Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uitgetrap
Uitgetrap [boodskap #11284] Di, 11 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kry toe 'n briefie van 'n goeie vriend wat my vra hoe durf ek iemand
(Leendert) bevraagteken oor sy taalgebruik (synde dit nie vuiltaal was wat
enige aanstoot gegee het nie.)

Staan ek toe nou heeltemal verslae. Blykbaar is dit 'n taboe volgens
Netiquette.

Sorrie Leendert. Maar ek moet sê ek het die bespreking rondom die onderwerp
terdeë geniet.

Groete,

Alwyn
Re: Uitgetrap [boodskap #11315 is 'n antwoord op boodskap #11284] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Nov 1997 17:55:20 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
<<>Staan ek toe nou heeltemal verslae. Blykbaar is dit 'n taboe volgens
> Netiquette. >>

Waar kom dit daaraan??!!

"Netiquette" is stelle reels wat lukraak deur well meaning
voorskriftelike plageeste opgestel was en gepos was oor wat hulle dink
"goeie maniere" behoort te wees. Volgens hulle.

Gelukkig het die mode nou uitgesterf. Mens sien al minder daarvan.

Ek is seker jy sal iewers 'n klomp voorskrifte kry oor hoe om "dames
te benader" en "wat om te doen om vroue te imponeer" en so aan.
Die "netiquette" goed is in dieselfde klas.

Enigiemand wat nie n hulpelose "nerd" is nie weet eenvoudig hoe om
cherries te chaf en het nie boek nodig nie. Die cherries wat tel val
in elk geval nie vir boek-voorskrifte nie. Dis alles improvise.

Selfde op nuusgroepe. Jy weet moes hoe jy wil praat en hoe om die
gesprek aan die gang te hou. Of af te knip.

Hel, as jy nie iemand se taalgebruik kan kritiseer nie (as jy voel jy
moet dit doen) is die hele donnerse Internet mos nie die moeite werd
nie!!

Dis soos enige gesprek oor koffie of bier. Se wat jy wil, maar wees
bereid om die antwoorde te vat. End of story.
Re: Uitgetrap [boodskap #11316 is 'n antwoord op boodskap #11284] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel skryf:

> Kry toe 'n briefie van 'n goeie vriend wat my vra hoe durf ek iemand
> (Leendert) bevraagteken oor sy taalgebruik (synde dit nie vuiltaal was wat
> enige aanstoot gegee het nie.)

In 'n goeie demokrasie moet 'n mens enigiets kan
bevraagteken en voorbereid oo enige terugreaksie.

> Staan ek toe nou heeltemal verslae. Blykbaar is dit 'n taboe volgens
> Netiquette.

Jy het beskaafd opgetree. As dit 'n taboe is, is die hel los.

> Sorrie Leendert. Maar ek moet sê ek het die bespreking rondom die onderwerp
> terdeë geniet.

Wat, trek jy nou Pik Botha aan? (Hy het mos gesê
dat hy al die jare in die regering was om eintlik apartheid
te vernietig.)

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Rasputin
Volgende onderwerp: my paljas te sterk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 16:52:02 MGT 2024