Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Monster genaamd snert
'n Monster genaamd snert [boodskap #113355] So, 04 Maart 2007 08:21 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
03/03/2007 17:17 - (SA)

http://www.news24.com/Rapport/Perspektief/0,7718,752-810_207 8052,00.html

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Miskien het jy al teen hierdie tyd gelees van die lawaaierige
internetdebat wat tussen die BBC en die ANC losgebars het oor 'n kort
dokumentêre insetsel wat die Britse uitsaaier oor misdaad in Suid-
Afrika gemaak het.

Ter agtergrond: Die BBC het op die vooraand van pres. Thabo Mbeki se
staatsrede drie weke gelede 'n nuusinsetsel van net minder as 12
minute uitgesaai waarin hul korrespondent John Simpson argumenteer dat
misdaad in Suid-Afrika buite beheer is en dat die regering - by name
die polisieminister en die president - die probleem ontken eerder as
om iets daaraan te doen.

Kortom, die soort uitsprake waarmee verreweg die meeste Suid-
Afrikaners sal saamstem.

Almal behalwe die ANC se tsar van spin, die breedsprakerige Smuts
Ngonyama.

Getrou aan tradisie speel Ngonyama die raskaart gou die oomblik as hy
nie meer enige rasionele reaksie op die BBC se kritiek teen die ANC-
regering kan bedink nie.

Die BBC is erger rassiste as selfs die mees verregse Suid-Afrikaners,
verklaar hy in die party se internet-nuusbrief, ANC Today, en hulle
probeer die aandag van Brittanje se eie "ernstige misdaadprobleme"
aflei deur op Suid-Afrika te fokus.

Volgens Ngonyama sou die SABC op dieselfde verraderlike wyse as die
BBC kon toon dat misdaad in Brittanje buite beheer is deur te fokus op
spesifieke probleemgebiede, soos die Londense voorstad Brixton.

Aangesien die SABC waarskynlik nooit sover gaan kom om 'n program oor
misdaad in Londen te maak nie, het ek die afgelope week self 'n paar
oproepe na Scotland Yard gemaak en wil graag 'n paar Londense
misdaadstatistieke met Ngonyama deel, as hy nie omgee nie.

Hy is reg dat Brixton een van die gewelddadigste voorstede van Londen
is - in die laaste twee jaar was Lambeth, die munisipaliteit waaronder
Brixton val, konstant een van die drie moorddadigste polisiestreke in
die Britse hoofstad.

Scotland Yard se syfers toon dat 15 van Lambeth se byna 300 000
inwoners die afgelope 12 maande vermoor is.

Hoe vergelyk dit met Johannesburg?

In die gebied van die Lindense polisiekantoor in Johannesburg, een van
die stad se boomryke noordelike buurte, was daar tussen April 2004 en
Maart verlede jaar 18 moorde - al verskil die bevolkingsdigtheid (en
sosiaal-ekonomiese omstandighede) van Linden en Lambeth soos dag en
nag.

Die jongste beskikbare syfers toon dat daar in Gauteng gemiddeld elke
2½ uur iemand vermoor word. In die uitgebreide Londen is die syfer een
elke twee dae.

Dit grief my dat 'n mens hoegenaamd besig is om vergelykings soos
hierdie te tref.

Ek het my boonop in die verlede nog altyd hiervan probeer onthou -
totdat Ngonyama my goeie voorneme met sy onsinnige snert bederf het.

Almal weet daar is duisend-en-een redes waarom 'n mens nie die
misdaadvlak van Londen en Johannesburg kan of behoort te vergelyk
nie.

Suid-Afrikaners is realisties genoeg om te weet dat eerste-wêreldse
misdaadvlakke heeltemal onrealisties vir hul land is.

Al waarna hulle smag, is 'n land wat substansieel veiliger is as die
een waarin hulle op die oomblik bly.

Een van my gunsteling-tydverdrywe wanneer ek in 'n bus of moltrein
sit, is om in my kop 'n lysie te maak van die dinge wat ek die meeste
in Londen (en Brittanje) bewonder en waardeer en wat ek die meeste sal
mis wanneer ek hier moet weggaan.

Engelse koerante, die stad se museums, die parke in die lente en die
Britse parlement is boaan my lysie.

Maar as jy moet vra wat die één ding is wat ek die graagste saam met
my huis toe sou wou neem, is dit die vermoë om vreesloos jou gang te
gaan - veral ná donker.

Dis eers hier in Londen dat ek ontdek het hoe ongelooflik
gedesensitiseer Suid-Afrikaners oor die misdaadvlak in ons land geword
het.

Wanneer 'n mens laat saans in 'n donker stegie huis toe te loop - en
nie in die proses van jou beursie of selfoon beroof word nie - besef
jy hoe onnatuurlik vreesbevange Suid-Afrikaners lewe.

Hoeveel meer pret en vreugde kan ons uit ons land - en mekaar - put as
ons dit kan regkry om dié monster nek om te draai?
Re: 'n Monster genaamd snert [boodskap #113357 is 'n antwoord op boodskap #113355] So, 04 Maart 2007 10:44 Na vorige boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Moenie naïef wees en wraaksug onderskat


Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend


Die pas bekroonde Hanlie Retief kon kwalik haar toekenning meer gepas
gevier het as met die skitterende onderhoud met Pallo Jordan (Rapport,
25 Februarie). Lanklaas het ek 'n artikel gelees waarin iemand so
ontmasker word, of moet 'n mens sê homself ontmasker . . . Wat net so
doeltreffend ontbloot is, is die eensydigheid van die sogenaamde
versoeningsproses waarvan ons tot vervelens toe hoor.

Niks illustreer dit beter nie as Jordan se eie woorde: "Hoekom moet
daar 'n kompromis wees?"

Met ander woorde, hoekom moet ons iets aanvaar wat julle ook tevrede
kan stel ná alles wat julle ons aangedoen het? 'n Mens het dit lankal
vermoed, maar dit sou onredelik wees om dit sonder gronde te beweer.

Wat die ANC betref, het die doodsklok eintlik lankal gelui vir
Afrikaans en Afrikaners se kultuurerfenis.

Ons kan dalk niks aan die wraaksug teenoor Afrikaners doen nie, maar
laat ons nie so naïef wees om dit te onderskat nie.


J. Jooste, kampersrus:
http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_2077994,00.h tml
Vorige onderwerp: kan dit 'n mens wees?
Volgende onderwerp: Vakansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:38:20 MGT 2024