Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tydbestek (Was Herfs en Halloween)
Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11478] Ma, 24 November 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is tot
> die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.

En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
wat so vergeetagtig is.

Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
weerhaan optree. Die een dag ky hulle oos, die
volgende dag weer noord-wes. Waar is die goeie
ou dae (vyftig jaar en vroeer) toe eer en trou die
twee voete van koerantmanne was.

Ek het lank terug 'n boek van 'n filosoof gelees
wat van mening was dat elke mens se tydbestek
(tydhorison, tydverloop wat vir daardie mens
werklik is) 'n groot invloed op sy/haar denke het.
'n Mens met 'n tydbestek van 30 dae sal met dinge
tot 30 dae in die verlede of 30 dae in die toekoms
werk. As iemand met iets tot 300 dae in die verlede
of net 30 dae in die toekoms werk, is daardie mens
se tydbestek die kleinste van die twee, naamlik 30
dae.

Hy het beskryf hoe mense optree wat 'n tydbestek
van 24 uur of minder het, 1 tot 2 dae, 3 tot 7 dae,
8 tot 30 dae, 31 tot 365 dae, 1 tot 3 jaar, 4 tot 20
jaar, 21 tot 100 jaar, 100 tot 2000 jaar en langer
as 2000 jaar. Sy waarnemings het my laat hoender
vleis kry. Hoe korter die tydbestek, hoe meer
wisselvallig tree die persoon op. Hoe langer die
tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.

Ek wonder hoeveel mense in Suid Afrika se tydbestek
is langer as 1 jaar?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11479 is 'n antwoord op boodskap #11478] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov 1997 11:56:28 GMT, "AM de Lange" wrote:

[/color]
>> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is
> tot
>> die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
>
> En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
> wat so vergeetagtig is.
>
> Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
> weerhaan optree. >>>

Klein puntjie hier: Dele van dagblaaie werk beslis nie nie in n 24
tydsbestek nie.
Sommige dele van dagblaaie werk in fact met maande se tydsbestek.
Party mense by dagblaaie werk met meer as een tydsbestekke vir
verskillende projekte.
Dis glad nie vreemd om n berig in twee of drie uur te moet klaarmaak
terwyl jy ook werk aan n projek wat selfs vir oor n paar weke of selfs
maande beplan word nie.
Almal wat by dagblaaie werk het lewens buite die gebou wat op baie
lang tydsbestekke rus.

tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.>>>[/color]

Wat beteken sekere gedigte wat in baie kort tydsbestekke geskryf is,
is glad nie kreatied nie. Terwyl gedigte waaraan laaank gewerk is per
definisie meer kreatied is.
Van Gogh se skilderye wat hy op sy toppunt glo een n dag gemaak het,
is meer kreatied as Trechikoff s'n waaraan hy gewoonlik vir baie lank
gewerk het.
Weird.
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11484 is 'n antwoord op boodskap #11478] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in article ...

> Party mense by dagblaaie werk met meer as een tydsbestekke vir
> verskillende projekte.

Hmm..... En party mense nie?

> Almal wat by dagblaaie werk het lewens buite die gebou wat op baie
> lang tydsbestekke rus.

Nou ja. As iemand die lewe van 'n individu beskou as 'n "baie lang
tydbestek" vertel dit ons iets van die iemand, nie waar nie?

Leendert
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11512 is 'n antwoord op boodskap #11478] Di, 25 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> >
>>> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is
>>> tot die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
>>
>> En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
>> wat so vergeetagtig is.
>>
>> Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
>> weerhaan optree. >>>
>
> Klein puntjie hier: Dele van dagblaaie werk beslis nie nie in n 24
> tydsbestek nie.

Koos,

Dalk is jy reg. Jy gee geen omskrywing van die
dele nie. Daarom is ek genoodsaak om my eie
afleidings te maak. Dit is seker die stukkies wat
nie as nuus of kommentaar kan deurgaan nie.

> > tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.>>>
>
> Wat beteken sekere gedigte wat in baie kort tydsbestekke geskryf is,
> is glad nie kreatied nie. Terwyl gedigte waaraan laaank gewerk is per
> definisie meer kreatied is.
> Van Gogh se skilderye wat hy op sy toppunt glo een n dag gemaak het,
> is meer kreatied as Trechikoff s'n waaraan hy gewoonlik vir baie lank
> gewerk het.
> Weird.

Vreemd? Nee, glad nie. Daar is 'n voorbereidingtydperk
betrokke. Gaan lees wat Eugene Marais self te se gehad
het oor sy gedig Dans van die Reen. Hierdie wonderlike
gedig is in 'n paar uur na aandete geskryf. Maar die
geestelike voorbereiding het jare geneem.

Pasteur stel dit herhaaldelik dat 'n verreikende ontdekking
'n diepgaande voorbereiding nodig het. Einstein beklemtoon
dat dit 90% perspirasie (harde werk) en 10% inspirasie behels.
Bohr skryf dat die geniale deurbraak kom nadat 'n mens al die
moontlike foute gemaak het in 'n korter tyd as enige ander
mens.

Dit is so dat prulwerk dikwels lank neem. Maar gemorswerk
word altyd in a japtrap afgehandel - daar is nie sprake van
vakmeesterskap nie. Dit gaan met die joernaliste soos met
die bouers of werktuigkundiges. Na 'n paar dae se opleiding
kan hulle die ding glo goed doen.

