Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soos Geskryf
Soos Geskryf [boodskap #114373] Ma, 27 Augustus 2007 08:09 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Word dit nie raak gesien nie, word dit tog raakgesien maar verswyg en
geignoreer, of word dit eenvoudig net toegelaat?

Jy hoef geen bestudeerder van die professië te wees om raak te sien
hoe daar twee duisend jaar gelede beskryf is wat vandag gebeur.
Openbaring se beskrywing van die antichris en vandag se gebeure
wêreldwyd laat my beurtelings verstom en opgewonde.

Ek hoef nie uit te kring oor wat die Boek sê oor die antichris en hoe
hulle die laaste van dae op aarde die wêreld gaan oorneem en
antichristiese beginsels afdwing nie, maar wys graag na enkele dinge
wat duideliker word in reaksie op die moslem troll se pos.

Opgewonde het ek gesê, omdat jy nie eens jou oogklappe hoef af te haal
om weereens 'n bewys van die egtheid van die Bybel raak te sien.

Wie lus is om te kyk na enkele verwysings hiert aangehaal, doen dit.
Natuurlik kan jy ook jou oogklappe stywer trek en dus jou gesigsveld
smaller maak. Eintlik hoef jy net jou kop bietjie links en regs draai
en meer sien as gewoonlik.

****
More than 70,000 members of a Muslim group have held a rally in
Indonesia calling for a caliphate - or Islamic rule - to govern the
world.

http://abc.net.au/news/stories/2007/08/13/2002914.htm?sectio n=justin

***
Protest against "Islamisation" banned
10 August 2007

BRUSSELS (AFP) - Brussels mayor Freddy Thielemans has banned a protest
against the "Islamisation" of Europe planned for 11 September, the
anniversary of the suicide attacks on the US, his spokesman said
Thursday.

http://www.expatica.com/actual/article.asp?subchannel_id=24& amp;story_id=42748

***

Televangelist Critical of Islam Dumped
The Associated Press
Friday, August 24, 2007; 10:07 PM

ST. PETERSBURG, Fla. -- A Christian televangelist who harshly
criticizes Islam and other religions said Friday that his late-night
program is being pulled off the air because of pressure from a Muslim
group.

http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2007/08 /24/AR2007082402246.html

***

Iran shuts 'Western' barber shops

Men also are subject to scrutiny over their clothing
Iranian police have closed more than 20 barbers' shops in the capital
Tehran.
The authorities say the barbers were encouraging un-Islamic behaviour
by offering Western hairstyles, tattooing and also eyebrow-plucking
for men.

Fashion police
Tehran police try to encourage women to adopt more conservative dress.
http://news.bbc.co.uk/2/hi/middle_east/6960959.stm

***
Iran's Hangmen Work Overtime to Silence Opposition...

al-Qaeda Teaches 6-Year-Olds to Kill...

Antwerp Muslims Look to Ban Christmas Trees, Easter Eggs...

Pakistani Christians Given Choice: Convert or Die...

Islamabad (AsiaNews) – Christian families in Peshawar are living in
great fear after receiving anonymous letters threatening suicide
attacks if they did not convert to Islam. The episode was reported by
Pervez Masih - a minority Member of National Assembly (MNA) – who
denounced the event August 10th last, during the assembly session of
the Pakistan Parliament.

http://www.asianews.it/index.php?l=en&art=10067&size =A

***

Dutch Bishop Suggests Calling God 'Allah'...
http://www.nisnews.nl/public/150807_1.htm

***

Georgia Mayor Embraces Islam, Then Hugo Chavez...
http://www.wistv.com/Global/story.asp?S=6920151

***

Italian Courts Allow Beating of Muslim Girls...
http://islamineurope.blogspot.com/2007/08/italy-court-discri minates-against.html

***

(Egypt) Muslim Cleric Vows to Kill Convert to Christianity...
http://www.iht.com/articles/ap/2007/08/11/africa/ME-GEN-Egyp t-Muslim-Convert.php

***

En hier hou dit nie op nie. Ek het net opgehou om by te voeg
omdat ek nie weet of dit oogklappe gaan stywer trek of verwyder nie.
Feit is egter dat Johannes 2000 gelede op Patmos hierdie dinge vir ons
neergeskryf het.
Re: Soos Geskryf [boodskap #114379 is 'n antwoord op boodskap #114373] Ma, 27 Augustus 2007 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 10:09:39 +0200, Dave wrote:

> Word dit nie raak gesien nie, word dit tog raakgesien maar verswyg en
> geignoreer, of word dit eenvoudig net toegelaat?

As jy reken jy verstaan Openbaringe (of dan eerder die vertalings ens
wat geeindig het in die Engelse of Afrikaans eweergawes van vandag) en
kan dit helder uitlê ... wel, gebruik jy soms LSD?
Re: Soos Geskryf [boodskap #114389 is 'n antwoord op boodskap #114379] Ma, 27 Augustus 2007 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi :
> As jy reken jy verstaan Openbaringe (of dan eerder die vertalings ens
> wat geeindig het in die Engelse of Afrikaans eweergawes van vandag) en
> kan dit helder uitlê ... wel, gebruik jy soms LSD?

Wanneer ek kyk na die manier waarop jy God se naam ydelik gebruik soos
onder, daar verbaas jou rekasie my geensins.

> Remarkably open & transparent
> 22 Aug 2007

> I find the Sunday-Times accusations of the ANC health-minister
> remarkable.

> Don't the ANC understand that the BBC brought down Mugabe ?

en Ferdi antwoord:
> Good God! Has Mugabe been brought down??
> When did it happen?
Re: Soos Geskryf [boodskap #114391 is 'n antwoord op boodskap #114389] Ma, 27 Augustus 2007 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 13:25:06 +0200, Dave wrote:

> Ferdi :
>> As jy reken jy verstaan Openbaringe (of dan eerder die vertalings ens
>> wat geeindig het in die Engelse of Afrikaans eweergawes van vandag) en
>> kan dit helder uitlê ... wel, gebruik jy soms LSD?
>
>
> Wanneer ek kyk na die manier waarop jy God se naam ydelik gebruik soos
> onder, daar verbaas jou rekasie my geensins.

Wat is 'n "rekasie" Dave? Behels dit wierook en die oproep van
persoonlike gode?

(God kan nie 'n God van liefde EN 'n almagtige God wees nie.)
Re: Soos Geskryf [boodskap #114393 is 'n antwoord op boodskap #114391] Ma, 27 Augustus 2007 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 14:32:12 +0200, Ferdi wrote:

> On Mon, 27 Aug 2007 13:25:06 +0200, Dave wrote:
>
> >> As jy reken jy verstaan Openbaringe (of dan eerder die vertalings ens
>>> wat geeindig het in die Engelse of Afrikaans eweergawes van vandag) en
>>> kan dit helder uitlê ... wel, gebruik jy soms LSD?


