Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oom Paul
Oom Paul [boodskap #112921] Di, 13 Februarie 2007 23:04 na volgende boodskap
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Wie onthou Oom Paul?
Hy was 'n man - geen voet wasser.
Re: Oom Paul [boodskap #112926 is 'n antwoord op boodskap #112921] Wo, 14 Februarie 2007 05:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"George Orwell" Wie onthou Oom Paul?[/color]
> Hy was 'n man - geen voet wasser.
>

Oom Paul was 'n diep gelowige volgeling van Jesus Christus.

En Jesus Christus was 'n Man!!! - dié MAN!!!
- wat die Fariseërs "wit gepleisterde grafte" genoem het en Koning Herodus
"'n jakkals"
- wat die tafels van die geldwisselaars in die tempel omgekeer het en hulle
met 'n sweep daar uitgejaag het!
- wat onskuldig die slawedood aan die kruis gesterf het om sondaars van
hulle sondes te verlos!

EN....

- Hy was 'n Voetwasser!
- Adriaan Vlok het die voorbeeld by Jesus gekry!
Re: Oom Paul [boodskap #112928 is 'n antwoord op boodskap #112926] Wo, 14 Februarie 2007 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:equ5uk$4vp$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Hy was 'n Voetwasser!
> Adriaan Vlok het die voorbeeld by Jesus gekry!

Wat was die primere doel van iemand se voete was in Jesus se tyd. Ek twyfel
sterk of dit enigsins iets met vergifnis uit te waai gehad het.
Re: Oom Paul [boodskap #112931 is 'n antwoord op boodskap #112928] Wo, 14 Februarie 2007 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 14, 10:02 am, "Riaan" wrote:
> "Torreke" wrote in message
>
> news:equ5uk$4vp$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>
>> Hy was 'n Voetwasser!
>> Adriaan Vlok het die voorbeeld by Jesus gekry!
>
> Wat was die primere doel van iemand se voete was in Jesus se tyd. Ek twyfel
> sterk of dit enigsins iets met vergifnis uit te waai gehad het.

Oom Paul was n bliksem , die Engelse het hom gehaat, die boere het hom
leif gehad.
Hy was presies wat ons vandag nodig het.

meer;
Leadership
In time, Kruger emerged as a leader. He started as a field cornet in
the commandos, eventually becoming Commandant-General of the South
African Republic. He was appointed member of a commission of the
Volksraad, the republican parliament that was to draw up a
constitution. People began to take notice of the young man and he
played a prominent part in ending the quarrel between the Transvaal
leader, Stephanus Schoeman, and M.W. Pretorius.

In 1873, Kruger resigned as Commandant-General, and for a time he held
no office and retired to his farm, Boekenhoutfontein. However, in 1874
he was elected to the Executive Council and shortly after that became
Vice-President of the Transvaal.

Following the annexation of the Transvaal by Britain in 1877, Kruger
became the leader of the resistance movement. During the same year, he
visited Britain for the first time as leader of a deputation. In 1878,
he was part of a second deputation. A highlight of his visit to Europe
was when he ascended in a hot air balloon and saw Paris from the air.

The First Boer War, also known as the "First War of Independence",
started in 1880, and the British forces were defeated in the decisive
battle at Majuba in 1881. Once again, Kruger played an important role
in the negotiations with the British, which led to the restoration of
the Transvaal's independence under British suzerainty.

On 30 December 1880, at the age of 55, Kruger was elected President of
the Transvaal. One of his first aims was the revision of the Pretoria
Convention of 1881, the agreement between the Boers and the British
that ended the First Boer War. Therefore, he again left for Britain in
1883, empowered to negotiate with Lord Derby. Kruger and his
companions also visited the Continent and this visit became a triumph
in countries such as Germany, Belgium, the Netherlands, France and
Spain. In Germany, he attended an imperial banquet at which he was
presented to the Emperor, Wilhelm I, and spoke at length with
Bismarck.

In the Transvaal, things changed rapidly after the discovery of gold
on the Witwatersrand. This momentous discovery was to have far-
reaching political repercussions and to give rise to the uitlander, or
foreigner, problem, which was eventually to cause the fall of the
Republic. Kruger is reputed to have predicted the events that were to
follow afterwards, declaring that instead of rejoicing for the
discovery of gold, they should be weeping because it will "cause our
land to be soaked in blood."

At the end of 1895, the failed Jameson raid took place; Jameson was
forced to surrender, taken to Pretoria and handed over to his British
countrymen for punishment.

In 1898, Kruger was elected President for the fourth and last time.

[edit] Exile
On 11 October 1899, the Second Boer War broke out. On 7 May the
following year, Kruger attended the last session of the Volksraad, and
left Pretoria on 29 May as Lord Roberts was advancing on the town. For
weeks he either stayed in a house at Waterval Onder or in his railway
carriage at Machadodorp in the then Eastern Transvaal, now Mpumalanga.
In October, he left South Africa on the Dutch warship De Gelderland,
sent by the Queen of the Netherlands Wilhelmina, which had simply
ignored the British naval blockade of South Africa. His wife was too
ill to travel and remained in South Africa; she died on 20 July 1901.

Kruger went to Marseille and stayed for a while in The Netherlands,
before moving to Clarens, Switzerland, where he died on 14 July 1904.
He was buried on 16 December 1904 in the Church Street cemetery,
Pretoria.

