Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reguit vragies aan Ta' Hessie
Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114854] Di, 25 September 2007 06:07 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ta Hessie,

1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?

2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
in SA?
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114867 is 'n antwoord op boodskap #114854] Di, 25 September 2007 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke"
> Ta Hessie,
>
> 1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
> wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?
>
> 2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
> in SA?

Natuurlik het ek as wit student voordeel
getrek uit die rasse-beleid wat daar vir
eeue in SA gegeld het. Waar ek, wit
kind, op grond gesit het waar daar
vantevore bruin kinders kon speel, en
hulle daar in die rante in hulle kroeke
moes bly. Dat my pa kon geldmaak
uit die arbeid van daardie mense in
die kroeke, en so sy dogter na n
luukse wit universiteit kon stuur.
Maar daardie dogter het ook vroeg
verontwaardig geraak oor die
toestand van sake, en toe sy haar
onderwysopleiding gekry het, het
sy in swart skole begin skoolhou,
en was sy onder andere Afrikaanse
onderwyser van jou huidige hoofregter
van die konstitusionele hof. So
the chickens came home to roost.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114874 is 'n antwoord op boodskap #114867] Di, 25 September 2007 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Maar daardie dogter het ook vroeg
verontwaardig geraak oor die
toestand van sake, en toe sy haar
onderwysopleiding gekry het, het
sy in swart skole begin skoolhou,
en was sy onder andere Afrikaanse
onderwyser van jou huidige hoofregter
van die konstitusionele hof. So
the chickens came home to roost.

Gloudina

So as die Konstitusionele Hof 'n uitspraak lewer, dan is dit met Ta'Hessie
se stem?

Hoe lank het jy in die swart skole skoolgehou? Hoe lank gelede is jy
land-uit?

Mag ek raai? Jy't ook in '94 se verkiesing gestem - daar ver in Kanada! -
vir die ANC
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114877 is 'n antwoord op boodskap #114874] Di, 25 September 2007 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> So as die Konstitusionele Hof 'n uitspraak lewer, dan is dit met Ta'Hessie
> se stem?
>
> Hoe lank het jy in die swart skole skoolgehou? Hoe lank gelede is jy
> land-uit?
>
> Mag ek raai? Jy't ook in '94 se verkiesing gestem - daar ver in Kanada! -
> vir die ANC

Ek het eers later uitgevind dat ek kon stem
in die 1994 verkiesing. Maar na soveel jaar
uit SA, het ek in alle geval nie die nodigheid gesien
om SA se sake te probeer beinvloed nie.
Ek het elf jaar in swart skole skoolgehou.
Daarna is ek die land uit om te trou hier in
Kanada. Ons het vier jaar teruggegaan na
SA en weer Kanada toe getrek. Die stank
van apartheid was teveel vir ons.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114882 is 'n antwoord op boodskap #114877] Di, 25 September 2007 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Ek het elf jaar in swart skole skoolgehou.
> Daarna is ek die land uit om te trou hier in
> Kanada. Ons het vier jaar teruggegaan na
> SA en weer Kanada toe getrek. Die stank
> van apartheid was teveel vir ons.

Hulle verwag gewoonlik dat mens 3 jaar terugwerk vir elke jaar se
studieverlof wat mens ontvang het. Jy het 12 jaar hier op skoolbanke gesit
en daarna ten minste 4 jaar tersiêre opleiding = 16 jaar. Daarvoor het het
jy maksimum 15 jaar teruggewerk.

Dink jy werklik dat jy aan SA teruggegee het wat jy van SA ontvang het? Ek
dink nie so nie!!!
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114889 is 'n antwoord op boodskap #114867] Wo, 26 September 2007 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Sep 2007 12:43:04 -0000, Hessie wrote:

> "Torreke"
>> Ta Hessie,

>> 1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
>> wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?

>> 2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
>> in SA?
>
> Natuurlik het ek as wit student voordeel
> getrek uit die rasse-beleid wat daar vir
> eeue in SA gegeld het. Waar ek, wit
> kind, op grond gesit het waar daar
> vantevore bruin kinders kon speel, en
> hulle daar in die rante in hulle kroeke
> moes bly. Dat my pa kon geldmaak
> uit die arbeid van daardie mense in
> die kroeke, en so sy dogter na n
> luukse wit universiteit kon stuur.
> Maar daardie dogter het ook vroeg
> verontwaardig geraak oor die
> toestand van sake, en toe sy haar
> onderwysopleiding gekry het, het
> sy in swart skole begin skoolhou,
> en was sy onder andere Afrikaanse
> onderwyser van jou huidige hoofregter
> van die konstitusionele hof. So
> the chickens came home to roost.
>
> Gloudina

