Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stakingsregte
Stakingsregte [boodskap #112447] Vr, 26 Januarie 2007 06:51 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig. Om
verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van die
werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks raak en
nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om salarisse te
betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee? Hoekom werk dit
net een kant toe?
Re: Stakingsregte [boodskap #112449 is 'n antwoord op boodskap #112447] Vr, 26 Januarie 2007 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar het jy 'n baie goed punt raakgeloop!
Vertel meer ajb
Patrick

In article , Suidwester
wrote:
> Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig. Om
> verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
> werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
> werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van die
> werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks raak en
> nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om salarisse te
> betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee? Hoekom werk dit
> net een kant toe?
>
Re: Stakingsregte [boodskap #112450 is 'n antwoord op boodskap #112447] Vr, 26 Januarie 2007 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel eintlik is daar vir 'n werkgewer net een uitweg - en ek het 'n kliënt
wat dit ook gedoen het.
Hy maak net pleinweg die besigheid toe.
Daar is geen wet wat 'n klein besigheid verbied om op te hou besigheid doen
nie.
Bietjie onkoste en baie trane om die vakansiegeld en so aan uit te betaal,
bietjie moeite om 'n ander soortgelyke besigheid op die been te bring, en
snaaks genoeg, toe los al wat vakbond en mense wat shopstewarts wil wees hom
uit, en hy het toe die luukse om nuwe pakette te beding met werkers wat hy
wou hê.

Hy het altyd al sy werkers met die grootste respek behandel, en hulle loon
was ver bo die gemiddelde aanbevole loon. So hy was taamlik vies toe die
vakbond en 'n paar belhamels sy besigheid kom deurmekaarkrap het.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:epc8d3$4ki$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig.
> Om verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
> werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
> werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van die
> werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks raak en
> nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om salarisse
> te betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee? Hoekom werk
> dit net een kant toe?
>
Re: Stakingsregte [boodskap #112451 is 'n antwoord op boodskap #112449] Vr, 26 Januarie 2007 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
komper betaal.

Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
gekoppel nie, maar ek vermoed jou
en hessie se afleidings mag heelwaarskynlik reg wees.

Annette

"camerama" skryf in boodskap news:ant2608186d1M3Mb@camerama.demon.nl...
> Daar het jy 'n baie goed punt raakgeloop!
> Vertel meer ajb
> Patrick
>
> In article , Suidwester
> wrote:
>> Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig.
>> Om
>> verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
>> werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
>> werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van
>> die
>> werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks raak en
>> nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om salarisse
>> te
>> betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee? Hoekom werk
>> dit
>> net een kant toe?



>
Re: Stakingsregte [boodskap #112456 is 'n antwoord op boodskap #112450] Vr, 26 Januarie 2007 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek ken ook van 'n besigheid in Springs wat sy besigheid toegemaak het
toe die swart werkers in massas gestaak het. Hulle het 'n tyd gewag en toe
weer die plek oopgemaak met net blanke werkers en dit was die einde van
hulle arbeidsprobleme. Dit is 'n oplossing, maar ook 'n duur ene want jy
moet skeidingspakette betaal dat die honde huil. As jy staande
leweringskontrakte het wat jy nie kan lewer nie, kan jou ook baie geld en
besigheid kos.
Dis waarom ek wonder. Die werkers kan besluit om te 'tools down' vir
sê hoër salarisse en tot tyd en wyl dit opgelos is, moet die werkgewer
steeds hulle betaal en besigheid verloor. Die groot vraag is nou of
hierdie werkgewer enige regte het om die verlies aan inkomste wat die
besigheid gely het, terug te eis van die stakers? Of, as hy voel dat die
werkers swaai lood en werk nie hard genoeg nie, hy nou kan staak en weier om
die volle salarisse te betaal tot tyd en wyl hul produksie verhoog het nie?
Die oplossing is natuurlik behoorlike posbeskrywings en meetbare
werkstandaarde en as 'n werker dit nie haal nie....'you're fired'!