[edit] Physical appearance
Kruger was a large squarely built man, with dark brown hair and brown
eyes. In later years his hair went snowy white. He wore a beard, but
never a mustache. He mostly went dressed in a black frock coat with a
top hat. Never far from his pipe, he was a chain smoker. The image of
Kruger in his top hat and frock coat, smoking his pipe was used to
great effect in the Anglo-Boer war by British cartoonists.

According to legend, he was named Mamelodi'a Tshwane (Tswana for
"whistler of the Apies River") by the inhabitants of the surrounding
area for his ability to whistle and imitate bird calls.
http://en.wikipedia.org/wiki/Paul_Kruger
http://www.nfi.org.za/KM/khkruger.htm

Kruger was n staatsman vir die Afrikaner in die Transvaal en het
gedoen wat die beste was vir sy volk.
Hy was nie altied reg nie , maar hy was eerlik en opreg anders as ons
moderne leiers.
Hy was definifiet geniaal met sy benadering en het kringe in sys jong
dae om die engelse geloop.
Re: Oom Paul [boodskap #112935 is 'n antwoord op boodskap #112928] Wo, 14 Februarie 2007 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" wrote
> Wat was die primere doel van iemand se voete was in Jesus se tyd. Ek
> twyfel sterk of dit enigsins iets met vergifnis uit te waai gehad het.

Dit het alles met vergifnis uit te waai!!! Gaan lees weer Johannes 13 en
oorweeg in die lig van wat jy lees die volgende baie kort verklaring.

1. Mense het sandale sonder sokkies gedra op stofpaaie - hoe die voete
gelyk het wanneer jy by die tafel kom, kan jy jou goed voorstel. Aangesien
mense by die tafel aangelê het - nie gesit het nie! - was mense se voete
baie meer in die gedrang as vandag en was dit noodsaaklik om die voete voor
ete te was.

2. Die gasheer het gewoonlik die minderwaardigste van al sy slawe geroep om
die gaste se voete te was. Soms sou die dissipels - leerlinge! - van 'n
rabbi dit vir hulle leermeester doen as teken van eerbetoon en erkenning.

3. Jesus keer die orde om. Hy die Rabbi was die voete van die leerlinge!
Hy, die slawe-eienaar, was die voete van sy slawe. Vandaar Petrus se
verdwaasde vraag en beswaar: Here (dws "Baas") gaan U my voete was? (My
Eienaar, my Rabbi, my vuil voete was?) Ek sal dit nooit toelaat nie!

4. Jesus antwoord hom dat as Hy, Jesus, nie vir Petrus was nie (duidelik
met verwysing na die wassing in sy bloed - doop), het hy geen deel aan Jesus
nie! Wanneer Petrus dan voorbarig vra dat Jesus ook sy hande en hoof was,
sê Jesus vir hom dat iemand wat reeds skoon is (weer met duidelik verwysing
na die wassing in sy bloed!) niks meer nodig het as om voete te was nie.

5. Die voetwassing het dus alles te doen met die wassing in die bloed van
Christus - wat aan die kruis gebeur! Jesus verrig die nederigste van
slawewerk vir sy dissipels - was hulle voete! - met heenwysing na sy
slawedood (die Romeine het die kruisdood by uitstek gebruik om weggeloopte
slawe te straf!) die volgende dag om hulle sondes te versoen.

6. Die kruis gaan oor versoening! - versoening tussen God en mens, tussen
mens en mens! Die voetwassing het dus ALLES met versoening en vergifnis te
doen.

7. Jesus sê dat Hy ons 'n voorbeeld gegee het om na te volg. Dit beteken
nie noodwendig letterlike voetwassing nie (al sluit dit nie die moontlikheid
uit nie), maar dat ons soos slawe mekaar moet dien in ons aksies om
versoening te bewerkstellig!!! Die wyse waarop Adriaan Volk homself
verneder het in sy pogings om versoening te bewerkstellig tussen hom en die
mense wat hy verontreg het, is inderdaad die gees wat Jesus se opdrag om
mekaar se voete te was wou bewerkstellig.

Mense kan maar lag en kritiseer en hom vir 'n lafaard en verraaier
uitskel! - maar wat dink God daarvan? Die Bybel sê daar's blydskap in die
hemel oor een sondaar wat hom bekeer. Ek dink daar is ook blydskap in die
hemel oor wat Vlok gedoen het. En vir dié ouens wat hom as 'n lafaard
uitskel, het ek net een vraag: Het jy die moed om te doen wat hy gedoen het?
Ek din nie so nie.
Re: Oom Paul [boodskap #112939 is 'n antwoord op boodskap #112935] Wo, 14 Februarie 2007 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:equliq$avk$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>
> "Riaan"

>> Wat was die primere doel van iemand se voete was in Jesus se tyd. Ek
>> twyfel sterk of dit enigsins iets met vergifnis uit te waai gehad het.
>
> Dit het alles met vergifnis uit te waai!!! Gaan lees weer Johannes 13 en
> oorweeg in die lig van wat jy lees die volgende baie kort verklaring.

Ek het dit gaan lees - En ek verstaan dit as volg:

1. Jy moenie dink jy is beter as iemand anders nie
2. Jy moet aan ander doen wat jy graag aan jouself gedoen wil he

Ek dink egter nog steeds dat dit nie veel met vergifnis te doen het nie,
maar meer met nederigheid.

