Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » En daar score Langenhoven toe......
En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114724] So, 16 September 2007 20:54 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek raak toe wakker van n laatnamiddag slapie ( nadat
ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
sien ek net die laaste tien minute of so van die
wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
van die dag gekyk het, was woedend oor die man
wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
een miljoen mense, waarvan die grootste gros
seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114727 is 'n antwoord op boodskap #114724] Ma, 17 September 2007 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het boggerall
te sê oor Namibië. Wat jy sê oor die wit outjie en die getalle in die
land, rugby is 'n sport wat gespeel word deur belangstellendes en as die
anderskleuriges nie werklik belangstel nie, hoe wil jy hulle in 'n span kry.
Die swart mense hou hoofsaaklik van sokker. Om in ons land rugby te speel,
met die groot afstande wat gery moet word, is nie so maklik nie. Waar kom
julle aan hierdie twak dat as 'n rugbyspan geskies moet word, dan kies jy
eers die kleur van die speler en dan hoe goed hy is?
"Hessie" wrote in message
news:1189976062.520428.250940@n39g2000hsh.googlegroups.com.. .
> Ek raak toe wakker van n laatnamiddag slapie ( nadat
> ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
> kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
> sien ek net die laaste tien minute of so van die
> wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
> wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
> van die dag gekyk het, was woedend oor die man
> wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
> duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
> in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
> so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
> Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
> se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
> een miljoen mense, waarvan die grootste gros
> seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
> moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114728 is 'n antwoord op boodskap #114727] Ma, 17 September 2007 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Suidwester, kennelik is onse Anti in gedurige kontak met die mense
hier in SA wat wel sulke kokaaid idees voorstaan.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:ScadnfScH7t_vnPbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
> boggerall te sê oor Namibië. Wat jy sê oor die wit outjie en die getalle
> in die land, rugby is 'n sport wat gespeel word deur belangstellendes en
> as die anderskleuriges nie werklik belangstel nie, hoe wil jy hulle in 'n
> span kry. Die swart mense hou hoofsaaklik van sokker. Om in ons land
> rugby te speel, met die groot afstande wat gery moet word, is nie so
> maklik nie. Waar kom julle aan hierdie twak dat as 'n rugbyspan geskies
> moet word, dan kies jy eers die kleur van die speler en dan hoe goed hy
> is?
> "Hessie" wrote in message
> news:1189976062.520428.250940@n39g2000hsh.googlegroups.com.. .
>> Ek raak toe wakker van n laatnamiddag slapie ( nadat
>> ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
>> kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
>> sien ek net die laaste tien minute of so van die
>> wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
>> wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
>> van die dag gekyk het, was woedend oor die man
>> wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
>> duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
>> in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
>> so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
>> Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
>> se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
>> een miljoen mense, waarvan die grootste gros
>> seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
>> moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.

>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens

>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114729 is 'n antwoord op boodskap #114727] Ma, 17 September 2007 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in message
> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
> boggerall te sê oor Namibië.

Waar, baie waar!

Maar hy dink hy is aangestel om die hele Afrika se probleme op te los, nie
waar nie? Dalk waarom Ta' Hessie meen hy moet die samestelling van Namibië
se span fix!!!
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114730 is 'n antwoord op boodskap #114727] Ma, 17 September 2007 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in message
> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
> boggerall te sê oor Namibië.

Waar, baie waar!

Maar hy dink hy is aangestel om die hele Afrika se probleme op te los, nie
waar nie? Dalk waarom Ta' Hessie meen hy moet die samestelling van Namibië
se span fix!!!
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114736 is 'n antwoord op boodskap #114728] Ma, 17 September 2007 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk verbeel die ou dier haar Suidwes is nog steeds op pad om 'n provinsie
van SA te word? Sy's mos doer by Marchand naby Upington in die warm son
van die plotte uitgebroei.........

"Annette" skryf in boodskap news:1190022839.599673@vasbyt.isdsl.net...
> Liewe Suidwester, kennelik is onse Anti in gedurige kontak met die mense
> hier in SA wat wel sulke kokaaid idees voorstaan.
>
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ScadnfScH7t_vnPbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
>> boggerall te sê oor Namibië. Wat jy sê oor die wit outjie en die
>> getalle in die land, rugby is 'n sport wat gespeel word deur
>> belangstellendes en as die anderskleuriges nie werklik belangstel nie,
>> hoe wil jy hulle in 'n span kry. Die swart mense hou hoofsaaklik van
>> sokker. Om in ons land rugby te speel, met die groot afstande wat gery
>> moet word, is nie so maklik nie. Waar kom julle aan hierdie twak dat as
>> 'n rugbyspan geskies moet word, dan kies jy eers die kleur van die speler
>> en dan hoe goed hy is?
>> "Hessie" wrote in message
>> news:1189976062.520428.250940@n39g2000hsh.googlegroups.com.. .
>>> Ek raak toe wakker van n laatnamiddag slapie ( nadat
>>> ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
>>> kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
>>> sien ek net die laaste tien minute of so van die
>>> wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
>>> wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
>>> van die dag gekyk het, was woedend oor die man
>>> wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
>>> duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
>>> in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
>>> so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
>>> Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
>>> se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
>>> een miljoen mense, waarvan die grootste gros
>>> seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
>>> moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.
>
>>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>



