies en bangbroeke, en nog
sulke ou woordjies was gebruik om die "uitverkopers" mee te beskryf. Die
"derde mag" binne die landsmagte
wat deur die regses aangevoer is om al hierdie gruweldade te pleeg, het
stilletjies nou verdwyn en kyk vanuit die pawiljoene na die WVK sirkus. Ek
dink ons kan nou vir die eerste keer sien wie die werklike lafaards is.

Julle is reg as julle sê die invloed van die buite instansies moenie uit
die oog verloor word nie. Wat ek wel bedoel het met die binnekring
verandering, is dat die meerderheid Afrikaners se denkwyse so verander moes
word, dat hulle juis die realiteite van buite moes aanvaar. Daardeur is
verhoed dat nog meer bloed vloei in die strate terwyl die pers ( ek was een
van hierdie "muishonde" ) met militere presiesheid verhoed was om die
werklikheid te rapporteer. Ook, en julle weet self wat 'n wonderwerk dit
was, moes die manne oortuig word dat die geweer moet plek mak vir die
intellek. Vertel nou vir 'n klomp gekondisioneerde militariste met 'n
300-jaar lange oorlog agter die blad, dat hulle nou die gewere moet bêre en
moet begin DINK!
Moeder!

T.o.v. die verandering op grondvlak. Dit behels tans opleiding, opleiding,
en nogmaals opleiding op alle vlakke van die menswees om te verseker dat
die Nuwe Suid-Afrika kan werk. Lesings onder Doringbome in die dorre warm
Karoo, werkswinkels in die hartjie van die Transkeise berge, Coke kratte in
" squatter camps", lesingsale, ou store,ens. word gebruik om mede
landsburgers bekend te stel aan 'n wonderlike demokrasie wat kan werk,
indien ons landsburgers dit kan begryp. En nee, dit is nie vanuit 'n
politieke party aangevoer nie, maar wel uit gemeenskaps-ontwikkeling vanuit
die Sosiologiese perspektief. Dis waarvan gepraat word. En glo my, daar is
berge werk met min mense wat dit doen. So, vriende, wanneer kom julle kuier
en help.

Die nuwe Suid-Afrika is 'n wonderlike plek hier vanaf my oliedrom as
platform waarvandaan ek werk. Daar word bande gesmee wat BIND en die gevoel
van vryheid om gemeenskaplike waardes te ontdek is die naaste aan 'n
geboorte ervaring. Stil, stil,ne. Jammer dus dat julle nou nie kan vat kry
aan my om, soos gewoonlik, die NP te kan bykom nie. Julle is ook maar nes
ek: geneig om alles te laat le sodat die politieke dier in ons kan brul.

Nie alle Afrikaners wil die land verlaat nie. En baie Afrikaners wil werk
aan die land wat ons lief het. Daar bestaan nie meer 'n binnekring nie. Net
om julle dag te versuur:
die NP se go is nie uit nie. Wys julle nou weer eens hoe ver julle
verwyderd is van die werklikhied. : - D OE! GENIET DIE DAG!
Vorige onderwerp: Ferdi en Griet: NP/laertrek/buitelanders...ens
Volgende onderwerp: Dit laat haar koud!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:49:41 MGT 2024