In elk geval, kan jy dalk Johannes 13:23 vir my verduidelik, dit maak vir my
bitter min sin
Re: Oom Paul [boodskap #112941 is 'n antwoord op boodskap #112935] Wo, 14 Februarie 2007 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Riaan" > Wat was die primere doel van iemand se voete was in Jesus se tyd. Ek
>> twyfel sterk of dit enigsins iets met vergifnis uit te waai gehad het.
>
> Torreke
> Dit het alles met vergifnis uit te waai!!!

Ek wonder of Riaan nie reg is nie. En Torreke se aanhalings oortuig my
ook nie dat hy wat Torreke is, reg is waar hy met Riaan verskil nie.
Ek het dit al die jare gesien (en seker Riaan ook) as 'n
daad van 'nie-Selfverheffing'. En ek sê nie dat ek reg het nie,
maar in watter lig ek dit sien.

En Torreke, op al die Kanadese antie se aanvalle op jou, sien ek jou
met 'n waslap en skotteljie voor haar voete. Weer, toe sy jou aangeval
het oor jou engelse plasings, was jy die beskeie 'askies tog' een.
Kry jy enige erkentenis daarvoor? Jy kry nie eens die stank uit haar
skrywes gewas nie.
Re: Oom Paul [boodskap #112945 is 'n antwoord op boodskap #112931] Wo, 14 Februarie 2007 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" Hy was presies wat ons vandag nodig het.[/color]
>

Hoewel ek ontsaglik hoë agting vir Kruger het, het ek eweveel vir De la Rey.

Dit is 'n interresante vraag hoe die oorlog sou verloop het as Kruger vir De
la Rey as opperbevelhebber van die Transvaalse magte aangestel het na die
dood van Piet Joubert in plaas van Louis Botha! Ek wonder of hy De la Rey
oor die hoof gesien het omdat De la Rey hom in die Transvaalse parlement
openlik teėgestaan het oor die naderende oorlog? (De la Rey: Julle sal my
nog in die saal vind besig om my plig te doen, lank nadat u (Kruger) en die
spul wat met hul monde oorlog voer, die land uitgevlug het!)

De la Rey was die enigste van die hooffigure aan albei kante van die
oorlog! - Kruger ingesluit! - wie se reputasie nie deur die oorlog geskend
is nie.

Kruger se grootste bydrae lê waarskynlik in sy selfopgelegde ballingskap na
die oorlog! - "ons het die enkel trots geërf dat Kruger met die Vierkleur
swerf", "sy afstandsoffer het gered, toe ons te skor was vir gebed!"

Die Afrikanervolk was besonder geseënd met Kruger en De la Rey (seer
sekerlik ook met MT Steyn, CR de Wet en Louis Botha) 'n eeu gelede toe die
volk deur die smeltkroes gegaan het. Ek sou graag vandag 'n Afrikanerleier
wou sien wat oor die beste kwaliteite van Kruger en De la Rey gekombineerd
beskik!

Maar waar kry ons so iemand!?
Re: Oom Paul [boodskap #112946 is 'n antwoord op boodskap #112939] Wo, 14 Februarie 2007 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" Ek het dit gaan lees - En ek verstaan dit as volg:[/color]
>
> 1. Jy moenie dink jy is beter as iemand anders nie
> 2. Jy moet aan ander doen wat jy graag aan jouself gedoen wil he
>
> Ek dink egter nog steeds dat dit nie veel met vergifnis te doen het nie,
> maar meer met nederigheid.

Nederige diens is sentraal in die boodskap, ja...

- maar dit is die noodwendige GEVOLG van die versoening wat Jesus
bewerkstellig!
Die kernboodskap is: Omdat Hy ons gewas het (van ons sondes) - dus met God
en met mekaar versoen het! - moet ons mekaar se voete was - d.w.s. mekaar
dien!

Hou vers 1-3 veral in gedagte:
1) Die tydstip - "voor die fees van die Pasga". Dit was die aand voor die
kruisiging en net voor die nagmaal ingestel sou word - waar Jesus sy
verraaier ook sou aanwys. Jesus het net één keer die dissipels se voete
gewas! - die aand voor sy kruisdood! - omdat Hy daarmee iets doelbewus vir
hulle wou leer. As dit bloot gegaan het oor die 2 boodskappe wat jy daarin
sien, sou Petrus dit onmiddellik so verstaan het - Jesus het immers lankal en
by herhaling vir hulle geleer om (a) nederig te wees en (b) aan ander te
doen wat jy aan jouself gedoen wil hê! Maar dit gaan hier om iets wat hulle
nie op daardie tydstip (voor die kruisiging) kon verstaan nie, maar wat
hulle wel later (na die kruis en opstanding) sou verstaan (Joh 13:7) -
wanneer hulle dit in verband met die betekenis van die kruis en opstanding
kon sien.

2) Vers 1 sê uitdruklik "omdat Hy wis dat sy uur gekom het..." Die daad van
die voetwassing word daarmee uitdruklik aan die historiese tydstip
gekoppel - dws dit het alles te doen met die instelling van die nagmaal, die
verraaier, die gevangeneming, die kruisiging (wat die volgende dag sou
plaasvind) en die uiteindelike hemelvaart.

