Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is die ware Afrikaners?
Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11296] Wo, 12 November 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
My vriende (die van julle wat wil wees)

Ek is bitter kwaad, en my hart bloei, vir die hoeveelste boerfamilie wat moet
ly onder hierdie "moord en doodslag", nadat nog 'n boervrou vandag in die
Vrystaat vermoor is. Hoe kan ons stilsit en niks doen om die mense te help wat
kos in ons monde sit nie?

Hoe kan ons hier sit en mooitjies gesels, asof daar niks gebeur nie?

Ek persoonlik het besluit "tot so vér ...". Ek is van Maandag af weer by die
werk, en ek sal elke geringste bietjie in my vermoë doen om sanksies op te roep
teen hierdie regering. Begin sal ek by my eie land van herkoms, wat elke jaar
etlike biljoene aan hierdie land skenk. As dit is wat die boere vra, is dit
wat ek sal probeer doen.

Al moet ek dit vrou alleen aanpak, omdat Afrikaners te besig is met verskoning
vra om van hulle gatte af te klim en hulle eie mense te probeer help. Selfs al
beteken dit ek het nie meer werk nie, omdat my huidige werksaamheid juis van
daardie skenkings afhang.

Wie gaan ons/julle help as almal net agter politiese korrektheid wegkruip?

Vloek my nou maar soos julle wil, van Kanada, plaaslik en orals af. Ek is lief
vir hierdie land en vir Afrikaners, en al was ek self omtrent nooit eers op 'n
plaas gewees nie, kan ek nie meer toekyk na wat nou sommer alledaags hier
aangaan nie.

En al wil julle beweer dit is en was alles Apartheid se skuld - toe is die wat
gely het deur hulle eie mense bygestaan. Hoekom word die boere en ook die
regsgehoorsame mense in die stede nie deur hulle eie soort bygestaan nie?
Wanneer gaan almal - van alle rasse- saamstaan en eis dat wet en orde
gehandhaaf word? Wat wen die regering om toe te laat dat dinge so aangaan?
Het hulle self 'n hand daarin? Dalk moet ons begin sorg dat hulle ook begin
verloor.

Ek sien myself nie as 'n rasis nie (omdat ek tyd en liefde het vir alle
ordentlike mense, van alle rasse), maar as dit van julle beter sal laat voel,
kan julle my maar een noem. Geen probleem. Al wat seker is, is dat ek nou my
eie soort gaan bystaan, tot die beste van my vermoëns. Ek hoop daar is ook van
julle wat so voel.

En waar is die vrouestemme in hierdie land? Te besig met "dames" wees, klere
koop en naels verf? Ek wens ek kon hulle almal in 'n vertek saamtrek, en vir
hulle vertel dat die mooiste vrou wat ek ooit in my lewe gesien het, op 'n bus
geklim het in Tel Aviv, in camouflage uniform met 'n Ouzi ? om die skouer
geslinger. Geen grimering. Geen geverde naels. Maar 'n beslistheid in die oë
en 'n sekerheid van self -en geloof- en volk- wat haar die beeld van 'n heldin
gegee het. Skrik wakker, vrouens van Suid Afrika! Dis van julle wat vermoor
en verkrag word! As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om vryheid, waarom wil
julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?

Ek gaan my nie inlaat op lang argumente hieroor nie. Dit is my standpunt.

Groete,
Vira.
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11311 is 'n antwoord op boodskap #11296] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herman  is tans af-lyn  Herman
Boodskappe: 16
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hoera,

Ek stem 100 % saam. Ek stel voor ons hou op belasting betaal totdat daar 'n
verandering plaasvind.

Groetnis,

Hermann

V wrote in message ...
> My vriende (die van julle wat wil wees)
>
> Ek is bitter kwaad, en my hart bloei, vir die hoeveelste boerfamilie wat moet
> ly onder hierdie "moord en doodslag", nadat nog 'n boervrou vandag in die
> Vrystaat vermoor is. Hoe kan ons stilsit en niks doen om die mense te help wat
> kos in ons monde sit nie?
>
> Hoe kan ons hier sit en mooitjies gesels, asof daar niks gebeur nie?
>
> Ek persoonlik het besluit "tot so vér ...". Ek is van Maandag af weer by die
> werk, en ek sal elke geringste bietjie in my vermoë doen om sanksies op te roep
> teen hierdie regering. Begin sal ek by my eie land van herkoms, wat elke jaar
> etlike biljoene aan hierdie land skenk. As dit is wat die boere vra, is dit
> wat ek sal probeer doen.
>
> Al moet ek dit vrou alleen aanpak, omdat Afrikaners te besig is met verskoning
> vra om van hulle gatte af te klim en hulle eie mense te probeer help. Selfs al
> beteken dit ek het nie meer werk nie, omdat my huidige werksaamheid juis van
> daardie skenkings afhang.
>
> Wie gaan ons/julle help as almal net agter politiese korrektheid wegkruip?
>
> Vloek my nou maar soos julle wil, van Kanada, plaaslik en orals af. Ek is lief
> vir hierdie land en vir Afrikaners, en al was ek self omtrent nooit eers op 'n
> plaas gewees nie, kan ek nie meer toekyk na wat nou sommer alledaags hier
> aangaan nie.
>
> En al wil julle beweer dit is en was alles Apartheid se skuld - toe is die wat
> gely het deur hulle eie mense bygestaan. Hoekom word die boere en ook die
> regsgehoorsame mense in die stede nie deur hulle eie soort bygestaan nie?
> Wanneer gaan almal - van alle rasse- saamstaan en eis dat wet en orde
> gehandhaaf word? Wat wen die regering om toe te laat dat dinge so aangaan?
> Het hulle self 'n hand daarin? Dalk moet ons begin sorg dat hulle ook begin
> verloor.
>
> Ek sien myself nie as 'n rasis nie (omdat ek tyd en liefde het vir alle
> ordentlike mense, van alle rasse), maar as dit van julle beter sal laat voel,
> kan julle my maar een noem. Geen probleem. Al wat seker is, is dat ek nou my
> eie soort gaan bystaan, tot die beste van my vermoëns. Ek hoop daar is ook van
> julle wat so voel.
>
> En waar is die vrouestemme in hierdie land? Te besig met "dames" wees, klere
> koop en naels verf? Ek wens ek kon hulle almal in 'n vertek saamtrek, en vir
> hulle vertel dat die mooiste vrou wat ek ooit in my lewe gesien het, op 'n bus
> geklim het in Tel Aviv, in camouflage uniform met 'n Ouzi ? om die skouer
> geslinger. Geen grimering. Geen geverde naels. Maar 'n beslistheid in die oë
> en 'n sekerheid van self -en geloof- en volk- wat haar die beeld van 'n heldin
> gegee het. Skrik wakker, vrouens van Suid Afrika! Dis van julle wat vermoor
> en verkrag word! As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
> slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om vryheid, waarom wil
> julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?
>
> Ek gaan my nie inlaat op lang argumente hieroor nie. Dit is my standpunt.
>
> Groete,
> Vira.
>
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11312 is 'n antwoord op boodskap #11296] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Vira, dit is opmerklik dat baie mense wat op die oog af gematigde beskouings
huldig, en baie wat in die verlede aggressiewe teenstanders van die die ou
regering was, tans reaksionêre standpunte begin inneem.

