Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe sal Kanada deel 2 (vir Gloudina)
Hoe sal Kanada deel 2 (vir Gloudina) [boodskap #114812] Sa, 22 September 2007 11:16 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Vigs rage in SA. Ons minister van gesondheid, Manto
Tshabalala-Msimang, en ons president, Thabo Mbeki, ontken tussen die
lyne dat vigs iets met kieme te doen het.

Manto stel oor en oor voor mense eet knoffel en suurlemoen om hulle
teen vigs te beskerm.

Daar is gerugte Manto lig die elmboog soms.

Manto raak siek.

Manto kry 'n lewer-oorplanting.

Daar word berig oor wilde drink-partytjies wat sy glo by 'n vorige
hospitaal-besoek in die hospitaal sou gehad het.

Daar word ook berig sy is - toe sy destyds in Botswana
hospitaal-superintendent was - daaraan skuldig bevind dat sy 'n
pasient se horlosie gesteel het.

Alle hel bars los teen die koerant. President en manto gooi hulle
speelgoed uit die sandkas.

Die saak-nommer in Botswana duik op.

Daar word berig sy is wel skuldig bevind aan diefstal. Berigte word
geskryf dat sy glo met 'n brief van 'n psigiater rondgeloop het wat
state dat sy 'n kleptomaan is, net in geval sy gevang word.

President sê hy is lojaal aan manto. Hy sal haar nie afdank of
ondersoek nie.

O, ja, intussen sterf daar 2 500 mense per dag aan Vigs.

President sê bring die bewyse oor manto se beweerde diefstal. Toe
daarop gewys word dat die ANC pas self erken het hulle het van Manto
se skuldigbevinding geweet toe sy as minister aangestel is, swyg die
president net oor sy versoek dat bewyse gebring moet word.

Die jongste vandag is dat die dept van gesondheid R70 000 van
belasting-geld gebruik het om 'n volblad-advertensie in Business day
uit te neem waarin die dept se regsverteenwoordiger te kere gaan teen
'n hooggeregshof-uitspraak onlangs dat koerante wel in die openbare
belang oor Manto se probleme mag skryf.

Die advertensie het ook 'n verklaring van lojaliteit aan manto.

Dis nie al die gebeure nie, maar 'n paar van die hoogtepunte.

My vraag herhaal ek weer - wat sou in kanada met die minister gebeur
het?
Re: Hoe sal Kanada deel 2 (vir Gloudina) [boodskap #114819 is 'n antwoord op boodskap #114812] Sa, 22 September 2007 22:40 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> My vraag herhaal ek weer - wat sou in kanada met die minister gebeur
> het?

Ek het erens anders op hierdie vraag
geantwoord. Ek hoop wat ek hier pos
kan jy lees. Dit lyk my dat my google
probleme net tot 21 September beperk
was. Ek kon onder andere jou
titels sien, maar as ek daarop kliek,
dan word daar vir my vertel dat daar
nie so n pos is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Oor die ANC ens
Volgende onderwerp: Re: Het gaat de wereld rond...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:16:58 MGT 2024