>> Wanneer ek kyk na die manier waarop jy God se naam ydelik gebruik soos
>> onder, daar verbaas jou rekasie my geensins.
>
> Wat is 'n "rekasie" Dave? Behels dit wierook en die oproep van
> persoonlike gode?
>
Het jy al na jou eie spelling van somtyds gekyk, Ferdi?
Hierdie is (poging tot) 'n greep wat jy by Gloudina geleer het

> (God kan nie 'n God van liefde EN 'n almagtige God wees nie.)
Waarom vir my sê dat jy probeer om God in te perk?
Dink jy nie dat dit 'n saak is tussen Hom en jou nie?
Re: Soos Geskryf [boodskap #114394 is 'n antwoord op boodskap #114393] Ma, 27 Augustus 2007 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 14:57:00 +0200, Dave wrote:

>> (God kan nie 'n God van liefde EN 'n almagtige God wees nie.)
> Waarom vir my sê dat jy probeer om God in te perk?
> Dink jy nie dat dit 'n saak is tussen Hom en jou nie?

Absoluut niks met my te doen nie, Dave.
Gaan kyk na daai stelling. Ondersoek die logieka en sien dat een van
die twee onwaar is - en daarmee saam die fondament van omtrent alle
priesters se sake-modelle - wat in die algemene spreektaal beter as
"kerke" bekend staan.
.
Re: Soos Geskryf [boodskap #114395 is 'n antwoord op boodskap #114394] Ma, 27 Augustus 2007 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 15:55:31 +0200, Ferdi wrote:

> On Mon, 27 Aug 2007 14:57:00 +0200, Dave wrote:
>
> (God kan nie 'n God van liefde EN 'n almagtige God wees nie.)
>> Waarom vir my sê dat jy probeer om God in te perk?
>> Dink jy nie dat dit 'n saak is tussen Hom en jou nie?
>
> Absoluut niks met my te doen nie, Dave.
> Gaan kyk na daai stelling. Ondersoek die logieka en sien dat een van
> die twee onwaar is - en daarmee saam die fondament van omtrent alle
> priesters se sake-modelle - wat in die algemene spreektaal beter as
> "kerke" bekend staan.
> .
>

Wat is 'n "logieka" Ferdi? Behels dit wierook en die oproep van
persoonlike gode?
Re: Soos Geskryf [boodskap #114396 is 'n antwoord op boodskap #114395] Ma, 27 Augustus 2007 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 16:30:06 +0200, Dave wrote:

> On Mon, 27 Aug 2007 15:55:31 +0200, Ferdi wrote:
>
>> On Mon, 27 Aug 2007 14:57:00 +0200, Dave wrote:

>> (God kan nie 'n God van liefde EN 'n almagtige God wees nie.)
>>> Waarom vir my sê dat jy probeer om God in te perk?
>>> Dink jy nie dat dit 'n saak is tussen Hom en jou nie?

>> Absoluut niks met my te doen nie, Dave.
>> Gaan kyk na daai stelling. Ondersoek die logieka en sien dat een van
>> die twee onwaar is - en daarmee saam die fondament van omtrent alle
>> priesters se sake-modelle - wat in die algemene spreektaal beter as
>> "kerke" bekend staan.
>> .

>
> Wat is 'n "logieka" Ferdi? Behels dit wierook en die oproep van
> persoonlike gode?
>
>
>

Dieselfde Skrif, Ferdi, waarsku jou ook teen die toorn van God.
Selfs by mense word 'n liefdevolle vader soms toornig. En nêrens
staan daar geskryf dat godeloses teen Sy Boesem gedruk sal word nie.
Inteendeel, verduidelik Moses tog dat daar twee wêrelde is - die waar
die Liefde is en die waar satan heers. Jy moet jou piek maak waar jy
wil woon.

En eintlik gaan hierdie oor veel meer as om te stry oor so iets.
Ruimte-wetenskaplikes stem saam dat daar 'n Groter Inteligensie is.
En vir ons om Hom te probeer verstaan is buite perke arrogant, want
Hy is in 'n ander dimensie Ferdi.
Re: Soos Geskryf [boodskap #114404 is 'n antwoord op boodskap #114395] Di, 28 Augustus 2007 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 16:30:06 +0200, Dave wrote:

> Wat is 'n "logieka" Ferdi? Behels dit wierook en die oproep van
> persoonlike gode?

Yep! Die god van redelikheid.
Re: Soos Geskryf [boodskap #114405 is 'n antwoord op boodskap #114396] Di, 28 Augustus 2007 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Aug 2007 16:44:28 +0200, Dave wrote:

>>> Absoluut niks met my te doen nie, Dave.
>>> Gaan kyk na daai stelling. Ondersoek die logieka en sien dat een van
>>> die twee onwaar is - en daarmee saam die fondament van omtrent alle
>>> priesters se sake-modelle - wat in die algemene spreektaal beter as
>>> "kerke" bekend staan.
>>> .
>

>> Wat is 'n "logieka" Ferdi? Behels dit wierook en die oproep van
>> persoonlike gode?



>
> Dieselfde Skrif, Ferdi, waarsku jou ook teen die toorn van God.
> Selfs by mense word 'n liefdevolle vader soms toornig. En nêrens
> staan daar geskryf dat godeloses teen Sy Boesem gedruk sal word nie.
> Inteendeel, verduidelik Moses tog dat daar twee wêrelde is - die waar
> die Liefde is en die waar satan heers. Jy moet jou piek maak waar jy
> wil woon.
>
> En eintlik gaan hierdie oor veel meer as om te stry oor so iets.
> Ruimte-wetenskaplikes stem saam dat daar 'n Groter Inteligensie is.
> En vir ons om Hom te probeer verstaan is buite perke arrogant, want
> Hy is in 'n ander dimensie Ferdi.

Laat ek verduidelik Dave. As God 'n God van liefde is, dan sal hy nie
iemand wat hom lief het byvoorbeeld kreupel maak en oor jare pynlik
laat sterf nie.

Tog is daar mense wat God lief het, maar kreupel word en oor jare
pynlik sterf (bv. spier- en senuwee-siektes).

Is dit God wat dit aan hulle gedoen het?
Is dit soos hy lief het? Sekerlik nie, want - om een rede te noem -
daar is andere wat hom ook liefhet, maar ryklik beloon word. Dit dui
op iets anders as ons aanvaar mense word pwrsoonlik beloon deur God
vir die liefde wat hulle aan hom (haar?) betoon.

Is dit dan die duiwel wat dit doen? Iemand buite God se beheer wat die
mense so siek maak?

Dis seker moontlik, maar dan is God nie almagtig nie, is hy? Want dan
doen die duiwel soos hy lus het aan God se lieflinge!

