Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe sal Kanada dit hanteer?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114805] Vr, 21 September 2007 15:24 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" <skryf
>
> Vigs rage in SA. Ons minister van gesondheid, Manto
> Tshabalala-Msimang, en ons president, Thabo Mbeki, ontken tussen die
> lyne dat vigs iets met kieme te doen het.
>
> Manto stel oor en oor voor mense eet knoffel en suurlemoen om hulle
> teen vigs te beskerm.
>
> Daar is gerugte Manto lig die elmboog soms.
>
> Manto raak siek.
>
> Manto kry 'n lewer-oorplanting.
>
> Daar word berig oor wilde drink-partytjies wat sy glo by 'n vorige
> hospitaal-besoek in die hospitaal sou gehad het.
>
> Daar word ook berig sy is - toe sy destyds in Botswana
> hospitaal-superintendent was - daaraan skuldig bevind dat sy 'n
> pasient se horlosie gesteel het.
>
> Alle hel bars los teen die koerant. President en manto gooi hulle
> speelgoed uit die sandkas.
>
> Die saak-nommer in Botswana duik op.
>
> Daar word berig sy is wel skuldig bevind aan diefstal. Berigte word
> geskryf dat sy glo met 'n brief van 'n psigiater rondgeloop het wat
> state dat sy 'n kleptomaan is, net in geval sy gevang word.
>
> President sê hy is lojaal aan manto. Hy sal haar nie afdank of
> ondersoek nie.
>
> O, ja, intussen sterf daar 2 500 mense per dag aan Vigs.
>
> President sê bring die bewyse oor manto se beweerde diefstal. Toe
> daarop gewys word dat die ANC pas self erken het hulle het van Manto
> se skuldigbevinding geweet toe sy as minister aangestel is, swyg die
> president net oor sy versoek dat bewyse gebring moet word.
>
> Die jongste vandag is dat die dept van gesondheid R70 000 van
> belasting-geld gebruik het om 'n volblad-advertensie in Business day
> uit te neem waarin die dept se regsverteenwoordiger te kere gaan teen
> 'n hooggeregshof-uitspraak onlangs dat koerante wel in die openbare
> belang oor Manto se probleme mag skryf.
>
> Die advertensie het ook 'n verklaring van lojaliteit aan manto.
>
>
> Dis nie al die gebeure nie, maar 'n paar van die hoogtepunte.
>
> My vraag herhaal ek weer - wat sou in kanada met die minister gebeur
> het?

----------------------------------------------

Die ergste oor Manto het die koerante nog nie gehaal nie - dis die
TB-storie!!! TB, veral MDR en XDR TB is buite beheer - dis 'n veldbrand wat
nie gestuit kan word nie! Die regering kan nie genoeg beddens beskikbaar
maak om die die gevalle te hanteer nie.

En Manto is uitsluitlik daarvoor verantwoordelik.

1) Sy het in 1998 besluit om 6 maande hospitalisasie na slegs 2 maande
verkort, ten spyte daarvan dat dié mense wat op grond vlak in die stryd teen
TB betrokke was daarteen gewaarsku het:
a) dat daar nie die nodige infrastruktuur bestaan om te versekere dat
behandeling susksevol buitekant die hospitale voltooi kon word nie en tot 'n
toename in weerstandige TB kan lei
b) dat daar 'n totale gebrek aan disspline in die SA samelewing is - die
soort dissipline wat nodig sou wees om behandeling in die gemeenskappe
i.p.v. in die hospitale te laat slaag.
2) SANTA het in ongeveer 2000 deur 'n moeilike fase gegaan met 'n klomp
binnegevegte - en hulle Manto se vyandigheid op die hals gehaal. Manto het
daar en dan besluit dat SANTA moet uit die vergelyking gehaal word en sy het
eiehandig toegesien dat die grootste , oudste en mees ervare anti-TB NRO in
Afrika se hospital gevat word, hulle subsidies afgesny word en eenvoudig
lamgelê word. SANTA het honderde veldwerkers gehad wat oor duisende
vrywilligers in die gemeenskappe gewaak het. Manto het dit vernietig en 'n
totale vakuum gelaat - 'n vakuum wat nou in die skrikwekkende toename in
weerstandige TB weerspieël.
3) In 2004 het AL die rolspelers in die stryd teen TB, d.i. die
Departement, Privaatsektor en NROs by Midrand byeengekom om die
gefragmenteerdheid van die stryd aan te spreek en 'n gesamentlike strategie
op te stel. Daar is besluit op 'n koalisie teen TB ("CAT" Coalition against
TB). Toe die bestuursliggaam 'n voorsitter kies warvan Manto nie hou nie en
weier dat sy 'n voorsitter aanwys van haar keuse, het sy die Departement
onttrek en CAT vernietig!
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114814 is 'n antwoord op boodskap #114805] Sa, 22 September 2007 20:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Ferdi" skryf

>> Vigs rage in SA. Ons minister van gesondheid, Manto
>> Tshabalala-Msimang, en ons president, Thabo Mbeki, ontken tussen die
>> lyne dat vigs iets met kieme te doen het.
>> Alle hel bars los teen die koerant. President en manto gooi hulle
>> speelgoed uit die sandkas.

>> My vraag herhaal ek weer - wat sou in kanada met die minister gebeur
>> het?

Voordat ek jou antwoord, wil ek net weer uitwys
dat daar iets aan my kant iets met google
moeilikheid maak. Ek kon die onderwerp
sien, maar kon nie Ferdi se pos lees nie.
Het dit toe aangehaal in Torreke se pos
opgetel. Kan iemand vir my raadgee oor
wat miskien aan my kant verkeerd kan
wees. Ek kan ook sekere van my antwoorde
op vorige poste nie lees nie. My naam
verskyn in die opsomming, maar as ek
daarop kliek, skip dit eenvoudig net
daardie nommer.
My antwoord aan Ferdi. Gesondheid
is n provinsiale mag, en ons Federale
regering het dus nie eens n Minister van
Gesondheid nie. Sover dit my aangaan,
is dit vir my duister wat met julle MInister
van Gesondheid aangaan. Ek kan alleen
vir julle weer verduidelik: julle ouens slaap
nou in die bed wat die apartheidsvaders
vir julle geskep het. Julle het n klomp
vryheidsvegters ingemeng met taamlike
oulike persoonlikhede, en julle sal nog
vir n ruk so moet sit en suffer.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114821 is 'n antwoord op boodskap #114814] So, 23 September 2007 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 22 sep, 22:11, Hessie wrote:
> Voordat ek jou antwoord, wil ek net weer uitwys
> dat daar iets aan my kant iets met google
> moeilikheid maak. Ek kon die onderwerp
> sien, maar kon nie Ferdi se pos lees nie.

Ek het dieselfde probleem en ek glo dit is net op Google groups van
toepassing. Die afgelope paar weke was daar klagtes op verskeie
nuusgroepe daaroor.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114822 is 'n antwoord op boodskap #114814] So, 23 September 2007 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2007 20:11:58 -0000, Hessie wrote:

> My antwoord aan Ferdi. Gesondheid
> is n provinsiale mag, en ons Federale
> regering het dus nie eens n Minister van
> Gesondheid nie. Sover dit my aangaan,
> is dit vir my duister wat met julle MInister
> van Gesondheid aangaan. Ek kan alleen
> vir julle weer verduidelik: julle ouens slaap
> nou in die bed wat die apartheidsvaders
> vir julle geskep het. Julle het n klomp
> vryheidsvegters ingemeng met taamlike
> oulike persoonlikhede, en julle sal nog
> vir n ruk so moet sit en suffer.
>
> Gloudina

Dus, Gloudina: Kan ek aflei dat jy die optredes van Manto nie afkeur
nie.
Ek sal graag wil weet hoekom nie.
Dit is sekerlik nie omdat sy in 'n ander land is nie want jy keur wel
optredes van ander Suid-Afrikaners af.

Is dit dan omdat sy 'n sg. vryheidsvegter was (universiteit in Rusland
en daarna lekker lewe in exile) ?

Dan sê jy mos sy kan nie gekritiseer word nie omdat die drywers van
apartheid verkeerd was.

Dus: Die Tsar was onmenslik en ondemokraties. Stalin het daarteen in
opstand gekom. Dus kan nie een van die moorde wat Stalin daarna
gepleeg het, gekritiseer word nie, hmmm Gloudina?

Wat noem Noam Chomsky dit nou weer? Selective morality.

As dit inderdaad die kant is waarheen jy hier leun is dit uiters
teleurstellend.

John Vorster van 'n vark. no Doubt. Manto is 'n vark, no Doubt.

Is dit so moeilik om nie-rassig te kyk?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114834 is 'n antwoord op boodskap #114822] Ma, 24 September 2007 02:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Dus, Gloudina: Kan ek aflei dat jy die optredes van Manto nie afkeur
> nie.
> Ek sal graag wil weet hoekom nie.

> Dan sê jy mos sy kan nie gekritiseer word nie omdat die drywers van
> apartheid verkeerd was.
> As dit inderdaad die kant is waarheen jy hier leun is dit uiters
> teleurstellend.
>
> John Vorster van 'n vark. no Doubt. Manto is 'n vark, no Doubt.
>
> Is dit so moeilik om nie-rassig te kyk?