Mary Metcalfe het die gewoonte om vir mense te vra "Where were you in the
strugle?" as sy nie van hulle hou nie. My antwoord is: "If that refers to
the struggle for freedom and democracy, I'm in the thick of it" :-)

As jy 'n sanksieveldtog begin, kontak my. Ek het so hier en daar 'n
kundigheidjie of vaardigheidjie wat miskien bruikbaar kan wees.

En moet jou nie bekommer oor inkomste nie. Soos ons van Boesak se sidekick
en van die Mother of the Nation weet, kan verset 'n hoogsbetalende
tydverdryfwees. Soos ander exiles gedemonstreer het, hoef mens ook nie
noodwendig eers skelm te wees of bedrog te pleeg nie. (Hoewel mens natuurlik
nie weet of dit bloot is omdat hulle nie gevang is nie :-)

Vira, nou dat die vorige een minder gewild is by beskaafde mense, nomineer
ek jou as die mother of the nation! Onthou net - dis nie net die Boere wat
onder die bloedorstige haatveldtog van ons heremeesters ly nie. Dit is die
enigste opsig waarin hulle nie rassisties is nie - as dit kom by die keuse
van slagoffers.

(Sien opmerking onder)

Groete, Leendert

V wrote in article ...

> My vriende (die van julle wat wil wees)
>
> Ek is bitter kwaad, en my hart bloei, vir die hoeveelste boerfamilie wat moet
> ly onder hierdie "moord en doodslag", nadat nog 'n boervrou vandag in die
> Vrystaat vermoor is. Hoe kan ons stilsit en niks doen om die mense te help wat
> kos in ons monde sit nie?

[geknipte deel word verwerk vir eerste politieke traktaat van die tweede
fase van die struggle]

>
> Ek gaan my nie inlaat op lang argumente hieroor nie. Dit is my standpunt.
>
> Groete,
> Vira.
>
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11313 is 'n antwoord op boodskap #11296] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes:
>
> Hoe kan ons hier sit en mooitjies gesels, asof daar niks gebeur nie?

Ek hoop jy was ook so opgewonde in die sestiger en
sewentiger en tagtigerjare oor wat daar in Suid-Afrika
aangegaan het onder jou landgenote.

, omdat my huidige werksaamheid juis van
> daardie skenkings afhang.

Aha!

> Vloek my nou maar soos julle wil, van Kanada,

Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
nie fools nie.

Al wat seker is, is dat ek nou my
> eie soort gaan bystaan,

Sien, dis hier waar die rot begin. Het jy ook in die
sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
> slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om vryheid, waarom wil
> julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?

Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
in Suid-Afrika besluit om te doen nie. Ek sien jou as
'n opruier, wat vir Afrikaners wil aanhits. Wat is jou
motiewe?

Gloudina Bouwer
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11334 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
>
> As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
>> slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om vryheid, waarom wil
>> julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?
>
> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie. Ek sien jou as
> 'n opruier, wat vir Afrikaners wil aanhits. Wat is jou
> motiewe?
>
> Gloudina Bouwer

Gloudina

Vie iemand wat die pad gevat het en ophou afrikaans as huistaal praat
het is jou bek darem lekker groot oor wie afrikaner is en wie nie.

V - doe so voort. Die res van ons is te slapgat (ek inkluis) en sal
seker eers iets doen as ons dit aan eie bas voel.

Cheers
Lou
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11335 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/14/97 12:54AM, in message , @igs.net wrote:

> Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
> medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

Snaaks dat jy _eers_ die stelling tussen hakkies maak, en dan die vraag vra oor
wie my soort is. Klink sommer pre-prejudiced, huh?

Jy sou tog nie kan verstaan nie, maar my soort is die tipe ordentlike mens, wat
al hoe meer die grafplase vol lê.

En, BTW, ek was teenwoordig gedurende die 76 Soweto riots. Ek het jou nie daar
gesien nie. Ek het deelgeneem in "funeral marches" vir swart leiers. Jy was
seker met ander dinge besig gewees?

>
> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie.

Ek haal aan: "Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
nie fools nie."

Could've fooled me.
Julle Kanadese moet julle tog nie bemoei met NSA dinge nie ...
al waaroor julle kan praat is verlede. Ons praat oor toekoms.

Jy sou seker nie weet nie, maar die boere het besluit om te vra dat sanksies
ingestel moet word teen die huidige regering. Dis die Afrikaanse boere, antie,
nie die Engelse, of Duitse, of Franse ... Het die Afrikaner boere darem jou
Kanadese toestemming om hulle te bemoei met wat hier aangaan, of mag hulle net
met messe gesteek en dan doodgeskiet word? Laat weet asb ten gouste, want
hulle mag dalk nie veel langer lewe nie.

> , omdat my huidige werksaamheid juis van
>> daardie skenkings afhang.
>
> Aha!
>

Ahem. Sommige van ons probeer aktief iets doen om die land se mense en
regering te help. Ek weet dis moeilik om te verstaan van daar doer af. Wat
doen jy nou eintlik?

Sien, ek en my gesin kon ook in 'n verre land gesit het, sonder al hierdie
probleme. Ek trek nie salaris uit hierdie land se fondse nie, en ek het ook
nie al my pennies bymekaar gekrap en dit gou land-uit gehussle nie. Ek is hier
uit eie keuse. En soms wonder ek selfs of dit nie beter sou wees om 'n
verplasing te vra na 'n veiliger plek toe nie.

En soms is dit so, dat hoe harder jy probeer help, hoe meer word jy gedwing om
te wonder of enigiets daarvan die moeite werd is. Maar hoe sal _jy _ nou weet
.. (maar vra gerus van Europese lande, of hulle soms nie daardie gevoel kry
nie).

> Wat is jou
> motiewe?

Wat my motiveer is die feit dat ek omgee. En seerkry as ek sien wat aan goeie
mense om my gedoen word.

Kan jy dieselfde sê?
(Jy klink vir my meer soos 'n meid wat van anderkant die straat af staan en
skreeu.)

En, anders as jy, kan ek nie lekker kry en insinueer dis die slagoffers se
verdiende loon nie. Omdat ek geheel en al nie glo dat hulle dit verdien het
nie.

Vira.
Re:Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11336 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Al wat seker is, is dat ek nou my
> eie soort gaan bystaan,

> Sien, dis hier waar die rot begin. Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou > medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

> As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
> slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om >vryheid, waarom wil
> julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?

>> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
>> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
>> in Suid-Afrika besluit om te doen nie. Ek sien jou as
>> 'n opruier, wat vir Afrikaners wil aanhits. Wat is jou
>> motiewe?

>> Gloudina Bouwer

Ag nee a Gloudina - wat maak dit saak of Vira 'n Afrikaner is - as
onskuldige mense vermoor word, wat maak dit saak waar jy gebore is - nie
een van ons het tog beheer daaroor nie! En verder, as jy nou weer wil gaan
karring en krap en grawe in die verlede: weens die feit dat daar onder die
vorige regering nie persvryheid was nie, het baie van ons so 'n 'aparte'
lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
land gebeur nie. Die Afrikaner is (en was) nog nooit in wese 'n wrede nasie
wat ander wou vermoor of vernietig nie. (Alhoewel daar malles onder alle
volke is) As daar 'n vrye pers was - sou baie dinge baie vinnger verander
het. [Dieselfde redenasie kan gebruik word met die Jode in Duitsland - met
'n vrye pers sou dit nie gebeur het nie - maar meeste mense het nie die
volle waarheid en omvang geweet van al die gruweldade wat gebeur het nie.]

