Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kolonialisme & Apartheid...
Kolonialisme & Apartheid... [boodskap #114256] Di, 31 Julie 2007 22:17 na volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Kolonialisme en apartheid : die groot welvaartskeppers vir
swartmense

Geskryf deur Anton Barnard

Dinsdag, 31 Julie 2007

Suid-Afrika ly tans onder wydverspreide ontevredenheid oor
swak dienslewering. Op byna 'n daaglikse basis word paaie
versper of buitebande aan die brand gesteek in protes teen
die regime se onvermoë om die mees basiese dienste aan
die bevolking te verskaf. Die oorsake hiervan is legio.

Politieke boeties van die ANC word byvoorbeeld op grond
van verbintenisse met die regime asook velkleur in poste
aangestel wat ver bokant hul vuurmaakplek is. Nes baie
van die ander lede van die ANC-regime blameer president
Mbeki egter telkens apartheid of kolonialisme vir die be-
wind se eie onbekwaamheid. Só byvoorbeeld het hy weer
die pas afgelope naweek apartheid geblameer vir agter-
stande in dienslewering.

Een van die syfers wat Mbeki telkens opper in sy pogings
om welverdiende kritiek af te weer, is die sogenaamde 350
jaar van kolonialisme. Bostaande syfer word ook telkens in
die pers aangehaal, en is vermoedelik afkomstig van die jaar
van Van Riebeeck se aankoms in die Kaap, 1652.

Die syfer van 350 jaar word bykans altyd in die konteks van
veral swartmense se sogenaamde onderdrukking aangehaal.

Ek wonder tog hoekom die redaksie van die hoofstroompers
skynbaar te bang is om kritiese denke aan die dag te lê oor
sienings soos bogaande. Hoekom skryf Tim du Plessis nie
vir 'n slag 'n redaksionele stuk wat uitwys hoe foutief bo-
staande redenasie is nie ?

Jan van Riebeeck het weliswaar 350 jaar gelede aan die Kaap
geland, maar van 350 jaar van koloniale onderdrukking van spe-
sifiek swartmense kan daar geen sprake wees, as mens his-
toriese realiteite in ag neem nie. Let op dat dit veral swartmen-
se is wat glo so geknel is deur "350 jaar" van kolonialisme en
apartheid.

Bruinmense, alhoewel hulle glo ook "voorheen benadeel" was,
suig dikwels aan die agterspeen in die huidige bestel. Xhosas
word byvoorbeeld bo bruines verkies wanneer dit by behuising
kom, al woon die bruines baie langer as Xhosas in die buurt.

Die kolonie aan die Kaap was eerstens aanvanklik klein en
grootliks beperk tot die Kaapse Skiereiland, met latere uit-
breiding na die Kaapse binneland en Suidkaapse kusstreek.

Tweedens was die plaaslike Khoikhoi, die Strandlopers en
Hottentotte (let wel, nie swartmense nie), beide relatief laag
in getalle asook ongeneë om handearbeid te verrig, wat die
setlaars genoop het om arbeid uit plekke soos Maleisië in
te voer.

Enige "onderdrukking" van die plaaslike bevolking moes der-
halwe van 'n beperkte omvang gewees het. Of daar sprake
kan wees van die grootskaalse onteiening van nomadiese
mense soos die Strandlopers se grond, is debatteerbaar.

Het 'n Strandloper (let op die nomadiese strekking van die
naam) ooit lank genoeg op 'n bepaalde plek gebly om op
eiendomsreg aanspraak te kan maak ?

Daar was veral in die vroeë jare van die Kolonie min of geen
impak op swartmense nie. Die Karoo het 'n natuurlike grens
gevorm wat verdere uitbreiding na die noorde en ooste beperk
het. Dit het ook swartmense verhoed om die Weskaap binne
te gaan.

Tot relatief onlangs was daar eenvoudig min of geen swart-
mense in die Weskaap nie, en was die eerste kontak tussen
die setlaars en swartmense dié met die Xhosas op die Oos-
grens, sowat 800km van die oorspronklike nedersetting in
Kaapstad.

Die kontak het ook nie onmiddellik oorgegaan in die sogenaam-
de onderdrukking van swartmense nie, aangesien daar 'n uitge-
rekte fase van konflik tussen die Xhosas en die setlaars was, 'n
soort skaakmatsituasie waartydens die Oosgrens aan die Vis-
rivier redelik staties gebly het.