Jy klink bietjie na Dan Roodt, Ferdi. Waar lees
jy dat ek verklaar dat Manto alles reg doen. Al
wat ek uitwys is dat die apartheidsvaders
se dade die oorsaak was dat daar n klomp
sogenaamde vryheidsvegters in die saal
gekom het nadat die hele apartheidsspul
in duie geval het. John Vorster was n
vark. Hy was ook die president van die land,
en n oorwegende klomp wittes het hom
gehelp om n diktatorskap in SA te bewerkstellig.
Manto is, volgens jou opinie, ook n vark. Maar
sy is nie president van die land nie. En ek merk
nog nie op dat daar n diktatorskap in SA aan
die gang gekom het nie. Die lyk vir my nog,
hier uit die verte, asof die demokrasie nog
stewig in SA funksioneer. Bo en behalwe
dit, onthou tog bietjie om na ander lande
en hulle dom regerings te kyk, voordat jy
begin eis dat alles in SA nou totaal perfek
moet geskied, nadat dit vir omtrent n halfeeu
n geweldadige diktatorskap was. Ja, Manto
is n vark, maar so was n lang reeks varke
voor haar en hulle het Afrikanername gehad.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114835 is 'n antwoord op boodskap #114821] Ma, 24 September 2007 02:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

>> Voordat ek jou antwoord, wil ek net weer uitwys
>> dat daar iets aan my kant iets met google
>> moeilikheid maak. Ek kon die onderwerp
>> sien, maar kon nie Ferdi se pos lees nie.
>
> Ek het dieselfde probleem en ek glo dit is net op Google groups van
> toepassing. Die afgelope paar weke was daar klagtes op verskeie
> nuusgroepe daaroor.

Baie dankie. Wel, dis n verligting om dit te
hoor. Ek het gedink dis net my rekenaar
wat op die koffie begin raak. Of dat ek te
dom is om raak te sien wat verkeerd is.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114836 is 'n antwoord op boodskap #114834] Ma, 24 September 2007 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina
> Maar om nou die swartes
> te beswadder omdat hulle hier en daar
> geweld gepleeg het ( gladnie op groot
> skaal nie) en sodoende n ekskuus
> te vind vir die veel meer geweldadige
> optrede van die apartheidsregerings,

en in 'n ander pos
> Ek het
> oor en oor verduidelik dat dit die stupid
> apartheidsargitekte was wat veroorsaak
> het...

LOL... hierdie laaste een is so uit die bek van die swart regering dat
dit komies is - Suid Afrikaners spot al daarmee

> Ferdi skryf


>> John Vorster van 'n vark. no Doubt. Manto is 'n vark, no Doubt.

>> Is dit so moeilik om nie-rassig te kyk?
>

Gloudina Mbouwelani antwoord:
> Jy klink bietjie na Dan Roodt, Ferdi.

knip
> . John Vorster was n vark.
> Manto is, volgens jou opinie, ook n vark.
knip

aan Riaan
> Ek is baie meer ingelig, baie
> meer ingelig as jy oor die politiek van SA,
> kan ek jou verseker.

en in opvollg aan aan Ferdi
> Die lyk vir my nog,
> hier uit die verte, asof die demokrasie nog
> stewig in SA funksioneer.
>
> Gloudina
>

Ontleder se kommnetaar:
Gloudina Slovo, jy's besig om jou naam meer en meer gat te maak
Trek terug na Soweto vanwaar jy en jou man na die soldate in die
Kaspirs geluister het.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114843 is 'n antwoord op boodskap #114834] Ma, 24 September 2007 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 02:04:53 -0000, Hessie wrote:

>> Is dit so moeilik om nie-rassig te kyk?
>
> Jy klink bietjie na Dan Roodt, Ferdi.

Come on Gloudina. Dis bloot vrot argumenteer wat jy nou doen. Gooi jou
opponent met modder en sê dan niemand behoort hom te glo nie want hy
is vol modder. Dis cheap.

Dan Roodt sal toevallig baie kwaad wees as hy hoor jy sê ek is soos
hy.

En vertel my asb. hoekom jy dit sê. Ek en Dan Roodt is baie ver van
mekaar. Sê asb wat jy bedoel. Sê presies hoekom jy die opmerking maak.
Dis ernstig.

Sê jy dit bloot omdat Roodt ministers kritiseer en ek ook ministers
kritiseer? Wel, Van Zyl Slabbert kritiseer ook ministers. Helen Zille
ook. Xolela Mangcu ook. Desmond Tutu ook. Is ons nou almal
dieselfde????

Waar lees
> jy dat ek verklaar dat Manto alles reg doen.

En waar lees jy dat ek dit gesê het??
Ek het die volgende VRAAG gevra "Kan ek aflei dat jy die optredes van
Manto nie afkeur nie. "

1. Dis 'n vraag.
2. Dis 'n logiese vraag wat spruit uit jou antwoord waarin jy jou ten
volle daarvan weerhou het om die GENOEMDE AKSIES van Manto af te keur.
3. My vraag verwys na "die optredes"Met ander woorde die optredes wat
ek beskryf het.
Waar kom jy vandaan om dit uit te brei na "alles" ??

Jy is mos slimmer as dit.

Al
> wat ek uitwys is dat die apartheidsvaders
> se dade die oorsaak was dat daar n klomp
> sogenaamde vryheidsvegters in die saal
> gekom het nadat die hele apartheidsspul
> in duie geval het.

Inderdaad.
Toevallig is hulle struggle om in die saal te kom OOK een van die
redes hoekom hulle is die saal is. Daai "wille zur macht"of wat die
Duits ookal is. En as jy mag soek - veral as jy dit in die naam van
goeie beginsels doen - dan kom daar 'n verantwoordelikheid daarmee
saam wanneer jy dit kry.
So ook is dit die werk van die internasionale gemeenskap wat hulle
ondersteun het, nê?
Maar dit aside, die punt is dat hulle in 1994 opgehou het om 'n
vryheidsbeweging te wees en 'n regering geraak het.
En hulle het met die beloofde beginsels van nie-rassigheid,
nie-seksisme, demokrasie - gedoen met transparency and accountability
- aan bewind gekom.

Ek weier om te sê omdat hulle struggle moreel was, gaan ek alles wat
hulle as 'n regering doen verskoon.

Die NP as vaandeldraer van die wit Afrikaners het met 'n morele
struggle van sy eie in 1948 politieke mag gekry. Ek het nie geskroom
om hulle my hele lewe te kritiseer ook die twak wat hulle as 'n
regering aangejaag het nie.

Ek gaan dieselfde met die ANC doen. En die ANC is op die oomblik 'n
vrot regering wat omtrent al sy beginsels verraai.
Sy basis van regeer neig al hoe meer rassisties (daarin is hy 'n
spieëlbeeld van die NP - iets wat skreeusnaaks sou gewees het as dit
nie so sad was nie). Hy verwater demokrasie in die parlement en in die
strate. Hy is totaal ondeursigtig as 'n regering en min mense in hoë
posisies word verantwoordbaar gehou vir korrupsie, onbevoegdheid of
bloot diefstal. There is no accountability.

Die enkele uitsonderings wat verantwoordelik gehou word vir hul
korrupsie en oortreding van reëls, is, lo and behold, politieke vyande
van die president. Sy politieke vriende word oorgesien.

Die Suid-Afrikaanse staat is op die oomblik besig om na rassisme te
dryf en word gekenmerk deur korrupsie en ondoeltreffendheid.

Ek is nie al wat dit sê nie. Die DA sê dit. talle SWART intellektuele
sê dit. Onder meer Rhoda Kadali, Xolela Mangcu, Justice Malala en
Mondli Makhanya (lg is die redakteur van die Sunday Times). Allan
Boesak sê dit. Bantu Holomisa sê dit. Desmond Tutu sê dit.

John Vorster was n
> vark. Hy was ook die president van die land,
> en n oorwegende klomp wittes het hom
> gehelp om n diktatorskap in SA te bewerkstellig.
> Manto is, volgens jou opinie, ook n vark. Maar
> sy is nie president van die land nie. En ek merk
> nog nie op dat daar n diktatorskap in SA aan
> die gang gekom het nie.

Laat ek jou gou inlig oor die werklikhede op die grond hier.
Ons grondwet bepaal 'n president mag net twee termyne dien.
Thabo Mbeki se tweede termyn eindig oor 18 maande.
In Desember kies die ANC 'n nuwe president - dis die ANC se president,
nie land s'n nie.
Die tradisie is dat die ANC (wat die volgende verkiesing ook gaan wen)
se president/leier ook die land se president word want die
meerderheidsparty in die parlement kies die land se president.
Thabo se plan wat hy aan die ANC-kongres gaan voorlê in Desember is
dat hy aanbly as president van die ANC - die sg. "two centres of
power". Daarmee saam dat die ANC se hoof-struktuur so verander word
dat die beweging se president (THabo, dus) kan sê wie die party as die
land se president moet aanwys.

Kan jy die een plus een optel?

Dit beteken Thabo se puppet word die land se president.
Die parlement is by the way reeds tot groot mate ontman. Die rede
daarvoor is die kiesstelsel wat nog nie na 1994 verander het nie (daar
is 'n kommissie gewees wat verandering aanbeveel het, maar sy verslag
lê en stof vergader op 'n rak - klink dit nie soos die ou NP nie??).
Mense stem vir 'n party en die party sel 'n lys saam van wie hy
parlement toe stuur. Lees: Die party se LEIER stel 'n lys saam.
Dus - as jy teen Mbeki draai, is jy van die lys af. Te hel met die
kiesers se belange.

Ons dryf onder wat die ANC geraak het, al nader aan iets wat nie ten
volle 'n demokrasie is nie.

Die lyk vir my nog,
> hier uit die verte, asof die demokrasie nog
> stewig in SA funksioneer.

Sien bo.

Laat ek uitbrei. Jacob Zuma is more or less bewys as 'n korrupte
politikus, maar dit lyk al hoe meer of hy die ANC se nuwe president
gaan wees. Weet jy hoekom? Omdat daar in die ANC al hoe meer mense is
wat panic en sê hy gaan sleg vir ons wees maar dit sal beter as die
tipiese Afrika-ramp van 'n leier "for life" (lees Mbeki) wees.