3) Twee duidelike lyne word getrek:
- (a) die was van die voete word in verband gebring met die was van die
sonde. Let wel Jesus sê nie "As Ek nie jou voete was nie...", maar "As Ek
jou nie was nie..." Petrus het onmiddellik verstaan dat dit oor meer as die
voete gaan - daarom sy voorbarige versoek van die hande en die hoof ook.
Let ook daarop hoe Jesus van die "was" oorspring na "rein" in vers 10 en sê:
"Julle is rein, maar nie almal nie" (sinspeel op Judas). Die voetwassing
is 'n simboliese handeling wat Jesus uitvoer (dit gaan nie soseer oor die
skoon voete nie) om te simboliseer dat Hy hulle reeds van sonde gewas het
(soos in die doop gesimboliseer) en wat hulle die reg en toegang gee om deel
te hê aan Hom - d.w.s. aan sy tafel (die nagmaal).
- (b) die 2e lyn loop van "Here" en "Meester" (Rabbi) na die kruis! "Julle
noem My Meester en Here en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die
Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar
se voete te was." As die Baas van die slawe en die Rabbi van die dissipels
die nederigste van slawewerk vir sy slawe en dissipels gedoen het, is hulle
ook verplig om dit vir mekaar te doen. As die Baas sy diensknegte dien,
hoeveel te meer moet die diensknegte mekaar dien? Die slawewerk wat Hy vir
hulle doen, wys duidelik na dié slawedaad - die kruisdood! - heen wat Hy die
volgende dag sou doen! - om ons met God en met mekaar te versoen!

(Ek het hierdie betrokke gedeelte se eksegese op Universiteit onder een van
die briljantste Nuwe Testamentici van so 3 dekades gelede in SA geleer)

> In elk geval, kan jy dalk Johannes 13:23 vir my verduidelik, dit maak vir
> my bitter min sin

Die dissipel vir wie Jesus liefgehad het, verwys na die skrywer van die
boek, die apostel "Johannes". Petrus, Johannes en Jakobus was die
binnekring van die twaalf apostels. Jesus het 'n besondere verhouding met
elkeen gehad, maar 'n besonder naby en hegte verhouding met Johannes.
Daarom het hy later sy moeder aan Johannes toevertrou (Joh 19:26)

Waarskynlik vanweë die besonder hegte verhouding tussen Jesus en Johannes
het Johannes "teen die bors van Jesus gelê". Die mense aan tafel het in 'n
waaier vormasie gelê, voete na buite, en dus met die rug gedeeltelik voor
die bors van die volgende een.
Re: Oom Paul [boodskap #112947 is 'n antwoord op boodskap #112941] Wo, 14 Februarie 2007 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" En Torreke, op al die Kanadese antie se aanvalle op jou, sien ek jou[/color]
> met 'n waslap en skotteljie voor haar voete. Weer, toe sy jou aangeval
> het oor jou engelse plasings, was jy die beskeie 'askies tog' een.

Maar, Dave, hoewel ek jou ondersteuning daaroor waardeer het - steeds
waardeer! - sy was reg! Die grappie was in Engels en het niks met
Afrikaans of SA te doen gehad nie! Ek moes dit vertaal het voordat ek dit
geplaas het!

> Kry jy enige erkentenis daarvoor? Jy kry nie eens die stank uit haar
> skrywes gewas nie.
>

Dit skeel my geen bloue duit of ek erkenning daarvoor by haar of enigiemand
anders kry nie! Ek soek altyd eerste fout by myself! - en as ek dit kry,
erken ek dit en soek vergifnis daarvoor by wie ek te na gekom het!

'n Mens doen mos nie wat Jesus van jou vra om daarmee erkenning van mense te
kry of dat hulle dieselfde aan jou moet doen nie, of hoe?

'n Mens doen dit omdat Christus deur sy Gees in jou hart is! - omdat dit die
regte ding is om te doen! - en basta!
Re: Oom Paul [boodskap #112948 is 'n antwoord op boodskap #112947] Wo, 14 Februarie 2007 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> 'n Mens doen dit omdat Christus deur sy Gees in jou hart is! - omdat dit die
> regte ding is om te doen! - en basta!

Goeie antwoord.
Re: Oom Paul [boodskap #112949 is 'n antwoord op boodskap #112945] Wo, 14 Februarie 2007 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
>
> Maar waar kry ons so iemand!?

Ons moet bid en glo dat God hulle vir ons voorbery, soos hy
dawid,Josua en moses vir die jode voor bery het
Re: Oom Paul [boodskap #112950 is 'n antwoord op boodskap #112947] Wo, 14 Februarie 2007 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Dave"
>> En Torreke, op al die Kanadese antie se aanvalle op jou, sien ek jou
>> met 'n waslap en skotteljie voor haar voete. Weer, toe sy jou aangeval
>> het oor jou engelse plasings, was jy die beskeie 'askies tog' een.
>
> Dit skeel my geen bloue duit of ek erkenning daarvoor by haar of enigiemand
> anders kry nie! Ek soek altyd eerste fout by myself! - en as ek dit kry,
> erken ek dit en soek vergifnis daarvoor by wie ek te na gekom het!
>
> 'n Mens doen mos nie wat Jesus van jou vra om daarmee erkenning van mense te
> kry of dat hulle dieselfde aan jou moet doen nie, of hoe?
>
> 'n Mens doen dit omdat Christus deur sy Gees in jou hart is! - omdat dit die
> regte ding is om te doen! - en basta!
>
> Koot
> Goeie antwoord.