>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114737 is 'n antwoord op boodskap #114729] Ma, 17 September 2007 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:dpidncQokZnlzXPbnZ2dnUVZ8qKvnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote in message
>> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
>> boggerall te sê oor Namibië.
>
> Waar, baie waar!
>
> Maar hy dink hy is aangestel om die hele Afrika se probleme op te los, nie
> waar nie? Dalk waarom Ta' Hessie meen hy moet die samestelling van
> Namibië se span fix!!!
----Sal nie verbaas wees nie! Dalk kan hy sommer so 'n paar Springbokke
skenk?
>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114738 is 'n antwoord op boodskap #114737] Ma, 17 September 2007 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in

>> Maar hy dink hy is aangestel om die hele Afrika se probleme op te los,
>> nie waar nie? Dalk waarom Ta' Hessie meen hy moet die samestelling van
>> Namibië se span fix!!!
> ----Sal nie verbaas wees nie! Dalk kan hy sommer so 'n paar Springbokke
> skenk?

Maar as hy swart Springbokke skenk om julle se kleurskema reg te kry, ga'
ons se kleurskema nog onaanvaarbaarder wees!
- die rassiste in sy party het juis so 'n probleem omdat die Bokke so bleek
lyk!!!

Lyk my onse Ta' Hessie ook!
By alle respek wat ek vir Ta' Hessie het, van rugby verstaan sy niks. Sy't
self op hierie ng net laas week nog gesê sy't jare gelede op skool al
besluit om daarvan weg te bly.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114739 is 'n antwoord op boodskap #114738] Ma, 17 September 2007 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:uP2dnYLiUqkm-nPbRVnytgA@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote in
>
>>> Maar hy dink hy is aangestel om die hele Afrika se probleme op te los,
>>> nie waar nie? Dalk waarom Ta' Hessie meen hy moet die samestelling van
>>> Namibië se span fix!!!
>> ----Sal nie verbaas wees nie! Dalk kan hy sommer so 'n paar Springbokke
>> skenk?
>
> Maar as hy swart Springbokke skenk om julle se kleurskema reg te kry, ga'
> ons se kleurskema nog onaanvaarbaarder wees!
> - die rassiste in sy party het juis so 'n probleem omdat die Bokke so
> bleek lyk!!!
>
> Lyk my onse Ta' Hessie ook!
> By alle respek wat ek vir Ta' Hessie het, van rugby verstaan sy niks.
> Sy't self op hierie ng net laas week nog gesê sy't jare gelede op skool al
> besluit om daarvan weg te bly.
---Die tante het net een probleem: Sy leef in die verlede en sy veg steeds
apartheid.
>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114740 is 'n antwoord op boodskap #114727] Ma, 17 September 2007 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"

> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het boggerall
> te s? oor Namibi?. Wat jy s? oor die wit outjie en die getalle in die
> land, rugby is 'n sport wat gespeel word deur belangstellendes en as die
> anderskleuriges nie werklik belangstel nie, hoe wil jy hulle in 'n span kry.
> Die swart mense hou hoofsaaklik van sokker.

Dierbaarheid, hier probeer ek n grappie maak
en ek ontketen verskeie tirades. Al wat ek wou
laat weet is dat daar hier op die walle van die
Ottawa-rivier ook vir Namibia geskree is. Ek
wonder of die Langenhoven-outjie verlangs
familie van die ou Langenhoven is, die een
wat vir Afrikaans geveg maar in sy graf gegaan
het met n Nederlandse naam.
Ja, Kanada het dieselfde probleem dat
daar bitter min mense is wat rugby speel hier.
Dus moet mens nie baie van ons rugby span
verwag nie. Daar is nou meer mense wat
sokker speel, maar mens kan nie eens te
veel van ons sokkerspanne verwag nie. Maar
as jy nou van ice hockey en curling praat,
tel ons in.
Gloudina
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114742 is 'n antwoord op boodskap #114740] Ma, 17 September 2007 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag okei, ek aanvaar jou humor. Ons het op ons moer gekry op die veld, maar
die gees brand darem nog sterk! Toe ou Absalom daar neerslaan asof hy sy
dood gekry het en toe vinnig opstaan na ons man die rooi kaart gekry het,
was ek nie te lekker nie, maar ons man het darem alreeds twee waarskuwings
gehad op daardie stadium. Of dit egter 'n rooi kaart ipv 'n geel kaart
werd was, moet mens seker die skeidsregter vra want ek dink hy't 'n fout
gemaak.
Makie sakie, die Bokke sal later ou Absalom en sy Franse span begrawe
voor die Franse skare......
"Hessie" wrote in message
news:1190031487.108305.315170@57g2000hsv.googlegroups.com...
"Suidwester"