Laat my toe om Xolela Mangcu weer vir jou hier aan te haal: "TO BE
sure, I would choose Zuma over Mbeki any time. In politics, and
particularly in Africa , there are few things as scary as the “leader
for life”, which seems to be Mbeki's animating philosophy at the
moment"

Laat my toe om hier uit te wys dat Mangcu keer op keer op rekord is
dat hy NIE WIL HÊ dat Zuma ons president moet raak nie. Dat hy reken
Zuma sal 'n ramp wees. Maar eerder die ramp as die tipiese
Afrika-leier for life. (Ons ken hulle hier in die vasteland...)

Bo en behalwe
> dit, onthou tog bietjie om na ander lande
> en hulle dom regerings te kyk, voordat jy
> begin eis dat alles in SA nou totaal perfek
> moet geskied, nadat dit vir omtrent n halfeeu
> n geweldadige diktatorskap was. Ja, Manto
> is n vark, maar so was n lang reeks varke
> voor haar en hulle het Afrikanername gehad.

Nou wanneer, Gloudina, het ek gesê alles moet perfek in SA geskied??

Dis weer 'n vrot denkfout. Hulle noem dit die strooipop-argument. Stel
iemand op asof hy iets sê wat silly is en skiet hom dan af oor die
silly uitspraak, maak nie saak dat hy NIE DAARDIE UITSPRAAK GEMAAK HET
NIE.

Ek het NOOIT op ENIGE plek gesê dat ek wil he^alles in SA moet perfek
wees nie. Come on. Get a life. As jy my nie ordentlik gaan hanteer
wanneer ons verskil nie, gaan ek ophou om dit met jou te doen.

Ek sê: Manto is 'n vieslike verleentheid. Onder haar het openbare
gesondheid in duie gestort. Sy het klaarblyklik 'n drank-probleem. Sy
is aan diefstal skuldig bevind. Dus: Sy is 'n verleentheid en sy is
totaal onbevoeg. Sy moet afgedank word. Ek stel nie laer standaarde
vir haar en my president omdat hulle swart is nie (doen jy dit dalk?).
Ek stel dieselfde standaarde vir almal en sy moet afgedank word.

Maar ons president verkies om haar ten alle koste te beskerm!!
Hy sê hy skuld haar lojaliteit en sal haar nie afdank nie! (Hy is on
record). Maar 2500 MENSE STERF DAAGLIKS AAN vigs. Kinders sterf in
Frere-hospitaal. Mense sterf daagliks vanwee ons vrot
gesondheidstelsels - afgesien van vigs en kinders in Frere (sien
onder)!!!!!
Hy is HULLE president!!!!!

Kom ek vertel jou gou 'n ander storie oor haar. Begin vanjaar het die
Daily Despatch (ja, daai linkse Oos-Londen-koerant onder redakteurskap
van 'n SWART vroue-redakteur) 'n skandaal gebreek van die
Frere-hospitaal in die stad waar kinder-sterftes die hoogte in is
omdat die hospitaal vrot bestuur word, verpleegsters nie kan omgee nie
en die hospitaal vuil is en belangrike toerusting nie het nie.

Die adjunk-minister van gesondheid (nie 'n Mbeki-vertroueling nie)
besoek die hospitaal en maak 'n lawaai oor die toestande. Die volgende
week besoek Manto die hospitaal, maar voor die tyd word alles gou
skoongemaak en potplante, stoele en toerusting word uit 'n ander
hospitaal oorgedra en neergesit vir haar besoek (dit is deur talle
getuies vertel en bevestig).
Manto besoek die hospitaal toe en sê: "Kyk! Hier is nie probleme
nie!"

Volgende week word die adjunk-minister sumier afgedank op ander
vorwendsels (een van die ander redes is dat die adjunk actually die
vigs-pandemie ernstig opgevat het) en die president skryf in sy online
brief die kinder-sterftes by Frere is nie hoër as die land se
gemiddeld nie, so wat is almal se probleem.

Die hospitaal gaan voort in vuil en swak toestande. Die kinders sterf
steeds.

Ek sal my eie vraag nou vir jou antwoord: IN Kanada sou Manto moes
bedank het. Die president ook. En julle sou 'n vroeë verkiesing gehad
het. Ek verwag dieselfde standaarde van Kanada in Suid-Afrika. Nie
perfeksie nie. Net nie-rassigheid, deursigtigheid en
verantwoordbaarheid. Aan die kiesers.

Hier is nog iets vir jou. Dis die laaste deel van Mondli Makhanya se
redakteursrubriek gister in die Sunday Times

--------------------------------------------

The story of Manto Tshabalala-Msimang bears retelling.

What the Sunday Times told South Africa in August was that during a
stay at Medi-Clinic in Cape Town, Tshabalala-Msimang behaved
abominably and compelled the staff to break the rules of the clinic.

Not only had she had mixed alcohol with pills but she had sent
hospital staff to go hunting for extra bottles of hooch in seedy parts
of Cape Town. She had also thrown tantrums and made bizarre demands on
staff.

We reported this knowing that this most disastrous and most
mollycoddled member of the Cabinet would probably be protected.

When we reported on the circumstances surrounding her liver operation
and on the fact that she had a theft conviction, this newspaper was
accused of having a nefarious “agenda”.

An agenda?

To reveal that this medical practitioner was once convicted of
stealing from a patient who was under anaesthetic at the time is
nefarious?

A negative agenda in revealing that the person in charge of our health
system was consuming alcohol right up to the point of the liver
transplant when she should have quit at least six months prior to the
operation?

And then continuing to consume alcohol liberally on the new liver.

In their attacks on this newspaper senior ANC and government leaders
as well as the army of acolytes accuse us of invading her privacy and
her dignity.

Let it be said that privacy and dignity are values that we, like most
of the South African media, respect. Rarely do you see anything about
senior politicians' private lives or their relationship with fermented
liquids.

It is not what we do.

As Judge Jajbhay pointed out, in the case of Tshabalala-Msimang it was
correct that the Sunday Times let the public know about the
disgraceful behaviour of the Minister of Health during her stay at a
health institution.

In the obfuscation and hypocrisy that has characterised this saga,
Tshabalala- Msimang has been painted as a poor victim of a vendetta. I
use hypocrisy because any senior ANC and government official worth
their salt knows that the Sunday Times merely scratched the surface of
the scandal that is our Health Minister. They know about her early-
morning liquid consumption patterns. Her (current) nimbleness with her
fingers is legendary within ANC and government circles.

Tshabalala-Msimang's colleagues know that she has wrecked the public
health system and demoralised health workers with her uncaring
attitude. It is known that in senior meetings, her colleagues roll
their eyes and cringe when she opens her mouth and rambles
incomprehensibly. It is no secret that ministers and officials try
their best to work around her if they want to achieve something.

These are all well-known facts that cannot be refuted with honesty.

Yet she stays in office. Protected in her incompetence. South Africans
suffer as a result.

And we in the media are expected to pretend that all is well.
Unfortunately, it is not a conspiracy of silence that we would be
comfortable joining.

-----------------------------------

Gou 'n laaste stukkie: Weet jy wat was die regering se reaksie op die
einde oor die Sunday Times wat die dinge (waaroor laaank al in SA
gepraat word) uiteindelik geskryf het: Die president se kantoor het
gedreig om alle staatsadvertensies by die Sunday Times te stop!!!!

Een laaste iets vir jou oor Mondli Makhanya: Hy was 'n MK-soldaat in
die struggle met groot geloofwaardigheid.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114845 is 'n antwoord op boodskap #114843] Ma, 24 September 2007 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

>> Jy klink bietjie na Dan Roodt, Ferdi.
>
> Come on Gloudina. Dis bloot vrot argumenteer wat jy nou doen. Gooi jou
> opponent met modder en sê dan niemand behoort hom te glo nie want hy
> is vol modder. Dis cheap.
>
> Dan Roodt sal toevallig baie kwaad wees as hy hoor jy sê ek is soos
> hy.
>
> En vertel my asb. hoekom jy dit sê. Ek en Dan Roodt is baie ver van
> mekaar. Sê asb wat jy bedoel. Sê presies hoekom jy die opmerking maak.
> Dis ernstig.
>
> Sê jy dit bloot omdat Roodt ministers kritiseer en ek ook ministers
> kritiseer?

Kalmeer jouself, Ferdi. Ek wou net toets hoever
ek jou kan treiter voordat jy my kortvat. Nee, ek
dink jy is heeltemal reg om as joernalis kritiek oor
die publieke sektor te skryf. Dit is jou plig. Oppas
net dat jy nie soos Dan Roodt begin klink nie. Ek
sou dink dat dit veel meer slaankrag sal kry as
jy elke keer wanneer n swart joernalis krities
skryf, in jou rubrieke wat hulle skryf herhaal en
dan jou eie observasies byvoeg. Anders begin
mense dink jy het maar net soos die ander
klaagpotte geword, en dis iets wat in SA nogal
gevaarlik is vir n Afrikanerjoernalis. Moenie dat
jou lesers die baba met met badwater uitgooi
net omdat jy soos Dan Roodt begin klink nie.
Ek is nou bietjie geknyp vir tyd. Sal later
weer jou lekker lang pos deurlees en op dele
antwoord.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114846 is 'n antwoord op boodskap #114845] Ma, 24 September 2007 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 15:28:45 -0000, Hessie wrote:

> Ferdi skryf
>
>>> Jy klink bietjie na Dan Roodt, Ferdi.

>> Come on Gloudina. Dis bloot vrot argumenteer wat jy nou doen. Gooi jou
>> opponent met modder en sê dan niemand behoort hom te glo nie want hy
>> is vol modder. Dis cheap.

>> Dan Roodt sal toevallig baie kwaad wees as hy hoor jy sê ek is soos
>> hy.

>> En vertel my asb. hoekom jy dit sê. Ek en Dan Roodt is baie ver van
>> mekaar. Sê asb wat jy bedoel. Sê presies hoekom jy die opmerking maak.
>> Dis ernstig.