Tot so laat as die twintigste eeu is die Xhosas in die Ooskaap in
relatiewe vrede gelaat, met die totstandkoming van die Transkei -
en Ciskeituislande. Die agterlikheid van bogenoemde gebiede,
selfs vandag nog, spreek natuurlik boekdele oor hoe kolonialis-
me nie vir swart armoede geblameer kan word nie.

Die grootskaalse kolonisering van die binneland en kontak met
swartmense het eers waarskynlik met die Groot Trek begin, wat
nie 350 jaar gelede nie maar sowat 170 jaar gelede 'n aanvang
geneem het, rondom 1835.

Selfs die Groot Trek was egter iets wat vandag nie veel aandag
sou trek nie. Daar is skattings dat die Groot Trek slegs 12000
deelnemers ingesluit het, oftewel soveel mense as wat in 'n klei-
nerige dorpie soos Ventersburg woon. Ventersburg is 'n dorpie
waardeur mens binne een minuut kan ry op pad Kaapstad toe.

Watter impak in terme van grootskeepse "onderdrukking" van die
plaaslike bevolking twaalf duisend mense op 'n gebied van driemil-
joen vierkante kilometer (Suidelike Afrika) kon maak, is ook debat-
teerbaar.

Die prentjie wat egter deesdae voorgehou word van trekboere wat
die plaaslike bevolking voor die voet uitgemoor het en brutaal hul
grond by hulle afgeneem het, is eenvoudig onwaar.

Die Voortrekkers het inteendeel dikwels grond bekom deur mid-
del van onderhandelinge met die plaaslike bevolking. Piet Retief
is byvoorbeeld vermoor juis tydens 'n proses van onderhandeling
met Dingaan oor grond.

Die verhouding tussen die Voortrekkers was ook geensins altyd
dié van verdrukker teenoor verdrukte nie. In Hermann Gilliomee
se boek oor die Afrikaners, word daar selfs vertel van Voortrek-
kers wat verkies het om eerder onder die heerskappy van 'n
swart koning, Moshoeshoe, as onder die Britse vorstehuis te
leef.

Daar was voorts dikwels geen plaaslike bevolking om mee te on-
derhandel oor grond nie - daar was met ander woorde groot ge-
biede wat bykans geen menslike bevolking gehad het nie.

Die Hoëveldstreek was byvoorbeeld yl bevolk as gevolg van die
volksmoord onder swartes bekend as die Mfekane, iets wat liefs
deur die ANC verswyg word as synde die moorddadige uitwissing
van swartes deur ander swartes.

Volgens ANC-propaganda is swartes altyd die slagoffers en blan-
kes die boosaards, maar die geskiedenis van die Mfekane vertel
'n heel ander verhaal. Waar daar wel kontak was tussen Trekkers
en die plaaslike bevolking, is die Trekkers se grond óf deur onder-
handelinge óf deur 'n gewapende stryd bekom, maar weer eens
was gewapende konflik beperk tot 'n handjievol insidente.

Die voor-die-handliggende vraag is egter wat sou gebeur het, was
dit nie vir die kolonisering van die binneland nie. Wat die onbevoeg-
de Mbeki en sy ewe onbevoegde kamerade in sy regime gerieflik
ignoreer, is die realiteit van die beskawingspeil van die swartmen-
se wat die Voortrekkers en ander setlaars teëgekom het .

Daar is amper 'n ongeskrewe aanvaarding van 'n "feit" vanuit die
Mbeki-koor, naamlik dat swartmense voor 1835 in een of ander
idilliese toestand geleef het. As dit nie vir kolonialisme was nie
sou hierdie mense vandag, nes die Suid-Koreane, 'n internasio-
nale mag wees om mee rekening te hou, lui hierdie drogredena-
sie. Dit is bloot kolonialisme en apartheid wat hulle "teruggehou"
het.

Bostaande is natuurlik snert en die teendeel is waar.

Gemeet aan Westerse norme, sou die lot van swartmense vandag
sonder kolonialisme uiters haglik gewees het. Die lot van heden-
daagse swartmense word dikwels aan Westerse norme gemeet,
byvoorbeeld aan die hand van hul toegang tot Westerse uitvindsels
soos spoelriolering, iets wat die Romeine reeds in Pompei gehad
het.