> Ou tante, jou kop is besig om jou te los. Mbeki is in SA en het
> boggerall
> te sê oor Namibië. Wat jy sê oor die wit outjie en die getalle in die
> land, rugby is 'n sport wat gespeel word deur belangstellendes en as die
> anderskleuriges nie werklik belangstel nie, hoe wil jy hulle in 'n span
> kry.
> Die swart mense hou hoofsaaklik van sokker.

Dierbaarheid, hier probeer ek n grappie maak
en ek ontketen verskeie tirades. Al wat ek wou
laat weet is dat daar hier op die walle van die
Ottawa-rivier ook vir Namibia geskree is. Ek
wonder of die Langenhoven-outjie verlangs
familie van die ou Langenhoven is, die een
wat vir Afrikaans geveg maar in sy graf gegaan
het met n Nederlandse naam.
Ja, Kanada het dieselfde probleem dat
daar bitter min mense is wat rugby speel hier.
Dus moet mens nie baie van ons rugby span
verwag nie. Daar is nou meer mense wat
sokker speel, maar mens kan nie eens te
veel van ons sokkerspanne verwag nie. Maar
as jy nou van ice hockey en curling praat,
tel ons in.
Gloudina
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114743 is 'n antwoord op boodskap #114724] Di, 18 September 2007 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Sep 2007 20:54:22 -0000, Hessie wrote:

> Ek raak toe wakker van n laatnamiddag slapie ( nadat
> ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
> kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
> sien ek net die laaste tien minute of so van die
> wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
> wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
> van die dag gekyk het, was woedend oor die man
> wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
> duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
> in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
> so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
> Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
> se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
> een miljoen mense, waarvan die grootste gros
> seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
> moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens

Die ruggraat van die namibie-span speel hul rugby in Suid-Afrika.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114750 is 'n antwoord op boodskap #114743] Di, 18 September 2007 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:2t0ve395lhae3eoep9gee7m00uo311h592@4ax.com...
> On Sun, 16 Sep 2007 20:54:22 -0000, Hessie wrote:
>
> > ons die middel van die dag met n twee-en-n-halfjarige
>> kleinkind intellektueel en fisies moes kompeteer) toe
>> sien ek net die laaste tien minute of so van die
>> wedstryd tussen Namibia en Frankryk. My man,
>> wat teen daardie tyd na sy derde rugby-wedstryd
>> van die dag gekyk het, was woedend oor die man
>> wat hulle van die veld af gestuur het, so dit was
>> duidelik dat hy aan Namibia se kant was toe ek
>> in die sitkamer kom. En toe ek die wit outjie
>> so sien nael, toe vertel ek vir myself, dit is
>> Afrikaner se kind wat daar so hol. Die Namibia
>> se span lyk darem vreeslik wit, vir n land met
>> een miljoen mense, waarvan die grootste gros
>> seker swart en bruin en baster is. Ek dink ek
>> moet bietjie met Mbeki praat oor die saak.

>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>
> Die ruggraat van die namibie-span speel hul rugby in Suid-Afrika.
-----Dis darem jammer die reël bestaan dat Nam-spelers wat vir die Bokke
gespeel het, mag nie weer vir Nam speel nie. As ek dit reg is, werk dit
nie so vir die All Blacks en Samoa nie?
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114751 is 'n antwoord op boodskap #114750] Di, 18 September 2007 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Sep 2007 12:00:34 +0200, "Suidwester" wrote:

>> Die ruggraat van die namibie-span speel hul rugby in Suid-Afrika.
> -----Dis darem jammer die reël bestaan dat Nam-spelers wat vir die Bokke
> gespeel het, mag nie weer vir Nam speel nie. As ek dit reg is, werk dit
> nie so vir die All Blacks en Samoa nie?