>> Sê jy dit bloot omdat Roodt ministers kritiseer en ek ook ministers
>> kritiseer?
>
> Kalmeer jouself, Ferdi. Ek wou net toets hoever
> ek jou kan treiter voordat jy my kortvat. Nee, ek
> dink jy is heeltemal reg om as joernalis kritiek oor
> die publieke sektor te skryf. Dit is jou plig. Oppas
> net dat jy nie soos Dan Roodt begin klink nie. Ek
> sou dink dat dit veel meer slaankrag sal kry as
> jy elke keer wanneer n swart joernalis krities
> skryf, in jou rubrieke wat hulle skryf herhaal en
> dan jou eie observasies byvoeg. Anders begin
> mense dink jy het maar net soos die ander
> klaagpotte geword, en dis iets wat in SA nogal
> gevaarlik is vir n Afrikanerjoernalis. Moenie dat
> jou lesers die baba met met badwater uitgooi
> net omdat jy soos Dan Roodt begin klink nie.
> Ek is nou bietjie geknyp vir tyd. Sal later
> weer jou lekker lang pos deurlees en op dele
> antwoord.
>
> Gloudina
>
>

Jou twee gat jakkals.

Meer mense as net ek weet seker nou hoe toeskouers sal voel wanneer
hulle hope geld vir toegangskaartjies betaal het en ver ente gery het
en in lang toue gestaan het om 'n boksgeveg te sien waarvoor hulle
rugsakke gepak het.

En dan word die teenstander in die eerste 3 sekondes uitgeslaan.
Poegaai - plat op die rug - met iemand wat die gesig afspons
en iemand anders wat die handdoek ingooi; wat 'm anti-klimaks!

En die manne gaan suip maar in die naaste nagklub
waar hulle hul teleurstelling kan uitspreek omdat
die opposisie net wind is.

En Kallie Knoetze se bynaam word weer genoem...
sonder dat daar van hom gepraat word.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114848 is 'n antwoord op boodskap #114845] Ma, 24 September 2007 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 15:28:45 -0000, Hessie wrote:

>> Sê jy dit bloot omdat Roodt ministers kritiseer en ek ook ministers
>> kritiseer?
>
> Kalmeer jouself, Ferdi. Ek wou net toets hoever
> ek jou kan treiter voordat jy my kortvat.

Nie goed genoeg nie Gloudina.
Dis dalk vir jou speletjies, maar waar ek woon is dit dodelik ernstig.
Mense se lewens is op die spel. Die toekoms van ons grondwet en
demokrasie is op die spel.

As jy daaroor wil praat, doen dit enige tyd, maar bejeen dit met 'n
sekere mate van erns.

Nee, ek
> dink jy is heeltemal reg om as joernalis kritiek oor
> die publieke sektor te skryf. Dit is jou plig. Oppas
> net dat jy nie soos Dan Roodt begin klink nie. Ek
> sou dink dat dit veel meer slaankrag sal kry as
> jy elke keer wanneer n swart joernalis krities
> skryf, in jou rubrieke wat hulle skryf herhaal en
> dan jou eie observasies byvoeg. Anders begin
> mense dink jy het maar net soos die ander
> klaagpotte geword, en dis iets wat in SA nogal
> gevaarlik is vir n Afrikanerjoernalis. Moenie dat
> jou lesers die baba met met badwater uitgooi
> net omdat jy soos Dan Roodt begin klink nie.

Net om jou te herinner aan waar ons is. Dit is nie 'n koerant hierdie
nie. Dit is 'n besprekingsgroep oor Suid-Afrika.

Maar hier net soos in my rubrieke dring ek daarop aan om op my
argumente geoordeel te word en nie deur lukrake assosiasie met wat jy
reken die konklusies is nie.

Laat ek jou in dieselfde trant as wat jy reageer, antwoord.

Hier gaan dit: Jy bekommer my want jy klink net soos Robert Shuresh
Roberts. Net so 'n kritieklose navolger van 'n politikus. Net soos
Roberts moet jy leer dat beginsels die dinge is waarop jy jou vertroue
moet plaas en nie mense nie.
Net soos Roberts lyk dit ook of jy die mens Mbeki so te se aanbid en
geen kritiek oor hom wil duld nie.
Julle moet oppas, julle soort navolgers is net soos die natte wat so
vas in Verwoerd geglo het. Niks goed kom van so 'n klakkelose
helde-verering van politici nie.
Nie in Duitsland of in Suid-Afrika nie.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114849 is 'n antwoord op boodskap #114848] Ma, 24 September 2007 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Net soos Roberts lyk dit ook of jy die mens Mbeki so te se aanbid en
> geen kritiek oor hom wil duld nie.
> Julle moet oppas, julle soort navolgers is net soos die natte wat so
> vas in Verwoerd geglo het. Niks goed kom van so 'n klakkelose
> helde-verering van politici nie.
> Nie in Duitsland of in Suid-Afrika nie.

Ferdi, nou is dit jy wat oor die tou trap.
Waar het ek al ooit geskryf in so n trant
dat jy my kan beskuldig dat ek Mbeki
aanbid en geen kritiek oor hom wil duld
nie. Ek, seker nog meer as jy, op hierdie
nuusgroep, kritiseer Mbeki aanmekaar
omdat hy n Margaret Thatcher navolger
fiskaal is. Ek beskuldig vir Mbeki daarvan
dat daar nog baie min in SA verander
het sedert 1994 sosiaal en ekonomies.
Die armes ( lees meestal swart) word
armer en die rykes ( baie baie van hulle
wit) word ryker. Mbeki, basies, is n
bourgeois. Hy dink die middelklas is
al wat tel.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114850 is 'n antwoord op boodskap #114846] Ma, 24 September 2007 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

>> Meer mense as net ek weet seker nou hoe toeskouers sal voel wanneer
> hulle hope geld vir toegangskaartjies betaal het en ver ente gery het
> en in lang toue gestaan het om 'n boksgeveg te sien waarvoor hulle
> rugsakke gepak het.
>
> En dan word die teenstander in die eerste 3 sekondes uitgeslaan.
> Poegaai - plat op die rug - met iemand wat die gesig afspons
> en iemand anders wat die handdoek ingooi; wat 'm anti-klimaks!
>
> En die manne gaan suip maar in die naaste nagklub
> waar hulle hul teleurstelling kan uitspreek omdat
> die opposisie net wind is.
>
> En Kallie Knoetze se bynaam word weer genoem...
> sonder dat daar van hom gepraat word.- Hide quoted text -

Du Plessis, ek het lekker gelag. Ek wonder hoeveel
mense kon vertaal wat jy in bostaande impliseer:
Dat jy jou nou klaargemaak het vir n goeie en
langdurige boksgeveg tussen Gloudina en Ferdi,
en dat die ding toe oor is binne die eerste paar
minute. En dat jy nou vreeslik ongelukkig is
oor die toestand. Jy beskuldig my dat ek net
wind is. Miskien is jy reg. Maar wie is Kallie
Knoetze.
Jou voorbeeld van die boksgeveg laat my
dink aan een boksgeveg in die sestigerjare
toe Mohammed Ali nog in die pril van sy jeug
was, en my man hom klaargemaak het vir die
geveg. Ons was in die slaapkamer toe die
geveg begin, toe hoor ons op die radio dat
die geveg begin het en ons besluit om na die
sitkamer te gaan waar die TV is. En in daardie
paar sekondes wat dit ons geneem het om
van die een kamer na die ander te loop
( in n woonstel) toe slaan Ali die opponent
plat en is die wedstryd oor.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114851 is 'n antwoord op boodskap #114843] Ma, 24 September 2007 23:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Die parlement is by the way reeds tot groot mate ontman. Die rede
> daarvoor is die kiesstelsel wat nog nie na 1994 verander het nie
> Mense stem vir 'n party en die party sel 'n lys saam van wie hy
> parlement toe stuur. Lees: Die party se LEIER stel 'n lys saam.

Ek dink jy sal dit interessant vind dat ons, in ons
provinsiale verkiesing op 10 Oktober, ook onder
andere gaan stem in n referendum oor die invoer
van n elektorale sisteem wat deels soos julle
sisteem sal lyk. n Sekere hoeveelheid van
die verkose lede van die Provinsiale Regering
sal in die sisteem aangestel word deur die
party se leier, en die getal van verteenwoordigers
wat die party kry, sal gedetermineer word deur
die aantal stemme wat die party in die hele
provinsie kry. Onder so n sisteem sal ons
derde party, die NDP, baie meer verteenwoordigers
kry as nou, want baie mense stem vir die NDP
maar onder die huidige stelsel kom die NDP
kandidaat nooit in nie. Dit sal dit ook moontlik
maak vir ons Green Party om miskien een of
twee kandidate in die Provinsiale Regering
te kry. British Columbia het onlangs ook so
n referendum gehad, maar dit is uitgestem.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114852 is 'n antwoord op boodskap #114850] Ma, 24 September 2007 23:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 22:36:52 -0000, Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>>> Meer mense as net ek weet seker nou hoe toeskouers sal voel wanneer
>> hulle hope geld vir toegangskaartjies betaal het en ver ente gery het
>> en in lang toue gestaan het om 'n boksgeveg te sien waarvoor hulle
>> rugsakke gepak het.

>> En dan word die teenstander in die eerste 3 sekondes uitgeslaan.
>> Poegaai - plat op die rug - met iemand wat die gesig afspons
>> en iemand anders wat die handdoek ingooi; wat 'm anti-klimaks!

>> En die manne gaan suip maar in die naaste nagklub
>> waar hulle hul teleurstelling kan uitspreek omdat
>> die opposisie net wind is.

