Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Torreke
Torreke [boodskap #114324] Vr, 17 Augustus 2007 07:06 na volgende boodskap
Batisda  is tans af-lyn  Batisda
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
regtig is. Het hy dit toe gedoen ?
Re: Torreke [boodskap #114329 is 'n antwoord op boodskap #114324] Vr, 17 Augustus 2007 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 00:06:05 -0700, PW wrote:

> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?

Wie is jy regtig?
Re: Torreke [boodskap #114333 is 'n antwoord op boodskap #114324] Vr, 17 Augustus 2007 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 00:06:05 -0700, PW wrote:

> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?

Stel die voorbeeld en sê wie is jy.
Re: Torreke [boodskap #114335 is 'n antwoord op boodskap #114324] Vr, 17 Augustus 2007 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"PW" skryf in boodskap news:1187334365.854328.56270@22g2000hsm.googlegroups.com...
> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?

Nee, ek het nie gesê ek gaan sê wie ek regtig is nie, ek het gesê dat daar
taamlike groot verskuiwinge in my lewe beplan en as dit afgehandel is, ek
dalk moontlik sal sê wie ek is.

Ek het ook gesê miskien pas dit my om nie te sê wie ek regtig is nie.

Op hierdie stadium pas dit my om steeds my mombakkies te dra.

Torreke
Re: Torreke [boodskap #114340 is 'n antwoord op boodskap #114335] Sa, 18 Augustus 2007 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Nee, ek het nie ges? ek gaan s? wie ek regtig is nie, ek het ges? dat daar
> taamlike groot verskuiwinge in my lewe beplan en as dit afgehandel is, ek
> dalk moontlik sal s? wie ek is.
>
> Ek het ook ges? miskien pas dit my om nie te s? wie ek regtig is nie.
>
> Op hierdie stadium pas dit my om steeds my mombakkies te dra.

Ek kan nie verstaan hoekom jy sê dat jy 'n mombakkies
dra nie. Ons ken jou alleen as Torreke, en ons ken jou
taamlik goed deur die dinge wat jy sê, en die manier
waarop jy dit sê. Wat jou werklike naam is, wat jou
werklike professie is, is eintlik van baie min belang.
Tensy jy nou 'n beroemde SA persoon is, en
aanneem dat almal geskok sal wees dat Pieter-Dirk
Uys nou as Torreke op die nuusgroep geskryf het,
is dit tog van baie min belang "wie jy werklik is."
So gaan aan as Torreke, en skryf oor dinge
waarin jy belangstel. Ons hou van jou as Torreke.
Gloudina
Re: Torreke [boodskap #114347 is 'n antwoord op boodskap #114340] Ma, 20 Augustus 2007 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf in boodskap news:1187480163.275971.15310@50g2000hsm.googlegroups.com...
"Torreke" skryf

> Nee, ek het nie gesê ek gaan sê wie ek regtig is nie, ek het gesê dat daar
> taamlike groot verskuiwinge in my lewe beplan en as dit afgehandel is, ek
> dalk moontlik sal sê wie ek is.
>
> Ek het ook gesê miskien pas dit my om nie te sê wie ek regtig is nie.
>
> Op hierdie stadium pas dit my om steeds my mombakkies te dra.

Ek kan nie verstaan hoekom jy sê dat jy 'n mombakkies
dra nie. Ons ken jou alleen as Torreke, en ons ken jou
taamlik goed deur die dinge wat jy sê, en die manier
waarop jy dit sê. Wat jou werklike naam is, wat jou
werklike professie is, is eintlik van baie min belang.
Tensy jy nou 'n beroemde SA persoon is, en
aanneem dat almal geskok sal wees dat Pieter-Dirk
Uys nou as Torreke op die nuusgroep geskryf het,
is dit tog van baie min belang "wie jy werklik is."
So gaan aan as Torreke, en skryf oor dinge
waarin jy belangstel. Ons hou van jou as Torreke.
Gloudina

