Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vreemd... of nie regtig nie?
Vreemd... of nie regtig nie? [boodskap #112636] Do, 01 Februarie 2007 17:32 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Twee dae gelede het my vrou en ek, vir 'n tannie wat naby woon, 'n bos
blomme gekoop omdat dit haar verjaardag was. Ek het 'n Engelse
briefie daaraan geheg (sy is Engelssprekend) met haar blinde dogter se
naam onderaan die briefie, asof dit van haar dogter af is. Haar dogter
woon 'n hele paar honderd kilos hiervandaan en weet dit nie.

Sy het dit, omdat haar gedagtes by haar siek man is, geglo en nie veel
vrae gevra nie.

Toe ek netnou hier by my woonstel instap, staan die blomme in 'n baie
mooi blombak in die sitkamer. Toe ek daarna vra, lag my vrou en sê dat
die tannie hier, kort voor ek hier aangekom het, ingestap het met die
blomme gerangskik in die mooi bak. Sy het gesê dat sy van môre af by
haar man se kinders gaan woon, en dat my vrou die blomme met die bak
moet neem.
Re: Vreemd... of nie regtig nie? [boodskap #112645 is 'n antwoord op boodskap #112636] Vr, 02 Februarie 2007 05:14 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Werp jou brood op die water en na baie dae sal dit na jou terugkeer"

Hierdie keer het dit gouer teruggekeer as wat jy kon verwag het!!!

"Dave" skryf in boodskap news:1s84s290fbe4lmbstf8se75l0cjnamog5b@4ax.com...
>
>
> Twee dae gelede het my vrou en ek, vir 'n tannie wat naby woon, 'n bos
> blomme gekoop omdat dit haar verjaardag was. Ek het 'n Engelse
> briefie daaraan geheg (sy is Engelssprekend) met haar blinde dogter se
> naam onderaan die briefie, asof dit van haar dogter af is. Haar dogter
> woon 'n hele paar honderd kilos hiervandaan en weet dit nie.
>
> Sy het dit, omdat haar gedagtes by haar siek man is, geglo en nie veel
> vrae gevra nie.
>
> Toe ek netnou hier by my woonstel instap, staan die blomme in 'n baie
> mooi blombak in die sitkamer. Toe ek daarna vra, lag my vrou en sê dat
> die tannie hier, kort voor ek hier aangekom het, ingestap het met die
> blomme gerangskik in die mooi bak. Sy het gesê dat sy van môre af by
> haar man se kinders gaan woon, en dat my vrou die blomme met die bak
> moet neem.
>
Vorige onderwerp: Toets
Volgende onderwerp: Die leier van SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:52:20 MGT 2024