"Annette" skryf in boodskap news:1169802091.930529@vasbyt.isdsl.net...
> Wel eintlik is daar vir 'n werkgewer net een uitweg - en ek het 'n kliënt
> wat dit ook gedoen het.
> Hy maak net pleinweg die besigheid toe.
> Daar is geen wet wat 'n klein besigheid verbied om op te hou besigheid
> doen nie.
> Bietjie onkoste en baie trane om die vakansiegeld en so aan uit te betaal,
> bietjie moeite om 'n ander soortgelyke besigheid op die been te bring, en
> snaaks genoeg, toe los al wat vakbond en mense wat shopstewarts wil wees
> hom uit, en hy het toe die luukse om nuwe pakette te beding met werkers
> wat hy wou hê.
>
> Hy het altyd al sy werkers met die grootste respek behandel, en hulle loon
> was ver bo die gemiddelde aanbevole loon. So hy was taamlik vies toe die
> vakbond en 'n paar belhamels sy besigheid kom deurmekaarkrap het.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:epc8d3$4ki$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig. Om
>> verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
>> werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
>> werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van
>> die werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks
>> raak en nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om
>> salarisse te betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee?
>> Hoekom werk dit net een kant toe?

>
Re: Stakingsregte [boodskap #112463 is 'n antwoord op boodskap #112451] Vr, 26 Januarie 2007 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
> Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
> komper betaal.
>
> Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
> gekoppel nie, maar ek vermoed jou
> en hessie se afleidings mag heelwaarskynlik reg wees.
>
> Annette
>

Miskien moet jy verder kyk op die groep, wie dit nie kan bekostig
om na ure en naweke op Internet te wees nie, Annette.
Ek het gedink dit is meer ooglopend
Re: Stakingsregte [boodskap #112464 is 'n antwoord op boodskap #112451] Vr, 26 Januarie 2007 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

maar ek vermoed jou
> en hessie se afleidings mag
heelwaarskynlik reg wees.

En hoe is ek nou skielik 'n speler
in hierdie bespreking? Wat is my
afleiding, vra ek jou met trane in
my diep groen oë?

Gloudina
Re: Stakingsregte [boodskap #112469 is 'n antwoord op boodskap #112447] Vr, 26 Januarie 2007 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Hier by ons in Namibië is daar nou weer so 'n paar stakings wat dreig. Om
> verskeie redes wil werkers staak: Salarisverhogings, beter
> werkomstandighede, afdankings, ens. Die werkersunies druk hard vir die
> werkers se regte. Toe wonder ek, as 'n besigheidsman myself, wat van die
> werkgewers se regte? Sou die werkers oor die algemeen meer laks raak en
> nie die verwagte produksie gee nie, kan die werkgewer staak om salarisse te
> betaal tot die werkers besluit om beter produksie te gee? Hoekom werk dit
> net een kant toe?

Ek dink dit werk soos rassisme - net een kant toe.

KNERSUS
Re: Stakingsregte [boodskap #112501 is 'n antwoord op boodskap #112451] So, 28 Januarie 2007 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Jan 2007 11:04:25 +0200, "Annette" wrote:

> Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
> Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
> komper betaal.
>
> Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
> gekoppel nie,
>
> Annette
>

Kom ons kyk of jou nuusgroepvriend enigsins van hom gaan laat hoor
voor Maandag tydens kantoorure, Annette. Jy weet natuurlik dat hy
een van die is wat nie sy eie internetverbinding kan bekostig nie.
Of het jy nog nie opgemerk dat hy slegs in kantoorure op ander se
onkoste nonsenspraat nie?
Re: Stakingsregte [boodskap #112510 is 'n antwoord op boodskap #112501] Ma, 29 Januarie 2007 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote in message
> Kom ons kyk of jou nuusgroepvriend enigsins van hom gaan laat hoor
> voor Maandag tydens kantoorure, Annette. Jy weet natuurlik dat hy
> een van die is wat nie sy eie internetverbinding kan bekostig nie.
> Of het jy nog nie opgemerk dat hy slegs in kantoorure op ander se
> onkoste nonsenspraat nie?