Die mense wat die Voortrekkers egter aangetref het, was grootliks
primitiewe trekboere wat geen konsep van die wiel, die skarnier, die
geskrewe woord of allopatiese medisyne gehad het nie. Was hierdie
mense dus in moderne terme agterlik oftewel "onderdruk", as gevolg
van kontak met die Voortrekkers, of ten spyte daarvan? Die antwoord
is duidelik laasgenoemde.

In 1900 was daar slegs sowat 3 miljoen swartmense, onder andere
omdat trekboerdery en die gebrek aan gesofistikeerde landbouteg-
nieke nie 'n groter bevolking kon ondersteun nie, en ook omdat 'n
volslae gebrek aan kennis oor effektiewe sanitasie en selfs die
mees basiese mediese kennis geheel en al ontbreek het by die
swart bevolking.

Sonder kolonialisme en die beskawende invloed van kontak met
Westerlinge sou hierdie mense vandag steeds in uiterste ellende
geleef het, veral gemeet aan Westerse standaarde, bloot omdat
hulle vir derduisende jare vóór 1652 geen teken getoon het dat
hulle 'n gevorderde, tegnologiese beskawing kon bou nie.

Swartes was voor kontak met blankes uitgelewer aan siektes soos
malaria asook onmagtig om hulself teen droogtes te verweer, omdat
hulle geen kennis van besproeiing gehad het nie.

Was dit nie vir sendelinge en koloniseerders nie, sou Suider-Afrika
se swart bevolking waarskynlik vandag nog nie veel meer as drie
miljoen gewees het nie.

Die impak van beide kolonialisme en apartheid was weliswaar dra-
maties, maar in 'n totaal ander sin as wat Mbeki en sy trawante
probeer voorgee. Dit was dramaties positief vir die inheemse be-
volking.

Binne 'n honderd jaar vanaf 1900 het die "onderdrukte" bevolking
ontplof en vertiendubbel, tot op sy huidige vlak van meer as 35
miljoen.

Die ware nalatenskap van kolonialisme en apartheid, anders as
wat die ANC-regime wil te kenne gee, was en is 'n ongekende
bevolkingsontploffing en 'n enorme toename in welvaart vir die
naturelle, iets wat nooit moontlik sou gewees het sonder die
hulp van Westerlinge soos die Voortrekkers nie.
Re: Kolonialisme & Apartheid... [boodskap #114257 is 'n antwoord op boodskap #114256] Wo, 01 Augustus 2007 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Jim Again..." wrote in message
news:1185920246.827417.78930@d55g2000hsg.googlegroups.com...
Kolonialisme en apartheid : die groot welvaartskeppers vir
swartmense

Die impak van beide kolonialisme en apartheid was weliswaar dra-
maties, maar in 'n totaal ander sin as wat Mbeki en sy trawante
probeer voorgee. Dit was dramaties positief vir die inheemse be-
volking.

Hulle was nog nog nooit "inheems" nie. Hulle het ook uit donker Afrika suid
getrek.
Re: Kolonialisme & Apartheid... [boodskap #114452 is 'n antwoord op boodskap #114257] Do, 30 Augustus 2007 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
> Hulle was nog nog nooit "inheems" nie. Hulle het ook uit donker Afrika
> suid getrek.

Luister na SAFM. Moet asb. nie sulke goed kwytraak nie. Hule was hier al die
pad! Dis net ons wat baie later gekom het. Geskiedenis begin toe hulle hier
was. Niks voor dit nie! (volgens SAFM)

>
Re: Kolonialisme & Apartheid... [boodskap #114454 is 'n antwoord op boodskap #114452] Do, 30 Augustus 2007 19:32 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2007 20:35:37 +0200, "Alwyn Van Rooyen"
wrote:

>> Hulle was nog nog nooit "inheems" nie. Hulle het ook uit donker Afrika
>> suid getrek.
>
> Luister na SAFM. Moet asb. nie sulke goed kwytraak nie. Hule was hier al die
> pad! Dis net ons wat baie later gekom het. Geskiedenis begin toe hulle hier
> was. Niks voor dit nie! (volgens SAFM)
>
>

>

Geskiedenis verander met die tyd, onthou. Geskiedenis is in boeke
geskryf en boeke kan oorgeskryf word. Voorgeskrewe boeke vir die skool
hang af van hoe die geskiedenis daarin verhaal word. Wat die
geskiedenis vertel, hang af wie die bibliotekaris is, en die nuwe
biblioteek is al in 1994 geopen.
Vorige onderwerp: soc.culture.south-africa
Volgende onderwerp: Manlik of vroulik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:20:14 MGT 2024