Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Don't #$%# with Chuck
Don't #$%# with Chuck [boodskap #114094] Ma, 28 Mei 2007 01:35
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Net soos ek dit van die net ge-"copy en paste" het.

Thursday, May 24 2007 @ 04:46 AM CEST
Bydrae van: Boertjie
Besigtigings: 81

Chuck Norris dra nie kondome nie want daar is niks wat jou teen Chuck
kan beskerm nie.

Chuck Norris lees nie boeke nie. Hy gluur hulle aan totdat hulle hom
die inligting gee wat hy soek.

As die Tokkelossie gaan slaap loer hy eers onder sy bed om te sien of
Chuck Norris nie dalk daar wegkruip nie.

Daar is geen massavernietigingswapens in Irak nie, Chuck Norris bly in
Oklahoma in Amerika.

Chuck Norris steek miere met 'n vergrootglas aan die brand.... In die
nag!

As Bruce Banner kwaad word, verander hy in die HULK. As die HULK sy
moer strip verander hy in Chuck Norris.

Chuck Norris het sy maagdelikheid verloor voor sy pa.

Check Norris het onlangs begin om sy piepie as 'n energiedrank te
bemark, hulle noem dit "Red Bull"

Die skepper het op die sewende dag gerus, dis toe dat Chuck Norris
oorgevat het.

As Chuck Norris teen 'n muur tennis oefen, wen hy!

Chuck Norris is nie gebore nie, hy het sy pad buitentoe uitgeveg.

Die Ewolusieleer is sommer 'n pot stront, daar is net 'n lys van
wesens wat Chuck Norris toegelaat het om te bly leef.

Vader tyd staan vir niemand stil nie, buiten Chuck Norris.

Chuck Norris dra nie 'n horlosie nie, hy besluit hoe laat dit nou is.

Chuck Norris speel Russiese Roulette met 'n volgelaaide rewolwer en
wen!

Batman en Darth Vader het eenkeer baklei. Die wenner was ... Chuck
Norris.

Chuck Norris was eenkeer in 'n mesgeveg betrokke en toe verloor die
mes.

Chuck Norris moes al lankal doodgegaan het maar die Engel van die Dood
is te vrek bang vir hom.

Chuck Norris eet steenkool en skyt diamante.

As Chuck Norris se vrou hom mooi vra om die skottelgoed te was gooi hy
dit in die asblik en sê vir haar sy lyk vet.

Hulle het onlangs uitgevind daar is geen lewe op Mars nie, Chuck
Norris was reeds daar.

Chuck Norris se bloedgroep is GS+ (GatSkop positief)

As Chuck Norris 'n Big Mac by Pizza Hut bestel kry hy een.

Switserland is nie regtig neutraal nie, hulle sukkel net om uit te
werk aan wie se kant Chuck Norris nou eintlik is.

Chuck Norris laat nooit boodskappe nie, net waarskuwings.

Chuck Norris slaap nie hy wag net.

Die elfde gebod is: Moenie Chuck Norris de moer in maak nie.
Ongelukkig is dit onmoontlik om die gebod te gehoorsaam.

Die pen is magtiger as die swaard. Dit wil sê as Chuck Norris die pen
vashou.
Vorige onderwerp: Grappie
Volgende onderwerp: Jan Spies Stories
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:53:31 MGT 2024