Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis --- Dankie , baie dankie Koos
Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis --- Dankie , baie dankie Koos [boodskap #113056] Ma, 19 Februarie 2007 12:11 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hoof Nuus Winkel Kontak ons Venue Forums Links SA Radio - Luister
Nou Video Dagboek Aktueel Gigs Sokkies Algemeen Advertensies Koos
Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom"
Koos kombuis het onlangs sy "uittrede uit die afrikanerdom"
aangekondig. Dan Roodt van Praag beskuldig hom van die "verghwarring"
van die Afrikaner. Lees die volledige artikels hiernaas. Wat dink jy?
Is Koos Kombuis n Afrikaner ikoon of maar net n ghwar? Stel gerus jou
standpunt op die sokkie forums.
http://sokkies.com/content/view/19/2/

Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis

Wie was Generaal Koos de la Rey werklik? Was hy wel 'n man van vrede,
soos Bok beweer, of was hy net een van daardie larger-than-life
oorloghelde wat later in die annale van die FAK en die Calvinistiese
skoolboeke in brons

gegiet is en tot ridder geslaan is? Waar pas hy in in die nuwe
geskiedenis van Afrikaanse musiek, en waarom het Else, Vorster en Van
Blerk juis hom gekies? Omdat hy vaagweg trek op Haile Selassi? Omdat
sy van rym met al

daai lekker maklike "y"-woorde waaruit die liedjie bestaan?


Terug in die Kaap, klaar met my konserte, gaan soek ek hierdie
misterieuse man op die Internet. Soos ek belowe het, Google ek hom.


En 'n nuwe reeks moontlikhede en denkpatrone gaan voor my oop.


Skielik besef ek Sunette Bridges is dalk reg: dis tyd vir introspeksie
(nie omdat ek deesdae lee sale trek nie -allermins - maar omdat ek
stupid genoeg was om te dink alle Afrikaner-ikone uit die ou tyd was
so vervelig, en so hardkoppig, en so eendimensioneel soos Bles en
PW).


Feit nommer een: Koos de la Rey was die laaste Boere-generaal wat
oorlog toe gegaan het; hy het tot op die einde probeer werk vir 'n
vreedsame oplossing.


Feit nommer twee: Koos de la Rey het, saam met generaal Piet Joubert,
Paul Kruger se anti-uitlander-beleid teengestaan uit vrees dat dit tot
'n gewapende stryd sou lei.


Feit nommer drie: Koos de la Rey was, ten spyte van sy hoop op 'n
diplomatieke oplossing, nie bang vir oorlog nie. Toe oorlog eindelik
onafwendbaar word, het hy hom hart en siel in die stryd gewerp. Van al
die Boere-generaals het hy die hoogste slaagsyfer gehad en ook die
langste staande gebly.


Feit nommer vier: Koos de la Rey het guerrilla-oorlogvoering ontdek en
hy was die eerste ou wat ontdek het wat die waarde is van loopgrawe.
Hy was 'n taktiese genie.


Feit nommer vyf: Anders as die Engelse, het De la Rey sy
krygsgevangenes met respek en deernis behandel. Toe hy die gewonde
Britse bevelvoerder Methuen in hegtenis neem, het hy hom dadelik
teruggestuur na die Kakie-linies toe in die hoop dat hy daar beter
mediese hulp sou kon kry.


Feit nommer ses: Na afloop van die oorlog het De la Rey hom tot die
politiek gewend, waar hy, in kontras met die meeste van sy ou
oorlogskamerade, Louis Botha se pogings gesteun het om vrede te maak
tussen Boer en Brit.


Feit nommer sewe: Koos de la Rey was 'n teenstander van Hertzog. Hy
was nie 'n Afrikaner-Nasionalis nie. Hy was 'n ware Suid-Afrikaanse
leier, met 'n groter visie as die eng, etniese en rassistiese
ideologiee van ander Afrikaner-leiers.


Feit nommer agt: Ergste van alles, De la Rey het gesterf op 'n eg Suid-
Afrikaanse manier: hy is getref deur 'n dwaalkoeel by 'n padblokkade.
Die victim van 'n drive-by shooting. Soos Brett Kebble.