Dankie, Gloudina.
Die woord "mombakkies" was maar so bietjie tong in die kies gesê. Nee, ek
is nie 'n beroemde persoon nie, nog nie! My hele lewe staan in die diens
van ander; tot dusver was my impak nie baie wyd nie, maar met wat ek nou
beplan, sal dit gou baie wyd uitkring. Maar dat ek in die nie te verre
toekoms waarskynlik baie bekend in SA gaan wees en moontlik ver buite die
land, voedl ek seker oor. As dit verwaand klink, dis gladnie so bedoel nie.
My gebed is dat hoe belangriker ek in die oë van ander mense word, hoe
onbelangriker wil ek in my eie oë wees. Dis juis een van die redes waarom
ek sê dat ek dalk moontlik nooit my regte naam hier sal sê nie - dalk altyd
hier net as Torreke bekend sal wil wees al ken almal wat hier kuier my dalk
daarbuite onder 'n ander naam.
Re: Torreke [boodskap #114355 is 'n antwoord op boodskap #114329] Di, 21 Augustus 2007 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Batisda  is tans af-lyn  Batisda
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
On Aug 17, 10:21 am, Dave wrote:
> On Fri, 17 Aug 2007 00:06:05 -0700, PW
> wrote:
>
>> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
>> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?
>
> Wie is jy regtig?

eks pw
Re: Torreke [boodskap #114356 is 'n antwoord op boodskap #114355] Di, 21 Augustus 2007 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Aug 2007 04:14:58 -0700, PW wrote:

> On Aug 17, 10:21 am, Dave wrote:
>> On Fri, 17 Aug 2007 00:06:05 -0700, PW
>> wrote:

>>> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
>>> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?

>> Wie is jy regtig?
>
> eks pw

Nee jy pos sporadies van die Woodland Estate in Pretoria af en skuil
agter 'n vals naam.
Re: Torreke [boodskap #114357 is 'n antwoord op boodskap #114355] Di, 21 Augustus 2007 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Aug 2007 04:14:58 -0700, PW wrote:

> On Aug 17, 10:21 am, Dave wrote:
>> On Fri, 17 Aug 2007 00:06:05 -0700, PW
>> wrote:

>>> Torreke het so jaar of twee gelede gese hy gaan vir ons se wie hy
>>> regtig is. Het hy dit toe gedoen ?

>> Wie is jy regtig?
>
> eks pw

Terug by die huis en die eerste brief wat ek oopmaak is die verdraaide
brief van jou. As jy aan nuusgroepe wil deelneem sal jy moet leer om
nie misleidings te plaas en die mense onder vals indrukke te bring
nie.

Ek gaan nie eens terug om te kyk wat alles geskryf is nie maar die
brief onthou ek baie goed. Waarom probeer jy mense onder die indruk
bring dat dit ek is wat daardie brief geskryf het en dat ek aan jou
gevra het wie jy is? Ek weet dat jy dit nie hier sê nie maar jou
skrywe sal enige iemand wat soos ek nie argiewe lees nie, onder
daardie indruk bring. En dìt na ek jou verdedig het in reaksie op
daardie vraag. Ek dink nie dat jy dit met opset gedoen het nie, maar
dit is geen verskoning om my naam bo daardie brief te plak nie.
Re: Torreke [boodskap #114358 is 'n antwoord op boodskap #114347] Do, 23 Augustus 2007 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:082dnelSVKswB1TbRVnyuQA@saix.net...
> Die woord "mombakkies" was maar so bietjie tong in die kies gesê. Nee, ek
> is nie 'n beroemde persoon nie, nog nie! My hele lewe staan in die diens
> van ander; tot dusver was my impak nie baie wyd nie, maar met wat ek nou
> beplan, sal dit gou baie wyd uitkring. Maar dat ek in die nie te verre
> toekoms waarskynlik baie bekend in SA gaan wees en moontlik ver buite die
> land, voedl ek seker oor. As dit verwaand klink, dis gladnie so bedoel
> nie.
-----Hehe. Jy klink soos 'n patente-ontwerper wat in sy volgende 'groot'
produk glo! Ken dáái storie......
Re: Torreke [boodskap #114362 is 'n antwoord op boodskap #114358] Vr, 24 Augustus 2007 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> -----Hehe. Jy klink soos 'n patente-ontwerper wat in sy volgende 'groot'
> produk glo! Ken dáái storie......

Luister, sandpoeper, jy het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie.
Re: Torreke [boodskap #114364 is 'n antwoord op boodskap #114362] Sa, 25 Augustus 2007 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:UOednWVk29cCblPbnZ2dnUVZ8s2mnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> -----Hehe. Jy klink soos 'n patente-ontwerper wat in sy volgende
>> 'groot' produk glo! Ken dáái storie......
>
> Luister, sandpoeper, jy het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie.

-----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie? Ons groot
skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig en dan doen
hy presies dieselfde! Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees. Nou kan ek my jou al mooi
voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes uitdink vir jou sterdom en
beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie eintlik wil hê nie, maar móét vat
want jy kan nou nie eintlik anders nie].
As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
nie?
Re: Torreke [boodskap #114366 is 'n antwoord op boodskap #114364] Sa, 25 Augustus 2007 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>
> -----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie?