Nog nooit was 'n Christen die vloerlap van 'n heidin nie, so basta
Re: Oom Paul [boodskap #112955 is 'n antwoord op boodskap #112921] Wo, 14 Februarie 2007 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
muis  is tans af-lyn  muis
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
"George Orwell" skryf in boodskap news:224ce408492f2fe9f4919c14e62925cc@mixmaster.it...
> Wie onthou Oom Paul?
> Hy was n man - geen voet waser.

Bedoel je de volgeling Paulus, ook wel "Paulus de apostel" genoemd?
Re: Oom Paul [boodskap #112965 is 'n antwoord op boodskap #112950] Do, 15 Februarie 2007 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote
>
> Nog nooit was 'n Christen die vloerlap van 'n heidin nie, so basta
>

1) Jy het nie genoegsame grond om Gloudina "'n heidin" te noem nie!

2) As 'n Christen erken dat hy verkeerd is en iemand anders reg, maak dit
nie van hom die ander persoon se
"vloerlap" nie! - 'n mens noem dit "eerlikheid".

3) Wat beteken die volgende opdrag van Jesus vir jou prakties?

"Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.
Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie;
maar as iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander een na hom
toe.
En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom
ook die bokleed kry."
"Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand
moet jy haat.
Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat julle
vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle
beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat
in die hemele is; want Hy
laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en
onregverdiges."
(Matt. 5:38-45)

As ek dit lees, kry ek opnuut skaam oor party van die dinge wat ek vir
Suidwester
gesê het...
Re: Oom Paul [boodskap #112977 is 'n antwoord op boodskap #112965] Do, 15 Februarie 2007 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Dave" < wrote

>> Nog nooit was 'n Christen die vloerlap van 'n heidin nie, so basta

> Torreke
>
> 1) Jy het nie genoegsame grond om Gloudina "'n heidin" te noem nie!
>

Gaan lees weer my skrywe en bevestig dat ek nie enigiemand by name
'n heidin genoem het nie.

Terwyl jy haar naam noem, het ek 'n vraag aan elk van julle.

Aan jou,
'as sy ontken dat Jesus die énigste weg na die ewige lewe is, sou jy
haar 'n heidin noem?'
Ek wil amper dink dat sy al die wesentlikheid van God bevraagteken
het.

En aan Gloudina
' glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
slegs deur Hom is?'

INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
om 'n antwoord te omseil, òf tot ons verbasing eerlik antwoord, gaan
ek dit aan jou oorlaat om daarop te reageer. Indien sy nie hierop
reageer nie, sal ek ook graag jou reaksie daarop wil sien.
Re: Oom Paul [boodskap #112987 is 'n antwoord op boodskap #112965] Vr, 16 Februarie 2007 05:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Indien enigiemand hierdie dubbel kry, dan is dit omdat ek die vorige
uitgevee het, (dit is nie eens meer op die server nie) en enkele
woorde verander het. Ek is vreeslik vol fiemmies oor wat gesê word en
hoe woorde gebruik word.

>
> "Dave" < wrote

>> Nog nooit was 'n Christen die vloerlap van 'n heidin nie, so basta

> Torreke
>
> 1) Jy het nie genoegsame grond om Gloudina "'n heidin" te noem nie!
>

Gaan lees weer my skrywe en bevestig dat ek nie enigiemand by name
'n heidin genoem het nie. Die stelling was baie wyer gemaak as slegs
na aanleiding van jou skrywes hier en die aanvalle daarop.

Maar, terwl jy haar naam noem, het ek 'n vraag aan elk van julle.

Aan jou,
'as enige mens ontken dat Jesus die énigste weg na die ewige lewe is,
sou jy hom of haar 'n heidin noem?' En indien so 'n persoon dan sou
ander gelowe aanhang en goedpraat?

Ek wil amper dink dat sy al die wesentlikheid van God bevraagteken
het.

En aan Gloudina
'glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
slegs deur Hom is?'

INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
om 'n antwoord te omseil, òf tot ons verbasing eerlik antwoord, gaan
ek dit aan jou oorlaat om daarop te reageer. Indien sy nie hierop
reageer nie, sal ek ook graag jou reaksie daarop wil sien.
Re: Oom Paul [boodskap #112988 is 'n antwoord op boodskap #112977] Vr, 16 Februarie 2007 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:djl8t297f3qqpjmoldoirefejn2qvl0mi9@4ax.com...

> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
> om 'n antwoord te omseil, óf tot ons verbasing eerlik antwoord, gaan
> ek dit aan jou oorlaat om daarop te reageer. Indien sy nie hierop
> reageer nie, sal ek ook graag jou reaksie daarop wil sien.

Ek twyfel of die Antie reguit sal antwoord hierop. Ek wag nog vir haar om my
te antwoord oor hoekom sy en sening Kanada toe getrek het in plaas van na 'n
ander afrika land.

Maar ons kan duim vashou !
Re: Oom Paul [boodskap #112989 is 'n antwoord op boodskap #112988] Vr, 16 Februarie 2007 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Feb 2007 07:37:59 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:djl8t297f3qqpjmoldoirefejn2qvl0mi9@4ax.com...
>
>> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
>> om 'n antwoord te omseil, òf tot ons verbasing eerlik antwoord, gaan
>> ek dit aan jou oorlaat om daarop te reageer. Indien sy nie hierop
>> reageer nie, sal ek ook graag jou reaksie daarop wil sien.
>
> Ek twyfel of die Antie reguit sal antwoord hierop. Ek wag nog vir haar om my
> te antwoord oor hoekom sy en sening Kanada toe getrek het in plaas van na 'n
> ander afrika land.
>
> Maar ons kan duim vashou !
>

as sy sou antwoord, sou sy dit gisteraand gedoen het.
Jy wag ook vir mahala dat sy jou moet antwoord op waarom
sy nie Rhodesië getrek het nie.