Nee wat, Dave, jy sou nie as speurder gedeug het nie. Ek is geen verdediger
van Suidwester nie, maar daar is baie ander redes ook waarom die man nie oor
naweke op die nuusgroep is nie. Een baie duidelike verklaring is dat hy in
sy 4x4 rondrits en fotos neem.
Re: Stakingsregte [boodskap #112511 is 'n antwoord op boodskap #112510] Ma, 29 Januarie 2007 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:epk500$l4n$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Dave" < wrote in message
>> Kom ons kyk of jou nuusgroepvriend enigsins van hom gaan laat hoor
>> voor Maandag tydens kantoorure, Annette. Jy weet natuurlik dat hy
>> een van die is wat nie sy eie internetverbinding kan bekostig nie.
>> Of het jy nog nie opgemerk dat hy slegs in kantoorure op ander se
>> onkoste nonsenspraat nie?
>
> Nee wat, Dave, jy sou nie as speurder gedeug het nie. Ek is geen
> verdediger van Suidwester nie, maar daar is baie ander redes ook waarom
> die man nie oor naweke op die nuusgroep is nie. Een baie duidelike
> verklaring is dat hy in sy 4x4 rondrits en fotos neem.
-----Ek hou die ding so dop en dit amuseer my geweldig. Ek kan natuurlik
nie ou DD se goete lees nie want ek het hom geblok al jarre gelede. So in
jou antwoord sien ek dit en ek kan maar net lag want die man is simpel
verby. Maar hy is reg, ek het nie 'n internet verbinding by die huis nie
want ek kon nog nooit 'n rede kry om dit te regverdig nie. Op die oog af
lyk dit seker eenvoudig om die laptop huistoe te vat en net op die
telefoonlyn in te prop, maar die werk[e] se lyne is almal ISDN en die huis
'n normale lyn, dus moet jy elke keer by die sp laat verander....en vir wat?
Vir nuusgroep kekkel? Nee dankie, ek's nie verveeld by die huis of oor
naweke nie. Al die kommunikasie wat ek doen tussen familie en vriende kan
vanaf die werkplekke gedoen word.
Nou weet ek nie of ou DD net moedswillig is of dalk plein stupid nie,
maar as hy in besigheid was sou hy besef het dat telefoongebruik by 'n
besigheid 'n 'overhead' is wat deel van die koste is en daarom belasting
verminder. Wonder of hy dit kan kliek? Duidelik nie!
Oor die woestyn en die fotos is jy egter reg. Ek het so twee weke
terug die ou spoor gevat van die eerste [eintlik tweede, maar die eerste is
minder bekend] treinspoor in ons land doer uit die 1890's. Orals kry jy ou
Duitse goete soos bottels en visblikke en stukke staal van die spoor en
sulke dinge. Ek soek ook nog 'n ou ossewa van die ou Dorslandtrekkers wat
in die woestyn staan uit doerie tyd toe die Trekkers amper gevrek het van
die honger en die mense in Suid-Afrika goedere en kos bymekaar gegooi het om
die Trekkers te help en dit per skip versend het na ons kus en die Trekkers
toe met so 21 ossewaens gery het vanuit die Kaokoveld na Walvisbaai om die
geskenke te gaan haal.
Ongelukkig is die mens mos onnosel verby [kyk vir DD!] en is die
vernietigingsdrang wat saam met die stroopdrang inskop, heel vooraan. Om
jou 'n voorbeeld te gee: Naby die Spitzkuppe het 'n ou hout-boormasjien
gestaan daar waar hy laas gekonk het toe hy om water geboor het. Die een
doos [ek weet wie hy is] het die boormasjien in stukke gaan opsny en die
hout uitgebrand vir die staal wat hy vir 'scrap' verkoop het!!
O heck, amper vergeet ek. Ek betaal vir my eie internet, waar en
wanneer ek dit wil gebruik en vir hoe lank. Ek is net nie so verveeld dat
ek 24/7 daarop wil wees nie......
>
Re: Stakingsregte [boodskap #112513 is 'n antwoord op boodskap #112463] Ma, 29 Januarie 2007 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie noodwendig nie Dawid - mense gaan oor naweke ook in werk toe.
Ander is saans besig met ander verpligtinge.
Dus sal ek maar versigtig wees om na enigiemand 'n vinger te wys, voordat ek
nie seker is nie.