Feit nommer nege: Dit is 'n feit soos 'n koei, en Bok van Blerk is reg
as hy daarvan sing: ons het vandag, meer as ooit, leiers soos Koos de
la Rey nodig. Of hulle wit of swart is. Of hulle Afrikaans of Engels
of Xhosa of Zoeloe is. Want De la Rey was die perfekte Afrika-takhaar-
ghoeroe. Hy was

die ideale sintese tussen PW en FW.


Feit nommer tien: Hy was ons Steve Biko.


En dis van hierdie ou wat Bok van Blerk sing wanneer julle hom hoor
wanneer julle braai-partytjies hou van Malmesbury tot Mpumalanga. Hy
sing nie van Eugene Terre'Blanche nie. Hy sing nie van Marthinus van
Schalkwyk nie. Hy sing nie eers van Adriaan Vlok of Jake White of
Hannes Nel of Trompie nie.


Hy sing van 'n man van durf en daad, 'n man van aksie, 'n man met
gewete, 'n ware leier wat, indien hy vandag gelewe het, nie net ons
volk nie, maar die ganse Suid-Afrikaanse nasiedom sou help vorder het
tot by daardie wonderlike land wat die Nuwe Suid-Afrika nog altyd
veronderstel was om te wees.


Dit is waaroor hierdie veelbesproke lied gaan.


En dit, vermoed ek, is waarom daar so 'n diep hartseer agter Bok van
Blerk se oë le.


Want, jonk soos wat hy is, dra hy, net soos ek, net soos alle denkende
Afrikaanse mense, net soos die ganse Suid-Afrika, baie swaar aan die
pyn en die bagasie van die afgelope veertig jaar."


Koos Kombuis

Artikel en foto soos verskyn in www.kooskombuis.co.za


Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner - Dan Roodt

'n Verkorte weergawe van dié rubriek het reeds op LitNet verskyn.
Hierdie is egter die eerste publikasie van die volledige weergawe.


Daar is seker min openbare figure in dié land wat so deur die media op
die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis 'n
weeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin
hy so pas sy "bedanking uit die Afrikanerdom" aangekondig het.

Daar is seker min openbare figure in dié land wat so deur die media op
die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis 'n
weeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin
hy so pas sy "bedanking uit die Afrikanerdom" aangekondig het.


"Want," sê die Koos in sy anglisistiese Afrikaans, "die konsep (van
Afrikaner) is obsoleet." Dus oudmodies, uitgedien, oorbodig.

Wie en wat is Koos Kombuis nou eintlik dat hy hom kan aanmatig om sy
uittrede uit die volk aan te kondig, amper asof hy ons staatspresident
was wat nou iewers aan die kus gaan woon om sy mémoires op te teken?

Myns insiens is die Koos 'n soort Bertolt Brecht vir die swaksinniges,
die dronkes, die bedwelmdes, die skorriemorrie, die
lumpenproletariaat. Soos Bertolt Brecht wat ná die Tweede Wêreldoorlog
deur die Oos-Duitse Kommunistiese Party toegelaat is om sy Berliner
Ensemble in Oos-Berlyn te vestig, tree Kombuis as Afrikaanse
gelukbringer vir die ANC-regime op. As Marthinus van Schalkwyk
liedjies kon skryf, sou hy en Koos 'n PK-Groep Twee op die been kon
gebring het.

Naas André Brink wat hom self in sy romans aan groteske politiekery en
selfs Afrikanerhaat skuldig maak, is die Koos 'n soort vlagskipskrywer
vir die Nasionale Persgroep en word sy pueriele boeke en infantiele
politiek aggressief aan die volk afgesmeer. Brecht was 'n kommunis en
het homself in die eerste plek nie as 'n skrywer nie, maar as 'n
politikus beskou. Die Koos verteenwoordig insgelyks 'n buite-
parlementêre politikus wat soms letterlik verdwaal, net om homself
weer te vind en ons met sy kleinlike prekies in geradbraakte Afrikaans
te vergas.

Terloops verneem ek onlangs dat Nasionale Pers se vlagskiptydskrif
waarin politiek korrekte idees onder die dekmantel van "leefstyl"
aangebied word, Insig, intense sirkulasieprobleme ondervind. Blykbaar
sou Insig se omset van 20 000 na 7 000 gedaal het. Die volk waaroor
die Koos en sy marionetmeesters so neerhalend is, is dus nie dom
genoeg om die ANC en Naspers se ideologie wat in kleurfoto's verpak
word, huidjie en muidjie te sluk nie.