Ek dink dit werk nou so vir hulle ook.
Watter Bokke kom van Namibie?
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114753 is 'n antwoord op boodskap #114751] Di, 18 September 2007 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:6b9ve3ltevfqj4rtb9n3p17sung3se1cfa@4ax.com...
> On Tue, 18 Sep 2007 12:00:34 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> Die ruggraat van die namibie-span speel hul rugby in Suid-Afrika.
>> -----Dis darem jammer die reël bestaan dat Nam-spelers wat vir die Bokke
>> gespeel het, mag nie weer vir Nam speel nie. As ek dit reg is, werk dit
>> nie so vir die All Blacks en Samoa nie?
>
> Ek dink dit werk nou so vir hulle ook.
> Watter Bokke kom van Namibie?
----Ek ken nie almal so uit die hand nie, maar baie gaan skool in SA weens
rugby en dan is dit nie so bekend nie. Op die oomblik is dit Percy
Montgomery.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114754 is 'n antwoord op boodskap #114753] Di, 18 September 2007 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Sep 2007 12:20:59 +0200, "Suidwester" wrote:

> ----Ek ken nie almal so uit die hand nie, maar baie gaan skool in SA weens
> rugby en dan is dit nie so bekend nie. Op die oomblik is dit Percy
> Montgomery.

Maar of "fair" te wees - Percy het NOOIT sy rugby in Namibie gespeel
nie.
Net soos George Gregan nooit sy rugby in Zambie gespeel het nie.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114762 is 'n antwoord op boodskap #114754] Di, 18 September 2007 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:7have3piqircin4agto4ub4do8oujngnqd@4ax.com...
> On Tue, 18 Sep 2007 12:20:59 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> SA weens
>> rugby en dan is dit nie so bekend nie. Op die oomblik is dit Percy
>> Montgomery.
>
> Maar of "fair" te wees - Percy het NOOIT sy rugby in Namibie gespeel
> nie.
> Net soos George Gregan nooit sy rugby in Zambie gespeel het nie.
----Ek is nie so seker dat hy in sy skooldae nie in Walvisbaai rugby gespeel
het nie. Sekerlik nie in sy volwasse lewe nie. Van die ouers
identifiseer 'n rugbytalent en stuur hulle dan om kosskool te gaan in die
Kaap of Vrystaat, ens. Dit laat die speler voor 'n keuse om te besluit of
hy SA wil wees of NAM. As hy eers vir NAM speel, dan mag hy nooit weer vir
SA speel nie en andersom. Wat wel gebeur het in die verlede, was spelers
wat vir Suidwes kon speel, wel ook later Bokke kon word. Nou nie meer nie.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114771 is 'n antwoord op boodskap #114762] Wo, 19 September 2007 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Sep 2007 14:03:36 +0200, "Suidwester" wrote:

> ----Ek is nie so seker dat hy in sy skooldae nie in Walvisbaai rugby gespeel
> het nie. Sekerlik nie in sy volwasse lewe nie. Van die ouers
> identifiseer 'n rugbytalent en stuur hulle dan om kosskool te gaan in die
> Kaap of Vrystaat, ens. Dit laat die speler voor 'n keuse om te besluit of
> hy SA wil wees of NAM. As hy eers vir NAM speel, dan mag hy nooit weer vir
> SA speel nie en andersom. Wat wel gebeur het in die verlede, was spelers
> wat vir Suidwes kon speel, wel ook later Bokke kon word. Nou nie meer nie.

Ahem.... Walvisbaai was Suid-Afrika, dan nie?
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114777 is 'n antwoord op boodskap #114771] Do, 20 September 2007 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:70a2f31esfv3uha0ikbfg70rbdnosq0r8b@4ax.com...
> On Tue, 18 Sep 2007 14:03:36 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> rugby gespeel
>> het nie. Sekerlik nie in sy volwasse lewe nie. Van die ouers
>> identifiseer 'n rugbytalent en stuur hulle dan om kosskool te gaan in die
>> Kaap of Vrystaat, ens. Dit laat die speler voor 'n keuse om te besluit
>> of
>> hy SA wil wees of NAM. As hy eers vir NAM speel, dan mag hy nooit weer
>> vir
>> SA speel nie en andersom. Wat wel gebeur het in die verlede, was spelers
>> wat vir Suidwes kon speel, wel ook later Bokke kon word. Nou nie meer
>> nie.
>
> Ahem.... Walvisbaai was Suid-Afrika, dan nie?
----Sekerlik, maar net administratief en nie praktiese burgerlikheid nie.
Maw, Walvis se skole het in SWA gekompeteer, nie RSA nie.
>
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114778 is 'n antwoord op boodskap #114777] Do, 20 September 2007 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>> Ahem.... Walvisbaai was Suid-Afrika, dan nie?
> ----Sekerlik, maar net administratief en nie praktiese burgerlikheid nie.
> Maw, Walvis se skole het in SWA gekompeteer, nie RSA nie.

