Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is almal?
Waar is almal? [boodskap #114178] Di, 26 Junie 2007 14:51 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom het ons Afrikaanse nuusgroep nou skielik meer
Engels op as Afrikaans? Laat van julle hoor. Ek pleit skuldig,
Die rekenaar waarop al my gedigte gestoor is, is uit aksie
en ek is te lui om 'n nuwe kolleksie te maak. Maar ek sal
in die nabye toekoms probeer. Intussen kan ander ook
uithelp. Dit help natuurlik ook nie dat dit somer hier is
en mens baie meer uithuisig is as in die winter nie. Vandag
gaan die temperatuur glo op tot 32 C.

Gloudina
Re: Waar is almal? [boodskap #114181 is 'n antwoord op boodskap #114178] Wo, 27 Junie 2007 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Jun 2007 07:51:59 -0700, Hessie wrote:

Somer? Ha!
Toe ons vanoggend hier in Jhb opstaan, toe het dit gesneeu in die nag.

> Hoekom het ons Afrikaanse nuusgroep nou skielik meer
> Engels op as Afrikaans? Laat van julle hoor. Ek pleit skuldig,
> Die rekenaar waarop al my gedigte gestoor is, is uit aksie
> en ek is te lui om 'n nuwe kolleksie te maak. Maar ek sal
> in die nabye toekoms probeer. Intussen kan ander ook
> uithelp. Dit help natuurlik ook nie dat dit somer hier is
> en mens baie meer uithuisig is as in die winter nie. Vandag
> gaan die temperatuur glo op tot 32 C.
>
> Gloudina
Re: Waar is almal? [boodskap #114182 is 'n antwoord op boodskap #114181] Wo, 27 Junie 2007 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Toe ons vanoggend hier in Jhb opstaan, toe het dit gesneeu in die nag.

Ja, ons sien op Beeld hoe julle sneeumanne maak.
En familie uit Welkom stuur foto's van hulle klein-
kinders in die sneeu. Geniet die koue.

Gloudina
Re: Waar is almal? [boodskap #114183 is 'n antwoord op boodskap #114182] Do, 28 Junie 2007 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Jun 2007 07:24:49 -0700, Hessie wrote:

> Ja, ons sien op Beeld hoe julle sneeumanne maak.
> En familie uit Welkom stuur foto's van hulle klein-
> kinders in die sneeu. Geniet die koue.

Die ding van sneeu is die volgende: Mense wat dit nie ken nie, sien
dit sneeu buite en "default" op al daai flieks van Heidi wat hulle
gesien toe hulle klein was, plus die vreemde ikoon van 'n sneeuman (in
al die cheaper Hollywood flieks maak hulle mos altyd sneeumanne en dan
lag hulle so vrolik met daai mooi serpe om hul nekke).
Dan storm die mense uit om sneeumanne (jammer, polities korrekte
sneeupersone...) te gaan bou en mekaar met sneeuballe te gooi. Dis mos
wat mens doen?

Die heel eerste realiteit wat hulle dan tref - na so 10 minute - is
dat hulle voete en hande afvries en dat dit baie seer is om so koud te
kry. Hulle kom dan ook agter dat hulle Suid-Afrikaanse
uitverkoping-skoene nie waterdig is nie en dat hulle dun onvanpaste
sokkies al klaar papnat is.

Dan loop hulle bewend en rukkend van die koue terug die huis in.

Einde van die sneeu-pret.

Daardie aand kom hulle dan ook agter dat daai 3 milimeter dik vensters
in hul huise en daar 2 millimeter dik sinkdak bo die plafon nie juis
beskerming teen die soort koue is wat met sneeu gepaard gaan nie.

Bed toe onder 'n meter komberse met stywe oe le hulle dan en bid dat
die warmer weer tog asseblief vinnig weer moet kom.

Maar dit maak lekker foto's, daai 2 duim diepe sneeu wat so vinnig
vries onder die reen wat daarop volg. Dit lyk so wit orals. En tien
jaar later wil mense hulle nie glo nie, dan kan hully daai foto's gaan
uithaal as bewyse.

Dis sneeu in Johannesburg.

