Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog Suid-Afrika
Nog Suid-Afrika [boodskap #115020] Wo, 03 Oktober 2007 13:57 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hoe kom 'n mens reg ná so 'n aanval?'
Oct 02 2007 09:59:28:763PM - (SA)

Hilda Fourie

Rowers het me. Amanda Swart (50) in die vroeë oggendure by haar huis
op 'n kleinhoewe, wes van Pretoria, met 'n klip oor die kop geslaan,
en gedreig om haar te verkrag.

Terwyl die bloed in die middernagtelike ure Sondag oor haar gesig
geloop het, het een van die rowers met sy vinger oor haar wang gevryf.

Hy het gesê sy moet vir hom geld en vuurwapens gee of sy word verkrag.

“Ek het daar in my nagklere gesit. Ek het kaal en weerloos gevoel,” sê
Swart terwyl sy die trane van haar wange afvee.

Nadat die rowers haar huis leeggedra het, het een van hulle haar met
'n mes op die voorkop gesteek. Sy moes vyf steke kry.

“Wat het ek verkeerd gedoen? Ek het niemand seergemaak nie. Ek het net
geslaap,” sê sy.

Swart, 'n manshaarkapper, het Saterdagaand omstreeks 20:00 met 'n
migraine in die bed geklim.

Volgens haar het die rowers by 'n sitkamervenster ingekom. Sy het niks
gehoor nie. “Omstreeks 00:30 was daar drie mans in my kamer. Een het
my met 'n klip (so groot soos 'n halwe baksteen) oor die kop geslaan.
Ek het begin bloei.

“Een van die ander het toe vir my 'n handdoek gebring om die bloed te
stop. Hy het oor my wang gevryf en gesê as ek nie vir hom geld en
gewere gee nie, gaan hy my verkrag.

“Sy gesig was hier by myne. Ek het in sy oë gekyk toe hy dit vir my
sê. Hulle het my beursie gekry en my huur- en kosgeld gevat.

“Ek het nie eens meer geld om vir my kinders kos te koop nie. Hulle
het die bietjie wat ek gehad het, gevat.”

Die rowers het haar hande vasgebind en weggeloop. Een het teruggekom
en haar met 'n mes gesny.

Hulle het toe deur die venster gevlug. Swart het haar dogter, wat
sowat 25 m van haar af bly, geroep wat die polisie ontbied het.

“Hoe kom 'n mens reg ná so iets?

“My seun, Marius (32), se been is in Augustus geamputeer. Ná alles
waardeur ek is, hoekom het hulle nie net die huis besteel nie. Hoekom
is ek seergemaak?”

Insp. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
Re: Nog Suid-Afrika [boodskap #115029 is 'n antwoord op boodskap #115020] Do, 04 Oktober 2007 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:ft77g3h96oj9eurmg9bijffuc3c5vle5jf@4ax.com...
> Hoe kom 'n mens reg ná so 'n aanval?'
> Oct 02 2007 09:59:28:763PM - (SA)
>
> Hilda Fourie

Ferdi bespeur ek met hierdie plasings van jou 'n stadig maar sekere opbou
van woede in jou vir dit wat gebeur in SA - maak nie saak of jy wit of swart
is nie.

Onthou my vrou is laasjaar geskiet - Ek is, en glo nie ek sal ooit regtig
daaroor kom nie
Re: Nog Suid-Afrika [boodskap #115035 is 'n antwoord op boodskap #115029] Do, 04 Oktober 2007 12:50 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Oct 2007 08:07:15 +0200, "Riaan" wrote:

> Ferdi bespeur ek met hierdie plasings van jou 'n stadig maar sekere opbou
> van woede in jou vir dit wat gebeur in SA - maak nie saak of jy wit of swart
> is nie.

Ja. Dis lankal die geval. Het 'n Jaar gelede 'n rubriek geskryf oor
die kwessie en 'n reaksie van die woordvoerder van die minister van
veiligheid en sekuriteit gekry (ook geplaas) wat baie onbevredigend
was.

Onthou my vrou is laasjaar geskiet - Ek is, en glo nie ek sal ooit
regtig daaroor kom nie

Gaan net aan.

My kind is twee jaar gelede in die oggend in die huis aangeval en
beroof. Sy het staan en kyk hoe twee wetters die trellidoor metodies
oopbreek. Hulle het haar wegjaag en waarskuwings eenvoudig geignoreer.
Gelukkig het die sekuriteits-mpy en die blitspatrollie vinnig
opgedaag.
Die saak is egter daarna goed opgefok.
Moes self uitvind wanneer dit voorkom om te gaan getuig.
Moes verklarings weer afle omdat die aanklaer nie kop of gat kon
uitmaak van die oorspronklike verklarings nie.
Saak is een keer net nie verhoor nie omdat die landdros bank toe wou
gaan.
Vinger-afdrukke wat baie professioneel geneem is van die goed wat die
twee wou uitdra is weggegooi.
Die twee is op borg uitgelaat sonder dat ons ingelig is.
Hulle het net gekyk of ons opdaag om te getuig toe loop hulle weg.
Een is daarna toevallig weer gevang en verhoor.
Wat die uiteinde van die saak was weet ons tot vandag toe nie. Nie die
polisie of die hof het die moeite gedoen om ons te laat weet nie.

Ek kan jou van die Keystone Cop-sekwensies vertel wat gevolg het toe
my vrou in die driveway aangeval is ook. Dit was verlede jaar. Maar
dis 'n ander storie.

Of die onprofessionaliteit wat gevolg het toe my kar se ruit
uitgeskiet is een aand toe ek my kind iewers wou gaan aflaai het.
Maar dit is nog 'n ander storie.

O, ja, daar is ook die een oor die vrot polisie toe my ander kind in
'n winkelsentrum deur 'n mes-draende stuk stront in die vroue-toilet
van haar selfoon beroof is. maar is nou weer nog 'n ander storie.

Die ander inbrake, diefstalle en muggings in mindere dinge.

My raad aan jou is vergeet jou woede en move aan. Anders beheer die
dose jou.
Vorige onderwerp: Re: Julle het kuiermense
Volgende onderwerp: Gloudina....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:53:44 MGT 2024