Van die os op die jas (waar kom die stupid uitdrukking vandaan?)
het jy dit gesien toe ek my epos adres vir jou gegee het,
re De La Rey?
Re: Oom Paul [boodskap #112992 is 'n antwoord op boodskap #112987] Vr, 16 Februarie 2007 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
>
> Indien enigiemand hierdie dubbel kry, dan is dit omdat ek die vorige
> uitgevee het, (dit is nie eens meer op die server nie) en enkele
> woorde verander het. Ek is vreeslik vol fiemmies oor wat gesê word en
> hoe woorde gebruik word.
>

>> "Dave" < wrote
>
>>> Nog nooit was 'n Christen die vloerlap van 'n heidin nie, so basta
>
>> Torreke

>> 1) Jy het nie genoegsame grond om Gloudina "'n heidin" te noem nie!

>
> Gaan lees weer my skrywe en bevestig dat ek nie enigiemand by name
> 'n heidin genoem het nie. Die stelling was baie wyer gemaak as slegs
> na aanleiding van jou skrywes hier en die aanvalle daarop.
>
> Maar, terwl jy haar naam noem, het ek 'n vraag aan elk van julle.
>
> Aan jou,
> 'as enige mens ontken dat Jesus die énigste weg na die ewige lewe is,
> sou jy hom of haar 'n heidin noem?' En indien so 'n persoon dan sou
> ander gelowe aanhang en goedpraat?
>
> Ek wil amper dink dat sy al die wesentlikheid van God bevraagteken
> het.
>
> En aan Gloudina
> 'glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
> slegs deur Hom is?'
>
> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
> om 'n antwoord te omseil, óf tot ons verbasing eerlik antwoord, gaan
> ek dit aan jou oorlaat om daarop te reageer. Indien sy nie hierop
> reageer nie, sal ek ook graag jou reaksie daarop wil sien.
>

Ek hoor jou duidelik en jy't my ook duidelik gehoor.

As sy reguit en eerlik antwoord op jou vrae, mag ons moontlik "genoegsame
grond" hê om duidelik oor haar christenskap al dan nie standpunt in te neem.
Re: Oom Paul [boodskap #112993 is 'n antwoord op boodskap #112989] Vr, 16 Februarie 2007 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

>
> Van die os op die jas (waar kom die stupid uitdrukking vandaan?)

Ek dink die oorspronklike uitdrukking was "van die os op die esel", en het
dus in die dae ontstaan toe mense nog diere gebruik het om te ploeg en mee
te ry. Dit mag selfs wees na aanleiding van die 10e gebod , ...of sy os, of
sy esel..."

Maar waarom "esel" na "jas" verander is, kan ek nie raai nie

****

Kyk net hoe ver is ons nou van die onderwerp "Oom Paul"?
Re: Oom Paul [boodskap #113002 is 'n antwoord op boodskap #112977] Vr, 16 Februarie 2007 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> En aan Gloudina
> ' glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
> slegs deur Hom is?'

Ja, ek glo dat Jesus van Nasaret 'n seun van
god is. Ek stel dit egter aan jou dat ek glo
dat jy nie glo dat Jesus van Nasaret, die seun
van Josef, die seun van God is nie. Jy glo in
'n mitiese "Jesus" en 'n mensgemaakte konsep
van 'n Jehova-God wat jy dan allerhande
mitiese karaktertrekke toedig. Ek glo dat
Jesus van Nasaret, seun van Maria en Josef,
die seun van God is toe hy die bergpredikasie
gepredik het en vir mense verduidelik het
hoe hulle "gered" kon word en die "koninkryk"
kon be-erwe. En hulle kan gered word, myns
insiens, eksklusief deur die diktate van
die bergpredikasie, nie deur al die ander
strooi wat in sy naam gepredik word nie.

Gloudina
Re: Oom Paul [boodskap #113003 is 'n antwoord op boodskap #112992] Vr, 16 Februarie 2007 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> As sy reguit en eerlik antwoord op jou vrae, mag ons moontlik "genoegsame
> grond" hê om duidelik oor haar christenskap al dan nie standpunt in te neem

Julle laat my lag. Maar ook huil. Want
dis treurig dat mense wat probeer om
'n spirituele lewe te lei, hulle tyd so sit
en verspil om te probeer "besluit" of
ander mense "gered" is of nie. Of hulle
dus "in" is of "uit." Dis eintlik gods-
lasterlik wat julle probeer doen. Dis
vir mense soos julle wat Christus op
die kruis gebid het.