Maar, ek kan nie sien dat die toenemende geweld teen boere in Suid-Afrika,
gestop kan word deur sotlike redenasies en verwyte oor dinge wat 20 jaar
gelede gebeur het nie ( al was dit ook hoe verkeerd en al het baie van ons
al gewens ons het meer geweet dat ons meer kon doen ) Jou uit wyk na
Kanada, verontskuldig jou net so min as wat my uitwyk in 1997 na NZ, my
minder aandadig maak aan wat gebeur het tot voor ek besluit het ek kan geen
positiewe bydrae meer maak nie. En ipv heeldag te loop en kla (soos baie
van die agtergeblewendes) het ek eerder my kind gevat en pad gegee. (By
agtergeblewendes bedoel ek nou werklik die mense wat agter gebly het en nie
saam met my gee pad het nie) En ongeag wie wat sê, voel ek nie vir een
oomblik spyt oor my besluit nie. Ook is ek nie spyt dat ek nie vroeër al
gepad het nie soos wat jy gedoen het - sekerlik was die rand toe heelwat
meer werd (alhoewel dit uit 'n finasiële oogpunt beter sou wees). Want tot
1995 het ek nog gehoop, gedink en gebid dat ek 'n verskil kan maak. En
daarom het ek baie groot respek vir mense wat weet hulle het 'n keuse om SA
te verlaat, maar tog glo hulle kan 'n verskil maak en daarom bly hulle. Nou
doen ek maar die enigste wat ek kan: bid vir vrede, veiligheid en word bly
as ek sien daar is nog mense soos Vira wat nie net kla nie maar ten minste
iets probeer. Vir jou Gloudina, om van ver af te sit en klippe gooi, maak
my so vies dat ek wonder vir wat jy jou taal nog so koester dat jy nog
gedigte pos - wat help dit wil ek graag weet!?????

Riana
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11337 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/14/97 12:54AM, in message , @igs.net wrote:

> Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
> medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

Snaaks dat jy _eers_ die stelling tussen hakkies maak, en dan die vraag vra oor
wie my soort is. Klink sommer pre-prejudiced, huh?

Jy sou tog nie kan verstaan nie, maar my soort is die tipe ordentlike mens, wat
al hoe meer die grafplase vol lê.

En, BTW, ek was teenwoordig gedurende die 76 Soweto riots. Ek het jou nie daar
gesien nie. Ek het deelgeneem in "funeral marches" vir swart leiers. Jy was
seker met ander dinge besig gewees?

>
> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie.

Ek haal aan: "Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
nie fools nie."

Could've fooled me.
Julle Kanadese moet julle tog nie bemoei met NSA dinge nie ...
al waaroor julle kan praat is verlede. Ons praat oor toekoms.

Jy sou seker nie weet nie, maar die boere het besluit om te vra dat sanksies
ingestel moet word teen die huidige regering. Dis die Afrikaanse boere, antie,
nie die Engelse, of Duitse, of Franse ... Het die Afrikaner boere darem jou
Kanadese toestemming om hulle te bemoei met wat hier aangaan, of mag hulle net
met messe gesteek en dan doodgeskiet word? Laat weet asb ten gouste, want
hulle mag dalk nie veel langer lewe nie.

> , omdat my huidige werksaamheid juis van
>> daardie skenkings afhang.
>
> Aha!
>

Ahem. Sommige van ons probeer aktief iets doen om die land se mense en
regering te help. Ek weet dis moeilik om te verstaan van daar doer af. Wat
doen jy nou eintlik?

Sien, ek en my gesin kon ook in 'n verre land gesit het, sonder al hierdie
probleme. Ek trek nie salaris uit hierdie land se fondse nie, en ek het ook
nie al my pennies bymekaar gekrap en dit gou land-uit gehussle nie. Ek is hier
uit eie keuse. En soms wonder ek selfs of dit nie beter sou wees om 'n
verplasing te vra na 'n veiliger plek toe nie.

En soms is dit so, dat hoe harder jy probeer help, hoe meer word jy gedwing om
te wonder of enigiets daarvan die moeite werd is. Maar hoe sal _jy _ nou weet
.. (maar vra gerus van Europese lande, of hulle soms nie daardie gevoel kry
nie).

> Wat is jou
> motiewe?

Wat my motiveer is die feit dat ek omgee. En seerkry as ek sien wat aan goeie
mense om my gedoen word.

Kan jy dieselfde sê?
(Jy klink vir my meer soos 'n meid wat van anderkant die straat af staan en
skreeu.)

En, anders as jy, kan ek nie lekker kry en insinueer dis die slagoffers se
verdiende loon nie. Omdat ek geheel en al nie glo dat hulle dit verdien het
nie.

Vira.
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11338 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/14/97 12:54AM, in message , @igs.net wrote:

> Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
> medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

Snaaks dat jy _eers_ die stelling tussen hakkies maak, en dan die vraag vra oor
wie my soort is. Klink sommer pre-prejudiced, huh?

Jy sou tog nie kan verstaan nie, maar my soort is die tipe ordentlike mens, wat
al hoe meer die grafplase vol lê.

En, BTW, ek was teenwoordig gedurende die 76 Soweto riots. Ek het jou nie daar
gesien nie. Ek het deelgeneem in "funeral marches" vir swart leiers. Jy was
seker met ander dinge besig gewees?

>
> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie.

Ek haal aan: "Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
nie fools nie."

Could've fooled me.
Julle Kanadese moet julle tog nie bemoei met NSA dinge nie ...
al waaroor julle kan praat is verlede. Ons praat oor toekoms.

Jy sou seker nie weet nie, maar die boere het besluit om te vra dat sanksies
ingestel moet word teen die huidige regering. Dis die Afrikaanse boere, antie,
nie die Engelse, of Duitse, of Franse ... Het die Afrikaner boere darem jou
Kanadese toestemming om hulle te bemoei met wat hier aangaan, of mag hulle net
met messe gesteek en dan doodgeskiet word? Laat weet asb ten gouste, want
hulle mag dalk nie veel langer lewe nie.

> , omdat my huidige werksaamheid juis van
>> daardie skenkings afhang.
>
> Aha!
>

Ahem. Sommige van ons probeer aktief iets doen om die land se mense en
regering te help. Ek weet dis moeilik om te verstaan van daar doer af. Wat
doen jy nou eintlik?

Sien, ek en my gesin kon ook in 'n verre land gesit het, sonder al hierdie
probleme. Ek trek nie salaris uit hierdie land se fondse nie, en ek het ook
nie al my pennies bymekaar gekrap en dit gou land-uit gehussle nie. Ek is hier
uit eie keuse. En soms wonder ek selfs of dit nie beter sou wees om 'n
verplasing te vra na 'n veiliger plek toe nie.

En soms is dit so, dat hoe harder jy probeer help, hoe meer word jy gedwing om
te wonder of enigiets daarvan die moeite werd is. Maar hoe sal _jy _ nou weet
.. (maar vra gerus van Europese lande, of hulle soms nie daardie gevoel kry
nie).

> Wat is jou
> motiewe?

Wat my motiveer is die feit dat ek omgee. En seerkry as ek sien wat aan goeie
mense om my gedoen word.

Kan jy dieselfde sê?
(Jy klink vir my meer soos 'n meid wat van anderkant die straat af staan en
skreeu.)

