Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Believe it 'cause it's true. Corné en Twakkie in the house. Guy.
Believe it 'cause it's true. Corné en Twakkie in the house. Guy. [boodskap #112686] Sa, 03 Februarie 2007 05:45
Nomen Nescio  is tans af-lyn  Nomen Nescio
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Believe it 'cause it's true. Corné en Twakkie in the house. Guy.
CHopper CHarlie

Dis Satragaand en ek en Ali Baba is op soek na Diaz Tavern. Ons stop
langs so Coloured bra met dreads oorkant die Kasteel, obviously uit ons
bracket uit verdwaal. "Sorry bra, weet jy waar..." begin Ali. "Ja, dis
die plek," reken die ou. Sien, die dude reken ons soek obviously vir
Corné en Twakkie wat by Distri-X speel. Oh well...

Ons pull in. Moerse stage en ligte en als. Hier gaan obviously iets
fokken serious gebeur. Na 'n geronddraaiery kry ons eindelik sitplek
somewhere in die rotstuin bo die stage. Ja, daar's 'n rotstuin wat op
die stage uitkyk. Moerse weird. Ek bedoel, dis oorkant die fokken
Kasteel bra.

Anyway, die beat trek los en twee blare in wit suits met sweatbands en
serious fokken smitties betrek die stage. Corné and Twakkie have arrived
pappa. Die bra met die donker hare is klaarblyklik Corné en die klein
Asterix lookalike wat soos 'n fool rondhop is Twakkie.

Welkom by The Most Amazing Show.
Welkom in Welkom.

Na die eerste tune maak The Style of Love hulle verskyning. The Style of
what? The Style of Love guy. 'n Band of sorts gedress in knee pads,
onderbroeke, breërand kriekethoede, donkerbrille en liplapas. Yo! Maar
die ouens kap dit uit, fokken eersteklas tunes vir die mense.

Met die begeleiding van The Style of Love entertain die twee zefgatte
ons met 'n winding, loosely bound narrative oor die rise van C&T - hoe
hulle ontmoet het, Icarus Guy, en dies meer. Fokken weird en freaky maar
nogal cool. 'n Hoogtepunt is die arrival van die stage girls wat in
bikini's oprock en proceed om Clover boksiemelk oor hulle semi-naakte
lywe uit te gooi. Grrrr! Hiervan hou mens mos.

Part Cheech en Chong, part Raj & Raj 2 (Corsa Lite) en hoogs zef, maak
hierdie nogal vir 'n entertaining aand. Die hele ding is song-driven en
tussenin hap die ouens mekaar kak, of haal die advertising types in die
audience uit. Hulle het ook 'n punt daarvan gemaak om so groot tannie in
'n geblomde rok te tune wat hulle met haar boobs wil doen, en die token
swart ou bedank (hy was actually Indian) dat hy gekom het.

Volgens hulle site (www.tmas.co.za) is hulle al lank aan die go, met
planne vir 'n TV show reeds aan die rol. Check ook die video clips op
die sait vir 'n voorsmakie (dis onder "Tunes and movies"). Maak dan 'n
kraak en gaan sien hulle. "Laugh or we moer you" tune die poster. So ons
het maar gelag, alhoewel ek seker was ek kon daai Corné ou vat. Oor
Twakkie is ek nie seker nie...

http://watkykjy.co.za/snotstories_view.asp?newEd=33&theI D=33
Vorige onderwerp: Hook, line and sinker into Grey terror ...........
Volgende onderwerp: Will the real André Stander please stand up?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:13:45 MGT 2024