Gloudina
Re: Oom Paul [boodskap #113004 is 'n antwoord op boodskap #113003] Vr, 16 Februarie 2007 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 16, 4:45 pm, "Hessie" wrote:
> "Torreke" skryf
>
>> As sy reguit en eerlik antwoord op jou vrae, mag ons moontlik "genoegsame
>> grond" hê om duidelik oor haar christenskap al dan nie standpunt in te neem
>
> Julle laat my lag. Maar ook huil. Want
> dis treurig dat mense wat probeer om
> 'n spirituele lewe te lei, hulle tyd so sit
> en verspil om te probeer "besluit" of
> ander mense "gered" is of nie. Of hulle
> dus "in" is of "uit." Dis eintlik gods-
> lasterlik wat julle probeer doen. Dis
> vir mense soos julle wat Christus op
> die kruis gebid het.
>
> Gloudina

Haal die balk uit jou eie oog........................
Re: Oom Paul [boodskap #113007 is 'n antwoord op boodskap #113003] Vr, 16 Februarie 2007 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Feb 2007 05:45:45 -0800, "Hessie" wrote:

> "Torreke" skryf
>
>> As sy reguit en eerlik antwoord op jou vrae, mag ons moontlik "genoegsame
>> grond" hê om duidelik oor haar christenskap al dan nie standpunt in te neem
>
> Julle laat my lag. Maar ook huil. Want
> dis treurig dat mense wat probeer om
> 'n spirituele lewe te lei, hulle tyd so sit
> en verspil om te probeer "besluit" of
> ander mense "gered" is of nie. Of hulle
> dus "in" is of "uit." Dis eintlik gods-
> lasterlik wat julle probeer doen. Dis
> vir mense soos julle wat Christus op
> die kruis gebid het.
>
> Gloudina

so, jy weet nie eens wat godslatering is nie

en, inderwaarheid gaan dit ons nie aan in watter wêreld jy jou bevind
nie. Dit het, soos jy baie goed weet, gegaan oor, of 'n spesifieke
woord van pas is of nie.
Re: Oom Paul [boodskap #113009 is 'n antwoord op boodskap #113002] Vr, 16 Februarie 2007 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Feb 2007 05:38:11 -0800, "Hessie" wrote:

> Dave skryf
>
>> En aan Gloudina
>> ' glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
>> slegs deur Hom is?'
>
> Ja, ek glo dat Jesus van Nasaret 'n seun van
> god is. Ek stel dit egter aan jou dat ek glo
> dat jy nie glo dat Jesus van Nasaret, die seun
> van Josef, die seun van God is nie. Jy glo in
> 'n mitiese "Jesus" en 'n mensgemaakte konsep
> van 'n Jehova-God wat jy dan allerhande
> mitiese karaktertrekke toedig. Ek glo dat
> Jesus van Nasaret, seun van Maria en Josef,
> die seun van God is toe hy die bergpredikasie
> gepredik het en vir mense verduidelik het
> hoe hulle "gered" kon word en die "koninkryk"
> kon be-erwe. En hulle kan gered word, myns
> insiens, eksklusief deur die diktate van
> die bergpredikasie, nie deur al die ander
> strooi wat in sy naam gepredik word nie.
>
> Gloudina

Ek het gesê:
> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
> om 'n antwoord te omseil,

en nou sê ek:

Torreke, ek besef dat daar geen kans hoegenaamd is dat jy die
konstruksie van haar eerste sin sal miskyk nie.
Ook laat sy dit blyk dat sy nie 'n die wonderwerke waarvan die bybel
vertel, glo nie.
Voorts bevestig sy dat sy 'n kristalbal gebruik om mense se gedagtes
daarin te lees.

Ek onttrek my aan die res van die gesprek, want ek wou net Torreke se
verdediging van haar bevraagteken. Waarom hy haar verdedig het terwyl
ek nie eens haar naam genoem het nie.

Hopelik gaan jy reageer hierop, Torreke?
Ek meen, jy't die antie verdedig...:-)
Re: Oom Paul [boodskap #113027 is 'n antwoord op boodskap #113009] So, 18 Februarie 2007 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
>> Dave skryf

>>> En aan Gloudina
>>> ' glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
>>> slegs deur Hom is?'

>> Ja, ek glo dat Jesus van Nasaret 'n seun van
>> god is. Ek stel dit egter aan jou dat ek glo
>> dat jy nie glo dat Jesus van Nasaret, die seun
>> van Josef, die seun van God is nie. Jy glo in
>> 'n mitiese "Jesus" en 'n mensgemaakte konsep
>> van 'n Jehova-God wat jy dan allerhande
>> mitiese karaktertrekke toedig. Ek glo dat
>> Jesus van Nasaret, seun van Maria en Josef,
>> die seun van God is toe hy die bergpredikasie
>> gepredik het en vir mense verduidelik het
>> hoe hulle "gered" kon word en die "koninkryk"
>> kon be-erwe. En hulle kan gered word, myns
>> insiens, eksklusief deur die diktate van
>> die bergpredikasie, nie deur al die ander
>> strooi wat in sy naam gepredik word nie.

>> Gloudina
>
>
>
>
>
> Ek het gesê:
>> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
>> om 'n antwoord te omseil,
>
> en nou sê ek:
>
> Torreke, ek besef dat daar geen kans hoegenaamd is dat jy die
> konstruksie van haar eerste sin sal miskyk nie.

Nee, ek het nie!

> Ook laat sy dit blyk dat sy nie 'n die wonderwerke waarvan die bybel
> vertel, glo nie.
> Voorts bevestig sy dat sy 'n kristalbal gebruik om mense se gedagtes
> daarin te lees.

Dit sien ek ook.

>
> Ek onttrek my aan die res van die gesprek, want ek wou net Torreke se
> verdediging van haar bevraagteken. Waarom hy haar verdedig het terwyl
> ek nie eens haar naam genoem het nie.