Nee, Sandpoeper, jy't geen senuwee raakgeboor nie, jy't gewoon in suidwes se
droë sand geboor!!!

> Ons groot skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig
> en dan doen hy presies dieselfde!

Nee, wat, hiermee skiet jy ook mis. "Sandpoeper" beskou ek as geen
belediging nie. Jy't nou die dag vir my beduie as ek julle Suidwesters
verstaan het, sou ek verstaan het dat julle maar so met die drolle in die
mond rondloop. Nou as jy grootgeword het waar ek grootgeword het, sou jy
geweet het dat hulle iemand wat baie kort is, in daardie omgewing 'n
"sandpoeper" noem. Ek het dit maar net bietjie in oordragtelik sin gebruik
vir iemand wat baie kort van insig is.

Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees.

Nou probeer jy hard om my na te boots, maar dit slaag nie. Ek lag vir
jou...!!!

> Nou kan ek my jou al mooi voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes
> uitdink vir jou sterdom en beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie
> eintlik wil hê nie, maar móét vat want jy kan nou nie eintlik anders nie].
> As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
> nie?

Hier's ons by die kern van die saak. Jy kan vrek van nuuskierigheid! Jy
wil so graag weet wat die ou met die gorrelgrade het wat jy nie het nie. Ek
sal jou sê, Sandpoeper... Nie dat ek jou nie alreeds gesê het nie! Ek dink
so ver buitekant die boksies uit dat jy nie eers amper kan byhou nie!! Nie
omdat jy nie die verstand het nie! - want jy't oorgenoeg! - maar omdat jy so
vasgevang is binne die rigiede wette van die wiskunde, fisika en chemie, dat
dit onmoontlik is vir jou om enigiets buitekant dit te kan raaksien.

Daarom het jy my opmerking oor ongevraagde erkenning dadelik op 'n patentjie
betrek! - want dis sover jou ondernemingsgees strek! Dat daar baie meer
gebiede is waarop mense buitengewoon kan presteer, is gewoon buite jou
ervaringsveld.

Werk? Ek wed jou jy sit nooit jou hande aan 'n skroewedraaier, 'n hamer, 'n
saag, 'n kruiwa, 'n tuinvurk, graaf of hark nie. Ek wed jou jy't nog nooit
'n meubelstuk gemaak nie. Ek dink nie jy weet hoe om te sweis, te teël, te
messel of te pleister nie. Dit doen jou slawe vir jou!! Trek jou hande
ooit 'n bossie in jou tuin uit? Dan praat ons nie van jou eie tuin uitlê,
met kruiwa en graaf tonne-maat grond verskuif, terasse uitlê, rondstuine
bou, ens. ens. nie. Jy weet gewoon nie waarvan ek praat nie! Al wat jou
handjies ooit vashou is jou duur kamera, jou Toyota se stuurwiel, jou
rekenaar se muis en jou vrou se lyf. Moenie met my oor werk praat nie,
Sandpoeper, want jy weet nie wat werk is nie!!! Die mense wat onder jou
bloedsweet, ja, hulle weet!!!
Re: Torreke [boodskap #114367 is 'n antwoord op boodskap #114364] So, 26 Augustus 2007 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" -----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie? Ons groot[/color]
> skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig en dan
> doen hy presies dieselfde! Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees. Nou kan ek my jou al mooi
> voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes uitdink vir jou sterdom en
> beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie eintlik wil hê nie, maar móét vat
> want jy kan nou nie eintlik anders nie].
> As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
> nie?

In nabetragting het ek gedink, jou reaksie sê: Torreke het 'n senuwee in die
Sandpoeper raakgeboor!!!
Re: Torreke [boodskap #114368 is 'n antwoord op boodskap #114364] Ma, 27 Augustus 2007 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> "Suidwester" < wrote
>>> -----Hehe. Jy klink soos 'n patente-ontwerper wat in sy volgende
>>> 'groot' produk glo! Ken dáái storie......

>> Luister, sandpoeper, jy het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie.
>
> -----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie? Ons groot
> skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig en dan
> doen hy presies dieselfde! Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees. Nou kan ek my jou al mooi
> voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes uitdink vir jou sterdom en
> beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie eintlik wil hê nie, maar móét vat
> want jy kan nou nie eintlik anders nie].
> As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
> nie?

Kyk na die volgorde van die gesprek hierbo.

