Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mme Barry Voorspel
Mme Barry Voorspel [boodskap #113106] Di, 20 Februarie 2007 21:36 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het op goeie gesag verneem dat die Ds Rudolph nie by was toe besluite
deur die kerkraad tov Kletskerk geneem is nie.
Ons praat dus nie in die eerste plek van die wil en besluit van die gemeente
nie, maar die besluit van die kerkraad wat by die vergadering teenwoordig
was.
Op die vergadering is daar ook in die reël 'n buitengewone besluit geneem.

Mens kan maar seker net aanneem dat Rudolph op hoorsê opgetree het, en dit
dan sou kon "verdedig" dat hy in goeie trou vir sy medeleeraar en gemeente
sou wou opgekom het.

Ek voel net dit is belangrik dat die mense op KK wat die draad volg dit
weet, want volgens wat Jean geplaas het, verbatim, verstaan ek dat Rudolph
te kenne wil gee dat hy, en ook die hele gemeente, aktief betrokke was by
die besluit re KK, en dit is plein en simpel nie waar nie.
Re: Mme Barry Voorspel [boodskap #113114 is 'n antwoord op boodskap #113106] Wo, 21 Februarie 2007 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Ek voel net dit is belangrik dat die mense op KK wat die draad volg dit
> weet, want volgens wat Jean geplaas het, verbatim, verstaan ek dat Rudolph
> te kenne wil gee dat hy, en ook die hele gemeente, aktief betrokke was by
> die besluit re KK, en dit is plein en simpel nie waar nie.

Waa' val dzy yt, doll? Ek hettie 'n kloe waa'van dzy hie' pratie.
Re: Mme Barry Voorspel [boodskap #113122 is 'n antwoord op boodskap #113114] Wo, 21 Februarie 2007 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oepsie.

Hier is die regte een.
Blerrie Copy-knoppie het nie gewerk nie,
en erger, Annette het nie gekyk nie.

Jammer Julle
Liewe Familie, Vriende en Kollegas

As dit van my afgehang het, het 'n jaar vir ewig aangehou. Daar is nie 'n
einde nie en daarom geen begin nie, daar is nie 'n Oujaarsaandpartytjie nie
en daar is nie 'n Nuwejaarsoggend-kopseer nie (en Koos hoef nooit weer te
drink nie of hy kan ononderbroke drink), daar is nie 'n oujaarsbestekopname
nie en daarom geen nuwejaarsvoornemens nie. Jy neuk net aan.

Vat nou maar vir Januarie. 'n Maand sonder enige identiteit. 'n Klomp hou
vakansie , terwyl die ander sotte sukkel om hul werk gedoen te kry, want die
spul wat die tjeks moet teken, lê op Margate se strand. Dan jaag almal huis
toe met 'n moerse spoed, terwyl pa sit en vloek oor sy overdraft wat in sy
kanon is en ma die die nuwe rolle om haar middellyf blou knyp. Die res van
die maand eet almal viennas en droë Krismiskoek, want die kinders se
skoolklere kos 'n plaas se geld.

Arme stomme Februarie. Nie eens genoeg dae om 'n ware maand te wees nie en
kry toe maar Valentynsdag sodat hy nie sleg moet voel nie. In Februarie gooi
die meeste mense hul voornemens vir nuwejaar oorboord, begin weer rook /
drink / vreet en verval in diepe depressie, want die hond is pregnant en die
vrou kla sy's moeg om almal se slaaf te wees.

Maart, nou ja, foei tog. Nog vis nog vlees. Dis te koud vir somersklere en
te warm vir wintersklere. Jy kry 'n vieslike griep en vergeet jou selfoon op
die apteek se toonbank. Die rentekoers gaan op en Breggie dreig om
universiteit op te skop en haarself te gaan soek op 'n pelgrimsreis deur
Indië. Graham Smith bedank as die Proteas se kaptein want hy wil meer tyd
saam met Herschelle Gibbs deurbring.

Dan is dit April. Immers is daar 'n paar vakansiedae wat die gemoedere
opkikker. Die Kaap is te duur en Durban te warm. Dan maar Oudtshoorn toe vir
die KKNK waar jy jou beursie in die biertuin verloor, jou geduld by die
kaartjieskantoor en jou balans by die brandewynstalletjie.