Kan jy dit sien? God van liefde en God wat almagtig is, is eenvoudig
"mutually exclusive" wanneer ons by 'n gelowige kom wat bv. jonk deur
parkinsons platgeslaan word.

Maar die samevoeging van daardie twee dinge - liefde en almagtig - is
natuurlik 'n maaksel van die priesters. Die manne in swart klere wat
oor eeue al die kerke vir hul eie voorspoed en mag bestuur.

Mense doen dit nou nog - hulle vat goed uit godsdiens of uit
godsdienstige geskrifte en buig dit sodat dit HUL sieninge pas en
ondersteun en dan dwing hulle neerbuiging tot daardie interpretasies
af. En waar gaan die mag wat so verwerf is? Na hulle toe natuurlik.

En wat doen hulle aan die wat nie wil neerbuig voor "God se siening"
wat toevallig deur HULLE verwoord en beheer word? A! Hoor hoe kraak
die brandstapels! Hoor hoe knal die selfmoordbomme!

Dan se jy ook die volgende: "Ruimte-wetenskaplikes stem saam dat daar
'n Groter Inteligensie is." Ek sal baie graag wil hoor wie die
wetenskaplikes is.
En dan ook of jy dan nou sê dit MOET waar wees want wetenskaplikes sê
so... want dan is jy bietjie in die poefies hier...

Dan sê jy voots: "En vir ons om Hom te probeer verstaan is buite perke
arrogant" - nou Dave, is dit dan nie wat JY doen nie? Het ek jou reg
verstaan toe jy gesê het jy kan sê wat in Openbaringe bedoel word?

Verder: As "ons" nie "hom" kan verstaan nie, hoe durf jy dan godsdiens
predik?? Jy durf mos nie 'n clue hê van wat God bedoel nie!!!!???
Re: Soos Geskryf [boodskap #114406 is 'n antwoord op boodskap #114405] Di, 28 Augustus 2007 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 28 Aug 2007 11:46:50 +0200, Ferdi wrote:

>
> Laat ek verduidelik Dave.

En laat ek ook verduidelik, Ferdi.
Ek het nie misgekyk wat jy hier skryf of dit gesystap nie.
Ek is besig om voor te berei vir 'n vergadering, en my besoekers vir
die voorlopige vergadering voor die eintlike vergadering gaan oor twee
ure hier wees. Sien jou later.

PS.
JY sê
> Dan sê jy voots:
As mens iets met die voots sê doen jy dit in die pad
Re: Soos Geskryf [boodskap #114410 is 'n antwoord op boodskap #114406] Di, 28 Augustus 2007 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Aug 2007 13:38:38 +0200, Dave wrote:

>> Laat ek verduidelik Dave.
>
> En laat ek ook verduidelik, Ferdi.
> Ek het nie misgekyk wat jy hier skryf of dit gesystap nie.
> Ek is besig om voor te berei vir 'n vergadering, en my besoekers vir
> die voorlopige vergadering voor die eintlike vergadering gaan oor twee
> ure hier wees. Sien jou later.
>
> PS.
> JY sê
>> Dan sê jy voots:
> As mens iets met die voots sê doen jy dit in die pad

He,he... OK.
PS is Engels. Die Afrikaans in NS.

En ek is bly om te sien jy spel my "jy" met hoofletters.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114429 is 'n antwoord op boodskap #114405] Wo, 29 Augustus 2007 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Langs my woonstel is 'n berg Ferdi. Ek het minute gelede, ter wille
van die gesprek 'n foto van die berg (sommer hier vanaf die sitkamer)
geneem en hieraan vasgeplak.

In die tyd wat ek hier woon het ek opgemerk dat geen vliegtuie dit
daaroor waag nie. Ligte vliegtuie, helikopters en selfs die reuse
stralers vlieg nie daaroor nie. En, dit is deel van die roetes wat die
stralers volg om by die lughawe te land. Maar almal vlieg om dit
en nie oor dit nie; want dit is verbode gebied.

Omdat ek baie belangstel in die geesteswêreld en baie gedelf het oor
die jare, het my paaie by tye die van die okultisme gekruis. En dit is
waar ek besef het dat, wanneer ons sê dat dinge nie bewys kan word
nie, ons slegs daarby bedoel dat ek dit nie aan jou kan bewys nie,
maar enigiemand wat ervaring op astrale vlak het, weet weet weet
sonder twyfel dat mens nie 'n liggaam nodig het om bewustelik te
bestaan en te ervaar nie.
Maar bewyse ontbreek omdat dit ervaring in 'n ander dimensie is.
Enige iemand egter wat dit ervaar het, wonder nie meer nie, maar weet.

Ek het lank gedink voor ek jou antwoord. Self gewonder of ek jou gaan
antwoord - en toe besluit om nie voots in die wind te slaan nie:-)
Want as ek jou nie kan antwoord nie, kan ek ook nie myself antwoord
nie, en ek het voorheen hier gesê dat dìt baie belangrik is vir my.

As enige iemand dit so maklik kon antwoord, sou jy nie eens die vraag
gevra het nie. En almal wat die vraag gaan probeer antwoord gaan
spekuleer, en daar is niks mee verkeerd nie. Ek dink daar is
gesofistikeerde radarstelsels op die berg. Langs dit is daar ook 'n
weermagkamp, en heelwaarskynlik is daar wapentuig
ook op die berg om ons teen 'n aanval vanuit die see te verdedig. Maar
nie eens die weermaghelikopters vlieg daaroor nie.
Natuurlik moet die ligtoring ook beskerm word.
Ek mag wonder maar ek mag nie op die berg, wat 'n paar honderd treë
hiervandaan is, klim, gaan kyk wat daar is en fotos daarvan neem nie.

Miskien woed daar steeds in die geesteswêreld 'n oorlog tussen magte
met ongekende kragte. Magte wat bose dinge op aarde laat gebeur.
Dinge wat somtyds toegelaat word soos regerings opposiepartye toelaat
om gate vir hulself te grawe.
In 'n terroriste oorlog word daar gepoog om die land waarom geveg
word, onbeheerbaar te maak - en die leiers teen wie geveg word,
skuldig daaraan te laat lyk. Maar nou praat ons van 'n oorlog wat die
terroriste nié gaan wen nié.

Miskien moet ons die woord "geloof' ook verstaan as iets wat deure na
die geestewêreld kan toe en oopsluit. Persoonlik dink ek dat daar meer
krag in die mens se geagtewêreld is as wat ons oooit sou kon dink.
En hier het ek in een enkele paragraaf iets gesê wat vir my meer
belangrik is as wat hierdie paar sinne dit sou laat blyk.
Omdat geloof belangrik is, word christene nie in glashuise met
pantserglas beskerm nie, want vanwaar dan die woord 'geloof?
Mense op aarde beleef 'n werklike normale gang met die belofte van
'eendag...'