Daar is egter 'n ander sy aan Koos Kombuis wat my interesseer, en dit
is juis sy status as ghwar. Insig, KykNet, Rapport en ander
Naspersmedia is nie soseer besig om die Afrikaner soos in Oos-
Duitsland met Marxistiese ideologie te voer nie, maar poog om hom
onherroepelik te verghwar. Onder die vele metodes waarmee ons tans
ondergrawe en afgetakel word, hetsy fisies deur plaasaanvalle en
misdaad, hetsy sielkundig deur manipulasie van ons godsdiens of
geskiedenis, tel ook verghwarring.

Pleks van Karl Marx se Das Kapital te moet lees, word ons gevoer met
Die Son en die skryfsels van Kombuis. Of die nihilistiese liefjies van
Fokofpolisiekar.

In die vyftiger- en sestigjare was Mimi Coertse een van ons heldinne,
tesame met Gé Korsten, Min Shaw en ander. Mimi Coertse was 'n
internasionaal beroemde operasangeres en gekultiveerd op die Europese
manier. Sy het 'n keurige Afrikaans gepraat, maar ook Duits en
Italiaans. In populêre taal was sy vir baie Afrikaners 'n "rolmodel"
tydens die Afrikaner se fase van opwaartse mobiliteit.

In die jaar 2006, met die Afrikaner op pad na armoede weens
uitsluiting op grond van ras en taal, het ons nuwe rolmodelle nodig.
Pleks van Mozart-operas en eurosentriese sofistikasie, moet ons tans
geïndoktrineer word met 'n soort jolliehotnothedonisme soos deur die
Koos verpersoonlik word. Hy drink homself poepdronk en spog agterna
oor sy babelaas in Rapport. Drank is koning en dwelms is koel.

Tereg noem die Koos aan die einde van sy rubriek in Rapport dat sy
kinders as nie-Afrikaners "...ten minste nooit hoef uit te draai soos
die Waterkloof-Vier nie."

In die Nuwe Suid-Afrika is die ideaal dus nie meer Waterkloof waar 'n
seder soms geval het nie (met apologie aan PG du Plessis), maar
Mitchellsplein waar die messe blink en die dagga- en Mandraxwalms uit
gebreekte bottels opstyg.

Die wêreld sonder reëls van Mitchellsplein se jeugbendes
verteenwoordig die nuwe ideaal waarheen die verghwarde Afrikaner moet
aspireer. Vanuit die direksiekamer van Naspers se gebou in
Heerengracht word hierdie grootse kultuurtransformasie met kille oë op
Die Son en Die Huisgenoot se verkoopsyfers beplan.

Vergeet van boeke lees; luister liewer "songs". Wees vry en
nihilisties. Maak 'n dop, wees vrolik, want môre is jy landuit, gekaap
of vermoor. Carpe diem. As Omar Kajam vandag in Suid-Afrika geleef
het, sou hy gesing het van "bier, gekleurde vroue en songs".

Selfs 'n Hervormde predikant van Naboomspruit het lyk my voor die
aanslag geswig en vir hom 'n swart courtisane of twee by die plaaslike
Truckstop gaan oplaai. Of die man vooraf deur Koos Kombuis beïnvloed
is, weet mens nie.

Dis altyd makliker om af te breek as op te bou. Dis insgelyks
geriefliker om te verghwar as om te veredel. Sowel die ANC as Naspers
het hierdie natuurwet goed ter harte geneem en is daarom besig om ons
al dieper in die modder in te druk.

Arnold Toynbee skryf iewers in sy Study of History dat dit vir die
ordentlike en patriotiese mens besonder pynlik is om tye van
dekadensie te moet beleef. Deur die eeue heen was satire en spot egter
die gekose wapen van die patrisiër wat moet ly onder die geweld, die
swak smaak, die malle rumoer van die gepeupel wat fuif asof daar geen
dag van môre is nie.