En, anders as jy, kan ek nie lekker kry en insinueer dis die slagoffers se
verdiende loon nie. Omdat ek geheel en al nie glo dat hulle dit verdien het
nie.

Vira.
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11339 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> vi...@iafrica.com (V) writes:
>>
>> Hoe kan ons hier sit en mooitjies gesels, asof daar niks gebeur nie?
>
> Ek hoop jy was ook so opgewonde in die sestiger en
> sewentiger en tagtigerjare oor wat daar in Suid-Afrika
> aangegaan het onder jou landgenote.

Ek sien, die reg om opgewonde te raak moet mens verdien?

Dis nie in die Kanadese Charter nie, Gloatina.

> , omdat my huidige werksaamheid juis van
>> daardie skenkings afhang.
>
> Aha!

En?

>
>> Vloek my nou maar soos julle wil, van Kanada,
>
> Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
> nie fools nie.

You could have fooled me!

>
> Al wat seker is, is dat ek nou my
>> eie soort gaan bystaan,
>
> Sien, dis hier waar die rot begin. Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
> medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

Het jy jou medelandgenote bygestaan, Gloatina? Of het jy geskedadle na
iewers waar daar meer van jou SOORT is?

>
> As die Israelis dit kan doen, waarom moet ons soos hulpelose
>> slagoffers ons gedra? As julle voorgeslagte kon veg om vryheid, waarom wil
>> julle niks doen vir die vryheid om te lewe van julle gesinne nie?
>
> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie. Ek sien jou as
> 'n opruier, wat vir Afrikaners wil aanhits. Wat is jou
> motiewe?

How bloody patronizing can you get! Net so patronizing as Vira self as sy
haar wil ontferm oor Jode wat deur bose sendelinge van hul oeroue geloof
ontroof mag word - asof die die Jode na al die millennia nie in staat is om
self te besluit na wie hulle sal luister en na wie nie, en wie se
traktaatjies hulle sal aanvaar en wie s'n nie.

Ewe min as wat die Jode vir Vira nodig het om hul geloof teen ou tantes uit
Suid-Afrika met 'n sendingdrang te beskerm, Gloatina, het Afrikaners
aanmatigende ou tantes met 'n gefrustreerde selfgeldingsdrang uit Kanada
nodig om hul gemoedsrus teen Vira te beskerm.

Slaap rustig, hoor! Die moorde gaan bekwaam voort sonder jou hulp.

Leendert
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11340 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/14/97 5:02AM, in message , Vyg
Fynbos wrote:

> skaam jou om 'n vergelyking te maak met
> die Israelite

"sch�mt sich der gestohlen hat und muss wieder bringen".

> ..ek kannie aan 'n walgliker
> nasie dink as Israel nie, hulle is 'n spul
> hardkoppige oorlogstokers, nes hul nefies
> die Arabiere !!

Jy's geregtig op jou opinie. As sulks sal ek dit respekteer, al stem ek nie
saam daarmee nie. Elke nasie het sy foute. Niemand is perfek nie.

Maar ek respekteer nie jou opdrag dat ek my moet skaam nie. As ek 'n fout maak,
omdat ek nie altyd tyd het om alles indiepte te gaan studeer nie, is ek nederig
en dankbaar om reggehelp te word. Dit gebeur redelik dikwels, soos jy seker al
self opgemerk het. Ek's nie bang om my nek uit te steek nie.

En ek sal weer my nek uitsteek en sê die Jode het 'n reg op Israel. Die
Palestiniers (sp?) ook. Dis 'n geweldige probleem. As jy hulle walglik vind,
is dit jou saak. Ek stel voor jy leer hulle beter ken.

Shalom.
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11341 is 'n antwoord op boodskap #11296] Vr, 14 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gibson  is tans af-lyn  gibson
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
skaam jou om 'n vergelyking te maak met
die Israelite...ek kannie aan 'n walgliker
nasie dink as Israel nie, hulle is 'n spul
hardkoppige oorlogstokers, nes hul nefies
die Arabiere !!

daar's net een vryheid...vryheid in die kop.
Re: Re:Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11351 is 'n antwoord op boodskap #11336] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Joubert Nel heeft geschreven in bericht ...

> Terwyl die regering kamtig teen
> kommunisme geveg het het hulle 50% van SA se bates in hulle >sakke gestop.

O ja, slimseun? Wat is jou bron vir hierdie merkwaardige syfer?

En terwyl jy so waak oor die integriteit van regerings, vertel sommer ook
vir ons hoeveel die huidige regering, hul familielede en maatjies reeds in
twee jaar in hul sakke gestop het.

> Wanneer jy toelaat dat jou leiers ander mense hulle menswees weier dan moet
> jy jou kop laat lees.

Inderdaad. Dis presies wat Vira uitwys, en wat jy miskien ter harte behoort
te neem.

> Toevallig het die Nazi supporters geweet wat hulle doen, nes die
> Afrikaans-Establishment se onderdane geweet het dat anderskleuriges nie
> dieselfde regte gehad het nie. As jy dit nie geweet het nie was jy maar
> blind.

Hmm.... Regte op papier is een ding. Regeringsamptenare wat te onnosel is om
te weet wat regte is, 'n ander.

Ek lei onlangs 'n afvaardiging wat regeringsapmtenare in Mpumalanga
ontmoet - 20 spierwit ouerpare wat die amptenare sien oor
onderwysaangeleenthede. Die regeringsamptenare was eweredig verdeel - twee
wit, twee swart.

Aan die einde van die vergadering maak die regeringskant se
regsverteenwoordiger ('n jong Swazi) 'n opmerking oor die "demografiese
samestelling" van ons afvaardiging.

Hy het gou gaan sit toe ons daarop wys dat sommige van die dames in ons
afvaardiging vrae het oor die demografiese samestelling van die
regeringsafvaardiging - almal mans.

>> Maar, ek kan nie sien dat die toenemende geweld teen boere in Suid-Afrika,
>> gestop kan word deur sotlike redenasies en verwyte oor dinge wat 20 jaar
gelede gebeur het nie
>
> Dit het tot baie onlangs nog gebeur.

Dit gebeur nog steeds - net met die medewete van 'n nuwe regering, en met
joune.

> Ek dink enige iemand kan kies waas s/hy op die aardbol woon. Dis 'n voordeel
> van die hedendaagse lewe. Dit beteken egter nie dat jy nie dinge in ander
> wêrelddele/areas mag kritiseer nie.

Kritiseer mag/moet jy kritiseer. Mits dit regverdige kritiek is, gegrond op
kennis en insig - nie op vooroordeel nie.

As jou kritiek egter herhaaldelik, knaend en sonder uitsondering eensydig
is, ontstaan die geregverdigde vermoede van vooroordeel natuurlik.

Groete, Leendert
Re:Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11352 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Stephanus Schoeman" writes:

> Ag nee a Gloudina - wat maak dit saak of Vira 'n Afrikaner is

Vira het nie die reg om Afrikaners op te rui
deur hulle te vertel hoe hulle voorsate geveg,
en dat hulle nou weer moet veg nie. Dis 'n
besluit wat Afrikaners moet neem, nie elke
immigrant in die land in nie. Onthou vir Walusz
en Derby-Jones en sy Australiese vrou. Skoert,
sê ek. Ons Afrikaners, waar ons ookal is, is
van sterner stuff gemaak.

het baie van ons so 'n 'aparte'
> lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
> nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
> land gebeur nie.