Torreke het gesê dat daar 'n tydelike lewe is omdat daar 'n ewige lewe
is. En dat die tydelike lewe slegs 'n fase is in die Ewigheid. Iemand
het eendag aan 'n engel gevra waarom 'n klein seuntjie van 'n brug
afgeval en verdrink het. En die engel het die vraer op 'n reis in die
toekoms geneem en gewys waar die seuntjie 'n boosdoener sou word
as hy nie toe weggeneem was na 'n beter plek nie. En nee Ferdi, ek
weet nie hoekom alle rowers en moordenaars nie van brue afval
wanneer hulle nog klein is nie:-)

Daarmee sê ek net eintlik dat persoonlike beplanning eeue gelede al
gedoen is en dat daar vir elke induvidi (miskien) 'n persoonlike plan
uitgewerk is waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
wees om geestelik te kan groei.

>
> Laat ek verduidelik Dave. As God 'n God van liefde is, dan sal hy nie
> iemand wat hom lief het byvoorbeeld kreupel maak en oor jare pynlik
> laat sterf nie.
>
> Tog is daar mense wat God lief het, maar kreupel word en oor jare
> pynlik sterf (bv. spier- en senuwee-siektes).
>
> Is dit God wat dit aan hulle gedoen het?
> Is dit soos hy lief het? Sekerlik nie, want - om een rede te noem -
> daar is andere wat hom ook liefhet, maar ryklik beloon word. Dit dui
> op iets anders as ons aanvaar mense word pwrsoonlik beloon deur God
> vir die liefde wat hulle aan hom (haar?) betoon.
>
> Is dit dan die duiwel wat dit doen? Iemand buite God se beheer wat die
> mense so siek maak?
>
> Dis seker moontlik, maar dan is God nie almagtig nie, is hy? Want dan
> doen die duiwel soos hy lus het aan God se lieflinge!
>
> Kan jy dit sien? God van liefde en God wat almagtig is, is eenvoudig
> "mutually exclusive" wanneer ons by 'n gelowige kom wat bv. jonk deur
> parkinsons platgeslaan word.
>
> Maar die samevoeging van daardie twee dinge - liefde en almagtig - is
> natuurlik 'n maaksel van die priesters. Die manne in swart klere wat
> oor eeue al die kerke vir hul eie voorspoed en mag bestuur.
>
> Mense doen dit nou nog - hulle vat goed uit godsdiens of uit
> godsdienstige geskrifte en buig dit sodat dit HUL sieninge pas en
> ondersteun en dan dwing hulle neerbuiging tot daardie interpretasies
> af. En waar gaan die mag wat so verwerf is? Na hulle toe natuurlik.
>
> En wat doen hulle aan die wat nie wil neerbuig voor "God se siening"
> wat toevallig deur HULLE verwoord en beheer word? A! Hoor hoe kraak
> die brandstapels! Hoor hoe knal die selfmoordbomme!
>
>
> Dan se jy ook die volgende: "Ruimte-wetenskaplikes stem saam dat daar
> 'n Groter Inteligensie is." Ek sal baie graag wil hoor wie die
> wetenskaplikes is.

Ek kan nie onthou of daar 'n naam of name daaraan gekoppel was nie.

> En dan ook of jy dan nou sê dit MOET waar wees want wetenskaplikes sê
> so... want dan is jy bietjie in die poefies hier...
>
Aikôna, al wat ek sê is dat selfs mense wat soveel meer as ek weet (en
steeds nie veel nie natuurlik) sien dat dinge volgens beplanning werk.
Daar het nie slegs 'n ontploffing in 'n drukkery gebeur en toevallig,
toe alles wat in die lug opgeskiet het, weer aarde toe kom, val 'n
perfekte woordeboek inmekaar, nie.

>
> Dan sê jy voots: "En vir ons om Hom te probeer verstaan is buite perke
> arrogant" - nou Dave, is dit dan nie wat JY doen nie? Het ek jou reg
> verstaan toe jy gesê het jy kan sê wat in Openbaringe bedoel word?
>
As Openbaring vir ons sê dat daar in die laaste van tye van die
huidige bestel, 'n antchris sal wees wat sal probeer om die wêreld te
dwing om sy geloof te aanvaar, dan is dit tog duidelike taal, is dit
nie? En ek sê nie hiermee dat dit nou kort voor die wederkoms is nie.
Selfs Paulus het so gedink is die tyd waarin hy 'n groot deel van die
Nuwe Testament gedoen het. Ek kyk net na daardie woorde en ek sien die
ooreenkoms daarvan met wat die moslems doen.

> Verder: As "ons" nie "hom" kan verstaan nie, hoe durf jy dan godsdiens
> predik?? Jy durf mos nie 'n clue hê van wat God bedoel nie!!!!???
>

Maar jy ruk my woorde mos buite verband hier! Kyk na die foto wat ek
saamstuur. Daar is 'n ligtoring op die berg - en wanneer jy dit nader
kyk jy vir die ligtoring. En as dit donker is, weet jy steeds die
ingang is by die lig! En jy weet as jy instruksies volg sal jy nie jou
skip strand nie, maar veilg vaar - al weet jy nie wat alles op die
berg is nie, en al weet jy nie hoe dit alles werk nie, en al verstaan
jy nie die die tegniese werksaamhede van die radarstelsel wat jou lei
en rigting aangee nie. Dit is slegs as jy sou begin wonder of die
tegnici wat die ligtoring beheer weet wat hulle doen, en as jy wonder
of jy die instruksies moet uitvoer en die rigting moet volg wat jy
aangedui word... daar is rotse waartussen jy moet deurvaar.

NS.
Hierdie is nie poging tot 'n antwoord op wat jy gevra het nie, Ferdi.
Hierdie is meer neerpenning van my gedagtes na jou vraag, want ek is
ook antwoorde aan myself verskuldig.
En 'n beroep op jou om nie op verbode gebied waarvan jy niks verstaan
nie, te waag nie.

Dit is dan ook waarom dit nie opeenvolgend is nie, want ek het dit
neergeskryf soos dit opgekom het.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114430 is 'n antwoord op boodskap #114429] Wo, 29 Augustus 2007 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Aug 2007 13:48:27 +0200, Dave wrote:

> Daarmee sê ek net eintlik dat persoonlike beplanning eeue gelede al
> gedoen is en dat daar vir elke induvidi (miskien) 'n persoonlike plan
> uitgewerk is waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
> wees om geestelik te kan groei. >

Dis natuurlik die ander eeue oue kontradiksie: As ek vooruitbestem is,
why bother om ordentlik te leef?
En as ek nie is nie, why bother as well?

Aikôna, al wat ek sê is dat selfs mense wat soveel meer as ek weet (en
> steeds nie veel nie natuurlik) sien dat dinge volgens beplanning werk.
> Daar het nie slegs 'n ontploffing in 'n drukkery gebeur en toevallig,
> toe alles wat in die lug opgeskiet het, weer aarde toe kom, val 'n
> perfekte woordeboek inmekaar, nie.