Ek verstaan wat jy wil sê, Suidwester, maar jy't dit nie reg verwoord nie.

SWA was staatsregtelik deel van die Kaapprovinsie, maar is na SWA SA se
mandaad-gebied geword het, administratief onder die SWA-administrasie, omdat
dit prakties sin gemaak het. Die wêreld en Afrika het natuurlik heeltemal
ten onregte SA gekritiseer, toe SA in die aanloop tot Nam se onafhanklikheid
Walvisbaai teruggeplaas het onder die Kaapse Provinsiale Administrasie.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114780 is 'n antwoord op boodskap #114778] Do, 20 September 2007 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:zeCdndUwzNETqW_bnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>>> Ahem.... Walvisbaai was Suid-Afrika, dan nie?
>> ----Sekerlik, maar net administratief en nie praktiese burgerlikheid nie.
>> Maw, Walvis se skole het in SWA gekompeteer, nie RSA nie.
>
> Ek verstaan wat jy wil sê, Suidwester, maar jy't dit nie reg verwoord nie.
>
> SWA was staatsregtelik deel van die Kaapprovinsie,
---???? Hê?
maar is na SWA SA se
> mandaad-gebied geword het, administratief onder die SWA-administrasie,
> omdat dit prakties sin gemaak het. Die wêreld en Afrika het natuurlik
> heeltemal ten onregte SA gekritiseer, toe SA in die aanloop tot Nam se
> onafhanklikheid Walvisbaai teruggeplaas het onder die Kaapse Provinsiale
> Administrasie.
----Luister ou onderwyser, Walvisbaai was aanvanklik Engelse gebied, toe die
Ingelse die area rondom die hawe van Walvisbaai vir hulleself toegeëien het
omdat die Duitsers toe na die res van ou Duits-Wes begin kyk het. Die
Souties het besluit as hulle die enigste hawe in die gebied kan beheer, dan
sal hulle die res ook beheer sonder om te veel moeite in die res van die
land hoef te doen.
Hulle het egter nie rekening gehou met die inteligensie en dryf van die
Duitsers nie, en die het vir hulle gesê om hulle hawe te druk op 'n plek
waar donker is en hulle het al hulle goed in die golwe by Swakopmund
afgelaai en vandaar spoorlyne gebou, ens. Toe die Engelse beheer oor SA
kry, is Walvisbaai en sy omgewing ook deel geword van die RSA. Vir alle
praktiese doeleindes, is Walvisbaai maar saam met die res van SWA bestuur,
soos 'n vyfde provinsie. Dit het beteken dat kinders wat in SWA of
Walvisbaai skoolgegaan het, SA ID nommers gekry het en ook weermagdiens
gedoen het. Soos ek vir Ferdi gesê het, het die kinders dan ook rugby
gespeel en as hy goed genoeg was, kon hy springbokkleure ook verwerf.
Na onafhanklikheid, was Walvis weer eksklusief deel van SA en is so
bestuur, alhoewel die Walvisbaaiers nie Suid-Afrikaners wou wees nie.
Uiteindelik het logika geseevier en is Walvis oorgedra na Namibië toe, soos
dit hoort.
Wat die rugby aanbetref: As 'n Nam-kind vandag goed genoeg is, dan
stuur sy ouers hom om skool te gaan by Grey, Affies, of so 'n plek.
Uiteindelik, as die kind 'n seniorspeler word, staan hy voor 'n keuse. Of
SA of Nam. As hy eers vir die een gespeel het, dan kan hy nie weer
verander nie. Dit, voel baie van ons, is jammer want baie spelers
ontwikkel eers later. Bv Kees Lensing. Amper die beste voorry in SA en
hy mag nie vir die Bokke speel nie. Nou moet so 'n ou sy tyd verwyl in 'n
minderwaardige rugbyspan. Tog speel hierdie tipe ou al sy rugby eintlik in
SA se Currybeker en S14 spanne.
Dis egter g'n moan nie, reëls is reëls.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114784 is 'n antwoord op boodskap #114780] Do, 20 September 2007 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou nie hare kloof nie, en het beslis nie gedink dat ons oor hierdie een
in 'n stryery sou verval nie.

Geskiedenis was een van my beste vakke, Suidwester, en ek is regtig nogal
goed ingelig oor die Suid-Afrikaanse en SWA geskiedenis. So, skuif vir 'n
keer jou renons in my opsy, en luister met 'n oop gemoed na wat ek sê.