Verskonings, verskonings. Dit was daar vir almal
om te sien. Julle wou nie sien nie. Het jy nie
geweet hoe kinders in Soweto in die strate dood-
geskiet word nie?

Jou uit wyk na
> Kanada, verontskuldig jou net so min as wat my uitwyk in 1997 na NZ, my
> minder aandadig maak aan wat gebeur het

Ja, en dit is dit wat my die reg gee om aan
hierdie debat deel te neem.

Vir jou Gloudina, om van ver af te sit en klippe gooi, maak
> my so vies dat ek wonder vir wat jy jou taal nog so koester dat jy nog
> gedigte pos - wat help dit wil ek graag weet!?????

Ek doen dit omdat ek my taal liefhet,
en dit koester, en ek pos dit vir die
mense ook buite SA wat dit ook liefhet
en koester. Ek neem ook in ag dat baie
van die mense wat Afrikaans gebruik,
binne SA was en ook slagoffers van
apartheid was. Vir my is Afrikaans nie
identies met die Afrikaner-vark wat in
die apartheidsdae in alles en nog wat
gevroetel het, insluitende die taal
nie.

Gloudina Bouwer

>
> Riana
>
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11353 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> En ek sal weer my nek uitsteek en sê die Jode het 'n reg op Israel. Die
> Palestiniers (sp?) ook. Dis 'n geweldige probleem. As jy hulle walglik vind,
> is dit jou saak. Ek stel voor jy leer hulle beter ken.

Niemand het 'n reg op enigiets nie. Dis net daar waar die probleme
begin.

Jopie
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11354 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes:

> Kan jy dieselfde sê?
> (Jy klink vir my meer soos 'n meid wat van anderkant die straat af staan en
> skreeu.)
>
> En, anders as jy, kan ek nie lekker kry en insinueer dis die slagoffers se
> verdiende loon nie. Omdat ek geheel en al nie glo dat hulle dit verdien het
> nie.
>
>
> Vira.
>

En waar, in enigiets wat ek geskryf het,
het ek geinsinueer dat die slagoffers hul
verdiende loon gekry het.
Ek neem eksepsie teen die sin in jou
brief " 'n meid wat van anderkant die straat
staan en skreeu." Jy is 'n gas in Suid-Afrika.
Moet nie sulke uitdrukkings gebruik nie. Jy
beledig die regmatige inwoners van Suid-Afrika
deur so 'n rassistiese opmerking.
En dink daaraan: selfs my twee kinders wat
in Kanada gebore is, is Afrikaners uit die
Afrikaanse genepool, en het die reg om dinge
oor die Afrikaner te voel en kwyt te raak.
Ek herhaal weer: ek neem eksepsie daarteen
dat jy met Afrikaners praat en hulle probeer
oprui, deur te verwys na hulle vadere se
vryheidsgevegte.Jy het neerbuigend gepraat
oor die Afrikaanse vroue wat meer aandag
aan hulle voorkoms bestee, as aan die dinge
wat jy wil hê hulle moet doen. Ek dink jy
het Afrikaners in jou oorspronklike skrywe
beledig, en behoort apologie aan te teken
daarvoor. Wat jy doen, is jy vry om te
doen, maar hou op om Afrikaners te beledig
en op te ruig. Hulle kan hulle eie man staan.

Gloudina Bouwer
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11355 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum"
>>
>> Ewe min as wat die Jode vir Vira nodig het om hul geloof teen ou tantes uit
>> Suid-Afrika met 'n sendingdrang te beskerm, Gloatina, het Afrikaners
>> aanmatigende ou tantes met 'n gefrustreerde selfgeldingsdrang uit Kanada
>> nodig om hul gemoedsrus teen Vira te beskerm.
>
> Ek sien ek is in goeie geselskap, as jy vir Vira
> en my "ou tantes" noem. Is jy 'n ou tante, Vira?

Vira wil die Jode beskerm teen ou tantes - ek laat my hoegenaamd nie uit oor
Vira se ouderdom nie. (Maar sy lyk in elk geval vir my na die soort sie se
selfbeeld onafhanklik is van sulke dinge.)

Lees dit weer, Gloatina, as die ou oë dit nog kan hou. Maar nou dat ek
daaraan dink - ek het verneem slange sien maar swak, so jou swaksienheid
seker maar 'n aangebore toestand, nie waar nie?

>
> Jy moet natuurlik ook besef, Leendert, dat jy 'n
> kuberpersoonlikheid projekteer wat ook nie te
> aantreklik is nie. 'n Baie katterige, hovaardige
> persoonlikheid, wat dink dat hy alle wysheid
> in pag het.

Inderdaad. Daardie aspek van my persoonlikheid wat skepsels soos jy laat
ontluik - en verdien.

Maar ek gee toe ek het nog baie te leer van katterigheid, hovaardigheid en
alwetendheid voordat ek by jou sal kan kers vashou.

>
>> Slaap rustig, hoor! Die moorde gaan bekwaam voort sonder jou hulp.
>
> Ja Leendert, net soos hulle in die verlede ook bekwaam
> voortgegaan het vir 'n lang tyd. Maar noudat die velle
> meer wit is as nie-wit, nou raak sekere dele van die
> bevolking skielik so opgewonde.

Nee, moenie nou onder die naaste klip inwriemel nie, jou giftige ding!

Die dooie velle is steeds veel meer swart as wit. Bepaalde kategorieë
swartes, veral daardie wat nie die ANC steun nie, word sistematies
uitgeroei. Wen het daarna verwys, as jou ou geheue so ver terug kan onthou.
Net op vanaand se 9-uur nuus is berig van 8 mense wat "sonder motief"
doodgeskiet is in 'n sjebeen in Edenvale. By Burgersdorp is 'n boervrou
vandag vermoor en haar vier kinders ontvoer - al vier natuurlik bose
apartheidsmisdadigers!.

Maar dit is nie die punt nie. Die punt is dat ons 'n regering het wat nie
die doodstraf amptelik wil toepas nie - nou bevorder hy dit nie-amptelik -
doodstraf sonder verhoor, en dikwels voorafgegaan deur urelange marteling en
verkragting.

> Kom ons huil vir al die
> mense wat in ons geliefde land in die afgelope halfeeu
> moes sterf, omdat dit 'n geweldadige gemeenskap geword
> het. En kom ons kyk waarvandaan die bloed aan ons hande
> gekom het, en hoekom ons hande vol bloed is, en hoe ons
> ons hande kan skoonkry. Almal van ons, binne en buite
> Suid-Afrika, swart, bruin en wit.

Huil, Gloudina, huil tot jou koue, harde ou hart daarvan breek. Miskien
ontwikkel jy iets wat aan menslikheid herinner.

Maar dit gaan geen slagoffer van die regering se haatveldtog 'n duit baat
nie. "Ons" gemeenskap is vandag meer geweldadig as ooit tevore. As dit 'n
"legacy of apartheid" is, is apartheid se opvolgers besig om ywerig met
daardie deel van hul erfporsie te woeker en te vermeerder.

En was jou hande, soos Pilatus. Weet net dit: as jy aanhou om nie te sien
wat jou verkose regering doen nie sal jy, soos Macbeth se vrou, later nie
meer die bloed kan miskyk nie, en dit ook nie kan uitwas nie. En jy sal nie
kan sê jy het nie geweet nie.

Tot dan, slaap rustig. Jy sal dit nodig kry.