Die slimmeres leer gou om hul skoene eers in Checkers-pakkies toe te
draai voor hulle die sneeu in die agterplaas betree. Minder nat =
minder koud.

Ek het een keer sneeu gesien. So 15 jaar terug. In Switserland. Dit
was so twee meter diep en dit het nie op jou hand gesmelt soos die JHb
sneeu nie. Dit het fyn poeier gebly. Soos mielieblom (mezina) gevoel,
so glad was dit. Toe kon ek skielik verstaan dat mense daarop kan ski.

Mezina, by the way, is pure towerkuns as jy water daarby gooi. Hulle
noem dit glo "dilatant material". Koue water, net tot dit alles
behoorlik nat is, soos 'n mens met gips ook maak.

Dis dan verkeerdom-materiaal. As jy jou vinger stadig daarin steek, is
dit 'n vloeistof (digtheid van slap modder), as jy jou vinger vinnig
daarin wil steek, is dit 'n vaste stof. Dit keer jou vinger one time
zap. Kinders is crazy daaroor en kan vir ure daarmee rondloop.
Re: Waar is almal? [boodskap #114184 is 'n antwoord op boodskap #114183] Do, 28 Junie 2007 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ferdi scheme met hande wat miskien steeds bibber:

> Die heel eerste realiteit wat hulle dan tref - na so 10 minute - is
> dat hulle voete en hande afvries en dat dit baie seer is om so koud te
> kry. Hulle kom dan ook agter dat hulle Suid-Afrikaanse
> uitverkoping-skoene nie waterdig is nie en dat hulle dun onvanpaste
> sokkies al klaar papnat is.
>
> Dan loop hulle bewend en rukkend van die koue terug die huis in.
>
> Einde van die sneeu-pret.
>
> Daardie aand kom hulle dan ook agter dat daai 3 milimeter dik vensters
> in hul huise en daar 2 millimeter dik sinkdak bo die plafon nie juis
> beskerming teen die soort koue is wat met sneeu gepaard gaan nie.
>
> Bed toe onder 'n meter komberse met stywe oe le hulle dan en bid dat
> die warmer weer tog asseblief vinnig weer moet kom.
>
> Maar dit maak lekker foto's, daai 2 duim diepe sneeu wat so vinnig
> vries onder die reen wat daarop volg. Dit lyk so wit orals. En tien
> jaar later wil mense hulle nie glo nie, dan kan hully daai foto's gaan
> uithaal as bewyse.
>
> Dis sneeu in Johannesburg.

Al wat by jou beskrywing moes gevoeg gewees het, is waar dieselfde
mense wat krampe in hul voete ervaar wanneer hulle dit uit die lou
water haal en die gevoel daarin terugkeer, se diere is.

Gewoonlklik is hulle so behep met hulself en die bykomstighede by die
komberse, wat buitendien oor die bene gegooi is wanneer hulle voor die
verwarmer sit, dat daar nie ook aan die honde gedink word wat buite
moet tevrede wees met dieselfde slaap fasiliteite as in die somer nie.

'n Hartseer feit, maar eienaars van diere is nie noodwendig
diereliefhebbers nie.

Gedurende die winter van 2003 was my vrou en ek in die hewigste
sneeustorm wat ons nog gesien het. Ons was in die Van Reenens Pas
toe die sneeu hewig begin val het. Motors het in 'n ry op die N3
gestaan met 'n sneeulaag op die pad. 'n Motor twee voertuie agter ons
het die een agter ons getref. Want as jy in sneeu rem trap hou jou kar
'n entjie daarvandaan stil. Volgens die volgende dag se media
dekking, die ergste in 50 jaar. Padverkeersbeamptes het ons aangeraai
om om te draai wat ons gedoen het.

4 Ure in die Mont Rose Ultra City by kaggels waarin die vlamme
gesellig knetter om doringhout en hoendervleis, tjips en koffie
koningskos is. Groot glasvensters waaragter die sneeu deur die wind
rond gejaag word en soos 'n wit kombers om die gebou en oor die
omgewing neersif. En nog 'n beker koffie.