"Suidwester" < wrote

>> SWA was staatsregtelik deel van die Kaapprovinsie,
> ---???? Hê?

Ja!!! As jy dalk êrens 'n kaart van SWA uit daardie dae in jou huis het -
verkieslik toe Walvis vanuit Windhoek geadministreer is! - kan jy maar net
op die kaart kyk om jouself van die waarheid hiervan te vergewis. Die
meeste kaarte het Walvisbaai nie bloot as RSA aangedui nie, maar as
Kaapprovinsie - waarvan dit staatsregtelik inderdaad deel was.

> maar is na SWA SA se
>> mandaad-gebied geword het, administratief onder die SWA-administrasie,
>> omdat dit prakties sin gemaak het. Die wêreld en Afrika het natuurlik
>> heeltemal ten onregte SA gekritiseer, toe SA in die aanloop tot Nam se
>> onafhanklikheid Walvisbaai teruggeplaas het onder die Kaapse Provinsiale
>> Administrasie.
> ----Luister ou onderwyser, Walvisbaai was aanvanklik Engelse gebied, toe
> die Ingelse die area rondom die hawe van Walvisbaai vir hulleself
> toegeëien het omdat die Duitsers toe na die res van ou Duits-Wes begin kyk
> het. Die Souties het besluit as hulle die enigste hawe in die gebied kan
> beheer, dan sal hulle die res ook beheer sonder om te veel moeite in die
> res van die land hoef te doen.
> Hulle het egter nie rekening gehou met die inteligensie en dryf van die
> Duitsers nie, en die het vir hulle gesê om hulle hawe te druk op 'n plek
> waar donker is en hulle het al hulle goed in die golwe by Swakopmund
> afgelaai en vandaar spoorlyne gebou, ens. Toe die Engelse beheer oor SA
> kry, is Walvisbaai en sy omgewing ook deel geword van die RSA.

Reg! - maar nie heeltemal nie. Die Engelse het nie eerste Walvisbaai
geannekseer en later SA, soos jy dit laat klink nie. En Walvisbaai het nie
deel geword van SA toe die Engelse beheer oor SA gekry het soos jy sê nie,
Walvisbaai het met sy anneksasie deel geword van die Kaapkolonie wat toe
alreeds in Engelse hande was. Die Engelse het al in 1795 vir die 1e keer
beheer oor die Kaap gekry en in 1806 finaal. Walvisbaai is in die 19e eeu
vanuit die Kaap! - en as deel van die Kaapkolonie! - onder die sg "scramble
for Africa" geannekseer om die Duitsers uit Suid-Wes te probeer hou. Omdat
die Kaapkolonie gewoon nie oor die nodige militêre en ander middele beskik
het om die hele gebied te annekseer en te beset nie, het hulle net Walvis en
omringende sowat 400 vierkante kilometer geannekseer. Soos jy sê, dit het
nie die Duitsers gestop nie.

> Vir alle praktiese doeleindes, is Walvisbaai maar saam met die res van SWA
> bestuur, soos 'n vyfde provinsie.

Nadat die ou Volkerebond Suid-Wes tot mandaatgebied van SA verklaar en onder
SA se administrasie gesit het, het die Unie-parlement wetgewing deurgevoer
om Walvis onder die administrasie van SWA te plaas - gewoon omdat dit meer
prakties was. Die administrasie in Windhoek was grootliks op dié van die SA
provinsies geskoei, maar die SWA administrasie het baie wyer magte gehad as
die provinsiale administrasies in SA - gewoon omdat dit NIE 'n provinsie was
nie.

> Dit het beteken dat kinders wat in SWA of Walvisbaai skoolgegaan het, SA ID
> nommers gekry het en ook weermagdiens gedoen het.

In terme van die bepalings van die mandaat was SWA die onvervreembare
grondgebied van SA - en sy burgers dus SA burgers. Tog mog SA nie die
gebied as 5e provinsie inlyf nie. Toe die hele stryd rondom apartheid en
die toekoms van SWA in felheid begin toeneem, het die VVO SA se mandaat
gekanselleer. SA se argument was dat die VVO nie die wettige opvolger van
die ou Volkerebond was nie en derhalwe nie regtens die mag gehad het om die
mandaat te kanselleer nie. Dis waaroor die saak in die wêreldhof in Den
Haag gegaan het. Die wêreldhof het teen SA beslis.

> Soos ek vir Ferdi gesê het, het die kinders dan ook rugby gespeel en as hy
> goed genoeg was, kon hy springbokkleure ook verwerf.
> Na onafhanklikheid, was Walvis weer eksklusief deel van SA en is so
> bestuur, alhoewel die Walvisbaaiers nie Suid-Afrikaners wou wees nie.