Ek het vir Hessie geantwoord dat ek nie 'n beroemde persoon is nie, maar wel
baie moontlik in die naby toekoms bekend sal raak wanneer die goed waarmee
ek besig is, uitkring.

Jy gryp dit aan om my doelbewus te probeer verkleineer!!!
Wat ek ookal plaas...
Met wie ek ookal in gesprek is...
Jy kom elke keer tussenin om my en wat ek gesê het, te probeer afbreek en
verkleineer!!

Ek het jou lankal gesê: Jy kan dit nie vat dat die ou met die gorrelgrade
meer is en het as jy nie - daarom probeer jy my doelbewus verkleineer! Ek
ken mense, Sandpoeper, dis een van my spesialis-gebiede. Die manier waarop
jy my knaend probeer afbreek, is simptomaties van iemand met 'n swak
selfbeeld, iemand wat baie onseker binne homself voel en/of geraamtes in die
kas. Ouens in wie se lewe iets ernstigs skort, val ALTYD die predikant of
ouderling of kerk aan en probeer dit verkleineer en afbreek - elke bedienaar
weet dit!

Hoe eerder jy dit besef, hoe beter vir jouself!
Re: Torreke [boodskap #114369 is 'n antwoord op boodskap #114366] Ma, 27 Augustus 2007 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:5KOdnX3iefVQCU3bnZ2dnUVZ8silnZ2d@saix.net...
>
> Nee, wat, hiermee skiet jy ook mis. "Sandpoeper" beskou ek as geen
> belediging nie.
----Tipies julle sedeprekers. As jy 'n ding doen dan regverdig jy dit op
die een of ander manier. Doen ons sondiges dit, dan is dit verkeerd. So
lieg jy maar vir jouself......

Jy't nou die dag vir my beduie as ek julle Suidwesters
> verstaan het, sou ek verstaan het dat julle maar so met die drolle in die
> mond rondloop. Nou as jy grootgeword het waar ek grootgeword het, sou jy
> geweet het dat hulle iemand wat baie kort is, in daardie omgewing 'n
> "sandpoeper" noem. Ek het dit maar net bietjie in oordragtelik sin
> gebruik vir iemand wat baie kort van insig is.
------Ja swaer, jy klink vir my maar 'Pat'-terig[Patattatoon'erig]. Jy kom
seker doer uit Boksburg/Nigel se rigting. Al die swottery het toe niks
gehelp nie. Nie om jou maniere te verfyn nie en ook nie om jou op 'n
preekstoel te kry nie. Ek verstaan nie hoekom nie [behalwe die feit dat jy
gepluk het dalk] want lieg soos 'n predikant, die kan jy.
>
> Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
>> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees.
>
> Nou probeer jy hard om my na te boots, maar dit slaag nie. Ek lag vir
> jou...!!! -----Eina! Weer op DAAI senuwees, is ek nie?
>
> Hier's ons by die kern van die saak. Jy kan vrek van nuuskierigheid! Jy
> wil so graag weet wat die ou met die gorrelgrade het wat jy nie het nie.
> Ek sal jou sê, Sandpoeper... Nie dat ek jou nie alreeds gesê het nie! Ek
> dink so ver buitekant die boksies uit dat jy nie eers amper kan byhou
> nie!! Nie omdat jy nie die verstand het nie! - want jy't oorgenoeg! -
> maar omdat jy so vasgevang is binne die rigiede wette van die wiskunde,
> fisika en chemie, dat dit onmoontlik is vir jou om enigiets buitekant dit
> te kan raaksien.
----Nou hoe kan ek dit [DIT volgens jou] raaksien as jy nie wil sê waarmee
jy besig is nie? Of is die groot geheim dan nou juis deel van die storie.
Net jy weet jou geheim en dis net ook jy wat ooit dit gaan raaksien....want
dit leef in jou verbeelding?
>
> Daarom het jy my opmerking oor ongevraagde erkenning dadelik op 'n
> patentjie betrek! - want dis sover jou ondernemingsgees strek! Dat daar
> baie meer gebiede is waarop mense buitengewoon kan presteer, is gewoon
> buite jou ervaringsveld. ----Soos om soos jy twak te praat totdat jyself dit begin glo?
>
> Werk? Ek wed jou jy sit nooit jou hande aan 'n skroewedraaier, 'n hamer,
> 'n saag, 'n kruiwa, 'n tuinvurk, graaf of hark nie. Ek wed jou jy't nog
> nooit 'n meubelstuk gemaak nie. Ek dink nie jy weet hoe om te sweis, te
> teël, te messel of te pleister nie. Dit doen jou slawe vir jou!! Trek
> jou hande ooit 'n bossie in jou tuin uit? Dan praat ons nie van jou eie
> tuin uitlê, met kruiwa en graaf tonne-maat grond verskuif, terasse uitlê,
> rondstuine bou, ens. ens. nie.
-----Alles wat jy hierbo beskryf is ambagte en ek laat dit in die hande van
mense wat beter as ek is daarmee en betaal hulle daarvoor. Hoekom nie?
Ek skep werk en help my medemens om 'n bestaan te kan maak. Hoekom sal ek
die troffel uit 'n ekspert se hand probeer vat net om vir die mense te kan
wys ek kan dit ook doen? Dis die kleinboer se sindroom. Jy kan duidelik
nie soos 'n werkskepper dink nie.