4 Ure later was die pad steeds gesluit voor en agter ons maar ons was
in die middel daarvan waar ons self kontrole beheer het. Dit beteken
'n N3 waarop geen voertuig anders as ons s'n was nie, en 90° draaie
met 'n yslaag daarop, teen 60 kmu.

Heelwat later en heelwat verder en uit die sneeustorm, het 'n reenbui
die pad waarop ons gery het in 'n rivier verander. En ons het oom
Henry Ford se bydrae tot 'n verwarmer in die kar waardeer; (sy bydrae
was natuurlik die kar).

In Durban aangekom het ons by die Friendly Grocer stil gehou, en
tipies vir die Transvaal geklimatiseer, het ek in die winkel ingeloop
met slegs 'n Themp aan en my baadjie wat in die kar hang.
Lokale kliënte het verwonderd gekyk en toe eers het ek beself dat ek
nie 'n baadjie aan gehad het nie.

Vorentoe sal ons vir hier klimatiseer. Die hoëveld wil ek reeds nie
meer in my visier hê vir 'n winter vakansie nie. Reeds besig om die
sub-tropiese klimaat hier as standaard te aanvaar. Gebruik steeds nie
verwarmers hier nie en T-hemp nog winter deur:-)
Re: Waar is almal? [boodskap #114187 is 'n antwoord op boodskap #114184] Vr, 29 Junie 2007 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Jun 2007 15:54:09 +0200, Dave wrote:

> Al wat by jou beskrywing moes gevoeg gewees het, is waar dieselfde
> mense wat krampe in hul voete ervaar wanneer hulle dit uit die lou
> water haal en die gevoel daarin terugkeer, se diere is.

Ja. My hond slaap in die huis.
Beste raad wat ek in elk geval lank gelede al gekry het, is dat as jy
'n hond vir beskerming het, laat hom in die huis slaap. Buite kan hy
maklik buite aksie gestel word. In die huis raak hy die eerste laag
van beskerming in die donker.

Maar honde - lyk dit my - gee nie so baie om vir bv sneeu nie. Hulle
loop heel gemaklik daarin rond. Ek sou raai die kussinkies onder hulle
voete is nie so sensitief vir koue nie.

Die spierwit kat het natuurlik sy ysluiperd-imitation gedoen. In 'n
bodeltjie gele en scheme hoe om voels te vang. En toe weer ingekom.

> Vorentoe sal ons vir hier klimatiseer. Die hoëveld wil ek reeds nie
> meer in my visier hê vir 'n winter vakansie nie. Reeds besig om die
> sub-tropiese klimaat hier as standaard te aanvaar. Gebruik steeds nie
> verwarmers hier nie en T-hemp nog winter deur:-)

My meesterplan begin deur die Europese lotto te wen. Stap twee is die
aankoop van 'n woonplek in die suide van Frankryk of Barcelona. Hulle
speel selfs rugby daar.
Re: Waar is almal? [boodskap #114190 is 'n antwoord op boodskap #114187] Vr, 29 Junie 2007 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 29 Jun 2007 11:58:17 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 28 Jun 2007 15:54:09 +0200, Dave wrote:
>
>
> > mense wat krampe in hul voete ervaar wanneer hulle dit uit die lou
>> water haal en die gevoel daarin terugkeer, se diere is.
>
> Ja. My hond slaap in die huis.
> Beste raad wat ek in elk geval lank gelede al gekry het, is dat as jy
> 'n hond vir beskerming het, laat hom in die huis slaap. Buite kan hy
> maklik buite aksie gestel word. In die huis raak hy die eerste laag
> van beskerming in die donker.
>
'n Uiters belangrike laag van beskerming, want selfs al is die krag
af, bly die honde geaktiveer.

> Maar honde - lyk dit my - gee nie so baie om vir bv sneeu nie. Hulle
> loop heel gemaklik daarin rond. Ek sou raai die kussinkies onder hulle
> voete is nie so sensitief vir koue nie.
>
Beslis is hulle nie sulke sissies so ons nie, maar ek dink 'n
gepamperlangde skoothond raak sag.