So, hoekom is jou karma hieroor anders as myne?
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114911 is 'n antwoord op boodskap #114889] Do, 27 September 2007 01:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> So, hoekom is jou karma hieroor anders as myne

Ek kan nie die vraag verstaan nie. Kan jy
dit in ander woorde stel.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114916 is 'n antwoord op boodskap #114911] Do, 27 September 2007 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Sep 2007 01:14:25 -0000, Hessie wrote:

> Ferdi skryf
>
>> So, hoekom is jou karma hieroor anders as myne
>
> Ek kan nie die vraag verstaan nie. Kan jy
> dit in ander woorde stel.
>
> Gloudina

Jy vertel 'n verhaal van 'n wit kind wat meer bevoorreg as ek
grootgeword het.

Tog sit jy baie ryker as ek veilig en sonder diskriminasie en kommer
oor more in een van die veiligste lande in die wereld.

Bring dit in verband met jou opmerkings vroeer dat wat nou in
Suid-Afrika met ons wat hier gebly het, gebeur - die misdaad en die
swak regering - alles maar net karma is vanwee apartheid.

Nou, as jy meer uit apartheid gevat het as ek, hoekom is jou karma
soveel anders?

Daar sit bv in Australie en Nieu-Seeland oud-polisiemanne wat gemoor
en gemartel het vir apartheid en baie geld gekry en gevat het
daarvoor. Hulle sit lekker in 'n veilige land.

Ek het arm grootgeword en daar is in die kokon van die wit gemeenskap
erg teen my gediskrimineer tydens apartheid omdat ek gereeld my
weersin daarvan uitgespreek het.

Vandag word daar erg teen my gediskrimineer omdat ek wit is.

Nou, verduidelik weer vir my daai stukkie oor karma...

("Nee, jy sal nie bevordering kry nie.
"As ek swart was, sou jy my bevorder het."\
"As jy swart was, sou jy laaankal bevorder gewees het.")
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114921 is 'n antwoord op boodskap #114916] Do, 27 September 2007 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Nou, as jy meer uit apartheid gevat het as ek, hoekom is jou karma
> soveel anders?
>
> Daar sit bv in Australie en Nieu-Seeland oud-polisiemanne wat gemoor
> en gemartel het vir apartheid en baie geld gekry en gevat het
> daarvoor. Hulle sit lekker in 'n veilige land.
>
> Ek het arm grootgeword en daar is in die kokon van die wit gemeenskap
> erg teen my gediskrimineer tydens apartheid omdat ek gereeld my
> weersin daarvan uitgespreek het.
>
> Vandag word daar erg teen my gediskrimineer omdat ek wit is.
> Nou, verduidelik weer vir my daai stukkie oor karma...

Jong, karma is nie iets wat mens so maklik
kan verduidelik nie. Maar laat ek tog darem
die verskil uitwys tussen jou en daardie ou-
polisie-manne in Australia en ook Kanada.
Jy bly nog in jou geliefde land. Jou gewete
is skoon. Jou genetiese materiaal is in die
SA genepoel. Jy voel dat jy as joernalis
daadwerklik iets kan doen oor die situasie
in SA. Die polisiemanne down under and
up here, kan nie. Ek kan nie.

Gloudina

>
> ("Nee, jy sal nie bevordering kry nie.
> "As ek swart was, sou jy my bevorder het."\
> "As jy swart was, sou jy laaankal bevorder gewees het.")
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114934 is 'n antwoord op boodskap #114921] Vr, 28 September 2007 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1190903756.715758.202570@y42g2000hsy.googlegroups.com.. .

> Jong, karma is nie iets wat mens so maklik
> kan verduidelik nie. Maar laat ek tog darem
> die verskil uitwys tussen jou en daardie ou-
> polisie-manne in Australia en ook Kanada.
> Jy bly nog in jou geliefde land. Jou gewete
> is skoon. Jou genetiese materiaal is in die
> SA genepoel. Jy voel dat jy as joernalis
> daadwerklik iets kan doen oor die situasie
> in SA. Die polisiemanne down under and
> up here, kan nie. Ek kan nie.

USELESS antwoord om die minste te se.

En se my nou eerlik antie, as Ferdi nou ietsie skryf oor hoe swak die ANC
die land bestuur dink jy regtig dit sal geplaas word. Wat is die kans dat
die editor dit sal keer. Wat se gevare vir sy loopbaan sal dit inhou.