Jy weet gewoon nie waarvan ek praat nie! Al wat jou
> handjies ooit vashou is jou duur kamera, jou Toyota se stuurwiel, jou
> rekenaar se muis en jou vrou se lyf.
----Ons is nie jaloers nie, is jy? Watter vrou sal saam met 'n drup soos
jy loop, weet ek ook in elk geval nie.

Moenie met my oor werk praat nie,
> Sandpoeper, want jy weet nie wat werk is nie!!! Die mense wat onder jou
> bloedsweet, ja, hulle weet!!!
----Foeitog ja. Elkeen van hulle wat elke maand kom bakhand staan vir
hulle salarisse huil met drif omdat ek hulle dwing om elke dag te werk?
Dat hulle huise en karre kan bekostig? Dat hulle kan leef? Jinne ja.
Miskien moet ek ophou om werk te verskaf, dink jy nie? Lekker vroeg
aftree? Fok Afrika skreeu en met my geld op my plaas gaan sit en ydel te
lewe [soos 'n predikant!] en wag vir beter dae? Ek lêóf in daai beter dae.
>
Re: Torreke [boodskap #114370 is 'n antwoord op boodskap #114367] Ma, 27 Augustus 2007 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:292dnZHIm8mEI0zbnZ2dnUVZ8qydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>> -----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie? Ons groot
>> skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig en dan
>> doen hy presies dieselfde! Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
>> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees. Nou kan ek my jou al
>> mooi voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes uitdink vir jou
>> sterdom en beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie eintlik wil hê nie,
>> maar móét vat want jy kan nou nie eintlik anders nie].
>> As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
>> nie?
>
> In nabetragting het ek gedink, jou reaksie sê: Torreke het 'n senuwee in
> die Sandpoeper raakgeboor!!!
-----In nabetragtiging: Jou reaksie sê alles vir almal, behalwe vir
simpele jy. Aangesien jy so name uitdeel, jy's nou Jimpel, onthou.
>
Re: Torreke [boodskap #114372 is 'n antwoord op boodskap #114368] Ma, 27 Augustus 2007 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:IcOdnZ2NH_PqwE_bnZ2dneKdnZyinZ2d@saix.net...
>
> Jy gryp dit aan om my doelbewus te probeer verkleineer!!!
> Wat ek ookal plaas...
> Met wie ek ookal in gesprek is...
> Jy kom elke keer tussenin om my en wat ek gesê het, te probeer afbreek en
> verkleineer!! ----Snik! Snik!!
>
> Ek het jou lankal gesê: Jy kan dit nie vat dat die ou met die gorrelgrade
> meer is en het as jy nie - daarom probeer jy my doelbewus verkleineer! Ek
> ken mense, Sandpoeper, dis een van my spesialis-gebiede.
-----Ek het nuus vir jou. Jy ken nie jou werk nie. Jy's g'n spesialis
dus nie. Dalk ook maar soos jou plukkery by die kweekskool, hmmm?

Die manier waarop
> jy my knaend probeer afbreek, is simptomaties van iemand met 'n swak
> selfbeeld, iemand wat baie onseker binne homself voel en/of geraamtes in
> die kas. Ouens in wie se lewe iets ernstigs skort, val ALTYD die
> predikant of ouderling of kerk aan en probeer dit verkleineer en afbreek -
> elke bedienaar weet dit!
>
> Hoe eerder jy dit besef, hoe beter vir jouself!
----Wat het ek om te besef? Dat 'n klok al harder lui hoe harder jy hom
moer? Jy beier, broer. Jy beier.
>
Re: Torreke [boodskap #114382 is 'n antwoord op boodskap #114369] Ma, 27 Augustus 2007 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> ------Ja swaer, jy klink vir my maar 'Pat'-terig[Patattatoon'erig]. Jy
> kom seker doer uit Boksburg/Nigel se rigting. Al die swottery het toe
> niks gehelp nie. Nie om jou maniere te verfyn nie en ook nie om jou op
> 'n preekstoel te kry nie. Ek verstaan nie hoekom nie [behalwe die feit
> dat jy gepluk het dalk] want lieg soos 'n predikant, die kan jy.