Mei wêreld. Die Suid-Afrikaanse spanne beklee die onderste vyf plekke op die
Super 14 punteleer en die minister van sport sê dinge lyk belowend. 'n
Skoolhoof van Pretoria word gevang vir dronkbestuur en sy vrou bieg oor haar
dobbelprobleem, wat weer op sy beurt tot haar man s'n gely het. 'n Bekende
gay modeontwerper bevestig dat hy eintlik heteroseksueel is en raak verloof
aan oud Mej SA, Suzette van der Merwe. Die Creepy Crawly sluk 'n oordosis
herfsblare in.

Junie is nes Julie, jy spel hom net verskillend. Die verwarmer brand uit,
die kaggel verstop en die warmwatersak lek. Robert Mugabe koop vir hom 'n
woonstel in Kampsbaai en George Bush verklaar oorlog teen Switserland.
Skoonma kom kuier en die boerboel eet haar nuwe paar Hush Puppies.

Julie het nog nooit die son gesien nie. Hy dra 'n grys mus, 'n
langpyponderbroek en stewels wat sy voete laat stink. Dis nat in die Kaap,
droog in Gauteng en koud in die Vrystaat. In die hoofstraat van Benoni,
vroeër herdoop na Charlize Theron Boulevard, open 'n Charlize
Theron-droogskoonmaker, 'n Charlize Theron-skoonheidsalon en 'n Charlize
Theron-drankwinkel. Bid jou dit aan!

Eintlik wou Augustus nog altyd September gewees het. Nou steel hy maar 'n
paar bloeisels en 'n bietjie son om sy vaal gesig in te kleur. Almal karring
net aan, behalwe ons adjunkpresident wat die wêreld vol rits in haar eie
Gulfstreamjet. Sy sê gerugte dat sy haar vliegtuig teen 'n onbekende bedrag
by 'n kontak van Schabir Shaik gekoop het, is ongegrond.

September is net 'n ander woord vir sinus. Meeste mense stik, stotter en
snuif die maand deur. Patricia Lewis en Amor Vittone skryf saam 'n boek:
Skoonheid vergaan, maar silikoon bly staan. Pa val van die leer af terwyl hy
die geute verf en ma sluit by Weight Watchers aan, want die vakansie is net
om die draai.

Oktober is miskien die mooiste mooiste maand, maar terwyl die lente sy
kleure en geure in 'n weerbarstige streep oor die landskap trek, klim die
herinnering aan verspeelde dae onder jou gewete in. Die jaar is amper verby
en wat het jy nou eintlik gedoen. Bôgeroll! Die boek wat jy wou skryf, die
marathon wat jy wou hardloop, die slegte gewoontes wat jy sou afleer - het
niks van gekom nie. In stede is jy luier, dikker en dommer as 'n jaar
gelede.

November begroet jou met 'n kakofonie van voortydige Krismisklanke. Ná drie
doppe op die office party, beledig jy jou baas, lê aan by die ontvangsdame
en brand 'n gat in die duur gehuurde tafeldoek.. Op Guyfawks raak die hond,
die huishulp en die tuinslang weg. Sussie word naar op haar
matriekafskeidrok en boetie kleur sy hare pers.

Desember is die begin van die einde. Steve Hofmeyr stig sy eie kerk,
F*k*ofpolisiekar maak 'n geestelike CD en Leon Schuster se nuwe fliek,
Daar's 'n Xhosa in my kooi, is 'n wegholsukses. Op Oukersaand gee pappa vir
mamma 'n bottle You're the Fire en mamma maak vir pappa so warm dat hy
Kersdag nog vonke doodslaan.

Groete,

Barry Pretorius van Hermanus
Re: Mme Barry Voorspel [boodskap #113162 is 'n antwoord op boodskap #113122] Do, 22 Februarie 2007 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Goed. Nou gee jy my die kans om iets te plaas wat vir my vrek goed
geskryf is. Ek weet nie wie is die outeur nie. Dis Engels, soos jy
waarskynlik sal agterkom. 'Skuus.

Hier is dit:
Togetherness Tshabalala weaves his TOYOTA High Impact African Culling
Equipment (Hi-Ace for short), through the rush-hour traffic,
occasionally using the pavement to increase productivity. The rising
sun shines brightly off Togetherness' gleaming, stolen BMW hubcaps.