>> En Kallie Knoetze se bynaam word weer genoem...
>> sonder dat daar van hom gepraat word.- Hide quoted text -
>
> Du Plessis, ek het lekker gelag. Ek wonder hoeveel
> mense kon vertaal wat jy in bostaande impliseer:
> Dat jy jou nou klaargemaak het vir n goeie en
> langdurige boksgeveg tussen Gloudina en Ferdi,
> en dat die ding toe oor is binne die eerste paar
> minute. En dat jy nou vreeslik ongelukkig is
> oor die toestand. Jy beskuldig my dat ek net
> wind is. Miskien is jy reg. Maar wie is Kallie
> Knoetze.
> Jou voorbeeld van die boksgeveg laat my
> dink aan een boksgeveg in die sestigerjare
> toe Mohammed Ali nog in die pril van sy jeug
> was, en my man hom klaargemaak het vir die
> geveg. Ons was in die slaapkamer toe die
> geveg begin, toe hoor ons op die radio dat
> die geveg begin het en ons besluit om na die
> sitkamer te gaan waar die TV is. En in daardie
> paar sekondes wat dit ons geneem het om
> van die een kamer na die ander te loop
> ( in n woonstel) toe slaan Ali die opponent
> plat en is die wedstryd oor.
>
> Gloudina

Solank jy dit darem geniet het:-)
Dit is komies wat jy vertel van die Mohammed Ali (oftewel Casius Clay
né) geveg. Jan Wilkens, gewese Wêreld Swaargewig Stoeikampioen,
wat 'n persoonlike kennis is en ook een van my kliënte was, het jare
gelede (in sy stoeidae) in antwoord op my stelling dat hulle liederlik
oordryf, gesê dat daar van hulle verwag word om darem aan die publiek
waarde vir hul geld te verskaf. Wat beslis nie in die geval waarvan jy
vertel van toepassing was nie.

Kallie Knoetze en Gerrie Coetzee was dae van weleer die boksers van
naam in Suid Afrika. Dit was soveel jare gelede dat my jongste
meisiekind, terwyl sy in Graad 1 was in 'n brief aan Gerrie Coetzee
geskryf het oor hoe hy Kallie Knoetze moet opdons. Seker was dit 'n
skooloefening, want die onderwyseres het dit goed genoeg gevind dat sy
dit in die dorpskoerant gepubliseer het. Natuurlik lê dit nog erens in
'n laai. Nou is my meisiekind se meisiekind al op hoërskool.

Kallie Knoetze se bynaam waaronder hy bekend was, en hoe die dagblaaie
hom beskryf het, was 'Die Bek'.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114858 is 'n antwoord op boodskap #114849] Di, 25 September 2007 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 20:13:23 -0000, Hessie wrote:

> Ferdi, nou is dit jy wat oor die tou trap.
> Waar het ek al ooit geskryf in so n trant
> dat jy my kan beskuldig dat ek Mbeki
> aanbid en geen kritiek oor hom wil duld
> nie.

Kalmeer jouself, Gloudina. Ek wou net toets hoever
ek jou kan treiter voordat jy my kortvat
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114859 is 'n antwoord op boodskap #114851] Di, 25 September 2007 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 23:03:04 -0000, Hessie wrote:

> Ek dink jy sal dit interessant vind dat ons, in ons
> provinsiale verkiesing op 10 Oktober, ook onder
> andere gaan stem in n referendum oor die invoer
> van n elektorale sisteem wat deels soos julle
> sisteem sal lyk. n Sekere hoeveelheid van
> die verkose lede van die Provinsiale Regering
> sal in die sisteem aangestel word deur die
> party se leier, en die getal van verteenwoordigers
> wat die party kry, sal gedetermineer word deur
> die aantal stemme wat die party in die hele
> provinsie kry. Onder so n sisteem sal ons
> derde party, die NDP, baie meer verteenwoordigers
> kry as nou, want baie mense stem vir die NDP
> maar onder die huidige stelsel kom die NDP
> kandidaat nooit in nie. Dit sal dit ook moontlik
> maak vir ons Green Party om miskien een of
> twee kandidate in die Provinsiale Regering
> te kry. British Columbia het onlangs ook so
> n referendum gehad, maar dit is uitgestem.

Dit is presies die stelsel wat die regering se kommissie by ons
aanbeveel het - 'n hybrid system. met ander woorde daar is
kiesafdelings wat verantwoordbaarheid in die hand werk EN 'n sekere
hoeveelheid gelyste LP's wat dit moontlik maak vir kleiner partye om
wel verteenwoordiging te kry. Dis partye wat bv. 3% van die totale
stemme kry, maar nêrens 'n kiesafdeling verower nie.

Laat ek dit weer sê om dit duidelik te maak: Die gemengde stelsel is
wat die kommissie by ons voorgestel het. Maar daardie voorstelle lê en
stof vergader op 'n rak.

Ons stelsel op die oomblik is TEN VOLLE 'n lys. Met ander woorde NIE
EEN LP hoef verantwoording te doen aan ENIGE kiesers met gesigte nie.
ELKE LP word deur 'n party se leierskap 'n plek in die parlement
gegee.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114861 is 'n antwoord op boodskap #114845] Di, 25 September 2007 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Sep 2007 15:28:45 -0000, Hessie wrote:

Ek sou dink dat dit veel meer slaankrag sal kry as
> jy elke keer wanneer n swart joernalis krities
> skryf, in jou rubrieke wat hulle skryf herhaal en
> dan jou eie observasies byvoeg. Anders begin
> mense dink jy het maar net soos die ander
> klaagpotte geword, en dis iets wat in SA nogal
> gevaarlik is vir n Afrikanerjoernalis.

Hierdie verdien ook 'n antwoord.

As die wêreld nie nie-rassigheid aanvaar nie, gaan ons op die een of
ander tyd in rasse-oorloë verval gegee dat hulpbronne en spasie
minder word soos ons meer word. En gegee dat vyandelikhede die
maklikste op rasse-grondslag gebou word. Dit is seker omdat ras so 'n
maklik herkenbare identiteit is. Dit gebeur reeds met Amerika en die
Midde-Ooste.

Meer spesifiek is Suid-Afrika baie diep in die poefies as ons nie hier
nie-rassigheid omarm nie.

Ek is ingekoop in nie-rassigheid. Nie veel-rassigheid nie. NIE
RASSIGHEID.

Dit beteken ek kyk na jou as 'n mens en nie as 'n velkleur nie.

Omdat ek ingekoop is daarin probeer ek my bes om dit uit te leef.
Thabo Mbeki, byvoorbeeld, is bloot my land se president. Ek weier om
hom te oordeel as 'n SWART president. Hy is net 'n president.

Net so is kommentators van ander koerante net denkende joernaliste en
ek oordeel hulle op wat hulle skryf nie watter velkleur hulle het. Ek
geen nie 'n hel om watter velkleur hulle het nie. Hulle skryf of twak
(in my oordeel) of nie.

So, Gloudina, ek weet rêrig nie wie van die mense wat ek lees is swart
nie. Daar is anyway so baie definisies van swart wat rond float dat
enigiemand swart kan wees. Die premier van die Wes-Kaap, Ebrahim
Rasool, het Luke Watson, die WP-flank, byvoorbeeld vroeër vanjaar
swart verklaar. Kort daarna het die minister van sport gesê iemand wat
reeds vir die Springbokke gespeel het, is per definisie nie 'n swart
kwota-speler nie. Net daar het Watson toe weer wit geword.

Pop-speletjies van ras-beheptes.

Ek gaan my dus nie steur aan jou aanbeveling nie. Ek gee nie om watter
velkleur die mense wat ek lees het nie. Al wat ek kennis van neem is
dat sommige van hulle sense skryf en sommige twak.

En as hulle nie wat ek argumenteer wil anvaar as blote nie-rassige
argumente nie, wel, dan is dit vir hulle om eendag uit te vind wat
nie-rassigheid eintlik beteken.

Dalk is jy ook nie seker wat dit beteken nie?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114862 is 'n antwoord op boodskap #114843] Di, 25 September 2007 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> On Mon, 24 Sep 2007 02:04:53 -0000, Hessie wrote:
>

Dis bietjie onbillik, hierdie - om so 'n waterdigte argument te weef
dat jy nie eers ruimte laat vir gladde uitkomkanse nie.

Goed gedoen.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114863 is 'n antwoord op boodskap #114858] Di, 25 September 2007 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Kalmeer jouself, Gloudina. Ek wou net toets hoever
> ek jou kan treiter voordat jy my kortvat

Ek sien. Ons speel tennis.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114864 is 'n antwoord op boodskap #114861] Di, 25 September 2007 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf
.
> En as hulle nie wat ek argumenteer wil anvaar as blote nie-rassige
> argumente nie, wel, dan is dit vir hulle om eendag uit te vind wat
> nie-rassigheid eintlik beteken.
>
> Dalk is jy ook nie seker wat dit beteken nie?

Dis heelwaarskynlik waar dat ek nog teveel
in ras vaskyk. En dit help ook nie dat in
Kanada ons eintlik veelrassigheid erken
en ondersteun deur n regeringsbeleid wat
geld daarstel vir groepe om hulle eie
etniese kultuur te ondersteun nie. Met
ander woorde, waar die Amerikaners se
rigsnoer die melting pot is, is in Kanada
die doel om die verskillende kulture te
ondersteun en te laat saamleef. Maar
dan natuurlik binne die band wat
Kanadese burgerskap aan almal gee.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114865 is 'n antwoord op boodskap #114862] Di, 25 September 2007 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

> Dis bietjie onbillik, hierdie - om so 'n waterdigte argument te weef
> dat jy nie eers ruimte laat vir gladde uitkomkanse nie.
>
> Goed gedoen.