Ek kom nie uit Boksburg/Nigel se omgewing nie. Ek kom nie êrens uit Gauteng
nie.
Ek kom uit die Bosveld, maar die Bosveld is groot en wyd - so wyd soos die
Heer se genade! - van Ellisras af tot in die Laeveld! Nou kan jy self
verder uitwerk presies waar ek vandaan kom.


>> Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
>>> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees.

>> Nou probeer jy hard om my na te boots, maar dit slaag nie. Ek lag vir
>> jou...!!!
> -----Eina! Weer op DAAI senuwees, is ek nie?

Nee, ek op joue!

>> Hier's ons by die kern van die saak. Jy kan vrek van nuuskierigheid! Jy
>> wil so graag weet wat die ou met die gorrelgrade het wat jy nie het nie.
>> Ek sal jou sê, Sandpoeper... Nie dat ek jou nie alreeds gesê het nie! Ek
>> dink so ver buitekant die boksies uit dat jy nie eers amper kan byhou
>> nie!! Nie omdat jy nie die verstand het nie! - want jy't oorgenoeg! -
>> maar omdat jy so vasgevang is binne die rigiede wette van die wiskunde,
>> fisika en chemie, dat dit onmoontlik is vir jou om enigiets buitekant dit
>> te kan raaksien.
> ----Nou hoe kan ek dit [DIT volgens jou] raaksien as jy nie wil sê waarmee
> jy besig is nie? Of is die groot geheim dan nou juis deel van die
> storie. Net jy weet jou geheim en dis net ook jy wat ooit dit gaan
> raaksien....want dit leef in jou verbeelding?

Man, as jy 'n besigheidsman is, soos jy sê, en 'n uitvinder, soos jy ook wil
voorgee, dan behoort jy te weet ek sal nie so-iets hier uitlap nie. Maar ek
verseker jou dat jy nie die vermoë het om die helfte van die
besigheidsidees, innoverings, kreatiewe nuwe konsepte, ens. uit te dink wat
ek net in die laaste jaar in my databasis gestoor het en waaraan ek tans
werk nie - gewoon omdat jy nie buitekant die boks kan dink nie!


>> Daarom het jy my opmerking oor ongevraagde erkenning dadelik op 'n
>> patentjie betrek! - want dis sover jou ondernemingsgees strek! Dat daar
>> baie meer gebiede is waarop mense buitengewoon kan presteer, is gewoon
>> buite jou ervaringsveld.
> ----Soos om soos jy twak te praat totdat jyself dit begin glo?

Praat van jouself.


>> Werk? Ek wed jou jy sit nooit jou hande aan 'n skroewedraaier, 'n hamer,
>> 'n saag, 'n kruiwa, 'n tuinvurk, graaf of hark nie. Ek wed jou jy't nog
>> nooit 'n meubelstuk gemaak nie. Ek dink nie jy weet hoe om te sweis, te
>> teël, te messel of te pleister nie. Dit doen jou slawe vir jou!! Trek
>> jou hande ooit 'n bossie in jou tuin uit? Dan praat ons nie van jou eie
>> tuin uitlê, met kruiwa en graaf tonne-maat grond verskuif, terasse uitlê,
>> rondstuine bou, ens. ens. nie.
> -----Alles wat jy hierbo beskryf is ambagte en ek laat dit in die hande
> van mense wat beter as ek is daarmee en betaal hulle daarvoor. Hoekom
> nie? Ek skep werk en help my medemens om 'n bestaan te kan maak. Hoekom
> sal ek die troffel uit 'n ekspert se hand probeer vat net om vir die mense
> te kan wys ek kan dit ook doen? Dis die kleinboer se sindroom. Jy kan
> duidelik nie soos 'n werkskepper dink nie.
>

Presies soos ek voorspel het. Die man se handjies is sag. Aambagwerk is
benede sy waardigheid. Dat mens dit kan doen ter will van vreugde, jou
gesondheid (fisies en psigies), bevrediging, ens. daaraan het jy nog nooit
gedink nie. Maar dis presies omdat jy jouself te goed daarvoor ag - te veel
mense in jou bootjie hulle te goed daarvoor ag! - dat daar so min innovering
op dié gebied bestaan. Van my beste idees, kry ek wanneer ek handwerk doen.
En ek hoef nie gym toe te gaan om fiks te bly nie. Ek's middeljarige,
Sandpoeper, ek is lief vir 'n bier, maar ek het nie 'n bierpens of 'n ons
vet aan my lyf nie - baie outjies van jou ouderdom - jy dalk ook! - sal nie
vir 'n halfuur saam met my in die tuin uithou nie.