Omdat die Afrikaner deur sy godsdiens en verbintenis tot die grond
geleer is om hoogmoed te verafsku, kan ons nie maklik snobisties wees
nie. Anders as die Britte of die Franse byvoorbeeld wat elke teken van
swak smaak, 'n swak gekose kledingstuk of "'n aksent wat gly" met
vernietigende minagting behandel.

Onder die huidige aanslag vanuit die ANC-beheerde of ANC-gesinde media
wat ten doel het om 'n eens trotse volk kombuiswaardes aan te leer,
kan 'n bietjie hoogmoed en snobisme ons egter net goed doen.

Soos een ontstoke leser van Rapport dit prontuit aan Koos Kombuis
gestel het, "jy is 'n vark". Hy kon bygevoeg het: Meng jou met die
semels...

Dan Roodt

Artikel en foto soos verskyn in www.praag.org

< Prev

[ Back ] Nuutste Videos!
Donuts op 'n Bicycle - Amazing!!!


Special agent "Bok Boy" Episode 1


Laurika Rauch - Mense op die bus

Gewildste Videos!
Casper de Vries - Road Rage


Langarm Sokkie in London


Nicholis Louw - Net die een vir my

Visitors: 1379 Copyright © 2007 SOKKIES.com Website Hosted by:
Re: Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis --- Dankie , baie dankie Koos [boodskap #113161 is 'n antwoord op boodskap #113056] Do, 22 Februarie 2007 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Koos Kombuis se stellings
Swys

Hoekom ons kort-kort genooi word om kommentaar te lewer op 'n rubriek
van Koos Kombuis, weet ek nie. Goed, enige ou het die reg om sosiale
kommentaar te lewer, en as hy 'n bekende ou soos Koos Kombuis is, trek
dit meer aandag. Maar dan moet mens jou sekerlik die vraag afvra hoe
gesaghebbend Koos op die gebied van politieke ontleding is.

Kom ons kyk na 'n paar denkfoute. Eerstens sou dit mos baie naïef wees
om te glo dat alles maar sou regkom en reg verloop, net omdat ons 'n
swart regering het. Maar dit nou daar gelaat.

Kom ons kyk nou na die volgende stellings van Koos: "die Mbeki-
regering speel die rassekaart, en daar is niks wat hulle inniger
begeer as dat hierdie tweestryd ontaard tussen (sic) 'n rumoer tussen
Boer en Bantoe nie. En daar is niks wat hulle meer vrees as 'n
opstand, by die stembus of op straat, deur alle Suid-Afrikaners, wit
of swart of bruin, nie", en: "Dit wat die ANC wil hê, is presies wat
Dan Roodt wil hê. Nie 'n stryd om demokrasie nie, maar 'n etniese
stryd."

Koos beweer die ANC "begeer" 'n rassestryd en 'n etniese stryd. Dan
weerspreek hy homself deur te sê dat daar niks meer is wat hulle
"vrees" as juis dit nie! Maar dit ook nou daar gelaat.
Ek glo darem dis vêrregaande om te beweer dat die ANC stryd "wil hê."
Dis die laaste ding wat hulle "begeer." Hulle wil, volgens hul insigte
en ideologieë, graag hê die land moet 'n sukses wees, en dat die skyn
gehandhaaf moet word dat "ons almal een" is.

Soos dit daar staan, lyk dit amper asof Koos demokrasie teenoor
etnisiteit stel, en om een of ander obskure rede gebruik hy Dan Roodt
as verwysingspunt.

Demokrasie en etnisiteit sluit mekaar nie wedersyds uit nie: dis nie
óf die een óf die ander nie. Etnisiteit is 'n maatskaplike verskynsel;
demokrasie is 'n regeringsvorm - die teenoorgestelde van 'n
diktatuur.

Verskillende etniese groepe kan binne 'n demokratiese bestel voorkom;
demokrasie kan binne 'n etniese gemeenskap bestaan. Maar as mens
rondom jou kyk, het demokrasie waarskynlik sy beste hoop op sukses
binne 'n enkel-etniese samelewing. Iets wat opval by multi-etniese
state in Derdewêreld lande is dat hulle nie 'n plan het om etnisiteit
effektief te bestuur nie.