Ek wil steeds weet watter ruimte-wetenskaplikes verwys jy na.

> Dan sê jy voots: "En vir ons om Hom te probeer verstaan is buite perke
>> arrogant" - nou Dave, is dit dan nie wat JY doen nie? Het ek jou reg
>> verstaan toe jy gesê het jy kan sê wat in Openbaringe bedoel word?

> As Openbaring vir ons sê dat daar in die laaste van tye van die
> huidige bestel, 'n antchris sal wees wat sal probeer om die wêreld te
> dwing om sy geloof te aanvaar, dan is dit tog duidelike taal, is dit
> nie?

Daar is natuurlik die wat sê die antichris was bloot die Romeinse
keisers van die tyd.

Maar in elk geval - hoe gaan ons die antichris herken?

En ek sê nie hiermee dat dit nou kort voor die wederkoms is nie.
> Selfs Paulus het so gedink is die tyd waarin hy 'n groot deel van die
> Nuwe Testament gedoen het. Ek kyk net na daardie woorde en ek sien die
> ooreenkoms daarvan met wat die moslems doen.
>
>> Verder: As "ons" nie "hom" kan verstaan nie, hoe durf jy dan godsdiens
>> predik?? Jy durf mos nie 'n clue hê van wat God bedoel nie!!!!???

>
> Maar jy ruk my woorde mos buite verband hier! Kyk na die foto wat ek
> saamstuur. Daar is 'n ligtoring op die berg - en wanneer jy dit nader
> kyk jy vir die ligtoring. En as dit donker is, weet jy steeds die
> ingang is by die lig! En jy weet as jy instruksies volg sal jy nie jou
> skip strand nie, maar veilg vaar - al weet jy nie wat alles op die
> berg is nie, en al weet jy nie hoe dit alles werk nie, en al verstaan
> jy nie die die tegniese werksaamhede van die radarstelsel wat jou lei
> en rigting aangee nie. Dit is slegs as jy sou begin wonder of die
> tegnici wat die ligtoring beheer weet wat hulle doen, en as jy wonder
> of jy die instruksies moet uitvoer en die rigting moet volg wat jy
> aangedui word... daar is rotse waartussen jy moet deurvaar.

Met ander woorde jy kan die ligtoring ken. En hoe maak jy die
afleidings om dit te ken en die rotse te vermy? Met jou LOGIESE
verstand. Met redelikheid. Met objektiewe afleidings.

NS.
> Hierdie is nie poging tot 'n antwoord op wat jy gevra het nie, Ferdi.
> Hierdie is meer neerpenning van my gedagtes na jou vraag, want ek is
> ook antwoorde aan myself verskuldig.
> En 'n beroep op jou om nie op verbode gebied waarvan jy niks verstaan
> nie, te waag nie.

1. As jy dit verstaan, kan ek mos ook?
2. As jy weet dis verbode, dan verstaan jy mos 'n belangrike deel
daarvan?

3. So, dis kenbaar.

4. Het God nie vir ons 'n logiese verstand gegee nie?

5. Ek weet van geen vermaning in die Bybel wat sê die mens mag nie sy
logiese verstand gebruik nie (om byvoorbeeld by 'n woordeboek uit te
kom, nê?)
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114432 is 'n antwoord op boodskap #114430] Wo, 29 Augustus 2007 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Aug 2007 14:41:56 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 29 Aug 2007 13:48:27 +0200, Dave wrote:
>
> > gedoen is en dat daar vir elke induvidi (miskien) 'n persoonlike plan
>> uitgewerk is waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
>> wees om geestelik te kan groei. >
>
> Dis natuurlik die ander eeue oue kontradiksie: As ek vooruitbestem is,
> why bother om ordentlik te leef?
> En as ek nie is nie, why bother as well?
>

Miskien lees jy my woorde met opset verkeerd, en miskien het jy dit
net nie mooi gelees nie. Ek het menige keer hier gesê dat ek nie dit
glo dat jou eindbestemming vooruitbepaal is nie. Ek het hesê dat
uitverkiesing wel bestaan maar dat die mens self die keuse doen
oor sy eie bestemming. Omdat God regverdig is.
Lees weer: "...om geestelik te kan groei."
Dink jy nie dat jou antwoord onvanpas is nie?

>
>
> Ek wil steeds weet watter ruimte-wetenskaplikes verwys jy na.
>
Ek weet nie. Het selfs vergeet waar ek dit gelees het.

> Daar is natuurlik die wat sê die antichris was bloot die Romeinse
> keisers van die tyd.
>
Is enigeen wat nie vir Chirstus is nie, en Sy werk probeer afbreuk nie
'n anitchris nie?

> Maar in elk geval - hoe gaan ons die antichris herken?
> As ek geweet het sou ek nie geraai het nie.
>
> > Selfs Paulus het so gedink is die tyd waarin hy 'n groot deel van die
>> Nuwe Testament gedoen het. Ek kyk net na daardie woorde en ek sien die
>> ooreenkoms daarvan met wat die moslems doen.

>>> Verder: As "ons" nie "hom" kan verstaan nie, hoe durf jy dan godsdiens
>>> predik?? Jy durf mos nie 'n clue hê van wat God bedoel nie!!!!???
>

>> Maar jy ruk my woorde mos buite verband hier! Kyk na die foto wat ek
>> saamstuur. Daar is 'n ligtoring op die berg - en wanneer jy dit nader
>> kyk jy vir die ligtoring. En as dit donker is, weet jy steeds die
>> ingang is by die lig! En jy weet as jy instruksies volg sal jy nie jou
>> skip strand nie, maar veilg vaar - al weet jy nie wat alles op die
>> berg is nie, en al weet jy nie hoe dit alles werk nie, en al verstaan
>> jy nie die die tegniese werksaamhede van die radarstelsel wat jou lei
>> en rigting aangee nie. Dit is slegs as jy sou begin wonder of die
>> tegnici wat die ligtoring beheer weet wat hulle doen, en as jy wonder
>> of jy die instruksies moet uitvoer en die rigting moet volg wat jy
>> aangedui word... daar is rotse waartussen jy moet deurvaar.
>