In die aanloop tot Nam se onafhanklikheid het die SA parlement wetgewing
goedgekeur wat die vroeëre wetgewing waardeur Walvis vanuit Windhoek deur
die SWA-administrasie geadministreer is, herroep het. Daardeur het die
administrasie van Walvis outomaties weer na die Kaapse Provinsiale
administrasie teruggekeer. Natuurlik het die wêreld en veral die
toekomstige Nam regering nie daarvan gehou nie, want dit het beteken dat SA
beheer oor Nam se venster na buite het - presies wat die Kaapse owerheid
oorspronklik in gedagte gehad het met die anneksasie.

> Uiteindelik het logika geseevier en is Walvis oorgedra na Namibië toe,
> soos dit hoort.

Ek stry nie daaroor dat Walvis logies by Nam tuisgehoort het en nooit deel
van SA moes gewees het nie - dat Walvis se hele geskiedenis kensketsend is
van die selfsug waarmee die Engelse alles vir hulleself probeer inpalm het
nie.

Maar dit het niks met logika te doen gehad op dié stadium wat Walvis aan
Namibië oorgedra is nie - Dan moes dit met Nam se onafhanklikheid alreeds
gebeur het! - maar ALLES met 'n NP en sy politici wat gehoop het om hul
aansien onder die Swart bevolking te probeer verbeter en swart stemme te
probeer score in die '94 verkiesing - m.a.w. hulle het gewoon gat gekruip!
Die swartes het reeds in die 60-jare besluit dat, alhoewel die koloniale
owerhede grense orals in Afrika getrek het sonder om die plaaslike bevolking
daarin te ken - dikwels volke middeldeur gesny het, bv. die Ovambos, hulle
dié grense sou behou totdat alle Afrika-state "bevry" is en 'n Verenigde
State van Afrika tot stand kom. Ek wonder of die ANC-regering Walvis aan
Nam sou oorhandig het, as die NP dit vir hulle gelos het?

> Wat die rugby aanbetref: As 'n Nam-kind vandag goed genoeg is, dan
> stuur sy ouers hom om skool te gaan by Grey, Affies, of so 'n plek.
> Uiteindelik, as die kind 'n seniorspeler word, staan hy voor 'n keuse.
> Of SA of Nam. As hy eers vir die een gespeel het, dan kan hy nie weer
> verander nie. Dit, voel baie van ons, is jammer want baie spelers
> ontwikkel eers later. Bv Kees Lensing. Amper die beste voorry in SA en
> hy mag nie vir die Bokke speel nie. Nou moet so 'n ou sy tyd verwyl in
> 'n minderwaardige rugbyspan. Tog speel hierdie tipe ou al sy rugby
> eintlik in SA se Currybeker en S14 spanne.
> Dis egter g'n moan nie, reëls is reëls.

Ek stem saam.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114788 is 'n antwoord op boodskap #114784] Do, 20 September 2007 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:KbydnT9kQ8JBzm_bnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> Reg! - maar nie heeltemal nie. Die Engelse het nie eerste Walvisbaai
> geannekseer en later SA, soos jy dit laat klink nie. En Walvisbaai het
> nie deel geword van SA toe die Engelse beheer oor SA gekry het soos jy sê
> nie, Walvisbaai het met sy anneksasie deel geword van die Kaapkolonie wat
> toe alreeds in Engelse hande was. Die Engelse het al in 1795 vir die 1e
> keer beheer oor die Kaap gekry en in 1806 finaal. Walvisbaai is in die
> 19e eeu vanuit die Kaap! - en as deel van die Kaapkolonie! - onder die sg
> "scramble for Africa" geannekseer om die Duitsers uit Suid-Wes te probeer
> hou. Omdat die Kaapkolonie gewoon nie oor die nodige militêre en ander
> middele beskik het om die hele gebied te annekseer en te beset nie, het
> hulle net Walvis en omringende sowat 400 vierkante kilometer geannekseer.
> Soos jy sê, dit het nie die Duitsers gestop nie.
----Net vir die interessantheid, ook die Kaaskoppe wou 'n vinger in die
Duits-Wes pastei probeer kry [lank vor die Engelse]en het teen die kus
opgevaar vanuit die Kaap om hier te kom pen inslaan, toe loop hulle die
Topnaars op die lyf by Sandwich harbour en skrik toe so groot dat hulle hul
bootjie krom roei af Kaap Punt toe! Die Engelse het weer begin om invloed
te probeer kry en het vir Palgrave en die manne gestuur op ontdekkingsreise
en probeer het om die swart volker van ou Duits-Wes Britse beskerming aan te
bied.