Dis seker maar 'n kwaal van die ouderdom. As ek iets gedoen
wil laat he, soek ek na 'n outydse vakman: skrynwerk, bouwerk,
staalwerk, motorwerk, instrumentwerk, kookwerk, bakwerk. Die
slagvrou by wie ons ons vleis koop, het 5 jaar vakleerlingskap
deurgewerk. Sy weet van perfekte vleisbewerking. My kinders
begin hulle pa navolg. "Weet pa nog van 'n vakmaan iewers
wat dit of dat kan doen.". "Wat gaan van ons word as daar nie
meer oumense is wat die dinge nog goed kan doen nie."

Alles van die beste
At de Lange
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11550 is 'n antwoord op boodskap #11478] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Nov 1997 08:42:54 GMT, "AM de Lange" wrote:

dele nie. Daarom is ek genoodsaak om my eie[/color]
> afleidings te maak. Dit is seker die stukkies wat
> nie as nuus of kommentaar kan deurgaan nie.>>

Dit wissel van opdragte om aan die einde van die jaar n oorsig van die
jaar te skryf tot die feit dat die meeste joernaliste n "beat" het en
daardie onderwerp - bv politiek - as n voortdurende en altyd
ontwikkelende proses hanteer en beskou.
Klein beriggies wat uit die belangstelling en fokus "val" moet jou nie
verwag oor die fokus nie.

geestelike voorbereiding het jare geneem.>>[/color]

Sover ek weet het Van Gogh soms die veld ingestap sonder dat hy weet
presies wat hy gaan skilder.
Jy sal argumenteer dat sy langtermynfokus op die proses van skilder en
tegnieke daarom heen was.
Dit vergelyk dus met n joernalis wat sy hele werkende lewe lank een
ontvouende deel van die samelewing dophou en op kort kennisgewing soms
stukke kopie daaroor moet lewer.
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11552 is 'n antwoord op boodskap #11478] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 1997 16:25:09 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>[/color]

Ook maar n beperkte visie, jy.

Ek praat van mense wat M- en doktorale studies in bv. geskiedenis
doen.
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11612 is 'n antwoord op boodskap #11478] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> > geestelike voorbereiding het jare geneem.>>

> Sover ek weet het Van Gogh soms die veld ingestap sonder
> dat hy weet presies wat hy gaan skilder.

Liewe Koos,

Ek het toe weer gaan nalles oor Van Gogh. Ek kon nie dyt
waarna jy verwys het, opdiep nie.

> Jy sal argumenteer dat sy langtermynfokus op die proses
> van skilder en tegnieke daarom heen was.

Ongetwyffeld. Hy het geleef vir skilder.

> Dit vergelyk dus met n joernalis wat sy hele werkende lewe
> lank een ontvouende deel van die samelewing dophou en op
> kort kennisgewing soms stukke kopie daaroor moet lewer.

Ja. En nee. Om net dop te hou, is nie genoeg nie.
'n Mens moet gedurig spook om jou waarnemings
in skeppings te uitbeeld - of dit 'n teks, 'n skildery,
bladmusiek of wat ookal is. Dit is hierdie langdurige
bemoeienis wat sal verseker dat die uitbeelding "op
kort kennisgewing" suksesvol sal wees. Hoekom?

Alle skeppings neem tyd. Hoe hoer die kwaliteite in
'n skepping en dus hoe komplekser 'n skepping is, hoe
langer tyd neem dit. Wanneer 'n mens dus op kort
kennisgewing iets in 'n kort tydjie skep, kan dit nie vol
ho"e kwaliteite wees tensy daardie kwaliteite reeds
vroeer geskep is nie. Wat in wese gebeur, is dat 'n
mens die vroeere komplekse skeppings bywerk by
die een wat op hande is om daarvan 'n kunswerk te
maak.

Beste wense
At de Lange
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11613 is 'n antwoord op boodskap #11478] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Dec 1997 08:47:40 GMT, "AM de Lange" wrote:

'n Mens moet gedurig spook om jou waarnemings[/color]
> in skeppings te uitbeeld - of dit 'n teks, 'n skildery,
> bladmusiek of wat ookal is. Dit is hierdie langdurige
> bemoeienis wat sal verseker dat die uitbeelding "op
> kort kennisgewing" suksesvol sal wees. Hoekom?
>
> Alle skeppings neem tyd. Hoe hoer die kwaliteite in
> 'n skepping en dus hoe komplekser 'n skepping is, hoe
> langer tyd neem dit. Wanneer 'n mens dus op kort
> kennisgewing iets in 'n kort tydjie skep, kan dit nie vol
> ho"e kwaliteite wees tensy daardie kwaliteite reeds
> vroeer geskep is nie. Wat in wese gebeur, is dat 'n
> mens die vroeere komplekse skeppings bywerk by
> die een wat op hande is om daarvan 'n kunswerk te
> maak.>>

n Definisie wat baie goed in die joernalistiek werk.
Re: tyd [boodskap #15278 is 'n antwoord op boodskap #11478] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer L. Logan  is tans af-lyn  Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit sal om 'n naby 19:00 in die aand wees.

Jennifer

ekke wrote:

> hallo almal
>
> hoe gaan dit vandag??
>
> kan een van julle buitelanders my asseblief sê hoe laat is 1pm edt in suid
> afrikaanse tyd
>
> baie dankie
> ekke
> :)

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon to
Choke & Puke.
Vorige onderwerp: Jennifer.
Volgende onderwerp: Soos 'n groot speld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 00:14:08 MGT 2024