>>>> Met ander woorde jy kan die ligtoring ken. En hoe maak jy die
>>>> afleidings om dit te ken en die rotse te vermy? Met jou LOGIESE
>>>> verstand. Met redelikheid. Met objektiewe afleidings.
>
Yep! Jy's reg - en ek doen dit sonder om die kennis en vaardighede van
diegene wat my daarvandaan seine stuur te bevraagteken. En vir die
mense op die strand te skreeu dat hulle nie die seinwagters moet glo
nie. Ek sê nie vir die mense wat saam met my op die skip is dat die
ligte net op die water val en vra waarom die rotse nie ook verlig word
nie; want ek wil net op die water vaar en nie op die rotse nie. Ek is
slim genoeg om soos 'n kind te glo en te vaar waar dit vir my wys dit
veilig is.
>
> Hierdie is nie poging tot 'n antwoord op wat jy gevra het nie, Ferdi.
>> Hierdie is meer neerpenning van my gedagtes na jou vraag, want ek is
>> ook antwoorde aan myself verskuldig.
>> En 'n beroep op jou om nie op verbode gebied waarvan jy niks verstaan
>> nie, te waag nie.
>
> 1. As jy dit verstaan, kan ek mos ook?
> 2. As jy weet dis verbode, dan verstaan jy mos 'n belangrike deel
> daarvan?
>
> 3. So, dis kenbaar.
>
> 4. Het God nie vir ons 'n logiese verstand gegee nie?
>
> 5. Ek weet van geen vermaning in die Bybel wat sê die mens mag nie sy
> logiese verstand gebruik nie (om byvoorbeeld by 'n woordeboek uit te
> kom, nê?)

Alles wat jy hierbo sê is waar - maar dit is halwe waarhede, want die
muntstuk het 'n ander kant ook. Die kant wat sê dat jy nie vir die
kaptein op die skip kan belieg oor die ligte wat die seintoring
uitstraal nie. Dat jy nie vir die stuurman kan vertel dat die
ligte hom in die rigting van die rotse lei, as jy dit nie kan
bewys nie. As dieselfde ligte al vir duisende jare die
skepe lei en diegene wat nie die ligte voor hulle
het nie, die enigste is wat seerowers word.
Dan, kan jy dalk uitgekryt word as
anti-seinwagter te wees.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114441 is 'n antwoord op boodskap #114432] Do, 30 Augustus 2007 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Aug 2007 17:18:42 +0200, Dave wrote:

>> >> gedoen is en dat daar vir elke induvidi (miskien) 'n persoonlike plan
>>> uitgewerk is waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
>>> wees om geestelik te kan groei. >

>> Dis natuurlik die ander eeue oue kontradiksie: As ek vooruitbestem is,
>> why bother om ordentlik te leef?
>> En as ek nie is nie, why bother as well?

>
> Miskien lees jy my woorde met opset verkeerd, en miskien het jy dit
> net nie mooi gelees nie. Ek het menige keer hier gesê dat ek nie dit
> glo dat jou eindbestemming vooruitbepaal is nie. Ek het hesê dat
> uitverkiesing wel bestaan maar dat die mens self die keuse doen
> oor sy eie bestemming. Omdat God regverdig is.
> Lees weer: "...om geestelik te kan groei."
> Dink jy nie dat jou antwoord onvanpas is nie?

Ek lees nie opsetlik verkeerd nie. Ek respekteer actually eerlike
argumente soos die.
Daai eerste paragraaf (wat joune is) lyk vir my baie asof jy sê
bepalende toestande word geskep voor 'n mens besluite neem. En as dit
met voorbedagte rade geskep word deur 'n godheid, is dit mos bepalend
en dus at least ten dele vooruitbestemmend.

> Is enigeen wat nie vir Chirstus is nie, en Sy werk probeer afbreuk nie
> 'n anitchris nie?

Nie in die Openbaringe sin nie want daar wor die "koms van die
antichris" gekoppel aan baie bepalende gebeure.

>> Maar in elk geval - hoe gaan ons die antichris herken?

> As ek geweet het sou ek nie geraai het nie.>.

Dis my probleem met die antichris-gedagte-rigting. Dit was al baie
aangekondig en op sy slegste deur baie siniese mense wat agter
persoonlike mag aan was.

> 1. As jy dit verstaan, kan ek mos ook?
>> 2. As jy weet dis verbode, dan verstaan jy mos 'n belangrike deel
>> daarvan?

>> 3. So, dis kenbaar.

>> 4. Het God nie vir ons 'n logiese verstand gegee nie?

>> 5. Ek weet van geen vermaning in die Bybel wat sê die mens mag nie sy
>> logiese verstand gebruik nie (om byvoorbeeld by 'n woordeboek uit te
>> kom, nê?)
>
> Alles wat jy hierbo sê is waar - maar dit is halwe waarhede, want die
> muntstuk het 'n ander kant ook. Die kant wat sê dat jy nie vir die
> kaptein op die skip kan belieg oor die ligte wat die seintoring
> uitstraal nie. Dat jy nie vir die stuurman kan vertel dat die
> ligte hom in die rigting van die rotse lei, as jy dit nie kan
> bewys nie. As dieselfde ligte al vir duisende jare die
> skepe lei en diegene wat nie die ligte voor hulle
> het nie, die enigste is wat seerowers word.
> Dan, kan jy dalk uitgekryt word as
> anti-seinwagter te wees.

Oppas vir metafore meng met argumente want ek kan uitwys dat mens die
ligtoring se lig kan gaan meet. Dit is objektiewe meetbare fotone wat
daar uitskiet. Dis wetenskap. Terwyl jy praat van dinge wat NIE
wetenskaplik gemeet kan word nie. Ten minste nie vandag nie.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114453 is 'n antwoord op boodskap #114441] Do, 30 Augustus 2007 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2007 13:42:47 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 29 Aug 2007 17:18:42 +0200, Dave wrote:
>
>
> gelede al
>>>> gedoen is en dat daar vir elke induvidi (miskien) 'n persoonlike plan
>>>> uitgewerk is waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
>>>> wees om geestelik te kan groei. >
>
>>> Dis natuurlik die ander eeue oue kontradiksie: As ek vooruitbestem is,
>>> why bother om ordentlik te leef?
>>> En as ek nie is nie, why bother as well?
>

>> Miskien lees jy my woorde met opset verkeerd, en miskien het jy dit
>> net nie mooi gelees nie. Ek het menige keer hier gesê dat ek nie dit
>> glo dat jou eindbestemming vooruitbepaal is nie. Ek het hesê dat
>> uitverkiesing wel bestaan maar dat die mens self die keuse doen
>> oor sy eie bestemming. Omdat God regverdig is.
>> Lees weer: "...om geestelik te kan groei."
>> Dink jy nie dat jou antwoord onvanpas is nie?
>
> Ek lees nie opsetlik verkeerd nie. Ek respekteer actually eerlike
> argumente soos die.
> Daai eerste paragraaf (wat joune is) lyk vir my baie asof jy sê
> bepalende toestande word geskep voor 'n mens besluite neem. En as dit
> met voorbedagte rade geskep word deur 'n godheid, is dit mos bepalend
> en dus at least ten dele vooruitbestemmend.
>
Ek kies (nie altyd nie maar) gewoonlik my woorde versigtig, en 'n
ordentlike redenasievoering soos hierdie maak dit maklik moontlik.
Jy sou reg wees as ek nie die laaste deel bygevoeg het nie, maar die
laaste deel waarin ek sê
> waarin dit vir hom of haar die beste omstandighede sou
>>>> wees om geestelik te kan groei. >
verander my stelling kompleet. Verskille in persoonlikheidstipes het
verskillende reaksies tot gevolg ten opsigte van dieselfde
omstandighede wat dus sou beteken dat mense verskillend gehanteer moet
word om hulle in gelyke opsette te bring. Om geestelik te kàn groei
kon dus opgevolg word met 'as hulle wìl.'