Koos is wel in 'n mate reg wanneer hy sê "ons" veg "al weer" teen die
"fat cats". Maar Koos se ontwaking kom 'n bietjie laat. Skynbaar merk
hy dit nou eers op, noudat groot klompe blankes, en veral Afrikaners,
begin moerig raak. So half asof "struggle" net "struggle" is wanneer
witmense betrokke raak. (En terloops, Sampie Terreblanche het al vyf
jaar gelede daarop gewys dat 'n nuwe magsverskuiwing in Suid-Afrika
nodig is).
Sou dit Koos dan ontgaan het dat die swart proletariaat al etlike jare
lank ontevrede is met die neo-liberale rigting van die "fat cats"? Hoe
lank raas en dreig Cosatu nie al nie? Daar gaan byna nie 'n dag verby
dat massas betogende swart mense nie die strate invaar nie.

Dit ontstel, maar mens kan nie help om daaraan te dink dat nuut-
onafhanklike Afrikalande een na die ander van die laat 60s af
"peasant"-onrus en etniese opflikkering beleef het op soek na 'n
"second independence", soos sommige geskiedskrywers dit noem nie. Twee
swakhede wat na vore kom, is dat Afrikastate maar hoop dat ekonomiese
groei 'n deursypel-effek sal hê na daardie helfte van die bevolking
wat onder die broodlyn leef, en dat etniese groepe dit sal aanvaar om
deur ander etniese groepe oorheers te word.
En so van etnisiteit gepraat: Koos se onttrekking uit Afrikanerdom
blyk nie baie duidelik uit hierdie rubriek nie, of hoe't ek dit dan
nou ...?

Swys


http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_ item&cause_id=1270&news_id=10685&cat_id=160
Re: Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis --- Dankie , baie dankie Koos [boodskap #113192 is 'n antwoord op boodskap #113161] Vr, 23 Februarie 2007 11:30 Na vorige boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 22, 10:01 am, "fire_" wrote:
> Koos Kombuis se stellings
> Swys
>
> Hoekom ons kort-kort genooi word om kommentaar te lewer op 'n rubriek
> van Koos Kombuis, weet ek nie. Goed, enige ou het die reg om sosiale
> kommentaar te lewer, en as hy 'n bekende ou soos Koos Kombuis is, trek
> dit meer aandag. Maar dan moet mens jou sekerlik die vraag afvra hoe
> gesaghebbend Koos op die gebied van politieke ontleding is.
>
> Kom ons kyk na 'n paar denkfoute. Eerstens sou dit mos baie naïef wees
> om te glo dat alles maar sou regkom en reg verloop, net omdat ons 'n
> swart regering het. Maar dit nou daar gelaat.
>
> Kom ons kyk nou na die volgende stellings van Koos: "die Mbeki-
> regering speel die rassekaart, en daar is niks wat hulle inniger
> begeer as dat hierdie tweestryd ontaard tussen (sic) 'n rumoer tussen
> Boer en Bantoe nie. En daar is niks wat hulle meer vrees as 'n
> opstand, by die stembus of op straat, deur alle Suid-Afrikaners, wit
> of swart of bruin, nie", en: "Dit wat die ANC wil hê, is presies wat
> Dan Roodt wil hê. Nie 'n stryd om demokrasie nie, maar 'n etniese
> stryd."
>
> Koos beweer die ANC "begeer" 'n rassestryd en 'n etniese stryd. Dan
> weerspreek hy homself deur te sê dat daar niks meer is wat hulle
> "vrees" as juis dit nie! Maar dit ook nou daar gelaat.
> Ek glo darem dis vêrregaande om te beweer dat die ANC stryd "wil hê."
> Dis die laaste ding wat hulle "begeer." Hulle wil, volgens hul insigte
> en ideologieë, graag hê die land moet 'n sukses wees, en dat die skyn
> gehandhaaf moet word dat "ons almal een" is.
>
> Soos dit daar staan, lyk dit amper asof Koos demokrasie teenoor
> etnisiteit stel, en om een of ander obskure rede gebruik hy Dan Roodt
> as verwysingspunt.
>
> Demokrasie en etnisiteit sluit mekaar nie wedersyds uit nie: dis nie
> óf die een óf die ander nie. Etnisiteit is 'n maatskaplike verskynsel;
> demokrasie is 'n regeringsvorm - die teenoorgestelde van 'n
> diktatuur.
>
> Verskillende etniese groepe kan binne 'n demokratiese bestel voorkom;
> demokrasie kan binne 'n etniese gemeenskap bestaan. Maar as mens
> rondom jou kyk, het demokrasie waarskynlik sy beste hoop op sukses
> binne 'n enkel-etniese samelewing. Iets wat opval by multi-etniese
> state in Derdewêreld lande is dat hulle nie 'n plan het om etnisiteit
> effektief te bestuur nie.
>
> Koos is wel in 'n mate reg wanneer hy sê "ons" veg "al weer" teen die
> "fat cats". Maar Koos se ontwaking kom 'n bietjie laat. Skynbaar merk
> hy dit nou eers op, noudat groot klompe blankes, en veral Afrikaners,
> begin moerig raak. So half asof "struggle" net "struggle" is wanneer
> witmense betrokke raak. (En terloops, Sampie Terreblanche het al vyf
> jaar gelede daarop gewys dat 'n nuwe magsverskuiwing in Suid-Afrika
> nodig is).
> Sou dit Koos dan ontgaan het dat die swart proletariaat al etlike jare
> lank ontevrede is met die neo-liberale rigting van die "fat cats"? Hoe
> lank raas en dreig Cosatu nie al nie? Daar gaan byna nie 'n dag verby
> dat massas betogende swart mense nie die strate invaar nie.
>
> Dit ontstel, maar mens kan nie help om daaraan te dink dat nuut-
> onafhanklike Afrikalande een na die ander van die laat 60s af
> "peasant"-onrus en etniese opflikkering beleef het op soek na 'n
> "second independence", soos sommige geskiedskrywers dit noem nie. Twee
> swakhede wat na vore kom, is dat Afrikastate maar hoop dat ekonomiese
> groei 'n deursypel-effek sal hê na daardie helfte van die bevolking
> wat onder die broodlyn leef, en dat etniese groepe dit sal aanvaar om
> deur ander etniese groepe oorheers te word.
> En so van etnisiteit gepraat: Koos se onttrekking uit Afrikanerdom
> blyk nie baie duidelik uit hierdie rubriek nie, of hoe't ek dit dan
> nou ...?
>
> Swys
>
> http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_ item&caus...