Nee, jy het nie haar naam genoem nie, maar dit het begin by my erkenning
teenoor haar dat ek verkeerd was oor my Engelse plasing. Daar gelaat, ek
dink ook dis nie die moete werd om daaroor te stry nie.

> Hopelik gaan jy reageer hierop, Torreke?
> Ek meen, jy't die antie verdedig...:-)
>

Nee, nie verdedig nie - net gesê dat ons nie "genoegsame grond" het nie -
ons het steeds nie, want steeds het sy nie jou DUIDELIK geantwoord nie!
Re: Oom Paul [boodskap #113028 is 'n antwoord op boodskap #113002] So, 18 Februarie 2007 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" En hulle kan gered word, myns[/color]
> insiens, eksklusief deur die diktate van
> die bergpredikasie, nie deur al die ander
> strooi wat in sy naam gepredik word nie.
>

Gloudina, is die Bybel die Woord van God?
-die hele Bybel?
- of net sommige dele van die Bybel?
Re: Oom Paul [boodskap #113037 is 'n antwoord op boodskap #113027] Ma, 19 Februarie 2007 05:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Torreke
> Nee, nie verdedig nie - net gesê dat ons nie "genoegsame grond" het nie -
> ons het steeds nie, want steeds het sy nie jou DUIDELIK geantwoord nie!
>

Hòè duidelik wil jy haar dan hoor?
Stilbly is ook 'n antwoord - somtyds oorverdowend
Re: Oom Paul [boodskap #113043 is 'n antwoord op boodskap #113027] Ma, 19 Februarie 2007 08:00 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" [/color]
> "Dave" >> Dave skryf
>
>>>> En aan Gloudina
>>>> ' glo jy dat Jesus die Seun van God is, en dat die Weg na die Lewe
>>>> slegs deur Hom is?'
>
>>> Ja, ek glo dat Jesus van Nasaret 'n seun van
>>> god is. Ek stel dit egter aan jou dat ek glo
>>> dat jy nie glo dat Jesus van Nasaret, die seun
>>> van Josef, die seun van God is nie. Jy glo in
>>> 'n mitiese "Jesus" en 'n mensgemaakte konsep
>>> van 'n Jehova-God wat jy dan allerhande
>>> mitiese karaktertrekke toedig. Ek glo dat
>>> Jesus van Nasaret, seun van Maria en Josef,
>>> die seun van God is toe hy die bergpredikasie
>>> gepredik het en vir mense verduidelik het
>>> hoe hulle "gered" kon word en die "koninkryk"
>>> kon be-erwe. En hulle kan gered word, myns
>>> insiens, eksklusief deur die diktate van
>>> die bergpredikasie, nie deur al die ander
>>> strooi wat in sy naam gepredik word nie.
>
>>> Gloudina





>> Ek het gesê:
>>> INDIEN sy antwoord hierop, hetsy sy soos gewoonlik die tema verander
>>> om 'n antwoord te omseil,

>> en nou sê ek:

>> Torreke, ek besef dat daar geen kans hoegenaamd is dat jy die
>> konstruksie van haar eerste sin sal miskyk nie.
>
> Nee, ek het nie!
>
>> Ook laat sy dit blyk dat sy nie 'n die wonderwerke waarvan die bybel
>> vertel, glo nie.
>> Voorts bevestig sy dat sy 'n kristalbal gebruik om mense se gedagtes
>> daarin te lees.
>
> Dit sien ek ook.
>

>> Ek onttrek my aan die res van die gesprek, want ek wou net Torreke se
>> verdediging van haar bevraagteken. Waarom hy haar verdedig het terwyl
>> ek nie eens haar naam genoem het nie.
>
> Nee, jy het nie haar naam genoem nie, maar dit het begin by my erkenning
> teenoor haar dat ek verkeerd was oor my Engelse plasing. Daar gelaat, ek
> dink ook dis nie die moete werd om daaroor te stry nie.
>
>> Hopelik gaan jy reageer hierop, Torreke?
>> Ek meen, jy't die antie verdedig...:-)

>
> Nee, nie verdedig nie - net gesê dat ons nie "genoegsame grond" het nie -
> ons het steeds nie, want steeds het sy nie jou DUIDELIK geantwoord nie!

Gloudina en Dave,

Die Heidelbergse Kategismus vra: Glo hulle ook in die enigste Heiland Jesus
wat hulle hulp by die engele, die heiliges of êrens elders soek?

Die HK antwoord: Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Heiland
Jesus ofskoon hulle met die mond in Hom roem. Want een van twee, of Jesus
is geen volkome Saligmakare nie, of dié wat in Hom glo moet in Hom alles hê
wat vir hulle saligheid nodig is.

Hierdie standpunt is in lyn met Jesus se uitspraak "Ek is die Weg en die
Waarheid en die Lewe..." en wat Handelinge leer dat daar geen ander naam in
die hemel of op die aarde gegee is waardeur mense gered kan word as die Naam
"Jesus" nie!!

Het jy in Jesus alles wat vir jou saligheid nodig is, Gloudina?

Of soek jy jou hulp by die Bhuddiste?
Vorige onderwerp: THE FACTS ABOUT RACE AND RACISM
Volgende onderwerp: JW12 Antwoord op KK weer verwyder...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:05:56 MGT 2024