Leendert
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11356 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" [/color]
> How bloody patronizing can you get! Net so patronizing as Vira self as sy
> haar wil ontferm oor Jode wat deur bose sendelinge van hul oeroue geloof
> ontroof mag word - asof die die Jode na al die millennia nie in staat is om
> self te besluit na wie hulle sal luister en na wie nie, en wie se
> traktaatjies hulle sal aanvaar en wie s'n nie.
>
> Ewe min as wat die Jode vir Vira nodig het om hul geloof teen ou tantes uit
> Suid-Afrika met 'n sendingdrang te beskerm, Gloatina, het Afrikaners
> aanmatigende ou tantes met 'n gefrustreerde selfgeldingsdrang uit Kanada
> nodig om hul gemoedsrus teen Vira te beskerm.

Ek sien ek is in goeie geselskap, as jy vir Vira
en my "ou tantes" noem. Is jy 'n ou tante, Vira?

Jy moet natuurlik ook besef, Leendert, dat jy 'n
kuberpersoonlikheid projekteer wat ook nie te
aantreklik is nie. 'n Baie katterige, hovaardige
persoonlikheid, wat dink dat hy alle wysheid
in pag het. So Vira en ek is in goeie geselskap.

> Slaap rustig, hoor! Die moorde gaan bekwaam voort sonder jou hulp.

Ja Leendert, net soos hulle in die verlede ook bekwaam
voortgegaan het vir 'n lang tyd. Maar noudat die velle
meer wit is as nie-wit, nou raak sekere dele van die
bevolking skielik so opgewonde. Kom ons huil vir al die
mense wat in ons geliefde land in die afgelope halfeeu
moes sterf, omdat dit 'n geweldadige gemeenskap geword
het. En kom ons kyk waarvandaan die bloed aan ons hande
gekom het, en hoekom ons hande vol bloed is, en hoe ons
ons hande kan skoonkry. Almal van ons, binne en buite
Suid-Afrika, swart, bruin en wit.

Gloudina
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11357 is 'n antwoord op boodskap #11296] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloatina van oor die straat heeft geschreven in bericht
...

> En waar, in enigiets wat ek geskryf het,
> het ek geinsinueer dat die slagoffers hul
> verdiende loon gekry het.

Aanmekaar, maand in, maand uit, sonder ophou. En wat dink jy beteken dit as
'n mens (mens?) wat berig ontvang van moorde, martelings en verkragtings
verklaar dat sy eers "opgewonde sal raak" as wit seuns (en wat van swartes?)
in tronke papgeslaan word.

> Ek neem eksepsie teen die sin in jou
> brief " 'n meid wat van anderkant die straat
> staan en skreeu."
> Jy is 'n gas in Suid-Afrika.
> Moet nie sulke uitdrukkings gebruik nie. Jy
> beledig die regmatige inwoners van Suid-Afrika
> deur so 'n rassistiese opmerking.

Ek stem saam, Vira. Dis 'n lelike, nare opmerking. Nie net rassisties nie,
maar ook seksisties en elitisties. Dis 'n gruwelike belediging vir elke meid
die wêreld oor om met Gloatina se gedrag geassosieer te word.

> En dink daaraan: selfs my twee kinders wat
> in Kanada gebore is, is Afrikaners uit die
> Afrikaanse genepool, en het die reg om dinge
> oor die Afrikaner te voel en kwyt te raak.

Wel, volgens die antropoloë en genetici is ons almal Afrikane uit die
Afrika-genepoel (of so vertel ASAR of the black beyond ons). Volgens jou gee
dit Vira die volste reg om oor enigeen in die wêreld dinge te voel en kwyt
te raak.

En, ou addergeslag, as jou laaities, soos jy, dinge kwytraak oor sake
waarvan hulle klaarblyklik weinig weet behalwe wat hulle op CNN te wete kom,
sal hulle, soos jy, veel minagting verdien.

> Ek herhaal weer: ek neem eksepsie daarteen
> dat jy met Afrikaners praat en hulle probeer
> oprui, deur te verwys na hulle vadere se
> vryheidsgevegte.Jy het neerbuigend gepraat
> oor die Afrikaanse vroue wat meer aandag
> aan hulle voorkoms bestee, as aan die dinge
> wat jy wil hê hulle moet doen. Ek dink jy
> het Afrikaners in jou oorspronklike skrywe
> beledig, en behoort apologie aan te teken
> daarvoor. Wat jy doen, is jy vry om te
> doen, maar hou op om Afrikaners te beledig
> en op te ruig. Hulle kan hulle eie man staan.

Inderdaad, inderdaad, Gloatinakins! Hulle (mans _en_ vroue) kan hul man
staan en besluit of Vira se opmerkings geregverdig is of nie. Hulle het
hoegenaamd nie jou neerbuigende sensuur van ander se opinies nodig nie.

Patronizing ou kriptorassis ( of wat anders verkies jy in die plek van
"meid", Gloatina?)

Leendert
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11370 is 'n antwoord op boodskap #11296] So, 16 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> On 11/15/97 4:34AM, in message , @igs.net wrote:
>
>>
>> En dink daaraan: selfs my twee kinders wat
>> in Kanada gebore is, is Afrikaners uit die
>> Afrikaanse genepool, en het die reg om dinge
>> oor die Afrikaner te voel en kwyt te raak.
>>
>
En dink hieraan:

Waar het jou kinders se oorspronklike genepoel (ten minste gedeeltelik)
ontstaan?

Klink half vir my of 'n van soos "Bouwer" dalk oorspronklik van die Duitse
"Bauer" / boer kon ontstaan het. Dit mag natuurlik in julle geval heeltemaal
verkeerd wees. Sou my nie verbaas nie.

Nietemin, as dit inderdaad so is, sal ek groothartig genoeg wees om my genepoel
met julle te deel :)

> Jy is 'n gas in Suid-Afrika.

Waar kom jy daaraan?

My kinders is Suid Afrikaners. Die eerste nie-volbloed Duitsers in ons familie
sedert die Middel-eeue - dalk ooit. (Maar bewese vanaf die 13de eeu - toe kon
die papierwerk nie verder opgespoor word nie. Hitler het sulke bewyse van sy
leiers geeis, veral om te verseker daar's nêrens Joodse bloed betrokke nie!).
Ek het teen almal in die familie se raad en hoop gegaan, en kinders met
nie-Duitse (Afrikaner) bloed in die wêreld gebring. Ek het seker die reg om
hulle toekoms te beskerm? Om namens hulle op te tree, ten minste totdat hulle
volwasse is? Enige beskaafde land of regering sou my dit gun.

Ek is ook glad nie spyt oor die Afrikaner in my kinders nie. Inteendeel, ek is
trots en bly daaroor. Onder andere, om rede dat as ek vandag se Afrikaner
vergelyk met menige van vandag se Duitsers, dink ek wel daar is "sterner stuff"
plaaslik te vinde. Hier word kinders nader aan die grond groot, aan die
natuur, het groter probleme om te hanteer wat hulle hopelik groter siele maak,
en is minder pamperlang.

Dis die positiewe kant. Aan die negatiewe kant, doen dit hulle nie juis goed
om in 'n kultuur van "mass genocide" en misdaad groot te word, en boonop sonder
enige ordentlike skoliering nie. Hulle het maar bitter min vryheid. Hulle kan
nie 'n ent gaan stap nie, kan nie fietsry nie, ens., ens., omdat alles te
gevaarlik is.