Haai, Koot. Hoe gaan dit deesdae met
jou.
En vir wie skree jy op die sylyn hierbo.
Vir my of vir Ferdi.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114869 is 'n antwoord op boodskap #114863] Di, 25 September 2007 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Sep 2007 12:08:41 -0000, Hessie wrote:

> Ferdi skryf
>
>> Kalmeer jouself, Gloudina. Ek wou net toets hoever
>> ek jou kan treiter voordat jy my kortvat
>
> Ek sien. Ons speel tennis.
>
> Gloudina

Nee. Ek wys jou hoe jy met my werk.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114872 is 'n antwoord op boodskap #114864] Di, 25 September 2007 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Sep 2007 12:18:06 -0000, Hessie wrote:

>> Dalk is jy ook nie seker wat dit beteken nie?
>
> Dis heelwaarskynlik waar dat ek nog teveel
> in ras vaskyk. En dit help ook nie dat in
> Kanada ons eintlik veelrassigheid erken
> en ondersteun deur n regeringsbeleid wat
> geld daarstel vir groepe om hulle eie
> etniese kultuur te ondersteun nie. Met
> ander woorde, waar die Amerikaners se
> rigsnoer die melting pot is, is in Kanada
> die doel om die verskillende kulture te
> ondersteun en te laat saamleef. Maar
> dan natuurlik binne die band wat
> Kanadese burgerskap aan almal gee.

Dis deel van SA se probleem. Die UDF en Cosatu binnelands het in die
jare 80 nie rassigheid tot 'n beginsel verfyn wat hulle by uitstek
verstaan en uitgeleef het.

Dieselfde het met die Robben-eiland mense gebeur. Daar het hulle oor
jare se argumenteer en dink ook tot heldere nie-rassigheid gekom. Dit
kon duidelik in Mandela se optredes en uitsprake gesien word. Hy is en
was 'n praktiserende nie-rassige leier.

Die derde segment van die ANC alliansie is die exiles wat ongelukkig -
net soos julle in Kanada - veel-rassigheid met nie-rassigheid verwar.
Mbeki is veel eerder 'n veel-rassige denker as 'n nie-rassige denker.
Hy sien ras. Hy hang regte en voorregte aan ras. Hy tree op teenoor
rasse-groepe. Hy praat met rasse-groepe. Dis baie jammer, want die NP
vanaf die laat jare 70 was ook veel-rassig. Die logiese uiteinde van
veelrassigheid is groepregte gebou op velkleur en die logiese uiteinde
daarvan is tuislande. Daar is 'n logiese onvermydelikheid aan so 'n
progressie.

Suid-Afrika moet 'n tweede bevryding kry. Die land moet WEER van
veelrassige denke bevry word tot werklike nie-rassigheid.

Weet jy watter wet-omskrywings gebruik die ANC vandag as fondament vir
regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging? Die wet op
rasse-klassifikasie. JG Strijdom se wet. Daai wet wat julle die land
laat verlaat het.

Die wet is lank reeds afgeskaf - deur die NP in sy laaste tye - maar
die ANC het daardie presiese wet en bepalings stil-stil teruggebring
as fondament vir AA en BEE.

Dus Gloudina, as jy destyds kwaad geraak het vir die wet op
rasseklassifikasie en jy is beginselvas, raak weer kwaad daarvoor. Die
keer moet jy egter vir die ANC kwaad wees.

Die ongelooflike sad ding is dat hulle AA en BEE nog net so effektief
kan doen op nie-rassige grondslag. Daarmee sal hulle sommer
nie-rassigheid ook kan inmessel in ons manier van doen, maar hulle het
gekies om AA en BEE op apartheidswette te bou.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114879 is 'n antwoord op boodskap #114872] Di, 25 September 2007 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Dus Gloudina, as jy destyds kwaad geraak het vir die wet op
> rasseklassifikasie en jy is beginselvas, raak weer kwaad daarvoor. Die
> keer moet jy egter vir die ANC kwaad wees.
>
> Die ongelooflike sad ding is dat hulle AA en BEE nog net so effektief
> kan doen op nie-rassige grondslag. Daarmee sal hulle sommer
> nie-rassigheid ook kan inmessel in ons manier van doen, maar hulle het
> gekies om AA en BEE op apartheidswette te bou.

Alles wat jy daar stel, is waar. Maar dit
is tog eintlik teoreties. Dit sou kon werk
as die speelvelde aan die begin totaal
gelyk was. Maar die speelvelde was totaal
ongelyk. Drie-kwart van die bevolking was
benadeeldes en die paar miljoen wittes
het met die heuningpotte in hulle laer
gesit - jy Ferdi, het in daardie laer met
die heuningpotte grootgeword. Ek het
in die laer met daardie heuningpotte
grootgeword. Jy en jou familie en my
familielede in SA sit nog hoofsaaklik
by die heuningpotte. Die bietjie wat
die ANC aan die rande van die sosiale
struktuur peusel met hulle bemagtigings-
wette, maak eintlik nie hond haaraf nie.
Kyk maar wat in die VSA gebeur
het. Ten spyte van al die pogings om
die swartes op te hef na gelykheid met
die witmense in die VSA is daar nog
baie min tekens dat hulle as n groep
die witvelle byhaal. En dit lyk my
dieselfde is onder Mbeki is SA waar.
Die handjievol wittes in SA het nog
eintlik die land in pag.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114881 is 'n antwoord op boodskap #114879] Di, 25 September 2007 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <skryf
> Ferdi skryf
>
>> Dus Gloudina, as jy destyds kwaad geraak het vir die wet op
>> rasseklassifikasie en jy is beginselvas, raak weer kwaad daarvoor. Die
>> keer moet jy egter vir die ANC kwaad wees.

>> Die ongelooflike sad ding is dat hulle AA en BEE nog net so effektief
>> kan doen op nie-rassige grondslag. Daarmee sal hulle sommer
>> nie-rassigheid ook kan inmessel in ons manier van doen, maar hulle het
>> gekies om AA en BEE op apartheidswette te bou.
>
> Alles wat jy daar stel, is waar. Maar dit
> is tog eintlik teoreties. Dit sou kon werk
> as die speelvelde aan die begin totaal
> gelyk was. Maar die speelvelde was totaal
> ongelyk. Drie-kwart van die bevolking was
> benadeeldes en die paar miljoen wittes
> het met die heuningpotte in hulle laer
> gesit - jy Ferdi, het in daardie laer met
> die heuningpotte grootgeword. Ek het
> in die laer met daardie heuningpotte
> grootgeword. Jy en jou familie en my
> familielede in SA sit nog hoofsaaklik
> by die heuningpotte. Die bietjie wat
> die ANC aan die rande van die sosiale
> struktuur peusel met hulle bemagtigings-
> wette, maak eintlik nie hond haaraf nie.
> Kyk maar wat in die VSA gebeur
> het. Ten spyte van al die pogings om
> die swartes op te hef na gelykheid met
> die witmense in die VSA is daar nog
> baie min tekens dat hulle as n groep
> die witvelle byhaal. En dit lyk my
> dieselfde is onder Mbeki is SA waar.
> Die handjievol wittes in SA het nog
> eintlik die land in pag.
>
> Gloudina
>

Die antwoord vir die mislukking van die beleid is in beide gevalle baie
eenvoudig, Gloudina. Dit werk nie, omdat dit op rasse grondslag aangepak
word - omdat dit met kleur as kriterium werk, in plaas van legitieme
ekonomiese kriteria.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114886 is 'n antwoord op boodskap #114865] Wo, 26 September 2007 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> Haai, Koot. Hoe gaan dit deesdae met
> jou.

Ek hou nog. Verbaas aan die bou aan 'n nuwe belangstelling wat skielik
bo verwagting vinnig groei en dalk my loopbaan kan verander - doen nou
opleiding en konsultasies in Lean Manufacturing. Soek terloops 'n
Afrikaanse woord daarvoor - "Slanke" vervaardiging? Vervaardiging
sonder tierlantyntjies? Sal so 'n boek verkoop?

> En vir wie skree jy op die sylyn hierbo.
> Vir my of vir Ferdi.

Hier moes ek vir Ferdi skree. Hy het sy sentimente so netjies verpak
en gewigtige ander menings gebruik om sy stellings te steun. Hier in
in die onlangse tyd dinge gebeur wat teen alle logika indruis sodat
selfs eertydse 'linkses' soos Tutu en Kadalie knorrig raak. Daar is 'n
hewige en fassinerende debat aan die gang tussen Mbeki-lojaliste en
swart joernaliste. Jy kan dit taamlik volg op Mail & Gaurdian of
Sunday Times se webblaaie. Vryheid van spraak is die hooftema - die
mandaryne verwag van swart kommentators eerbied en lojaliteit, hulle
weer, voel beledig daardeur dat van hulle verwag word om hulle
uitsprake te keer, bloot omdat hulle swart is.

'n Ander opinie wat uitgespreek word (nogal deur Dali Mpofu, SABC-
hoof) is dat dit verwerplik is dat swart joernaliste hulle
"moeders" (lees Tshabala-Msimang) durf kritiseer. Dis nie deel van die
swart tradisie nie. Dit gooi natuurlik 'n heel nuwe angle vir debat
oop, of die Westerse oop debat aanvaarbaar is in 'n Afrika-milieu? Is
dit nog 'n vorm van kulturele kolonialisme? Is robuuste debat
noodwendig 'n teken van demokratiese volwassenheid of is dit net 'n
manifestasie van Westerse disrespek vir eeue-oue Afrikatradisies?

Alles pret.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114887 is 'n antwoord op boodskap #114886] Wo, 26 September 2007 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, Koot wrote:
>
>
> Alles pret.

Maw Koot, ons kan met sekerheid anvaar dat jou idee van pret is
rekspronge, bergklim en om tussen haaie te swem?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114890 is 'n antwoord op boodskap #114879] Wo, 26 September 2007 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Sep 2007 16:44:44 -0000, Hessie wrote:

> Alles wat jy daar stel, is waar. Maar dit
> is tog eintlik teoreties. Dit sou kon werk
> as die speelvelde aan die begin totaal
> gelyk was. Maar die speelvelde was totaal
> ongelyk.