Ek het al lank terug op die NG gese dit is net 'n kwessie van tyd voor ouens
soos Ferdi ook gebrandmerk gaan word as rassiste ( net omdat hulle die ANC
kritiseer ) en ek het die spyker so reg op die kop geslaan daar.
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114937 is 'n antwoord op boodskap #114934] Vr, 28 September 2007 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Ek het al lank terug op die NG gese dit is net 'n kwessie van tyd voor ouens
> soos Ferdi ook gebrandmerk gaan word as rassiste ( net omdat hulle die ANC
> kritiseer ) en ek het die spyker so reg op die kop geslaan daar.

Jy lees duidelik nie Beeld nie. Ferdi en ander
Beeld joernaliste kritiseer die regering van die
dag, net soos ander joernaliste in SA doen.
Dis hulle werk. Jy moet lees wat die koerante
oor ons regering hier in Kanada skryf. Mens
weet natuurlik dat sekere koerante meer na
links of na regs leun. Veral die koerante wat
na regs leun, se onderroek hang altyd vroeg
uit. Ons lees elke dag die Globe and Mail.
Dit is die mees verantwoordelike koerant in
Kanada, alhoewel mense uit ander dele van
die land sal kan kla dat dit teveel Toronto-
sentries is.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114940 is 'n antwoord op boodskap #114921] Vr, 28 September 2007 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Sep 2007 14:35:56 -0000, Hessie wrote:

Jong, karma is nie iets wat mens so maklik
> kan verduidelik nie. Maar laat ek tog darem
> die verskil uitwys tussen jou en daardie ou-
> polisie-manne in Australia en ook Kanada.
> Jy bly nog in jou geliefde land. Jou gewete
> is skoon. Jou genetiese materiaal is in die
> SA genepoel. Jy voel dat jy as joernalis
> daadwerklik iets kan doen oor die situasie
> in SA. Die polisiemanne down under and
> up here, kan nie. Ek kan nie.
>
> Gloudina

Maar as ek my deel doen en op beginsel kritiseer ONGEAG DIE RAS VAN
WIE EK KRITISEER, dan skel jy op my...

Wat gaan dit aan jou karma doen?

En sê jy hier jy het nou swak karma omdat jy in Kanada bly??

Die hele karma-ding word bietjie soos barbie doll magic bedryf.

Maar soos jy sê, jy kan nie eintlik verduidelik nie.
Hoekom nie?
Verstaan jy dit regtig nie?
Of sal ek te dom wees?
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114941 is 'n antwoord op boodskap #114934] Vr, 28 September 2007 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Sep 2007 12:00:36 +0200, "Riaan" wrote:

SELESS antwoord om die minste te se.
>
> En se my nou eerlik antie, as Ferdi nou ietsie skryf oor hoe swak die ANC
> die land bestuur dink jy regtig dit sal geplaas word. Wat is die kans dat
> die editor dit sal keer. Wat se gevare vir sy loopbaan sal dit inhou.
>
> Ek het al lank terug op die NG gese dit is net 'n kwessie van tyd voor ouens
> soos Ferdi ook gebrandmerk gaan word as rassiste ( net omdat hulle die ANC
> kritiseer ) en ek het die spyker so reg op die kop geslaan daar.

Just for the record Riaan, ek skrf dit baie en dit altyd gepubliseer.
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114943 is 'n antwoord op boodskap #114940] Vr, 28 September 2007 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Maar as ek my deel doen en op beginsel kritiseer ONGEAG DIE RAS VAN
> WIE EK KRITISEER, dan skel jy op my...
>
> Wat gaan dit aan jou karma doen?
>
> En s? jy hier jy het nou swak karma omdat jy in Kanada bly??
>
> Die hele karma-ding word bietjie soos barbie doll magic bedryf.
>
> Maar soos jy s?, jy kan nie eintlik verduidelik nie.
> Hoekom nie?
> Verstaan jy dit regtig nie?
> Of sal ek te dom wees?

Gaan die gesprek hier oor Karma. ( Of is die
bostaande geskrif van jou deel van my karma
omdat jy dink dat ek jou gekritiseer het. )
Oor Karma: hierdie oosterse konsep, wat
duidelik ook n westerse woord geword het,
maak vir my baie sin. Dit word gewoonlik
verduidelik as sade wat ontkiem. Genetiese
sade, etniese sade, emosionele sade. Selfs
goeie dade verwek nog steeds karmiese
sade. Die Buddhis sal vir jou vertel dat
alleen wanneer jy enlightened is, dus
buddha, jy sonder karma is.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114979 is 'n antwoord op boodskap #114921] Ma, 01 Oktober 2007 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Jou genetiese materiaal is in die[/color]
> SA genepoel.