> Jy weet gewoon nie waarvan ek praat nie! Al wat jou
>> handjies ooit vashou is jou duur kamera, jou Toyota se stuurwiel, jou
>> rekenaar se muis en jou vrou se lyf.
> ----Ons is nie jaloers nie, is jy? Watter vrou sal saam met 'n drup soos
> jy loop, weet ek ook in elk geval nie.

Op jou hand om die lyf van 'n vrou wat ek nie ken nie? Waarom moet ek wees.
Ek het 'n fontein met soet water in - my eie! - ek drink water uit my eie
fontein!

> Moenie met my oor werk praat nie,
>> Sandpoeper, want jy weet nie wat werk is nie!!! Die mense wat onder jou
>> bloedsweet, ja, hulle weet!!!
> ----Foeitog ja. Elkeen van hulle wat elke maand kom bakhand staan vir
> hulle salarisse huil met drif omdat ek hulle dwing om elke dag te werk?
> Dat hulle huise en karre kan bekostig? Dat hulle kan leef? Jinne ja.
> Miskien moet ek ophou om werk te verskaf, dink jy nie? Lekker vroeg
> aftree? Fok Afrika skreeu en met my geld op my plaas gaan sit en ydel te
> lewe [soos 'n predikant!] en wag vir beter dae? Ek lêóf in daai beter
> dae.

Nee, jy skep nie werk nie! - jy maak van ander mense se verleentheid jou
geleentheid om net nog ryker te word. Het jy enige vennootskappe met
belowende swartes om besigheid saam met hulle te doen - om van jou geld en
vermoëns oor te dra en hulle te help om selfstandig te word? Ek wed jou jy
het geen sodanige projek aan die gang nie. So moenie oor werkskepping praat
nie - jy weet nie waaroor dit gaan. Jy beskou my uitreik na armlastiges as
aalmoese gee - dat ek met iets heeltemal anders in die townships besig kan
wees - soos vennootskappe wat werk oor 'n wye front skep! - het jy gewoon
nog nie aan ge dink nie - want jy kannie buitekant die boks dink nie!
Re: Torreke [boodskap #114383 is 'n antwoord op boodskap #114370] Ma, 27 Augustus 2007 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>> In nabetragting het ek gedink, jou reaksie sê: Torreke het 'n senuwee in
>> die Sandpoeper raakgeboor!!!
> -----In nabetragtiging: Jou reaksie sê alles vir almal, behalwe vir
> simpele jy. Aangesien jy so name uitdeel, jy's nou Jimpel, onthou.

Klink my ek het meer as 'n senuwee raakgeboor - het ek jou sentrale
senuweestelsel geraak!
Re: Torreke [boodskap #114384 is 'n antwoord op boodskap #114372] Ma, 27 Augustus 2007 10:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Jy gryp dit aan om my doelbewus te probeer verkleineer!!![/color]
>> Wat ek ookal plaas...
>> Met wie ek ookal in gesprek is...
>> Jy kom elke keer tussenin om my en wat ek gesê het, te probeer afbreek en
>> verkleineer!!
> ----Snik! Snik!!

Kan jy nou nie meer die pas vat nie? Nou bars jy in trane uit as jy met die
feite gekonfronteer word?


>> Ek het jou lankal gesê: Jy kan dit nie vat dat die ou met die gorrelgrade
>> meer is en het as jy nie - daarom probeer jy my doelbewus verkleineer!
>> Ek ken mense, Sandpoeper, dis een van my spesialis-gebiede.
> -----Ek het nuus vir jou. Jy ken nie jou werk nie. Jy's g'n spesialis
> dus nie. Dalk ook maar soos jou plukkery by die kweekskool, hmmm?

Jy't nog die kennis, nog die ervaring, nog die insig om te bepaal of
mensekennis my spesiliateit is of nie!

>
> Die manier waarop
>> jy my knaend probeer afbreek, is simptomaties van iemand met 'n swak
>> selfbeeld, iemand wat baie onseker binne homself voel en/of geraamtes in
>> die kas. Ouens in wie se lewe iets ernstigs skort, val ALTYD die
>> predikant of ouderling of kerk aan en probeer dit verkleineer en
>> afbreek - elke bedienaar weet dit!