Jy lees nie baie goed nie, nê?
Ek het ook gesê:

"Die ongelooflike sad ding is dat hulle AA en BEE nog net so effektief
kan doen op nie-rassige grondslag. Daarmee sal hulle sommer
nie-rassigheid ook kan inmessel in ons manier van doen, maar hulle het
gekies om AA en BEE op apartheidswette te bou. "

Lees dit weer.

Ek sê AA en BEE KAN NIE-RASSIG GEDOEN WORD.

Met ander woorde, bevoordeel die wat deur apartheid benadeel was,
sonder om ras raak te sien. Raai wat gaan gebeur, loshande die meeste
mense wat bevoordeel gaan word, gaan swart wees.

Drie-kwart van die bevolking was
> benadeeldes en die paar miljoen wittes
> het met die heuningpotte in hulle laer
> gesit - jy Ferdi, het in daardie laer met
> die heuningpotte grootgeword. Ek het
> in die laer met daardie heuningpotte
> grootgeword. Jy en jou familie en my
> familielede in SA sit nog hoofsaaklik
> by die heuningpotte. Die bietjie wat
> die ANC aan die rande van die sosiale
> struktuur peusel met hulle bemagtigings-
> wette, maak eintlik nie hond haaraf nie.

En, Gloudina, wat van die swartmese in SA wat met heuningpotte
grootgeword het en nou bevoordeel word omdat hulle swart is???

Bv. Winnie Mandela. Haar pa was 'n kabinetsminister in die tuisland
Transkei. Ryklik beloon met apartheidsgeld. Sy is self op rekord dat
sy nooit eers bewus was van arm mense toe sy grootgeword het nie.
(Anders as my ma wat as enkel-ouer die diskriminasie teen haar as vrou
in die onderwys te bowe moes kom, nê?).

Bv. Stella Sigcau, ryklik beloon as voormalige hoofminister van die
Transkei (sommer 'n lekker omkoop-geldjie of wat ook van Sol Kerzer
gekry, volgens Bantu Holomisa wat uit die ANC geskors is toe hy daarop
aangedring het dat hy dit voor die WVK wou sê). Dieselfde Stella
Sigcau wat in Mbeki se kabinet gedien het omdat sy swart is.

Hoe bring jy dit by jou beginsel uit?
Probeer bietjie.
Bay the way, wat IS jou beginsel oor regstellende aksie en wittes? -
behalwe dat op wit Suid-Afrikaners skel en klaarblyklik lekker kry oor
wittes se probleme en pyn vandag (karma? watter karma?)

Dit kom maklik by myne uit want ek sal net NIE-RASSIG vra: Was hulle
deur apartheid bevoordeel? As die antwoord ja is, kwalifiseer hulle
nie vir regstelling nie. As die antwoord ja is, kwalifiseer hulle.

En wat van die wit kinders wat vandag na apartheid grootword? Die wit
kinders wat sien hoe swart kinders met ouers wat stinkryk raak uit AA
en BEE, beurse kry omdat hulle swart is.
Laat ek dit duidelik stel: Swart kinders wat swart ouers het wat
miljoene kry omdat hulle swart is. Daardie swart kinders word
bevoordeel wanneer dit by beurse en werke kom want hulle is swart en
dus op velkleur "arm en benadeel"?

En, Gloudina, wat van die wit kinders van witmense wat hul werke
verloor het omdat hulle teen apartheid was? Hmmmm? Van hulle is daar
ook.

Sê jy dat hulle sonde is dat hulle wit velle het en daarom moet hulle
boet vir wat andere gedoen het wat wit velle het?

As jy na hierdie kant toe dryf, is jy in diep poefies want jou kinders
is mos ook wit....?

<<Jy en jou familie en my
> familielede in SA sit nog hoofsaaklik
> by die heuningpotte. Die bietjie wat
> die ANC aan die rande van die sosiale
> struktuur peusel met hulle bemagtigings-
> wette, maak eintlik nie hond haaraf nie

Raait. Vertel my wat jy van my familie weet.

Of het jy die dom ding gedoen om op velkleur en aan die hand van
persepsies hierdie uitsprake oor my familie te maak??

Dan moet jy my mos toelaatdat ek ook aan die hand van velkleur en
algemene persepsies teenoor JOU uitsprake moet kan maak?

Kan ek maar, hmmm?

Kyk maar wat in die VSA gebeur
> het. Ten spyte van al die pogings om
> die swartes op te hef na gelykheid met
> die witmense in die VSA is daar nog
> baie min tekens dat hulle as n groep
> die witvelle byhaal. En dit lyk my
> dieselfde is onder Mbeki is SA waar.
> Die handjievol wittes in SA het nog
> eintlik die land in pag.

Gee detail en bronne. Maar toemaar, vergeet daarvan. Ek weet jy het
nie bronne nie.
Sê eerder wat jy gaan doen om van JOU rykdom aan swart Suid-Afrikaners
te gee.

Toe, stel 'n voorbeeld.

N.S. Gloudina, die "apartheid was boos-" narrative, hoewel die uiters
waar is, is gister se narrative.
Dis 15 jaar oud.
Geen land kan altyd in die verlede bly en mekaar met modder gooi nie.
Die een of ander tyd word daar aan beweeg en word 'n beter toekoms
begin.
Suid-Afrika is besig om daardie fase nou te betree.
Jy is op die punt om irrelevant te word met die "apartheid was boos-"
narrative.
Dis gaan een van die dae net so sad klink soos "die Engelse het die
Afrikaner bedonner".

Het jy jou kinders, wanneer hulle oortree het, vir jare en jare geskel
oor wat hulle verkeerd gedoen het, sonder ophou, manies soos 'n
metronoom? Of het jy die een of ander tyd gesê: "OK julle weet nou wat
julle verkeerd gedoen het. Kom ons praat oor wat om vorentoe te doen
sodat julle nie weer dieselfde fout maak nie."

NNS En by the way, hou op om my uit te skel oor apartheid. Ek het heel
waarskynlik baie meer as jy gedoen om apartheid in my tyd te beveg. Jy
sou Beyers Naude ook gevloek en beskreeu het oor apartheid, lyk dit
my. Jy sou waarskynlik dieselfde met Joe Slovo ook gedoen het. Hulle
was after all albei "wit" ('n groot sies! in jou boek)

NNNS Ek neem aan jy bewonder vir Robert Mugabe? Hy is after all swart
en het 'n vryheidstryd teen wittes baklei, nê?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114891 is 'n antwoord op boodskap #114886] Wo, 26 September 2007 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Sep 2007 00:06:26 -0700, Koot wrote:

> Ek hou nog. Verbaas aan die bou aan 'n nuwe belangstelling wat skielik
> bo verwagting vinnig groei en dalk my loopbaan kan verander - doen nou
> opleiding en konsultasies in Lean Manufacturing. Soek terloops 'n
> Afrikaanse woord daarvoor - "Slanke" vervaardiging? Vervaardiging
> sonder tierlantyntjies? Sal so 'n boek verkoop?

Gestroop?
Afgeskaal?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114899 is 'n antwoord op boodskap #114890] Wo, 26 September 2007 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> Ferdi aan Bouwer:

> NNNS Ek neem aan jy bewonder vir Robert Mugabe? Hy is after all swart
> en het 'n vryheidstryd teen wittes baklei, nê?

En vir Robert McBride? Hy het after all witmense vermoor.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114900 is 'n antwoord op boodskap #114890] Wo, 26 September 2007 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Raait. Vertel my wat jy van my familie weet.

>> S? eerder wat jy gaan doen om van JOU rykdom aan swart Suid-Afrikaners
> te gee.
>
> Toe, stel 'n voorbeeld.

> NNS En by the way, hou op om my uit te skel oor apartheid. Ek het heel
> waarskynlik baie meer as jy gedoen om apartheid in my tyd te beveg. Jy
> sou Beyers Naude ook gevloek en beskreeu het oor apartheid, lyk dit
> my. Jy sou waarskynlik dieselfde met Joe Slovo ook gedoen het. Hulle
> was after all albei "wit" ('n groot sies! in jou boek)
>
> NNNS Ek neem aan jy bewonder vir Robert Mugabe? Hy is after all swart
> en het 'n vryheidstryd teen wittes baklei, n??

Wel, Ferdi, jy klink nou nie eens soos Dan Roodt nie.
Jy klink soos n paar ander wie se name ek vergeet
het, wat somtyds op hierdie nuusgroep pos. Ek dink
jy behoort jou te skaam. Lees liewer Koot se pos
oor wat in SA aangaan, en sien hoe n volwassene
die ding hanteer. Dit is duidelik dat onder swart
joernaliste dus en aan die mond van mense soos
Tutu die huidige regerende party beoordeel word.
Daar is duidelik ook n spanning tussen Mbeki
en die vakbonde. Dis soos n gesonde demokrasie
werk.( Alhoewel ek moet uitwys dat Reagan in die
VSA die vakbonde so geveg het dat hulle vir jare
geen clout gehad het nie. Hoop nie dit gebeur in
SA nie.)
In alle geval, dit is seker nie gesond as mens
begin persoonlik raak nie. En ek kan nie oordeel
oor SA uit die verte nie. Ek kan alleen maar gaan
op wat ek hoor van ons familie in SA. Hulle ry
nog orals rond, klink asof hulle nie te bang vir
hulle inkomste is nie. Daar is selfs minder
van hierdie Sipho grappe op die internet, dus
lyk dit vir my of daar, veral onder die Afrikaners,
groter volwassenheid begin ontwikkel teenoor
hulle nie-blanke landgenote. En jy moenie
vergeet dat ek in n land sit waar die Engels-
sprekendes vir die afgelope twintig jaar
steen en been kla dat alleen mense wat Frans
magtig is, in die staatsdiens bevorder word.
Wat waar is.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114904 is 'n antwoord op boodskap #114887] Wo, 26 September 2007 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
> , Koot wrote:
>>
>>
>> Alles pret.
>
>
> Maw Koot, ons kan met sekerheid anvaar dat jou idee van pret is
> rekspronge, bergklim en om tussen haaie te swem?