> Die spierwit kat het natuurlik sy ysluiperd-imitation gedoen. In 'n
> bodeltjie gele en scheme hoe om voels te vang. En toe weer ingekom.
>
Katte is natuurlik kompleet onafhanklik. Interessante diere wat meer
respek verdien as wat hulle ontvang. 'n Mens het nooit 'n kat nie -
die kat neem 'n mens aan; en beskuit dit is waar hy heen sal gaan
wanneer hy nie buite wil wees nie. En besluit hoe laat en wanneer hy
daarheen sal gaan. Los 'n kat in die veld en hy sal oorleef.

Ek sien wilde katte hier by ons in die Botaniese, Japanese en ander
Tuine. Huiskatte wat wild en en daar oorleef. 'n Kat het nie 'n mens
se sorg nodig nie, en jy lei reg af as jy sien dat ek baie respek het
vir 'n kat.
>

> My meesterplan begin deur die Europese lotto te wen. Stap twee is die
> aankoop van 'n woonplek in die suide van Frankryk of Barcelona. Hulle
> speel selfs rugby daar.

Shucks!!! Franse Riviera! Bied jy 'n kursus aan?!?
Re: Waar is almal? [boodskap #114194 is 'n antwoord op boodskap #114178] So, 01 Julie 2007 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 26, 4:51 pm, Hessie wrote:
> Hoekom het ons Afrikaanse nuusgroep nou skielik meer
> Engels op as Afrikaans? Laat van julle hoor. Ek pleit skuldig,
> Die rekenaar waarop al my gedigte gestoor is, is uit aksie
> en ek is te lui om 'n nuwe kolleksie te maak. Maar ek sal
> in die nabye toekoms probeer. Intussen kan ander ook
> uithelp. Dit help natuurlik ook nie dat dit somer hier is
> en mens baie meer uithuisig is as in die winter nie. Vandag
> gaan die temperatuur glo op tot 32 C.
>
> Gloudina

Anti,

Bly om te sien jy stry steeds die goeie stryd.

Waar kry mens die Groot Verseboek op CD - bestaan dit - en ek is
bereid om die aan te koop.

Boere groete - Jonas
Re: Waar is almal? [boodskap #114195 is 'n antwoord op boodskap #114194] So, 01 Julie 2007 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Moira de Swardt  is tans af-lyn  Moira de Swardt
Boodskappe: 41
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" wrote in message

> Waar kry mens die Groot Verseboek op CD - bestaan dit - en ek is
> bereid om die aan te koop.

Watter moderne digbundels is op CD beskikbaar?
Re: Waar is almal? [boodskap #114196 is 'n antwoord op boodskap #114194] So, 01 Julie 2007 23:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Waar kry mens die Groot Verseboek op CD - bestaan dit - en ek is
> bereid om die aan te koop.

Ja. Ek weet dit bestaan. Het so 'n paar jaar gelede
uitgekom. Was die nuutste seleksie van gedigte,
gemaak dink ek deur Andr? Brink. Het oorweeg om
dit te kry, maar dit was effens duur. Jy sal in SA
moet rondvra waar dit te kope is. Hopelik koop jy
dit en sit dan sommige daarvan op die nuusgroep.
Asseblief. Ek hoop daar is baie van Henning Pieterse
se gedigte in. Hy is een van die beste van die lewende
SA digters.

Gloudina
Re: Waar is almal? [boodskap #114199 is 'n antwoord op boodskap #114187] Ma, 02 Julie 2007 12:43 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:vml983h5honen8fa46irflfkiff74thods@4ax.com...

> Ja. My hond slaap in die huis.
> Beste raad wat ek in elk geval lank gelede al gekry het, is dat as jy
> 'n hond vir beskerming het, laat hom in die huis slaap. Buite kan hy
> maklik buite aksie gestel word. In die huis raak hy die eerste laag
> van beskerming in die donker.

Praat jy nou ... Al is my vrou geskiet was dit die honde in die huis wat
amok gemaak het. Was dit nie vir hulle nie, was die ouens seker binne
gewees, en dan was dit soveel erger
Vorige onderwerp: Re: UNESCO's World Heritage List
Volgende onderwerp: Die wet/Regs vraag: fault these 'heads of arguments'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:24:01 MGT 2024