Togetherness is a confident man with high spirits, as evidenced by
the stickers on his rear window:

"GOD LOVES TAXI DRIVERS" and "AVOID CONSTIPATION - TRAVEL BY TAXI".

On the front of his taxi, between a large dent which, ominously, is
in the shape of a large traffic cop, and the holes from a small spray
of bullets, is a lurid notice reading: "JUKSKEI PARK EXPRESS INAUGURAL
FLIGHT". Using the word "flight" is Togetherness' own little personal
joke. What we are witnessing is the inaugural leg of what is hopefully
to become a daily service between Jukskei Park and Johannesburg - a
25km journey which takes 10 minutes - less if the pavements are open.

The percussion waves from Togetherness' powerful radio (taken from a
BMW Z3) push back the early mist. He is playing Boom Shaka's latest
low frequency, 120 dB hit (How low can we go). He hoots as he drives.
Togetherness hoots at anything he sees including trees - as is the
custom of his people.

On board the taxi are a dozen white people. They do not come whiter
than this. They are Omo white. But they were not born white. No, their
pallor is due to fear and stark terror. Take John Mleka.

Never in his life has he done 0 to 100km/h in six seconds -
especially not in heavy traffic. Denise Mthaba's colour has changed
from green-black to a sort of waxen ivory as quickly as the last
traffic light had changed to red, (a colour which traditionally
prompts taxi drivers to make even more haste).

Togetherness regularly looks over his shoulder while driving - even
for a full minute - asking passengers their destinations. Elizabeth
Mkize, sitting right at the back - has the opportunity to say "Rendbeg
Senta" even though she works in Johennesbeg. Randburg was coming up
fast and it suddenly seemed near enough for her (at only 20kms to
walk!) She worries about how she will make her way to the front - but
only fleetingly, because the taxi has now reached Randburg Centre and
Togetherness has stopped. He has stopped as suddenly as a plane might
stop up against a mountain. Now EVERYBODY is at the front in a warm,
intimate heap. Elizabeth alights as gracefully as anybody can with one
knee locked behind the other. She is vaguely aware of passers-by
loosening her clothing and shouting "Give her air!"

Togetherness bowls happily along Jan Smuts Avenue, overtaking a
police BMW which is chasing a getaway car. Then he overtakes the
getaway car too, exchanging boisterous greetings with the driver whom
he knows. Togetherness is steering with his elbows because he needs
his hands free to check the morning's takings and to wave to girls on
the pavement, whilst his jump-boy is hanging out of the sliding door
window, whistling and shouting "Jekske pak, Soweto, Rendbeg!" at
everyone walking or just looking like they might want to go somewhere
What is even more remarkable is that Togetherness is doing all this
despite the fact that his taxi does not have a steering wheel. When
Togetherness' friend, Sipho, stole this vehicle, it was fitted with a
steering lock, so Sipho had to remove the steering wheel. The spanner
that Sipho has attached to the steering bolt in its place is quite
adequate though. Togetherness smiles and turns to his passengers as he
accelerates past a truck on a blind rise. He announces "Ladies and
gentlemen, these ees your ceptain. We will shortly be lending in
Johennesbeg. Plis make sure your seatbelts are in the upright
position, end your seats are fastened. Thank you for flying with us
today. We hope to see you soon again."

John Mleka is gripping the seat in front of him so tightly, that he
notices his finger tips have gone transparent, as a passing taxi fires
a brief burst from an automatic weapon in his direction.

Togetherness now reaches the city and merges with the in-bound
traffic like his ancestors merged with the British at Isandlwana. He
stops at his usual disembarkation point in the middle of an
intersection and picks his teeth patiently while people sort out their
legs and teeth, before groping their way towards a pole around which
they can throw their arms. By the time his passengers' eyeballs have
settled back in their parent sockets, Togetherness is already halfway
back to Jukskei Park with another load of passengers, whom are turning
whiter by the second....
Re: Mme Barry Voorspel [boodskap #113176 is 'n antwoord op boodskap #113162] Do, 22 Februarie 2007 21:15 Na vorige boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Baie mooi - was lekker om te lees.
Vorige onderwerp: Easy Slow and Komfatable al weer:
Volgende onderwerp: Re: Good Safety Tips
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:55:11 MGT 2024