Koos Kombuis en De la Rey
Steve Gericke


Koos se artikel oor De la Rey verwys. Siestog, die ou Koos skud
homself potblou om sy Afrikanerkultuur-bagasie uit sy stamboom te
probeer skud. Ongelukkig is dit so, Koos, dat jy maar 'n stamboom kan
skud so hard as jy wil, die slegte appels sal bly sit.
'n Beter voorstel vir jou sal wees om te soek na 'n Brit in jou
stamboom en dan die Britse kultuurbagasie aan te neem. Baie makliker.
Dié bagasie wat jy dan aanneem, sluit in die moord op derduisende
Indiërs en derduisende Rooi Indiane, asook die moord en slawerny van
derduisende Swart Afrikane, om maar 'n paar te noem.
En net om jou beter te laat voel oor jou nuwe kultuurbagasie kan jy
insluit Rhodes/Milner en ou Queen Vic se haat van die
Afrikanerkultuur, tot so 'n mate dat hulle in 'n Volksmoord 25000
vroue en kinders vermoor het. (Dit was maar die Britse manier om van
ongewenste kultuur ontslae te raak.)
Ek stel verder voor dat jy 'n bietjie van die mensdom se geskiedenis
opswot. Sodoende sal jy gou agterkom dat die sondes van die Afrikaner
verteenwoordig maar 'n druppel in die emmer van die mensdom se
strewes.
En as jy steeds ongelukkig is, gaan was dan tog asseblief iemand se
voete sodat jou siel rus kan kry.
Ek geniet sekere van jou artikels in die Rapport, so hou tog aan om te
skryf, maar om vadersnaam, die Afrikaners weet alte goed van hulle
nalatenskap. Laat hulle tog nou met rus. Jy raak afgesaag. Dit sal ook
lekker wees om ook nie weer van jou eie "cultural baggage" te hoor
nie.
Groete
Steve Gericke
http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_ item&cause_id=1270&news_id=10795&cat_id=160
Vorige onderwerp: Re: Good Safety Tips
Volgende onderwerp: Re: Mbeki= Mugabe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:19:22 MGT 2024