En agteruit metdie gang se trappies opklim
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114905 is 'n antwoord op boodskap #114891] Wo, 26 September 2007 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> Gestroop?
> Afgeskaal?

Hou van die betekenis van 'gestroop'. Klink net bietjie soos 'n
afgetakelde, vaktap bakkie.
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114906 is 'n antwoord op boodskap #114904] Wo, 26 September 2007 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 26 Sep 2007 13:25:17 -0700, Koot wrote:

>
> Dave wrote:
>> , Koot wrote:
>>>
>>>
>>> Alles pret.


>> Maw Koot, ons kan met sekerheid anvaar dat jou idee van pret is
>> rekspronge, bergklim en om tussen haaie te swem?
>
> En agteruit metdie gang se trappies opklim

Sodat almal dink dat jy afklim?

Of is dit jou diplomatiese manier om te sê dat ons
besig is om teen die trappe op te reverse?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114907 is 'n antwoord op boodskap #114905] Wo, 26 September 2007 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 26 Sep 2007 13:30:50 -0700, Koot wrote:

>
> Ferdi wrote:

>> Gestroop?
>> Afgeskaal?
>
> Hou van die betekenis van 'gestroop'. Klink net bietjie soos 'n
> afgetakelde, vaktap bakkie.

Het jy al brood en grondboontjiebotter gestroop?
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114909 is 'n antwoord op boodskap #114886] Wo, 26 September 2007 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

- doen nou
> opleiding en konsultasies in Lean Manufacturing. Soek terloops 'n
> Afrikaanse woord daarvoor - "Slanke" vervaardiging? Vervaardiging
> sonder tierlantyntjies? Sal so 'n boek verkoop?

Verduidelik meer spesifiek waaroor dit gaan.
Gaan dit oor verslanking van die liggaam
alleen, of oor vervaardiging. Probeer die
konsepte op ons uit. As ons entoesiasties
is, sal die boek verkoop.

Gloudina
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114912 is 'n antwoord op boodskap #114909] Do, 27 September 2007 04:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> Verduidelik meer spesifiek waaroor dit gaan.
> Gaan dit oor verslanking van die liggaam
> alleen,
http://www.weighless

> of oor vervaardiging.
http:/Die_Kundige_Minnaar_deur_Sheila_Cussons
Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114917 is 'n antwoord op boodskap #114900] Do, 27 September 2007 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Sep 2007 13:37:45 -0000, Hessie wrote:

>> NNS En by the way, hou op om my uit te skel oor apartheid. Ek het heel
>> waarskynlik baie meer as jy gedoen om apartheid in my tyd te beveg. Jy
>> sou Beyers Naude ook gevloek en beskreeu het oor apartheid, lyk dit
>> my. Jy sou waarskynlik dieselfde met Joe Slovo ook gedoen het. Hulle
>> was after all albei "wit" ('n groot sies! in jou boek)

>> NNNS Ek neem aan jy bewonder vir Robert Mugabe? Hy is after all swart
>> en het 'n vryheidstryd teen wittes baklei, nê?
>
> Wel, Ferdi, jy klink nou nie eens soos Dan Roodt nie.
> Jy klink soos n paar ander wie se name ek vergeet
> het,

Nee Goudina, die vraag gaan nie om my nie. Dit gaan om JOU. Dit volg
logies en suiwer uit wat JY gese het. Gaan lees weer wat jy gese het.

En ek HET meer as jy gedoen om apartheid te beveg. In die eerste plek
om die eenvoudige rede dat ek hier was en jy nie.

Jou draai goed om sodat jy nooit self-ondersoek hoef te doen oor die
beginsels wat jy in jou skrywes neerle nie.

Jou reaksie is keer op keer om - in plaas van te reageer op legitieme
vrae aan jou gegrond op wat JY gese het - my te beledig deur aan my te
se ek is soos iemand wat jy minag. So fine, jy minag my want ek
verskil met jou. See if I care.

Jy haper op twee denkfoute. Die argument teen die persoon en die
strooipop-argument.

As jy nie van jou denkfoute ontslae raak nie, het nie eintlik veel by
te dra tot die nuwe debat wat onder WIT EN SWART in SA aan die gebeur
is nie.

wat somtyds op hierdie nuusgroep pos. Ek dink
> jy behoort jou te skaam. Lees liewer Koot se pos
> oor wat in SA aangaan, en sien hoe n volwassene
> die ding hanteer.

Jy dink vrot en jy sidestep vrae wat jy nie wil antwoord nie.
Jy is ongelukkig nie veel van 'n bydraer tot debatte soos die nie.
As 'n mens nie met jou idees (wat, glo my, baie oud begin klink in die
nuwe ontwikkelende Suid-Afrikaanse debat) saamstem nie, klim jy op 'n
stywe verhogie en begin vieserig beledig.

Ek is jammer, ek kan dit nie respekteer nie. Jy stry, jy argumenteer
nie. Dis jammer.

is duidelik dat onder swart
> joernaliste dus en aan die mond van mense soos
> Tutu die huidige regerende party beoordeel word.

Jy praat deurmekaar. Wat probeer jy hiermee sê?

Daar is duidelik ook n spanning tussen Mbeki
> en die vakbonde. Dis soos n gesonde demokrasie
> werk.( Alhoewel ek moet uitwys dat Reagan in die
> VSA die vakbonde so geveg het dat hulle vir jare
> geen clout gehad het nie. Hoop nie dit gebeur in
> SA nie.)

Sug. Jy lees nie baie goed nie ne? Tweede keer dat ek dit moet uitwys.
Ja, daar is reusagtige spanning tussen Mbeki en Cosatu en tussen Mbeki
en die SAKP. In fact meer as spanning. Hulle begooi mekaar met modder
(verskeie woedende toesprake aan albei kante). Hulle stuur die staat
se spioene om teen mekaar te spioeneer (die Billy Masethla-geval, die
Saki Macozoma-geval). Hulle lanseer dirty tricks teen mekaar (talle
gevalle waarvan die twee meer onlangses die Browse Mole-issue en voor
dit die berugte reeks vals e-posse was).

Dan is daar ook spanning tussen Mbeki en baie mense in die ANC.
(Onthou nou om hier die ANC as iets aparts as die alliansie te sien)
Spanning tusen Mbeki en die ANC se NEC. (Vergl die onlangse policy
conf in Midrand)
Spanning tussen Mbeki en Tutu. (Sien Tutu se Mandela-lesing en Mbeki
se woedende en erg beledigende brief op die internet in reaksie)
Spanning tussen Mbeki en talle intellektuele in die ANC establishment
(lees enige van 'n klomp rubriekskrywers waarvan ek al vir jou sommige
gepos het.).
Spanning tussen Mbeki en die nasionale vervolgingsgesag. (Sien die
uiters onstellende en vreemde Pikoli-affere wat tans woed).
Spanning tussen Mbeki en die ANC se adjunk-president Jacob Zuma.
(Daarvan weet jy seker)
Spanning tussen Mbeki en die ANC Jeugliga (Die Jeugliga is openlik
beledigend teenoor Mbeki en ondersteun Zuma openlik)
SPanning tussen Mbeki en 'n reeks senior ANC mense wat deur hom gefire
is. Premiers van provinsies, adjunk-ministers... (Mathews Phosa,
Ramathlodi, Mdlalana-Routledge)
Spanning tussen talle takke van die ANC en Mbeki. (Sommige in sy
hartland van die Oos-Kaap)
Spanning tussen byvoorbeeld die helfte van die ANC in die Wes-Kaap en
Mbeki.
Spanning tussen Mbeki en sy kabinet en die gemeenskappe van plekke
soos Khutsong waar die armes in die strate riot en reeds
adjunk-ministers verjaag het en ANC-raadslede wat hulle self gekies
het, se huise afgebrand het en die regering na die grondwetlike hof
toe gevat het.

In alle geval, dit is seker nie gesond as mens
> begin persoonlik raak nie.

Volg jou eie raad en antwoord vrae in plaas van persoonlike
beledigings na my te gooi.

Re: Hoe sal Kanada dit hanteer? [boodskap #114933 is 'n antwoord op boodskap #114909] Do, 27 September 2007 21:49 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
Verduidelik meer spesifiek waaroor dit gaan.
> Gaan dit oor verslanking van die liggaam
> alleen, of oor vervaardiging.

Dis maar so min of meer die vervaardigingsmetodes wat Toyota ontwikkel
het in die 1950's, 60's en wat hulle nou so suksesvol maak. Hulle kan
dieselfde motors as ander produseer teen 'n veel laer prys, met minder
voorraad, minder mense en minder ruimte. Hierdie metodes (bv. just-in-
time) word nou met groot sukses deur GM, Ford en 'n menigte
komponentvervaardigers aangewend.

In die jongste tyd word die metodes net so suksesvol deur mediese en
finansiele dienste gebruik. Ek is hoeka nou in Kaapstad by 'n kongres
en bied in Oktober kursusse oor die tema vir SARS, Standard Bank en in
Durban aan.

> Probeer die
> konsepte op ons uit. As ons entoesiasties
> is, sal die boek verkoop.
>

Ek glo nie. You had to be there...

Gelukkig is daar genoeg belangstelling, as ek net beter bemark!
Vorige onderwerp: Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Demokrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:49:33 MGT 2024