> nie
>> 'n anitchris nie?
>
> Nie in die Openbaringe sin nie want daar wor die "koms van die
> antichris" gekoppel aan baie bepalende gebeure.
>
> Maar in elk geval - hoe gaan ons die antichris herken?
>
>> As ek geweet het sou ek nie geraai het nie.>.
>
> Dis my probleem met die antichris-gedagte-rigting. Dit was al baie
> aangekondig en op sy slegste deur baie siniese mense wat agter
> persoonlike mag aan was.
>

Maar wanneer Openbaring leer dat daar 'n era sal wees waarin
daar van almal verwag sal word om die antchris aan te hang ten einde
te kan voortbestaan, en ek lees in die media dinge soos

'Uzbekistan Christian Could Face Five Years in Prison for Hosting
Worship Services'
http://www.assistnews.net/Stories/2007/s07080220.htm

Antwerp Muslims Look to Ban Christmas Trees, Easter Eggs...
http://www.expatica.com/actual/article.asp?subchannel_id=24& amp;story_id=43107

Beheadings Used to Intimidate Iraqi Christians...
http://www.worldnetdaily.com/news/article.asp?ARTICLE_ID=571 86

Pakistani Christians Given Choice: Convert or Die...
http://www.asianews.it/index.php?l=en&art=10067&size =A

Iran Lashes Man for Carrying Bible...
http://www.iranfocus.com/modules/news/article.php?storyid=12 110

sien ek rede genoeg vir my stelling. Wat ek hierbo geplak het, is
slegs enkele berigte van vele waarna ek kan verwys. Ek dink egter dat
hierdie genoeg is om te verduidelik waarom ek sê dat dit vir my lyk
asof die moslem die antichris is waarvan die skrywer van Openbaring
vertel. Jy weet tog dat die moslem poog om sy godsdiens die
wêreldgodsdiens te maak. En nie deur dit te predik nie, maar deur
geweld.

>
>
> >> 2. As jy weet dis verbode, dan verstaan jy mos 'n belangrike deel
>>> daarvan?
>
>>> 3. So, dis kenbaar.
>
>>> 4. Het God nie vir ons 'n logiese verstand gegee nie?
>
>>> 5. Ek weet van geen vermaning in die Bybel wat sê die mens mag nie sy
>>> logiese verstand gebruik nie (om byvoorbeeld by 'n woordeboek uit te
>>> kom, nê?)

>> Alles wat jy hierbo sê is waar - maar dit is halwe waarhede, want die
>> muntstuk het 'n ander kant ook. Die kant wat sê dat jy nie vir die
>> kaptein op die skip kan belieg oor die ligte wat die seintoring
>> uitstraal nie. Dat jy nie vir die stuurman kan vertel dat die
>> ligte hom in die rigting van die rotse lei, as jy dit nie kan
>> bewys nie. As dieselfde ligte al vir duisende jare die
>> skepe lei en diegene wat nie die ligte voor hulle
>> het nie, die enigste is wat seerowers word.
>> Dan, kan jy dalk uitgekryt word as
>> anti-seinwagter te wees.
>
> Oppas vir metafore meng met argumente want ek kan uitwys dat mens die
> ligtoring se lig kan gaan meet. Dit is objektiewe meetbare fotone wat
> daar uitskiet. Dis wetenskap. Terwyl jy praat van dinge wat NIE
> wetenskaplik gemeet kan word nie. Ten minste nie vandag nie.
>

Ek is bewus daarvan dat ek, wat lief is om vergelykings te tref dmv
beeldspraak. vergelykings gebruik het wat absoluut te aards is vir wat
ek wou sê. Ek het in die middel sewentigs eendag oor Pelindaba gevlieg
wat beperkte gebied is, en niemand het my daaroor gekontak of self net
per radio daarop gewys dat ek oor beperkte gebied vlieg nie. My
vergelyking was miskien baie aards maar tog dink ek het ek gesê wat ek
wou sê; dat daar plekke is wat vir ons beperkte gebied is. Plekke en
dinge wat ons nie nou al veronderstel is om die redes te verstaan nie.
Ek sê meer daarmee. Ek sê dat woorde geuiter, hang erens in die lug.
Natuurlik kan jy sê askies, jy het dit nie so bedoel nie. En natuurlik
sal jy ge-askies word. Maar steeds bestaan daardie woorde erens.
Jy kan dit nie uitvee nie. Dit is tog waar die uitdrukking vandaan kom
van 'ek wou my tong afby na ek dit gesê hett'. Almal van ons het al
dinge gesê waaroor ons spyt is. En om roekeloos te praat van die
hiernamaals is vir my verbode gebied. Dit is wat ek daarby sê.

Ek sal tot Maandag baie ongereeld hier inloer omdat ons gisteraand
kuiermense gekry het. Die volgende dae is kuier en reelings tref vir
'n skopboks (kickboxing) geveg by Howard College by die Universiteit
van Natal. Daarna die geveg en dan verder kuier tot Maandag toe.
Na Maandag sal dinge weer soos gewoonlik wees - intussen sal ek
by ongereelde tye hier wees.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114460 is 'n antwoord op boodskap #114453] Vr, 31 Augustus 2007 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2007 21:24:42 +0200, Dave wrote:

>
> Ek sal tot Maandag baie ongereeld hier inloer omdat ons gisteraand
> kuiermense gekry het. Die volgende dae is kuier en reelings tref vir
> 'n skopboks (kickboxing) geveg by Howard College by die Universiteit
> van Natal. Daarna die geveg en dan verder kuier tot Maandag toe.
> Na Maandag sal dinge weer soos gewoonlik wees - intussen sal ek
> by ongereelde tye hier wees.
>
>
>
>
>

Die SA's is môre so vandag word voorberei en ingeweeg ens.
Laaste werk word sommer in die parkeerare gedoen.
Die foto het ek 'n paar minute gelede geneem.

http://images5.fotopic.net/?iid=yoxvp9&outx=600&nore size=1&nostamp=1
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114464 is 'n antwoord op boodskap #114453] Vr, 31 Augustus 2007 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2007 21:24:42 +0200, Dave wrote:

> sien ek rede genoeg vir my stelling. Wat ek hierbo geplak het, is
> slegs enkele berigte van vele waarna ek kan verwys. Ek dink egter dat
> hierdie genoeg is om te verduidelik waarom ek sê dat dit vir my lyk
> asof die moslem die antichris is waarvan die skrywer van Openbaring
> vertel. Jy weet tog dat die moslem poog om sy godsdiens die
> wêreldgodsdiens te maak. En nie deur dit te predik nie, maar deur
> geweld.