Ek moes nou doringdraad reg om my huis laat span, omdat daar onlangs drie keer
jong mans (ek mag nie sê van watter velkleur nie, want dan word ek dadelik as
rassis bestempel) in die nag oor die muur gespring het en buite my tiener se
venster deur die hond vasgekeer is. (Dis nou eintlik die verkeerde woord. Die
ou klein hondjie blaf haar maar keel-af), en dan's dit ekke, die "gas", sonder
regte (volgens jou), wat met my pistool daar moet uitgaan om my Suid Afrikaanse
kinders, (steeds sonder veel regte), te probeer beskerm teen jong, sterk,
waarskynlik voornemende verkragters.
As hulle motief bloot roof was, kon hulle by drie verskillende deure baie
makliker ingeloop het. Maar hulle skuil in die donker buite my dogter se
venster, terwyl sy binne in die kamer besig is.

En kyk, Gloudina, as dit om my dogters gaan sal ek moor. Dan kan jy -en jou
kinders- maar skreeu oor wat die lelike besoeker aan jou arme medemens in jou
geboorteland staan en doen het. En as ek iemand sou doodskiet sou ek seker
nie sonder meer die volgende dag weer op vrye voet loop nie! (soos ander dit
wel doen). Dan sal jy die rassisme in die huidige regering in operasie sien!

Jy beskou jouself as 'n Kanadees, omdat jy in Kanada woon. Al is jy net 'n gas
daar.

Ek moet jou nou ongelukkig meedeel dat ek 'n Suid Afrikaner is, omdat: 1) ek in
Suid Afrika woon en hier grootgeword het, 2) omdat ek die moeder is van twee
Suid Afrikaanse kinders, en 3) omdat ek 'n pampier het, m'miesies, wat so sê.
Kapisch? Dus kan jy my nie summier wegstuur na my tuisland toe nie.

En dan het ek nog nie eens genoem van die genepoel wat ek en baie
Afrikaners eintlik in gemeen het nie. Duh. Ek't nie gedink dis nodig nie, maar
nou noem ek dit maar, spesifiek om jou ontwil.

En ek het ek ook nog niks gesê van die innerlike en empatiese begrip wat ek en
baie lede van die Afrikaner nasie outomaties deel nie, 'n soort van
"sielsvervantskap", wat jy seker ook nie sal verstaan nie.

Lyk my jou ou sieletjie het so klein en uitsluitend geraak, dat daar vir baie
min nog plek is.

En, btw, ek het in my oorspronklike pos genoem dat ek dink alle ordentlike
mense moet saamstaan an stappe neem om die boere in hulle saak te help, toe
hulle gevra het vir sanksies teen die regering. Ek het gepraat van boere,
en ordentlike mense in die stede, wat die stryd teen misdaad - en dus die
regering wat dit aanmoedig - moet aanpak. Dis jy wat aangeneem het swart mense
is nie my "soort" en nie "ordentlik" nie. Nie ek nie. Jy't besluit daar's nie
swart boere nie, en weet blykbaar nog nie dat swart mense nou ook in die stede
woon nie.

Skuif aanmekaar jou eie aannemings en tekortkomings op ander oor. Shame, die
las is seker te swaar om alleen te dra.

Vira.


PS - Buitendien - ek ,en ander in Suid Afrika, het (nes jy) nog steeds die reg
om te besluit met wie ons wil assossieer, en wie presies ons "soort" mense is.
Al het ek dit so bedoel soos jy aangeneem het, nl. dat ek net wit mense wil
help, is dit steeds my goeie reg om te besluit wie ek wil help, en wie nie, wie
ek wil bystaan, en saam met wie ek wil wees. Got it?

Die hele wêreld gee steun aan die minderbevoorregdes van Afrika. Maar
Afrikaners tel nie onder hulle nie. Wie gaan die Afrikaners help, ondersteun
en bystaan as hulle nie na hulself kyk nie? Nie eers jy nie. En as ek more
'n groep tot stand wil bring met die naam van "Slegs en alleenlik blanke
Afrikaners bevorderings- en bystandsorganisasie" dan is daar niks wat my kan
keer nie. Ek hoop jy verstaan nou. Jy maak my sommer lus om presies dit te
doen.
Re: Re:Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11371 is 'n antwoord op boodskap #11336] So, 16 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

>> Ag nee a Gloudina - wat maak dit saak of Vira 'n Afrikaner is
>
> Vira het nie die reg om Afrikaners op te rui
> deur hulle te vertel hoe hulle voorsate geveg,
> en dat hulle nou weer moet veg nie.

Sy het. Dis in die grondwet, onthou!

> Dis 'n
> besluit wat Afrikaners moet neem, nie elke
> immigrant in die land in nie. Onthou vir Walusz
> en Derby-Jones en sy Australiese vrou.

Nogal, ne! Maar swartmense mog wel deur immigrante "geadviseer",
ge-"informeer", en "opgerui" word? 'n Hele norring van hulle, van Joe Slovo
tot Ronnie Kasrils. Hiermee het jy vrede?

Patronizing, ne!

> Skoert,
> sê ek. Ons Afrikaners, waar ons ookal is, is
> van sterner stuff gemaak.

"Sterner stuff" as wie? AmaXhosa?

Hoor bietjie wat lispel daardie gesplete tong van jou tussen al die
panagerics deur: "Rassssssissssss!

>
>
> het baie van ons so 'n 'aparte'
>> lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
>> nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
>> land gebeur nie.
>
> Verskonings, verskonings. Dit was daar vir almal
> om te sien. Julle wou nie sien nie. Het jy nie
> geweet hoe kinders in Soweto in die strate dood-
> geskiet word nie?

Nou word hulle in hul beddens doodgeskiet. Dis nou ongeag of dit met 'n gang
rape gepaard gaan of nie.

> Jou uit wyk na
>> Kanada, verontskuldig jou net so min as wat my uitwyk in 1997 na NZ, my
>> minder aandadig maak aan wat gebeur het
>
> Ja, en dit is dit wat my die reg gee om aan
> hierdie debat deel te neem.

Nee, Gloatina. Wat jou die reg gee om aan hierdie debat deel te neem is jou
vermoë om 'n rekenaar, 'n modem, en 'n internetrekening te bekostig.

Bitter min van die slagoffers van die regering se haatveldtog kan dieselfde
"reg" as jy bekostig.

[...]

> Vir my is Afrikaans nie
> identies met die Afrikaner-vark wat in
> die apartheidsdae in alles en nog wat
> gevroetel het, insluitende die taal
> nie.

Daardie Afrikaner-vark, Gloatina, saam met die ander varke, lieg en bieg dat
dit bars - en dan kry hy vergiffenis, koekies en tee.

En terwyl jy en Antjie (Krog) Samuels bewonderende oë ophef na die
goedgeorkestreerde spektakel en warm gloede kry van al die "heling", word
die regering se teenstanders en vermeende teenstanders, swart en wit,
sistematies uitgewis - sonder lasbrief, sonder ondervraging, sonder verhoor,
sonder reg op apel. Sonder koekies en tee en sonder 'n internetlink.

Ons minister noem dit "misdaad". As hy 'n wit vel had, het CNN en die
Wereldomroep van Radio Nederland dit sekerlik "genocide" genoem.

Soete drome, hoor!