Wat ek wel weet is dat mense wat hul eie besighede bedryf, vir seker nie
deelneem op ander mense se onkoste nie.

Annette

"Dave" skryf in boodskap news:2svjr2hmom6j3chsapett7crfnd8aoo24g@4ax.com...
>
>
>> Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
>> Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
>> komper betaal.

>> Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
>> gekoppel nie, maar ek vermoed jou
>> en hessie se afleidings mag heelwaarskynlik reg wees.

>> Annette

>
> Miskien moet jy verder kyk op die groep, wie dit nie kan bekostig
> om na ure en naweke op Internet te wees nie, Annette.
> Ek het gedink dit is meer ooglopend
>
Re: Stakingsregte [boodskap #112514 is 'n antwoord op boodskap #112501] Ma, 29 Januarie 2007 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dawid, as hy by iemand in diens is, stem ek 100% met jou saam.
Annette

"Dave" skryf in boodskap news:jd3pr2188seao3of7t9pgufcealob321mp@4ax.com...
> On Fri, 26 Jan 2007 11:04:25 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
>> Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
>> komper betaal.

>> Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
>> gekoppel nie,

>> Annette

>
>
> Kom ons kyk of jou nuusgroepvriend enigsins van hom gaan laat hoor
> voor Maandag tydens kantoorure, Annette. Jy weet natuurlik dat hy
> een van die is wat nie sy eie internetverbinding kan bekostig nie.
> Of het jy nog nie opgemerk dat hy slegs in kantoorure op ander se
> onkoste nonsenspraat nie?
>
Re: Stakingsregte [boodskap #112518 is 'n antwoord op boodskap #112513] Ma, 29 Januarie 2007 08:57 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1170058662.209762@vasbyt.isdsl.net...
> Nie noodwendig nie Dawid - mense gaan oor naweke ook in werk toe.
> Ander is saans besig met ander verpligtinge.
----Ek lees die storie aangesien ek aanneem dit oor my gaan? Ek kan nie
Dave se goed lees nie, maar ek lees dit in julle antwoorde hier en daar.
Die ou is duidelik sê verveeld dat hy dag en nag op die 'Net spandeer. Ek
nie. Dis hoogstens kommunikasie op tye wat my pas en dit is binne
werksure.
> Dus sal ek maar versigtig wees om na enigiemand 'n vinger te wys, voordat
> ek nie seker is nie.
>
> Wat ek wel weet is dat mense wat hul eie besighede bedryf, vir seker nie
> deelneem op ander mense se onkoste nie.
-----100% reg. Hoekom sal ek nie bokostegeld gebruik en dit by die huis
blaas nie?
>
> Annette
>
> "Dave" wrote in message
> news:2svjr2hmom6j3chsapett7crfnd8aoo24g@4ax.com...


>>> Daar is mos altyd 'n ons en 'n hulle.
>>> Een van daardie onse is die wat self vir hul internetverbinding en eie
>>> komper betaal.
>
>>> Dus is nonsenspraat nie net aan internetverbinding op ander se onkoste
>>> gekoppel nie, maar ek vermoed jou
>>> en hessie se afleidings mag heelwaarskynlik reg wees.
>
>>> Annette
>

>> Miskien moet jy verder kyk op die groep, wie dit nie kan bekostig
>> om na ure en naweke op Internet te wees nie, Annette.
>> Ek het gedink dit is meer ooglopend



>
Vorige onderwerp: Vrypostige nuisance
Volgende onderwerp: Uiteindelik, die winter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 11:14:00 MGT 2024