>> Hoe eerder jy dit besef, hoe beter vir jouself!
> ----Wat het ek om te besef? Dat 'n klok al harder lui hoe harder jy hom
> moer? Jy beier, broer. Jy beier.

Jy moet begin besef hoe harde jy probeer om my belaglik voor te stel, hoe
meer verklap jy jou swak selfbeeld!
Re: Torreke [boodskap #114385 is 'n antwoord op boodskap #114367] Ma, 27 Augustus 2007 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:292dnZHIm8mEI0zbnZ2dnUVZ8qydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>> -----Hiehiehaaahaaa! Senuwee raakgeboor, het ek nie? Ons groot
>> skynheilige wat vir my, moi!, vra hoekom ek ander mense beledig en dan
>> doen hy presies dieselfde! Nie dat ek omgee om 'n sandpoeper te wees
>> nie.....beter as om 'n droommispoeper te wees. Nou kan ek my jou al
>> mooi voorstel. Plaas van werk, sit jy en schemes uitdink vir jou
>> sterdom en beroemdheid wat gaan kom [wat jy tog nie eintlik wil hê nie,
>> maar móét vat want jy kan nou nie eintlik anders nie].
>> As dit nie is wat hier aan't gebeure is nie, hoekom lig jy ons nie in
>> nie?
>
> In nabetragting het ek gedink, jou reaksie sê: Torreke het 'n senuwee in
> die Sandpoeper raakgeboor!!!
----Nee wat ou Jimpel, ons praat dan nog die hele tyd oor jou....g'n wonder
jy gloei so nie!
>
Re: Torreke [boodskap #114386 is 'n antwoord op boodskap #114383] Ma, 27 Augustus 2007 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:Pfadnb86N7DGPk_bnZ2dnUVZ8szinZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>>> In nabetragting het ek gedink, jou reaksie sê: Torreke het 'n senuwee in
>>> die Sandpoeper raakgeboor!!!
>> -----In nabetragtiging: Jou reaksie sê alles vir almal, behalwe vir
>> simpele jy. Aangesien jy so name uitdeel, jy's nou Jimpel, onthou.
>
> Klink my ek het meer as 'n senuwee raakgeboor - het ek jou sentrale
> senuweestelsel geraak! ----Net in geloof onthou ou Jimpel.
>
Re: Torreke [boodskap #114387 is 'n antwoord op boodskap #114384] Ma, 27 Augustus 2007 11:14 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:Pfadnb46N7DDPk_bnZ2dnUVZ8szinZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>
>>> Jy gryp dit aan om my doelbewus te probeer verkleineer!!!
>>> Wat ek ookal plaas...
>>> Met wie ek ookal in gesprek is...
>>> Jy kom elke keer tussenin om my en wat ek gesê het, te probeer afbreek
>>> en verkleineer!!
>> ----Snik! Snik!!
>
> Kan jy nou nie meer die pas vat nie? Nou bars jy in trane uit as jy met
> die feite gekonfronteer word? ----Jy's die man wat huil oor die spel te hard word, nie ek nie.
>
> Jy't nog die kennis, nog die ervaring, nog die insig om te bepaal of
> mensekennis my spesiliateit is of nie!
----En jy ou selfaangestelde grote Jimpel, jy kan sommer self bepaal jy is
my meerdere soos jy graag dit stel? Jy's 'n pragtige voorbeeld van presies
dit wat 'n kerker nie behoort te wees nie, net jy besef dit nie!
>

>> Die manier waarop
>>> jy my knaend probeer afbreek, is simptomaties van iemand met 'n swak
>>> selfbeeld, iemand wat baie onseker binne homself voel en/of geraamtes in
>>> die kas. Ouens in wie se lewe iets ernstigs skort, val ALTYD die
>>> predikant of ouderling of kerk aan en probeer dit verkleineer en
>>> afbreek - elke bedienaar weet dit!
>
>>> Hoe eerder jy dit besef, hoe beter vir jouself!
>> ----Wat het ek om te besef? Dat 'n klok al harder lui hoe harder jy hom
>> moer? Jy beier, broer. Jy beier.
>
> Jy moet begin besef hoe harde jy probeer om my belaglik voor te stel, hoe
> meer verklap jy jou swak selfbeeld!
---Hehe! Nou sê ou Jimpeltjie vir die ander kleuters dat die oom moet
ophou om hom te beledig? Gaan speel onder 'n ander boom ou Jimpel.
>
Vorige onderwerp: Die Jode : Die Feite !
Volgende onderwerp: Suidwester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:47:00 MGT 2024