Mmmmh, la'k sien. Sy genetiese materiaal sal onder die huidige beleid net
'n toekoms hê as hy toesien dat sy kinders swart trou, en hulle kinders weer
swart trou, ens. ens.! - as hy seker maak dat hulle in die swart bevolking
geassimileer word en swart is!

Natuurlik geen fout om swart te trou nie! - maar moet mens nou gedwing word
om dit te doen om vir jou kinders 'n toekoms in hulle eie vaderland te
verseker? Die NP het gemengde huwelike verbied. Die ANC kan dit nie gebied
nie - natuurlik nie! - maar hulle volg 'n beleid wat de facto sê: Sorg dat
jou nageslag swart is of soek vir jou 'n ander land waar meriete die enigste
oorweging is.

Anders is hulle gedoem om vir altyd uitgekwota te word, al het hulle die
beste kwalifikasies, en al het pa (oupa / oupagrootjie) Ferdi téén apartheid
te velde getrek!!!
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114980 is 'n antwoord op boodskap #114979] Ma, 01 Oktober 2007 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 1 Oct 2007 11:43:38 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Hessie"
>> Jou genetiese materiaal is in die
>> SA genepoel.
>
> Mmmmh, la'k sien. Sy genetiese materiaal sal onder die huidige beleid net
> 'n toekoms hê as hy toesien dat sy kinders swart trou, en hulle kinders weer
> swart trou, ens. ens.! - as hy seker maak dat hulle in die swart bevolking
> geassimileer word en swart is!
>
> Natuurlik geen fout om swart te trou nie! - maar moet mens nou gedwing word
> om dit te doen om vir jou kinders 'n toekoms in hulle eie vaderland te
> verseker? Die NP het gemengde huwelike verbied. Die ANC kan dit nie gebied
> nie - natuurlik nie! - maar hulle volg 'n beleid wat de facto sê: Sorg dat
> jou nageslag swart is of soek vir jou 'n ander land waar meriete die enigste
> oorweging is.
>
> Anders is hulle gedoem om vir altyd uitgekwota te word, al het hulle die
> beste kwalifikasies, en al het pa (oupa / oupagrootjie) Ferdi téén apartheid
> te velde getrek!!!

Van rasgemengde huwelike gepraat, Gloudina
watter kleur is jou kleinkinders? Ek het voorheen
okal gewonder of die basis van jou vooroordele
nie dalk in die antwoord op hierdie vraag
opgesluit lê nie.
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114984 is 'n antwoord op boodskap #114980] Ma, 01 Oktober 2007 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Van rasgemengde huwelike gepraat, Gloudina
> watter kleur is jou kleinkinders? Ek het voorheen
> okal gewonder of die basis van jou vooroordele
> nie dalk in die antwoord op hierdie vraag
> opgesluit l? nie

As ek jy is, sal ek oppas vir wat Ferdi
oor hierdie vraag van jou sal oordeel.
Want hy, tereg, wil n Suid Afrika sien
waar ras en kleur geen rol speel nie.
Ook nie in n mens se denke nie.

Gloudina
Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114992 is 'n antwoord op boodskap #114984] Ma, 01 Oktober 2007 15:33 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 01 Oct 2007 12:34:55 -0000, Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Van rasgemengde huwelike gepraat, Gloudina
>> watter kleur is jou kleinkinders? Ek het voorheen
>> okal gewonder of die basis van jou vooroordele
>> nie dalk in die antwoord op hierdie vraag
>> opgesluit lê nie
>
> As ek jy is, sal ek oppas vir wat Ferdi
> oor hierdie vraag van jou sal oordeel.
> Want hy, tereg, wil n Suid Afrika sien
> waar ras en kleur geen rol speel nie.
> Ook nie in n mens se denke nie.
>
> Gloudina

So, jy beweer dat Ferdi graag die Afrikaanse volk
sou sien as omgeset in 'n kleurlingnasie?
Verwaand van ons om namens hom te praat,
in elk geval.

Mynsinsiens, wil niemand wat waarde heg aan
eie kultuur, dit hê nie. Het ek op 'n gevoelige
noot gedruk?
Vorige onderwerp: Demokrasie
Volgende onderwerp: Now showing: Mbeki's reality TV
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:21:26 MGT 2024