Leendert
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11386 is 'n antwoord op boodskap #11296] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf na aanleiding van Vira se geweeklaag:

>> Hoe kan ons hier sit en mooitjies gesels, asof daar niks gebeur nie?
>
> Ek hoop jy was ook so opgewonde in die sestiger en
> sewentiger en tagtigerjare oor wat daar in Suid-Afrika
> aangegaan het onder jou landgenote.

Liewe mense,

Onthou dat Gloudina tientalle jare gelede van apartheid na
Kanada toe pad gegee het omdat die landgenote so sleg
was.

Vira, jy was baie dom om nie te doen wat Gloudina gedoen
het nie. Jy moes landuit gevlug het. Daar is geen beter manier
om 'n stelsel te beveg nie. Sy skryf mos:

>> Vloek my nou maar soos julle wil, van Kanada,
>
> Nee, ons Kanadese vloek nie. Maar ons is ook
> nie fools nie.
>
>> Al wat seker is, is dat ek nou my
>> eie soort gaan bystaan,
>
> Sien, dis hier waar die rot begin. Het jy ook in die
> sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare jou
> medelandgenote bygestaan (nie net jou SOORT nie)toe
> hulle aangeval en uitgeroei en verneder is tot in die
> afgrond in? En, wie mag ek vra, is jou SOORT?

Vira, as jy reeds in die sestigers mense wat te nagekom is,
moes bystaan, moet jy alreeds bejaard wees. Ai, dat ek op
so 'n manier moes uitvind hoe oud jy is.

En waar was ons almal toe vroue en kinders, 27 000 van die
Boere en 9 000 van die Swartes, deur die Britse magte in
konsentrasiekampe laat omkom is? Ek wonder hoe oud jy
moet wees as jy jou ook teen dit moes verset het?

Vira, ek is dit met jou hartroerend eens. Dit is mos nou stille
beleid dat witmense vandag die skuld van apartheid moet
afbetaal deur gewillig die slagoffers van misdaad te wees.
Stille beleid? JA - nog nerens het ek gelees of gehoor dat
iemand van die huidige regering dit duidelik gestel het dat die
skuld van apartheid nie deur misdaad verhaal sal word nie.

Ongelukkig hou die huidige regering net soos baie ander
teenstanders van apartheid hulle doof en blind vir die misdaad
wat oorspoel na die swartmense. Dit is omdat misdaad in
beginsel nie rassisties is nie. Bruin en swartmense word net
so geweldadig beroof, verkrag en vermoor. Intussen gaan die
regering lustig voort om van voor die wortel van die nuwe
konstitusie te hou en van agter met die sweep van apartheid
te looi.

> Ek is van mening dat jy, omdat jy nie 'n Afrikaner
> is nie, nie vir jou moet bemoei met wat die Afrikaner
> in Suid-Afrika besluit om te doen nie. Ek sien jou as
> 'n opruier, wat vir Afrikaners wil aanhits. Wat is jou
> motiewe?

So, ons is so pas meegedeel dat iemand wat diepe meegevoel
het met Afrikaners wat al hoe meer slagoffers van misdaad word,
'n opruier is. Siedaar, is Afrikaans nie 'n skeppende taal nie?
So pas is 'n nuwe betekenis vir die woord "opruier" geskep!

Daagliks lees of hoor ons van kinders, wit, bruin of swart, wat
moet toekyk hoe hulle ouers wreedaardig voor hulle o"e
verkrag en vermoor word. Byna daagliks verneem ons hoe
kinders hulself vankant maak omdat hulle nie meer wil leef
in so 'n lewe nie. Daagliks moet ons kinders help wat van
niks moet leef nie. Dit alles is glo die kinders se verdiende
loen. Hierdie terugvallings laat 'n woede in my opborrel wat
my mal maak.

Dan moet 'n mens boonop menings soos die van Gloudina
lees. Ek wonder wat DOEN sy NOU vir die honderde duisende
kinders in Suid Afrika wat LY.

O, ekskuus, sy bly in Kanada waar sy slim stories skryf
sodat na elke bydrae honderde van hierdie kinders kan juig
oor hoe sy hulle van hulle lyding verlos. Verder lees ons mos
gereeld hoe sy haar aan julle voorhou - vlug landuit omrede
ernstige vergrype en deel skuld na goeddunke uit - beter kan
hierdie land dit nie kry nie.

Dis waansinnig!

Beste wense
At de lange
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11387 is 'n antwoord op boodskap #11296] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Dan moet 'n mens boonop menings soos die van Gloudina
> lees. Ek wonder wat DOEN sy NOU vir die honderde duisende
> kinders in Suid Afrika wat LY.
>
> O, ekskuus, sy bly in Kanada waar sy slim stories skryf
> sodat na elke bydrae honderde van hierdie kinders kan juig
> oor hoe sy hulle van hulle lyding verlos. Verder lees ons mos
> gereeld hoe sy haar aan julle voorhou - vlug landuit omrede
> ernstige vergrype en deel skuld na goeddunke uit - beter kan
> hierdie land dit nie kry nie.
>
> Dis waansinnig!

Akkurate diagnose - dis waansin.

Leendert
Re: Waar is die ware Afrikaners? [boodskap #11413 is 'n antwoord op boodskap #11296] Di, 18 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

Dit is omdat misdaad in
> beginsel nie rassisties is nie. Bruin en swartmense word net
> so geweldadig beroof, verkrag en vermoor.

> Daagliks lees of hoor ons van kinders, wit, bruin of swart, wat
> moet toekyk hoe hulle ouers wreedaardig voor hulle o"e
> verkrag en vermoor word. Byna daagliks verneem ons hoe
> kinders hulself vankant maak omdat hulle nie meer wil leef
> in so 'n lewe nie. Daagliks moet ons kinders help wat van
> niks moet leef nie. Dit alles is glo die kinders se verdiende
> loen. Hierdie terugvallings laat 'n woede in my opborrel wat
> my mal maak.

Dit alles het met die nie-wit deel van die
SA bevolking vir dekades en dekades gebeur.
Hopelik het die woede toe ook in jou opgeborrel
en jou mal gemaak. Ek weet, die woede het so in
my opgeborrel dat ek nie dit meer in SA kon
uithou nie. So ek weet waarvan ek praat. Al
wat ek weet is dat sommige van my eertydse
studente nou nie meer so 'n "bleak" toekoms
hoef in te staar nie. Dat hulle poste kry
wat by hulle intelligensies pas. Goddank
daarvoor.

Gloudina
Afrikaans in die Internet? [boodskap #11447 is 'n antwoord op boodskap #11370] Do, 20 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
David Emanuel Kaufman  is tans af-lyn  David Emanuel Kaufman
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is Oostenryker en sou Afrikaans wil leer.
Kan iemand my se of daar homepages is?
Dankie
Re: Afrikaans in die Internet? [boodskap #11496 is 'n antwoord op boodskap #11447] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
David Emanuel Kaufmann wrote in article
...
> Ek is Oostenryker en sou Afrikaans wil leer.
> Kan iemand my se of daar homepages is?

David, die beste manier om 'n taal te leer is om dit
te gebruik. Neem deel aan hierdie nuusgroep - ek
kan beswaarlik aan 'n beter geleentheid dink.

Een stukkie raad - sorg dat jy 'n dik wel het. Party
mense probeer ander maklik nerf af maak. Jy sal
nie gespaar word nie.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: "Viool-spel" deur L. R.
Volgende onderwerp: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 01:05:58 MGT 2024