.
>
> Ek stry nie daaroor dat Walvis logies by Nam tuisgehoort het en nooit deel
> van SA moes gewees het nie - dat Walvis se hele geskiedenis kensketsend is
> van die selfsug waarmee die Engelse alles vir hulleself probeer inpalm het
> nie.
----Stadig nou! Dis nie net die Engelse nie! SA-ners het darem self
skoongemaak hier in ons land. Lees De Beers en sy eksklusiewe
diamantkonsessies, viskonsessies en die basiese uitroei van Nam se
visbronne. Minerale orals in die land. Alles lê aan die voete van SA,
niemand anders nie.
>
> Maar dit het niks met logika te doen gehad op dié stadium wat Walvis aan
> Namibië oorgedra is nie - Dan moes dit met Nam se onafhanklikheid alreeds
> gebeur het! - maar ALLES met 'n NP en sy politici wat gehoop het om hul
> aansien onder die Swart bevolking te probeer verbeter en swart stemme te
> probeer score in die '94 verkiesing - m.a.w. hulle het gewoon gat gekruip!
> Die swartes het reeds in die 60-jare besluit dat, alhoewel die koloniale
> owerhede grense orals in Afrika getrek het sonder om die plaaslike
> bevolking daarin te ken - dikwels volke middeldeur gesny het, bv. die
> Ovambos, hulle dié grense sou behou totdat alle Afrika-state "bevry" is en
> 'n Verenigde State van Afrika tot stand kom. Ek wonder of die
> ANC-regering Walvis aan Nam sou oorhandig het, as die NP dit vir hulle
> gelos het?
----Hierdie is darem te maklik om sommer net so te sê. Dat die vorige
bedeling vrede gekoop het vir 23 jaar en 'n vreedsame oordrag bewerkstellig
het, is ook 'n feit. Die Owambo's was eintlik nie werklik deel van SWA
nie...eerder Angola.
Re: En daar score Langenhoven toe...... [boodskap #114789 is 'n antwoord op boodskap #114788] Do, 20 September 2007 18:23 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

>> Ek stry nie daaroor dat Walvis logies by Nam tuisgehoort het en nooit
>> deel van SA moes gewees het nie - dat Walvis se hele geskiedenis
>> kensketsend is van die selfsug waarmee die Engelse alles vir hulleself
>> probeer inpalm het nie.
> ----Stadig nou! Dis nie net die Engelse nie! SA-ners het darem self
> skoongemaak hier in ons land. Lees De Beers en sy eksklusiewe
> diamantkonsessies, viskonsessies en die basiese uitroei van Nam se
> visbronne. Minerale orals in die land. Alles lê aan die voete van SA,
> niemand anders nie.

Sal nie stry nie. Feit is dat die Afrikaners die Engelse verpes het oor
kolonialisme, maar toe hulle aan bewind kom, het hulle self kolonialiste
geword.


>> Maar dit het niks met logika te doen gehad op dié stadium wat Walvis aan
>> Namibië oorgedra is nie - Dan moes dit met Nam se onafhanklikheid alreeds
>> gebeur het! - maar ALLES met 'n NP en sy politici wat gehoop het om hul
>> aansien onder die Swart bevolking te probeer verbeter en swart stemme te
>> probeer score in die '94 verkiesing - m.a.w. hulle het gewoon gat
>> gekruip! Die swartes het reeds in die 60-jare besluit dat, alhoewel die
>> koloniale owerhede grense orals in Afrika getrek het sonder om die
>> plaaslike bevolking daarin te ken - dikwels volke middeldeur gesny het,
>> bv. die Ovambos, hulle dié grense sou behou totdat alle Afrika-state
>> "bevry" is en 'n Verenigde State van Afrika tot stand kom. Ek wonder of
>> die ANC-regering Walvis aan Nam sou oorhandig het, as die NP dit vir
>> hulle gelos het?
> ----Hierdie is darem te maklik om sommer net so te sê. Dat die vorige
> bedeling vrede gekoop het vir 23 jaar en 'n vreedsame oordrag
> bewerkstellig het, is ook 'n feit. Die Owambo's was eintlik nie werklik
> deel van SWA nie...eerder Angola.

Ja, ek oorvereenvoudig seker.
Vorige onderwerp: ((Hou en/of)) Herhou van Verkiesing(e), om te verhoog ? Vorentoe vervorming voorstel (Inisiatief)
Volgende onderwerp: Hollandse vragie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:21:26 MGT 2024