Klink vir my net soos die Katolieke kerk...
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114465 is 'n antwoord op boodskap #114460] Vr, 31 Augustus 2007 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 31 Aug 2007 12:45:26 +0200, Dave wrote:

> Die SA's is môre so vandag word voorberei en ingeweeg ens.
> Laaste werk word sommer in die parkeerare gedoen.
> Die foto het ek 'n paar minute gelede geneem.
>
> http://images5.fotopic.net/?iid=yoxvp9&outx=600&nore size=1&nostamp=1

Hei! Ek het nie geweet jy is 'n dogtertjie nie!
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114475 is 'n antwoord op boodskap #114465] Sa, 01 September 2007 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 31 Aug 2007 15:56:48 +0200, Ferdi wrote:

> On Fri, 31 Aug 2007 12:45:26 +0200, Dave wrote:
>
> > http://images5.fotopic.net/?iid=yoxvp9&outx=600&nore size=1&nostamp=1
>
>
> Hei! Ek het nie geweet jy is 'n dogtertjie nie!

As oom Ferdi dit nou nog nie geweet het nie, is jy ok mar staarag!
Anyway, na vandag (nee gister, dit is nou na middernag:-) is ek die
beste in die land! Hierdie is twee SA Kampioenskap Diplomas!

http://images3.fotopic.net/?iid=yojr7b&outx=600&nore size=1&nostamp=1
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114496 is 'n antwoord op boodskap #114475] Vr, 07 September 2007 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
>
> As oom Ferdi dit nou nog nie geweet het nie, is jy ok mar staarag!

Ek het dit sowaar ook nie geweet nie. Nou moet ek al jou 'postings'
gaan oorlees!

> Anyway, na vandag (nee gister, dit is nou na middernag:-) is ek die
> beste in die land! Hierdie is twee SA Kampioenskap Diplomas!
>
> http://images3.fotopic.net/?iid=yojr7b&outx=600&nore size=1&nostamp=1

Baie, baie geluk. Ek kan nie die foto's sien nie ('direct linking' glo
nie toegelaat nie) maar dit is regtig iets om oor te breg.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114498 is 'n antwoord op boodskap #114496] Vr, 07 September 2007 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 07 Sep 2007 01:17:43 -0700, Koot wrote:

>
> Dave wrote:

>> As oom Ferdi dit nou nog nie geweet het nie, is jy ok mar staarag!
>
> Ek het dit sowaar ook nie geweet nie. Nou moet ek al jou 'postings'
> gaan oorlees!
>
>> Anyway, na vandag (nee gister, dit is nou na middernag:-) is ek die
>> beste in die land! Hierdie is twee SA Kampioenskap Diplomas!

>> http://images3.fotopic.net/?iid=yojr7b&outx=600&nore size=1&nostamp=1
>
> Baie, baie geluk. Ek kan nie die foto's sien nie ('direct linking' glo
> nie toegelaat nie) maar dit is regtig iets om oor te breg.

Moet nie alles glo wat jy lees nie, Oom Koot. Ek het Ferdi se
speels/sarkastiese (?) vraag op dieselfde trant beantwoord.
Spreek my maar aan as 'Sensei'.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114499 is 'n antwoord op boodskap #114464] Vr, 07 September 2007 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 31 Aug 2007 15:53:21 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 30 Aug 2007 21:24:42 +0200, Dave wrote:
>
>
> > slegs enkele berigte van vele waarna ek kan verwys. Ek dink egter dat
>> hierdie genoeg is om te verduidelik waarom ek sê dat dit vir my lyk
>> asof die moslem die antichris is waarvan die skrywer van Openbaring
>> vertel. Jy weet tog dat die moslem poog om sy godsdiens die
>> wêreldgodsdiens te maak. En nie deur dit te predik nie, maar deur
>> geweld.
>
> Klink vir my net soos die Katolieke kerk...
>

Ferdi, langs die pad het ek 'n 'image' herinstalleer op my rekenaar
en jou oorspronklike roekelose pos is nie meer daar om te quote nie.
As dit steeds daar was, sou ek dit buitendien nie eens aangehaal het
nie, maar...

teen die tyd is die sienings met betrekking tot geloof van Torreke
sowel as myself geen geheim nie. Ook Riaan maak geen geheim van sy
geloof nie. Selfs die ateïste in die groep spreek hulselfs as sulks
uit. Die Boediste erken openlik hul ongeloof.

Wat glo jy Ferdi, betreffende die Hiernamaals?
Siende dat jy 'n redenasie ontlok het, is dit niks minder as reg dat
jy jou ook uitspreek daaroor, nie.

Dawie
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114526 is 'n antwoord op boodskap #114499] Ma, 10 September 2007 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 07 Sep 2007 18:24:37 +0200, Dave wrote:

> Ferdi, langs die pad het ek 'n 'image' herinstalleer op my rekenaar
> en jou oorspronklike roekelose pos is nie meer daar om te quote nie.
> As dit steeds daar was, sou ek dit buitendien nie eens aangehaal het
> nie, maar...
>
> teen die tyd is die sienings met betrekking tot geloof van Torreke
> sowel as myself geen geheim nie. Ook Riaan maak geen geheim van sy
> geloof nie. Selfs die ateïste in die groep spreek hulselfs as sulks
> uit. Die Boediste erken openlik hul ongeloof.
>
> Wat glo jy Ferdi, betreffende die Hiernamaals?
> Siende dat jy 'n redenasie ontlok het, is dit niks minder as reg dat
> jy jou ook uitspreek daaroor, nie.
>
> Dawie

07 September 2007 geskryf.
Ons wag nog op jou antwoord, Ferdi.
Re: Soos Geskryf - berg.jpg (0/1) [boodskap #114553 is 'n antwoord op boodskap #114498] Di, 11 September 2007 11:01 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
> On Fri, 07 Sep 2007 01:17:43 -0700, Koot wrote:
>
>>
>> Dave wrote:
> Moet nie alles glo wat jy lees nie, Oom Koot. Ek het Ferdi se
> speels/sarkastiese (?) vraag op dieselfde trant beantwoord.
> Spreek my maar aan as 'Sensei'.

Sjoe, dis 'n verligting. Sensei.

Ons gebruik dieselfde term vir 'n leermeester in lean manufacturing.
Nie geweet skopboks is Japanees nie.
Vorige onderwerp: Re: Bloopers
Volgende onderwerp: Nuwe ou woord:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:31:44 MGT 2024